# Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC November 2022 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the NSC November Exam 2022, 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2022-mg/cab51622-83e6-4dcf-8f84-3537355abfc9
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2022
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC November 2022 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2022-mg/cab51622-83e6-4dcf-8f84-3537355abfc9)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC November Exam · 2022 · Afrikaans. Memorandum. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                            AFRIKAANS HUISTAAL V3

                                  NOVEMBER 2022

                                  NASIENRIGLYNE

PUNTE: 100

                      Hierdie nasienriglyn bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                               2                              DBE/November 2022
                                            NSS – Nasienriglyne

ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE

                                NASIONALE NASIENSIMBOLE
 VERDUIDELIKING                 SIMBOOL      BESKRYWING

 Woordorde                                            Hakies en pyltjie
                                (       )
 Woord(e) weggelaat             ^                     Weglaatteken/Karet

 Taalfoute                                            Enkelstreep onder die taalfout

 Spelfoute                      =                     Dubbelstreep onder die spelfout
 Paragraafindeling              [                     Begin van 'n nuwe sin
 Woord(-keuse)-foute            X                     Trek 'n X bo-oor die verkeerde woord.
 Erkenning van                                        Regmerkie bo goeie taalgebruik, idees of
                                
 taaljuweeltjies                                      uitdrukkings
 Onduidelik/onverstaanbaar      ʃ (in die kantlyn)    Kronkelstreep
 Punktuasie                                          Omkring

Neem taalvariëteit in ag.

AFDELING A: OPSTEL

AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die kandidaat mag slegs oor EEN
onderwerp of prikkel skryf. Hy/Sy mag enige tipe opstel, toepaslik volgens hoe hy/sy die
onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit onduidelik is
wat die finale poging is, word die eerste opstel nagesien.

NASIENRIGLYNE

Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan:

Voorbeeld:
Inhoud:                                                                                I = Kh = 22
Taal, styl en redigering:                                                              T = Kl = 10
Struktuur:                                                                             S =K = 4
Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant (onder die opstel).                      36

Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die beplanningsgedeelte te
wees).

DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL

   Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel word. Dit
    behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.
   Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die hoofgedagte
    bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die hoofgedagtes en is menings
    van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die samevatting van die hoofgedagte.
   Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of sy/haar
    standpunt insluit. In die geval van 'n verhalende, beskrywende en bespiegelende opstel vat
    die slot die skryfstuk saam, terwyl 'n argumenterende en beredeneerde opstel se slot die
    skrywer se finale standpunt/mening weerspieël.

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                            3                               DBE/November 2022
                                         NSS – Nasienriglyne

VRAAG 1

Riglyne

Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar
interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande nasienriglyn) mag nie as bindend beskou
word nie. Die kandidaat bied dus enige soort opstel aan, byvoorbeeld:

1.1       Met bewende hande skeur ek die koevert oop ...
          Die kandidaat kan die opstel as 'n verhalende opstel aanbied wanneer hy/sy vertel
          wat daartoe aanleiding gegee het dat sy/haar hande bewe toe hy/sy die koevert
          oopskeur. As 'n beskrywende opstel kan die inhoud die verskillende emosies beskryf
          wat iemand beleef wanneer hy/sy die koevert met bewende hande oopskeur. Indien
          die kandidaat by hierdie onderwerp die oorsaak van die bewende hande
          oorweeg/deurdink en wat sy/haar emosionele reaksies en gevoelens is wanneer hy/sy
          die koevert oopskeur, kan so 'n opstel as 'n bespiegelende opstel geassesseer word.
          In 'n argumenterende opstel kan die kandidaat byvoorbeeld argumente aanvoer
          waarom sy/haar hande bewe wanneer hy/sy die koevert oopskeur, terwyl die
          kandidaat in 'n beredeneerde opstel oor hierdie onderwerp teenstellende menings,
          onpartydig, oor die redes/oorsake wat tot bewende hande gelei het (toe hy/sy die
          koevert oopgeskeur het) kan aanbied.                                                          [50]

