# Afrikaans HL Grade 12 Eastern Cape Mock 2017 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2017, 33 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-ht-v2memo/b94f3d05-dbaa-41a4-a312-298a2b9dc7c2
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2017
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 33

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Eastern Cape Mock 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-ht-v2memo/b94f3d05-dbaa-41a4-a312-298a2b9dc7c2)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2017 · Afrikaans. Memorandum, 33 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                          GRAAD 12

                   SEPTEMBER 2017

                AFRIKAANS HUISTAAL V2
                    NASIENRIGLYN

PUNTE:   80

                   Hierdie nasienriglyn bestaan uit 33 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                            AFRIKAANS HUISTAAL V2                           (EC/SEPTEMBER 2017)

    NASIENRIGLYNE

    1.    As ŉ kandidaat meer as die verlangde getal vrae gedoen het, word net die
          eerste antwoord/respons nagesien. (Die kandidate mag nie die opstelvraag
          en die kontekstuele vraag oor dieselfde genre beantwoord nie.)

    2.    As ŉ kandidaat in AFDELING A al vier vrae oor die gesiene gedigte gedoen
          het, word die eerste twee gedigte se antwoorde nagesien.

    3.    As ŉ kandidaat in AFDELING B en C twee kontekstuele vrae of twee literêre
          opstelle beantwoord het, word die eerste antwoord nagesien en die tweede
          antwoord word geïgnoreer. As ŉ kandidaat al vier die vrae in AFDELING B en
          C beantwoord het, word die eerste antwoord in elke afdeling nagesien mits
          een kontekstuele vraag en een opstelvraag beantwoord is.

    4.    As ŉ kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd, maar
          die tweede antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die tweede
          antwoord word geïgnoreer.

    5.    As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die
          memorandum nagesien.

    6.    As ŉ spelfout die betekenis van die antwoord beïnvloed, word dit verkeerd
          gemerk. As die spelling nie die betekenis van die antwoord beïnvloed nie,
          word dit as korrek beskou.

    7.    Literêre opstel: As die opstel korter as die verlangde lengte is, word die
          kandidaat nie gepenaliseer omdat hy/sy, hom-/haarself gepenaliseer het. As
          die opstel te lank is, assesseer dit op meriete en bespreek dit met die senior
          nasiener/vakhoof. Die memorandum is slegs ŉ riglyn, daarom moet ander
          relevante inhoud as korrek beskou word. Gebruik die aangehegte rubrieke om
          die literêre opstelle na te sien.

    8.    Kontekstuele vrae: As ŉ kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar ŉ vraag
          dit vereis nie, word die kandidaat nie gepenaliseer nie.

    9.    Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JAN/NEE/EK STEM SAAM/EK
          STEM NIE SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.

    10.   Geen punte word vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING toegeken nie. Die
          rede/motivering/bewys verdien die punt.

    11.   Moenie woorde nasien nie, sien betekenis na.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                AFRIKAANS HUISTAAL V2                                      3

  AFDELING A: GEDIGTE

  VRAAG 1: LITERȆRE OPSTEL – “besoekersboek”

  Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte ASSESSERINGSRUBRIEK
  VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE nagesien.

  LET WEL:

      Dis ŉ breë raamwerk van feite.
      Al die feite hoef nie genoem te word nie.

  Die kandidaat bied ŉ gepaste inleiding aan.

     Elke mens het ŉ behoefte om iets van hulself op aarde na te laat, want hul
      wil onthou word vir die bydrae wat hul gelewer het./Bv. r.2:(of liewer: íngekrap)
     Die mens wil die tydelikheid van hul aardse besoek verewig aangesien hul
      besef dat hul net tydelike besoekers op aarde is./Bv. r.1: op die sel se mure
      het iemand uitgekrap
     Die gedig maak dit duidelik dat die mens ŉ sigbare merk wil maak – in
      watter vorm ook al – dat hul hier was om die metaforiese besoekersboek van
      die lewe te teken./Bv. r.2:sy naam en al die dae
     Die mens wil dus bly voortleef en onsterflik raak sodat hul seker is hul
      aardse pogings was nie verniet nie./Bv. r.14:ek was hier en hier het ek
      geslaap.
     Die titel maak dit duidelik dat die mens slegs ŉ gas is wat die aarde
      besoek aangesien die mens sterflik is en nie vir ewig op aarde kan leef
      nie./Bv. titel besoekersboek
     Reeds in die titel word daar ŉ besoek afgelê, want jy besoek ŉ plek indien
      jy ŉ besoekersboek het./Bv. titel besoekersboek
     ’n Verskeidenheid van plekke kom deurentyd in die gedig na vore, want
      duikweë, stasies en brûe dui op plekke waar mense beweeg wanneer daar
      gereis word./Bv. r.4:deur duikweë stasies onder brûe bly draai die vrae
     Die spreker het Egipte besoek en die verwysing na hiërogliewe is bewys
      daarvan./Bv. r.9:ek loer na hiërogliewe
     Die spreker het ook ŉ boer se plaas besoek waar santekeninge
      voorkom./Bv. r.10:waar jagtonele oorgebly het teen die krans
     Die Gideonsbybel dui verder op reis aangesien dié Bybels in hotelle
      aangetref word en dit ŉ plek is waar reisigers oorslaap./Bv. r.11:vóór in die
      gideons se bybel is ŉ lang lys
     Die figuurlike reis van die mens na die aarde bly sentraal staan in die lees
      en die verstaan van hierdie gedig./Bv. r.14:ek was hier en hier het ek geslaap

  Die kandidaat bied ŉ gepaste slot aan.                                                   [10]

                                           OF

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                             AFRIKAANS HUISTAAL V2                            (EC/SEPTEMBER 2017)

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG – “ŉ vigslyer sterf”

Vraag     Antwoord                                                                        Punt
2.1       Die a-klank in versreël 1 versterk takelwerk en afgetakel./
          Die o-klank in versreël 2 versterk hom ontplof./
          stort en word in versreël 3 en 4 word deur die o-klank/rym beklemtoon.
          √√                                                                                2

2.2       Metafoor / Vergelyking √                                                          1

          Die vel word vergelyk met ŉ dun seil. √                                           1

          Die bene is brose stokke omdat dit dun is/lyk of dit maklik kan breek./
          Net soos die stokke sigbaar is deur die dun seil, net so is die bene
          (geraamte) deur die dun vel sigbaar. √                                            1

2.3       somber / hartseer / ontnugtering √                                                1

