# Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC November 2015 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the NSC November Exam 2015, 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2015-memo/52b78479-1bf7-40f2-9439-b5b527824bc5
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2015
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC November 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2015-memo/52b78479-1bf7-40f2-9439-b5b527824bc5)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC November Exam · 2015 · Afrikaans. Memorandum, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                             AFRIKAANS HUISTAAL V3

                                  NOVEMBER 2015

                                   MEMORANDUM

PUNTE: 100

                      Hierdie memorandum bestaan uit 11 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                           2                              DBE/November 2015
                                        NSS – Memorandum
ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE
AFDELING A: OPSTEL
AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die kandidaat mag slegs oor EEN
onderwerp of prikkel skryf. Hy/sy mag enige soort opstel, toepaslik volgens hoe hy/sy die
onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit onduidelik is
wat die finale poging is, word die eerste opstel nagesien.
NASIENRIGLYNE
Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan:
Voorbeeld:
Inhoud:                                                                           I = Kl = 20
Taal, styl en redigering:                                                         T = Gh = 9
Struktuur:                                                                        S =K = 4
Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant (onder die opstel).                33
Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die beplanningsgedeelte te
wees).
DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL
•     Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel word. Dit
      behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.
•     Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die hoofgedagte
      bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die hoofgedagtes en is menings
      van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die samevatting van die hoofgedagte.
•     Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of sy/haar
      standpunt insluit. In die geval van ’n verhalende, beskrywende en bespiegelende opstel vat
      die slot die skryfstuk saam, terwyl ’n argumenterende en beredeneerde opstel se slot die
      skrywer se finale standpunt/mening weerspieël.
VRAAG 1
Riglyne
Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar
interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande memorandum) mag nie as bindend beskou
word nie. Die kandidaat bied dus enige soort opstel aan, soos byvoorbeeld:
1.1       Hiér kuier, speel, leef en lag ons: Indien die kandidaat die opstel as ’n beskrywende
          skryfstuk aanbied, kan hy/sy fokus op ’n spesifieke plek waar hy/sy (en sy/haar gesin)
          daagliks verkeer. ’n Verhalende skryfstuk kan handel oor hoe die gesinslede/-lid tot
          die besef gekom het dat dit op hierdie/daardie spesifieke plek vir hom/haar die beste
          is om te wees. Kandidate kan ook bespiegel oor huise/blyplekke en/of mense regtig
          vreugde en geluk ervaar waar hulle hulle bevind; of die sin van geluk daar waar jy jou
          bevind, kan bespiegel word. Indien die kandidaat ’n argumenterende of
          beredenerende opstel aanbied, moet die kandiaat op ’n subjektiewe wyse die leser
          van sy perspektief oortuig aangaande die waarde van blyplekke/huise/werksplekke
          van gesinne/mense.                                                                          [50]
1.2       Hou hierdie oomblikke in ’n dagboek vas!: Die kandidate kan die opstel as ’n
          beskrywende opstel aanbied. Indien die skryfstuk handel oor ’n spesifieke
          geleentheid/insident wat met emosies/gewaarwordinge plaasvind en onthou moet
          word, kan dit beskryf word. Die verhalende opstel sal fokus op wat die geleentheid
          was en wat gebeur het, ook hoekom dit in die dagboek vasgehou moet word. Die
          bespiegelende opstel kan besin oor wat die moeite werd is om in dagboeke op te
          skryf en/of dit die moeite werd is om dagboek te hou. Die belangrikheid van
          dagboekhou/dagboekskrywers kan beredeneer word. Die kandidaat kan ook skryf oor
          herinneringe, ’n figuurlike dagboek.                                                        [50]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                           3                              DBE/November 2015
                                        NSS – Memorandum

