# Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC November 2020 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the NSC November Exam 2020, 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2020-memo/3616620c-736f-4168-94a2-f6f69f2a226d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2020
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC November 2020 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2020-memo/3616620c-736f-4168-94a2-f6f69f2a226d)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC November Exam · 2020 · Afrikaans. Memorandum, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                      GRADE 12

                             SENIOR SERTIFIKAAT/
                        NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                             AFRIKAANS HUISTAAL V3

                                  NOVEMBER 2020

                                  NASIENRIGLYNE

PUNTE: 100

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 11 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                              2                            DBE/November 2020
                                         SS/NSS – Nasienriglyne

ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE

                                NASIONALE NASIENSIMBOLE
VERDUIDELIKING                      SIMBOOL       BESKRYWING
Woordorde                            (     )               Hakies en pyltjie
Woord(e) weggelaat                   ^                     Weglaatteken
Spelfoute                                                  Dubbelstreep onder die spelfout
Taalfoute                                                  Enkelstreep onder die taalfout
Paragraafindeling                    [                     Begin van 'n nuwe sin
Woord(keuse)-foute                   X                     Trek 'n X bo die verkeerde woord.
                                                           Regmerkie bo goeie taalgebruik,
Erkenning van taaljuweeltjies        
                                                           idees of uitdrukkings
Onduidelik/Onverstaanbaar            ∫ (in die kantlyn)    Kronkelstreep
Punktuasie                           O                     Omkring

AFDELING A: OPSTEL

AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die kandidaat mag slegs oor EEN
onderwerp of prikkel skryf. Hy/sy mag enige soort opstel, toepaslik volgens hoe hy/sy die
onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit onduidelik is
wat die finale poging is, word die eerste opstel nagesien.

NASIENRIGLYNE

Dui aan die einde van die opstel die punte soos volg aan:
Voorbeeld:
Inhoud:                                                                          I = KH = 22
Taal, styl en redigering:                                                        T = KL = 10
Struktuur:                                                                       S = K = 4
Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant (onder die opstel).                36

Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die beplanningsgedeelte te
wees).
DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL

   Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel word. Dit
    behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.
   Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die hoofgedagte
    bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die hoofgedagtes en is menings
    van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die samevatting van die hoofgedagte.
   Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of sy/haar
    standpunt insluit. In die geval van 'n verhalende, beskrywende en bespiegelende opstel vat
    die slot die opstel saam, terwyl 'n argumenterende en beredeneerde opstel se slot die
    skrywer se finale standpunt/mening weerspieël.
VRAAG 1
Riglyne
Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens
sy/haar interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande memorandum) mag nie as
bindend beskou word nie. Die kandidaat bied dus enige soort opstel aan, soos
byvoorbeeld:

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                           3                             DBE/November 2020
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

1.1       Robin stap stasie toe ...
          Die kandidaat kan hierdie onderwerp as 'n verhalende opstel aanbied deur die storie
          te vertel van wat op hiérdie dag gebeur/gebeur het en hoe dié stap anders is as die
          vorige kere toe Robin na die stasie toe stap/gestap het. In 'n beskrywende opstel
          met hierdie titel kan Robin se manier van stap na die stasie toe, voorheen en nou,
          beskryf word. In 'n bespiegelende opstel kan die kandidaat byvoorbeeld oor
          moontlike emosies mymer wat Robin beleef terwyl sy/hy stap. As 'n beredeneerde of
          argumenterende opstel kan die kandidaat redeneer/argumenteer oor waarom
          mense hulle optredes verander wanneer gebeure/doelwitte/uitdagings hulle noop om
          dit te doen. Enige ander opstel oor hierdie onderwerp moet op meriete oorweeg
          word.                                                                                       [50]

1.2       Moenie vir eendag wag nie; leef vandag.
          As basis vir 'n verhalende opstel kan die kandidaat vertel van 'n insident/insidente
          toe hy/sy besluit het om dadelik 'n geleentheid/geleenthede aan te gryp wat 'n
          onmiddellike verskil in sy/haar lewe gemaak het. In 'n beskrywende opstel kan 'n
          kandidaat byvoorbeeld beskryf hoe hierdie onmiddellike aangryp van geleenthede
          sy/haar lewe verander het en wat die gevolge sou wees indien hy/sy eers daarmee
          gewag het. Daar kan in 'n bespiegelende opstel besin word oor die redes waarom
          mense dikwels bang is om onmiddellik 'n geleentheid te benut en eerder vir later te
          wag. In 'n argumenterende/beredeneerde opstel kan die kandidaat argumenteer/
          redeneer of dit wenslik is al dan nie om eers deeglik te besin voordat 'n mens
          geleenthede wat hulle voordoen, benut. Enige ander opstel oor hierdie onderwerp
          moet op meriete oorweeg word.                                                               [50]