2.4       2.4.1      Dit beklemtoon dat iets so lig soos die gewig van lug die rede is
                     waarom die vigslyer nie sy hande kan oplig nie./
                     Die gewig van lug word doelbewus oordryf om die
                     hartseer/skokkende werklikheid van die situasie aan die leser te
                     wys./Dit is funksioneel omdat dit absoluut oordryf hóé swak die
                     vigslyer is./
                     Dit beklemtoon hoe moeg en uitgeput die vigslyer deur hierdie
                     siekte is. √                                                           1

          2.4.2      Enjambement / korter versreëls / eenlettergrepige woorde √             1

2.5       Die boodskap handel oor die fisiese pyn, verwyt, oordeel en vrae wat
          die pasiënt en familie ervaar. √
          Groot hartseer en emosionele skade word deur hierdie siekte
          meegebring en die oë soek na hulp/raad./
          Die siekte veroorsaak geweldige fisiese pyn en die slotstrofe
          beklemtoon dat die vigslyer graag sonder pyn wil sterf./
          Die siekte bring oordeel en verwyte en die spreker vra genade vir sy
          situasie./
          Die siekte bring baie vrae en onsekerheid vir die lyer en sy naastes en
          daarom probeer hy verstaan waarom hy so moet sterf/sy naastes
          probeer verstaan hoekom dit die lyer se lot moet wees. /
          Aan die einde het hy die genade ontvang om te verstaan, daarom
          bevraagteken hy nie meer sy lot nie. √

          Die kandidaat moet die boodskap noem vir EEN punt en die aansluiting
          van die betekenis/inhoud van die slotstrofe vir EEN punt.                        2
                                                                                          [10]

                                                OF

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                AFRIKAANS HUISTAAL V2                                         5

  VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG – “oupa Thomas Daniel Granfield”

  Vraag     Antwoord                                                                     Punt
  3.1       Die spreker verwoord haar hartseer oor haar oupa se dood./
            Dit gaan oor iemand se dood. √                                                  1

  3.2       Koeplet √                                                                       1

            Die strofe beklemtoon dat die spreker uitgesluit is, toe die res van die
            familie by haar oupa se sterfbed was. √                                         1

  3.3       Omdat hierdie strofe oor dié spreker se gevoelens handel, is die
            herhaling van ek gepas. √                                                       1

  3.4       Vergelyking √                                                                   1

            Die spreker se ma se woorde het haar met vrees/spanning/angs
            gevul./
            die ma se woorde is slegte nuus./Die spreker wou nie haar ma se
            woorde hoor nie – sy koes daarvoor. √                                           1

  3.5       Dit skei die gedig in twee dele./
            Dit dui daarop dat die eerste deel oor die oupa se sterfdag handel,
            terwyl die tweede deel die spreker se hartseer oor dié dag beskryf. √           1

  3.6       Die spreker beklemtoon dat haar oupa ŉ goeie man was, maar sy
            potensiaal is beperk./Die spreker meen dat haar oupa soveel meer kon
            wees as hy die geleentheid sou gehad het. √                                     1

            Dit is goed dat besondere mense in ons lewens geëer word vir die
            mens wat hul was en die invloed wat hul op ons lewens gehad
            het./Elke mens is verantwoordelik vir sy eie geluk./Hoe jy dinge
            benader/verwerk bepaal jou geluk of ongeluk. √                                  1

            Bv. Ek het in die gedig geleer dat ek moet besef dat hartsmense soos
            my grootouers my liefde en aandag verdien./ek het besef hoe
            dankbaar ek is dat ek ook ŉ wonderlike oupa in my lewe het. √
            Die kandidaat formuleer ŉ gepaste tema en eie boodskap binne
            konteks van die gedig.                                                         1
                                                                                          [10]

                                          OF

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                           AFRIKAANS HUISTAAL V2                           (EC/SEPTEMBER 2017)

    VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG – “Die sagte sprong”

    Vraag   Antwoord                                                                    Punt
    4.1     Metafoor √                                                                   1

            God se teenwoordigheid is sag, maar kragtig./ beweeg/roer ŉ mens. √           1

    4.2     Dit verwys na die spreker se mistieke belewing van God se
            teenwoordigheid. √                                                            1

    4.3     vreugde / stille verwondering √                                               1

    4.4     Progressie vind plaas vanaf ŉ intellektuele belewing tot ŉ geestelike
            ervaring. √                                                                   1

            Daar word aanvanklik na ‘sy vasvat’ verwys, maar wanneer die spreker
            ŉ dieper belewenis van God ervaar, verander dit na ‘u vasvat’ wat haar
            diepste siel aanraak/tref. √                                                  1

            Aanvanklik vind ŉ gesprek in die algemeen plaas en dan verpersoonlik
            dit. √                                                                        1

    4.5     Die vraag is funksioneel, want die spreker tree nou in ŉ direkte gesprek
            met God. √                                                                    1

            Die spreker bevestig ook God se daadwerklike invloed in haar lewe. √          1

    4.6     Wanneer ŉ mens na aan God leef, vervul dit jou met ŉ intense
            belewenis van Hom./
            Die mens word met intense vreugde vervul wanneer hy/sy na aan God
            leef. √                                                                       1
                                                                                         [10]

                                              EN

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                AFRIKAANS HUISTAAL V2                                        7

  VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG – “Fotodag”

  Vraag     Antwoord                                                                    Punt
  5.1       ŉ Persoon wat terugdink aan sy/haar skoollewe./
            ŉ Persoon wat terugdink aan die fotodag destyds by die skool./
            ŉ Persoon wat na ŉ skoolfoto kyk (en terugdink aan die fotodag). √             1

  5.2       Daar is geen klasse nie/baie aankondigings./
            Kinders trek tussen die skoolbanke aan./
            Toksakke lê rond./
            Kinders hardloop in die gange rond. √√                                         2

  5.3       Die fotonemery is net vir (valse) vertoon. √                                   1

  5.4       Die strengheid/orde/dissipline word beklemtoon./
            Dit beklemtoon dat die leerders nie ŉ keuse ten opsigte van die dra van
            baadjies het nie. √                                                            1

  5.5       Die gedig het geen vaste rymskema nie./
            Die gedig het geen vaste strofebou nie. √√                                     2

  5.6       Soos die flits van die kamera tydens die fotodag, het die jare na skool
            vinnig verby gegaan (geflits). √                                               1

            Die spreker is negatief oor skool, want hy meen dit was nie ‘regte’ jare
            nie – die regte jare het eers na skool gekom. √                                1

            Dit gaan moontlik nie (so) goed met die spreker nie, want hy kry skaam
            dat hul destyds so versekerd was – die implikasie is dat hy/hulle dus
            nie nou meer so selfversekerd is nie. √                                       1
                                                                                         [10]

                                                            TOTAAL AFDELING A:            30

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                           AFRIKAANS HUISTAAL V2                         (EC/SEPTEMBER 2017)

    AFDELING B: ROMAN

    Beantwoord EEN vraag.

