# Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC November 2021 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the NSC November Exam 2021, 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2021-mg/9f0eb94f-90aa-4613-b593-5cd0480e1f2a
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2021
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC November 2021 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2021-mg/9f0eb94f-90aa-4613-b593-5cd0480e1f2a)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC November Exam · 2021 · Afrikaans. Memorandum. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans HL P3 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2021/54f8cdfd-5b2e-4cb9-a51e-0ac6aa4c408b) — QP · 2021 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                             AFRIKAANS HUISTAAL V3

                                  NOVEMBER 2021

                                  NASIENRIGLYNE

PUNTE: 100

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                               2                           DBE/November 2021
                                            NSS – Nasienriglyne

ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE

                                NASIONALE NASIENSIMBOLE
 VERDUIDELIKING                 SIMBOOL      BESKRYWING
 Woordorde                                            Hakies en pyltjie
                                (       )
 Woord(e) weggelaat             ^                     Weglaatteken
 Spelfoute                                            Dubbelstreep onder die spelfout
 Taalfoute                                            Enkelstreep onder die taalfout
 Paragraafindeling              [                     Begin van 'n nuwe sin
 Woord(-keuse)-foute            X                     Trek 'n X bo-oor die verkeerde woord.
 Erkenning van                                        Regmerkie bo goeie taalgebruik, idees of
                                
 taaljuweeltjies                                      uitdrukkings
 Onduidelik/onverstaanbaar      ʃ (in die kantlyn)    Kronkelstreep
 Punktuasie                                          Omkring

Neem taalvariëteit in ag.

AFDELING A: OPSTEL

AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die kandidaat mag slegs oor EEN
onderwerp of prikkel skryf. Hy/Sy mag enige tipe opstel, toepaslik volgens hoe hy/sy die
onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit onduidelik is
wat die finale poging is, word die eerste opstel nagesien.

NASIENRIGLYNE

Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan:

Voorbeeld:
Inhoud:                                                                             I = Kh = 22
Taal, styl en redigering:                                                           T = Kl = 10
Struktuur:                                                                          S =K = 4
Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant (onder die opstel).                   36

Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die beplanningsgedeelte te
wees).

DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL

   Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel word. Dit
    behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.
   Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die hoofgedagte
    bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die hoofgedagtes en is menings
    van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die samevatting van die hoofgedagte.
   Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of sy/haar
    standpunt insluit. In die geval van 'n verhalende, beskrywende en bespiegelende opstel vat
    die slot die skryfstuk saam, terwyl 'n argumenterende en beredeneerde opstel se slot die
    skrywer se finale standpunt/mening weerspieël.

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                          3                             DBE/November 2021
                                       NSS – Nasienriglyne

VRAAG 1

Riglyne

Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar
interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande nasienriglyn) mag nie as bindend beskou
word nie. Die kandidaat bied dus enige soort opstel aan, byvoorbeeld:
1.1       Die selfoon lui skielik ...
          In 'n verhalende opstel kan die kandidaat vertel van wat gebeur het nadat 'n selfoon
          begin lui het. Indien die kandidaat die gewaarwordinge wat deur sy/haar kop gegaan
          het toe die selfoon begin lui het, oproep, kan dit as inhoud vir 'n beskrywende opstel
          dien. Die kandidaat kan in 'n bespiegelende opstel wonder aan wie die vreemde
          stem wat gehoor word, behoort, terwyl die kandidaat in 'n argumenterende of
          beredeneerde opstel argumente aanvoer of beredeneer oor ongevraagde/ontydige
          oproepe wat 'n mens dikwels ontvang.                                                        [50]

1.2       Medisyne vir die siel
          'n Verhalende opstel kan handel oor gebeure/handelinge waar mense se
          vertroosting/raad die siel genees het. As argumenterende of beredeneerde opstel
          kan die kandidaat redes aanvoer waarom daar so baie tipes sielsmedisyne is en hoe
          dit die mens laat beter voel. Die kandidaat kan hierdie onderwerp as 'n beskrywende
          opstel aanbied deur situasies wat tot groot vreugde/emosies wat tot genesing van die
          siel gelei het, te beskryf. In 'n bespiegelende opstel kan die kandidaat mymer oor
          wat alles sal tel as sielsmedisyne.                                                         [50]

