# Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC November 2016 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the NSC November Exam 2016, 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2016-memo/0c0c01e0-12e9-4144-ad04-6ae3149222a5
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2016
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC November 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2016-memo/0c0c01e0-12e9-4144-ad04-6ae3149222a5)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC November Exam · 2016 · Afrikaans. Memorandum, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans HL P3 Nov 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2016/a2cdc682-5344-4fe5-ba51-f1d2b0dfdb02) — QP · 2016 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                             AFRIKAANS HUISTAAL V3

                                  NOVEMBER 2016

                                  MEMORANDUM

PUNTE: 100

                      Hierdie memorandum bestaan uit 11 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                           2                            DBE/November 2016
                                        NSS – Memorandum

ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE

AFDELING A: OPSTEL

AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die kandidaat mag slegs oor EEN
onderwerp of prikkel skryf. Hy/sy mag enige tipe opstel, toepaslik volgens hoe hy/sy die
onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit onduidelik is
wat die finale poging is, word die eerste opstel nagesien.

NASIENRIGLYNE

Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan:

Voorbeeld:
Inhoud:                                                                         I = Kh = 22
Taal, styl en redigering:                                                       T = Kl = 10
Struktuur:                                                                      S =K = 4
Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant (onder die opstel).               36

Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die beplanningsgedeelte te
wees).

DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL

•     Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel word. Dit
      behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.
•     Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die hoofgedagte
      bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die hoofgedagtes en is menings
      van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die samevatting van die hoofgedagte.
•     Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of sy/haar
      standpunt insluit. In die geval van ’n verhalende, beskrywende en bespiegelende opstel
      vat die slot die skryfstuk saam, terwyl ’n argumenterende en beredeneerde opstel se slot
      die skrywer se finale standpunt/mening weerspieël.

VRAAG 1

Riglyne

Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar
interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande memorandum) mag nie as bindend beskou
word nie. Die kandidaat bied dus enige soort opstel aan, byvoorbeeld:

1.1        Dit was toe nie ’n doodgewone dag nie!
           Die kandidaat kan die verloop van ’n dag wat alles behalwe doodgewoon was,
           beskryf. As verhaal kan die kandidaat skryf oor onverwagte gebeure/’n gebeurtenis
           wat ’n doodgewone dag in sy/haar/’n karakter/karakters se lewe verrassend
           verander het. Die kandidaat kan ’n bespiegelende opstel aanbied wat fokus op
           sy/haar emosies en belewing van insidente wat kleur aan doodgewone dae gee.
           Daar kan ook geargumenteer/beredeneer word dat ’n doodgewone dag nie werklik
           so doodgewoon is nie.                                                                      [50]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                           3                                DBE/November 2016
                                        NSS – Memorandum