1.3      Lees sluit deure oop.: Hierdie opstel kan tot ’n argumenterende/beredeneerde opstel
         lei waarin die kandidaat fokus op die voordele wat lees inhou en hoe dit vir lesers
         deure oopsluit. Dit kan ook fokus op die feit dat lees nie vir bv. sportmanne
         noodsaaklik is nie, want selfs die swakste lesers sou kon gholf of rugby speel. Die
         kandidaat kan op die belangrikheid van ’n verskeidenheid soorte boeke klem lê, want
         in die verskeidenheid lê die sukses: jy leer al meer van al hoe meer goed. In ’n
         bespiegelende opstel sou kandidate kon peins oor watter boeke vir hom/haar die
         grootste vondste/waarde gebring het. Kandidate kan verskillende soorte
         boeke/geleenthede wat deur lees oopgegaan het, beskryf. As verhalende opstel kan
         ’n kandidaat skryf oor hoe lees vir hom/haar deure/’n deur oopgemaak het.                     [50]

1.4      Geluk is soos ’n bril ...: Hierdie opstel kan tot al die soorte opstelle lei. As ’n
         verhalende opstel kan die kandidaat verhalend skryf oor iemand wat op die
         verkeerde plek na geluk gesoek het. In ’n beskrywende opstel kan verskillende
         soorte geluk en waar mense daarna soek, beskryf word. By ’n argumenterende
         aanbieding kan die kandidaat oortuig hoekom dit belangrik is om geluk in ’n mens self
         te vind/dat geluk nie in groot/uiterlike dinge te vind is nie. ’n Beredeneerde
         aanbieding kan fokus op verskillende soorte geluk en waar dit te vind is. In ’n
         bespiegelende inhoud kan daar besin word oor wat dit is wat mense gelukkig maak.              [50]

1.5      Die kandidaat dink terug aan daardie Oukersdag ...: Hierdie inleidingsparagraaf kan
         tot ’n verhalende skryfstuk lei wat op gebeure wat bydra tot die genoemde
         lewensverandering fokus. Indien daar op net een van die figure in die prikkel gefokus
         word, is dit ook aanvaarbaar. Die mens/gebeure wat hierdie verandering teweegbring,
         kan beskryf word. By ’n bespiegelende interpretasie kan oor die wenslikheid van
         verhoudings/kontak met vreemdelinge besin word. Indien die kandidaat skryf dat dit
         noodsaaklik is om na vreemdelinge te luister/nie net op Kersfees na vreemdelinge uit
         te reik nie, kan dit as argumenterende/beredeneerde skryfstuk aanvaar word.                   [50]

1.6.1    Skrywende jongmense: Interpretasies kan lei tot bv. ’n beskrywing van interaksie
         tussen mense/gebrekkige kommunikasie/verlange na kommunikasie. ’n Verhaal kan
         handel oor hoe mense mekaar verloor/gevind het a.g.v. kommunikasie/gebrek aan
         kommunikasie. Hierdie onderwerp kan ook bespiegel oor die waarde van
         briewe/kommunikasie in mense se lewens. Of kommunikasie nog waarde toevoeg tot
         ons lewe, en of brieweskryf nog sin het, kan beredeneer/geargumenteer word.
         Kandidate kan ook skryf oor skoollewe en/of die invloed van baie huiswerk. Indien
         daar net op een van die figure in die prentjie gefokus word, is dit ook aanvaarbaar.          [50]

1.6.2    Vuurtoring: Die kandidaat kan in ’n verhalende opstel van enigiets vertel wat deur die
         vuurtoring self of selfs deur ’n vuurtoringwagter waargeneem is. ’n Beskrywende
         opstel kan op verskillende vuurtorings of verskillende storms op ’n mens se
         lewenspad fokus. Indien die kandidaat argumenteer oor die belangrikheid van
         vuurtorings, kan die opstel as ’n argumenterende opstel slaag. Daar kan beredeneer
         word of daar nog plek is vir vuurtorings in die moderne samelewing. ’n
         Bespiegelende opstel kan fokus op die belangrikheid van verskillende rigtinggewers
         in ’n mens se lewe.                                                                           [50]
1.6.3    Trappe: ’n Verhaal kan oor ’n letterlike trap handel wat tot een of ander situasie gelei
         het. Die trappe in ’n huis/verskillende aspekte van trappe/figuurlike trappe
         (hoogtepunte/laagtepunte) in ’n mens se lewe of mense op verskillende vlakke van
         belangrikheid kan beskryf word. As ’n bespiegelende opstel kan die kandidaat besin
         oor die waarde van die op-en-af wat elke lewe bied en/of die eise wat sulke
         lewenstrappe stel, kan bepeins word. Die kandidaat kan ook redeneer/argumenteer
         dat dit goed is om fiks te wees sodat die trappe van die lewe jou nie pootjie nie.            [50]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                            4                                DBE/November 2015
                                         NSS – Memorandum

SOORTE OPSTELLE:

VERHALENDE OPSTEL

Dit is ’n interessante vertelling van ’n storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die verlede). Dit kan
vanuit enige perspektief geskryf word.