1.2       Skool – waardevol of waardeloos?
          As argumenterende of beredeneerde opstel kan die kandidaat redes aanvoer
          waarom die onderrig wat hy/sy op skool ontvang het waardevol of waardeloos is om
          hom toe te rus vir die lewe na skool. Die kandidaat kan hierdie onderwerp as 'n
          beskrywende opstel aanbied deur 'n situasie(s) te beskryf waarom skool vir hom/haar
          waardevol of waardeloos is/was. In 'n bespiegelende opstel kan die kandidaat mymer
          oor die waarde van skoolgaan./veranderinge wat hy/sy in die skoolstelsel beleef het en
          hoe dit waarde tot sy/haar lewe toegevoeg het, al dan nie. 'n Verhalende opstel kan
          handel oor die kandidaat se wedervaringe in die skool en die gevolgtrekking dat dit
          sy/haar skooljare waardevol of waardeloos gemaak het.                                         [50]

1.3       Kniediep in die moeilikheid!
          In 'n verhalende opstel kan die kandidaat vertel wat gebeur het toe hy/sy kniediep in
          die moeilikheid was. Indien die kandidaat die gewaarwordinge van wat gebeur het toe
          hy/sy in die moeilikheid was, beskryf, kan dit as inhoud vir 'n beskrywende opstel
          dien. Die kandidaat kan in 'n bespiegelende opstel wonder wat daartoe aanleiding
          gegee het dat hy/sy in die moeilikheid beland het, terwyl die kandidaat in 'n
          argumenterende of beredeneerde opstel kan redeneer of die gebeure/die moeilikheid
          die moeite werd was. Die onderwerp kan ook figuurlik interpreteer word.                       [50]

1.4       Is teëspoed net 'n komma?
          Die kandidaat kan 'n verhalende opstel aanbied waarin hy/sy sy/haar bele-
          wenis/storie wat tot dié vraag gelei het, vertel: by die interpretasie kan die kandidaat
          verwys na 'n insident waar teëspoed 'n stopplek/oorgang/halfwegstasie na
          sukses/groot hoogtes/ander keuses was. In 'n beskrywende opstel kan verskillende
          scenario's aangebied word waarin die kandidaat beskryf waarom teëspoed net 'n
          komma is./nie 'n komma is nie. Indien die kandidaat mymer/bespiegel of teëspoed net
          'n komma is, kan dit as 'n bespiegelende opstel aangebied word. Die komma kan
          verwys na die lewe wat voortgaan ná 'n moeilike situasie./hoe teëspoed vir die
          kandidaat deure oopgemaak het. Redes/argumente waarom teëspoed net 'n komma
          is, kan as 'n argumenterende of beredeneerde opstel aangebied word. Die kandidaat
          kan redeneer dat teëspoed nié net 'n komma is nie.                                            [50]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                             4                                DBE/November 2022
                                          NSS – Nasienriglyne

1.5      Net 'n klein bietjie hoop maak jou hart se hekke oop.
         In 'n verhalende opstel kan die kandidaat 'n storie vertel van 'n klein bietjie hoop wat
         vir hom/haar vreugde/motivering/liefde/vooruitsig/moontlikhede/moed gegee het. Die
         kandidaat kan ook 'n beskrywende opstel aanbied waarin hy/sy beskryf hoe 'n klein
         bietjie hoop gelei het tot vreugde/motivering/liefde/vooruitsig/moontlikhede/moed. Die
         kandidaat kan in 'n bespiegelende opstel bepeins wat die klein bietjie hoop is wat
         sy/haar hart se hekke oopmaak. Indien die kandidaat argumente/redenasies aanvoer
         oor die redes wat sy/haar hart se hekke oopmaak, kan dit as 'n argumenterende of
         beredeneerde opstel geassesseer te word. Dit kan ook interpreteer word as
         toegeneentheid/insig/nuwe lewe/verbeterde verhoudinge/situasies ens.                            [50]