1.3       Wie wil, kán wen!
          Die kandidaat kan die opstel as 'n verhalende opstel aanbied as hy/sy vertel hoe
          deursettingsvermoë/selfmotivering die persoon oor spesifieke uitdagings laat seëvier
          het. As 'n beskrywende opstel kan die inhoud die verskillende emosies beskryf wat
          iemand beleef wanneer hy/sy hom-/haarself dryf om sukses te behaal. Indien die
          kandidaat by hierdie onderwerp die algemene waarheid daarvan oorweeg/deurdink of
          sy/haar emosionele reaksies en gevoelens daaroor weergee, kan so 'n opstel as 'n
          bespiegelende opstel geassesseer word. In 'n argumenterende opstel sal die
          kandidaat byvoorbeeld argumente kan aanvoer waarom mense dikwels hierdie
          onderwerp as 'n motiveringslagspreuk gebruik, terwyl 'n beredeneerde opstel oor
          hierdie onderwerp teenstellende menings onpartydig sal aanbied waarom mense
          byvoorbeeld deur sulke slagspreuke gemotiveer word al dan nie.                              [50]

1.4       Luister net na wat ek sê, asseblief.
          'n Kandidaat kan 'n verhalende opstel aanbied waarin hy/sy iets met opregte
          bedoelings wil sê, maar ervaar dat hy/sy verkeerd verstaan word. In 'n beskrywende
          opstel kan verskillende scenario’s aangedui/aangebied word waarin die kandidaat
          mense se vermoëns om iets suksesvol te sê, beskryf. Indien die kandidaat
          mymer/bespiegel oor die onvermoë van mense om boodskappe suksesvol oor te dra,
          kan dit as 'n bespiegelende opstel aangebied word. Redes/argumente waarom
          mense dikwels verkeerd verstaan word, kan as 'n argumenterende of beredeneerde
          opstel aangebied word.                                                                      [50]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                             4                              DBE/November 2021
                                          NSS – Nasienriglyne

1.5       Soms, in die middel ...
          In 'n verhalende opstel kan die kandidaat vertel hoe hy/sy die kans van 'n leeftyd
          gekry het om gelukkig te wees. Die kandidaat kan ook 'n beskrywende opstel
          aanbied waarin hy/sy die emosies van hom-/haarself/iemand beskryf wat 'n
          feëverhaal beleef (het). Die kandidaat kan in 'n bespiegelende opstel bepeins of
          mense se verwagtinge van feëverhale altyd vervul word. Indien die kandidaat
          argumente/redenasies aanvoer oor die kanse (al dan nie) dat feëverhale altyd
          gelukkig sal eindig, behoort dit as 'n argumenterende of beredeneerde opstel
          geassesseer te word.                                                                            [50]

1.6       1.6.1         Ketting om voete
                        ꞌn Storie oor iemand wat in ꞌn situasie/omstandighede vasgevang
                        is/beperk word en planne beraam om daaruit te ontsnap/weg te breek
                        kan as stof vir ꞌn verhalende opstel gebruik word. Verskillende
                        benaderings ten opsigte van probleemoplossings kan in ꞌn beskrywende
                        opstel gebruik word, terwyl ꞌn bespiegelende interpretasie van hierdie
                        prikkel oor moontlike uitdagings kan handel wat dit vir iemand/mense
                        moeilik maak om uit benouende omstandighede weg te breek. Enige
                        ander soort opstel moet op meriete beoordeel word.                                [50]

          1.6.2         (Son-)bril
                        'n Kandidaat kan hierdie prikkel in 'n verhalende opstel gebruik waarin 'n
                        (son-)bril sy lewensverhaal vertel. In 'n beskrywende opstel sou 'n
                        kandidaat moontlik verskillende soorte (son-)brille kon beskryf, terwyl 'n
                        bespiegelende opstel heel moontlik 'n mymering kan wees oor
                        herinneringe van heerlike somervakansies wat met die dra van (son-)brille
                        geassosieer word. Argumente en teenargumente oor (son-)brille as 'n
                        modegier, sal waarskynlik as 'n prikkel vir 'n argumenterende opstel
                        gebruik kan word. 'n Argumenterende of beredeneerde opstel sal
                        byvoorbeeld kon bepaal waarom dit nie altyd voordelig/
                        wenslik/funksioneel is om 'n (son-)bril te dra of nie te dra nie. 'n Ander
                        moontlikheid is die voordele/nadele wat sonbrille vir blindes/blindheid
                        inhou. Kandidate kan hierdie prikkel letterlik of figuurlik interpreteer.         [50]