Hou die volgende in gedagte:

•   Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word (’n storie of gebeurtenis).
•   ’n Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
•   Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
•   Die inhoud is boeiend en interessant, dit oortuig en ontwikkel logies, daarom is die inhoud
    samehangend.
•   Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar kan fiktief wees.
•   Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
•   ’n Treffende inleiding wat die leser boei, word aangebied.
•   ’n Verrassende slot rond die inhoud af.
•   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
•   Dit gebruik gewoonlik die verlede tyd.

BESKRYWENDE OPSTEL

Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf wat nie
eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat beskryf word, net so
lewendig soos hy/sy te beleef.

Hou die volgende in gedagte:

•   Waarnemings met al vyf sintuie en ’n goeie woordeskat word vereis.
•   Insig, begrip, ’n eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net die opnoem
    van waarnemings).
•   Tekste kan varieer van meer realisties tot ’n verdieping in die aanbieding.
•   Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
•   Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
•   Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
•   Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.
•   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
•   Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word gedoen deur die konnotasie en
    nie die denotasie van woorde nie.
•   Stylfigure kan gebruik word.

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                          5                              DBE/November 2015
                                       NSS – Memorandum

BEREDENEERDE OPSTEL

Dis objektief en probeer om ’n gebalanseerde gesigspunt van beide kante van ’n argument te
gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder bespreking en bied
teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot ’n spesifieke gevolgtrekking aan
die einde van die opstel kom, maar die argumente vir en teen die onderwerp moet goed
gebalanseerd en duidelik ontleed wees in die ontwikkeling van die opstel.

Hou die volgende in gedagte:

•   Die opstel handel oor ’n onderwerp waaroor standpunt, alreeds tydens die inleiding,
    ingeneem word.
•   BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
•   Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.
•   Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.
•   ’n Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding, gemaak. Die slot
    gee ’n sterk aanduiding van die skrywer se mening.
•   Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.
•   Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
•   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
•   Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak.

BESPIEGELENDE OPSTEL

Die skrywer oorweeg/deurdink ’n idee/lewenswaarheid en gee sy/haar emosionele reaksies en
gevoelens weer. Dit bespiegel oor ’n droom of wense/moontlikhede.

Hou die volgende in gedagte:
• Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.
• Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar opgeweeg.
• Dis persoonlik van aard.
• Daar is ’n definitiewe struktuur, maar ’n gevolgtrekking is nie nodig nie.
• Dit hoef nie ’n gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of ernstig geskryf
   word.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.

ARGUMENTERENDE OPSTEL

Die skrywer het ’n spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt te
motiveer.

Hou die volgende in gedagte:

•   Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.
•   ’n Eie mening word op ’n baie oorspronklike en treffende manier gegee.
•   ’n Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.
•   Verdediging of aanval van ’n saak word enduit volgehou.
•   ’n Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.
•   Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.
•   Daar moet ’n duidelike en oortuigende slot wees.
•   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.

                                                                       TOTAAL AFDELING A:             50

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                           6                              DBE/November 2015
                                        NSS – Memorandum

AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE

AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste word nagesien.
Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks nagesien.

NASIENRIGLYNE

Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan:

Voorbeeld:
Inhoud, beplanning en formaat:                                                     I = K = 11
Taal, styl en redigering:                                                          T=G= 6
Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks).                17

Dra die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die beplanningsgedeelte
te wees).

VRAAG 2
2.1       VRIENDSKAPLIKE BRIEF

          Die brief fokus op die gerusstelling ten opsigte van die skrywer se toekomsplanne.

