# Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 November 2024 NSC Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the November 2024 NSC, 12 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024-mg/f7696a94-05e5-4cee-97c6-559e25b48b32
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2024
- Exam period: November 2024 NSC
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 November 2024 NSC Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024-mg/f7696a94-05e5-4cee-97c6-559e25b48b32)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024 · Afrikaans. Memorandum. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                                   GRAAD 12

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                           AFRIKAANS HUISTAAL V3

                                 NOVEMBER 2024

                                 NASIENRIGLYNE

PUNTE: 100

                     Hierdie nasienriglyn bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Afrikaans Huistaal/V3                               2                             DBE/November 2024
                                            NSS - Nasienriglyne

ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE

                                NASIONALE NASIENSIMBOLE
 VERDUIDELIKING                 SIMBOOL      BESKRYWING

 Woordorde                                            Hakies en pyltjie
                                (       )
 Woord(e) weggelaat             ^                     Weglaatteken/Karet

 Taalfoute                                            Enkelstreep onder die taalfout

 Spelfoute                      =                     Dubbelstreep onder die spelfout
 Paragraafindeling              [                     Begin van 'n nuwe paragraaf
 Nuwe sin                       L                     Begin van 'n nuwe sin
 Woord(-keuse)-foute            X                     Trek 'n X bo-oor die verkeerde woord.
 Erkenning van                                        Regmerkie bo goeie taalgebruik, idees of
                                
 taaljuweeltjies                                      uitdrukkings
 Onduidelik/onverstaanbaar      ʃ (in die kantlyn)    Kronkelstreep
 Punktuasie                                          Omkring

Neem taalvariëteit in ag.

AFDELING A: OPSTEL

AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die kandidaat mag slegs oor EEN
onderwerp of prikkel skryf. Hy/Sy mag enige tipe opstel, toepaslik volgens hoe hy/sy die
onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit onduidelik is
wat die finale poging is, word die eerste opstel nagesien.

NASIENRIGLYNE

Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan:

Voorbeeld:
Inhoud:                                                                                I = Kh = 22
Taal, styl en redigering:                                                              T = Kl = 10
Struktuur:                                                                             S =K = 4
Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant (onder die opstel).                      36

Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die beplanningsgedeelte te
wees).

DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL

•   Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel word. Dit
    behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.
•   Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die hoofgedagte
    bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die hoofgedagtes en is menings
    van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die samevatting van die hoofgedagte.
•   Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of sy/haar
    standpunt insluit. In die geval van 'n verhalende, beskrywende en bespiegelende opstel vat
    die slot die skryfstuk saam, terwyl 'n argumenterende en beredeneerde opstel se slot die
    skrywer se finale standpunt/mening weerspieël.

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Afrikaans Huistaal/V3                            3                              DBE/November 2024
                                         NSS – Nasienriglyne

SOORTE OPSTELLE:
VERHALENDE OPSTEL
Dit is 'n interessante vertelling van 'n storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die verlede). Dit kan
vanuit enige perspektief geskryf word.
Hou die volgende in gedagte:

•   Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word ('n storie of gebeurtenis).
•   'n Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
•   Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
•   Die inhoud is boeiend en interessant, dit oortuig en ontwikkel logies, daarom is die inhoud
    samehangend.
•   Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar kan fiktief wees.
•   Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
•   'n Treffende inleiding wat die leser boei, word aangebied.
•   'n Verrassende slot rond die inhoud af.
•   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
•   Die verlede tyd word gewoonlik gebruik.

BESPIEGELENDE OPSTEL
Die skrywer oorweeg/deurdink 'n idee/lewenswaarheid/'n situasie en gee sy/haar emosionele reaksies en
gevoelens weer. Dit bespiegel oor drome of wense/moontlikhede.
Hou die volgende in gedagte:

•   Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.
•   Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar opgeweeg.
•   Dis persoonlik van aard.
•   Daar is 'n definitiewe struktuur, maar 'n gevolgtrekking is nie nodig nie.
•   Dit hoef nie 'n gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of ernstig geskryf word.
•   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.

BEREDENEERDE OPSTEL

Dit is objektief en probeer om 'n gebalanseerde gesigspunt van beide kante van 'n argument te
gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder bespreking en bied
teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot 'n spesifieke gevolgtrekking aan
die einde van die opstel kom, maar die argumente vir en teen die onderwerp moet goed
gebalanseerd en duidelik in die ontwikkeling van die opstel ontleed wees.

