# Afrikaans HL Grade 12 Eastern Cape Mock 2017 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans HL question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2017, 32 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-ht-v2/05fe6f94-6a28-496f-9c8e-ecc6eb2cb6b8
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 32

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Eastern Cape Mock 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-ht-v2/05fe6f94-6a28-496f-9c8e-ecc6eb2cb6b8)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2017 · Afrikaans. Question paper, 32 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2017

                  AFRIKAANS HUISTAAL V2

PUNTE:   80

TYD:     2½ uur

                              *AFRHL2*

                      Hierdie vraestel bestaan uit 27 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                   (EC/SEPTEMBER 2017)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat jy die vraestel
     beantwoord.

2.   Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die inhouds-
     opgawe op die volgende bladsy en merk die vraagnommers van die
     letterkundetekste wat jy in die klas behandel het. Lees daarna die vrae oor die
     tekste wat jy gedoen het en kies die soort vraag wat jy wil doen. Neem die
     voorskrifte by elke vraag in ag.

3.   Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

     AFDELING A: Gedigte (30)
     AFDELING B: Prosa (25)
     AFDELING C: Drama (25)

4.   Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE in AFDELING A, EEN in AFDELING B
     en EEN in AFDELING C.

     AFDELING A: GEDIGTE
     Gesiene gedigte – Beantwoord TWEE vrae.
     Ongesiene gedig – Beantwoord die VERPLIGTE vraag.

     AFDELING B: ROMAN
     Beantwoord EEN vraag.

     AFDELING C: DRAMA
     Beantwoord EEN vraag.

5.   KEUSE VAN VRAE BY AFDELING B (ROMAN) en C (DRAMA)

        Beantwoord SLEGS die vrae oor die roman en drama wat jy bestudeer het.
        Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG. As jy
         die opstelvraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die kontekstuele vraag
         in AFDELING C beantwoord. As jy egter die kontekstuele vraag in
         AFDELING B beantwoord, moet jy die opstelvraag in AFDELING C
         beantwoord. Gebruik die kontrolelys om jou te help.

6.   LENGTE VAN ANTWOORDE

        Die lengte van die opstel vir die gedig is 250–300 woorde.
        Die lengte van die opstel vir die roman en drama is 400–450 woorde elk.
        Die lengte van die antwoorde van die kontekstuele vrae word bepaal deur
         die puntetoekenning van elke vraag. Beantwoord jou vrae bondig en
         relevant.

7.   Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig.

8.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik is.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)            AFRIKAANS HUISTAAL V2                  3

  9.    Beantwoord ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

  10. Voorgestelde tydsindeling:

        AFDELING A:       ongeveer 40 minute
        AFDELING B:       ongeveer 55 minute
        AFDELING C:       ongeveer 55 minute

  11. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                     Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                    (EC/SEPTEMBER 2017)

    INHOUDSOPGAWE

    Hierdie bladsy sal jou help met die keuse van vrae sonder dat dit nodig is om die hele
    vraestel deur te lees.

    AFDELING A: GEDIGTE
    Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
    VRAAGNOMMER                            VRAAG                        PUNTE      BLADSY
    1. “besoekersboek”                   Opstelvraag                      10          6

    2. “ŉ vigslyer sterf”                     Kontekstuele vraag          10           7

    3. “oupa Thomas Daniel Granfield”         Kontekstuele vraag          10           8

    4. “Die sagte sprong”                     Kontekstuele vraag          10           10
                                              EN
    Ongesiene gedig: Verpligtend
    5. “Fotodag”                              Kontekstuele vraag          10           11

    AFDELING B: ROMAN
    Beantwoord EEN vraag.*
    6. Die kwart-voor-sewe-lelie                   Opstelvraag            25           12

    7. Die kwart-voor-sewe-lelie              Kontekstuele vraag          25           12

    8. Manaka Plek van die Horings                 Opstelvraag            25           14
    9. Manaka Plek van die Horings            Kontekstuele vraag          25           14
    10. Vatmaar                                    Opstelvraag            25           16

    11. Vatmaar                               Kontekstuele vraag          25           17

    12. onderwêreld                                Opstelvraag            25           19

    13. onderwêreld                           Kontekstuele vraag          25           19

    AFDELING C: DRAMA
    Beantwoord EEN vraag.
    14. Krismis van Map Jacobs                     Opstelvraag            25           22

    15. Krismis van Map Jacobs                Kontekstuele vraag          25           22
    16. Mis                                        Opstelvraag            25           25
    17. Mis                               Kontekstuele vraag    25   25
    *LET WEL:      Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG
                   uit AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.
                   Jy mag NIE TWEE opstelvrae of TWEE kontekstuele vrae
                   beantwoord NIE.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)               AFRIKAANS HUISTAAL V2                                     5

 KONTROLELYS

 Gebruik die kontrolelys hieronder om te kontroleer of jy die korrekte getal vrae
 beantwoord het.

             AFDELING                 VRAAG-               GETAL VRAE               MERK
                                      NOMMER              BEANTWOORD                  
A: Gedigte
                                         1–4                      2
(Voorgeskrewe gedigte)
A: Gedigte
                                          5                       1
(Ongesiene gedig)
B: Roman
                                        6–13                      1
(Opstel of kontekstueel)
C: Drama
                                        14–17                     1
(Opstel- of kontekstueel vraag)

LET WEL:       Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG uit
               AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                   (EC/SEPTEMBER 2017)

    AFDELING A: GEDIGTE

    VOORGESKREWE GEDIGTE

    Beantwoord ENIGE TWEE vrae.

    VRAAG 1: OPSTELVRAAG

    Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vraag wat volg.

    besoekersboek – Daniel Hugo

    1     op die sel se mure het iemand uitgekrap
    2     (of liewer: íngekrap): sy naam en al die dae
    3     van sy duskantste verblyf. gaan mens op stap
    4     deur duikweë stasies onder brûe bly draai die vrae

    5     wie was dié peter? waar kom pam vandaan?
    6     hoe het die vriendskap tussen brian en ed begin?
    7     sou w.a.l. se ouers hom meer as normaal geslaan
    8     het? hoe lank het lieb sy liesbet bly bemin?

    9     ek loer na hiërogliewe. ŉ boer het my gewys
    10    waar jagtonele oorgebly het teen die krans.
    11    vóór in die gideons se bybel is ŉ lang lys
    12    lesers wat hul teen sterflikheid probeer verskans.

    13    ŉ kind hoes seer; ŉ lam huil stomgemaak. ek skraap
    14    moed bymekaar: ek was hier en hier het ek geslaap.

                                                                [Uit: Skimmellig,1978]

    Daar is ŉ duidelike verband tussen die verskeidenheid plekke wat besoek word,
    die tema en die titel van die gedig.