1.6      Boom (met spieëlbeeld)
         ꞌn Storie oor die dualiteit/afdraaipaaie wat in 'n mens se lewe kan ontstaan as gevolg
         van emosionele uitdagings/ervarings kan as stof vir ꞌn verhalende opstel gebruik word.
         Verskillende benaderings ten opsigte van uitdagings/ervarings wat die lewe kan bied,
         kan in ꞌn beskrywende opstel gebruik word. Die kandidaat kan ook beskryf watter
         vreugdes/skoonheid/sukses/moontlikhede vir hom/haar beskore is/was nadat die
         uitdagings/struikelblokke oorkom is. In ꞌn bespiegelende interpretasie van hierdie
         prikkel kan die kandidaat peins oor moontlike uitdagings van die kronkels en draaie
         wat 'n mens se lewe kan neem./waarom mense 'n dubbele lewe lei. Enige ander soort
         opstel moet op meriete beoordeel word, bv. grense kan groei beperk./om grense/
         struikelblokke te oorkom, is bevrydend.                                                         [50]

1.7      Kapsule
         'n Kandidaat kan hierdie prikkel in 'n verhalende opstel gebruik indien hy/sy/iemand
         sy/haar lewensverhaal vertel oor die lewensnoodsaaklike medikasie wat hy/sy neem.
         In 'n beskrywende opstel sou 'n kandidaat moontlik die verskillende soorte
         medikasie/vitamines/aanvullings wat daagliks gebruik word, kon beskryf, terwyl 'n
         bespiegelende opstel heel moontlik 'n mymering kan wees oor die heilsaamheid van
         sodanige medikasie al dan nie. Argumente en teenargumente oor die gebruik van
         medikasie/vitamines/aanvullings as 'n modegier/noodsaaklikheid, sal waarskynlik as 'n
         prikkel vir 'n argumenterende opstel gebruik kan word. 'n Argumenterende of bere-
         deneerde opstel sal byvoorbeeld kon bepaal waarom dit (nie) altyd voordelig/wens-
         lik/funksioneel is om medikasie/vitamines/aanvullings te gebruik (nie). 'n Ander moont-
         likheid is die voordele/nadele wat medikasie/vitamines/aanvullings inhou. Kandidate
         kan hierdie prikkel letterlik of figuurlik interpreteer.                                        [50]

1.8      Arms/hande
         ꞌn Letterlike interpretasie kan tot 'n verhalende opstel lei waarin die kandidaat 'n storie
         vertel van hoe die diverse arms/hande/kulture tot probleemoplossing/samewerking
         gelei het. Indien die kandidaat hierdie onderwerp figuurlik interpreteer, kan hy/sy in
         sy/haar storie verwys hoe verskeie elemente tot 'n briljante eindproduk/sukses gelei
         het. Die kandidaat kan in 'n beskrywende opstel beskryf hoe verskeie
         arms/hande/kulture aanleiding tot samewerking/konflik/spanning/kan gee./hoe beskul-
         digings spanning skep./verwydering veroorsaak. Die smekende/uitgestrekte hande
         bied die moontlikheid vir ander interpretasie. 'n Kandidaat kan ook fokus op
         vooroordeel en diskriminasie teenoor mense wat hulle laat tatoeëer./lyfkuns beoefen.
         'n Besinning oor hoe diverse arms/hande/kulture se samewerking tot probleem-
         oplossing kan lei, kan as 'n bespiegelende opstel beskou word. Die kandidaat kan
         besin oor die moontlikheid van wêreldvrede./die afwesigheid van aanvaarding/respek
         in ons land./wêreld. In 'n argumenterende of beredeneerde opstel kan die vormende
         waarde van diverse samewerking tussen arms/hande/kulture geargumenteer of
         beredeneer word.                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                             5                                 DBE/November 2022
                                          NSS – Nasienriglyne

SOORTE OPSTELLE:

VERHALENDE OPSTEL

Dit is 'n interessante vertelling van 'n storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die verlede). Dit kan
vanuit enige perspektief geskryf word.