Hou die volgende in gedagte:

•   Die opstel handel oor 'n onderwerp waaroor standpunt, alreeds tydens die inleiding,
    ingeneem word.
•   BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
•   Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.
•   Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.
•   'n Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding, gemaak. Die slot
    gee 'n sterk aanduiding van die skrywer se mening.
•   Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.
•   Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
•   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
•   Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak.

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 4

Afrikaans Huistaal/V3                          4                            DBE/November 2024
                                       NSS – Nasienriglyne

ARGUMENTERENDE OPSTEL
Die skrywer het 'n spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt te
motiveer.
Hou die volgende in gedagte:

•   Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.
•   'n Eie mening word op 'n baie oorspronklike en treffende manier gegee.
•   'n Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.
•   Verdediging of aanval van 'n saak word enduit volgehou.
•   'n Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.
•   Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.
•   Daar moet 'n duidelike en oortuigende slot wees.
•   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.

BESKRYWENDE OPSTEL
Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf wat nie
eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat beskryf word, net so
lewendig soos hy/sy te beleef.

Hou die volgende in gedagte:

•   Waarnemings met al vyf sintuie en 'n goeie woordeskat word vereis.
•   Insig, begrip, 'n eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net die opnoem
    van waarnemings).
•   Tekste kan varieer van meer realisties tot 'n verdieping in die aanbieding.
•   Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
•   Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
•   Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
•   Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.
•   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
•   Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word hoofsaaklik gedoen deur die
    konnotasie en nie net die denotasie van woorde nie.
•   Stylfigure kan gebruik word.

                                                                       TOTAAL AFDELING A:             50

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Afrikaans Huistaal/V3                           5                        DBE/November 2024
                                        NSS – Nasienriglyne

VRAAG 1

Riglyne

Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se oogpunt en interpretasie.
Hierdie moontlikhede (onderstaande nasienriglyn) mag nie as bindend beskou word nie. Die
kandidaat bied dus enige soort opstel aan.

1.1       ... en toe neem ek dié besluit!
               • Die opstel kan verhalend/bespiegelend/beredeneerd/argumenterend/beskry-
                   wend van aard wees.
               • Die onderwerp kan letterlik/figuurlik geïnterpreteer word.
               • Die opstel moet samehangend gestruktureerd wees.

          Inhoud:
             • Die kandidaat kan na 'n letterlike gebeurtenis verwys.
             • Na die besluit geneem is, kan die kandidaat tot aksie oorgaan. Die kandidaat
                 kan ook die oploop tot die besluit beskryf en die opstel met hierdie woorde
                 eindig.
             • Die woorde ''en toe'' veronderstel dat die kandidaat na 'n voorafgaande
                 gebeurtenis verwys.
             • Enige relevante interpretasie van die onderwerp moet na verdienste beoordeel
                 word.

          Taal:
             •    Taal-/woordgebruik moet gepas/effektief wees.                                    [50]

1.2       Is dít sosiale selfdood?
              • Die opstel kan verhalend/bespiegelend/beredeneerd/argumenterend/beskry-
                  wend van aard wees.
              • Die woord ''selfdood'' kan slegs figuurlik geïnterpreteer word.
              • Die opstel moet samehangend gestruktureerd wees.

          Inhoud:
             • Die woord ''dít'' veronderstel dat die kandidaat na een of ander kwessie/
                 gebeurtenis wat tot sosiale selfdood lei, moet verwys.
             • ''Sosiale'' kan na die individu se verhouding(s) met ander mense/die
                 samelewing verwys.
             • In 'n beredeneerde/argumenterende opstel moet die kandidaat se finale
                 standpunt/mening weerspieël word.
             • Enige relevante interpretasie van die onderwerp moet na verdienste beoordeel
                 word.

          Taal:
             •    Taal-/woordgebruik moet gepas/effektief wees.                                    [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Afrikaans Huistaal/V3                          6                           DBE/November 2024
                                       NSS – Nasienriglyne

1.3      Ek vlieg met my eie vlerke.
            • Die opstel kan verhalend/bespiegelend/beredeneerd/argumenterend/beskry-
                wend van aard wees.
            • Die onderwerp kan letterlik/figuurlik geïnterpreteer word.
            • Die opstel moet samehangend gestruktureerd wees.