1.2       Die aand toe Ouma begin dans het
          Hierdie onderwerp kan lei tot verskeie interpretasies wat onder andere verhalend,
          bespiegelend of beskrywend kan wees. ’n Verhaal sal op hierdie onderwerp as
          tema fokus in ’n verhaal van ’n ouma wat nooit gedans het nie/in die openbaar
          gedans het nie/vir ’n bepaalde ruk nie gedans het nie en hierdie aand dans/leer om
          te dans/’n nuwe dans probeer. Op ’n figuurlike vlak kan dit die verhaal wees van ’n
          ouma se vreugde. By ’n bespiegelende interpretasie kan hierdie onderwerp op ’n
          lewensles fokus, bv. dat ’n mens byvoorbeeld nooit te oud is om te dans (die lewe te
          geniet) nie. Indien die kandidaat skryf dat dit vreugde in Ouma se lewe gebring het
          om te dans, kan dit as ’n beskrywende opstel aanvaar word.                                     [50]
1.3       Die Suid-Afrikaanse jeug word onderskat.
          Hierdie onderwerp kan lei tot al die soorte opstelle. As ’n verhalende opstel kan die
          kandidaat byvoorbeeld skryf oor ’n jongmens wat onderskat is en die wêreld toe
          anders bewys het toe hy/sy iets groots reggekry het. In ’n bespiegelende opstel kan
          die kandidaat die redes ondersoek waarom die SA-jeug onderskat word. By ’n
          argumenterende aanbieding kan die kandidaat die leser oortuig dat die SA-jeug
          onderskat word. Die kandidaat kan ook hierdie kwessie beredeneer.                              [50]
1.4       Die verste berge is die blouste ...
          Kandidate kan die opstel as ’n beskrywende opstel aanbied waarin beskryf word
          hoe verskillende berge blouer word hoe verder ’n mens wegbeweeg. Die onderwerp
          kan figuurlik dui op drome en ideale wat besonder mooi is of die verlange na iets of
          iemand. Die verhalende opstel kan fokus op hoe hy/sy te werk gegaan het om by
          die verste berge uit te kom. In ’n bespiegelende opstel kan die kandidaat besin of dit
          sinvol is om drome en ideale te probeer verwesenlik/of dit wenslik is om die staptog
          na die verste berge aan te pak. Die belangrikheid van drome met die oog op die
          toekoms kan beredeneer word.                                                                   [50]
1.5       2017
          Die kandidaat kan hierdie onderwerp as ’n verhalende opstel aanbied en hierdie
          jaartal/syfers gebruik om ŉ interessante storie te vertel. Die kandidaat kan in ’n
          beskrywende opstel omstandighede rondom hierdie jaartal/syfer beskryf: 2017 is
          bv. die jaar waarin die meeste kandidate die volwasse lewe/beroepswêreld/tersiêre
          studies sal betree; die kandidaat kan hierdie interessante aspek by sy/haar skryfwerk
          betrek. In ’n bespiegelende opstel kan die kandidaat besin oor die moontlikhede wat
          hierdie jaartal/syfer vir hom/haar inhou. As beredenerende en argumenterende
          opstel kan die kandidaat ’n saak uitmaak of 2017 positief of negatief gaan verloop.            [50]
1.6.1     Kinders met bakkies
          Interpretasies kan lei tot beskrywende, verhalende, bespiegelende en argumen-
          terende/beredeneerde opstelle, bv. ’n beskrywing van kinders wat honger is en
          graag iets te ete wil hê. ’n Verhaal kan handel oor hoe kinders baie honger is en
          gelukkig genoeg is om in ’n situasie te beland waar iemand vir hul kos gee of oor
          kinders in slegte omstandighede. Hierdie onderwerp kan ook bespiegel hoekom
          elke mens die basiese reg het om behoorlike voeding te ontvang. In die
          argumenterende/beredenerende opstel, kan die kandidaat die maatskaplike
          kwessie van wanvoeding/hongersnood onder die loep neem.                                        [50]
1.6.2     X
          Die kandidaat kan hierdie opstel as ’n verhalende opstel aanbied om ’n interessante
          storie oor ’n letterlike kruisie te vertel. Die kandidaat kan ook in ’n verhaal na
          regte/verkeerde dinge/pleisters verwys. In ’n beskrywende opstel kan die kandidaat
          gebeure rondom die trek van ’n letterlike/figuurlike kruisie beskryf. Die kandidaat kan
          ook bespiegel rondom onderwerpe wat op verskeie vlakke met hierdie kruisie
          geassosieer kan word. As beredenerende en argumenterende opstel kan die
          kandidaat ’n saak uitmaak vir/teen kwessies rondom hierdie letterlike/figuurlike
          kruisie/insigte en/of wat hierdie kruisie by iemand mag tuisbring.                             [50]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                            4                                DBE/November 2016
                                         NSS – Memorandum

1.6.3     Sonneblomme
          Die sonneblomme/natuur/positiewe mense/dinge in jou lewe kan in ’n beskrywende
          opstel beskryf word. In ’n verhalende opstel kan die kandidaat skryf hoe
          sonneblomme (letterlik/figuurlik) ’n belangrike rol in iemand se lewe gespeel het. Die
          noodsaaklikheid van ’n mooi omgewing/positiewe oomblikke kan beredeneer word.
          Die kandidaat kan ook bespiegel oor die omgewing/skoonheid van die
          natuur/mense wat jou positief beïnvloed. Hierdie onderwerp kan ook
          geargumenteer en beredeneer word as die kandidaat skryf oor die
          noodsaaklikheid, al dan nie, van positiewe invloede in jou lewe en die natuurskoon.               [50]

SOORTE OPSTELLE:

VERHALENDE OPSTEL

Dit is ’n interessante vertelling van ’n storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die verlede). Dit kan
vanuit enige perspektief geskryf word.

