# Afrikaans HL Grade 12 P3 NSC November 2018 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 question paper from the NSC November Exam 2018, 6 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2018/31afda0e-922d-4d84-9a6e-0d9fb2cbbb1d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 6

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P3 NSC November 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2018/31afda0e-922d-4d84-9a6e-0d9fb2cbbb1d)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC November Exam · 2018 · Afrikaans. Question paper, 6 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans HL P3 Nov 2018 Memo FINAL](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2018-memo-final/8030a9f3-454f-4188-95d0-c070eac72914) — Memo · 2018 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                           AFRIKAANS HUISTAAL V3

                                 NOVEMBER 2018

PUNTE: 100

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                          2                       DBE/November 2018
                                              NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:

          AFDELING A: Opstel                                         (50)
          AFDELING B: Langer Transaksionele Tekste        (2 x 25)   (50)

2.        Beantwoord EEN vraag in AFDELING A en TWEE vrae in AFDELING B.

3.        Skryf in die taal waarin jy geassesseer word.

4.        Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

5.        Jy moet jou werk beplan (bv. gebruik 'n breinkaart/diagram/vloeidiagram/
          kernwoorde), taalversorg en proeflees. Die beplanning moet VOOR die finale
          produk gedoen word.

6.        Alle beplanning moet duidelik aangedui en daarna netjies deurgehaal word.

7.        Jy moet jou tyd soos volg bestee:

          AFDELING A: ongeveer 80 minute
          AFDELING B: ongeveer 70 (2 x 35) minute

8.        Nommer elke skryfstuk korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

9.        Die titel/opskrif word NIE in aanmerking geneem wanneer die woorde getel
          word NIE.

10.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                          3                                DBE/November 2018
                                              NSS

AFDELING A: OPSTEL

VRAAG 1

Kies EEN van die volgende onderwerpe en skryf 'n opstel van 400 tot 450 woorde.
Skryf die nommer en die titel/opskrif van jou opstel neer.

1.1       Die huis met die rooi dak se geheim(-e)                                                      [50]

1.2       Onregverdigheid lei tot groot hartseer.                                                      [50]

1.3       Die storm se krag ...                                                                        [50]

1.4       Dis 'n land van kleur en klank.                                                              [50]

1.5             die suidoostewind blaai die dae
                al haastiger om
                sodat ons by die laaste
                hoofstuk – herfs – kan kom
                                  [Verwerk uit: Seisoenlektuur – Daniel Hugo]                          [50]

1.6       Bestudeer die prente hieronder en skryf 'n OPSTEL oor EEN. Skryf die
          vraagnommer (1.6.1, 1.6.2 OF 1.6.3) en jou eie titel neer.

          1.6.1

                                                               [Bron: https://www.colourbox.com]       [50]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3             4                             DBE/November 2018
                                 NSS

          1.6.2

                                 [Bron: https://www.colourbox.com]                        [50]

          1.6.3

                                           [Bron: https://dreamstine.com]                 [50]

                                                     TOTAAL AFDELING A:                   50

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                          5                        DBE/November 2018
                                              NSS

AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE

VRAAG 2

Kies TWEE van die volgende onderwerpe en skryf 180 tot 200 woorde oor elkeen.
Skryf die nommer en die titel/opskrif van die teks wat jy gekies het, neer.

2.1       INFORMELE BRIEF: VRIENDSKAPLIKE BRIEF

          Jy het onlangs fantastiese nuus gekry, maar jy mag dit om bepaalde redes
          nog nie bekend maak nie. Jy bars van opwinding en besluit om solank jou
          beste vriend/vriendin daarvan te vertel.

          Skryf 'n informele brief aan jou vriend/vriendin waarin jy hom/haar van dié
          nuus vertel. Skryf ook waarom dié nuus nie bekend gemaak mag word nie.               [25]

2.2       FORMELE BRIEF: VERSOEK

          Julle matriekgroep het planne om die dorp se strate te verfraai. Daarvoor het
          julle die munisipale bestuurder se goedkeuring nodig.