         Inhoud:
            • Die kandidaat kan letterlik of figuurlik vlieg.
            • Op figuurlike vlak kan die onderwerp na byvoorbeeld selfstandigheid/
                onafhanklikheid/vryheid/toekomsmoontlikhede verwys.
            • In 'n beredeneerde/argumenterende opstel kan die kandidaat sy bevoegdheid
                tot selfstandigheid/onafhanklikheid evalueer./motiveer.
            • Enige relevante interpretasie van die onderwerp moet na verdienste beoordeel
                word.
         Taal:
            •    Taal-/woordgebruik moet gepas/effektief wees.                                      [50]

1.4      Ek hoor die roepstem ...
            • Die opstel kan verhalend/bespiegelend/beredeneerd/argumenterend/beskry-
               wend van aard wees.
            • Die onderwerp kan letterlik/figuurlik geïnterpreteer word.
            • Die opstel moet samehangend gestruktureerd wees.
         Inhoud:
            • Die kandidaat kan op letterlike vlak na die roepstem van iets/iemand verwys.
            • Op figuurlike vlak kan die kandidaat na 'n gebeurtenis/ervaring wat vir hom/
                hoop/'n verwagting gee, verwys.
            • Enige relevante interpretasie van die onderwerp moet na verdienste beoordeel
                word.
         Taal:
            •    Taal-/woordgebruik moet gepas/effektief wees.                                      [50]

1.5      "Tussen treine" – liriek [Richard van der Westhuizen, 2015]
            • Die opstel kan verhalend/bespiegelend/beskrywend van aard wees.
            • Die onderwerp kan figuurlik/dalk letterlik geïnterpreteer word.
            • Die opstel moet samehangend gestruktureerd wees.

         Inhoud:
            • Die onderwerp kan hoofsaaklik figuurlik geïnterpreteer word.
            • 'n Figuurlike interpretasie sal byvoorbeeld na verlies/herinneringe/verbrokkelde
                verhouding verwys.
            • Op letterlike vlak kan die kandidaat, byvoorbeeld na 'n spook verwys.
            • Enige relevante interpretasie van die onderwerp moet na verdienste beoordeel
                word.

         Taal:
            •    Taal-/woordgebruik moet gepas/effektief wees.                                      [50]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Afrikaans Huistaal/V3                          7                        DBE/November 2024
                                       NSS – Nasienriglyne

1.6      Die twee hande met die boom.
            • Die opstel kan verhalend/bespiegelend/beredeneerd/argumenterend/beskry-
                wend van aard wees.
            • Die onderwerp kan letterlik/figuurlik geïnterpreteer word.
            • Die opstel moet samehangend gestruktureerd wees.
         Inhoud:
            • Op letterlike vlak kan die kandidaat na die interaksie/wisselwerking/inter-
                afhanklikheid tussen die mens en die natuur verwys.
            • Die onderwerp kan figuurlik as die verantwoordelikheid wat die mens teenoor
                die natuur het,/die verhouding tussen mens en natuur geïnterpreteer word.
            • Die boom kan ook op simboliese vlak geïnterpreteer word.
            • In 'n beredeneerde/argumenterende opstel kan die kandidaat evalueer of die
                mens sy verantwoordelikheid teenoor die natuur nakom of nie.
            • Enige relevante interpretasie van die onderwerp moet na verdienste beoordeel
                word.
         Taal:
            •    Taal-/woordgebruik moet gepas/effektief wees.                                    [50]

1.7      Slot en sleutel
            • Die opstel kan verhalend/bespiegelend/beredeneerd/argumenterend/beskry-
                wend van aard wees.
            • Die onderwerp kan letterlik/figuurlik geïnterpreteer word.
            • Die opstel moet samehangend gestruktureerd wees.
         Inhoud:
            • Op letterlike vlak kan die kandidaat na 'n slot/sleutel/sleutelhouer verwys.
            • Die onderwerp kan figuurlik as die ontsluiting van geleenthede/emosies/die
                aanknoop van verhoudings geïnterpreteer word.
            • Enige relevante interpretasie van die onderwerp moet na verdienste beoordeel
                word.
         Taal:
            •    Taal-/woordgebruik moet gepas/effektief wees.                                    [50]