          Hou die volgende in gedagte:

           •   Gebruik informele taal, register en styl.
           •   Skryf in beskrywende, maar eenvoudige taal.
           •   Skryf logies en volgens ’n spesifieke doel.
           •   Daar moet ’n inleiding, liggaam en slot wees.
           •   Die adres en die datum moet bo-aan verskyn.
           •   Na die skrywer se adres volg ’n informele aanhef.
           •   Sluit die brief informeel/semi-formeel af, gevolg deur die skrywer se naam.             [25]

2.2       HULDEBLYK

          Die huldeblyk behoort troos te bring oor die verlies van ’n besondere troeteldier.

          Hou die volgende in gedagte:

          •    Die dier se naam, ouderdom, plek waar die dier dood is, oorsaak van dood en
               name van gesinslede behoort gegee te word.
          •    Spesiale oomblikke saam met die dier behoort genoem te word.
          •    Die kandidaat fokus hier op wat die dier vir hom/haar beteken het.
          •    Gebeurtenisse en staaltjies/persoonlike herinneringe behoort ingesluit te wees
               met die doel om te vertroos.
          •    Moet waarderend wees.
          •    Iets persoonliks, soos ’n gedig, kan bygevoeg word.
          •    Taal, styl en register is informeel/persoonlik, opreg en uit die hart.
          •    Spreker kan eufemismes gebruik.                                                         [25]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                           7                               DBE/November 2015
                                        NSS – Memorandum

2.3       TYDSKRIFARTIKEL

          Die voor- en nadele van sosiale media moet gestel word.

          Hou die volgende in gedagte:

           •   Die persoonlike voor- en/of afkeure van die skrywer kom sterk na vore.
           •   Die voordele én die nadele van sosiale media moet aangespreek word.
           •   Styl: Dit behoort persoonlik te wees en moet direk tot die leser spreek; dit kán
               beskrywend en figuurlik wees en ’n beroep doen op lesers se verbeelding.
           •   Gebeurlikhede en standpunte/ander besonderhede kan ingesluit word.
           •   Dit moet belangstelling wek en die leser boei.
           •   Daar is geen vaste formaat vir tydskrifartikels nie.                                     [25]

2.4       DIALOOG

          Die belangrikheid van innerlike skoonheid en/of geestelike rykdom teenoor die
          moderne neiging dat die uiterlike bepalend is, moet in hierdie dialoog beklemtoon
          word. Een spreker behoort die ander tot ’n veranderde insig te probeer
          lei/oorreed/oortuig dat uiterlike vertoon en materiële besittings belangrik/nie belangrik
          is nie.

          Hou die volgende in gedagte:

           •   Slegs TWEE mense voer ’n gesprek.
           •   Spreekbeurte vind plaas in die orde waarin die gesprek gevoer word en vanuit
               die spreker se perspektief.
           •   Elke nuwe spreekbeurt word op ’n nuwe reël geskryf.
           •   Gebruik ’n dubbelpunt na die naam van elke spreker.
           •   Ekstra inligting word tussen hakies, voordat die spreker praat, aangedui.
           •   ’n Scenario kan, voordat die dialoog begin, geskets word.                                [25]

2.5       AGENDA EN NOTULE

          Die agenda moet verwys na die inligtingsvergadering t.o.v. die voorgenome toer.

          Hou die volgende in gedagte:

          •    Beskryf in hooftrekke wat tydens die vergadering gaan gebeur.
          •    Rangskik sake in orde van belangrikheid.

          Die notule is ’n verslag van wat tydens die reëlingsvergadering gebeur het.

          •    Dit bevat die volgende inligting:
               Die naam van die vereniging/organisasie/span, die datum, tyd en plek van die
               vergadering en ’n aanduiding van wie tydens die vergadering teenwoordig was.
           •   Besluite/inligting word woord vir woord, in opsommende wyse, genotuleer.
           •   Dit word in die teenwoordige tyd geskryf.
           •   Onbenullighede word uitgelaat.
           •   Die voorsitter teken en dateer aan die einde.
           •   Die notule en agenda se opskrifte moet bymekaar aansluit.                                [25]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                           8                               DBE/November 2015
                                        NSS – Memorandum

2.6       FORMELE BRIEF

          Dit fokus op gelukwensing aan die beste skoolhoof in die land.