    VRAAG 6: LITERÊRE OPSTEL – Die kwart-voor-sewe-lelie – Eleanor Baker

    Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
    VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

    LET WEL:
     Dis ŉ breë raamwerk van feite.
     Al die feite hoef nie genoem te word nie.

    Die kandidaat bied ŉ gepaste inleiding aan.

     Iris is nie die tradisionele heldin wat in ŉ liefdesverhaal aangetref word
      nie, want as ŉ onsekere karakter bly sy deurentyd op soek na ŉ geleentheid om
      haar volle potensiaal te bereik.
     Iris is nie ŉ gewone, selfversekerde meisie nie, maar voel eerder dat
      niemand na haar luister nie.
     Iris is nie ŉ entoesiastiese meisie wat opgewonde is oor haar doen en late
      nie, want sy glo alles wat haar susters doen is opwindender en interessanter.
     Iris se familie wil dink dat sy nie in mans belangstel nie en sy smeek haar
      ma om van Riekie ontslae te raak.
     Iris se knieë knak nie voor enige aantreklike man nie en daarom beïndruk
      Frederik se plakkaatvoorkoms haar maar min.
     Iris verkies om die hede te ontduik deur in haar verbeeldingswêreld te
      leef, want dit bied baie meer opwinding.
     Aangesien Iris nie tevrede is met alles wat die werklikheid bied nie, skep
      sy verbeeldingsvlugte en ŉ Engel sodat sy kan ontsnap na ŉ interessanter
      wêreld.
     Sy hanteer verhoudings nie soos die tipiese meisie wat ŉ emosionele
      ervaring wil hê nie, maar verkies om slegs fisiek betrokke te raak.
     Iris is nie beroepsgerig en gedrewe nie, maar verkies om eerder by dokter
      Anders te werk omdat sy nie wil hê die werklikheid moet haar
      verbeeldingsvlugte onderbreek nie.
     Iris stel alles in haar lewe ondergeskik aan die een groot blomoomblik in
      haar lewe, want sy glo dat ŉ mens net een kans op ware geluk het.
     Els is nie die konvensionele ma wat haar dogters liefdevol grootmaak nie,
      maar hierdie taak word grootliks aan Johanna oorgelaat.
     Els word eerder deur haar kinders grootgemaak, want hul wys haar op baie
      dinge wat sy moet doen.
     Els is nie die tipiese ma wat ŉ goeie kok is nie en is eintlik dankbaar
      wanneer die aandete aan die gaar raak was.
     Els verkies dit om tyd in die tuin deur te bring eerder as om die tradisionele
      take van ŉ ma te verrig.
     Els maak haar kinders ietwat liberaal groot aangesien sy nie in hul pad
      staan wanneer hul op jong ouderdomme verhoudings aanknoop nie.
     Els tob nie oor haar dogters se sedes nie en deur stil te bly of hul nie aan te
      spreek nie, aanvaar sy hul optrede.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)              AFRIKAANS HUISTAAL V2                                9

   Els is nie georganiseerd en in beheer van haar huishouding nie, want sy
    kom verstrooid voor.
   Els is nie die tradisionele ma wat alles volgens die boek doen nie, maar
    sy is eerder baie eksentriek in haar benadering tot die lewe.
   Els is baie onkonvensioneel in haar hantering van misdaad, want sy
    help die boef by die tuinhekkie uit.
   Els is beslis alternatief, want sy sluit op die plaas by Die Spieël aan.
   Johanna is nie slegs die huishulp nie, maar maak die dogters groot.
   Johanna speel nie net ŉ ondersteunende rol in die huis nie, maar neem
    verantwoordelikheid vir pligte wat eintlik die ouers sŉ is.
   Johanna lyk nie soos die tipiese huishulp van daardie era nie, maar lyk
    deftiger as sommige van Elsa se tantes by haar troue.
   Johanna weier om die tradisionele rol van die huishulp in te neem deur
    te weier om die dogters “kleinmies” te noem.
   Johanna se hulp in die huis is nie beperk tot huistake nie, maar sy bied
    emosionele onderskraging aan die dogters.
   ŉ Mens sou nie verwag die Johanna rassisties optree nie, maar sy noem
    Claude ŉ ‘klong’ en is skepties oor Kara se verhouding met dié Fransman.
   Johanna is nie versigtig vir haar werkgewer nie, maar manipuleer Pa
    eerder om haar sin te kry.

  Die kandidaat bied ŉ gepaste slot aan.                                           [25]

                                       OF

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                          AFRIKAANS HUISTAAL V2                              (EC/SEPTEMBER 2017)

 VRAAG 7:      KONTEKSTUELE VRAAG – Die kwart-voor-sewe-lelie – Eleanor
               Baker

 Vraag    Antwoord                                                                          Punt
 7.1      ŉ Dief het by Iris-hulle ingebreek./ŉ Dief het die televisie probeer steel. √       1

 7.2      Verstrooid √                                                                        1

          Ma het die amptenare by Binnelandse Sake deurmekaar gehad met die
          inligting omtrent Johanna vir die pas wat sy moes dra. √                            1

 7.3      Eerstepersoonsverteller √                                                           1
          Die verteller laat die leser besef dat Iris ŉ storie so gemaklik/lekker vertel
          dat sy maklik afdwaal van wat sy eintlik wil sê./
          Die leser besef dat Iris se gedagtes afdwaal terwyl sy ŉ storie vertel./
          Dit word vir die leser beklemtoon dat Iris se gedagtes rondspring/nie altyd
          georden is nie. √                                                                   1

 7.4      Claude is nie-blank/swart. √                                                        1
          Rassisme √                                                                          1
          Ma ignoreer die pas wat Johanna moet dra met vaagheid./
          Iris verwys spottend na Suid-Afrikaners as rassiste./
          Johanna waarsku Iris teen die Negers in die VSA./
          Iris se gesin het geen vooroordeel teen anderskleuriges nie./
          Iris is nie bang om saam met Billy te ry nie./
          Billy, ŉ nie-blanke, is die eerste persoon wat werklik na Iris luister. √√          2
          Die kandidaat bied enige TWEE voorbeelde uit die roman aan.