1.3       Die dag toe ek my ore uitgeleen het
          'n Vertelling van 'n insident/insidente waartydens die kandidaat verkeerd opgetree
          het/verkeerde/goeie besluite geneem het nadat hy/sy na iemand se
          raad/opmerkings/uitlatings geluister het, kan as 'n verhalende opstel aangebied
          word. Indien die kandidaat sy/haar emosies beskryf nadat hy/sy besef het watter
          skade aangerig/waarde toegevoeg is op grond van iemand se raad/ opmerkings/
          uitlatings kan dit as basis vir 'n beskrywende opstel dien. Waarom mense geneig is
          om op te tree/keuses te maak n.a.v. ander se raad/opmerkings/uitlatings kan as
          inhoud vir 'n bespiegelende opstel dien. In 'n argumenterende/beredeneerde
          opstel sal die inhoud moontlik handel oor die wenslikheid al dan nie daarvan om te
          reageer/besluite te neem n.a.v. dit wat 'n mens by ander hoor. Enige ander opstel oor
          hierdie onderwerp moet op meriete oorweeg word.                                             [50]

1.4       'n Tweede kans ...
          In 'n verhalende opstel kan die kandidaat byvoorbeeld van 'n insident/insidente vertel
          toe hy/sy die geleentheid gekry het om van voor af te begin nadat verkeerde keuses
          tot negatiewe gevolge gelei het. Emosionele ervarings wat iemand beleef wat 'n
          tweede kans gebied word, kan die basis vir 'n beskrywende opstel wees. Indien die
          kandidaat besin oor die impak wat tweede keuses/kanse op iemand se lewe het, kan
          dit as 'n bespiegelende opstel aangebied word. Argumente/redenasies waarom
          iemand wat aanvanklik verkeerde keuses uitgeoefen het weer 'n tweede kans
          verdien, kan in 'n argumenterende/beredeneerde opstel uiteengesit word. Enige
          ander opstel oor hierdie onderwerp moet op meriete oorweeg word.                            [50]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                            4                               DBE/November 2020
                                       SS/NSS – Nasienriglyne

1.5       Ek weet góéd wie agter hiérdie plan sit!
          'n Verhalende opstel se inhoud oor hierdie onderwerp sou kon vertel van 'n insident
          waar die kandidaat weet wie dit is wat 'n plan teen hom/haar smee. Die emosionele
          gewaarwordings van iemand wat besef wie 'n plan teen hom/haar smee, kan in 'n
          beskrywende opstel aangebied word terwyl daar in 'n bespiegelende opstel geskryf
          kan word oor die redes wat iemand motiveer om ander mense met (slinkse) planne te
          na te kom./te bevoordeel. Enige ander (tipe) opstel oor hierdie onderwerp moet op
          meriete oorweeg word.                                                                           [50]

1.6.1     Wedloop met wenner
          'n Verhalende opstel sou die storie van 'n spesifieke wedloop/resies kon vertel wat 'n
          hoogtepunt in die verteller se lewe was. Indien die inhoud op byvoorbeeld die
          atmosfeer wat tydens 'n wedloop/kompetisie tussen die deelnemers/toeskouers
          heers beskryf, sal die opstel beskrywend van aard wees. Daar kan in 'n
          bespiegelende opstel besin word oor die ingesteldheid van mense om te alle tye te
          wen./oorwinning te smaak. Die voor- en nadele van kompetisie(s) kan in 'n
          beredeneerde opstel aangespreek word, terwyl 'n argumenterende opstel
          oortuigende standpunte sal aanbied of die wenmotief te alle tye wenslik is, al dan nie.
          Hierdie opstel kan ook figuurlik geïnterpreteer word, bv. 'n emosionele/geestelike
          oorwinning. Enige ander opstel oor hierdie onderwerp moet op meriete oorweeg
          word.                                                                                           [50]

