# Afrikaans HL Grade 12 Eastern Cape June 2023 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans HL question paper from the Eastern Cape June 2023, 20 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-ht-gr-12-v-2-junie-2023-finaal/4cfda32a-8937-4c06-b165-cdfa2820cd2d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape June
- Curriculum: CAPS
- Pages: 20

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Eastern Cape June 2023 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-ht-gr-12-v-2-junie-2023-finaal/4cfda32a-8937-4c06-b165-cdfa2820cd2d)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape June · 2023 · Afrikaans. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                   NELSON MANDELA BAAI
                               DISTRIK

                             GRAAD 12

                       AFRIKAANS HUISTAAL V2
                                JUNIE 2023

PUNTE:   80
TYD:     2 ½ uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 20 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS HUISTAAL V2                                                           JUNIE 2023

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1. Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat jy die vraestel beantwoord.

2. Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die inhoudsopgawe op
   bladsy 3 en merk die vraagnommers van die letterkundetekste wat jy bestudeer het.
   Lees daarna die vrae oor die tekste wat jy gedoen het en kies die soort vraag wat jy wil
   beantwoord.

3. Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

       AFDELING A: Gedigte        (30)
       AFDELING B: Roman          (25)
       AFDELING C: Drama          (25)

4. Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE in AFDELING A, EEN in AFDELING B en EEN in
   AFDELING C.

   •   AFDELING A: GEDIGTE
       Gesiene gedigte – Beantwoord TWEE vrae.
       Ongesiene gedig – Beantwoord die VERPLIGTE vraag.

   •   AFDELING B: ROMAN
       Beantwoord EEN vraag.

   •   AFDELING C: DRAMA
       Beantwoord EEN vraag.

5. KEUSE VAN VRAE BY AFDELING B (ROMAN) EN AFDELING C (DRAMA)

   •   Beantwoord SLEGS die vrae oor die roman en drama wat jy bestudeer het.
   •   Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG. As jy die
       opstelvraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die kontekstuele vraag in
       AFDELING C beantwoord. As jy die kontekstuele vraag in AFDELING B
       beantwoord, moet jy die opstelvraag in AFDELING C beantwoord. Gebruik die
       kontrolelys om jou te help.

6. LENGTE VAN ANTWOORDE

  • Die lengte van die opstel vir die gedig is 250 – 300 woorde.
  • Die lengte van die literêre opstel vir die roman en drama is 400 – 450 woorde.
  • Die lengte van die antwoorde van die kontekstuele vrae word deur die
   puntetoekenning van elke vraag bepaal. Beantwoord jou vrae bondig en
   relevant.

7. Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig.

8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
   gebruik is.

                                                                                          2

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS HUISTAAL V2                                                  JUNIE 2023

9. Beantwoord ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy.

10. Voorgestelde tydsindeling:

      AFDELING A: ongeveer 40 minute
      AFDELING B: ongeveer 55 minute
      AFDELING C: ongeveer 55 minute

11. Skryf netjies en leesbaar.

INHOUDSOPGAWE

 AFDELING A: GEDIGTE

 Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
 VRAAGNOMMER                     VRAAG                      PUNTE BLADSY
 1. “Maaltyd”                    Opstelvraag                10    5

 2. “Elegie vir my toekomstige vrou”   Kontekstuele vraag   10    6-8

 3. “Die Bokser”                       Kontekstuele vraag   10    9 - 10

 4. “Suiwer wiskunde”                  Kontekstuele vraag   10    11

                                        EN
 Ongesiene gedig: Verpligtend
 5. “Waar ek woon”                     Kontekstuele vraag    10   12-13

 AFDELING B: ROMAN

 Beantwoord EEN vraag.*
 6. Onderwêreld                        Opstelvraag          25    14

 7. Onderwêreld                        Kontekstuele vraag   25    14-16

 AFDELING C: DRAMA

 Beantwoord EEN vraag. *
 8. Krismis van Map Jacobs             Opstelvraag          25    17

 9. Krismis van Map Jacobs             Kontekstuele vraag   25    17-20

 *LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG
           uit AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.