 7.5      (Hiper) prakties √                                                                  1

          Ja, toe sy ŉ drieling verwag, het sy haar praktiese ingesteldheid effe
          verslap./ Haar huis was later ook deurmekaar. √                                     1
          Die kandidaat bied enige EEN motivering uit die roman aan.

 7.6      Hannes sê wat moontlik tot ŉ probleem in Kara en Claude se verhouding
          kan lei, maar hy knoop self later ŉ buite-egtelike/onbehoorlike verhouding
          met ŉ student aan./veroorsaak ook probleme in sy eie huwelik. √                     1

          Die kandidaat moet albei kante van die ironie noem vir EEN punt.

 7.7      Iris is baie jonger as haar twee susters. √                                         1
          Iris se ma beskou haar by geboorte al as anders./
          Iris se ma is by haar geboorte onseker of sy haar hoor skree het./
          Iris voel dat niemand in die gesin na haar luister nie./
          Iris hoor sy was eintlik ŉ glips./
          Iris het nie soos haar susters ŉ familienaam nie./
          Iris voel soos die Aspoestertjie in haar gesin./
          Iris se pa was nie by toe sy gebore is nie. √√                                      2

          Die kandidaat bied enige TWEE voorbeelde uit die roman aan.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                AFRIKAANS HUISTAAL V2                                      11

  7.8      Vermont / Iris en Peter se slaapkamer in die houthuis in Vermont. √               1

  7.9      Die fiktiewe Peter bied aan Iris die moontlikheid om van die werklikheid te
           ontsnap./help Iris om deur fantasie vraagstukke vir haarself uit te
           werk./laat Iris dinge doen wat sy nog nie in die werklike lewe gedoen het
           nie. √                                                                            1

           Die werklike Peter bied aan Iris die moontlikheid om van haar
           fantasiewêreld afstand te doen en die werklikheid te geniet./anker Iris se
           werklikheid vir haar./laat Iris besef dat daar nie slegs een groot
           blomoomblik in die lewe hoef te wees nie. √                                       1

           Dit is Peter se teenwoordigheid in Iris se lewe wat haar laat besef dat die
           lekker van die hier en die nou nie durf ignoreer word nie./Peter laat Iris
           afstand doen van haar hunkering na een groot droomoomblik deur met
           haar te trou. √                                                                   1

  7.10     Ek sou hom by die realiteit plaas, want hy beskerm Iris./sy kan met hom
           praat./sy kan hom sien./sy sê vir haar is hy werklikheid.

                                                OF

           Ek sou hom by haar verbeeldingsvlugte/fantasie plaas, want die motto sê
           reeds dat ŉ mens baie dinge in die roman met ŉ knippie sout moet
           neem. √                                                                           1

           Die kandidaat bied ŉ soortgelyke motivering vir EEN punt aan.

  7.11     Die motto help dat die leser die humor in die onderstreepte gedeelte
           raaksien./dat die leser besef om nie alles ernstig op te neem nie. √              1

           Beskermengel/Geselsgenoot/Raadgewer/Gee Irisse selfvertroue ŉ
           hupstoot/ Tree as Iris se gewete op/Hy help haar om tot belangrike insigte
           te kom. √                                                                         1

           Die Engel het Iris gehelp om nou aan die werklikheid te dink/in die
           werklikheid te leef. √                                                            1

  7.12     Die Engel se hand √                                                               1

           Die Engel het Iris kom roep omdat Bettie siek is./kwansuis gif gedrink
           het. √                                                                            1
                                                                                           [25]
                                           OF

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                        AFRIKAANS HUISTAAL V2                       (EC/SEPTEMBER 2017)

 VRAAG 8: LITERÊRE OPSTEL – Manaka Plek van die Horings – Pieter Pieterse

 Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
 VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

 LET WEL:
  Dis ŉ breë raamwerk van feite.
  Al die feite hoef nie genoem te word nie.

 Die kandidaat bied ŉ gepaste inleiding aan.

  Baas is aanvanklik baie hardkoppig en trots en betaal vooruit vir die
   konsessie vir Manaka en maak dan reg vir die Zanbezi-tog.
  Hy raak gou “baie kwaai” as mense hom probeer help soos toe Grace hom
   tydens sy malaria-siekte bygestaan het.
  Die inwoners is skrikkerig vir Baas, want niemand is bereid om na sy huis toe
   te gaan nie.
  Hoewel Baas baie goeie bedoelings gehad het, is dit sy “goeie bedoelings”
   wat sy “ondergang” geword het.
  Hy wil nie deur die plaaslike inwoners as Christen bestempel word nie en
   maak daarom beswaar as ouma Essie na hom as een verwys.
  Hy raak na sy siekte baie kwaad, want hoewel hy niks meer het om te gee nie,
   kom soek almal medisyne by hom.
  Baas maak dit baie duidelik dat hy nie verantwoordelik is vir almal se
   skete en kwale nie omdat hy ook ŉ lewe het en net na homself wil omsien.
  Baas gee nie met ŉ oop hart nie en is baie bewus dat die geld wat hy vir
   Grace gee vir nog pille die laaste van sy fondse is.
  Baas bly deurentyd hardkoppig en weier om te gaan toe die stampolisieman
   opdaag om hom na die khuta te ontbied.
  Hy is kortaf en ongeskik wanneer hy nie in Grace se uiteensetting van haar
   familie belangstel nie.
  Hy het nie respek vir ander se menings nie, want hy jaag Grace weg as sy
   met hom wil redeneer.
  Hy betoon ook nie dankbaarheid teenoor ander nie en jaag meneer Johnnie
   weg wanneer hy met die werk in die kamp kom help.
  Baas wil nie hoor dat hy Manaka toe “gestuur” is nie, want hy meen hy is
   daar “op sy eie” en hy sal sy eie probleme oplos.
  Baas verkies om nie te reageer nie wanneer hy niks het om te sê nadat die
   khuta hom beskuldig nie.
  Dit is vir Baas duidelik dat hy nie vir die plaaslike inwoners saak maak nie
   en staan daarom tydens die vergadering met die khuta op en stap weg.
  Baas wil niemand help nie en vererg hom wanneer die khuta van hom verwag
   om sy voertuig in hulle belang te gebruik.
  Baas wil nie verhoudings met mense aanknoop nie, want hy wil nie
   sendelinge op sy erf hê nie./hy sê vir Nanna hy kom goed klaar sonder
   geselskap.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)              AFRIKAANS HUISTAAL V2                                    13

      Alhoewel Baas die ou vrou se begrafnis bywoon, staan hy eenkant.
      Baas worstel met sy eie innerlike konflik, want hy wil niemand versorg nie,
       want dit sal beteken dat hy vir ander mense op Manaka omgee.