          1.6.3         Rondomtalie
                        ꞌn Letterlike interpretasie kan tot 'n verhalende opstel lei waarin die
                        kandidaat vertel van tye in sy/haar lewe toe rondomtalies/parke 'n
                        belangrike rol gespeel het. Indien die kandidaat hierdie onderwerp
                        figuurlik interpreteer, kan hy/sy rondomtaliedae in sy/haar lewe beskryf en
                        kan dit aanleiding tot 'n beskrywende opstel gee. In 'n besinning oor
                        hoekom mense aangetrokke tot bv. parke voel, kan so 'n opstel tot 'n
                        bespiegelende opstel aanleiding gee. In 'n argumenterende of
                        beredeneerde opstel kan die waarde van parke as inhoud dien. Enige
                        ander tipe opstel oor hierdie onderwerp moet op meriete oorweeg word.             [50]

SOORTE OPSTELLE:
VERHALENDE OPSTEL
Dit is 'n interessante vertelling van 'n storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die verlede). Dit kan
vanuit enige perspektief geskryf word.

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                          5                            DBE/November 2021
                                       NSS – Nasienriglyne

Hou die volgende in gedagte:

   Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word ('n storie of gebeurtenis).
   'n Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
   Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
   Die inhoud is boeiend en interessant, dit oortuig en ontwikkel logies, daarom is die inhoud
    samehangend.
   Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar kan fiktief wees.
   Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
   'n Treffende inleiding wat die leser boei, word aangebied.
   'n Verrassende slot rond die inhoud af.
   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
   Die verlede tyd word gewoonlik gebruik.
BESKRYWENDE OPSTEL
Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf wat nie
eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat beskryf word, net so
lewendig soos hy/sy te beleef.

Hou die volgende in gedagte:

   Waarnemings met al vyf sintuie en 'n goeie woordeskat word vereis.
   Insig, begrip, 'n eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net die opnoem
    van waarnemings).
   Tekste kan varieer van meer realisties tot 'n verdieping in die aanbieding.
   Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
   Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
   Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
   Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.
   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
   Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word hoofsaaklik gedoen deur die
    konnotasie en nie net die denotasie van woorde nie.
   Stylfigure kan gebruik word.

BEREDENEERDE OPSTEL

Dis objektief en probeer om 'n gebalanseerde gesigspunt van beide kante van 'n argument te
gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder bespreking en bied
teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot 'n spesifieke gevolgtrekking aan
die einde van die opstel kom, maar die argumente vir en teen die onderwerp moet goed
gebalanseerd en duidelik in die ontwikkeling van die opstel ontleed wees.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                           6                             DBE/November 2021
                                        NSS – Nasienriglyne

Hou die volgende in gedagte:

   Die opstel handel oor 'n onderwerp waaroor standpunt, alreeds tydens die inleiding,
    ingeneem word.
   BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
   Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.
   Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.
   'n Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding, gemaak. Die slot
    gee 'n sterk aanduiding van die skrywer se mening.
   Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.
   Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
   Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak.

BESPIEGELENDE OPSTEL

Die skrywer oorweeg/deurdink 'n idee/lewenswaarheid/'n situasie en gee sy/haar emosionele
reaksies en gevoelens weer. Dit bespiegel oor drome of wense/moontlikhede.

Hou die volgende in gedagte:

   Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.
   Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar opgeweeg.
   Dis persoonlik van aard.
   Daar is 'n definitiewe struktuur, maar 'n gevolgtrekking is nie nodig nie.
   Dit hoef nie 'n gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of ernstig geskryf
    word.
   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.

ARGUMENTERENDE OPSTEL

Die skrywer het 'n spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt te
motiveer.

Hou die volgende in gedagte:

   Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.
   'n Eie mening word op 'n baie oorspronklike en treffende manier gegee.
   'n Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.
   Verdediging of aanval van 'n saak word enduit volgehou.
   'n Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.
   Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.
   Daar moet 'n duidelike en oortuigende slot wees.
   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.

                                                                        TOTAAL AFDELING A:             50

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                           7                            DBE/November 2021
                                        NSS – Nasienriglyne

AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE

AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste word nagesien.
Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks nagesien.