Hou die volgende in gedagte:

•   Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word (’n storie of gebeurtenis).
•   ’n Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
•   Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
•   Die inhoud is boeiend en interessant, dit oortuig en ontwikkel logies, daarom is die inhoud
    samehangend.
•   Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar kan fiktief wees.
•   Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
•   ’n Treffende inleiding wat die leser boei, word aangebied.
•   ’n Verrassende slot rond die inhoud af.
•   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
•   Dit gebruik gewoonlik die verlede tyd.

BESKRYWENDE OPSTEL

Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf wat nie
eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat beskryf word, net so
lewendig soos hy/sy te beleef.

Hou die volgende in gedagte:

•   Waarnemings met al vyf sintuie en ’n goeie woordeskat word vereis.
•   Insig, begrip, ’n eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net die opnoem
    van waarnemings).
•   Tekste kan varieer van meer realisties tot ’n verdieping in die aanbieding.
•   Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
•   Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
•   Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
•   Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.
•   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
•   Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word gedoen deur die konnotasie en
    nie die denotasie van woorde nie.
•   Stylfigure kan gebruik word.

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                          5                                DBE/November 2016
                                       NSS – Memorandum

BEREDENERENDE OPSTEL

Dis objektief en probeer om ’n gebalanseerde gesigspunt van beide kante van ’n argument te
gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder bespreking en bied
teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot ’n spesifieke gevolgtrekking aan
die einde van die opstel kom, maar die argumente vir en teen die onderwerp moet goed
gebalanseerd en duidelik ontleed wees in die ontwikkeling van die opstel.

Hou die volgende in gedagte:

•   Die opstel handel oor ’n onderwerp waaroor standpunt, alreeds tydens die inleiding,
    ingeneem word.
•   BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
•   Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.
•   Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.
•   ’n Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding, gemaak. Die slot
    gee ’n sterk aanduiding van die skrywer se mening.
•   Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.
•   Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
•   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
•   Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak.

BESPIEGELENDE OPSTEL

Die skrywer oorweeg/deurdink ’n idee/lewenswaarheid en gee sy/haar emosionele reaksies en
gevoelens weer. Dit bespiegel oor ’n droom of wense/moontlikhede.

Hou die volgende in gedagte:
• Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.
• Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar opgeweeg.
• Dis persoonlik van aard.
• Daar is ’n definitiewe struktuur, maar ’n gevolgtrekking is nie nodig nie.
• Dit hoef nie ’n gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of ernstig geskryf
   word.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.

ARGUMENTERENDE OPSTEL

Die skrywer het ’n spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt te
motiveer.

Hou die volgende in gedagte:

•   Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.
•   ’n Eie mening word op ’n baie oorspronklike en treffende manier gegee.
•   ’n Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.
•   Verdediging of aanval van ’n saak word enduit volgehou.
•   ’n Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.
•   Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.
•   Daar moet ’n duidelike en oortuigende slot wees.
•   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.

                                                                     TOTAAL AFDELING A:                50

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                          6                              DBE/November 2016
                                       NSS – Memorandum

AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE
AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste word
nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks nagesien.

NASIENRIGLYNE

Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan:

Voorbeeld:
Inhoud, beplanning en formaat:                                                 I = K = 10
Taal, styl en redigering:                                                      T=G= 6
Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks).            16
Dra die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die beplanningsgedeelte te
wees).

VRAAG 2

Kies TWEE van die volgende opdragte en skryf skryfstukke van 180–200 woorde elk.

2.1       INFORMELE BRIEF: VRIENDSKAPLIKE BRIEF

          Die brief se doelwit is oorreding: die briefskrywer behoort allerlei redes aan te voer
          waarom die beplande emigrasie nie moet plaasvind nie./waarom die skrywer se
          broer/suster in Suid-Afrika moet bly.