                                                                                3

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS HUISTAAL V2                                                           JUNIE 2023

 KONTROLELYS
 Gebruik die kontrolelys hieronder om te kontroleer of jy die korrekte getal vrae
 beantwoord het.
 AFDELING                           VRAAGNOMMER              GETAL VRAE          MERK
                                                            BEANTWOORD            (√)
 A: Gedigte
                                           1–4                      2
 (Voorgeskrewe gedigte)
 A: Gedigte
                                            5                       1
 (Ongesiene gedig)
 B: Roman
                                           6-7                      1
 (Opstel- of kontekstueel)
 C: Drama
                                           8-9                      1
 (Opstel- of kontekstueel)
 LET WEL:         Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE
                  VRAAG in AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.

                                                                                         4

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS HUISTAAL V2                                                       JUNIE 2023

 AFDELING A: GEDIGTE

 VOORGESKREWE GEDIGTE

 Beantwoord ENIGE TWEE vrae.

 VRAAG 1: OPSTELVRAAG

 Lees die gedig en beantwoord dan die vraag wat volg.

 Maaltyd - Peter J. Philander

 1.      Ou moeder met haar hoepelrokkie
 2.      en stywe kappie, staan hande gevou
 3.      in die vorm van ’n koperklokkie
 4.      vir smôrens, smiddags en vir nou.

 5.      Die blou bord en die skoon servet,
 6.      die helder bril, die Bybel oop,
 7.      en teen die hoë muur haar groot portret
 8.      hou my aan haar steeds vasgeknoop.

 9.      En op die gladde, blink buffet,
 10.     glimmend in die skerp lig van die lamp,
 11.     skyn sy nou in die seëngebed,
 12.     leef sy nou in die wasige damp.

 13.     Sy was eers goud, heel later silwer,
 14.     nou’s sy koper waar sy staan,
 15.     maar met elke lui dan skilfer
 16.     af ... die grasgroenspaan.
                                            [Bron: Uurglas, Nasionale Boekhandel, 1955]

 In die gedig is daar verskeie beelde wat die spreker aan sy moeder herinner.
 Verwys in jou antwoord ook na die vaste struktuur, strofebou en rym.

 Bespreek hierdie stelling in ŉ opstel van 250 tot 300 woorde.                    [10]

                                                                                     5

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS HUISTAAL V2                                                JUNIE 2023

 VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die gedig en beantwoord dan die vrae wat volg.

  Elegie vir my toekomstige vrou - Andrè Letoit

    1.     ek sal nooit die dag vergeet toe ek jou
    2.     ontmoet het nie (net soos in die
    3.     populêre liedjies)
    4.                  :dit was op die skaatsbaan
    5.                  of op die sessiondansvloer
    6.                  of dalk by die biduur
    7.                  (hoewel die soort
    8.                  wat jy by bidure ontmoet
    9.                  gewoonlik nie lank
    10.                 hou nie)

    11.    ek het jou uitgeneem
    12.    op my motorfiets (boksburgmeer
    13.    of milky lane in hillbrow of
    14.    daai hippiekolonie in berea – ek
    15.    had altyd ’n voorliefde vir
    16.    hippiekolonies) en jy het
    17.                  verlief geraak op my
    18.                  toe jy my profiel in die
    19.                  – nee wag – toe ek
    20.                  in jou oor fluister
    21.                  “ek smaak jou” (jou hare
    22.                  het effens na kougom geruik – oh baby)

    23.    daarna het ek jou ouers ontmoet
    24.    hulle het my uit die huis uitgejaag
    25.    (vermoedelik vanweë my lang hare en baard –
    26.    uit die mode sedert jan van riebeeck en oom paul se tyd
    27.    my tydsberekening is altyd verkeerd)

    28.    maar uiteindelik
    29.    het ons tóg getrou; jy was
    30.    so bly: niemand het opgedaag by die kerk nie

                                                                              6

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS HUISTAAL V2                                                        JUNIE 2023