Hou die volgende in gedagte:

   Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word ('n storie of gebeurtenis).
   'n Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
   Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
   Die inhoud is boeiend en interessant, dit oortuig en ontwikkel logies, daarom is die inhoud
    samehangend.
   Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar kan fiktief wees.
   Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
   'n Treffende inleiding wat die leser boei, word aangebied.
   'n Verrassende slot rond die inhoud af.
   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
   Die verlede tyd word gewoonlik gebruik.

BESKRYWENDE OPSTEL

Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf wat nie
eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat beskryf word, net so
lewendig soos hy/sy te beleef.

Hou die volgende in gedagte:

   Waarnemings met al vyf sintuie en 'n goeie woordeskat word vereis.
   Insig, begrip, 'n eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net die opnoem
    van waarnemings).
   Tekste kan varieer van meer realisties tot 'n verdieping in die aanbieding.
   Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
   Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
   Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
   Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.
   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
   Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word hoofsaaklik gedoen deur die
    konnotasie en nie net die denotasie van woorde nie.
   Stylfigure kan gebruik word.

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                           6                               DBE/November 2022
                                        NSS – Nasienriglyne

BEREDENEERDE OPSTEL

Dis objektief en probeer om 'n gebalanseerde gesigspunt van beide kante van 'n argument te
gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder bespreking en bied
teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot 'n spesifieke gevolgtrekking aan
die einde van die opstel kom, maar die argumente vir en teen die onderwerp moet goed
gebalanseerd en duidelik in die ontwikkeling van die opstel ontleed wees.

Hou die volgende in gedagte:

   Die opstel handel oor 'n onderwerp waaroor standpunt, alreeds tydens die inleiding,
    ingeneem word.
   BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
   Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.
   Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.
   'n Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding, gemaak. Die slot
    gee 'n sterk aanduiding van die skrywer se mening.
   Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.
   Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
   Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak.

BESPIEGELENDE OPSTEL

Die skrywer oorweeg/deurdink 'n idee/lewenswaarheid/'n situasie en gee sy/haar emosionele
reaksies en gevoelens weer. Dit bespiegel oor drome of wense/moontlikhede.

Hou die volgende in gedagte:

   Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.
   Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar opgeweeg.
   Dis persoonlik van aard.
   Daar is 'n definitiewe struktuur, maar 'n gevolgtrekking is nie nodig nie.
   Dit hoef nie 'n gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of ernstig geskryf
    word.
   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.

ARGUMENTERENDE OPSTEL

Die skrywer het 'n spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt te
motiveer.

Hou die volgende in gedagte:

   Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.
   'n Eie mening word op 'n baie oorspronklike en treffende manier gegee.
   'n Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.
   Verdediging of aanval van 'n saak word enduit volgehou.
   'n Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.
   Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.
   Daar moet 'n duidelike en oortuigende slot wees.
   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.

                                                                        TOTAAL AFDELING A:             50

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                           3                              DBE/November 2022
                                        NSS – Nasienriglyne

AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE

AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste word nagesien.
Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks nagesien.

NASIENRIGLYNE
Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan:

Voorbeeld:
Inhoud, beplanning en formaat:                                                     I = K = 10
Taal, styl en redigering:                                                          T=G= 6
Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks).               16
Dra die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die beplanningsgedeelte te
wees).

VRAAG 2

Kandidate kies TWEE van die opdragte en skryf skryfstukke van 180 tot 200 woorde elk.

2.1       E-POS:

          Die informele e-pos word in 'n waarderende trant aan 'n neef/niggie geskryf. Die
          kandidaat hoef nie na 'n spesifieke krisis te verwys nie, maar hy/sy moet verwys na
          die waarde wat die hulp/raad vir hom/haar/die familie gehad het.