1.8      Persoon in rolstoel
            • Die opstel kan verhalend/bespiegelend/beredeneerd/argumenterend/beskry-
               wend van aard wees.
            • Die onderwerp kan letterlik/figuurlik geïnterpreteer word.
            • Die opstel moet samehangend gestruktureerd wees.
         Inhoud:
            • Op letterlike vlak kan die kandidaat na tekortkominge/hindernisse/liggaamlike
                gebreke verwys.
            • Die onderwerp kan figuurlik na (emosionele) beperkings/uitdagings in die lewe
                verwys.
            • Die hande in die lug kan as seëvierend/'n hulpkreet geïnterpreteer word.
            • Enige relevante interpretasie van die onderwerp moet na verdienste beoordeel
                word.
         Taal:
            •    Taal-/woordgebruik moet gepas/effektief wees.                                    [50]

                                                                    TOTAAL AFDELING A:            50

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Afrikaans Huistaal/V3                           8                             DBE/November 2024
                                        NSS – Nasienriglyne

AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE
AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste word nagesien.
Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks nagesien.
NASIENRIGLYNE
Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan:
Voorbeeld:
Inhoud, beplanning en formaat:                                                        I = K = 10
Taal, styl en redigering:                                                             T=G= 6
Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks).                  16
Dra die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die beplanningsgedeelte te
wees).
2.1       INFORMELE E-POS:
          Die e-pos word in 'n raadgewende trant aan 'n vriend/-in geskryf. Die kandidaat deel
          sy/haar mening oor watter keuse (studies/werk/oorbruggingsjaar) die beste gaan
          wees.
          Hou die volgende in gedagte:
         •    Die skryfstyl is informeel.
         •    Die formaat moet voorsiening vir 'n e-posadres asook 'n onderwerp maak. Die
              informele e-pos is gewoonlik onderhoudende kommunikasie tussen twee
              mense wat mekaar (betreklik goed) ken.
         •     Die e-pos moet 'n aanhef hê, bv. Goeiemôre/Dag Pieter
         •     Die e-pos kan op verskeie maniere begin: Ek hoop dit gaan goed./Baie dankie
               vir jou vorige e-pos./Ek sal jou graag wil bystaan met raad./Dit is belangrik om
               die regte keuse oor jou toekoms te maak.
         •     Die slot is net so belangrik soos die inleiding. Daar is 'n paar standaardmaniere
               om die e-pos mee af te sluit: Dra my groete/liefde oor .../Sê groete ...
         •     Afsluitingswoorde (Liefde./Groete./Alles van die beste./Beste wense.) moet in 'n
               nuwe reël geskryf word. (Dieselfde reël ten opsigte van die leesteken na die
               afsluitingswoord geld soos by die informele brief.)                                      [25]
2.2       FORMELE BRIEF AAN DIE PERS:
          Hierdie formele brief waarin die briefskrywer sy/haar redes aanvoer waarom Suid-
          Afrikaners ten spyte van negatiewe omstandighede steeds bly hoop, word aan die
          redakteur gerig.
          Hou die volgende in gedagte:
          •   Die skryfstyl is formeel.
          •   Daar moet twee adresse, 'n aanhef, 'n inhoudsopskrif en 'n afsluiting wees.
          •   Die styl is saaklik, maar hoflik.
          •   Die struktuur moet goeie paragraafbou insluit.
          •   Eenvoudige, direkte taal is nodig, maar 'n formele register moet gehandhaaf
              word.
          • Die hele skryfstuk moet aan die vereistes vir die skryf van 'n formele brief
              voldoen.
          • Die brief moet formeel afgesluit word en die skrywer se titel, voorletters en van
              moet gegee word.
          Die uwe
          P. van Zyl
          P. van Zyl                                                                                    [25]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 9

Afrikaans Huistaal/V3                          9                           DBE/November 2024
                                       NSS – Nasienriglyne

2.3       TYDSKRIFARTIKEL

          Die artikel gee raad/riglyne aan hoërskoolleerders/ouers wanneer die leerders hulle
          in verkeerde vriendekringe bevind.

          Hou die volgende in gedagte:

          •   Raad moet sinvol en uitvoerbaar wees.
          •   Die styl moet persoonlik wees en direk tot die leser spreek.
          •   Uitdagings aangaande vriendekeuses moet direk aangespreek word sonder om
              die leser se aandag te verloor.
          •   Gebruik die opskrif soos in die vraag vereis.                                         [25]

2.4       DIALOOG
          Die gesprek fokus op die gebeure wat daartoe aanleiding gegee het dat die twee
          vriende in groot moeilikheid is, asook op dit wat volg.