    31.                  behalwe die dominee
    32.                  en ’n paar assuransieagente
    33.                 (onder andere my pa, saam met sy
    34.                 vrou: gawe mense, darem,
    35.                 as jy hulle leer ken; ongelukkig
    36.                 ken ek hulle
    37.                 nie so goed nie)

    38.     daarna het ons, soos altyd, saam
    39.     geleef (leef?) soos al die ander
    40.     mense (mense?) en
    41.                 nie meer toptwintig
    42.                 geluister nie;
    43.                 ek het altyd gedog
    44.                 ek was verlief op jou (hahaha!)
    45.                 maar toe eers, toe vang ek
    46.                 die hele triek:
    47.                 alles gaan om skreeuende bybies
    48.                 en kombuiskaste wat piep
    49.     en die huwelik is ’n duur prys om te betaal
    50.     vir ’n lewe vol platoniese dogmatiek
                                                                [Bron: Suburbia, Perskor]

 2.1      Wat is ‘n elegie en verduidelik waarom die gedigtitel satiries is.       (2)

 2.2.     Herlees strofe 1.

          2.2.1 Die spreker beweer dat hy die dag waarop hy die jy
                ontmoet het, nooit sal vergeet nie. Motiveer die
                teendeel van die stelling met EEN rede uit strofe 1.               (1)

          2.2.2 Bestudeer die tipografiese inkeping. Wat dink jy is die
                funksie daarvan?                                                   (1)

          2.2.3 Watter stemming heers in die strofe?                               (1)

 2.3      Verduidelik die ironie in versreëls 7 tot 10.                            (1)

                                                                                         7

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS HUISTAAL V2                                                     JUNIE 2023

 2.4    Herlees versreël 33 tot 34.

        Die spreker verwys na sy pa se vrou. Waarom noem hy haar
        nie ma nie?                                                            (1)

 2.5    Herlees versreël 32.

        2.5.1 Benoem die beeldspraak.                                          (1)

        2.5.2 Is die rede vir die gebruik van die beeldspraak
              oortuigend? Motiveer jou antwoord.                               (1)

 2.6    Waarom, dink jy, is die huwelik vir die spreker ‘n duur prys om
        te betaal?                                                             (1)
                                                                              [10]

                                                                                     8

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS HUISTAAL V2                                                          JUNIE 2023

 VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die gedig en beantwoord dan die vrae wat volg.

 Die Bokser – Ernst van Heerden

    1      Die grense van die klein kryt
    2      is hellende onvastigheid,

    3      waar wit bors fier teen wit bors staan
    4      en skim teen skim die skynhou slaan;

    5      die lyf word wieging – ritmies, sterk -
    6      tot skerm liemaak ingeperk;

    7      vier donker oë blits fel en woes,
    8      wyl twee gedaantes mik en koes;

    9      maar elk groteske vuis se smak
    10     laat lis en weerstand verder knak...

    11     die liggaam is so rank gebou
    12     en weerloos teen die man se hou;

    13     tog sal my mokerslag hom tref
    14     waar hy hom vaag en grynsend hef,

    15     sy beeld versplinter in die glas
    16     waar netnou my gestalte was;

    17     ‘n flikker-weerskyn word verskerf,
    18     ‘n lyf stort soos ‘n koring-gerf...

    19     Wie is die man wat roerloos lê,
    20     wie’t ‘n bekende naam gesê?

    21     Waarom die skaar aan’t roep en fluit,
    22     en waarom flakker ligte uit?
                                     [Bron: Groot Verseboek, Tafelberg, Tweede druk, 1986]

                                                                                        9

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS HUISTAAL V2                                                     JUNIE 2023

 3.1    Motiveer waarom hierdie gedig as ‘n allegorie beskou kan               (1)
        word.

 3.2    Herlees versreël 1.

        Gee die letterlike en figuurlike betekenis van die versreël.           (2)

 3.3    Motiveer op watter wyse die rymskema sowel as die strofebou
        vir hierdie gedig funksioneel is.                                      (2)

 3.4    Spreek jou uit oor die funksionaliteit van die beletselteken in
        versreël 10.                                                           (1)

 3.5    Herlees versreëls 19 tot 20.

        3.5.1    Benoem en verduidelik die funksie van die klankeffek
                 wat hier gebruik word.                                        (2)

        3.5.2    Wat is die funksie van die retoriese vrae?                    (1)

 3.6    Watter boodskap het jy uit die gedig gekry?                            (1)
                                                                              [10]

                                                                                  10

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS HUISTAAL V2                                                       JUNIE 2023

 VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die gedig en beantwoord dan die vrae wat volg.