1.6.2     Hande met gebreekte toue
          'n Verhalende opstel kan die storie vertel van 'n insident of gebeurtenis waar die
          kandidaat hom/haar van 'n situasie kon bevry wat hulle vryheid aan bande gelê het.
          In 'n beskrywende opstel kan emosionele/geestelike gevangenisskap en die
          uiteindelike bevryding daarvan aangebied word. 'n Bespiegelende opstel se inhoud
          kan fokus op watter emosionele effek gebondenheid op mense se geestelike
          welstand het en hoe moeilik dit vir sommige mense is om daarvan bevry te word. In
          'n argumenterende/beredeneerde opstel kan die voor- en/of nadele van gebonden-
          heid en oorwinning daarvan/daaruit bespreek word. Enige ander opstel oor hierdie
          onderwerp moet op meriete oorweeg word.                                                         [50]

1.6.3     Meisie wat loop met tas in die hand
          Hierdie meisie se lewensverhaal, wat daarop uitgeloop het dat sy haar losmaak van
          hierdie mistroostige omstandighede, kan as inhoud vir 'n verhalende opstel gebruik
          word. Die verband tussen die mistroostige toneel waarin hierdie meisie geteken is en
          haar emosionele toestand kan in 'n beskrywende opstel aangebied word. Die
          emosionele gewaarwordinge van mense wat nie meer kans sien vir sukkel nie, kan in
          'n bespiegelende opstel verwoord word. Redes waarom mense altyd na iets beters
          in die lewe op soek is, kan in 'n argumenterende/beredeneerde opstel ondersoek
          word. Kandidate kan in hulle opstelle ook na die agtergrond in hierdie prikkel verwys,
          bv. na die natuur/'n ramp. Enige ander opstel oor hierdie onderwerp moet op meriete
          oorweeg word.                                                                                   [50]

SOORTE OPSTELLE:

VERHALENDE OPSTEL

Dit is 'n interessante vertelling van 'n storie/gebeurtenis(se) (gewoonlik uit die verlede). Dit kan
vanuit enige perspektief geskryf word.

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                           5                             DBE/November 2020
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

Hou die volgende in gedagte:

   Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word ('n storie of gebeurtenis).
   'n Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
   Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
   Die inhoud is boeiend en interessant, dit oortuig en ontwikkel logies, daarom is die inhoud
    samehangend.
   Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar kan fiktief wees.
   Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
   'n Treffende inleiding wat die leser boei, word aangebied.
   'n Verrassende slot rond die inhoud af.
   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
   Dit gebruik gewoonlik die verlede tyd.

BESKRYWENDE OPSTEL

Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf wat nie
eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat beskryf word, net so
lewendig soos hy/sy te beleef.

Hou die volgende in gedagte:

   Waarnemings met al vyf sintuie en 'n goeie woordeskat word vereis.
   Insig, begrip, 'n eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net die opnoem
    van waarnemings).
   Tekste kan varieer van meer realisties tot 'n verdieping in die aanbieding.
   Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
   Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
   Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
   Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.
   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
   Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word gedoen deur die konnotasie en
    nie die denotasie van woorde nie.
   Stylfigure kan gebruik word.

BEREDENEERDE OPSTEL

Dis objektief en probeer om 'n gebalanseerde gesigspunt van beide kante van 'n argument te
gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder bespreking en bied
teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot 'n spesifieke gevolgtrekking aan
die einde van die opstel kom, maar die argumente vir en teen die onderwerp moet goed
gebalanseerd en duidelik ontleed wees in die ontwikkeling van die opstel.

Hou die volgende in gedagte:

   Die opstel handel oor 'n onderwerp waaroor standpunt, alreeds tydens die inleiding,
    ingeneem word.
   BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
   Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.
   Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.
   'n Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding, gemaak. Die slot
    gee 'n sterk aanduiding van die skrywer se mening.
   Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.
   Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                           6                              DBE/November 2020
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
   Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak.

BESPIEGELENDE OPSTEL

Die skrywer oorweeg/deurdink 'n idee/lewenswaarheid en gee sy/haar emosionele reaksies en
gevoelens weer. Dit bespiegel oor 'n droom of wense/moontlikhede.

Hou die volgende in gedagte:

   Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.
   Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar opgeweeg.
   Dis persoonlik van aard.
   Daar is 'n definitiewe struktuur, maar 'n gevolgtrekking is nie nodig nie.
   Dit hoef nie 'n gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of ernstig geskryf
    word.
   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.