          Hou die volgende in gedagte:

          •   Twee mense voer die gesprek.
          •   Spreekbeurte vind in die orde waarin die gesprek gevoer word en vanuit die
              spreker se perspektief plaas.
          •   Elke spreekbeurt begin in 'n nuwe reël.
          •   Gebruik 'n dubbelpunt na die naam van elke spreker.                                   [25]

2.5       HULDEBLYK

          Die huldeblyk, waarmee die spreker sy/haar waardering oor die betrokke persoon
          as vriend/-in uitspreek, word tydens 'n 18de verjaardagpartytjie gelewer.

          Hou die volgende in gedagte:

          •   Die huldeblyk moet met die aanhaling soos in die vraag aangedui, begin.
          •   Die aanwesiges moet gegroet/aangespreek word. Die aanwesiges kan óf eers
              gegroet/aangespreek word met die aanhaling wat daarna volg, óf na die
              aanhaling gegroet/aangespreek word.
          •   Die styl van die huldeblyk is opreg/eerlik/innig/waarderend.
          •   Die huldeblyk moet duidelik wees, nl. om die persoon se lewe te vereer en die
              betekenisvolle rol wat hy/sy in die spreker se lewe speel, uit te lig.
          •   Die mense wat die funksie bywoon, moet 'n geheelbeeld van die persoon kry.
          •   Die huldeblyk sluit verskillende hoogtepunte in wat persoonlike gebeure/              [25]
              staaltjies rondom die vriendskap bevat.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Afrikaans Huistaal/V3                         10                          DBE/November 2024
                                      NSS – Nasienriglyne

2.6       INFORMELE TOESPRAAK

          Die inhoud van die informele toespraak moet sportspanne motiveer/oortuig dat klein
          oomblikke in groot wedstryde die verskil tussen wen en verloor is.

          Hou die volgende in gedagte:

          •   Die toespraak word tydens 'n informele geleentheid gelewer.
          •   Die deelnemende spanne moet aangespreek word, bv. Goeienaand sportmanne
              en –vroue.
          •   Die teikengehoor en doel moet in gedagte gehou word. Die inleidingsin moet
              sterk en prikkelend wees.
          •   Die standpunte/stellings/redes kan reeds in die eerste paragraaf genoem word.
          •   Die standpunte/stellings/redes kan deur argumente ondersteun word.
          •   In die slotparagraaf kan die standpunte/stellings/redes treffend en bondig
              saamgevat word.
          •   Die toespraak kan met 'n aansporing tot aksie/goeie wense eindig.                     [25]

                                                                    TOTAAL AFDELING B:              50

                                                                          GROOTTOTAAL:              100

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Afrikaans Huistaal/V3                                                     11                                                 DBE/November 2024
                                                                              NSS – Nasienriglyne
            \

                     •    Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A)
                     •    Punte van 0 – 50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
                     •    Die kriteria vir inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywing in 'n hoëvlak- en laevlaksubkategorie verdeel, met die
                          toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
                     •    Struktuur word nie deur die verdeling in 'n hoë en lae vlak beïnvloed nie.
            ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL (50 PUNTE)
   Kriteria                               Uitsonderlik                    Knap                       Gemiddeld                       Elementêr                       Onvoldoende
INHOUD &                                      28 – 30                    22 – 24                     16 – 18                          10 – 12                           4–6
BEPLANNING                          Respons is uitsonderlik/    Respons baie goed;            Respons bevredigend            Wisselvallige samehang          Respons heeltemal
(Respons en                         treffend en bo              getuig van vaardigheid                                       in respons                      irrelevant
idees)                              verwagting
Organisering van                    Idees is intelligent,       Idees heeltemal relevant,     Idees redelik                  Idees onduidelik, nie           Idees deurmekaar en nie

