# Afrikaans Hl Grade 11 Eastern Cape November 2018 Memo (Afrikaans)

> Grade 11 Afrikaans Hl memorandum from the Eastern Cape November 2018 (Afrikaans), 8 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-v1-memo/81c65aff-c39f-4a47-8bd3-25ae6f2b47a6
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans Hl
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape November
- Curriculum: CAPS
- Pages: 8

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Afrikaans Hl](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/afrikaans-hl) › [Afrikaans Hl Grade 11 Eastern Cape November 2018 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-v1-memo/81c65aff-c39f-4a47-8bd3-25ae6f2b47a6)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 11 · Eastern Cape November · 2018 · Afrikaans. Memorandum, 8 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                          GRAAD 11

                      NOVEMBER 2018

                AFRIKAANS HUISTAAL V1
                    NASIENRIGLYN

PUNTE:   70

                 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 8 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
 2                            AFRIKAANS HUISTAAL V1                      (EC/NOVEMBER 2018)

  AFDELING A: LEESBEGRIP

  VRAAG 1

  Nasien van die leesbegrip:

     Spelfoute in eenwoord-antwoorde word by Huistaal gepenaliseer.
     Spel- en taalfoute in langer antwoorde word nie gepenaliseer nie omdat die
      fokus op begrip is.
     FEIT/MENING: dubbelpunt ŉ punt vir die rede/motivering/aanhaling.
     Vrae wat aanhalings uit die leesstuk verg, word nie gepenaliseer indien die
      aanhalingstekens ontbreek nie.
     Waar eenwoord-antwoorde gevra word en die kandidaat ŉ volsin gee, is dit
      korrek mits die korrekte woord onderstreep word of op een of ander wyse
      uitgelig word.
     Wanneer twee, drie of vier feite/punte vereis word en die kandidaat gee ŉ
      hele reeks, word slegs die eerste twee, drie of vier feite/punte nagesien.
     Indien die kandidaat woorde uit ŉ ander taal gebruik as die taal waarin die
      vraestel verskyn, word die vreemde woorde geïgnoreer.              Indien die
      antwoord sonder die vreemde woorde sinvol is, word die kandidaat nie
      gepenaliseer nie. Indien die vreemde woord in die antwoord vereis word,
      word dit aanvaar.
     Aanvaar dialektiese variasies.
     Vir meervoudigekeuse-vrae word BEIDE die letter aanvaar EN die korrekte
      antwoord wat ten volle uitgeskryf is.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2018)                         AFRIKAANS HUISTAAL V1                               3

Vraag     Antwoord                                                                        Punt
1.1       Wanneer ŉ mens identiteitloos is, kan jy baie anders as normaalweg
          optree √ – selfs uiters negatiewe karaktereienskappe sal na vore kan
          kom.                                                                              (1)

1.2       Wanneer mense nie so goed lyk nie, sal hulle dit nie sommer op sosiale
          media plaas nie/
          Mense sal hulle beste voetjie voorsit as dit op sosiale media geplaas
          word/
          Mense is nie eerlik oor hul normale/slegte dae nie en hou dit uit publiek
          se oog.                                                                           (2)
          (Enige TWEE soortgelyke antwoorde)

1.3       Anonimiteit laat mense kop verloor en hulle dink nie wat hulle doen nie/
          Hulle is nou dapperder as wat hulle andersins sou wees √
          Hulle gebruik dit as uitlaatklep vir hul eie frustrasies √
          Mense hoef geen nagevolge te vrees nie √                                          (2)
          (Enige TWEE soortgelyke antwoorde)

1.4       Hulle is meer ongeskik √
          Hulle gebruik dit as ŉ uitlaatklep vir hul eie frustrasies √
          en kla makliker. √                                                                (3)

1.5       Diffusie van verantwoordelikheid √ – mense dink dis die groep wat iets
          lelik sê/doen en nie die “ek”/individu nie. √
          Onkritiese voldoening aan groepsnorme √ – jy glo dat ŉ groot groep
          mense eerder reg sal wees en dus sal jy nie jou eie kritiese denke vorm
          nie. √                                                                            (4)

