# Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC November 2017 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the NSC November Exam 2017, 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2017-memo/fe0661a7-8373-4100-ac07-707ad6445899
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2017
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC November 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2017-memo/fe0661a7-8373-4100-ac07-707ad6445899)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC November Exam · 2017 · Afrikaans. Memorandum, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans HL P3 Nov 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2017/4577c737-2595-4437-bfdb-6520a8a9afe6) — QP · 2017 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                             AFRIKAANS HUISTAAL V3

                                  NOVEMBER 2017

                                  NASIENRIGLYNE

PUNTE: 100

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                       2                          DBE/November 2017
                                    NSS – Nasienriglyne

ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE

AFDELING A: OPSTEL

AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die kandidaat mag slegs
oor EEN onderwerp of prikkel skryf. Hy/sy mag enige soort opstel, toepaslik volgens
hoe hy/sy die onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien.
Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste opstel nagesien.

NASIENRIGLYNE

Dui aan die einde van die opstel die punte soos volg aan:

Voorbeeld:
Inhoud:                                                                    I = Kh = 22
Taal, styl en redigering:                                                  T = Kl = 10
Struktuur:                                                                 S =K = 4
Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant (onder die opstel).          36

Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die
beplanningsgedeelte te wees).

DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL

•   Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel
    word. Dit behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.
•   Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die
    hoofgedagte bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die
    hoofgedagtes en is menings van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die
    samevatting van die hoofgedagte.
•   Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of
    sy/haar standpunt insluit. In die geval van 'n verhalende, beskrywende en
    bespiegelende opstel vat die slot die opstel saam, terwyl 'n argumenterende en
    beredeneerde opstel se slot die skrywer se finale standpunt/mening weerspieël.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                         3                           DBE/November 2017
                                      NSS – Nasienriglyne

VRAAG 1

RIGLYNE

Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens
sy/haar interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande memorandum) mag nie as
bindend beskou word nie. Die kandidaat bied dus enige soort opstel aan, soos
byvoorbeeld:

1.1       Dit was sterk skemer ...
          Hierdie onderwerp kan lei tot verskeie interpretasies wat onder andere
          verhalend, bespiegelend of beskrywend kan wees. 'n Verhaal sal op
          hierdie onderwerp as tema fokus. Die onderwerp kan ook tot 'n spannende
          verhaal lei. By 'n bespiegelende interpretasie kan die leerder die figuurlike
          skemerte in die mens se lewe bespreek. Indien die kandidaat skryf oor die
          belewing van die skemerte, kan dit as 'n beskrywende opstel aanvaar word.               [50]

1.2       Die anker(s) in my lewe
          Die kandidaat kan die ankers wat hy/sy kosbaar ag, beskryf. As verhaal kan
          die kandidaat skryf oor hoe 'n anker/verskillende ankers 'n verskil in sy/haar
          lewe/besluit gemaak het. Die kandidaat kan 'n bespiegelende opstel skryf
          waarin die emosies en sinsbelewing van die mens t.o.v. bepaalde ankers
          besin word. Daar kan ook geargumenteer word of dit steeds vir die
          deursneemens belangrik is om ankers te hê; argumente kan aangevoer word
          oor watter ankers die belangrikste is.                                                  [50]

1.3       Weg met byname ... of nie?
          Hierdie onderwerp leen hom tot die skryf van 'n argumenterende of
          beredeneerde opstel waar die kandidaat hom/haar uitspreek of dit sy of haar
          reg of voorreg is om ander persone byname te noem of om deur ander op 'n
          bynaam genoem te word. In 'n verhalende opstel sal die kandidaat die
          gebeure wat gelei het tot die verkryging van 'n bynaam kan aanbied. Die
          emosies rondom die dra of invloed van byname kan ook in 'n bespiegelende
          opstel bespreek word.                                                                   [50]