                         Hoë vlak
idees vir                           volwasse en stem leser      interessant en lewer          samehangend en                 oorspronklik nie                op onderwerp gefokus
beplanning;                         tot nadenke                 bewys van                     oortuigend                                                     nie
Bewustheid van                                                  volwassenheid                                                                                Vaag en herhalend
doel, gehoor en
konteks                             Uitsonderlike organisasie   Organisasie baie goed         Redelike organisasie en        Min bewys van                   Geen organisasie nie/ is
                                    en samehang, insluitend     en samehangend,               redelik samehangend,           organisasie en                  onsamehangend
                                    inleiding, liggaam en       insluitend inleiding, en      insluitend inleiding, en       samehang
                                    samevatting/slot            liggaam en                    liggaam en
                                                                samevatting/slot              samevatting/slot
                                             25 - 27                      19 -21                       13 - 15                          7–9                            0-3
                                    Respons uitmuntend;         Respons goed; getuig          Respons bevredigend;           Respons is grootliks            Geen poging aangewend
                                    uitsonderlike treffende     van vaardigheid               verval soms in                 irrelevant                      om in ooreenstemming
                                    eienskappe van 'n opstel                                  onduidelikheid                                                 onderwerp te wees nie

                         Lae vlak
                                    ontbreek
                                    Idees intelligent en        Idees relevant,               Idees redelik same-            Idees begin los staan en        Heeltemal irrelevant en
30 PUNTE                            volwasse                    interessant                   hangend en oortuigend          kan verwarrend wees             ontoepaslik
                                    Knap organisasie en         Organisasie goed en           'n Mate van organisasie        Skaars 'n bewys van             Deurmekaar en geen
                                    samehang insluitend         samehangend, insluitend       en samehang, insluitend        organisasie en same-            fokus nie
                                    inleiding, liggaam en       inleiding, liggaam en         inleiding, liggaam en          hang
                                    samevatting/slot            samevatting/slot              samevatting/slot
  Kriteria                                 Uitsonderlik                     Knap                      Gemiddeld                      Elementêr                       Onvoldoende
TAAL, STYL                                   14 – 15                      11 – 12                       8–9                            5–6                             0-3
&                                   Toon, register, styl en     Toon, register, styl en       Toon, register, styl en        Toon, register, styl en         Toon, register, styl en
REDIGERING                          woordeskat hoogs            woordeskat baie gepas         woordeskat gepas vir           woordeskat minder               woordeskat nie gepas vir
                                    gepas vir doel, gehoor      vir doel, gehoor en           doel. gehoor en konteks        gepas vir doel, gehoor          doel. gehoor en konteks
Toon, register,
                                    en konteks                  konteks                                                      en konteks                      nie
styl en woorde-

                         Hoë vlak
skat is geskik vir                  Taalgebruik getuig van      Taalgebruik effektief/ 'n     Gepaste taalgebruik om         Taalgebruik baie basies         Taal onverstaanbaar
doel/effek en                       vertroue, indrukwekkend     deurlopende gepaste           betekenis oor te dra
konteks;                                                        toon word gebruik
                                    Toon retories treffend en   Grammatika en spelling        Toon is gepas                  Toon en woordkeuse              Woordeskat so beperk
Punktuasie,                         effektief                   grootliks foutvry             Retoriese middele              skaars toepaslik                dat dit onmoontlik is om
grammatika,                         Grammatika en spelling                                    gebruik om betekenis te        Baie beperkte                   sin te maak
spelling,                           feitlik foutvry             Baie goed gedoen              versterk                       woordeskat
woordkeuse;                         Knap gedaan
                                                  13                        10                            7                              4
Taalgebruik en                      Taalgebruik uitstekend      Taalgebruik toepaslik en      Voldoende taalgebruik –        Taalgebruik
konvensies                          en toon is retories         oor die algemeen              teenstrydighede                onvoldoende

                         Lae vlak
                                    effektief                   effektief                     opgemerk

                                    Grammatika en spelling      Toon gepas en effektief       Toon oor die algemeen          Weinig indien enige
                                    feitlik foutvry             Enkele foute in               gepas en beperkte              sinsverskeidenheid
15 PUNTE                            Baie goed tot knap          grammatika en                 gebruik van retoriese          Woordeskat baie beperk
                                    gedaan                      spelling/Goed gedoen          middele
STRUKTUUR                                          5                        4                             3                            2                              0-1
Kenmerke van                        Uitstekende ontwikkeling    Logiese ontwikkeling van      Relevante detail               Sommige punte geldig            Noodsaaklike punte
teks;                               van onderwerp               detail                        ontwikkel                                                      ontbreek
                                    Uitsonderlike detail        Samehangend
Paragraaf-                          Sinne en paragrawe          Sinne en paragrawe            Sinne en paragrawe             Sinne en paragrawe              Sinne en paragrawe
ontwikkeling en                     uitsonderlik gekonstrueer   logies en toon variasie       goed gekonstrueer              foutief                         foutief
sinskonstruksie                                                                               Opstel maak nog sin            Opstel maak effens sin          Opstel maak nie sin nie
5 PUNTE