ARGUMENTERENDE OPSTEL

Die skrywer het 'n spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt te
motiveer.

Hou die volgende in gedagte:

   Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.
   'n Eie mening word op 'n baie oorspronklike en treffende manier gegee.
   'n Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.
   Verdediging of aanval van 'n saak word enduit volgehou.
   'n Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.
   Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.
   Daar moet 'n duidelike en oortuigende slot wees.
   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.

                                                                        TOTAAL AFDELING A:             50

AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE

AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste word nagesien.
Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks nagesien.

NASIENRIGLYNE
Dui aan die einde van die skryfstuk die punte soos volg aan:

Voorbeeld:
Inhoud, beplanning en formaat:                                                    I = K = 10
Taal, styl en redigering:                                                         T=G= 6
Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks).               16
Dra die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die beplanningsgedeelte te
wees).

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                           7                            DBE/November 2020
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

2.1        INFORMELE BRIEF: VRIENDSKAPLIKE BRIEF

           Die kandidaat skryf 'n informele brief aan sy/haar oupa/ouma waarin hy/sy die
           oupa/ouma gerusstel oor die voorgenome trek na 'n aftreeoord.

           Hou in gedagte:

              Gebruik informele taal, register en styl.
              Die skrywer moet sy/haar oupa/ouma gerusstel oor die voorgenome trek na die
               aftreeoord.
              Skryf in beskrywende, maar eenvoudige taal.
              Skryf logies en volgens 'n spesifieke doel.
              Daar moet 'n inleiding, liggaam en slot wees.
              Die adres en die datum moet boaan verskyn.
              Na die skrywer se adres volg 'n informele aanhef.
              Sluit die brief informeel/semiformeel af, gevolg deur die skrywer se naam.            [25]

2.2       FORMELE BRIEF: BEDANKING

          Die brief fokus op die waardering wat die skrywer uitspreek vir die manier waarop hy/sy
          tydens sy/haar gemeenskapsdiens by die DBV behandel is, asook die waardevolle
          lesse wat hy/sy daar geleer het.

          Hou in gedagte:

              Die formaat is formeel.
              Daar moet twee adresse, 'n aanhef, 'n inhoudsopskrif en 'n gepaste afsluiting
               wees.
              Die inhoud moet handel oor die manier waarop die skrywer tydens sy/haar
               gemeenskapsdiens by die DBV behandel is asook die waardevolle lesse wat hy/sy
               daar geleer het.
              Die styl is saaklik, maar hoflik.
              Die struktuur moet goeie paragraafbou insluit.
              Eenvoudige, direkte taal is nodig, maar in 'n formele register.
              Die brief moet formeel afgesluit word en die skrywer se titel, voorletters en van
               moet gegee word.                                                                      [25]

2.3       HULDEBLYK

          Die skrywer bring hulde aan die skool se onderwysers tydens Internasionale
          Onderwysersdag.

          Hou in gedagte:

              By hierdie huldeblyk moet die gehoor formeel gegroet word: Geagte skoolhoof,
               onderwysers en leerders
              Die styl moet pas by die geleentheid en die gehoor.
              Skryf weldeurdagte idees en vermy clichés.
              Gebruik kort sinne met eenvoudige idees en bekende voorbeelde.
              Die inleiding moet die gehoor se aandag prikkel.
              Die inhoud van die toespraak moet in paragrawe aangebied word.
              Die slot moet die gehoor tot nadenke stem.                                            [25]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                            8                             DBE/November 2020
                                       SS/NSS – Nasienriglyne

2.4        INFORMELE VERSLAG

           Die informele verslag fokus op die bevindings na afloop van die navorsing wat die
           kandidaat t.o.v. die gebruik van tablette in die plek van handboeke gedoen het.
           Hou in gedagte:

              Die informele verslag bevat 'n kort, bondige opskrif.
              'n Inleiding wat die doel van die verslag aandui, moet geformuleer word.
              Die skrywer kan van subopskrifte gebruik maak.
              'n Treffende slot moet die inhoud van die verslag saamvat.
              Die taal en styl moet by die aard van die informele verslag pas.
              Paragrawe moet 'n logiese verloop handhaaf.                                             [25]