 Suiwer wiskunde – N.P. van Wyk Louw

 1.    Die uurwerk kantel. En die ligbruin by
 2.    hang roerloos voor die blom wat nooit bevrug
 3.    word, nooit sal saadskiet, welk, en nooit verby
 4.    hierdie verstarde uur sal groei. Die lug

 5.    het stil soos ys gaan staan, so wit en blou.
 6.    Die brander wat wou oorbuig, val, en skuim,
 7.    bly in sy ligter sirkels vasgehou
 8.    en moet sy see ‘n ewigheid versuim.
                                                    [Bron: Nuwe Verse, Tafelberg, 1954]

 4.1    Herlees versreël 1.
        Gee die denotatiewe en konnotatiewe betekenis van die
        eerste drie woorde.                                                      (2)

 4.2    Herlees versreëls 4 – 5.
        4.2.1 Benoem die beeldspraak.                                            (1)
        4.2.2 Motiveer die geslaagdheid van hierdie beeldspraak.                 (1)

 4.3    Spreek jou uit oor die funksionaliteit van die plasing van die
        vetgedrukte woorde in versreël 5.                                        (1)

 4.4    Herlees versreël 6.
        4.4.1 Waarop dui die woorde “oorbuig, val, en skuim”?                    (1)
        4.4.2 Verduidelik waarom die woord “wou” in hierdie reël
              funksioneel is.                                                    (1)
        4.4.3 Is die gebruik van so baie kommas hier nie steurend
              nie? Motiveer.                                                     (1)

 4.5    Wat is die stemming van hierdie gedig?                                   (1)

 4.6    Haal enige voorbeeld van progressie uit die gedig aan.                   (1)
                                                                                [10]
                                       EN
                                                                                    11

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS HUISTAAL V2                                            JUNIE 2023

 ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND)

 VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

 Waar ek woon – Karen Pienaar

 1      Waar ek woon
 2      ken ons nie werklik winter nie,
 3      net
 4      koue fronte
 5      Bewolkte dae bring
 6      geen reën–
 7      net leë Beloftes–
 8      en dou is die enigste
 9      druppels wat klou
 10     en kleef teen ruite en rame
 11     soos weggeslukte trane

 12     Waar ek woon
 13     fluister Vlambome in Augustus
 14     teen sonop en sononder
 15     ‘n eed van kleur
 16     oor ‘n bloeisel-kleed
 17     in November
 18     oor mooi weer in Desember

 19     Waar ek woon blom
 20     Jakarandas uit pas–
 21     Oktober tot lank ná nuwe jaar
 22     en baksteenmure bars, buig, sug
 23     en staan skeef soos ‘n ou man se rug

 24     Kanariegeel verf gemeng met ‘n braaivleisvuur
 25     se as
 26     is die kleur van die winter se gras en
 27     die strate staan geraam met
 28     bome van vergane geslagte
 29     en die frons van tyd geëts in hul baste

 30     Waar ek woon
 31     tel ek té vroeg in Augustus
 32     die sente wat moes
                                                                         12

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS HUISTAAL V2                                                      JUNIE 2023

 33     hou
 34     tot die lente

 35     en elke maand
 36     is myle langer as Desember
 37     maar dieselfde son skyn
 38     hier
 39     as op enige ander
 40     plek
                                                             [Bron: My eie verse, 2021]

 5.1    Watter retoriese middel kom in versreëls 1, 12, 19 en 30 voor?
        Wat is die funksie daarvan?                                              (2)

 5.2    Met watter gedig het ons te doen indien ons na die uiterlike
        bou van die gedig kyk? Gee ook EEN kenmerk om jou                        (2)
        antwoord te staaf.