1.4       Wanneer stiltes praat
          Die kandidaat kan 'n beskrywende/bespiegelende opstel aanbied oor 'n tyd
          van afsondering in stilte of gebeure/tonele oproep waar afsondering as 'n
          helingsproses gedien het. As verhalende opstel kan gebeure in 'n
          eilandsituasie of 'n tydperk van gevangeneskap vertel word. As
          beredeneerde of argumenterende opstel kan die kandidaat redeneer oor
          die meriete van absolute stilte of die nadeel daarvan. Is dit so dat selfs stilte
          soms 'n antwoord kan skree?                                                             [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                       4                          DBE/November 2017
                                    NSS – Nasienriglyne

1.5       Mars, my (ons) nuwe woning(?)
          Die kandidaat kan die opstel as 'n verhalende opstel aanbied. Verhale oor
          gebeurtenisse of ervarings of handelinge wat die kandidaat ondervind het in
          die ruimtereis na Mars of die uitdagings om van Mars 'n woonplek te maak,
          kan vertel word. As 'n kandidaat 'n beskrywende opstel aanpak, kan
          handelinge of gebeure wat deel van die Mars-ervaring is, beskryf word. As
          argumenterende of beredeneerde opstel kan die kandidaat argumente of
          redes aanvoer waarom die verkenning van nuwe planete belangrik is, al dan
          nie. Die kandidaat kan ook bespiegel oor reise na vreemde plekke, soos
          Mars, en die gepaardgaande aanpassings. Mars kan ook simbolies van 'n
          vreemde, eksotiese woonplek wees.                                                    [50]

1.6
1.6.1     Reistasse
          Die kandidaat kan 'n verhalende opstel skryf waarin hy/sy vertel van 'n
          reiservaring. In 'n beskrywende opstel kan die kandidaat skryf oor
          verskillende soorte reise, tasse (letterlik en figuurlik) of houers/sakke. As
          bespiegelende opstel kan die kandidaat besin oor die waarde van die
          lewensreis wat die mens onderneem. Die kandidaat kan ook oor die waarde
          van reis om jou lewensuitkyk te verbreed, redeneer/argumenteer.                      [50]

1.6.2     Persoon vasgevang deur die beheer van iemand anders se hand
          'n Verhalende opstel kan die storie vertel van iemand wat jare lank deur
          ander gemanipuleer is/word (totdat die toutjies eendag geknip is). 'n
          Beskrywende opstel kan handel oor die gevaar daarvan as ander jou lewe
          beheer en hulle van jou 'n afdruk van hulle wil maak./insidente en/of mense
          wat jou in hulle mag vasvang. Kandidate kan bespiegel oor die grense van
          ander se invloed op jou lewe en hoe maklik jy die prooi van 'n manipuleerder
          kan raak, ook hoe jy 'n gevangene van jou eie doen en late kan wees.
          Argumenterend/Beredeneerd kan daar gekyk word na die gevaar van die
          invloed van ander mense op jou lewe en faktore wat jou na ander se pype
          laat dans.                                                                           [50]

1.6.3     Hande wat die aarde vashou
          In 'n beskrywende opstel kan die kandidaat op die skepping fokus op en/of
          aantoon hoe negatief/positief die mens se invloed daarop is./hoe daar tóg
          mense is wat alles in hulle vermoë doen om die natuur/die aarde te beskerm
          en te bewaar. Die kandidaat kan 'n verhalende opstel aanbied wat handel
          oor sy/haar bewuswording van die skoonheid in die skepping/agteruitgang in
          die natuur. Indien die kandidaat argumenteer oor moontlikhede om die aarde
          te red, kan die skryfstuk as 'n argumenterende opstel slaag. Daar kan ook
          argumenteer word dat die mens die oorsaak is van aardverwarming en die
          vreemde natuurverskynsels wat deesdae ervaar word. 'n Bespiegelende
          opstel kan die goeie en slegte tye van die mens se interaksie met die aarde
          bepeins.                                                                             [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                         5                             DBE/November 2017
                                      NSS – Nasienriglyne

SOORTE OPSTELLE:

VERHALENDE OPSTEL

Dit is 'n interessante vertelling van 'n storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die verlede).
Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word.