          Hou die volgende in gedagte:

          •   Informele taal, register en styl behoort gebruik te word.
          •   Beskrywende, maar eenvoudige taal behoort voor te kom.
          •   Die briefinhoud behoort logies en volgens bogenoemde doel uiteengesit te word.
          •   Die formaat van die brief is belangrik.
          •   Briewe behoort ’n inleiding, liggaam/inhoud en slot te hê.
          •   Die skrywer se adres en datum waarop die brief geskryf word, moet gegee word.
          •   Na die skrywer se adres behoort die informele aanhef te volg.
          •   Die brief behoort informeel afgesluit te word.                                            [25]

2.2       FORMELE BRIEF AAN DIE PERS

          Die brief word aan die pers geskryf om standpunt in te neem ten opsigte van die
          toename van vuisgevegte in skole.

          Hou die volgende in gedagte:

          •   Die formaat is formeel: daar moet dus twee adresse wees. Die res van die brief
              se formaat moet korrek wees soos dit vir formele briewe geld.
          •   Die inhoud is baie belangrik, so ook die styl, struktuur en doel.
          •   Styl: Dit behoort saaklik, formeel, maar hoflik te wees.
          •   Skryf in eenvoudige, direkte taal.
          •   Die inleidingsin moet treffend wees en dadelik die leser se aandag trek.
          •   Die saak waaroor die brief handel, moet dadelik gestel word.
          •   Die saak moet objektief gestel word.

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                           7                                DBE/November 2016
                                        NSS – Memorandum

          •   Argumente word logies en beredeneerd gestel sonder om emosioneel betrokke
              te raak.
          •   Dis bloot ’n geleentheid om ’n saak te stel. Die redakteur/koerant kan nie self die
              probleem oplos nie.
          •   Geen mooiskrywery nie.
          •   Skryfstukke moet duidelik, op die man af en logies wees.
          •   Gebruik ’n formele register, bv. “u” i.p.v. “jy/jou”.
          •   Sluit die brief formeel af en gee die skrywer se titel, voorletters en van.                [25]

2.3       HULDEBLYK

          Die kandidaat bring hulde aan ’n vriend, Janneman, wat onlangs oorlede is. Die
          kandidate moet die huldeblyk met die volgende woorde begin: Janneman was baie
          meer as net ’n vriend. Hy was ...

          Hou die volgende in gedagte:

          •   Die oorledene se naam en van, adres, ouderdom, datum van afsterwe, plek
              waar die persoon oorlede is, oorsaak van dood, duur van siekte, name van
              gesinslede agtergelaat word gegee./kan gegee word.
          •   Prestasies/hoogtepunte/opleiding/gemeenskapsbetrokkenheid kan gegee word.
          •   Gebeurtenisse en staaltjies oor die oorledene, persoonlike herinneringe van
              familie en vriende kan genoem word. Die leser moet ’n duidelike beeld van die
              oorledene kan vorm en familie kan ook vertroos word.
          •   Dit wat Janneman besonders gemaak het, moet bespreek word.
          •   ’n Persoonlike boodskap soos ’n gedig kan bygevoeg word.
          •   Die taal, styl en register is formeel.
          •   Gebruik eufemismes, bv. sag heengegaan in plaas van gesterf.                               [25]

2.4       INFORMELE VERSLAG

          ’n Leerder skryf ’n informele verslag oor sy/haar uitruilbesoek aan ’n ander skool.

          Hou die volgende in gedagte:

          •   Gee presiese terugvoering oor gebeure.
          •   Beplan, versamel en organiseer inligting; skryf oor feite.
          •   Gebruik semiformele taal, register en styl.
          •   Gebruik selfstandige naamwoorde/die derde persoon/feitelike beskrywings,
              tegniese woorde en frases.
          •   Dit moet geskik wees om tydens ’n personeelvergadering aan die personeel, wat
              die sukses van die uitruilooreenkoms moet evalueer, voorgelê te word.                      [25]

2.5       TYDSKRIFARTIKEL

          In hierdie artikel neem die kandidaat die onderwerp, “Die ons-wil-als-hê-generasie”,
          onder die loep.

          Hou die volgende in gedagte:

          •   In tydskrifartikels kom die persoonlike voorkeure en afkeure asook die spesifieke
              styl van die skrywer sterk na vore.
          •   Die styl moet persoonlik wees en direk tot die leser spreek.