 5.3    Herlees versreël 13.

        5.3.1 Benoem die beeldspraak.                                            (1)

        5.3.2 Identifiseer die halfrym wat hierin voorkom.                       (1)

        5.3.3 Spreek jou uit oor die effektiwiteit van dié halfrym.              (1)

 5.4    Wat word met die spreker se woorde in strofe 5 geïmpliseer?              (1)

 5.5    Op watter wyse word die woord in versreël 38 beklemtoon?                 (1)

 5.6    Formuleer die tema van die gedig in jou eie woorde.                      (1)
                                                                                [10]

                                                     TOTAAL AFDELING A: 30

                                                                                    13

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS HUISTAAL V2                                                    JUNIE 2023

 AFDELING B: ROMAN
 Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die roman wat jy
 bestudeer het.
 ONDERWÊRELD – Fanie Viljoen
 Beantwoord ÓF VRAAG 6 (opstelvraag) ÓF VRAAG 7 (kontekstuele vraag)
 VRAAG 6: ONDERWÊRELD – OPSTELVRAAG
 Die roman Onderwêreld voldoen aan die vereistes vir jeugliteratuur
 omdat die leser met die emosionele krisisse van die hoofkarakter
 kan identifiseer.

 Bespreek dié stelling in ŉ opstel van 400 – 450 woorde.                       [25]

 VRAAG 7: ONDERWÊRELD – KONTEKSUELE VRAE
 Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat
 volg.

 TEKS A
 “Hel, ek weet nie eers wát ek wil swot nie.”                                     1
 Ek maak Eckardt se laptop toe en vee met my vingers oor die
 Matrix-plakker op die buitekant.
 “Ek dink ek sal iets in die lyn van computers gaan swot, sê Eckardt.
 “Programming of Information Technology. Dit sal cool wees om                     5
 ‘n job te hê waar ek steeds kan speel met die tools en systems wat
 ek nou gebruik en om betaal te word daarvoor.” Sy gesig helder
 sommer op toe hy dit sê. Ek kan hom nogal in so ‘n rigting sien, hy
 sal goed wees daarin.
 Ek wonder skielik wat John sou geswot het. Sou my pa hom steeds                10
 in ‘n rigting gedruk het waar hy nie wou wees nie?
 “Jy droom lekker,” sê Eckardt.
 “Skies, ek dink sommer net.”
 “Oor?”
  “Oor hoe mens besluit,” lieg ek. “Ek meen, ek is nog so jonk. Hoe             15
  moet ek weet wat ek vir die res van my flippen lewe wil doen?”
  “Tja, die skole toets jou kamstig, gee raad. Maar op die ou einde is
 die besluit joune. Ek dink jy moet luister wat jou hart sê.”
 “My hart sê: ‘n toe bek is ‘n heel bek. Hy praat nie,” lag ek.
 “Miskien moet ek oorsee gaan. Net so vir ‘n jaar of twee.                      20
 Maar ek sal sien hoe sit dit my pa se stress levels in die rooi.”

                                                                                 14

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS HUISTAAL V2                                                     JUNIE 2023

 “Jeez, Greg, jou pa kan nie vir jou besluit nie,” sê Eckardt. “Jy is
 byna agttien, my ou. Tyd om op jou eie bene te staan.”
 “Jy ken obviously nie my pa nie,” grinnik ek.                                   25
 “Jy’s reg, ek ken hom nie.” Daar is ‘n vreemde glinstering in Eckardt
 se oë toe hy dit sê, maar hy tel weer sy boek op en ek vergeet
 daarvan.

 7.1    Teen watter agtergrond speel die gebeure af?                             (1)

 7.2    Herlees reël 2 – 3.

        Op watter wyse sluit die aksie van Greg in TEKS A by TEKS B
        aan?                                                                     (1)

 7.3    Herlees reël 7.

        Waarom dink jy helder Eckardt se gesig so op?                            (1)

 7.4    Herlees reëls 10 – 11.

        Verduidelik wat die rol is wat John in Greg se lewe gespeel
        het. Dui ook aan wat met die vetgedrukte woord in reël 10
        geïmpliseer word.                                                        (3)

 7.5    By watter tema van die roman sluit reëls 10-11 aan? Gee nog              (2)
        een voorbeeld uit die roman waar dié tema voorkom.