Hou die volgende in gedagte:

•   Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word ('n storie of gebeurtenis).
•   'n Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
•   Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
•   Die inhoud is boeiend en interessant, dit oortuig en ontwikkel logies, daarom is die
    inhoud samehangend.
•   Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar kan fiktief wees.
•   Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
•   'n Treffende inleiding wat die leser boei, word aangebied.
•   'n Verrassende slot rond die inhoud af.
•   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
    geniet.
•   Dit gebruik gewoonlik die verlede tyd.

BESKRYWENDE OPSTEL

Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf
wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat
beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef.

Hou die volgende in gedagte:

•   Waarnemings met al vyf sintuie en 'n goeie woordeskat word vereis.
•   Insig, begrip, 'n eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net die
    opnoem van waarnemings).
•   Tekste kan varieer van meer realisties tot 'n verdieping in die aanbieding.
•   Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
•   Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
•   Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
•   Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.
•   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
    geniet.
•   Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word gedoen deur die
    konnotasie en nie die denotasie van woorde nie.
•   Stylfigure kan gebruik word.

BEREDENEERDE OPSTEL

Dis objektief en probeer om 'n gebalanseerde gesigspunt van beide kante van 'n
argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder
bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot 'n
spesifieke gevolgtrekking aan die einde van die opstel kom, maar die argumente vir en
teen die onderwerp moet goed gebalanseerd en duidelik ontleed wees in die
ontwikkeling van die opstel.
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                       6                          DBE/November 2017
                                    NSS – Nasienriglyne

Hou die volgende in gedagte:

•   Die opstel handel oor 'n onderwerp waaroor standpunt, alreeds tydens die inleiding,
    ingeneem word.
•   BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
•   Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.
•   Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.
•   'n Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding, gemaak.
    Die slot gee 'n sterk aanduiding van die skrywer se mening.
•   Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.
•   Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
•   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
    geniet.
•   Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak.

BESPIEGELENDE OPSTEL

Die skrywer oorweeg/deurdink 'n idee/lewenswaarheid en gee sy/haar emosionele
reaksies en gevoelens weer. Dit bespiegel oor 'n droom of wense/moontlikhede.

Hou die volgende in gedagte:
• Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.
• Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar
  opgeweeg.
• Dis persoonlik van aard.
• Daar is 'n definitiewe struktuur, maar 'n gevolgtrekking is nie nodig nie.
• Dit hoef nie 'n gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of ernstig
  geskryf word.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
  geniet.

ARGUMENTERENDE OPSTEL

Die skrywer het 'n spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt te
motiveer.

Hou die volgende in gedagte:

•   Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.
•   'n Eie mening word op 'n baie oorspronklike en treffende manier gegee.
•   'n Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.
•   Verdediging of aanval van 'n saak word enduit volgehou.
•   'n Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.
•   Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.
•   Daar moet 'n duidelike en oortuigende slot wees.
•   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
    geniet.

                                                              TOTAAL AFDELING A:              50

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                        7                          DBE/November 2017
                                     NSS – Nasienriglyne

AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE

AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste word
nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks
nagesien.

RIGLYNE

Dui aan die einde van die skryfstuk die punte soos volg aan:
Voorbeeld:
Inhoud, beplanning en formaat:                                              I = K = 10
Taal, styl en redigering:                                                   T=G= 6
Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks).         16
Dra die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die
beplanningsgedeelte te wees).

VRAAG 2

Kandidate kies TWEE van die opdragte en skryf skryfstukke van 180–200 woorde elk.

2.1       VRIENDSKAPLIKE/INFORMELE BRIEF

          Die brief is 'n poging om die onmin in die huis op te klaar as die skrywer
          sy/haar ouers probeer oortuig om hom/haar toe te laat om gedurende die
          Desembervakansie saam met vriende weg te breek.