  Die kandidaat bied ŉ gepaste slot aan.                                               [25]

                                           OF

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                          AFRIKAANS HUISTAAL V2                            (EC/SEPTEMBER 2017)

  VRAAG 9:       KONTEKSTUELE VRAAG – Manaka Plek van die Horings –
                 Pieter Pieterse

  Vraag     Antwoord                                                                     Punt

  9.1       Derdepersoonsverteller √                                                        1

            Die verteller skets vir die leser die ruimte/geografiese agtergrond. √          1

            Die beskrywing van die karakter se ervaring is objektief./
            Die verteller is altyd teenwoordig./
            Die verteller weet wat die karakter dink/doen. √                                1

  9.2       Hy moes vir die staatsmuseum skoenlappers in Afrika gaan vang. √                1

            Kanada √                                                                        1

  9.3       Dit was in die tyd wat die roman afspeel die gepaste aanspreekvorm vir
            ŉ persoon in gesag./Seuns en kleinseuns dra volgens tradisie hul oupa
            se noemnaam. √                                                                  1

  9.4       Die worsboom bied aan die gemeenskap ŉ byeenkomplek./Daar is
            Sondae onder die boom kerk gehou./ √                                            1
            Die worsboom raak die sentrale plek waar leer kon plaasvind./Die
            kinders het onder die boom gesit vir skool. √                                   1

  9.5       Ja.
            Hy het ŉ sendingstasie opgerig.
            Hy het die rivier gekarteer.
                                               OF
            Nee.
            Daar is geen werklike uitbreiding nie. √                                        1
            Malaria is steeds ŉ werklikheid. √                                              1

            Baas wil ŉ boot op die Zambezi hê waarmee hy toeriste aan Afrika kan
            blootstel. √                                                                    1

            Nee.
            Hy het wel die boot gebou, maar die rivier het hom weggespoel. √

                                               OF

            Ja.
            Die suggestie bestaan dat met die kry van die boot en Grace wat
            saamstap, voorspoed wag. √                                                      1

  9.6       Sy is ŉ Christen. √                                                             1
            Sy wil Baas laat verstaan dat hy met ŉ spesifieke doel na Manaka
            gestuur is om hul te help./Sy is die stem van geregtigheid wat Baas wil
            aanmoedig om sy Christenskap te aanvaar en uit te leef. √                       1

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                AFRIKAANS HUISTAAL V2                                         15

  9.7        Ouma Essie kom vra Baas se hulp om die pale aan te ry. √                        1

  9.8        Die bosoorog in Suid-Rhodesië/
             Die verloor van die plaas/
             Ouma Essie en Grace wat sê hy is ŉ Christen. √√                                 2
             Die kandidaat bied enige TWEE voorbeelde uit die roman vir EEN punt
             elk aan.
             Baas kon nie vrede vind nadat sy ouers deur rebelle vermoor is nie. √           1

  9.9        Baas ontken die heeltyd dat hy ŉ Christen is, maar sy optrede getuig            1
             van Christenskap. √
             Die kandidaat bied albei kante van die ironie aan vir EEN punt.

  9.10       Toe Baas na sy ouers se dood terugkeer plaas toe, is hy alleen met net
             sy hond./
             Van kleins af is hy voor die ander uit wanneer hulle gaan jag het./
             Hy raak gou verveeld met sy werk by die saagmeule en gaan jag
             eerder alleen met sy hond./
             Sy denke is ‘noordwaarts’ gerig en nie ‘suidwaarts’ na die ‘beskawing’
             toe nie.
             Hy koop ŉ motorboot en sleepwa en reis alleen verder met sy twee
             honde./
             Hy het sy eie idee van wat toeriste in Afrika behoort te beleef; nie in
             hotelle nie, maar afgesonder in hutte tussen die plaaslike inwoners. √√√        3
             Die kandidaat bied enige DRIE bewyse uit die roman vir EEN punt elk
             aan.

  9.11       Sy oupa tree mensliewend op en wil sy Christenskap met die inwoners
             deel, terwyl Baas hier nie mensliewend optree nie en veg teen die feit
             dat hy ŉ Christen is. √                                                         1

  9.12       Die mens staan in ŉ belangrike en verantwoordbare verhouding tot die
             natuur/ tot mekaar/die aard van ware geloof. √                                  1

             Ons moet mense volgens hul dade, en nie volgens
             woorde/verkleur/agtergrond nie, oordeel. √                                      1
                                                                                            [25]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                        AFRIKAANS HUISTAAL V2                         (EC/SEPTEMBER 2017)

 VRAAG 10: LITERÊRE OPSTEL – Vatmaar – AMJ Scholtz

 Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
 VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

 LET WEL:
  Dis ŉ breë raamwerk van feite.
  Al die feite hoef nie genoem te word nie.

 Die kandidaat bied ŉ gepaste inleiding aan.