          Hou die volgende in gedagte:

           •   Die formaat is formeel: daar moet dus twee adresse wees. Die res van die brief
               se formaat moet korrek wees soos vir formele briewe geld.
           •   Die inhoud is baie belangrik, so ook die styl, struktuur en doel.
           •   Styl: Dit behoort saaklik, formeel maar hoflik te wees. Eenvoudige, direkte taal is
               nodig.
           •   Struktuur: Die brief moet bestaan uit paragrawe waarin gefokus word op die
               kwaliteite van die hoof/waarde wat die prestasie tot die skool toevoeg.
           •   Die doel van die brief is om die hoof met die uitsonderlike prestasie geluk te
               wens.
           •   Die formele register moet gebruik word, soos bv. “u” in plaas van “jy”/“jou”.
           •   Die afsluiting is formeel en bevat die skrywer se voorletters, van en titel, waar
               nodig, byvoorbeeld:

          Die uwe

          P. van Zyl
          P. van Zyl                                                                                    [25]

                                                                        TOTAAL AFDELING B:              50
                                                                            GROOTTOTAAL:                100

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 9

Afrikaans Huistaal/V3
                                     Downloaded from hlayiso.com              9                                                         DBE/November 2015
                                                                      NSS – Memorandum

LET WEL:

• Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
• Punte van 0–50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
• Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ’n hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die
  toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
• Struktuur word nie deur die verdeling in ’n hoë en lae vlak beïnvloed nie.

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE]
       Kriteria                            Uitsonderlik                Knap                   Gemiddeld              Elementêr                Onvoldoende
 INHOUD &                                     28–30                    22–24                    16–18                  10–12                       4–6
 BEPLANNING                          -Respons is              -Respons baie goed;      -Respons bevredigend    -Wisselvallige           -Respons heeltemal
                                     uitsonderlik/treffend    getuig van vaardigheid   -Idees redelik          samehang in respons      irrelevant
 (Respons en idees)                  en bo verwagting         -Idees heeltemal         samehangend en          -Idees onduidelik, nie   -Idees deurmekaar en
 Organisering van idees              -Idees is intelligent,   relevant, interessant    oortuigend              oorspronklik nie         nie op onderwerp

                          Hoë vlak
 vir beplanning;                     volwasse en              en lewer bewys van       -Redelike organisasie   -Min bewys van           gefokus nie
 Bewustheid van doel,                stem leser tot           volwassenheid            en redelik              organisasie en           -Vaag en herhalend
 gehoor en konteks                   nadenke                  -Organisasie baie        samehangend,            samehang                 -Geen organisasie nie
                                     -Uitsonderlike           goed en                  insluitend inleiding,                            en is onsamehangend
 30 PUNTE                            organisasie en           samehangend,             liggaam en
                                     samehang, insluitend     insluitend inleiding,    samevatting/slot
                                     inleiding, liggaam en    liggaam en
                                     samevatting/slot         samevatting/slot
                                              25–27                    19–21                    13–15                    7–9                      0–3
                                     -Respons uitmuntend,     -Respons goed; getuig    -Respons                -Respons is grootliks    -Geen poging
                                     maar uitsonderlik        van vaardigheid          bevredigend, maar       irrelevant.              aangewend om in
                                     treffende eienskappe     -Idees relevant,         verval soms in          -Idees begin los staan   ooreenstemming met
                                     van ’n opstel ontbreek   interessant              onduidelikheid          en kan verwarrend        onderwerp te wees nie

                          Lae vlak
                                     -Idees intelligent en    -Organisasie goed en     -Idees redelik          wees                     -Heeltemal irrelevant
                                     volwasse                 samehangend,             samehangend en          -Skaars ’n bewys van     en ontoepaslik
                                     -Knap organisasie en     insluitend inleiding,    oortuigend              organisasie en           -Deurmekaar en geen
                                     samehang, insluitend     liggaam en               -’n Mate van            samehang                 fokus nie
                                     inleiding, liggaam en    samevatting/slot         organisasie en
                                     samevatting/slot                                  samehang, insluitend
                                                                                       inleiding, liggaam en
                                                                                       samevatting/slot