          Hou die volgende in gedagte:

          •   Gebruik informele taal, register en styl.
          •   Die skrywer moet sy/haar ouers oortuig dat hy/sy die Desembervakansie
              saam met vriende mag wegbreek.
          •   Skryf in beskrywende, maar eenvoudige taal.
          •   Skryf logies en volgens 'n spesifieke doel.
          •   Daar moet 'n inleiding, liggaam en slot wees.
          •   Die adres en die datum moet bo-aan verskyn.
          •   Na die skrywer se adres volg 'n informele aanhef.
          •   Sluit die brief informeel/semiformeel af, gevolg deur die skrywer se naam.       [25]

2.2       FORMELE BRIEF: VERSOEK

          Die brief handel oor 'n versoek aan die Gemeenskapsforum om boeke aan 'n
          skool se biblioteek/mediasentrum te skenk.

          Hou in gedagte:

          •   Die formaat is formeel.
          •   Daar moet twee adresse, 'n aanhef, 'n inhoudsopskrif en 'n gepaste
              afsluiting wees.
          •   Die inhoud moet handel oor die versoek aan die Gemeenskapsforum om
              boeke aan 'n plaaslike skoolbiblioteek te skenk.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                        8                          DBE/November 2017
                                     NSS – Nasienriglyne

          •   Die styl is saaklik, maar hoflik.
          •   Die struktuur moet goeie paragraafbou insluit.
          •   Eenvoudige, direkte taal is nodig, maar in 'n formele register.
          •   Die brief moet formeel afgesluit word en die skrywer se titel, voorletters
              en van moet gegee word.                                                           [25]

2.3       HULDEBLYK

          Die kandidaat lewer 'n huldeblyk oor die persoon wat hom/haar
          finansieel/emosioneel/intellektueel in sy/haar skoolloopbaan ondersteun het.
          Dit moet dus duidelik blyk dat die persoon 'n belangrike rol in die spreker se
          lewe vervul (het). Die kandidaat kan verwys na sy/haar verbintenis met die
          persoon, die lesse wat hy/sy van dié persoon geleer en in watter mate die
          weldoener sy/haar lewe in 'n positiewe rigting gestuur het.

          Hou in gedagte:

          •    Die volgende belangrike inligting word in ’n huldeblyk gegee:
                 • naam en van van die weldoener.
                 • gebeure en staaltjies oor die weldoener se bydrae word gegee.
                 • persoonlike herinneringe kan gegee word.
          •    Die leser moet ’n duidelike beeld van die weldoener en sy dade kan
               vorm.
          •    Die styl moet by die geleentheid en die gehoor pas.
          •    Vermy sentimentaliteit.
          •    Gebruik kort, bondige sinne.
          •    Die inhoud van die huldeblyk moet in paragrawe aangebied word.

2.4       FORMELE VERSLAG

          Die verslag fokus op die wie, wat, waar, wanneer en hoe asook die positiewe
          en negatiewe van die musiekkonsert wat by die skool aangebied is.

          Hou in gedagte:

          • Dink na oor 'n titel, inleiding (agtergrond, doel en omvang), die
            inhoudsgedeelte (Wie? Hoekom? Waar? Wanneer? Wat? Hoe?),
            samevatting/slot, aanbevelings, verwysings.
          • Beplan, versamel en organiseer inligting; skryf oor feite.
          • Gebruik semiformele of formele taal, register en styl.
          • Die kandidaat kan gebruik maak van:
             teenwoordige tyd;
             selfstandige naamwoorde
             die derdepersoon;
             feitelike beskrywing;
             tegniese woorde en frases; en
             semiformele/formele, onpersoonlike taal                                           [25]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                        9                           DBE/November 2017
                                     NSS – Nasienriglyne

2.5       KOERANTARTIKEL

          Die artikel handel oor die misbruik van sosiale media.

          Hou die volgende in gedagte:

          •    Stel die feite kortliks en akkuraat.
          •    Belangrike en relevante feite moet objektief gegee word.
          •    'n Subtitel kan gegee word.
          •    Menings van kundiges oor hierdie onderwerp kan gegee/gebruik word.
          •    Die gevolge wat misbruik van sosiale media vir die gebruiker inhou, kan
               uitgewys word.                                                                    [25]

2.6       ONDERHOUD

          Die onderhoud met die Minister van Basiese Onderwys kan in dialoog- of in
          artikelformaat aangebied word.