          Skryf 'n formele brief aan die munisipale bestuurder waarin julle dié planne
          verduidelik en goedkeuring daarvoor vra.                                             [25]

2.3       TYDSKRIFARTIKEL

          Die redakteur van 'n bekende familietydskrif het jou gevra om 'n artikel te
          skryf met die titel:

                        Selfone – 'n noodsaaklike hulpmiddel in die klaskamer?

          Skryf die tydskrifartikel.                                                           [25]

2.4       CV EN DEKBRIEF

          Mercedes Brandt stel belang in die pos as winkelassistent wat in Die Kwêvoël
          van 23 November 2018 (op die volgende bladsy) geadverteer word. Sy
          voldoen aan al die vereistes vir die pos.

          Haar CV (ook op die volgende bladsy) is reeds saamgestel. Jy word gevra
          om die gepaardgaande dekbrief te skryf.

          Skryf haar dekbrief.                                                                 [25]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                               6                                 DBE/November 2018
                                                   NSS

                  Advertensie in Die Kwêvoël                        Curriculum Vitae

                                                                      MERCEDES BRANDT
              POS BESKIKBAAR                                             Springbokstraat 7
                                                                             Pofadder
          PostNet Oudtshoorn het 'n pos                                        4071
          beskikbaar vir 'n winkelassistent wat           WERKSGESKIEDENIS
          klante kan help met 'n verskeidenheid            -  Verkoopsassistent by Edgars
          van dienste wat PostNet verskaf.                    Julie 2018 tot November 2018
                                                           -  Assistent by die Klokkie Kleuterskool
                          Vereistes:                          April 2018
              •    Goeie menseverhoudinge
                                                          SKOOLOPLEIDING
              •    Noukeurigheid                          Hoërskool Pofadder       2013 tot 2017
              •    Rekenaarvaardigheid
              •    Goeie spanwerk                         Hoogste kwalifikasie     Nasionale Senior
              •    Eerlikheid en stiptelikheid                                     Sertifikaat (2017)

            Belangstellendes kan 'n CV en                 Vakke         Afrikaans Huistaal
                  dekbrief stuur na                                     Engels Eerste Addisionele Taal
              PostNet, Winkelstraat 16,                                 Wiskundige Geletterdheid
                                                                        Lewensoriëntering
                 Oudtshoorn, 0018.                                      Toerisme
                                                                        Besigheidstudies
           Aansoeke sluit om 12:00 op 25 Januarie 2019.
                                                                        Rekenaartoepassingstegnologie

                                                          REFERENTE
                                                          Me. Sophia Brown          082 001 2345
                                                          (Skoolhoof, Hoërskool Pofadder)

                                                          Mnr. Sol Sekhu           071 456 7893
                                                          (Bestuurder, Edgars)                            [25]

2.5       INFORMELE VERSLAG

          Die skool het aan die einde van die kwartaal 'n pretdag vir die leerders gehou.

          Na afloop van die dag word jy gevra om 'n informele verslag vir die
          reëlingskomitee saam te stel oor die sukses van dié dag.

          Skryf die informele verslag.                                                                    [25]

2.6       ONDERHOUD

          'n Bekende sport-/musiekster besoek julle skool. Jy het die voorreg om vir jul
          skoolkoerant met hom/haar 'n onderhoud te voer oor die grootste struikelblok
          wat hy/sy in sy/haar lewe oorkom het.

          Skryf die onderhoud.                                                                            [25]

                                                                           TOTAAL AFDELING B:             50
                                                                               GROOTTOTAAL:               100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL P2 Nov 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2018/e7743bcd-7218-48b4-8668-8fc4d889c57a) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2018/32d2c07a-21b1-4b79-b92f-17522a2bfc63) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P3 May June 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2018/a2880343-bd5f-4f3a-ae57-86ba082a8a22) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2021/54f8cdfd-5b2e-4cb9-a51e-0ac6aa4c408b) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2017/4577c737-2595-4437-bfdb-6520a8a9afe6) — Afrikaans HL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2016/a2cdc682-5344-4fe5-ba51-f1d2b0dfdb02) — Afrikaans HL · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