Kopiereg voorbehou                                                                                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Afrikaans Huistaal/V3
                                      Downloaded from hlayiso.com                10                                                                 DBE/November 2015
                                                                          NSS – Memorandum

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE] (vervolg)
        Kriteria                            Uitsonderlik                   Knap                   Gemiddeld                   Elementêr               Onvoldoende
 TAAL, STYL &                                  14–15                       11–12                      8–9                         5–6                       0–3
 REDIGERING                           -Toon, register, styl en   -Toon, styl, register en   -Toon, register, styl en   -Toon, register, styl en   -Taal onverstaanbaar
                                      woordeskat hoogs           woordeskat baie            woordeskat gepas vir       woordeskat nie gepas       -Toon, register, styl en
 Toon, register, styl en              gepas vir doel, gehoor     gepas vir doel, gehoor     doel, gehoor en            vir doel, gehoor en        woordeskat minder
 woordeskat is geskik                 en konteks                 en konteks                 konteks                    konteks nie                gepas vir doel, gehoor

                           Hoë vlak
 vir doel/effek en                    -Taalgebruik getuig        -Taalgebruik effektief     -Gepaste taalgebruik       -Taalgebruik baie          en konteks
 konteks;                             van vertroue,              en ’n deurlopende          om betekenis oor te        basies                     -Woordeskat so
 Woordkeuse;                          indrukwekkend              gepaste toon word          dra                        -Toon en woordkeuse        beperk dat dit
 Taalgebruik en                       -Toon retories treffend    gebruik                    -Toon is gepas             skaars toepaslik           onmoontlik is om sin
 konvensies,                          en effektief               -Grammatika en             -Retoriese middele         -Baie beperkte             te maak
 punktuasie,                          -Grammatika en             spelling grootliks         gebruik om betekenis       woordeskat
 grammatika, spelling                 spelling feitlik foutvry   foutvry                    te versterk
                                      -Knap gedaan               -Baie goed gedoen
 15 PUNTE                                        13                         10                         7                          4
                                      -Taalgebruik               -Taalgebruik toepaslik     -Voldoende                 -Taalgebruik
                                      uitstekend en toon is      en oor die algemeen        taalgebruik, maar          onvoldoende
                                      retories effektief         effektief                  teenstrydighede word       -Weinig indien enige

                           Lae vlak
                                      -Grammatika en             -Toon gepas en             opgemerk                   sinsverskeidenheid
                                      spelling feitlik foutvry   effektief                  -Toon oor die              -Woordeskat baie
                                      -Baie goed tot knap        -Enkele foute in           algemeen gepas en          beperk
                                      gedaan                     grammatika en              beperkte gebruik van
                                                                 spelling                   retoriese middele
                                                                 -Goed gedoen
 STRUKTUUR                                       5                           4                         3                         2                         0–1
                                      -Uitstekende               -Logiese ontwikkeling      -Relevante detail          -Sommige punte             -Noodsaaklike punte
 Kenmerke van teks;                   ontwikkeling van           van details                ontwikkel                  geldig                     ontbreek
 Paragraafontwikkeling                onderwerp                  -Samehangend               -Sinne en paragrawe        -Sinne en paragrawe        -Sinne en paragrawe
 en sinskonstruksie                   -Uitsonderlike detail      -Sinne en paragrawe        goed gekonstrueer          foutief                    foutief
                                      -Sinne en paragrawe        logies en toon variasie    -Opstel maak nog           -Opstel maak nog sin       -Opstel maak nie sin
 5 PUNTE                              uitsonderlik                                          effens sin                                            nie
                                      gekonstrueer

Kopiereg voorbehou                                                                                                                                     Blaai om asseblief

### Page 11

Afrikaans Huistaal/V3
                               Downloaded from hlayiso.com             11                                                           DBE/November 2015
                                                                NSS – Memorandum