    Bespreek hierdie stelling in ŉ opstel van 250–300 woorde.                            [10]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)               AFRIKAANS HUISTAAL V2                                            7

  VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

  Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

  ŉ vigslyer sterf – Vincent Oliphant

  1      die takelwerk word afgetakel
  2      stadig sien sy geliefdes hom inplof
  3      die bekende vlees na binne stort
  4      hulle sien hom reeds stof word

  5      iets wil huil oor die bros vel
  6      wat soos dun seil oor brose stokke lê
  7      oor die mond wat iets wil sê

  8      die gewig van lug
  9      is vir die hand te swaar
  10     die lyf
  11     nou klein en seer
  12     het byna alles reeds verleer

  13     net die oë bly groter staar
  14     soek na raad teen al die skade
  15     na die genade van sag gaan
  16     na verstaan

                                                                    [Uit: Poësiepalet, Vivlia]

  2.1    Herlees strofe 1.
         Benoem die oorheersende klankeffek en gee die funksie daarvan.                           (2)

  2.2    Benoem en verduidelik die beeldspraak in versreëls 5–6.                                  (3)

  2.3    Watter stemming is oorheersend in hierdie gedig?                                         (1)

  2.4    Herlees strofe 3.

         2.4.1   Spreek jou uit oor die funksionaliteit van die hiperbool in dié strofe.          (1)

         2.4.2   Hoe word die agteruitgangproses van die lyer verstegnies uitgehef?               (1)

  2.5    Bespreek hoe die slotstrofe die boodskap van die gedig ondersteun.                       (2)
                                                                                                 [10]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                 AFRIKAANS HUISTAAL V2             (EC/SEPTEMBER 2017)

    VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG

    Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

    oupa Thomas Daniel Granfield – Ronelda S. Kamfer

                                                1.
    1     dis vandag my oupa Thomas
    2     se verjaardag
    3     dit sou gewees
    4     het
    5     hy is dood
    6     toe ek in matriek was
    7     dit is al wat ek regtig van
    8     matriek kan onthou
    9     die oggend toe die telefoon lui
    10    het my ma nie kom sê nie
    11    sy en my pa het opgestaan
    12    en is weg hospitaal toe
    13    al die grootmense my oupa se kinders en hulle
    14    mans en vroue is hospitaal toe
    15    ek wou saamgaan
    16    ek wou net my oupa
    17    belowe dat ek okay sou wees
    18    dat ek eendag ŉ boek gaan skryf
    19    en hom nooit sal vergeet nie en
    20    dat ek die liefste vir hom was
    21    my ma het ŉ paar uur later
    22    gebel om te sê dat ek vir my en my suster moet kos maak
    23    sy het niks gesê van my oupa nie
    24    haar woorde het soos vlermuise om my gevlieg

    25    ek het gewag vir iets
    26    vir Pappa is dood
    27    of dis verby of hy’s oorlede
    28    maar sy’t aanhou praat oor kos
    29    toe ek haar uiteindelik stop en vra
    30    het die vlermuise aanhou vlieg

    31    “ja, vroeg vi-oggend”

                                                2.
    32    die swaarste vir my was nie dat my oupa dood was nie
    33    maar
    34    dat die aarde aanhou draai het
    35    dat ek aanhou leef het
    36    dat alles wat verkeerd was nog steeds verkeerd is
    37    dat ek kon slaap en wakker word

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)              AFRIKAANS HUISTAAL V2                                           9

  38     matriek slaag en aan ŉ toekoms dink
  39     die ergste van alles was dat ek alles kon doen wat
  40     ek moes doen
  41     en al wat ek regtig wou doen was om te huil
  42     ek wou dae aaneen huil
  43     ek wou sy leeftyd uithuil
  44     ek wou huil vir wie hy was en vir wie hy kon wees
  45     ek wou huil oor die onregverdigheid
  46     en ek wou huil omdat hy regtig lief was vir my
  47     en omdat ek geweet het dat hy lief was vir my

  48     vandag
  49     jare na sy dood
  50     onthou ek eending van oupa Thomas

  51     “niemand kan jou seerder maak as jy jouself nie”
                                                               [Uit: grond/Santekraam, 2009]

  3.1    Waarom word hierdie gedig as ŉ elegie/lykdig/treurdig beskou?                          (1)

  3.2    Herlees strofe 3.
         Benoem die soort strofe en sê hoekom die uiterlike bou hier geslaagd is.               (2)

  3.3    Herlees strofe 4.
         Spreek jou uit oor die retoriese middel wat aangewend word om die gedig
         te verpersoonlik.                                                                      (1)

  3.4    Benoem en verduidelik die beeldspraak in versreël 24.                                  (2)

  3.5    Wat is die funksie van die “1” en “2” in die gedig?                                    (1)

  3.6    Verklaar die woorde in versreëls 44–45 en sê wat die tema en die
         boodskap van hierdie gedig is.                                                         (3)
                                                                                               [10]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                       (EC/SEPTEMBER 2017)

 VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

 Die sagte sprong – Sheila Cussons

 1       Dit kom wanneer dit nie verwag
 2       word nie: ŉ aanraking van die verstand
 3       lig soos ŉ veer, vlugtig maar presies
 4       en jy dink as sy ligtheid so is, so potent
 5       dat die aandag nog lank daarna
 6       die indruk behou, hoe moet sy vasvat wees?
 7       : Dit kom wanneer dit nie verwag
 8       word nie: iets wat die bewussyn tot
 9       in die lewe tref, iets soos ŉ sagte sprong –
 10      vreugde, verbasing, vreugde, herkenning:
 11      hoe moet u vasvat wees?
                                                                 [Uit: Die sagte sprong]

 4.1    Benoem en verduidelik die beeldspraak in die titel van die gedig.                   (2)

 4.2    Waarna verwys dit in versreël 1 en 7?                                               (1)

 4.3    Watter stemming is oorheersend in hierdie gedig?                                    (1)

 4.4    Beskryf die progressie in hierdie gedig volledig deur versreëls 2 en 8,
        versreëls 6 en 11 én die aanvanklike en uiteindelike gesprek wat
        plaasvind, met mekaar te vergelyk.                                                  (3)

 4.5    Evalueer die funksionaliteit van die vraag in die slotreël van die gedig.           (2)

 4.6    Wat is die tema van hierdie gedig?                                                  (1)
                                                                                           [10]

                                             EN

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                AFRIKAANS HUISTAAL V2                                         11

 ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND)

 VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

 Fotodag – Loftus Marais

 1       geen klas, net afkondigings, “O.16B-krieket na die saal”
 2       neil-samsey se navy woolworths-onderbroek
 3       soos hy aantrek tussen skoolbanke, toksakke
 4       en al die rekwisiete: trofeë, tennisrakette, prefektebalkies
 5       ŉ kleedrepetisie vir die regte wêreld
 6       hare gekam, tande geborsel, puisies gedruk
 7       ŉ doelgerigte rondhol in lang gepoleerde gange
 8       dis november en warm, maar baadjies áán vir die foto:
 9       gerangskik volgens lengte, klaskaptein-in-die-middel
 10      langs mnr. Warnich wat sê onder sy bismarck-snor
 11      “manne, vandag tree ons in gesprek met die toekoms”