2.5        TYDSKRIFARTIKEL
           Die fokus van die tydskrifartikel konsentreer op die nuutste modegiere wat onder
           tieners heers.
           Hou die volgende in gedagte:

              Die doel is om lesers in te lig, op te voed of te vermaak.
              Die titel/opskrif moet kort en treffend wees en by die onderwerp pas.
              Die inleidingsparagraaf moet kort en kragtig wees en moet dadelik die inhoud
               ontsluit.
              Die omgekeerde piramiedemetode word gebruik waar die belangrikste inligting
               eerste genoem word en die ander inligting daarna in dalende volgorde van
               belangrikheid aangebied word.
              Die tydskrifartikel word hoofsaaklik in die bedrywende vorm geskryf.
              Die inhoud kan in kolomme of in paragrawe geskryf word.
              Die inhoud moet duidelik uiteengesit word.
              Die teikengroep moet by die inhoud pas.
              Aanhalings kan gebruik word.
              Die slotparagraaf moet 'n gevolgtrekking maak.                                          [25]

2.6        ONDERHOUD
           Die onderhoud fokus op 'n gevaarlike heldedaad.
           Hou in gedagte:

              Vraag en antwoord moet duidelik onderskei word.
              Die onderhoud mag in dialoog- of artikelformaat geskryf word.
              Elke spreekbeurt word op 'n nuwe reël begin.
              Die verskil tussen gesproke en geskrewe Afrikaans is belangrik – daarom moet die
               redigering versigtig gedoen word.
              In hierdie geval moet die onderhoudvoerder se vrae op die gevaarlike heldedaad
               fokus, bv. "Wat het deur jou gedagtes gegaan toe …"/"Wat het jou tot onmiddellike
               reaksie laat oorgaan?"                                                                  [25]

                                                                          TOTAAL AFDELING B:           50
                                                                              GROOTTOTAAL:             100

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 9

Afrikaans Huistaal/V3
                                     Downloaded from hlayiso.com              9                                                         DBE/November 2020
                                                                      SS/NSS – Nasienriglyne

LET WEL:

 Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
 Punte van 0–50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
 Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in 'n hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die
  toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
 Struktuur word nie deur die verdeling in 'n hoë en lae vlak beïnvloed nie.

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE]
       Kriteria                            Uitsonderlik                Knap                   Gemiddeld              Elementêr                Onvoldoende
 INHOUD &                                     28–30                    22–24                    16–18                  10–12                       4–6
 BEPLANNING                          -Respons is              -Respons baie goed;      -Respons bevredigend    -Wisselvallige           -Respons heeltemal
                                     uitsonderlik/treffend    getuig van vaardigheid   -Idees redelik          samehang in respons      irrelevant
 (Respons en idees)                  en bo verwagting         -Idees heeltemal         samehangend en          -Idees onduidelik, nie   -Idees deurmekaar en
 Organisering van idees              -Idees is intelligent,   relevant, interessant    oortuigend              oorspronklik nie         nie op onderwerp

                          Hoë vlak
 vir beplanning;                     volwasse en              en lewer bewys van       -Redelike organisasie   -Min bewys van           gefokus nie
 Bewustheid van doel,                stem leser tot           volwassenheid            en redelik              organisasie en           -Vaag en herhalend
 gehoor en konteks                   nadenke                  -Organisasie baie        samehangend,            samehang                 -Geen organisasie nie
                                     -Uitsonderlike           goed en                  insluitend inleiding,                            en is onsamehangend
 30 PUNTE                            organisasie en           samehangend,             liggaam en
                                     samehang, insluitend     insluitend inleiding,    samevatting/slot
                                     inleiding, liggaam en    liggaam en
                                     samevatting/slot         samevatting/slot
                                              25–27                    19–21                    13–15                    7–9                      0–3
                                     -Respons uitmuntend,     -Respons goed; getuig    -Respons                -Respons is grootliks    -Geen poging
                                     maar uitsonderlik        van vaardigheid          bevredigend, maar       irrelevant.              aangewend om in
                                     treffende eienskappe     -Idees relevant,         verval soms in          -Idees begin los staan   ooreenstemming met
                                     van 'n opstel ontbreek   interessant              onduidelikheid          en kan verwarrend        onderwerp te wees nie