          Hou die volgende in gedagte:

          Dialoogformaat
          • Twee mense voer 'n gesprek.
          • Spreekbeurte vind plaas in die orde waarin die gesprek gevoer word en
             vanuit die spreker se perspektief.
          • Elke nuwe spreekbeurt word op 'n volgende reël geskryf.
          • Gebruik 'n dubbelpunt na die naam van elke spreker.
          • Ekstra inligting word tussen hakies aangedui, bv.
             Anna: (met dringendheid) Ek sal dit .../Anna (met dringendheid): Ek sal
             dit ...
          • 'n Scenario kan geskep word voordat die dialoog/onderhoud geskryf word.

          Artikelformaat
          • Die opskrif moet aantreklik en interessant wees.
          • Die styl moet persoonlik wees en direk tot die leser spreek.
          • Die artikel moet belangstelling wek en die leser boei.
          • Soos vir resensies, is daar is geen vaste formaat vir artikels nie.                  [25]

                                                                TOTAAL AFDELING B:               50
                                                                    GROOTTOTAAL:                 100

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Afrikaans Huistaal/V3
                                     Downloaded from hlayiso.com            10                                                            DBE/November 2017
                                                                     NSS – Nasienriglyne

LET WEL:

• Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
• Punte van 0–50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
• Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in 'n hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die
  toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
• Struktuur word nie deur die verdeling in 'n hoë en lae vlak beïnvloed nie.

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE]
       Kriteria                            Uitsonderlik                Knap                   Gemiddeld              Elementêr                Onvoldoende
 INHOUD &                                     28–30                    22–24                    16–18                  10–12                       4–6
 BEPLANNING                          -Respons is              -Respons baie goed;      -Respons bevredigend    -Wisselvallige           -Respons heeltemal
                                     uitsonderlik/treffend    getuig van vaardigheid   -Idees redelik          samehang in respons      irrelevant
 (Respons en idees)                  en bo verwagting         -Idees heeltemal         samehangend en          -Idees onduidelik, nie   -Idees deurmekaar en
 Organisering van idees              -Idees is intelligent,   relevant, interessant    oortuigend              oorspronklik nie         nie op onderwerp
 vir beplanning;                     volwasse en              en lewer bewys van       -Redelike organisasie   -Min bewys van           gefokus nie

                          Hoë vlak
 Bewustheid van doel,                stem leser tot           volwassenheid            en redelik              organisasie en           -Vaag en herhalend
 gehoor en konteks                   nadenke                  -Organisasie baie        samehangend,            samehang                 -Geen organisasie nie
                                     -Uitsonderlike           goed en                  insluitend inleiding,                            en is onsamehangend
 30 PUNTE                            organisasie en           samehangend,             liggaam en
                                     samehang, insluitend     insluitend inleiding,    samevatting/slot
                                     inleiding, liggaam en    liggaam en
                                     samevatting/slot         samevatting/slot
                                              25–27                    19–21                    13–15                    7–9                      0–3
                                     -Respons uitmuntend,     -Respons goed; getuig    -Respons                -Respons is grootliks    -Geen poging
                                     maar uitsonderlik        van vaardigheid          bevredigend, maar       irrelevant.              aangewend om in
                                     treffende eienskappe     -Idees relevant,         verval soms in          -Idees begin los staan   ooreenstemming met
                                     van 'n opstel ontbreek   interessant              onduidelikheid          en kan verwarrend        onderwerp te wees nie
                                     -Idees intelligent en    -Organisasie goed en     -Idees redelik          wees                     -Heeltemal irrelevant

                          Lae vlak
                                     volwasse                 samehangend,             samehangend en          -Skaars 'n bewys van     en ontoepaslik
                                     -Knap organisasie en     insluitend inleiding,    oortuigend              organisasie en           -Deurmekaar en geen
                                     samehang, insluitend     liggaam en               -'n Mate van            samehang                 fokus nie
                                     inleiding, liggaam en    samevatting/slot         organisasie en
                                     samevatting/slot                                  samehang, insluitend
                                                                                       inleiding, liggaam en
                                                                                       samevatting/slot