 12      en ŉ flits waarin regte jare verbygaan, en dan ons
 13      wat daarna kyk, verleë oor hoe versekerd die gesiggies lyk

                                        [Uit: Staan in die algemeen nader aan vensters, 2008]

 5.1     Wie is die spreker in die gedig?                                                        (1)

 5.2     Gee TWEE bewyse dat die gewone skooldag tydens fotodag effe
         onordelik is.                                                                           (2)

 5.3     Watter suggestie lê in versreëls 4–5 opgesluit?                                         (1)

 5.4     Wat is funksie van die gebruik van die akuut in versreël 8?                             (1)

 5.5     Gee TWEE bewyse dat hierdie gedig ŉ vrye vers is.                                       (2)

 5.6     Herlees die slotstrofe.

         Verklaar die woordspeling in flits, evalueer die spreker se ingesteldheid
         jeens skool en sê wat die leser moontlik omtrent die spreker se huidige
         omstandighede aflei.                                                                    (3)
                                                                                                [10]

                                                                TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/SEPTEMBER 2017)

 AFDELING B: ROMAN

 Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer
 het.

 DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker

 Beantwoord ÓF VRAAG 6 (opstelvraag) ÓF VRAAG 7 (kontekstuele vraag).

 VRAAG 6: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – OPSTELVRAAG

 Iris, Els en Johanna word allermins in Die kwart-voor-sewe-lelie as die tipiese
 heldin, ma en huishulp uitgebeeld.

 Bespreek hierdie stelling in ŉ opstel van 400–450 woorde.                               [25]

 VRAAG 7: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

 TEKS A

 1            Pa was minder tegemoetkomend toe hy terugkom en die storie hoor.
 2        Hy het beter slotte laat insit en sy bonusgeld bestee aan ŉ gesofistikeerde
 3        alarmstelsel wat Ma so dikwels per abuis laat afgaan het dat die polisie
 4        ons as ŉ gesin met ŉ hoë irritasiewaarde aangestip het.
 5            Maar ek dwaal af.
 6            Johanna het ook voor Claude geswik en Ma gevra om ŉ Franse kook–
 7        boek te koop sodat sy vir die man beter kos kan maak. Sy het ook teenoor
 8        my erken dat sy nie dink hy is familie nie.
 9            “My mense is ronder van gesig,” het sy gesê. “En korter in die lyf.”
 10           Elsa en Hannes was die enigste wat nie meegesleur was nie al het
 11       Claude sjarmant deur die tuin gestap met klein Johan aan die hand.
 12           “Dit kan nooit werk nie,” het Elsa verklaar. “Die kultuurverskil is te
 13       groot.”
 14           “Nie regtig nie,” het ek gesê. “Sy vak is kunsgeskiedenis en dis hulle
 15       al twee se passie.”
 16           “Dis nie wat ek bedoel nie,” het sy kortaf gesê.
 17          “Hulle kan skaars met mekaar konverseer,” het Hannes gesê. (Hy het
 18           gehou van woorde soos konverseer, al het dit die res van ons
 19        hoendervleis gegee.) “Kara ken twee woorde Frans en hy drie woorde
 20        Engels.”
 21           “Die liefde ken geen taal nie,” het ek teatraal aangehaal.
 22           “Bly stil, Iris,” het Elsa gesnou. “Jy is te jonk om saam te praat.”
 23           “Hulle geniet mekaar,” was Ma se kalm siening. “Niemand het nog
 24       van trou gepraat nie.”
 25           Pa het onthuts opgekyk. “Trou!”

 7.1      Teen watter agtergrond speel reëls 1–4 af?                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)              AFRIKAANS HUISTAAL V2                                    13

7.2    Watter karaktertrek van Ma kom in reël 3 na vore? Noem EEN ander
       voorbeeld in die roman waar Ma tot die owerhede se irritasievlakke
       bygedra het.                                                                      (2)

7.3    Watter soort verteller is in reël 5 aan die woord? Sê waarom hierdie soort
       verteller juis hier funksioneel is.                                               (2)

7.4    Herlees reëls 6–8.
       Hoekom was Johanna aanvanklik skepties oor Claude? Waarmee word
       hier ligtelik gespot? Noem enige TWEE voorbeelde, buiten Johanna se
       opmerking oor Claude, uit die roman waar daar nog spottenderwys na
       hierdie kwessie gekyk word.                                                       (4)

7.5    Watter karaktertrek van Elsa kom duidelik in reëls 12–13 na vore? Dink jy
       Elsa se lewensbeskouing het later in die roman verander? Motiveer jou
       antwoord.                                                                         (2)

7.6    Verklaar die ironie in Hannes se bydrae tot die gesprek in reël 17.               (1)

7.7    Herlees reël 22.
       Elsa se opmerking bevestig Iris as buitestander. Waarom sou haar posisie
       in die gesin dit ook bevestig? Noem enige TWEE ander voorbeelde in die
       roman waar Iris in haar huisgesin soos die buitestander voel.                     (3)

                                            EN

TEKS B

1      As een van my karakters gepraat het, het mense geluister en gereageer.
2      Dis waarom ek hulle dialoog gepoleer en verfyn het. Hulle het nie “Ha!”
3      gesê en hulle neuse rooi gesnuif nie. Greta sou ook nie gedreig het om by
4      ŉ vlak waterval af te spring nie.
5          Maar my onmiddellike probleem was Peter en Eduard. Die twee was
6      besig om te oorvleuel, veral in die koue nagte onder die dik donskombers.
7      Eduard was ŉ adolessente skim, moes ek teësinnig toegee, Peter was
8      werklikheid en die Engel het êrens tussen die twee ingepas. My lewe was
9      bevolk met mense wat of te veel of te min ektoplasma gehad het. En
10     aangesien die Engel nooit saans voor my slaapkamerdeur uitgekamp het
11     en gewaarsku het teen onheilighede nie, het ek Ouma se weergawe van
12     die gebeure bevraagteken. Sy kon die Engel meer mag toegeëien het as
13     wat hy in werklikheid gehad het of anders is hy, soos ons, deur die evo-
14     lusieproses van die twintigste eeu gestoot en het anderkant uitgekom met ŉ
15     verslapte sin vir verantwoordelikheid.
16         “Waarmee is jy nou besig?” het Peter gevra. “Frederik?”
17         “Ek dink sommer.”
18         “Dink aan my.”
19         “Sekerlik,” het ek gesê en my neus tussen sy borshare ingewoel.
20     Ek weet nie hoe laat dit was toe ek wakker geword het nie. Peter het vas
21     geslaap, sy arm swaar oor my bors, en eers wou ek net omdraai en weer
22     slaap behalwe dat daar ŉ hand op my ander skouer was, en ŉ koue hand
23     daarby. Ek kon niks sien nie, daarvoor was dit te donker.