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                          8                              DBE/November 2016
                                       NSS – Memorandum

          •   Die styl kan beskrywend en figuurlik wees en ’n beroep op lesers se verbeelding
              doen.
          •   Name, plekke, tye, gebeurlikhede, standpunte en enige ander besonderhede
              behoort ingesluit te word.
          •   Die artikel moet belangstelling wek en die leser boei.
          •   Daar is geen vaste formaat vir die tydskrifartikels nie.                               [25]

2.6       TOESPRAAK

          Tydens Onderwysersdag bedank ’n klasverteenwoordiger sy/haar spesiale onderwy-
          ser/onderwysers vir die belangrike rol wat hy/sy/hulle in sy/haar skoolloopbaan
          gespeel het.

          Hou die volgende in gedagte:

          •   Die kandidaat besluit self oor die styl wat gebruik gaan word. Gee aandag aan
              wanneer, waar, hoekom (doel), wie (gaste by die geleentheid) en wat.
          •   Inleiding moet belangstelling wek.
          •   Ontwikkel weldeurdagte idees en vermy clichés.
          •   Kort sinne met eenvoudige idees en bekende voorbeelde word gebruik.
          •   Slot moet die gehoor tot nadenke stem; is nie noodwendig ’n samevatting van
              die toespraak nie.
          •   Klem behoort te val op die bydrae wat die onderwyser(s) in die kandidaat se
              skoolloopbaan gemaak het.                                                              [25]

                                                                   TOTAAL AFDELING B:                50
                                                                       GROOTTOTAAL:                  100

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Afrikaans Huistaal/V3
                                     Downloaded from hlayiso.com                9                                                         DBE/November 2016
                                                                        NSS – Memorandum

LET WEL:

•   Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
•   Punte van 0–50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
•   Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ’n hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die
    toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
•   Struktuur word nie deur die verdeling in ’n hoë en lae vlak beïnvloed nie.

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE]
       Kriteria                            Uitsonderlik                Knap                   Gemiddeld              Elementêr                Onvoldoende
 INHOUD &                                     28–30                    22–24                    16–18                  10–12                       4–6
 BEPLANNING                          -Respons is              -Respons baie goed;      -Respons bevredigend    -Wisselvallige           -Respons heeltemal
                                     uitsonderlik/treffend    getuig van vaardigheid   -Idees redelik          samehang in respons      irrelevant
 (Respons en idees)                  en bo verwagting         -Idees heeltemal         samehangend en          -Idees onduidelik, nie   -Idees deurmekaar en
 Organisering van idees              -Idees is intelligent,   relevant, interessant    oortuigend              oorspronklik nie         nie op onderwerp
 vir beplanning;                     volwasse en              en lewer bewys van       -Redelike organisasie   -Min bewys van           gefokus nie

                          Hoë vlak
 Bewustheid van doel,                stem leser tot           volwassenheid            en redelik              organisasie en           -Vaag en herhalend
 gehoor en konteks                   nadenke                  -Organisasie baie        samehangend,            samehang                 -Geen organisasie nie
                                     -Uitsonderlike           goed en                  insluitend inleiding,                            en is onsamehangend
 30 PUNTE                            organisasie en           samehangend,             liggaam en
                                     samehang, insluitend     insluitend inleiding,    samevatting/slot
                                     inleiding, liggaam en    liggaam en
                                     samevatting/slot         samevatting/slot
                                              25–27                    19–21                    13–15                    7–9                      0–3
                                     -Respons uitmuntend,     -Respons goed; getuig    -Respons                -Respons is grootliks    -Geen poging
                                     maar uitsonderlik        van vaardigheid          bevredigend, maar       irrelevant.              aangewend om in
                                     treffende eienskappe     -Idees relevant,         verval soms in          -Idees begin los staan   ooreenstemming met
                                     van ’n opstel ontbreek   interessant              onduidelikheid          en kan verwarrend        onderwerp te wees nie
                                     -Idees intelligent en    -Organisasie goed en     -Idees redelik          wees                     -Heeltemal irrelevant