 7.6    Herlees die onderstreepte sin.

        Stem jy saam met Eckardt se stelling? Motiveer jou antwoord.             (1)

 7.7    Herlees reël 25.

        Verduidelik die ironie in Greg se woorde. Haal ‘n bewys uit die
        uittreksel aan om jou stelling te staaf.                                 (2)

                                      EN
 TEKS B
 Toe hy omdraai en kamer toe stap, hoor hy sy pa sê: Nag.                          1
 Lekker slaap...” Sy pa sê sy naam, maar hy hoor dit nie. Sy naam
 los op in die donker.. Verdwyn.
 Maar dit is goed so, want jare later sou hy vir homself ‘n ander naam
 kies. Een waarmee hy die vrees kon uitdryf. ‘n Naam wat sê hoe dit                5
                                                                                  15

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
   AFRIKAANS HUISTAAL V2                                                    JUNIE 2023

    voel om magteloos te wag vir antwoorde en net eggo’s uit die
    onderwêreld in ruil te kry.
    Ek tree terug, voel die koue glas van die galery se venster agter my
    rug. Hoe kan dit wees?
    “Die foto van jou gesin, jou broer, suster, jou pa-hulle...”sê-vra             10
ek.“Van die internet afgelaai. Ek het nie ‘n clue wie die mense is nie.”
    “Die telefoonoproepe met jou ouers?”
    “Dit was nie my ouers met wie ek gepraat het nie...”
     Liewe hel tog! Skree dit binne my.
    “Sien jy hoe fyn was dit beplan? Die aand toe ek weg is, het ek                15
    ook alles net so gelos. My klere, boeke, selfoon, die laptop.
    Nee, wag, die laptop het ek omgeruil. Ek het ‘n ander een gelos
    wat niks sou beteken nie, self al soek hulle hóé vir leidrade.
    Dit het gehelp om my tracks te cover. Ek moes tog vir die polisie iets
    gee om te doen, om tyd te wen...vir jou....                                    20

    7.8    In watter ruimte bevind Eckardt en Greg hulle hier? Watter
           dramatiese wending vind in hierdie ruimte plaas?                      (2)

    7.9    Daar word van twee tipes vertellers in die uittreksel gebruik
           gemaak. Benoem die twee en dui aan waar dit in die
           verhaalstruktuur pas.                                                 (4)

    7.10 Herlees reëls 4 - 5.

           Wat is die naam wat Eckardt vir homself kies? Waarom het hy
           nodig om vir homself ‘n ander naam te kies?                           (2)

    7.11 Herlees reëls 5 – 7.

           Op watter antwoord wag Eckardt waarop hy net ‘n eggo kry?
           Noem nog TWEE eggo’s waarvan daar in die roman gelees
           word.                                                                 (3)

    7.12 Herlees die laaste sin van die uittreksel.

           Waarmee was Greg besig waarvoor hy tyd nodig gehad het?
           Wat dink jy was die uiteindelike implikasie hiervan vir sy pa?        (2)

    7.13 Dink jy die gebruik van so baie Engelse woorde in die
         uittreksel is gepas? Motiveer jou antwoord.                             (1)
                                                                                [25]

                                                        TOTAAL AFDELING B: 25
                                                                                    16

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS HUISTAAL V2                                                    JUNIE 2023

 AFDELING C: DRAMA
 Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die drama wat jy
 bestudeer het.
 KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small
 Beantwoord ÓF VRAAG 8 (opstelvraag) ÓF VRAAG 9 (kontekstuele vraag)

 VRAAG 8: KRISMIS VAN MAP JACOBS - OPSTELVRAAG

 Die drama voldoen aan die vereistes vir protesteater. Die sosiale
 misdrywe, milieu en uitsiglose bestaan se invloed word veral gesien
 in die lewens van Map Jacobs en die Cavernelis-gesin.