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE]
         Kriteria                   Uitsonderlik              Knap                  Gemiddeld                Elementêr             Onvoldoende
 INHOUD,                                13–15                 10–12                    7–9                      4–6                     0–3
 BEPLANNING &                 -Respons                -Respons baie goed      -Respons voldoende      -Basiese respons         -Respons toon geen
 FORMAAT                      uitsonderlik, bo        en demonstreer goeie    en toon voldoende       toon geringe kennis      kennis van kenmerke
                              verwagting              kennis van kenmerke     kennis van kenmerke     van kenmerke van die     van die soort teks nie
 Respons en idees;            -Idees intelligent en   van die soort teks      van die soort teks      soort teks               -Betekenis onduidelik
 Organisering van idees vir   volwasse                -Behou fokus – geen     -Nie heeltemal          -Aanduiding van          met groot afwyking
 beplanning;                  -Grondige kennis van    afwyking nie            gefokus nie – enkele    fokus, maar met          -Geen samehang in
 Doel, gehoor,                kenmerke van die        -Samehang in inhoud     afwykings               afwykings                idees en inhoud nie
 kenmerke/konvensies          soort teks              en idees; baie goed     -Redelike samehang      -Inhoud en idees nie     -Baie min detail
 en konteks                   -Skryfwerk behou        uitgebrei met detail    in inhoud en idees      altyd samehangend        ondersteun die
                              fokus                   wat die onderwerp       -Sommige detail         nie                      onderwerp
 15 PUNTE                     -Samehang in inhoud     ondersteun              ondersteun die          -Min detail              -Nodige reëls van
                              en idees                -Gepaste formaat met    onderwerp               ondersteun die           formaat nie toegepas
                              -Idees behoorlik        onbeduidende foute      -Formaat oorwegend      onderwerp                nie
                              uitgebrei met detail                            gepas, maar met         -Nodige reëls van
                              wat die onderwerp                               enkele foute            formaat vaagweg
                              ondersteun                                                              toegepas
                              -Gepaste en akkurate                                                    -Kritiese foute begaan
                              formaat
 TAAL, STYL &                           9–10                    7–8                     5–6                    3–4                       0–2
 REDIGERING                   -Toon, register, styl   -Toon, register, styl   -Toon, register, styl   -Toon, register, styl    -Toon, register, styl
                              en woordeskat hoogs     en woordeskat baie      en woordeskat is        en woordeskat            en woordeskat stem
 Toon, register, styl,        geskik vir doel,        geskik vir doel,        geskik vir doel,        minder geskik vir        nie ooreen met doel,
 doel/effek, gehoor en        gehoor en konteks       gehoor en konteks       gehoor en konteks       doel, gehoor en          gehoor en konteks
 konteks;                     -Grammatika             -Grammatika oor die     -Enkele                 konteks                  nie
 Taalgebruik en konvensies;   akkuraat en goed        algemeen korrek en      grammatikafoute         -Grammatika              -Besaai met foute en
 Woordkeuse;                  gekonstrueer            goed gekonstrueer       -Voldoende              onakkuraat met etlike    verward
 Punktuasie en spelling       -Feitlik foutloos       -Baie goeie             woordeskat              foute                    -Woordeskat nie
                                                      woordeskat              -Foute belemmer nie     -Basiese woordeskat      geskik vir doel nie
 10 PUNTE                                             -Oorwegend foutloos     betekenis nie           -Betekenis belemmer      -Betekenis ernstig
                                                                                                                               belemmer

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL P1 Nov 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2015-memo/60f3e49d-7d9b-498b-ab2d-79b9cea75254) — Afrikaans HL · Memo · 2015 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2015-memo/c6ff0cff-3a94-4378-9e0f-77cd7439d9c9) — Afrikaans HL · Memo · 2015 · Afr
- [Afrikaans HL P3 June July 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-june-july-2015-memo/bf8c35d0-d11d-4de1-b157-00c447f077fb) — Afrikaans HL · Memo · 2015 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2020 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2020-memo/3616620c-736f-4168-94a2-f6f69f2a226d) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2018 Memo FINAL](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2018-memo-final/8030a9f3-454f-4188-95d0-c070eac72914) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2017-memo/fe0661a7-8373-4100-ac07-707ad6445899) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