                          Lae vlak
                                     -Idees intelligent en    -Organisasie goed en     -Idees redelik          wees                     -Heeltemal irrelevant
                                     volwasse                 samehangend,             samehangend en          -Skaars 'n bewys van     en ontoepaslik
                                     -Knap organisasie en     insluitend inleiding,    oortuigend              organisasie en           -Deurmekaar en geen
                                     samehang, insluitend     liggaam en               -'n Mate van            samehang                 fokus nie
                                     inleiding, liggaam en    samevatting/slot         organisasie en
                                     samevatting/slot                                  samehang, insluitend
                                                                                       inleiding, liggaam en
                                                                                       samevatting/slot

Kopiereg voorbehou                                                                                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Afrikaans Huistaal/V3
                                      Downloaded from hlayiso.com                       10                                                        DBE/November 2020
                                                                               SS/NSS – Nasienriglyne

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE] (vervolg)
        Kriteria                            Uitsonderlik                   Knap                   Gemiddeld                  Elementêr              Onvoldoende
 TAAL, STYL &                                  14–15                       11–12                      8–9                        5–6                      0–3
 REDIGERING                           -Toon, register, styl en   -Toon, styl, register en   -Toon, register, styl en   - Toon, register, styl   -Taal onverstaanbaar
                                      woordeskat hoogs           woordeskat baie            woordeskat gepas vir       en woordeskat minder     --Toon, register, styl
 Toon, register, styl en              gepas vir doel, gehoor     gepas vir doel, gehoor     doel, gehoor en            gepas vir doel, gehoor   en woordeskat nie
 woordeskat is geskik                 en konteks -               en konteks                 konteks                    en konteks               gepas vir doel, gehoor

                           Hoë vlak
 vir doel/effek en                    Taalgebruik getuig         -Taalgebruik effektief     -Gepaste taalgebruik       -Taalgebruik baie        en konteks nie
 konteks;                             van vertroue,              en 'n deurlopende          om betekenis oor te        basies                   -Woordeskat so
 Woordkeuse;                          indrukwekkend              gepaste toon word          dra                        -Toon en woordkeuse      beperk dat dit
 Taalgebruik en                       -Toon retories treffend    gebruik                    -Toon is gepas             skaars toepaslik         onmoontlik is om sin
 konvensies,                          en effektief               -Grammatika en             -Retoriese middele         -Baie beperkte           te maak
 punktuasie,                          -Grammatika en             spelling grootliks         gebruik om betekenis       woordeskat
 grammatika, spelling                 spelling feitlik foutvry   foutvry                    te versterk
                                      -Knap gedaan               -Baie goed gedoen
 15 PUNTE                                        13                         10                         7                          4
                                      -Taalgebruik               -Taalgebruik toepaslik     -Voldoende                 -Taalgebruik
                                      uitstekend en toon is      en oor die algemeen        taalgebruik, maar          onvoldoende
                                      retories effektief         effektief                  teenstrydighede word       -Weinig indien enige

                           Lae vlak
                                      -Grammatika en             -Toon gepas en             opgemerk                   sinsverskeidenheid
                                      spelling feitlik foutvry   effektief                  -Toon oor die              -Woordeskat baie
                                      -Baie goed tot knap        -Enkele foute in           algemeen gepas en          beperk
                                      gedaan                     grammatika en              beperkte gebruik van
                                                                 spelling                   retoriese middele
                                                                 -Goed gedoen
 STRUKTUUR                                       5                           4                        3                           2                      0–1
                                      -Uitstekende               -Logiese ontwikkeling      -Relevante detail          -Sommige punte           -Noodsaaklike punte
 Kenmerke van teks;                   ontwikkeling van           van details                ontwikkel                  geldig                   ontbreek
 Paragraafontwikkeling                onderwerp                  -Samehangend               -Sinne en paragrawe        -Sinne en paragrawe      -Sinne en paragrawe
 en sinskonstruksie                   -Uitsonderlike detail      -Sinne en paragrawe        goed gekonstrueer          foutief                  foutief
                                      -Sinne en paragrawe        logies en toon variasie    -Opstel maak nog sin       -Opstel maak nog         -Opstel maak nie sin
 5 PUNTE                              uitsonderlik                                                                     effens sin               nie
                                      gekonstrueer

Kopiereg voorbehou                                                                                                                                   Blaai om asseblief

### Page 11

Afrikaans Huistaal/V3
                               Downloaded from hlayiso.com                   11                                                     DBE/November 2020
                                                                    SS/NSS – Nasienriglyne