NASIENRIGLYNE
Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan:

Voorbeeld:
Inhoud, beplanning en formaat:                                                     I = K = 10
Taal, styl en redigering:                                                          T=G= 6
Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks).               16
Dra die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die beplanningsgedeelte te
wees).

2.1       INFORMELE BRIEF: VRIENDSKAPLIKE BRIEF

          Hierdie brief word aan 'n vriend/vriendin gerig wat vir sy/haar ouers 'n partytjie vir
          hulle vyf-en-twintigste huweliksherdenking beplan. Die briefskrywer moet kreatiewe
          wenke/idees aan die hand doen wat sy/haar vriend sal help om hierdie partytjie
          onvergeetlik te maak. Die wenke/idees behoort egter die ouderdom van die ouers in
          ag te neem.

          Hou die volgende in gedagte:

             Die formaat is informeel.
             Daar moet 'n adres van die afsender, datum, 'n aanhef, 'n inleiding en 'n gepaste
              afsluiting wees.
             Die inhoud moet kreatiewe wenke insluit oor die wyse waarop 'n vyf-en-twintigste
              huweliksherdenkingpartytjie onvergeetlik gemaak kan word.
             Die styl is logies en volgens 'n spesifieke doel.
             Die struktuur moet goeie paragraafbou insluit.
             Eenvoudige, beskrywende taal is nodig.
             Die hele skryfstuk moet aan die vereistes vir die skryf van 'n informele brief
              voldoen.
             Die brief moet informeel afgesluit word, gevolg deur die skrywer se naam.               [25]

2.2       FORMELE BRIEF: KLAGTE

          Hierdie formele brief word aan die bestuurder van BB-Vervaardigers gerig waarin die
          briefskrywer kla oor die swak gehalte van die T-hemde wat hy/sy vir die graad 12-
          groep bestel het. Die inhoud van die brief behoort spesifiek uit te brei op die rede
          waarom die briefskrywer oor die swak gehalte kla. Die briefskrywer moet ook
          uitstippel hoe hy/sy wil hê dat hierdie saak reggestel kan word.

          Hou die volgende in gedagte:

             Die formaat is formeel
             Daar moet twee adresse, 'n aanhef, 'n inhoudsopskrif en 'n afsluiting wees.
             Die inhoud moet handel oor die swak kwaliteit van die materiaal/drukwerk/ander
              gepaste aspekte.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                            8                            DBE/November 2021
                                         NSS – Nasienriglyne

              Die briefinhoud moet ook 'n voorstel aan die hand doen oor die manier waarop
               hierdie saak bevredigend reggestel kan word.
              Die styl is saaklik, maar hoflik.
              Die struktuur moet goeie paragraafbou insluit.
              Eenvoudige, direkte taal is nodig, maar 'n formele register moet gehandhaaf
               word.
              Die hele skryfstuk moet aan die vereistes vir die skryf van 'n formele brief
               voldoen.
              Die brief moet formeel afgesluit word en die skrywer se titel, voorletters en van
               moet gegee word.

          Die uwe/Vriendelike groete

          P. van Zyl
          P. van Zyl                                                                                   [25]

2.3       HULDEBLYK

          Die skrywer bring hulde aan 'n klasmaat tydens 'n roudiens.

          Hou die volgende in gedagte:

              Die persoon se naam en van, adres en ouderdom asook die naam van die skool
               behoort genoem te word.
              Prestasies, hoogtepunte uit die klasmaat se lewe en sy/haar gemeenskaps-
               betrokkenheid kan ingesluit word.
              Die fokus behoort te wees op dit wat die klasmaat vir die skrywer/almal/die skool
               beteken het.
              Gebeurtenisse/staaltjies/persoonlike herinneringe behoort ingesluit te word.
              Die huldeblyk moet waarderend wees.
              Iets persoonliks, soos 'n gedig, kan bygevoeg word.
              Taal, styl en register is formeel, opreg en uit die hart.                               [25]

2.4       KOERANTBERIG

          Die berig fokus op die wanorde wat tydens 'n prysuitdeling ontstaan het toe skelms
          chaos veroorsaak het.