 Bespreek dié stelling in ŉ opstel van 400 – 450 woorde.                       [25]

 VRAAG 9: KRISMIS VAN MAP JACOBS - KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die uittreksel hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat
 volg.

TEKS C
Geluide                                                                         1
MAP:               ‘Is in die kombuis, die skottelgoed. Dis net om die hoek,
                   in die gang af.
Stilte.
MAP:               Ek sweer alles sal nou regkom, Ma ... Hulle moet my          5
                   net ŉ kans gee, daar buitekant ... Die social worker,
                   miss Africa, sy’t moet my gepraat, sy meen hulle sál vir
                   my ŉ kans gee. Ek moet ŉ werk kry, sy sê sy’s besig
                   om vir my yt te vind, ek het gesê vir haar enige soorte
                   werk, ‘it maak nie saak wat nie ... Dit maak nie saak nie   10
                   ... Ek wil net daai kans hê, om te wys ... lat ek ’n
                   annerste man is ... Ma ... Sê tog vir Blanchie wat ek sê
Sy knik. Stilte.
MAP:             Ma lyk goed. Hoe gaan ‘it moet Oompie Paulsen-hulle?
                 Die band practise seker al vir Krismis. Ek onthou ... Dis     15
                 regte mense daai, Oompie Paulsen-hulle. Oompie
                 Paulsen en Kaffi’tjie Arries, en Boytjie Louw, ek onthou
                 al hulle name even! Sê vir hulle sewe jaar is ŉ lang tyd,
                 maar ’is oek ŉ kort tyd, ek onthou al hulle name even
                 ... en Danny Delcarme, en Bêrend Oliphant, en Freddy,         20
                 wat is sy van nou weer ... en Tommy Sobotker, Tommy

                                                                                 17

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS HUISTAAL V2                                                  JUNIE 2023

                   moet sy goetertjies! ... Kan Ma gló, ek kom ýt, op die
                   sewende ... O ja, Freddy la Vita ...
Sy knik.
MAP:               Ek weet Uncle Cavernelis het nooit van my gehou nie,      25
                   maar sê vir hom ek het ge-veranner, Ma ... Hy hoef nie
                   meer te worry oor my moet Blanchie nie ... Sewe jare.

 9.1    Herlees reëls 1–2.

        Hoe help die toneelaanwysing aan die begin van die uittreksel
        die leser om dié reëls te verstaan?                                 (1)

 9.2    Teen watter agtergrond vind hierdie gesprek tussen Map en sy
        ma plaas?                                                           (1)

 9.3    Het Map die kans gekry waarna hy in reël 5 tot 6 verwys?
        Motiveer jou antwoord met TWEE bewyse uit die drama.                (2)

 9.4    Herlees reëls 8-10.

        9.4.1 Verklaar die gebruik van die ellips.                          (1)

        9.4.2 Waarom is dit korrek om te sê Ma se knik en stilswye
              verkry ŉ dieper simboliese waarde?                            (1)

        9.4.3 Hoe word die stilte eindelik opgehef?                         (1)

 9.5    Is Map se onderstreepte woorde in reël 15-16 geregverdig?
        Motiveer.                                                           (1)

 9.6    Waar in die struktuur van die drama pas TEKS C in? Motiveer
        jou antwoord.                                                       (2)

 9.7    Die vetgedrukte woord in reël 18 is funksioneel en simbolies in
        hierdie drama.

        9.7.1 Wat is die implikasie vir die res van die gemeenskap dat
              Map juis na sewe jaar vrygelaat word?                         (1)

        9.7.2 Wie het Map die meeste in sy bekering bygestaan?              (1)

 9.8    Herlees reël 25.

        9.8.1 Hoekom het Cavernelis nie van Map gehou nie?                  (1)
                                                                               18

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS HUISTAAL V2                                                        JUNIE 2023

        9.8.2 Cavernelis se lewensdoel het sy lewe oorheers.
              Motiveer of hierdie stelling geregverdig is al dan nie.             (1)

        9.8.3 Is Cavernelis se strewe uiteindelik verwesenlik?                    (1)

                                         EN

 TEKS D
 RICHIE:        Anyway, 'is seker oek nie ons biesagheit nie...                     1

 CYRIL:         Shit, hoe praat jy dan nou nes ou Tommy! (Lag. Hulle
                speel hulle kerrim. Die kerrimskyfies is "kinders".)
                Hê, my kinners is darem weer stout vi'dag!