    Tant Wonnie ervaar verlies omdat haar lewensmaat, Heinrich, in die oorlog
     sterf.
    Tant Wonnie ervaar ook die hartseer van verlies toe haar ses kinders in die
     Groot Griep sterf.
    Tant Wonnie sukkel voort in armoede na Heinrich se dood omdat sy nie
     wettiglik met hom getroud was nie en nie geregtig was op sy oorlogspensioen
     nie.
    Tant Wonnie ervaar vernedering as vrou terwyl sy op Schoongesicht
     werk omdat Piet de Bruin haar teen haar wil probeer verkrag en haar van haar
     menswees wil ontneem.
    Tant Wonnie is na haar liefdeswerk by Sannah Vosloo slegter daaraan
     toe as voor sy Schoongesicht toe is omdat haar huis leeg gesteel is toe sy
     terugkeer na Sannah se dood.
    Tant Wonnie ervaar lyding wanneer ander mense haar kind vat om te
     gaan werk, want Anna de Bruin het Kaatjie gevat en vir mevrou Bosman as
     kinderoppasser gegee.
    Tant Wonnie word van diefstal beskuldig en daarvoor in hegtenis
     geneem omdat Settie September sê dat sy haar ring gesteel het.
    Tant Wonnie ervaar vernedering as sy in hegtenis geneem word omdat sy
     geboei word en voor die polisieman op sy perd na die polisiekantoor moet
     stap.
    Tant Wonnie word ook verneder toe Piet de Bruin haar op sy vragmotor
     laai en die langste pad na die polisiekantoor toe ry omdat hy haar wou
     terugkry.
    Tant Wonnie se goedheid word uitgebuit deur Settie en Johnny
     September as sy vir hul rit na Vatmaar betaal.
    Tant Wonnie word deur Settie September as heks uitgemaak omdat sy
     blykbaar die magistraat voor die uitspraak, en haar en haar man uit die
     kapkar, getoor het.
    Tant Wonnie verloor haar sewende kind as gevolg van Mevrou Bosman
     se verkeerde vermoede dat haar man verantwoordelik is vir Kaatjie se
     swangerskap omdat dit uitloop op ŉ mislukte poging tot ŉ aborsie, tronkstraf
     en haar dood tydens die geboorte.
    Tant Wonnie ervaar vernedering omdat haar intieme briewe van Heinrich
     met die gemeenskap gedeel is nadat Maria Jacobs dit vir Tant Wonnie moes
     lees en alles wat daarin staan uitgeblaker en die inhoud aangedik is.
    Tant Wonnie het ten spyte van die gemeenskap se beskuldiging dat sy ŉ
     dief is, haar nie laat onderkry nie.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)              AFRIKAANS HUISTAAL V2                                   17

     Tant Wonnie vind haar vertroosting vir die vernedering omdat sy vasklou
      aan haar man, Heinrich, se woorde op ŉ poskaart.
     Tant Wonnie omskep haar negatiewe omstandighede in iets positiefs
      omdat sy sê sy nou weet waar om God te vind.
     Tant Wonnie ondergaan ŉ versterking van haar geloof ten spyte van
      haar swaarkry toe sy in haar tronksel alles in Sy hande oorgee.
     Tant Wonnie ontvang vergoeding vir haar vernedering om in die hof te
      staan as die magistraat haar onskuldig bevind.
     Tant Wonnie se waardigheid word na haar vryspraak herstel omdat die
      oorlogspensioen wat sy met behulp van die magistraat ontvang, haar in staat
      stel om nie meer ander mense se wasgoed hoef te doen nie.
     Tant Wonnie slaag daarin om die Septembers terug te kry vir hul
      minagting van haar as sy en Suzan hulle by die kapkar uitstamp.
     Tant Wonnie is gebroke oor Norman se dood, want sy besef sy het hom al
      die tyd liefgehad.

  Die kandidaat verskaf ŉ gepaste slot.                                               [25]

                                          OF

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                          AFRIKAANS HUISTAAL V2                             (EC/SEPTEMBER 2017)

  VRAAG 11: KONTEKSTUELE VRAAG – Vatmaar – AMJ Scholtz

  Vraag     Antwoord                                                                     Punt
  11.1      Ma Khumalo het Norman in haar huis ingenooi./Norman het die vorige
            aand saam met haar gebid. √                                                     1

  11.2      Ons is ma en kind./Ons hoort bymekaar./Ons is familie. √                        1

  11.3      Eerstepersoonsverteller √                                                       1

            Die leser kry ŉ duidelike idee van die verteller (Norman) se liefde vir
            Ma Khumalo. √                                                                   1

            Hierdie soort verteller bied ŉ eerlike/direkte/getroue/geloofwaardige
            vertelling aan die leser. √                                                     1

  11.4      Liefde oor die grense heen √                                                    1

            Oupa Lewies is baie lief vir sy swart vrou./
            Suzan troos vir Nellie Ndola./
            Oom Chai en Oupa Lewies omhels mekaar en huil saam. √√                          2

            Die kandidaat bied TWEE voorbeelde uit die roman vir EEN punt elk
            aan.

  11.5      Norman word deur sy eie mense (witmense) verstoot, maar Ma                      1
            Khumalo, die swart vrou, aanvaar hom. √

            Die kandidaat moet albei kante van die ironie noem vir EEN punt.

  11.6      Trots (op haar werk)/Konsensieus/Netheid √                                      1

            Sy verwelkom Mary met ope arms in haar huis. √                                  1

  11.7      Hy word as wit boer uitgejou. √                                                 1

            Nee.
            Hy het later ŉ paar stewels/klere as vergoeding gekry./
            Hy word later as bode/posman aangestel. √                                       1

            Ongeregtigheid/Onregverdige optrede teenoor ander hou altyd
            nagevolge in. √                                                                 1

            Die leerder formuleer ŉ eie boodskap uit hierdie voorval vir EEN punt.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                          19

  11.8     Die gebod behels dat enigeen vry is om iets na willekeur te vat waar die
           eienaar nie teenwoordig is nie. √                                                   1

           Sy neem/’vat’ Kaaitjie as bediende sonder Tant Wonnie se
           toestemming. √                                                                      1

  11.9     Sy buit Kaaitjie uit./tree onregverdig teenoor Kaaitjie op./Sy tree
           diskriminerend teenoor Kaaitjie op. √                                               1

           Ja.
           Die blanke mense het in daardie tyd/in daardie omgewing so met nie-
           blankes gepraat./so met nie-blankes omgegaan. √                                     1

           Die kandidaat kan nie NEE vir ŉ antwoord aanbied nie.

  11.10    Tant Wonnie ervaar verlies omdat haar lewensmaat, Heinrich, in die
           oorlog sterf./toe haar ses kinders in die Groot Griep sterf./
           Tant Wonnie ervaar vernedering omdat Piet de Bruin haar teen haar wil
           probeer verkrag en haar van haar menswees wil ontneem./
           Tant Wonnie se huis is leeg gesteel toe sy terugkeer na Sannah se
           dood. √√√                                                                           3

           Die kandidaat bied enige DRIE voorbeelde uit die roman vir EEN punt
           elk aan.

           Tant Wonnie ondergaan telkens ŉ versterking van haar geloof wanneer
           sy lyding ervaar. √                                                                 1

  11.11    Lafaard/skrikkerig √                                                                1

           Hy is bang as hy Tant Wonnie kwaad maak dat sy, sy vrou van sy
           poging tot verkragting sou vertel. √                                                1

  11.12    Haar huis is geplunder. √                                                          1
                                                                                             [25]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                        AFRIKAANS HUISTAAL V2                         (EC/SEPTEMBER 2017)

  VRAAG 12: LITERÊRE OPSTEL – onderwêreld – Fanie Viljoen

  Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
  OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

  LET WEL:
   Dis ŉ breë raamwerk van feite.
   Al die feite hoef nie genoem te word nie.