          Hou die volgende in gedagte:

              Feite moet bondig en akkuraat wees.
              Strewe daarna om die belangrikste feite te gee sonder om die leser se aandag te
               verloor; som akkuraat op sonder om die waarheid te verdraai.
              Gebruik die titel wat gegee is. Subtitels kan ook gegee word.
              Vermeld die belangrikste feite alreeds in die eerste paragraaf: wie, wat, waar,
               wanneer, waarom, hoe en in watter mate.                                                 [25]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                          9                             DBE/November 2021
                                       NSS – Nasienriglyne

2.5       DIALOOG

          Die dialoog word met 'n vriend/vriendin gevoer en fokus op die waarskuwing dat vals
          berigte gevaarlike gevolge kan hê.

          Hou die volgende in gedagte:

             Twee mense voer die gesprek.
             Spreekbeurte vind plaas in die orde waarin die gesprek gevoer word en vanuit
              die spreker se perspektief.
             Elke spreekbeurt word op 'n nuwe reël begin.
             Gebruik 'n dubbelpunt na die naam van elke spreker.
             Ekstra inligting word tussen hakies, voordat die spreker praat, aangedui.
             'n Scenario (kan), voordat die dialoog begin, gegee word.                               [25]

2.6       TYDSKRIFARTIKEL

          Die kandidaat skryf 'n artikel oor die voor- en nadele van Valentynsdag.

          Hou die volgende in gedagte:

           Inligting oor Valentynsdag moet genoem word.
           Die styl moet maklik verstaanbaar en interessant wees.
           Die artikel kan in paragrawe of in kolomme aangebied word.
           Aanhalings kan gebruik word.
           Die tema of onderwerp moet interessant aangebied word.
           Die titel/opskrif is kort en treffend en moet by die onderwerp pas.
           'n Subtitel kan ook gegee word.
           Die inleidingsparagraaf moet die inhoud ontsluit. Dit moet ook kort en kragtig
             wees en die leser dadelik in die prentjie bring.
           Die slotparagraaf bevat die gevolgtrekking waartoe gekom word.                            [25]

                                                              GROOTTOTAAL AFDELING B:                 50
                                                                       GROOTTOTAAL:                   100

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 10

Afrikaans Huistaal/V3
                                     Downloaded from hlayiso.com            10                                                             DBE/November 2021
                                                                        NSS – Nasienriglyne

LET WEL:

 Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
 Punte van 0–50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
 Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ’n hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die
  toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
 Struktuur word nie deur die verdeling in ’n hoë en lae vlak beïnvloed nie.

       ASSESSERINGSRUIT VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE]
       Kriteria                            Uitsonderlik                Knap                   Gemiddeld              Elementêr                 Onvoldoende
 INHOUD &                                     28–30                    22–24                    16–18                  10–12                        4–6
 BEPLANNING                          -Respons is              -Respons baie goed;      -Respons bevredigend    -Wisselvallige            -Respons heeltemal
                                     uitsonderlik/treffend    getuig van vaardigheid   -Idees redelik          samehang in respons       irrelevant
 (Respons en idees)                  en bo verwagting         -Idees heeltemal         samehangend en          -Idees onduidelik, nie    -Idees deurmekaar en
 Organisering van idees              -Idees is intelligent,   relevant, interessant    oortuigend              oorspronklik nie          nie op onderwerp

                          Hoë vlak
 vir beplanning;                     volwasse en              en lewer bewys van       -Redelike organisasie   -Min bewys van            gefokus nie
 Bewustheid van doel,                stem leser tot           volwassenheid            en redelik              organisasie en            -Vaag en herhalend
 gehoor en konteks                   nadenke                  -Organisasie baie        samehangend,            samehang                  -Geen organisasie nie
                                     -Uitsonderlike           goed en                  insluitend inleiding,                             en is onsamehangend
 30 PUNTE                            organisasie en           samehangend,             liggaam en
                                     samehang, insluitend     insluitend inleiding,    samevatting/slot
                                     inleiding, liggaam en    liggaam en
                                     samevatting/slot         samevatting/slot
                                              25–27                    19–21                    13–15                    7–9                       0–3
                                     -Respons uitmuntend,     -Respons goed; getuig    -Respons                -Respons is grootliks     -Geen poging
                                     maar uitsonderlik        van vaardigheid          bevredigend, maar       irrelevant.               aangewend om in
                                     treffende eienskappe     -Idees relevant,         verval soms in          -Idees begin los staan    ooreenstemming met
                                     van ’n opstel ontbreek   interessant              onduidelikheid          en kan verwarrend         onderwerp te wees nie