          Hou die volgende in gedagte:

             Die skryfstyl is informeel, maar korrekte taal word vereis.
             Die formaat moet voorsiening maak vir 'n e-posadres/naam en van asook 'n
              onderwerp soos in vraestel aangetoon.
             Die informele e-pos is gewoonlik onderhoudende kommunikasie tussen twee
              mense wat mekaar (betreklik goed) ken.
             Die e-pos moet 'n aanhef hê, bv. Goeiemôre/Dag, Pieter
             Die onderwerp behoort in die eerste paragraaf vermeld te word: Die klem
              behoort te val op die waarde wat die niggie/nefie se raad gehad het.
             Die slot is net so belangrik soos die inleiding. Daar is 'n paar standaardmaniere
              om die informele e-pos mee af te sluit: Dra my groete/liefde oor .../Sê groete ...
             Afsluitingswoorde (Liefde./Groete./Alles van die beste./Beste wense.) moet in 'n
              nuwe reël geskryf word. (Dieselfde reël ten opsigte van die leesteken na die
              afsluitingswoord geld soos by die informele brief.)                                     [25]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                            8                                DBE/November 2022
                                         NSS – Nasienriglyne

2.2       FORMELE BRIEF: KLAGTE

          Hierdie formele brief word aan die bestuurder van 'n restaurant gerig waarin die
          briefskrywer kla oor aspekte soos byvoorbeeld die spyskaart, diens, musiek, ruimte,
          kwaliteit van die kos en/of pryse. Die inhoud van die brief behoort spesifiek uit te brei
          op die rede waarom die briefskrywer ontevrede/teleurgesteld is./was.

          Hou die volgende in gedagte:

             Die skryfstyl is formeel.
             Daar moet twee adresse, 'n aanhef, 'n inhoudsopskrif en 'n afsluiting wees.
             Die styl is saaklik, maar hoflik.
             Die struktuur moet goeie paragraafbou insluit.
             Eenvoudige, direkte taal is nodig, maar 'n formele register moet gehandhaaf
              word.
             Die hele skryfstuk moet aan die vereistes vir die skryf van 'n formele brief
              voldoen.
             Die brief moet formeel afgesluit word en die skrywer se titel, voorletters en van
              moet gegee word.

          Die uwe/Vriendelike groete

          P. van Zyl
          P. van Zyl                                                                                     [25]

2.3       RESENSIE

          Die inhoud van die RESENSIE moet verwys na 'n AFRIKAANSE boek wat 'n
          blywende indruk op die leser gelaat het.

          Hou die volgende in gedagte:

             Positiewe/negatiewe indrukke moet deel van die inhoud van die resensie wees.
             Gebruik emotiewe woorde wat op waardering of evaluering dui soos snaaks,
              asemrowend, opwindend, vermaaklik, belangrik, uitstaande, skokkend,
              ontstellend, ontnugterend ens.
             In die bespreking moet voldoende feite gegee word om die leser te oorreed
              waarom die boek 'n blywende indruk op die leser gelaat het./dat dit die moeite
              werd is om te lees.
             Die teenwoordige/verlede tyd word gebruik.                                                 [25]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                          9                              DBE/November 2022
                                       NSS – Nasienriglyne

2.4       KOERANTBERIG

          Die berig fokus op die gebeure wat daartoe aanleiding gegee het dat die
          sekuriteitswag beloon is.

          Hou die volgende in gedagte:

             Feite moet bondig en akkuraat wees.
             Strewe daarna om die belangrikste feite te gee sonder om die leser se aandag
              te verloor; som akkuraat op sonder om die waarheid te verdraai.
             Gebruik 'n gepaste titel.
             Vermeld die belangrikste feite alreeds in die eerste paragraaf: wie, wat, waar,
              wanneer, waarom, hoe en in watter mate.
             Die koerantberig moet 'n gepaste titel hê.                                             [25]

2.5       DIALOOG

          Die dialoog word met 'n vriend/vriendin gevoer en fokus op die verskonings wat
          deur die vriend/vriendin aangebied word. 'n Oplossing vir die situasie kan ook
          bespreek word.

          Hou die volgende in gedagte:

             Twee mense voer die gesprek.
             Spreekbeurte vind plaas in die orde waarin die gesprek gevoer word en vanuit
              die spreker se perspektief.
             Elke spreekbeurt word op 'n nuwe reël begin.
             Gebruik 'n dubbelpunt na die naam van elke spreker.
             Ekstra inligting word tussen hakies, voordat die spreker praat, aangedui.
             'n Scenario kan, voordat die dialoog begin, geskets word.                              [25]

2.6       INFORMELE TOESPRAAK

          Die inhoud van die informele toespraak moet aan ouers inligting verskaf en die
          ouers daarvan oortuig dat tieners hulle eie geldsake moet hanteer.