            Kopiereg voorbehou                                                                                                                   Blaai om asseblief

### Page 12

Afrikaans Huistaal/V3                                                             12                                                                 DBE/November 2024
                                                                          NSS - Nasienriglyne
                                    ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE HUISTAAL [25 PUNTE]
      Kriteria                   Uitsonderlik                  Knap                      Gemiddeld                      Elementêr                   Onvoldoende
INHOUD, BEPLANNING                  13 - 15                    10 -12                       7–9                            4–6                           0-3
& FORMAAT                 Respons uitsonderlik, bo    Respons baie goed           Respons voldoende             Basiese respons              Respons toon geen kennis
                          verwagting                                                                                                         van kenmerke van die
Respons en idees:         Idees intelligent en                                                                                               soort teks nie
Organisering van idees    volwasse
vir beplanning;           Grondige kennis van         Demonstreer goeie           Toon voldoende kennis van     Toon geringe kennis van
Doel, gehoor,             kenmerke van die soort      kennis van kenmerke van     kenmerke van die soort        kenmerke van die soort
kenmerke/konvensies       teks                        die soort teks              teks                          teks
en konteks
                          Skryfwerk behou fokus       Behou fokus – geen          Nie heeltemal gefokus nie –   Aanduiding van fokus,        Betekenis onduidelik met
                                                      afwyking nie                enkele afwykings              maar met afwykings           groot afwyking
15 PUNTE
                          Samehang in inhoud          Samehang in inhoud          Redelike samehang in          Inhoud en idees nie altyd    Geen samehang in idees en
                          Idees behoorlik uitgebrei   Idees baie goed uitgebrei   inhoud en idees               samehangend nie              inhoud nie
                          Detail wat die onderwerp    Detail wat die onderwerp    Sommige detail ondersteun     Min detail ondersteun die    Baie min detail ondersteun
                          ondersteun                  ondersteun                  die onderwerp                 onderwerp                    die onderwerp

                          Gepaste en akkurate         Gepaste formaat met         Formaat oorwegend gepas,      Nodige reëls van formaat     Nodige reëls van formaat
                          formaat                     onbeduidende foute          maar met enkele foute         vaagweg toegepas             nie toegepas nie
                                                                                                                Ernstige foute begaan
TAAL, STYL & redigering              9 - 10                      7–8                          5–6                           3–4                         0–2
                          Toon, register, styl en     Toon, register, styl en     Toon, register, styl en       Toon, register, styl en      Toon, register, styl en
Toon, register, styl,     woordeskat hoogs geskik     woordeskat baie geskik      woordeskat is geskik vir      woordeskat minder            woordeskat stem nie
doel/effek, gehoor en     vir doel, gehoor en         vir doel, gehoor en         doel, gehoor en konteks       geskik vir doel, gehoor en   ooreen met doel, gehoor
konteks;                  konteks                     konteks                                                   konteks                      en konteks nie
Taalgebruik en            Grammatika akkuraat en      Grammatika oor die alge-    Enkele grammatikafoute        Grammatika onakkuraat        Besaai met foute en
konvensies;               goed gekonstrueer           meen korrek en goed                                       met etlike foute             verward
Woordkeuse;                                           gekonstrueer
Punktuasie en spelling
                                                      Baie goeie woordeskat       Voldoende woordeskat          Basiese woordeskat           Woordeskat nie geskik vir
                                                                                                                                             doel nie
10 PUNTE
                          Feitlik foutloos            Oorwegend foutloos          Foute belemmer nie            Betekenis belemmer           Betekenis ernstig
                                                                                  betekenis nie                                              belemmer

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — Afrikaans HL · QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — Afrikaans HL · QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR 12 MEMO SEPT2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr-12-memo-sept2020/f9a99ac3-5b21-4159-aca7-7737a23ab5b0) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2020 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2020-memo/3616620c-736f-4168-94a2-f6f69f2a226d) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2019 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2019-d/8cfb8d64-c90d-4948-8241-77d73f1d8009) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2018 Memo FINAL](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2018-memo-final/8030a9f3-454f-4188-95d0-c070eac72914) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