1.6       Dis instinktief, want die mens kan net oorleef en floreer deur in groepe
          saam te werk. √
          Die mens wys net die beste weergawe van homself/haarself aan ander
          sodat aanvaarding sal plaasvind. √                                                (2)
1.7       Ja.
          Die internet bied jou die keuse om óf jou ware self óf iemand heel
          anders te wees.                                                                   (1)

1.8       Aanlyn “likes” dui op jou sg. “sukses” √
          Dit veroorsaak dieselfde chemiese reaksie as fisieke beloning √
          Mense kan dus ook verslaaf raak daaraan. √                                        (3)

1.9       Dit beteken dat ons onsself nie sien soos ons is nie, maar soos ons dink
          ander mense ons sien. √
          Dis ŉ spieëlbeeld van reaksies, terugvoering en oordeel van die mense
          rondom ons. √                                                                     (2)

1.10      Dit is ŉ feit.
          Paragraaf 7 verduidelik dat navorsing reeds ŉ sterk verband wys tussen
          ongelukkigheid en die getal ure wat die mens op sosiale media
          deurbring. √                                                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
 4                             AFRIKAANS HUISTAAL V1                       (EC/NOVEMBER 2018)

 1.11      Ouer mense kan onderskeid tref tussen hulle private en openbare
           lewens. √
           Ouer mense is meer kieskeurig oor wat hulle op sosiale media deel. √             (2)

 1.12      Ja.
           Tieners besef al meer die gevare van sosiale media en dat dit tot konflik
           en ongelukkigheid kan lei. √

                                              OF

           Nee.
           Tieners se lewens draai om sosiale media en niks sal hulle afskrik om
           hul uitsprake en dit wat hulle plaas te heroorweeg nie. √                        (1)

 1.13      Ja
           In die slotsin lê ŉ groot lewenswaarheid opgesluit. √

                                              OF

           Nee
           Elke persoon is geregtig op sy/haar eie opinie en moet as sodanig
           gerespekteer word. √                                                             (1)

 1.14      Teks A handel oor die gevare van sosiale media en Teks B bied grafiese
           inligting/beelde oor die verskillende platforms wat beskikbaar is. √             (1)

 1.15      In Teks A paragraaf 1 word daar gepraat van hoe mense almal iemand
           anders word – net die positiewe, wonderlike sy van hul lewens word
           genoem en paragraaf 6 praat dus ook van die uitlaatklep wat so gebied
           word aan gebruikers, terwyl daar in Teks B gepraat word van die
           platform, verhoog wat daar gebied word aan gebruikers sodat hulle hul
           gebeure aan vriende en familie kan “ontbloot”. √√                                (2)
           (Beide kante moet genoem word.)

 1.16      Die woord MAAR beklemtoon die ander gevaarlike sy van sosiale media
           waarop die mens bedag moet wees. √                                               (1)

 1.17      Diegene wat nie oor tegnologie of die internet beskik nie, kan nie
           hieraan deelneem nie./ Hulle kan nie saampraat en meedoen nie. √

                                              OF

           Daar is wel diegene wat bg. tot hul beskikking het, maar nie hul lewens
           so wil openbaar nie. √                                                           (1)

                                                            TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2018)                        AFRIKAANS HUISTAAL V1                              5

 AFDELING B: OPSOMMING
 VRAAG 2
 Nasien van die opsomming:
    Opskrif/titel: Daar word nie van kandidate verwag om die leesstuk van ŉ
     opskrif/titel te voorsien nie.
    Kandidate moet die opsomming in hul eie sinne, in enige volgorde skryf.
    Slegs wenke wat in volsinne aangebied word, verdien punte.
    Rofwerk/beplanning moet duidelik aangedui word. Indien dit nie die geval is
     nie, word die eerste opsomming nagesien.
    Kandidate moet die korrekte getal woorde aandui.
    Punte word soos volg toegeken vir HT:
     o 7 punte vir 7 feite
     o 3 punte vir taal
     o Puntetotaal: 10
    Verspreiding van punte vir taal wanneer die kandidaat nie woordeliks
     aangehaal het nie:
     o 1–3 feite korrek: ken 1 punt toe.
     o 4–5 feite korrek: ken 2 punte toe.
     o 6–7 feite korrek: ken 3 punte toe.
     LET WEL:

     Tel van woorde:

        Nasieners moet die aantal woorde wat gebruik is, tel.
        Geen punte word afgetrek as die kandidaat nie die getal woorde aangedui
         het nie of as die getal woorde wat gebruik is, verkeerd aangedui is.
        As die getal woorde oorskry is, lees tot by die laaste sin waarin die getal
         woorde oorskry word en ignoreer die res van die opsomming.
        Korter opsommings wat die vereiste wenke bevat, mag nie gepenaliseer
         word nie.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
 6                              AFRIKAANS HUISTAAL V1                    (EC/NOVEMBER 2018)

  Antwoord: Die volgende feite MOET in PARAGRAAFVORM aangebied word.

        AANHALINGS UIT DIE TEKS:                             EIE WOORDE:
     Kry ŉ ondersteuningsnetwerk deur         Maak gebruik van ŉ
      positiewe vriende en familie wat ...     ondersteuningsnetwerk wat jou motiveer
                                               en jou suksesse sal vier.
     Wees bewus waaroor jy beheer             Jy het nie beheer oor alles wat met jou
      het ...                                  gebeur nie so beheer net hoe jy daarop
                                               reageer.
     Vier jou mylpale ...                     Dis nodig om jou mylpale te vier veral as
                                               moedeloosheid jou wil insluk.
     Breinspoel jouself tot jy positief       Fokus op die positiewe.

     Bly weg van negatiewe mense...           Moenie aandag gee aan negatiewe mense
                                               en hul praatjies nie.
     Navorsingsresultate toon ook dat         Visualiseer positiewe uitkomste sodat jy
      mense meer positief is wanneer hulle     kan sien as iets moontlik kan skeefloop.
      op probleme bedag is...

     Leer eerder uit jou foute as om dit te   Dink na oor jou foute, hul oorsake en leer
      herhaal                                  daaruit.

                                                                              (80 woorde)

                                                           TOTAAL AFDELING B:           10

  PARAGRAAF:

  Maak gebruik van ŉ ondersteuningsnetwerk wat jou motiveer en jou suksesse sal
  vier. Jy het nie beheer oor alles wat met jou gebeur nie so beheer net hoe jy
  daarop reageer. Dis nodig om jou mylpale te vier veral as moedeloosheid jou wil
  insluk. Fokus op die positiewe. Moenie aandag gee aan negatiewe mense en hul
  praatjies nie. Visualiseer positiewe uitkomste sodat jy kan sien as iets moontlik
  kan skeefloop. Dink na oor jou foute, hul oorsake en leer daaruit.

  Getal woorde: 80

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2018)                         AFRIKAANS HUISTAAL V1                            7

AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES

Nasien van hierdie afdeling:

 Spelling:
   Eenwoord-antwoorde word verkeerd gemerk as die spelling verkeerd is.
   In volsin-antwoorde word verkeerde spelling net gepenaliseer indien die
     fout in die taalstruktuur getoets word.
   Waar ŉ afkorting getoets word, behoort die punte op die regte plek te
     wees.

 Sinskonstruksies moet taalkundig korrek wees en in volsinne aangebied word
  soos in die instruksie aangedui.

VRAAG 3

Vraag   Antwoord                                                                       Punt
3.1     Persone wat belangstel om begrafnispolisse/-versekering te koop en/of
        dalk reeds polishouers is. √                                                     (1)

3.2     eeu (spelling is belangrik) √                                                    (1)

3.3     Die vier jongmense is op ŉ roadtrip./ Dit lyk of hulle met vakansie en op
        reis is. ŉ Mens benodig dikwels ŉ padkaart vir reisdoeleindes om jou die
        pad aan te dui. √                                                                (1)