          Hou die volgende in gedagte:

           Die toespraak word tydens 'n informele geleentheid gelewer.
           Die ouers moet aangespreek word, bv. Goeienaand Ouers/Dames en Here.
           Die teikengehoor en doel moet in gedagte gehou word.
           Die inleidingsin moet sterk en prikkelend wees.
           Die standpunte/stellings/redes kan reeds in die eerste paragraaf genoem word.
           Die standpunte/stellings/redes moet deur argumente ondersteun word.
           In die slotparagraaf moet die standpunte/stellings/redes treffend en bondig
            saamgevat word.                                                                          [25]

                                                                     TOTAAL AFDELING B:              50
                                                                         GROOTTOTAAL:                100

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Afrikaans Huistaal/V3
                                                    Downloaded from hlayiso.com        10                                                              DBE/November 2022
                                                                                NSS – Nasienriglyne

 LET WEL:
  Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
  Punte van 0–50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
  Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in 'n hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die toepaslike verspreiding van
   punte en die omskrywings.
  Struktuur word nie deur die verdeling in 'n hoë en lae vlak beïnvloed nie.

  AFDELING A: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTELVRAAG – HUISTAAL
          Kriteria              Uitsonderlik                Knap                                    Gemiddeld                Elementêr                Onvoldoende
INHOUD &                            28–30                   22–24                                     16–18                    10–12                       4–6
BEPLANNING                -Respons is              -Respons baie goed;                         -Respons                -Wisselvallige           -Respons heeltemal
                          uitsonderlik/treffend en getuig van                                  bevredigend             samehang in respons      irrelevant
(Respons en idees)        bo verwagting            vaardigheid
Organisering van idees    -Idees is intelligent,   -Idees heeltemal                            -Idees redelik          -Idees onduidelik, nie   -Idees deurmekaar en
vir beplanning;           volwasse en stem         relevant, interessant                       samehangend en          oorspronklik nie         nie op onderwerp

                            Hoë vlak
Bewustheid van doel,      leser tot nadenke        en lewer bewys van                          oortuigend                                       gefokus nie;
gehoor en konteks                                  volwassenheid                                                                                -Vaag en herhalend
                          -Uitsonderlike orga-     -Organisasie baie                           -Redelike organisasie   -Min bewys van           -Geen organisasie nie
30 PUNTE                  nisasie en samehang,     goed en                                     en redelik samehan-     organisasie en           en is onsamehangend
                          insluitend inleiding,    samehangend, in-                            gend, insluitend        samehang
                          liggaam en               sluitend inleiding,                         inleiding, liggaam en
                          samevatting/slot         liggaam en                                  samevatting/slot
                                                   samevatting/ slot
                                    25–27                   19–21                                       13–15                     7–9                     0–3
                          -Respons uitmuntend,     -Respons goed;                              -Respons                -Respons is grootliks    -Geen poging
                          maar uitsonderlik        getuig van                                  bevredigend, maar       irrelevant               aangewend om in
                          treffende eienskappe     vaardigheid                                 verval soms in                                   ooreenstemming met

                            Lae subkategorie
                          van ‘n opstel ontbreek                                               onduidelikheid                                   onderwerp te wees nie
                          -Idees intelligent en    -Idees relevant,                            -Idees redelik sa-      -Idees begin los staan   -Heeltemal irrelevant en
                          volwasse                 interessant                                 mehangend en            en kan verwarrend        ontoepaslik
                                                                                               oortuigend              wees
                                               -Knap organisasie en    -Organisasie goed en    -'n Mate van            -Skaars 'n bewys van     -Deurmekaar en geen
                                               samehang, insluitend    samehangend,            organisasasie en        organisasie en           fokus nie
                                               inleiding, liggaam en   insluitend inleiding,   samehang, in-sluitend   samehang
                                               samevatting/slot        liggaam en              inleiding, liggaam en
                                                                       samevatting/slot        samevatting/slot