7.8    In watter ruimte bevind Iris haar in hierdie gedeelte?                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                      (EC/SEPTEMBER 2017)

 7.9     Herlees reël 5.
         Watter bydrae lewer die fiktiewe en die werklike Peter tot Iris se lewe?
         Watter eindelike gevolg het die werklike Peter op Iris se lewenskoers?            (3)

 7.10    Die intrige van die roman speel op twee vlakke af. Motiveer waar jy die
         Engel sou plaas.                                                                  (1)

 7.11    Hoe ondersteun die onderstreepte gedeelte in reëls 9–11 die motto van
         die roman? Noem enige EEN ander rol wat Die Engel in Iris se lewe
         speel en motiveer waarom dit korrek is om te sê dat Iris, vanweë die rol
         van die Engel, in TEKS B ŉ ander lewensbenadering as in reël 21 van
         TEKS A het.                                                                       (3)

 7.12    Wie se koue hand het Iris in reël 22 gevoel en wat was die rede dat dié
         hand op Iris se skouer rus?                                                      (2)
                                                                                         [25]

 MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse

 Beantwoord ÓF VRAAG 8 (opstelvraag) ÓF VRAAG 9 (kontekstuele vraag).

 VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – OPSTELVRAAG

 Die hoofkarakter, Baas Chipman, is ŉ voorbeeld van ŉ tipiese buitestander en
 sy optrede teenoor die plaaslike inwoners van Barotseland, voordat ouma Essie
 en Grace sy denke beïnvloed het, getuig inderdaad hiervan.

 Bespreek hierdie stelling in ŉ opstel van 400–500 woorde.                               [25]

 VRAAG 9: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG
 Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

 TEKS C

 1           Teen die Zambezi draai hy wes om stroomop die kronkels van die rivier, en
 2       veral die stroomversnellings, te verken en aan te teken. Waar die Zambezi sy
 3       boggel maak, is dit al in die uitgetrapte olifantpaadjies langs, nog eens noord-
 4       waarts deur die oewerruigtes.
 5           Twee jaar ná sy aankoms op die kontinent vestig Dennis Chipman hom op
 6       die wal van die Zambezi tussen die mense van die Lozi-stam in Barotseland, die
 7       westelike provinsie van die huidige Zambië. Hy vang nie ŉ enkele skoenlapper
 8       nie, en gaan nooit terug na sy land van herkoms nie.
 9           Onder die Malozi staan hy bloot as Baas bekend. Hy en Brindle, later ook hy
 10      en die basterafstammelinge van die oorspronklike Brindle – altyd met ŉ Brindle
 11      as tropleier – word legendariese buffeljagters. Hy kap die trofeë aan die stamme
 12      van die reuse-oewerbome om sy kamp vas en dit besorg aan sy blyplek die
 13      naam Manaka, wat Plek van die Horings beteken.
 14          Met die jare kry hy langs sy hut ŉ skooltjie aan die gang waar hy ŉ klomp
 15      Malozi-kinders onder ŉ worsboom met die vinger in die sand leer skryf en
 16      somme maak. Hulle leer ook lees en Engelse kerkliedjies sing – die enigste
 17      liedjies wat hy uit sy kinderjare onthou. Sy Sakbybeltjie staan in vir die leeswerk.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)               AFRIKAANS HUISTAAL V2                                      15

 18     Sondae word die ruwe kiaathoutbankies onder die worsboom die kinders en
 19     sommige ouers se kerk. Hy noem dit Manaka Evangelical Mission. Een van sy
 20     gemeentelede is indoena Sitali Mulambwa, die stamhoof van die Senanga-
 21     gebied.
 22        ŉ Passie om die noordelike wildernisgebiede van Afrika toegankliker te maak
 23     dryf Dennis Chapman.

 9.1    Watter soort verteller is in hierdie uittreksel aan die woord en wat is sy
        funksie in reëls 1–4? Motiveer waarom hierdie soort verteller hier
        funksioneel is.                                                                      (3)

 9.2    Herlees die onderstreepte gedeelte in reëls 7–8.
        Verklaar die verwysing na die skoenlappers en sê wat Dennis se land van
        herkoms is.                                                                          (2)

 9.3    Herlees reël 9.
        Verduidelik waarom Dennis Chipman slegs as Baas bekend gestaan het.                  (1)

 9.4    Watter belangrike rol vervul die worsboom (reël 18) in hierdie verhaal?              (2)

 9.5    Dink jy die oupagrootjie se ideaal om die wildernisgebied van Afrika
        toegankliker te maak was geslaagd? Motiveer jou antwoord met TWEE
        redes. Sê ook wat Baas se droom is en of dit realiseer.                              (4)

                                              EN

 TEKS D

 1         “Jou reg om ŉ Christen te wees maak van jou ŉ Christen. Weet jy dit dan nie?”
 2      Ouma Essie haal haar Bybel uit haar sisvoorskoot se sak en gee dit vir Baas. “Jy
 3      kan mos lees. Romeine 10 vers 20.”
 4         Baas blaai.
 5         “Nie daar nie!” gebied sy. “Romeine is verder agtertoe. Glo jy hierdie boek?”
 6         “Wat sê jy, ouma Essie?”
 7         “Ek wil weet of jy in hierdie Boek glo, jongman. Dit help nie ons staan daaroor
 8      en praat as jy nie glo wat hierin staan nie. Het jy ŉ Bybel?”
 9         “Ek het meer as een Bybel, ouma Essie. Ek het twee. Dit wil nie sê ek het die
 10     antwoorde nie.”
 11        Ouma Essie vat die boek hardhandig uit Baas se hande.
 12        “Nou vat al twee saam en gaan lees Romeine 10 vers 20.” Sy druk haar Bybel
 13     terug in haar sak. “Muluti Griesel en meneer Johnnie wag al vir jou. Dis lekker stil
 14     daar in die mopaniewoud. Dan lees jy sommer vers 9 en 10 ook.” Sy skakel die
 15     kragopwekker af.
 16        Priscilla en Akwilla se helder fluite hang oor die stilte. Baas trek die vasmaaktoue
 17     onder die seil uit.
 18        “Dank die Here,” sê ouma Essie.
 19        “Bolena!” sê Baas in die taal van die maats uit sy kindertyd. “Lea tshwenya!”
 20        “Wat sê jy?” vra ouma Essie verontwaardig.
 21        “Julle! Julle pla!” vertaal Baas.
 22        “Dis nie nodig om vir my te sê wat jy gesê het nie! Dis nie ons wat jou pla nie.
 23     Ke Modimo, lesogana. Dit is die Here, jongman,” sê sy in die taal van haar
 24     kinderjare.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                    (EC/SEPTEMBER 2017)

 9.6    Wat lei ons in reëls 1–3 omtrent ouma Essie se karakter af? Watter
        bydrae lewer ouma Essie tot Baas se karakterontwikkeling?                          (2)

 9.7    Teen watter agtergrond vind Baas en ouma Essie se gesprek in hierdie
        gedeelte plaas?                                                                    (1)

 9.8    Herlees reëls 9–10.
        Baas ervaar innerlike konflik oor sy godsdiens. Noem TWEE dinge wat
        hiertoe aanleiding gegee het. Hoe sou sy ouers se dood tot hierdie konflik
        kon bydra?                                                                         (3)

 9.9    Waarom is dit ironies dat Baas innerlike konflik ten opsigte van sy
        godsdiens beleef?                                                                  (1)

 9.10   Reël 21 bevestig dat Baas sy eie geselskap verkies. Motiveer met DRIE
        bewyse uit die roman dat Baas ŉ buitestander is.                                   (3)

 9.11   Hoe verskil Baas se optrede in TEKS D van sy oupagrootjie s’n in
        TEKS C?                                                                            (1)

 9.12   Watter tema van Manaka Plek van Horings, kom in TEKS D sterk na vore?
        Motiveer waarom jy dink die boodskap van dié roman nog aktueel is.                 (2)
                                                                                          [25]

 VATMAAR – AHM Scholtz

 Beantwoord ÓF VRAAG 10 (opstelvraag) ÓF VRAAG 11 (kontekstuele vraag).