3.4     Daar is jongmense vir die advertensie gebruik. ŉ Mens verwag nie/dit is
        onnatuurlik vir jongmense om te sterf. √                                         (1)

3.5     Jóú √                                                                            (1)

3.6     Ek kan nie ŉ noot op die klavier speel nie / sing nie. √                         (1)

3.7     bystand, persoonlike aandag √                                                    (1)

3.8     Samestellings gevorm met syfers moet met ŉ koppelteken geskryf
        word. √                                                                          (1)

3.9     Oorledene √                                                                      (1)

3.10    Ekstra, bykomende inligting word verder op die bladsy uitgebrei. √               (1)
                                                                                        [10]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
 8                                AFRIKAANS HUISTAAL V1                    (EC/NOVEMBER 2018)

 VRAAG 4
 Vraag   Antwoord                                                                     Punt
 4.1     Bywoord van tyd √                                                              (1)

 4.2     U word na die vliegtuig teruggeneem. √                                          (1)

 4.3     Verbasing/ongeloof √                                                            (1)

 4.4     Hy “swets” deur die woorde “duisend duiwels/driehonderdduisend
         duiwels” / hy gebruik kragwoorde √                                              (1)

 4.5     “kameelpote” en verwys so na die Arabiere √                                     (1)

 4.6     Oor ŉ uur sal (daar) deur hulle oor die Djebel Kadeïh gevlieg word. √           (1)

 4.7     Assimilasie √                                                                   (1)

 4.8     4.8.1       Uitroepsinne / hiperbole (oordrywing) / ironie? √                   (1)
         4.8.2       Hy wonder watter ongeluk/teenspoed vir hulle wag in die
                     toekoms. √                                                          (1)

 4.9     Samestellende afleiding √                                                      (1)
                                                                                       [10]

 VRAAG 5
 Vraag   Antwoord                                                                    Punt
 5.1     woordoortolligheid/pleonasme √                                                (1)

 5.2     sg. √                                                                           (1)

 5.3     Jy √                                                                            (1)

 5.4     gereeld/dikwels √                                                               (1)

 5.5     ŉ Tafeldek soos Nataniël s’n herrangskik nie die prioriteitslys van die
         hart nie. √                                                                     (1)

 5.6     Konfrontasie √                                                                  (1)

 5.7     Aan √                                                                           (1)

 5.8     Herinneringe √                                                                  (1)

 5.9     Slegte √                                                                        (1)

 5.10    Die kind wat so bederf is, tree soos ŉ regte bedorwe brokkie op. √             (1)
                                                                                       [10]

                                                          TOTAAL AFDELING C:             30
                                                              GROOTTOTAAL:               70

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

## Related documents

- [Afrikaans HL P2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-memo/30ab9bff-a730-42e2-a934-2aa81e7b7336) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-memo/d90f92e2-e49d-4102-be74-0d886b0ac7f7) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR11 NOV2018 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr11-nov2018-d/4421cb1b-234e-4ec1-9fb3-dd18cd614ec3) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR11 NOV2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr11-nov2018/ed790c5d-1cfd-4305-a799-6e65f0636659) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 QP GR11 NOV2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-qp-gr11-nov2018/00d22fc1-516f-4571-b23f-714743c44124) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 QP GR11 NOV2018 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-qp-gr11-nov2018-d/713f8d6d-e05a-4bfd-b484-c520c599bc44) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 11 Afrikaans Hl

- [Gr11-Afr-HT-studiegids LR](https://www.hlayiso.com/library/gr11-afr-ht-studiegids-lr/2b9b2077-8262-449a-b0c2-0a2c24f6c066) — Guide · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/4cc70ac7-f749-4802-8e1b-8cec773c7368) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/a7e90129-8e5a-43be-963d-f02b31d0b7a4) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P3 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/df1906ad-6c91-4938-9533-c5ba7baa3444) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock 2](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-question-paper-paper-1-afrikaans/9892ea43-cb95-460f-8521-db662ba8b5c9) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock 2](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-question-paper-paper-2-afrikaans/58fc56f1-3f43-4541-9fa9-c8cf9faa560a) — QP · 2026 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