 RICHIE:      Stoot, jong, stoot!                                                   5
 Hulle speel.
 CYRIL:       Hê, die ou-lady het toe nooit weer eintlik gepraat nie,
              nè?

 RICHIE:      Ja! Sy loep ma’ altyd so silent-silent...
 Hulle speel.                                                                      10
 CYRIL:       Hulle sê sy’s stom, ek mien, lat sy haar praat geverloor
              het daai selfde aand nog toe dit gebeur het... Sy sê glo
              net ‘n woord hier en daar, ma’ dis al...

 RICHIE:        ‘Is hearty...

 CYRIL:       Ja.                                                                  15
 Hulle speel.
 RICHIE:      Hê, my kinnertjies, kom dan nou, kom dan nou!
 Hulle speel.
 RICHIE:      ‘it was die shock van die ding, daai aand, sê hulle...

 CYRIL:         Concentrate op die game, man!                                      20

 RICHIE:        ‘It kán so gebeur, sê hulle...

 CYRIL:         Ek sil nie wiet nie, man, ek is nie ‘n fokken psychiatris’
                nie! Speel!
 Hulle speel.

                                                                                     19

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS HUISTAAL V2                                                       JUNIE 2023

 RICHIE:         ‘It was glo daai anner vark, Gappie Martin, se skuld              25
                 eintlik... daai aand... Hulle’t altyd gesê ‘is hý wat die hele
                 ding begin het, daai aand...

 CYRIL:          Ma’ Map was die leader, man... Hy was mos altyd die
                 leader... Ennie leader moet die responsibility vat... Hulle
                 ammal was vuil varke...                                           30

 9.9    Herlees reël 1 en 2.

        Watter karaktertrek van Tommy kan duidelik uit die reëls
        afgelei word?                                                              (1)

 9.10   Herlees reëls 2 tot 5.

        9.10.1 Dink jy die gebruik van personifikasie in hierdie reëls is
               gepas? Motiveer jou antwoord.                                       (1)

        9.10.2 Watter karakter maak hom skuldig aan jou antwoord                   (1)
               by 9.10.1?

        9.10.3 Waarvan is hierdie spel ŉ simbool in die drama?                     (1)

        9.10.4 Verduidelik hoe hierdie spel bydra tot die tema in
               hierdie drama.                                                      (1)

 9.11   Herlees reël 22 tot 23

        9.11.1     Daar kom kru taal in die drama voor. Sou jy sê dit is           (1)
                   gepas? Motiveer.

        9.11.2     Met watter tipe teater het ons in die drama te doen,
                   waarvan kru taal ‘n kenmerk is?                                 (1)

        9.11.3     Wat wil Cyril met sy woorde bereik?                             (1)

 9.12   Watter stemming kom in TEKS C voor en hoe verskil dit van
        die stemming in TEKS I?                                                    (2)
                                                                                  [25]

                                                       TOTAAL AFDELING C: 25
                                                           GROOTTOTAAL: 80

                                                                                     20

## Related documents

- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2023](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2023-eastern-cape-mock-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/1a878435-bdd2-45da-8e0c-99f96c0bae42) — Afrikaans HL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2023/570bfb5d-f864-4400-8cd2-30d4b1b647c7) — Afrikaans HL · QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — Afrikaans HL · QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — Afrikaans HL · QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — Afrikaans HL · QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/0d3edb3f-1c44-4a82-a9fa-7832a4161288) — Afrikaans HL · QP · 2024 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 MEMO GR12 SEPT 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-memo-gr12-sept-2022/3073e906-8969-412a-869e-48eff08f4ccc) — Memo · 2022 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2022/3eab821d-3328-4649-9b69-df2f8a598b74) — Memo · 2022 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2022/635d4025-2ec6-4a06-a793-dc0f35254a58) — QP · 2022 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