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE]
           Kriteria                 Uitsonderlik              Knap                  Gemiddeld                Elementêr             Onvoldoende
 INHOUD,                                13–15                 10–12                    7–9                      4–6                     0–3
 BEPLANNING &                 -Respons                -Respons baie goed      -Respons voldoende      -Basiese respons         -Respons toon geen
 FORMAAT                      uitsonderlik, bo        en demonstreer goeie    en toon voldoende       toon geringe kennis      kennis van kenmerke
                              verwagting              kennis van kenmerke     kennis van kenmerke     van kenmerke van die     van die soort teks nie
 Respons en idees;            -Idees intelligent en   van die soort teks      van die soort teks      soort teks               -Betekenis onduidelik
 Organisering van idees vir   volwasse                -Behou fokus – geen     -Nie heeltemal          -Aanduiding van          met groot afwyking
 beplanning;                  -Grondige kennis van    afwyking nie            gefokus nie – enkele    fokus, maar met          -Geen samehang in
 Doel, gehoor,                kenmerke van die        -Samehang in inhoud     afwykings               afwykings                idees en inhoud nie
 kenmerke/konvensies          soort teks              en idees; baie goed     -Redelike samehang      -Inhoud en idees nie     -Baie min detail
 en konteks                   -Skryfwerk behou        uitgebrei met detail    in inhoud en idees      altyd samehangend        ondersteun die
                              fokus                   wat die onderwerp       -Sommige detail         nie                      onderwerp
 15 PUNTE                     -Samehang in inhoud     ondersteun              ondersteun die          -Min detail              -Nodige reëls van
                              en idees                -Gepaste formaat met    onderwerp               ondersteun die           formaat nie toegepas
                              -Idees behoorlik        onbeduidende foute      -Formaat oorwegend      onderwerp                nie
                              uitgebrei met detail                            gepas, maar met         -Nodige reëls van
                              wat die onderwerp                               enkele foute            formaat vaagweg
                              ondersteun                                                              toegepas
                              -Gepaste en akkurate                                                    -Kritiese foute begaan
                              formaat
 TAAL, STYL &                            9–10                   7–8                     5–6                    3–4                       0–2
 REDIGERING                   -Toon, register, styl   -Toon, register, styl   -Toon, register, styl   -Toon, register, styl    -Toon, register, styl
                              en woordeskat hoogs     en woordeskat baie      en woordeskat is        en woordeskat            en woordeskat stem
 Toon, register, styl,        geskik vir doel,        geskik vir doel,        geskik vir doel,        minder geskik vir        nie ooreen met doel,
 doel/effek, gehoor en        gehoor en konteks       gehoor en konteks       gehoor en konteks       doel, gehoor en          gehoor en konteks
 konteks;                     -Grammatika             -Grammatika oor die     -Enkele                 konteks                  nie
 Taalgebruik en konvensies;   akkuraat en goed        algemeen korrek en      grammatikafoute         -Grammatika              -Besaai met foute en
 Woordkeuse;                  gekonstrueer            goed gekonstrueer       -Voldoende              onakkuraat met etlike    verward
 Punktuasie en spelling       -Feitlik foutloos       -Baie goeie             woordeskat              foute                    -Woordeskat nie
                                                      woordeskat              -Foute belemmer nie     -Basiese woordeskat      geskik vir doel nie
 10 PUNTE                                             -Oorwegend foutloos     betekenis nie           -Betekenis belemmer      -Betekenis ernstig
                                                                                                                               belemmer

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [AFRIKAANS HL P3 GR 12 MEMO SEPT2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr-12-memo-sept2020/f9a99ac3-5b21-4159-aca7-7737a23ab5b0) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2018 Memo FINAL](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2018-memo-final/8030a9f3-454f-4188-95d0-c070eac72914) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2017-memo/fe0661a7-8373-4100-ac07-707ad6445899) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2015-memo/52b78479-1bf7-40f2-9439-b5b527824bc5) — Afrikaans HL · Memo · 2015 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2014 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2014-memo/a22acc7a-3707-44f3-a7bf-f967d2dcec55) — Afrikaans HL · Memo · 2014 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2020/1c2a3f09-82b0-4c05-9c11-abab034e3b99) — Afrikaans HL · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