  Die kandidaat bied ŉ gepaste inleiding aan.

   Greg verloor sy broer en rolmodel, want die druk wat deur hul pa op hom geplaas is,
    het sy tol geëis en hy het selfmoord gepleeg.
   Dit is vroeg in die roman reeds duidelik dat Greg sy pa ‘verloor’ het aangesien hy
    hom druk om te presteer en Greg nie meer enige respek vir hom het nie.
   Greg se ma se vrese dat sy nog ŉ kind kan verloor is ŉ wesenlike probleem
    aangesien sy besef dat haar man ongelooflike druk op Greg plaas.
   Greg se ma verloor eindelik nie haar seun nie, maar haar man wanneer sy
    misdade aan die lig kom.
   Greg-hulle se gesinsdinamika het verdwyn, want liefde is nie werklik teenwoordig
    nie – eerder ŉ ongesonde disfunksionaliteit.
   Eckardt verloor sy pa deur Greg se pa se toedoen, want hy pleeg selfmoord as
    gevolg van sy skuldgevoel oor sy aandeel in Greg se pa en Dokter Pienaar se
    misdrywe.
   Greg en Eckardt ontwikkel ŉ besondere band en vriendskap, maar dit gaan
    verlore wanneer Eckardt onthul dat hy Greg slegs gebruik het in ŉ poging om sy pa en
    dokter Pienaar aan die pen te laat ry.
   Greg verloor sy selfvertroue en vertroue in mense wanneer hy besef Eckardt was
    nie opreg in sy vriendskap nie.
   Wanneer Eckardt geheimsinnig verdwyn, is dit vir Greg ŉ skok en teleurstelling,
    want hy het in hom al meer van sy oorlede broer ervaar.
   Greg verloor sy waardes in ŉ poging om Eckardt op te spoor, want hy raak
    betrokke in die donker onderwêreld van kuberkrakery.
   Greg verloor ook sy integriteit en verval in leuens omdat hy later nie kon loskom uit
    die onderwêreld nie.
   Greg verloor sy vriende en sy plek in die sportspan, want hy verwyder hom
    grootliks op sosiale vlak en weier om verder op sportvlak te kompeteer.
   Greg verloor ook die respek van sy vriende en mede-skoliere, want hy word later
    in die roman as ŉ teleurstelling en verloorder beskryf.
    Greg se vryheid is aan bande gelê deur die feit dat hy in die koshuis is en hul
      nie met enigiemand oor die verdwyning van Eckardt mag praat nie.
    Greg loop die risiko om sy vryheid te verloor as hy as kuberkraker uitgevang
      word, maar hy gooi sy waardes oorboord wanneer die onderwêreld roep.
    Greg verloor eindelik sy privaatheid wanneer die polisie van sy bedrywighede
      bewus raak.
    Greg verloor sy ware identiteit wanneer hy sy skuilnaam G-4ce begin uitleef en
      so opgevang in die wêreld van kuberkrakery raak.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                      AFRIKAANS HUISTAAL V2                                       21
[

[25

            Greg het eindelik sy menswaarheid verloor toe hy besef dat Eckardt hom
             gruwelik om die bos gelei het.
            Greg se wêreld tuimel verder ineen wanneer hy die een is wat sy pa se
             geheime aan die lig laat kom en dus die rede is waarom sy pa vervolg sal
             word.

      Die kandidaat bied ŉ gepaste slot aan.                                                      [25]

                                                 OF

      VRAAG 13: KONTEKSTUELE VRAAG – onderwêreld – Fanie Viljoen

      Vraag      Antwoord                                                                        Punt
      13.1       Dit is die naam van die hoofstuk wat in rekenaarformaat geskryf
                 word. √                                                                            1

      13.2       Eerstepersoonsverteller √                                                          1

                 Die soort verteller bied ŉ eerlike/opregte/direkte/getroue weergawe. √             1

                 Die verteller bied aan die leser ŉ kykie in die doen en late van die
                 hoofkarakter./bied aan die leser die idee dat die hoofkarakter
                 ongenaakbaar teenoor juniors kan optree./bied aan die leser die
                 hoofkarakter se denke rondom die res van die kwartaal. √                           1

      13.3       Trappers √                                                                         1
                 Nee
                 Greg is ongenaakbaar./gemeen./onvolwasse./magsbehep. √                             1

      13.4       Ja, die taal is baie gepas aangesien dit tieners is wat aan die woord
                 is./tieners so praat deesdae.

                                                      OF

                 Nee, nie alle tieners meng hul taal nie, so dit is nie vir die karakters
                 nodig om so te praat nie. √                                                        1

      13.5       Ekk-0 is Eckardt se kuberkraker-skuilnaam./
                 onderwêreldskuilnaam./ skuilnaam wanneer hy besig is met
                 kuberkrakery. √                                                                    1
                 Die is die eggo/terugdink/herinnering aan die onderwêreld wat die
                 kuberkraker vasgevang hou by dié bedrywighede./Die karakters kan nie
                 loskom uit die kloue van die onderwêreld nie juis omdat dit hul gedagtes
                 oorneem./Antwoorde op vrae bly ontwykend – is soos eggo’s uit die
                 onderwêreld. √                                                                     1

                 Eckardt laat Greg baie dink (hy eggo) aan Greg se broer, John. √                   1
      13.6       Hy is waarskynlik besig om inligting omtrent Greg/Dok Pienaar en Greg
                 se pa te soek. √                                                                   1

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
22                           AFRIKAANS HUISTAAL V2                          (EC/SEPTEMBER 2017)

  13.7      Eckardt se pa is oorlede./het selfmoord gepleeg. √                                1
            Eckardt het net met Greg bevriend geraak om inligting omtrent sy pa en
            Dok Pienaar te soek./om wraak te neem omdat Greg se pa vir sy pa se
            selfmoord verantwoordelik was./Eckardt se vriendskap met Greg was
            net ŉ groot ‘social engineering attack’. √                                        1
            Ja.
            Hy wou hom wreek omdat hy hartseer is oor wat met sy pa gebeur het.
                                               OF
            Nee.
            Hy en Greg het werklik goeie vriende geraak, so dit was dalk moeilik vir
            hom om hom in die steek te laat. √                                                1