 VRAAG 10: VATMAAR – OPSTELVRAAG

 Die mens wat onskuldig moet ly is ŉ belangrike tema wat in hierdie roman
 aangeraak word. Daar word egter dikwels positiewe dinge hieruit gebore.

 Bespreek hierdie stelling in ŉ opstel van 400–450 woorde deur na Tant Wonnie te
 verwys.
                                                                                         [25]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)              AFRIKAANS HUISTAAL V2                                     17

  VRAAG 11: VATMAAR – KONTEKSTUELE VRAAG

  Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

  TEKS E

  1        Ek het die volgende oggend wakker geword met my arm om haar nek. Sy
  2        het omgedraai en haar gesig was langs myne.
  3        In my kinderverstand het die woorde opgekom: Ons is. Ek het haar daar
  4        en dan liefgekry, die verbond tussen ons was verseël. Van toe af het ons
  5        die meeste van die tyd Setswana gepraat. En sy was trots daarop as ek
  6        tussen ander mense met haar Setswana praat. Vir my was kaffirtaal,
  7        soos die bruines en die wittes dit noem, onse taal.
  8            Ek het altyd saam met haar gegaan as sy die wasgoed vir Mister
  9        Norman White terugvat, maar ek moes buite in die straat wag tot sy terug
  10       kom. Ek het nooit geweet waarom nie, tot op ŉ dag dat sy siek was en
  11       beswaarlik kon loop. Sy het my gevra om die skoon wasgoed, wat sy
  12       klaar opgevou het, in ŉ skoon uitgewaste meelsak in die son op die
  13       paraffienblik te sit om seker te maak daar gaan nie luise in nie. Want
  14       hulle loop uit in die son.
  15           Toe dit tyd word vir ons om die wasgoed weg te bring, kon sy kwalik
  16       loop. Sy het my gevra om peperboomblare te gaan pluk en op haar kop
  17       te sit. Ek het gemaak soos sy gevra het en toe vir haar gesê: Ma, ek sal
  18       die wasgoed na Mister Norman toe vat.
  19           Vat dit, maar hou dit asseblief skoon, het sy gesê. En toe gee sy my ŉ
  20       twaksakkie en sê: Sit die geld hierin.

  11.1     Teen watter agtergrond speel die gebeure in reëls 1–2 af?                        (1)

  11.2     Verklaar die dieperliggende betekenis van die onderstreepte woorde in
           reël 3.                                                                          (1)

  11.3     Herlees reëls 3–4.
           Watter soort verteller is aan die woord en wat is sy funksie? Wat, dink jy,
           is die voordeel van hierdie soort verteller in ŉ verhaal?                        (3)

  11.4     Watter tema kom duidelik in reëls 5–6 na vore? Noem enige TWEE
           ander voorbeelde waar hierdie tema in die verhaal ter sprake is.                 (3)

  11.5     Verklaar die ironie in Norman en Ma Khumalo se verhouding.                       (1)

  11.6     Watter karaktertrek van Ma Khumalo kom in reëls 11–14 na vore?
           Bewys met ŉ ander voorbeeld uit die roman dat Ma Khumalo die mooi
           gesindheid van die Vatmaar-gemeenskap uitleef.                                   (2)

  11.7     Watter vernedering het Norman net na hierdie uittreksel ervaar? Het
           hierdie vernederende ervaring sy lewe negatief beïnvloed? Motiveer jou
           antwoord. Watter boodskap kan die leser uit Norman se ervaring neem?             (3)

                                               EN

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                    (EC/SEPTEMBER 2017)

 TEKS F

 1   . Dit was die volgende Maandag wat Anna de Bruin vir Tant Wonnie gesê
 2     het sy vat vir Kaaitjie saam met haar Du Toitspan toe.
 3        Die witmense kan mos nie sonder ŉ bediende klaarkom nie. Toe haar
 4     skoonsuster, Mevrou Bosman, sien Kaaitjie het anderste maniere as die
 5     jong meisies van die Pan, het sy gevra of sy haar kan hou. Sy sou haar
 6     tien sjielings ŉ maand, kos en slaapplek gee om haar twee kinders op te
 7     pas.
 8        Kaaitjie het gesê: Ek moet eers my Ma-Ma vra of ek kan bly.
 9        Jy bly, ek sal met Wonnie praat, het Mevrou de Bruin vir haar gesê.
 10    Dis hoe Kaaitjie by Mevrou Bosman begin werk het.
 11 T     Tant Wonnie was baie ontsteld toe Anna de Bruin terugkom en haar
 12    vra en sy het gesê: Miesies de Bruin, jy het geen reg om my kind vir die
 13    Bosmans te gee en haar te jy en jou nie. Julle boere dink moes as ŉ
 14    mens vir julle werk, behoort jy en alles wat jy het aan julle. Ek wonder
 15    wanneer julle Boere anders gaan begin dink. Julle het nog altyd die
 16    slawe in julle se koppe, en solank julle julle se werksmense so behandel,
 17    is ŉ dooie man beter af as julle werksvolk.
 18        Piet de Bruin het alles gehoor wat sy gesê het en Tant Wonnie het net
 19    gewag dat hy moet inmeng, sy was reg vir hom. Maar hy het nie ŉ woord
 20    gesê om sy vrou se part te vat nie.

 11.8     Verklaar wat die agste gebod in Vatmaar behels. Motiveer hoekom
          Mevrou Bosman in hierdie gedeelte nié die agste gebod eerbiedig nie.            (2)

 11.9     Verduidelik hoe mevrou De Bruin haar skuldig maak om nie die tema in
          TEKS E uit te leef nie. Dink jy mevrou De Bruin se optrede is geregverdig?
          Motiveer jou antwoord.                                                          (2)

 11.10    Reëls 11–13 is ŉ voorbeeld van die onskuldige lyding wat Tant Wonnie
          moes verduur. Noem DRIE ander voorbeelde in die roman waar Tant
          Wonnie aan onskuldige lyding onderworpe was en sê hoe sy probeer het
          om die positiewe in haar lydenstryd te sien.                                    (4)

 11.11    Herlees reëls 18–20.
          Watter karaktertrek van Piet de Bruin kom hier na vore? Hoekom dink jy
          sou hy dit nie waag om in te meng nie?                                          (2)

 11.12    Watter skokkende ontdekking maak Tant Wonnie en Suzan kort na
          hierdie gedeelte?                                                              (1)
                                                                                        [25]

                                                           TOTAAL AFDELING B:             25

                                         EN

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)               AFRIKAANS HUISTAAL V2                                      19

 ONDERWȆRELD – Fanie Viljoen

 Beantwoord ÓF VRAAG 12 (opstelvraag) ÓF VRAAG 13 (kontekstuele vraag).