 Kopiereg voorbehou                                                                                                                                     Blaai om asseblief

### Page 11

Afrikaans Huistaal/V3
                                                    Downloaded from hlayiso.com          11                                                                DBE/November 2022
                                                                              NSS – Nasienriglyne

TAAL, STYL &                                           14–15                      11–12                      8–9                     5–6                        0–3
REDIGERING                                    -Toon, register, styl en    -Toon, register, styl   -Toon, register, styl   -Toon, register, styl en   -Taal onverstaanbaar
                                              woordeskat hoogs            en woordeskat baie      en woordeskat gepas     woordeskat minder          -Toon, register, styl en
Toon, register, styl en                       gepas vir doel, gehoor      gepas vir doel,         vir doel, gehoor en     gepas vir doel, gehoor     woordeskat nie gepas
woordeskat is geskik vir                      en konteks                  gehoor en konteks.      konteks.                en konteks                 vir doel, gehoor en

                           Hoë subkategorie
doel/effek en konteks                                                                                                                                konteks nie
Woordkeuse; Taalgebruik                       -Taalgebruik getuig van     -Taalgebruik effek-     -Gepaste taalgebruik    -Taalgebruik baie
en konvensies,                                vertroue, indruk-           tief en 'n deurlo-      om betekenis oor te     basies.
punktuasie, grammatika                        wekkend                     pende gepaste toon      dra                     -Toon en woordkeuse
en spelling                                   -Toon retories, treffend    word gebruik            -Toon is gepas          skaars toepaslik.          -Woordeskat so beperk
                                              en effektief                                                                                           dat dit onmoontlik is
15 PUNTE                                                                                                                                             om sin te maak
                                              -Grammatika en              -Grammatika en          -Retoriese middele      -Baie beperkte
                                              spelling feitlik foutvry.   spelling grootliks      gebruik om betekenis    woordeskat
                                                                          foutvry.                te versterk
                                              -Knap gedaan                -Baie goed gedoen
                                                         13                         10                       7                       4
                                              -Taalgebruik uitstekend     -Taalgebruik toe-       -Voldoende taalge-      -Taalgebruik

                           Lae subkategorie
                                              en toon is retories         paslik en oor die       bruik, maar             onvoldoende
                                              effektief                   algemeen effektief      teenstrydighede word
                                                                          -Toon gepas en          opgemerk
                                                                          effektief
                                              -Grammatika en              -Enkele foute in        -Toon oor die alge-     -Weinig indien enige
                                              spelling feitlik foutvry    grammatika en           meen gepas en be-       sinsverskeidenheid
                                                                          spelling                perkte gebruik van      -Woordeskat baie
                                              -Baie goed tot knap                                 retoriese middele       beperk
                                              gedaan                      -Goed gedoen
STRUKTUUR                                                 5                         4                       3                       2                          1
Kenmerke van teks;                            -Uitstekende ontwik-        -Logiese ontwikke-      -Relevante detail       -Sommige punte geldig      -Noodsaaklik punte
Paragraafontwikkeling en                      keling van onderwerp.       ling van detail         ontwikkel                                          ontbreek
sinskonstruksie                               - Uitsonderlike detail      -Samehangend

5 PUNTE                                       -Sinne en paragrawe         -Sinne en paragrawe     -Sinne en paragrawe     -Sinne en paragrawe        -Sinne en paragrawe
                                              uitsonderlik gekon-         logies en toon          goed gekonstrueer       foutief                    foutief
                                              strueer                     variasie                -Opstel maak nog sin    -Opstel maak effens sin    -Opstel maak nie sin
                                                                                                                                                     nie

 Kopiereg voorbehou                                                                                                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Afrikaans Huistaal/V3
                              Downloaded from hlayiso.com           12                                                             DBE/November 2022
                                                         NSS – Nasienriglyne