Kopiereg voorbehou                                                                                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Afrikaans Huistaal/V3
                                      Downloaded from hlayiso.com              11                                                                 DBE/November 2017
                                                                        NSS – Nasienriglyne

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE] (vervolg)
        Kriteria                            Uitsonderlik                   Knap                   Gemiddeld                  Elementêr              Onvoldoende
 TAAL, STYL &                                  14–15                       11–12                      8–9                        5–6                      0–3
 REDIGERING                           -Toon, register, styl en   -Toon, styl, register en   -Toon, register, styl en   - Toon, register, styl   -Taal onverstaanbaar
                                      woordeskat hoogs           woordeskat baie            woordeskat gepas vir       en woordeskat minder     --Toon, register, styl
 Toon, register, styl en              gepas vir doel, gehoor     gepas vir doel, gehoor     doel, gehoor en            gepas vir doel, gehoor   en woordeskat nie
 woordeskat is geskik                 en konteks                 en konteks                 konteks                    en konteks               gepas vir doel, gehoor
 vir doel/effek en                    -Taalgebruik getuig        -Taalgebruik effektief     -Gepaste taalgebruik       -Taalgebruik baie        en konteks nie

                           Hoë vlak
 konteks;                             van vertroue,              en 'n deurlopende          om betekenis oor te        basies                   -Woordeskat so
 Woordkeuse;                          indrukwekkend              gepaste toon word          dra                        -Toon en woordkeuse      beperk dat dit
 Taalgebruik en                       -Toon retories treffend    gebruik                    -Toon is gepas             skaars toepaslik         onmoontlik is om sin
 konvensies,                          en effektief               -Grammatika en             -Retoriese middele         -Baie beperkte           te maak
 punktuasie,                          -Grammatika en             spelling grootliks         gebruik om betekenis       woordeskat
 grammatika, spelling                 spelling feitlik foutvry   foutvry                    te versterk
                                      -Knap gedaan               -Baie goed gedoen
 15 PUNTE                                        13                         10                         7                          4
                                      -Taalgebruik               -Taalgebruik toepaslik     -Voldoende                 -Taalgebruik
                                      uitstekend en toon is      en oor die algemeen        taalgebruik, maar          onvoldoende
                                      retories effektief         effektief                  teenstrydighede word       -Weinig indien enige

                           Lae vlak
                                      -Grammatika en             -Toon gepas en             opgemerk                   sinsverskeidenheid
                                      spelling feitlik foutvry   effektief                  -Toon oor die              -Woordeskat baie
                                      -Baie goed tot knap        -Enkele foute in           algemeen gepas en          beperk
                                      gedaan                     grammatika en              beperkte gebruik van
                                                                 spelling                   retoriese middele
                                                                 -Goed gedoen
 STRUKTUUR                                       5                           4                        3                           2                      0–1
                                      -Uitstekende               -Logiese ontwikkeling      -Relevante detail          -Sommige punte           -Noodsaaklike punte
 Kenmerke van teks;                   ontwikkeling van           van details                ontwikkel                  geldig                   ontbreek
 Paragraafontwikkeling                onderwerp                  -Samehangend               -Sinne en paragrawe        -Sinne en paragrawe      -Sinne en paragrawe
 en sinskonstruksie                   -Uitsonderlike detail      -Sinne en paragrawe        goed gekonstrueer          foutief                  foutief
                                      -Sinne en paragrawe        logies en toon variasie    -Opstel maak nog sin       -Opstel maak nog         -Opstel maak nie sin
 5 PUNTE                              uitsonderlik                                                                     effens sin               nie
                                      gekonstrueer

Kopiereg voorbehou                                                                                                                                   Blaai om asseblief

### Page 12

Afrikaans Huistaal/V3
                               Downloaded from hlayiso.com           12                                                             DBE/November 2017
                                                              NSS – Nasienriglyne