 VRAAG 12: onderwêreld – OPSTELVRAAG

 Greg ervaar in sy kontak met die onderwêreld die verlies van geliefdes, norme en
 waardes, vryheid en ook identiteit.

 Bespreek hierdie stelling in ŉ opstel van 400–450 woorde.                                  [25]

 VRAAG 13: onderwêreld – KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

 TEKS G

 1         <h16>Log File: Vakansie-fireworks</h16>
 2            Die April-vakansie is dae weg. Ek kom pas van die graad agts en –
 3         neges af. Het die spul uit die bed geboender en ek voel goed. Later
 4         vanoggend lê ŉ VRL-vergadering met Dok Pienaar voor. Maar ek verwag
 5         nie enige moeilikheid nie. Van hier af is dit plain sailing all the way totdat
 6         die vakansie aanbreek.
 7            “Hei, Greg! En as jy so smile?” vra een van my rugbypelle in die
 8         verbygaan.
 9            “Kan ŉ man dan nie smile nie?”
 10           “Sure. Maar sorg net dat jy wegbly van Plank se lagtwak” grinnik hy
 11        en klap my op die rug.
 12           Op pad terug na my kamer klop ek aan Eckardt se deur. Ek stap
 13        sommer in. Dit lyk of hy skrik. Ek klap sy laptop toe.
 14           “Uitgevang, Ekk-0!”
 15           Hy trek sy skouers op. “Skuldig,” lag hy afgetrokke.
 16           “Besig met ŉ hack?”
 17           “Hmmm.”
 18           “En dit beteken?”
 19           “Dat jy nie so nuuskierig moet wees nie.” Verbeel ek my of is hy bietjie
 20        moerig omdat ek hom gepla het?
 21           “Oukei, dan vra ek jou liewer nie wat jy die vakansie gaan doen nie.”
 22           “Daai een kan ek antwoord – ek het nie ŉ clue nie,” sê Eckardt. “My
 23        pa-hulle is Switserland toe. Henno en Janita is by hulle pelle. Ek sal
 24        seker by die huis wees. ŉ Bietjie stilte sal goed wees.”
 25           “Nonsens!” kap ek terug. “Stilte is net goed vir tannies in ouetehuise.
 26        Jy kom saam met my Jo’burg toe. Ons gaan so ŉ paar dae daar wees,
 27        dan skiet ons af na die strandhuis in Jeffreys.”

 13.1      Verduidelik wat die gegewens in reël 1 beteken.                                   (1)

 13.2      Benoem die soort verteller in hierdie uittreksel en sê watter voordeel
           hierdie soort verteller vir die leser inhou. Motiveer die geslaagdheid van
           dié soort verteller in reëls 2–6.                                                 (3)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                    (EC/SEPTEMBER 2017)

 13.3      Hoe staan leerders wat deel is van die spul (reël 3) by Greg se skool
           bekend? Dink jy Greg verdien die respek van hierdie groep leerders?
           Motiveer jou antwoord.                                                        (2)

 13.4      Herlees reël 5.
           Motiveer of die taalgebruik geregverdig is, al dan nie.                       (1)

 13.5      Herlees reël 14.
           Wat is die Ekk-0 en hoekom is die woord insiggewend as dit met die
           romantitel in verband gebring word? Sê ook hoe dit funksioneel
           aangewend word om Greg se broer by die verhaalgebeure te betrek.              (3)

 13.6      Herlees reëls 19–20.
           Hoekom is Eckardt waarskynlik geïrriteerd?                                    (1)

 13.7      Hoekom is Eckardt se woorde in die onderstreepte gedeelte in reëls 22–
           23 ŉ leuen? Hoe staan leuens sentraal in die vriendskapsverhouding
           tussen Greg en Eckardt? Motiveer ook of jy dink Eckardt het dit geniet
           om sy meesterplan eindelik te onthul.                                         (3)

                                              EN

 TEKS H

 1           Die koeldrank drink ek terwyl ek terugloop polisiestasie toe. Dis teen
 2         die skool se reëls om in skoolklere te loop en eet of drink, maar ek gee
 3         nie nou ŉ hel om nie. Wat is dit in vergelyking met wat Dok gedoen het?
 4         En wat het geword van al die waardes wat hulle vir ons wou leer? Alles
 5         was net show.
 6         Dis seker nie reg van my om al die onnies oor dieselfde kam te skeer as
 7         vir Dok nie. Maar ek is net so gatvol. Miskien voel ek beter as ek ŉ
 8         bietjie ordentlike slaap gekry het.
 9      Ek    Toe ek nader aan die polisiestasie kom, stop ŉ polisievoertuig voor
 10        die deur. Ek gaan staan stil. Die geluid van motordeure wat oopgemaak
 11        word klink op in die straat. My hart donder skielik in my bors. Hulle
 12        boender vir Dok uit die motor, hou hom regop toe hy op sy knieë wil
 13        afsak. Hy ruk aan sy boeie.
 14     “Jo “Jou klein pes!” skree hy toe hy my sien. Sy gesig is vertrek van
 15        woede. Daar is sweetvlekke op sy wit hemp. Hy verloor sy skoen. “Wat
 16        het jy gedoen? Ek sal jou kry, Greg. My mense sal jou kry.”
 17      Di Dis al wat ek hoor, want hulle sleep-dra hom oor die sementpaadjie
 18        en stoep die gebou in.
 19     No Nou skielik kom die verlammende vrae. Was dít wat ek gedoen het
 20        reg? Moes ek dit anders aangepak het? Of moes ek eerder my bek
 21        gehou het? Maar as ek stilgebly het, hoe sou die waarheid kon uitkom?

 13.8      Teen watter agtergrond vind die gebeure in hierdie gedeelte plaas?            (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)              AFRIKAANS HUISTAAL V2                                   21

 13.9      Verklaar hoe die stemming in hierdie gedeelte anders is as die
           stemming in TEKS G en motiveer jou antwoord.                                 (2)

 13.10     Watter karaktertrek van Dok Pienaar kom in hierdie gedeelte na vore?
           Motiveer of sy optrede hier anders is as hoe die leser hom deur die res
           van die roman leer ken het.                                                  (2)

 13.11     Herlees reëls 19–21.
           Watter soort konflik ervaar die hoofkarakter hier? Wat is jou antwoord
           op die onderstreepte vraag in reëls 19–20? Motiveer jou antwoord. Wat
           is die waarheid wat eindelik uitgekom het? Noem TWEE dinge.                  (4)

 13.12     Wat is die hooftema en boodskap van onderwêreld?                            (2)
                                                                                      [25]

                                                           TOTAAL AFDELING B:           25

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
22                                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/SEPTEMBER 2017)

 AFDELING C: DRAMA

 Beantwoord in hierdie afdeling slegs EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

 KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small

 Beantwoord ÓF VRAAG 14 (opstelvraag) ÓF VRAAG 15 (kontekstuele vraag).