                          Lae vlak
                                     -Idees intelligent en    -Organisasie goed en     -Idees redelik          wees                      -Heeltemal irrelevant
                                     volwasse                 samehangend,             samehangend en          -Skaars ’n bewys van      en ontoepaslik
                                     -Knap organisasie en     insluitend inleiding,    oortuigend              organisasie en            -Deurmekaar en geen
                                     samehang, insluitend     liggaam en               -’n Mate van            samehang                  fokus nie
                                     inleiding, liggaam en    samevatting/slot         organisasie en
                                     samevatting/slot                                  samehang, insluitend
                                                                                       inleiding, liggaam en
                                                                                       samevatting/slot

Kopiereg voorbehou                                                                                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Afrikaans Huistaal/V3
                                       Downloaded from hlayiso.com              11                                                               DBE/November 2021
                                                                         NSS – Nasienriglyne

ASSESSERINGSRUIT VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE] (vervolg)
        Kriteria                            Uitsonderlik                   Knap                 Gemiddeld               Elementêr                Onvoldoende
 TAAL, STYL &                                  14–15                       11–12                     8–9                   5–6                        0–3
 REDIGERING                           -Toon, register, styl      -Toon, styl, register    -Toon, register, styl   -Toon, register, styl en   -Taal onverstaanbaar
                                      en woordeskat hoogs        en woordeskat baie       en woordeskat gepas     woordeskat minder          -Toon, register, styl
 Toon, register, styl en              gepas vir doel,            gepas vir doel,          vir doel, gehoor en     gepas vir doel, gehoor     en woordeskat nie
 woordeskat is geskik                 gehoor en konteks          gehoor en konteks        konteks                 en konteks nie             gepas vir doel,

                           Hoë vlak
 vir doel/effek en                    -Taalgebruik getuig        -Taalgebruik effektief   -Gepaste taalgebruik    -Taalgebruik baie          gehoor en konteks
 konteks;                             van vertroue,              en ’n deurlopende        om betekenis oor te     basies                     -Woordeskat so
 Woordkeuse;                          indrukwekkend              gepaste toon word        dra                     -Toon en woordkeuse        beperk dat dit
 Taalgebruik en                       -Toon retories             gebruik                  -Toon is gepas          skaars toepaslik           onmoontlik is om sin
 konvensies,                          treffend en effektief      -Grammatika en           -Retoriese middele      -Baie beperkte             te maak
 punktuasie,                          -Grammatika en             spelling grootliks       gebruik om betekenis    woordeskat
 grammatika, spelling                 spelling feitlik foutvry   foutvry                  te versterk
                                      -Knap gedaan               -Baie goed gedoen
 15 PUNTE                                        13                         10                       7                      4
                                      -Taalgebruik               -Taalgebruik toepaslik   -Voldoende              -Taalgebruik
                                      uitstekend en toon is      en oor die algemeen      taalgebruik, maar       onvoldoende
                                      retories effektief         effektief                teenstrydighede word    -Weinig indien enige

                           Lae vlak
                                      -Grammatika en             -Toon gepas en           opgemerk                sinsverskeidenheid
                                      spelling feitlik foutvry   effektief                -Toon oor die           -Woordeskat baie
                                      -Baie goed tot knap        -Enkele foute in         algemeen gepas en       beperk
                                      gedaan                     grammatika en            beperkte gebruik van
                                                                 spelling                 retoriese middele
                                                                 -Goed gedoen
 STRUKTUUR                                       5                           4                       3                      2                         0–1
                                      -Uitstekende               -Logiese ontwikkeling    -Relevante detail       -Sommige punte             -Noodsaaklike punte
 Kenmerke van teks;                   ontwikkeling van           van details              ontwikkel               geldig                     ontbreek
 Paragraafontwikkeling                onderwerp                  -Samehangend             -Sinne en paragrawe     -Sinne en paragrawe        -Sinne en paragrawe
 en sinskonstruksie                   -Uitsonderlike detail      -Sinne en paragrawe      goed gekonstrueer       foutief                    foutief
                                      -Sinne en paragrawe        logies en toon           -Opstel maak nog        -Opstel maak nog sin       -Opstel maak nie sin
 5 PUNTE                              uitsonderlik               variasie                 effens sin                                         nie
                                      gekonstrueer