            Die kandidaat bied enige soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

  13.8      Greg het so pas ŉ verklaring by die polisiestasie afgelê oor alles wat hy
            omtrent Dok Pienaar en sy pa uitgevind het. √                                     1

  13.9      Die stemming hier is gelaai met spanning/angstigheid/onsekerhede
            terwyl die stemming in die vorige uittreksel gemaklik/informeel/
            rustig/onspanne is. √                                                             1
            Dok Pienaar is so pas ontbloot as ŉ skurk./Die intrige het nou ŉ
            krisis/hoogtepunt bereik. √                                                       1

  13.10     Dok Pienaar is in die res van die verhaal baie gereserveerd./tree korrek
            op./is formeel in sy optrede. √                                                   1

  13.11     Innerlike konflik √                                                               1

            Ja.
            Greg moes die waarheid laat uitkom sodat die skuldiges gestraf kon
            word. √                                                                           1

                                               OF

            Nee.
            Greg moes nie by die onderwêreld van leuens betrokke geraak het in sy
            poging om by die waarheid uit te kom nie, maar moes dit eerder op ŉ
            wettige manier opgelos het.

            Dok Pienaar en sy pa het beplan om ŉ nuwe virus te kweek./
            Dok Pienaar en sy pa sou dié nuwe virus dan ook versprei./
            Dok Pienaar en sy pa het beplan om geld te maak uit die griepentstof
            wat hulle sou vervaardig. √√                                                      2

            Die kandidaat bied enige TWEE waarhede uit die roman vir EEN punt
            elk.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)              AFRIKAANS HUISTAAL V2                                     23

  13.12     Die wêreld van kuberkrakers en die manipulering van data kan
            verreikende gevolge inhou. √                                                  1

            Kuberkrakery/Die onderwêreld sal my intrek sodat ek deel raak van ŉ
            netwerk van leuens en valsheid. √                                             1

            Die kandidaat formuleer ŉ eie gepaste boodskap binne konteks van die
            verhaal.
                                                                                        [25]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
24                           AFRIKAANS HUISTAAL V2                          (EC/SEPTEMBER 2017)

  AFDELING C: DRAMA

  Beantwoord EEN vraag.

  VRAAG 14: LITERÊRE OPSTEL – Krismis van Map Jacobs – Adam Small

  Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
  VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

  LET WEL:
    Dis ŉ breë raamwerk van feite.
    Al die feite hoef nie genoem te word nie.

  Die kandidaat bied ŉ gepaste inleiding aan.

      Die drama speel op die Kaapse Vlakte af, want die mense het deur gedwonge
       verskuiwings uit plekke soos Distrik Ses en Claremont op die Vlakte beland.
      Die Kaapse Vlakte word as ‘wasteland’ voorgestel, want dit is ŉ troostelose
       plek waar die suidooster op sy ergste waai.
      Die wind wat waai is beskrywend van die ongunstige omstandighede op
       die Vlakte en wanneer Blancie en Map aan die einde van die drama in
       omhelsing staan, word die wind beskryf wat wáái en blý waai.
      Die meer spesifieke ruimte is die township, want die woonbuurte van die
       Kaapse Vlakte word townships genoem.
      Tipies van die township is die lewendige straattonele en die straatgeraas,
       en dit bied aan die leser ŉ getroue kykie in die lewe van dié gemeenskap.
      Tipiese elemente wat ruimte aandui word vir die leser beskryf, soos die
       Kersorkes wat lank voor Kersfees aan die oefen is en die kerrimspelers wat op
       ŉ konka dié bodspeletjie speel.
      Spesifieke karakters gee lewe aan die ruimte, want hul raak tipies van die
       soort mens wat hier raakgeloop word. Tommy Sobotker wat smous is ŉ goeie
       voorbeeld.
      Die karakters is nie positief omtrent die omgewing nie en La Guma noem
       die strate “sement strippies”.
      Die huise is klein en onbehoorlik ingerig, want die “flats” en “council-hyse”
       word deur La Guma as “match box op match box” genoem.
      Die blokke en blokke grys woonstelle is kenmerkend van die Kaapse
       Vlakte en sluit aan by die troosteloosheid.
      Die mense probeer die uitsigloosheid van hul bestaan besweer, want hul
       verf hul grys huisies in helder kleure.
      Die woonstelle simboliseer vir die gemeenskap die onreg wat hulle deur
       die apartheidsregering aangedoen is, want hulle voel ingeperk en sonder ŉ
       eie identiteit.
      Die township word as gevaarlike omgewing uitgebeeld, want moord en
       verkragting vind plaas.
      Die trein word in die drama as ŉ verbinding met die buitewêreld
       uitgebeeld, maar dit raak negatief, want dit reis teen ŉ spoed deur die township
       en veroorsaak eindelik Cavernelis se dood.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)             AFRIKAANS HUISTAAL V2                                    25

  Die tronk word as ŉ sombere, neerdrukkende ruimte beskryf, want hier is
   die skuldige Map Jacobs besig om vergifnis te soek.
  Map se gevangenskap word later simbolies, want dit veronderstel ŉ hele
   gemeenskap se gevangenskap.
  Dit is tog in die tronk dat Map vir Apostel George ontmoet wat hom na
   heling probeer lei.
  Dit is in die tronk dat Map sy ma se vergifnis soek, maar sy is aanvanklik nie
   gereed vir die vergifnis waarna haar seun so smag nie.
  Die ‘social worker’, Miss Africa, help in die tronk vir Map om ŉ nuwe mens
   te word, want sy bespreek moontlike geleenthede vir wanneer hy vrygelaat
   word.
  Die hele ruimte bly egter ŉ tronk, want die inwoners voer ŉ uitsiglose bestaan
   waaruit hul nie kan ontsnap nie.
  Die inwoners voel vanweë die apartheidsbeleid vasgekeer, want hul het
   geen vooruitsigte vir ŉ beter toekoms nie.

Die kandidaat bied ŉ gepaste slot aan.                                                [25]

                                         OF

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans HL P1 May June 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2017-memo/a6422696-4ee3-497e-a363-2d437719558c) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P3 May June 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2017-memo/8d004299-0884-48ae-94a7-fa262185f416) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2017-memo/fa7f0ff6-59a4-4b73-a84a-aedb0efb3663) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2017-memo/872c6282-9442-4b04-b87a-61c1a547d2be) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2017-memo/fe0661a7-8373-4100-ac07-707ad6445899) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Feb March 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-feb-march-2017-memo/12b9d119-2e97-47a3-ad9f-b1556ca44258) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