 VRAAG 14: KRISMIS VAN MAP JACOBS – OPSTELVRAAG

 Die ruimte waarin Krismis van Map Jacobs afspeel is tekenend van die hartseer en
 misdrywe van die Kaapse Vlakte, maar die tronk word tog ook as ŉ helende ruimte
 geteken.
 Bespreek hierdie stelling in ŉ opstel van 400–450 woorde.                                        [25]

 VRAAG 15: KRISMIS VAN MAP JACOBS – KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

 TEKS I

 1                   Geluide
 2        MAP:       ‘Is in die kombuis, die skottelgoed. Dis net om die hoek, in die gang
 3                   af ...

 4                   Stilte.
 5        MAP:       Ek sweer alles sal nou regkom, Ma ... Hulle moet my net ŉ kans gee,
 6                   daar buitekant ... Die social worker, miss Africa, sy’t moet my gepraat,
 7                   sy meen hulle sál vir my ŉ kans gee. Ek moet ŉ werk kry, sy sê sy’s
 8                   besig om vir my yt te vind, ek het gesê vir haar enige soorte werk, ‘it
 9                   maak nie saak wat nie ... Dit maak nie saak nie ... Ek wil net daai kans
 10                  hê, om te wys ... lat ek ’n annerste man is ... Ma ... Sê tog vir Blanchie
 11                  wat ek sê ...

 12                  Sy knik. Stilte.

 13       MAP:       Ma lyk goed. Hoe gaan ‘it moet Oompie Paulsen-hulle? Die band
 14                  practise seker al vir Krismis. Ek onthou ... Dis regte mense daai,
 15                  Oompie Paulsen-hulle. Oompie Paulsen en Kaffi’tjie Arries en Boytjie
 16                  Louw, ek onthou al hulle name even! Sê vir hulle sewe jaar is ŉ lang
 17                  tyd, maar ’is oek ŉ kort tyd, ek onthou al hulle name even ... en Danny
 18                  Delcarme, en Bêrend Oliphant, en Freddy, wat is sy van nou weer ...
 19                  en Tommy Sobotker, Tommy moet sy goetertjies! ... Kan Ma gló, ek
 20                  kom ýt, op die sewende ... O ja, Freddy la Vita ...
 21                  Sy knik.

 22       MAP:       Ek weet Uncle Cavernelis het nooit van my gehou nie, maar sê vir
 23                  hom ek het ge-veranner, Ma ... Hy hoef nie meer te worry oor my
 24                  moet Blanchie nie ... Sewe jare.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)              AFRIKAANS HUISTAAL V2                                       23

 15.1     Herlees reëls 1–3.
          Hoe help die toneelaanwysing die leser om reëls 2–3 te verstaan?                (1)

 15.2     Teen watter agtergrond vind hierdie gesprek tussen Map en sy ma plaas?          (1)

 15.3     Het Map die kans gekry waarna hy in reël 5 verwys? Motiveer jou antwoord
          met TWEE bewyse uit die drama.                                                  (2)

 15.4     Herlees reëls 10–12.
          Verklaar die gebruik van die ellips. Waarom is dit korrek om te sê Ma se
          knik en stilswye verkry ŉ dieper simboliese waarde? Hoe word die stilte
          eindelik opgehef?                                                               (3)

 15.5     Verklaar die ironie in die onderstreepte woorde in reël 14.                     (1)

 15.6     Die getal sewe (reëls 16 en 24) is funksioneel en simbolies in hierdie
          drama.
          Wat is die implikasie vir die res van die gemeenskap dat Map juis na sewe
          jaar vrygelaat word? Wie het Map die meeste in sy bekering bygestaan en
          verduidelik hoekom Map in reëls 10–11 seker wil maak Blanchie weet hy
          het verander.                                                                   (3)

 15.7     Hoekom het Cavernelis nie van Map gehou nie (reël 22)? Sê wat
          Cavernelis se lewensdoel was en motiveer of Cavernelis die vryheid gekry
          het waarna hy so gesmag het.                                                    (3)

 TEKS J

 1                          Bo by die woonstelvenster verskyn Blanchie se gesig weer,
 2                          om te sien wat haar pa ophou. Sy roep dan.

 3       BLANCHIE:          Daddy! Daddy!

 4       LA GUMA:           En ek hoor Map Jacobs is oek kamma gebekeer!

 5       CAVERNELIS:        Ek kom, Blanchie ...! Okay, goodnight, mister La
 6                          Guma ...

 7       LA GUMA:           (is nog nie klaar gepraat nie. Cavernelis huiwer
 8                          weer): Weet jy hoekom hulle vir hom Map ge-call
 9                          het? You know why?

 10      CAVERNELIS:        (ŉ bietjie meer ferm): Maar ... ek stel nie belang nie, mister
 11                         La Guma ...

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
24                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                    (EC/SEPTEMBER 2017)

  12        LA GUMA:                 Omlat hy ge-tattoo is oor sy hele lyf. (Hy wys.) That
  13                                 beautiful body, hoekô moet hy dit nou so gaan
  14                                 opmess! Allerhande merke, like, to identify himself!
  15                                 Daai’s wat ŉ mens doen as jy desperate is, in ŉ plek
  16                                 soes dié. (Hy wys weer na die geboue.) In dié ...
  17                                 wasteland ... ‘is dieselfde ding, man, soes wat die
  18                                 mense hierso hulle grys hyse paint, die een bright
  19                                 red ennie anner een bright blue, en die een paint ŉ
  20                                 eagle op sy deur, en die anneer een vir Superman,
  21                                 an’ so on. Verstaan jy, mister Cavernelis! ‘Is soes
  22                                 tattoos, man, dieselfde ... You search for something,
  23                                 man. As jy ŉ regte mens is, dan wil jy wiet waar jy
  24                                 aan is en waar jy af is, waar jy stáán. Understand?
  25                                 Jy moet tog iewers belong, belong! Somewhere
  26                                 moet jy darem iets kan identify moet jouselwers ...
  27                                 en jouselwers same moet iets!

  28                                 Wel ...

  29                                 Daddy ... y ... y!!

  30        CAVERNELIS:              (neem sy fiets): Good night, mister La Guma ...

  31        LA GUMA:                 Maar wat gebeur? Group areas! The District Sixes,
  32                                 the Claremonts, the Simonstowns!