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE]
           Kriteria                 Uitsonderlik              Knap                  Gemiddeld                Elementêr             Onvoldoende
 INHOUD,                                13–15                 10–12                    7–9                      4–6                     0–3
 BEPLANNING &                 -Respons                -Respons baie goed      -Respons voldoende      -Basiese respons         -Respons toon geen
 FORMAAT                      uitsonderlik, bo        en demonstreer goeie    en toon voldoende       toon geringe kennis      kennis van kenmerke
                              verwagting              kennis van kenmerke     kennis van kenmerke     van kenmerke van die     van die soort teks nie
 Respons en idees;            -Idees intelligent en   van die soort teks      van die soort teks      soort teks               -Betekenis onduidelik
 Organisering van idees vir   volwasse                -Behou fokus – geen     -Nie heeltemal          -Aanduiding van          met groot afwyking
 beplanning;                  -Grondige kennis van    afwyking nie            gefokus nie – enkele    fokus, maar met          -Geen samehang in
 Doel, gehoor,                kenmerke van die        -Samehang in inhoud     afwykings               afwykings                idees en inhoud nie
 kenmerke/konvensies          soort teks              en idees; baie goed     -Redelike samehang      -Inhoud en idees nie     -Baie min detail
 en konteks                   -Skryfwerk behou        uitgebrei met detail    in inhoud en idees      altyd samehangend        ondersteun die
                              fokus                   wat die onderwerp       -Sommige detail         nie                      onderwerp
 15 PUNTE                     -Samehang in inhoud     ondersteun              ondersteun die          -Min detail              -Nodige reëls van
                              en idees                -Gepaste formaat met    onderwerp               ondersteun die           formaat nie toegepas
                              -Idees behoorlik        onbeduidende foute      -Formaat oorwegend      onderwerp                nie
                              uitgebrei met detail                            gepas, maar met         -Nodige reëls van
                              wat die onderwerp                               enkele foute            formaat vaagweg
                              ondersteun                                                              toegepas
                              -Gepaste en akkurate                                                    -Kritiese foute begaan
                              formaat
 TAAL, STYL &                           9–10                    7–8                     5–6                    3–4                       0–2
 REDIGERING                   -Toon, register, styl   -Toon, register, styl   -Toon, register, styl   -Toon, register, styl    -Toon, register, styl
                              en woordeskat hoogs     en woordeskat baie      en woordeskat is        en woordeskat            en woordeskat stem
 Toon, register, styl,        geskik vir doel,        geskik vir doel,        geskik vir doel,        minder geskik vir        nie ooreen met doel,
 doel/effek, gehoor en        gehoor en konteks       gehoor en konteks       gehoor en konteks       doel, gehoor en          gehoor en konteks
 konteks;                     -Grammatika             -Grammatika oor die     -Enkele                 konteks                  nie
 Taalgebruik en konvensies;   akkuraat en goed        algemeen korrek en      grammatikafoute         -Grammatika              -Besaai met foute en
 Woordkeuse;                  gekonstrueer            goed gekonstrueer       -Voldoende              onakkuraat met etlike    verward
 Punktuasie en spelling       -Feitlik foutloos       -Baie goeie             woordeskat              foute                    -Woordeskat nie
                                                      woordeskat              -Foute belemmer nie     -Basiese woordeskat      geskik vir doel nie
 10 PUNTE                                             -Oorwegend foutloos     betekenis nie           -Betekenis belemmer      -Betekenis ernstig
                                                                                                                               belemmer

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL P1 Nov 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2017-memo/fa7f0ff6-59a4-4b73-a84a-aedb0efb3663) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2017-memo/872c6282-9442-4b04-b87a-61c1a547d2be) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P3 May June 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2017-memo/8d004299-0884-48ae-94a7-fa262185f416) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Feb March 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-feb-march-2017-memo/a439c31f-a9ef-42b4-920a-c5ad42bfbb59) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2020 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2020-memo/3616620c-736f-4168-94a2-f6f69f2a226d) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2018 Memo FINAL](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2018-memo-final/8030a9f3-454f-4188-95d0-c070eac72914) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