                          Lae vlak
                                     volwasse                 samehangend,             samehangend en          -Skaars ’n bewys van     en ontoepaslik
                                     -Knap organisasie en     insluitend inleiding,    oortuigend              organisasie en           -Deurmekaar en geen
                                     samehang, insluitend     liggaam en               -’n Mate van            samehang                 fokus nie
                                     inleiding, liggaam en    samevatting/slot         organisasie en
                                     samevatting/slot                                  samehang, insluitend
                                                                                       inleiding, liggaam en
                                                                                       samevatting/slot

Kopiereg voorbehou                                                                                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Afrikaans Huistaal/V3
                                      Downloaded from hlayiso.com              10                                                                   DBE/November 2016
                                                                        NSS – Memorandum

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE] (vervolg)
        Kriteria                            Uitsonderlik                   Knap                   Gemiddeld                  Elementêr                 Onvoldoende
 TAAL, STYL &                                  14–15                       11–12                      8–9                        5–6                         0–3
 REDIGERING                           -Toon, register, styl en   -Toon, styl, register en   -Toon, register, styl en   -Toon, register, styl en   -Taal onverstaanbaar
                                      woordeskat hoogs           woordeskat baie            woordeskat gepas vir       woordeskat minder          -Toon, register, styl en
 Toon, register, styl en              gepas vir doel, gehoor     gepas vir doel, gehoor     doel, gehoor en            gepas vir doel, gehoor     woordeskat nie gepas
 woordeskat is geskik                 en konteks                 en konteks                 konteks                    en konteks                 vir doel, gehoor en
 vir doel/effek en                    -Taalgebruik getuig        -Taalgebruik effektief     -Gepaste taalgebruik       -Taalgebruik baie          konteks nie

                           Hoë vlak
 konteks;                             van vertroue,              en ’n deurlopende          om betekenis oor te        basies                     -Woordeskat so
 Woordkeuse;                          indrukwekkend              gepaste toon word          dra                        -Toon en woordkeuse        beperk dat dit
 Taalgebruik en                       -Toon retories treffend    gebruik                    -Toon is gepas             skaars toepaslik           onmoontlik is om sin
 konvensies,                          en effektief               -Grammatika en             -Retoriese middele         -Baie beperkte             te maak
 punktuasie,                          -Grammatika en             spelling grootliks         gebruik om betekenis       woordeskat
 grammatika, spelling                 spelling feitlik foutvry   foutvry                    te versterk
                                      -Knap gedaan               -Baie goed gedoen
 15 PUNTE                                        13                         10                         7                          4
                                      -Taalgebruik               -Taalgebruik toepaslik     -Voldoende                 -Taalgebruik
                                      uitstekend en toon is      en oor die algemeen        taalgebruik, maar          onvoldoende
                                      retories effektief         effektief                  teenstrydighede word       -Weinig indien enige

                           Lae vlak
                                      -Grammatika en             -Toon gepas en             opgemerk                   sinsverskeidenheid
                                      spelling feitlik foutvry   effektief                  -Toon oor die              -Woordeskat baie
                                      -Baie goed tot knap        -Enkele foute in           algemeen gepas en          beperk
                                      gedaan                     grammatika en              beperkte gebruik van
                                                                 spelling                   retoriese middele
                                                                 -Goed gedoen
 STRUKTUUR                                       5                           4                        3                           2                        0–1
                                      -Uitstekende               -Logiese ontwikkeling      -Relevante detail          -Sommige punte             -Noodsaaklike punte
 Kenmerke van teks;                   ontwikkeling van           van detail                 ontwikkel                  geldig                     ontbreek
 Paragraafontwikkeling                onderwerp                  -Samehangend               -Sinne en paragrawe        -Sinne en paragrawe        -Sinne en paragrawe
 en sinskonstruksie                   -Uitsonderlike detail      -Sinne en paragrawe        goed gekonstrueer          foutief                    foutief
                                      -Sinne en paragrawe        logies en toon variasie    -Opstel maak sin           -Opstel maak nog           -Opstel maak nie sin
 5 PUNTE                              uitsonderlik                                                                     effens sin                 nie
                                      gekonstrueer

Kopiereg voorbehou                                                                                                                                    Blaai om asseblief

### Page 11

Afrikaans Huistaal/V3
                               Downloaded from hlayiso.com           11                                                             DBE/November 2016
                                                              NSS – Memorandum