  15.8    Verduidelik die rol van die verteller in reëls 1–2.                            (1)

  15.9    Is La Guma se ongeloof oor Map/sinisme in reël 4 geregverdig?
          Watter rol vervul La Guma met opmerkings soos dié in die drama?                (2)

  15.10 Watter karaktertrek van Cavernelis kom in reëls 10–11 na vore? Hoe
        is die Cavernelis wat ons hier sien anders as die Cavernelis wat ons
        vroeër in die drama sien?                                                        (2)

  15.11 Herlees reëls 12–27.
        Watter TWEE temas kom in hierdie reëls duidelik na vore? Hoe sluit
        die tatoeëermerke by Map se naam aan? Dink jy Map sal eendag
        weer werklik soos Johnnie Jacobs voel? Motiveer jou antwoord.                  (4)

  15.12 Waarna verwys Group Areas in reël 31 en sê hoe die stemming wat
        deur La Guma geskep word, verskil van die stemming wat in TEKS I
        heers.                                                                          (2)
                                                                                       [25]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)              AFRIKAANS HUISTAAL V2                                     25

 MIS – Reza de Wet

 Beantwoord ÓF VRAAG 16 (opstelvraag) ÓF VRAAG 17 (kontekstuele vraag).

 VRAAG 16: MIS – OPSTELVRAAG

 Die titel van hierdie drama kan op verskeie maniere geïnterpreteer word.

 Bespreek hierdie stelling in ŉ opstel van 400–450 woorde.                                   [25]

 VRAAG 17: MIS – KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

 TEKS K

 1          MEISIE:     Nou goed, ek sal vir u vertel en dan sal ek daarvan
 2                      vergeet. (knyp haar oë styf toe) Vir altyd en vir ewig.
 3                      (Stilte. Begin vertel en leef haar heeltemal in. Sagte
 4                      vlae wind word gehoor en dit word geleidelik effens
 5                      harder) Een jaar was die sirkus hier. Soos nou. Maar
 6                      dit was ŉ warm aand. ’ ŉ Vroeë somer’, het my ma
 7                      gesê. ‘Dit bring droogte en pestilensies.’ (Sag) Dis
 8                      bedompig in die huis. Ons maak die vensters oop en
 9                      toe gaan ons slaap. Skielik skrik ek wakker. Ek lê in
 10                     die donker en luister na die musiek. Dis asof die
 11                     musiek al harder word. Die takke skraap teen die dak.
 12                     Die gordyne waai, op maat van die musiek. Ek gaan
 13                     staan voor die venster. Ek sien die tent. Die groot tent
 14                     en die liggies. Die musiek word harder en harder. Ek
 15                     klim deur die venster, spring af tussen die rose, gaan
 16                     deur die tuinhekkie en hardloop na die skougronde.
 17                     Sommer net so. Kaalvoet oor die dorings. Ek loop
 18                     tussen die hokke deur. ŉ Tier grom. Ape raas. Ek staan
 19                     by die tent. (Laggie) Toe sien ek ŉ gaatjie en ek loer
 20                     daardeur. (Maak die ‘gaatjie’ met duim en voorvinger
 21                     en loer daardeur) Eers die een oog en toe die ander.
 22                     (Stilte. Verwonderd asof sy dit weer sien) Ek sien ŉ
 23                     man met lang, swart hare en ŉ blink mantel. Daar’s ook
 24                     ŉ meisie. Hy wys ŉ saag vir die mense en roep iemand
 25                     nader om te voel hoe skerp dit is.

  17.1   Beskryf hoe Meisie in hierdie gedeelte buite haar aard optree.                       (2)

  17.2   Watter stemming word deur die wind in reël 4 geskep?                                 (1)

  17.3   Herlees reël 5.
         Watter simboliese betekenis verkry die sirkus vir Meisie in hierdie drama?
         Sê hoe Miem en Gertie onderskeidelik oor die sirkus voel en watter rol die
         konstabel in die sirkusmotief speel.                                                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 26

Downloaded from hlayiso.com
26                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/SEPTEMBER 2017)

     17.4 Slegs Meisie is in hierdie gedeelte aan die woord. Wat word so ŉ
          alleenspraak in ŉ drama genoem? Sê wat die rol van die verteller in hierdie
          gedeelte is en motiveer hoekom jy dink so ŉ ek-verteller in ŉ drama
          positiewe gevolge vir die leser inhou.                                                 (3)

     17.5 Meisie plant rose onder haar venster vir ŉ rede. Waarom is dit korrek om te
          sê sy het nie in haar doel geslaag nie?                                                (1)

     17.6 Verduidelik volledig hoe reëls 23–25 ŉ vooruitskouing van die naderende
          gevaar is.                                                                             (2)

                                                EN

     TEKS L

     1        KONSTABEL:        Ja. En ek is bly ek kan sien, want nou kan ek vir jou
     2                          sien. En jy is baie mooi.

     3        MEISIE:           (verwonderd) Is ek?

     4        KONSTABEL:        Jy is.

     5        MEISIE:           (verleë) Jy het mos gesê sonder skoene.

     7        KONSTABEL:        Ja. (Trek die gordyne opsy) Dis net reg so. (Maak die
     8                          venster oop)

     9                          Sirkusmusiek word gehoor.

     10       MEISIE:           Asseblief! Maak toe die venster. Ek mag nie die
     11                         musiek hoor nie! Asseblief.

     12       KONSTABEL:        Net vir ŉ rukkie. Daar trek so ŉ soet luggie. (Glimlag)

     13       MEISIE:           (druk haar hande oor haar ore) Die musiek is so
     14                         hard. Ek mag dit nie hoor nie.

     15                         Die konstabel maak vinnig die deur oop. Die musiek
     16                         is nou harder.

     17       MEISIE:           Nee! Maak toe die deur! Maak toe die deur!
     18                         (Hardloop na die deur)

     19                         Die konstabel keer haar voor. Sy hardloop na die
     20                         wastafel en leun oor om die venster toe te maak. Die
     21                         KONSTABEL sit sy hande om haar middel. Sy laat
     22                         haar arms sak. Die KONSTABEL neem haar gesig
     23                         tussen sy hande en kyk na haar. MEISIE beweeg
     24                         haar kop stadig van kant tot kant.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans HL P3 May June 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2017/7f504e9a-f69d-45ee-b1f6-ef529a4fd2da) — Afrikaans HL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2017/4577c737-2595-4437-bfdb-6520a8a9afe6) — Afrikaans HL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Feb March 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-feb-march-2017/4b510bf1-897d-48b4-97b1-3bb8f71ded49) — Afrikaans HL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Feb March 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-feb-march-2017/773c90b1-cfa7-4a66-b158-b5ebce5dc8d1) — Afrikaans HL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Feb March 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-feb-march-2017/60537e99-e401-4b8c-87b0-63dfb08ba5b2) — Afrikaans HL · QP · 2017 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2023](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2023-eastern-cape-mock-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/1a878435-bdd2-45da-8e0c-99f96c0bae42) — Afrikaans HL · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
