# Afrikaans HL Grade 12 P3 NSC November 2012 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 question paper from the NSC November Exam 2012, 7 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2012/235d7a3c-bff9-42bc-9f2e-56e650c34ebd
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 7

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P3 NSC November 2012 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2012/235d7a3c-bff9-42bc-9f2e-56e650c34ebd)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC November Exam · 2012 · Afrikaans. Question paper, 7 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                           AFRIKAANS HUISTAAL V3

                                 NOVEMBER 2012

PUNTE: 100

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                         2                      DBE/November 2012
                                             NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit DRIE AFDELINGS:

      AFDELING A:        Opstel                              (50)
      AFDELING B:        Langer Transaksionele Teks          (30)
      AFDELING C:        Korter Teks: Transaksioneel/
                         Naslaan/Informatief                 (20)

      Jy word sterk aangeraai om 80 minute aan AFDELING A, 40 minute aan
      AFDELING B en 30 minute aan AFDELING C te bestee.

2.    Beantwoord EEN vraag uit ELKE afdeling.

3.    Skryf in die taal wat geassesseer word.

4.    Begin ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy.

5.    Jy moet jou werk beplan (bv. ’n kopkaart, vloeidiagram, diagram, sleutelwoorde,
      ens.), redigeer en jou skryfstukke proeflees. Die beplanning moet VOOR die
      opstel wees.

6.    Alle beplanning moet duidelik aangedui word. Trek ’n streep deur die beplanning
      as jy jou finale weergawe klaar oorgeskryf het.

7.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

8.    Voorsien elke teks van ’n gepaste titel/opskrif.

      LET WEL: Die titel/opskrif word NIE in aanmerking geneem as die woorde getel
               word NIE.

9.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                      3                               DBE/November 2012
                                          NSS

AFDELING A: OPSTEL

VRAAG 1

Kies EEN van die volgende opdragte en skryf ’n OPSTEL van 400–450 woorde.

1.1
                                                                                                      [50]

1.2       koebaai gister ...
                            hallo vandag                                                              [50]

1.3                     ek wil boer met woorde,
                        my kultivars self teel,
                        hektaar vir hektaar
                        met elke leser deel.

                        woorde ken nie grense
                        woorde ken geen prys,
                        tog handel en verhandel ek,
                        want woorde is soos spys.

                        woorde is ook gees
                        en gees is persoon.
                        in elke plek kán woorde
                        as mededelers woon.
                                [Bron: Pro Rata, “Dialoog” – Hendrik Januarie]                        [50]

1.4       Suid-Afrika is ’n land met volop geleenthede.                                               [50]

1.5
          My wenslys vir die lewe                                                                     [50]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3             4                               DBE/November 2012
                                 NSS

1.6       1.6.1

                                [Bron: http://noonecaresaboutwhatyoudo.com]               [50]
          1.6.2

                                                [Bron: Taalgenoot, Junie 2009]            [50]

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                   5                         DBE/November 2012
                                       NSS

          1.6.3

                            [Bron: http://www.iagram.com]                                [50]

                                                            TOTAAL AFDELING A:           50

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                      6                          DBE/November 2012
                                          NSS

AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKS

VRAAG 2

Kies EEN van die opdragte hieronder en skryf ŉ SKRYFSTUK van 180–200 woorde.

2.1       ARTIKEL

          Skryf ’n ARTIKEL vir die 2012-jaarblad oor ’n besondere onderwyser wat ’n
          groot invloed op die leerders se lewens gehad het.                                 [30]

2.2       FORMELE BRIEF – VERSOEK

          Jy is die organiseerder van die jaarlikse matriekmakietie by ’n gewilde
          vakansieoord. Jy beoog om ’n pakkie met lekkernye vir elke matrikulant te
          pak. Jy besluit om ’n bekende winkelgroep om ’n borgskap te nader.

          Skryf ’n BRIEF waarin jy die rede vir jou versoek verduidelik en vir sekere
          lekkernye vra.                                                                     [30]

2.3       FORMELE VERSLAG

          Jy is die leier van ’n kerk/gemeenskap se jeuggroep wat ’n suksesvolle
          jeugnaweek gereël het. Jy moet terugvoering aan die jeugkomitee van die
          kerk/gemeenskap oor julle naweek gee.

          Skryf ’n VERSLAG aan die kerk/gemeenskap se jeugkomitee.                           [30]

2.4       INFORMELE TOESPRAAK

          Jy word gevra om afskeid te neem van ’n klasmaat wat as uitruilstudent
          Amerika toe gaan.

          Skryf die INFORMELE TOESPRAAK wat jy tydens die laaste klasperiode
          gaan lewer.                                                                        [30]

                                                             TOTAAL AFDELING B:              30

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                         7                         DBE/November 2012
                                            NSS

AFDELING C: KORTER TEKS: TRANSAKSIONEEL/NASLAAN/INFORMATIEF

VRAAG 3

Kies EEN van die volgende opdragte en skryf ’n SKRYFSTUK van 100–120 woorde.

3.1       POSKAART

          Jy toer saam met jou sport-/kultuurspan na ’n sport-/kultuurnaweek.

          Skryf ’n POSKAART aan jou ouers en vertel van die uitsonderlike sport-/
          kultuurprestasies van jou span.

          Teken ’n vergrote poskaart in jou ANTWOORDEBOEK oor en skryf jou
          poskaart se inhoud op dié oorgetekende poskaart.

                                                                        seël

                                                                                            [20]

3.2       DAGBOEKINSKRYWING

          Jou skoollewe spoed ten einde. Ter afsluiting van jou skoollewe roep jy in
          twee dagboekinskrywings die soet én die suur van jou skooljare in
          herinnering.

          Skryf dié TWEE DAGBOEKINSKRYWINGS.                                                [20]

3.3       UITNODIGING

          Jou skool voer binnekort ’n revue/skoolkonsert op. Nooi die voorsitter van jul
          skool se Beheerliggaam uit.

          Ontwerp die UITNODIGINGSKAARTJIE en gee al die tersaaklike inligting.             [20]

                                                               TOTAAL AFDELING C:           20
                                                                   GROOTTOTAAL:             100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL P3 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2021/54f8cdfd-5b2e-4cb9-a51e-0ac6aa4c408b) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2018/31afda0e-922d-4d84-9a6e-0d9fb2cbbb1d) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2017/4577c737-2595-4437-bfdb-6520a8a9afe6) — Afrikaans HL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2016/a2cdc682-5344-4fe5-ba51-f1d2b0dfdb02) — Afrikaans HL · QP · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2014](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2014/bb478918-bb0e-45af-8ce7-568c36662132) — Afrikaans HL · QP · 2014 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2012 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2012-memo/6d718631-40f4-49ae-8e11-869f22258cfc) — Afrikaans HL · Memo · 2012 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