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE]
           Kriteria                 Uitsonderlik              Knap                  Gemiddeld                Elementêr             Onvoldoende
 INHOUD,                                13–15                 10–12                    7–9                      4–6                     0–3
 BEPLANNING &                 -Respons                -Respons baie goed      -Respons voldoende      -Basiese respons         -Respons toon geen
 FORMAAT                      uitsonderlik, bo        en demonstreer goeie    en toon voldoende       toon geringe kennis      kennis van kenmerke
                              verwagting              kennis van kenmerke     kennis van kenmerke     van kenmerke van die     van die soort teks nie
 Respons en idees;            -Idees intelligent en   van die soort teks      van die soort teks      soort teks               -Betekenis onduidelik
 Organisering van idees vir   volwasse                -Behou fokus – geen     -Nie heeltemal          -Aanduiding van          met groot afwyking
 beplanning;                  -Grondige kennis van    afwyking nie            gefokus nie – enkele    fokus, maar met          -Geen samehang in
 Doel, gehoor,                kenmerke van die        -Samehang in inhoud     afwykings               afwykings                idees en inhoud nie
 kenmerke/konvensies          soort teks              en idees; baie goed     -Redelike samehang      -Inhoud en idees nie     -Baie min detail
 en konteks                   -Skryfwerk behou        uitgebrei met detail    in inhoud en idees      altyd samehangend        ondersteun die
                              fokus                   wat die onderwerp       -Sommige detail         nie                      onderwerp
 15 PUNTE                     -Samehang in inhoud     ondersteun              ondersteun die          -Min detail              -Nodige reëls van
                              en idees                -Gepaste formaat met    onderwerp               ondersteun die           formaat nie toegepas
                              -Idees behoorlik        onbeduidende foute      -Formaat oorwegend      onderwerp                nie
                              uitgebrei met detail                            gepas, maar met         -Nodige reëls van
                              wat die onderwerp                               enkele foute            formaat vaagweg
                              ondersteun                                                              toegepas
                              -Gepaste en akkurate                                                    -Kritiese foute begaan
                              formaat
 TAAL, STYL &                           9–10                    7–8                     5–6                    3–4                       0–2
 REDIGERING                   -Toon, register, styl   -Toon, register, styl   -Toon, register, styl   -Toon, register, styl    -Toon, register, styl
                              en woordeskat hoogs     en woordeskat baie      en woordeskat is        en woordeskat            en woordeskat stem
 Toon, register, styl,        geskik vir doel,        geskik vir doel,        geskik vir doel,        minder geskik vir        nie ooreen met doel,
 doel/effek, gehoor en        gehoor en konteks       gehoor en konteks       gehoor en konteks       doel, gehoor en          gehoor en konteks
 konteks;                     -Grammatika             -Grammatika oor die     -Enkele                 konteks                  nie
 Taalgebruik en konvensies;   akkuraat en goed        algemeen korrek en      grammatikafoute         -Grammatika              -Besaai met foute en
 Woordkeuse;                  gekonstrueer            goed gekonstrueer       -Voldoende              onakkuraat met etlike    verward
 Punktuasie en spelling       -Feitlik foutloos       -Baie goeie             woordeskat              foute                    -Woordeskat nie
                                                      woordeskat              -Foute belemmer nie     -Basiese woordeskat      geskik vir doel nie
 10 PUNTE                                             -Oorwegend foutloos     betekenis nie           -Betekenis belemmer      -Betekenis ernstig
                                                                                                                               belemmer

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL P2 Nov 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2016-memo/4d844ab2-9772-4460-97b6-9a9c27ed70c2) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P3 May June 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2016-memo/286a319c-256a-4fcd-b924-7c2fce54b61b) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2020 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2020-memo/3616620c-736f-4168-94a2-f6f69f2a226d) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2018 Memo FINAL](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2018-memo-final/8030a9f3-454f-4188-95d0-c070eac72914) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2017-memo/fe0661a7-8373-4100-ac07-707ad6445899) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2015-memo/52b78479-1bf7-40f2-9439-b5b527824bc5) — Afrikaans HL · Memo · 2015 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