Kopiereg voorbehou                                                                                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Afrikaans Huistaal/V3
                                   Downloaded from hlayiso.com       12                                                             DBE/November 2021
                                                               NSS – Nasienriglyne

     ASSESSERINGSRUIT VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE]
                 Kriteria                Uitsonderlik              Knap                  Gemiddeld                Elementêr             Onvoldoende
      INHOUD,                                13–15                 10–12                    7–9                      4–6                     0–3
      BEPLANNING &                 -Respons                -Respons baie goed      -Respons voldoende      -Basiese respons         -Respons toon geen
      FORMAAT                      uitsonderlik, bo        en demonstreer goeie    en toon voldoende       toon geringe kennis      kennis van kenmerke
                                   verwagting              kennis van kenmerke     kennis van kenmerke     van kenmerke van die     van die soort teks nie
      Respons en idees;            -Idees intelligent en   van die soort teks      van die soort teks      soort teks               -Betekenis onduidelik
      Organisering van idees vir   volwasse                -Behou fokus – geen     -Nie heeltemal          -Aanduiding van          met groot afwyking
      beplanning;                  -Grondige kennis van    afwyking nie            gefokus nie – enkele    fokus, maar met          -Geen samehang in
      Doel, gehoor,                kenmerke van die        -Samehang in inhoud     afwykings               afwykings                idees en inhoud nie
      kenmerke/konvensies          soort teks              en idees; baie goed     -Redelike samehang      -Inhoud en idees nie     -Baie min detail
      en konteks                   -Skryfwerk behou        uitgebrei met detail    in inhoud en idees      altyd samehangend        ondersteun die
                                   fokus                   wat die onderwerp       -Sommige detail         nie                      onderwerp
      15 PUNTE                     -Samehang in inhoud     ondersteun              ondersteun die          -Min detail              -Nodige reëls van
                                   en idees                -Gepaste formaat met    onderwerp               ondersteun die           formaat nie toegepas
                                   -Idees behoorlik        onbeduidende foute      -Formaat oorwegend      onderwerp                nie
                                   uitgebrei met detail                            gepas, maar met         -Nodige reëls van
                                   wat die onderwerp                               enkele foute            formaat vaagweg
                                   ondersteun                                                              toegepas
                                   -Gepaste en akkurate                                                    -Kritiese foute begaan
                                   formaat
      TAAL, STYL &                            9–10                   7–8                     5–6                    3–4                       0–2
      REDIGERING                   -Toon, register, styl   -Toon, register, styl   -Toon, register, styl   -Toon, register, styl    -Toon, register, styl
                                   en woordeskat hoogs     en woordeskat baie      en woordeskat is        en woordeskat            en woordeskat stem
      Toon, register, styl,        geskik vir doel,        geskik vir doel,        geskik vir doel,        minder geskik vir        nie ooreen met doel,
      doel/effek, gehoor en        gehoor en konteks       gehoor en konteks       gehoor en konteks       doel, gehoor en          gehoor en konteks
      konteks;                     -Grammatika             -Grammatika oor die     -Enkele                 konteks                  nie
      Taalgebruik en konvensies;   akkuraat en goed        algemeen korrek en      grammatikafoute         -Grammatika              -Besaai met foute en
      Woordkeuse;                  gekonstrueer            goed gekonstrueer       -Voldoende              onakkuraat met etlike    verward
      Punktuasie en spelling       -Feitlik foutloos       -Baie goeie             woordeskat              foute                    -Woordeskat nie
                                                           woordeskat              -Foute belemmer nie     -Basiese woordeskat      geskik vir doel nie
      10 PUNTE                                             -Oorwegend foutloos     betekenis nie           -Betekenis belemmer      -Betekenis ernstig
                                                                                                                                    belemmer

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL P3 Nov 2020 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2020-memo/3616620c-736f-4168-94a2-f6f69f2a226d) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2018 Memo FINAL](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2018-memo-final/8030a9f3-454f-4188-95d0-c070eac72914) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2017-memo/fe0661a7-8373-4100-ac07-707ad6445899) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2015-memo/52b78479-1bf7-40f2-9439-b5b527824bc5) — Afrikaans HL · Memo · 2015 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2014 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2014-memo/a22acc7a-3707-44f3-a7bf-f967d2dcec55) — Afrikaans HL · Memo · 2014 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2021/7bdd34ac-0ea8-45ae-9033-ffd66428cf13) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