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE - HUISTAAL [25PUNTE]
      Kriteria                  Uitsonderlik                Knap                    Gemiddeld                Elementêr                 Onvoldoende
INHOUD,                            13–15                   10–12                       7–9                       4–6                       0–3
BEPLANNING &             -Respons uitsonderlik,      -Respons baie goed        -Respons voldoende       Basiese respons
FORMAAT                  bo verwagting
                          Idees intelligent en
Respons en idees;        volwasse
Organisering van idees   -Grondige kennis van        -Toon goeie kennis        -Toon voldoende          Toon geringe kennis        -Respons toon geen
vir beplanning;          kenmerke van die            van kenmerke van          kennis van kenmerke      van kenmerke van die       kennis van kenmerke
Doel, gehoor,            soort teks                  die soort teks            van soort teks           soort teks                 van die soort teks nie
kenmerke/konvensies      -Skryfwerk behou fokus      -Behou fokus – geen       -Nie heeltemal gefokus   -Aanduiding van fokus      -Betekenis onduidelik
en konteks                                           afwyking nie              nie – enkele afwykings   maar met afwykings         met groot afwyking
                         -Samehang in inhoud         -Samehang in inhoud       -Redelike samehang in    -Inhoud en idees nie       -Geen samehang in
15 PUNTE                 en idees                    en idees; baie goed       inhoud en idees          altyd samehangend          idees en inhoud nie
                         -Idees behoorlik uit-       uitgebrei met detail      -Sommige detail          nie                        -Baie min detail onder-
                         gebrei met detail wat die   wat die onderwerp         ondersteun die           -Min detail ondersteun     steun die onderwerp
                         onderwerp ondersteun        ondersteun                onderwerp                die onderwerp
                         -Gepaste en akkurate        -Gepaste formaat          -Formaat oorwegend       -Nodige reëls van          -Nodige reëls van
                         formaat                     met onbeduidende          gepas, maar met          formaat vaagweg            formaat nie toegepas
                                                     foute                     enkele foute             toegepas                   nie
                                                                                                        -Kritiese foute begaan
TAAL, STYL &                        9–10                       7–8                       5–6                       3–4                      0–2
REDIGERING               -Toon, register, styl       -Toon, register, styl     -Toon, register, styl    -Toon, register, styl en   -Toon, register, styl
                         en woordeskat hoogs         en woordeskat baie        en woordeskat is         woordeskat minder          en woordeskat stem
Toon, register, styl,    geskik vir doel,            geskik vir doel,          geskik vir doel,         geskik vir doel, gehoor    nie ooreen met doel,
doel/effek, gehoor en    gehoor en konteks           gehoor en konteks         gehoor en konteks        en konteks                 gehoor en konteks
konteks;                                                                                                                           nie
Taalgebruik en           -Grammatika                 -Grammatika oor die       -Enkele                  -Grammatika                -Besaai met foute en
konvensies;              akkuraat en goed            algemeen korrek en        grammatikafoute          onakkuraat met etlike      verward
Woordkeuse;              gekonstrueer                goed gekonstrueer                                  foute
Punktuasie en spelling                               -Baie goeie               -Voldoende               -Basiese woordeskat        -Woordeskat nie
                                                     woordeskat                woordeskat                                          geskik vir doel nie
10 PUNTE
                         -Feitlik foutloos           - Oorwegend foutloos      -Foute belemmer nie      -Betekenis belemmer        -Betekenis ernstig
                                                                               betekenis nie                                       belemmer

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL P3 Nov 2020 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2020-memo/3616620c-736f-4168-94a2-f6f69f2a226d) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2018 Memo FINAL](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2018-memo-final/8030a9f3-454f-4188-95d0-c070eac72914) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2017-memo/fe0661a7-8373-4100-ac07-707ad6445899) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2015-memo/52b78479-1bf7-40f2-9439-b5b527824bc5) — Afrikaans HL · Memo · 2015 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2014 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2014-memo/a22acc7a-3707-44f3-a7bf-f967d2dcec55) — Afrikaans HL · Memo · 2014 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2022/7d3a1fac-f27c-4882-a682-cfe752eb8aeb) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
