# Afrikaans HL Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2018, 12 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-ht-v3-memo/91761bc7-ee0d-4099-b450-ff316dcb4eea
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-ht-v3-memo/91761bc7-ee0d-4099-b450-ff316dcb4eea)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018 · Afrikaans. Memorandum, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2018

                 AFRIKAANS HUISTAAL V3
                     NASIENRIGLYN

PUNTE:   100

                  Hierdie nasienriglyn bestaan uit 11 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                 AFRIKAANS HUISTAAL V3                    (EC/SEPTEMBER 2018)

    Maak gebruik van die volgende simbole/tekens by die nasien van skryfwerk
    ter wille van eenvoud en eenvormigheid.

         SIMBOOL              BESKRYWING                 VERDUIDELIKING
    0                      Sirkel                  Punktuasiefout
                           Dubbelstrepie onder     Spelfout
                           ŉ woord
                           Lang streep onder ŉ     Foutiewe woordgebruik
                           woord
                           Sirkel met pyltjie      Woordorde

    /\                     Weglaatteken            Woord weggelaat
    T                      Hoofletter T in         Tye verwar
                           kantlyn
    H                      Dubbele hh              Herhaling van gedagtes
    VR                     Vraestel                Dele saamgeflans uit vraestel
    ?                      Vraagteken              Baie verwarrend/sukkel om te
                                                   verstaan wat leerder skryf
    [                      Enkel hakie             Nuwe paragraaf
    E                      Letter “e” bo woord     Engelse woord gebruik

    ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE

    AFDELING A: OPSTEL

    AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die leerder mag
    slegs oor EEN onderwerp of prikkel skryf. Hy/Sy mag enige soort opstel,
    toepaslik volgens hoe hy/sy die onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale
    poging word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word
    die eerste opstel nagesien.

    NASIENRIGLYNE
    Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan:

    Voorbeeld:
    Inhoud:                                                 I = KL = 21
    Taal, styl en redigering:                               T = KL = 10
    Struktuur:                                              S=G = 3
    Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant            34
    (onder die opstel):
    Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die
    beplanningsgedeelte te wees).

    DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL

    Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel
    word. Dit behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)            AFRIKAANS HUISTAAL V3                                       3

Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die
hoofgedagte bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die
hoofgedagtes en is menings van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die
samevatting van die hoofgedagte.

Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of
sy/haar standpunt insluit. In die geval van ŉ verhalende, beskrywende en
bespiegelende opstel vat die slot die skryfstuk saam, terwyl ŉ argumenterende en
beredenerende opstel se slot die skrywer se finale standpunt/mening weerspieël.

VRAAG 1
Riglyne
Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die leerder se oogpunt en volgens
sy/haar interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande memorandum) mag nie
as bindend beskou word nie. Die leerder bied dus enige soort opstel aan, soos
byvoorbeeld:

1.1     Die ongewone besoeker op Stilbaai.

        As ŉ verhalende opstel kan die kandidaat verhalend skryf oor die
        ongewone/vreemde besoeker. In ŉ beskrywende opstel kan die besoeker en
        die gebeure lewend word deurdat emosies en gebeure in detail beskryf word.
        By ŉ bespiegelende interpretasie kan die redes vir die besoeker se
        teenwoordigheid op Stilbaai ondersoek word.                                      [50]

1.2     Woorde wat seergemaak het.

        Die kandidaat sal die opstel hoofsaaklik as ŉ verhalende/beskrywende opstel
        aanbied. Die fokus sal op die woorde val wat die seer veroorsaak het. In die
        vertel van die verhaal sal daar gekyk word na die oorsaak/gevolg van die
        woorde op die karakter(s). Die kandidaat kan ook bespiegel wat die
        uitwerking van die woorde op iemand is.                                          [50]

1.3     Totsiens, skoolterrein!

        Die kandidaat sal die opstel hoofsaaklik as ŉ verhalende/beskrywende opstel
        aanbied. Dit kan humoristies of ernstig geskryf word. Die fokus sal op
        afskeid/groet aan die einde van die skoolloopbaan val. As ŉ verhalende opstel
        kan die kandidaat skryf oor ŉ spesifieke gebeurtenis by die skool, bv. sport,
        vriendskappe, ens. waarna verlang sal word. By ŉ bespiegelende
        interpretasie kan die kandidaat oor die emosies ten opsigte van ŉ bepaalde
        afskeid besin.                                                                   [50]

1.4     Werkende ma’s beïnvloed die huishouding en opvoeding van hulle
        kinders.

        Die onderwerp leen hom tot die skryf van ŉ argumenterende of
        beredenerende opstel waar die kandidaat hom/haar uitspreek oor werkende
        ma’s se invloed (positief/negatief) op hul kinders. In ŉ verhalende opstel sal
        die kandidaat die gebeure wat gelei het tot hierdie stelling, kan aanbied. Die
        emosies rondom werkende ma’s kan ook in ŉ bespiegelende opstel bespreek
        word.                                                                            [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                              AFRIKAANS HUISTAAL V3                   (EC/SEPTEMBER 2018)

 1.5     Die geheim

         Die onderwerp kan lei tot verskeie interpretasies wat onder andere
         verhalend, bespiegelend of beskrywend kan wees. ŉ Verhaal sal op
         hierdie onderwerp as tema fokus. By ŉ bespiegelende interpretasie kan
         die kandidaat oor die emosies en sinsbelewing van bepaalde geheime
         besin. ŉ Beskrywende opstel kan op verskillende geheime in ŉ mens se
         lewe fokus.                                                                [50]

 1.6     1.6.1 Tatoeëermerke
               Interpretasies kan lei tot ŉ verhalende, beskrywende of selfs
               bespiegelende opstel, bv. ŉ beskrywing van mense met
               tatoeëermerke. Tatoeëermerke kan ook beskryf word. ŉ Verhaal
               kan handel oor ŉ karakter met tatoeëermerke en redes kan gegee
               word waarom die karakter die tatoeëermerke het. In ŉ
               argumenterende/beredenerende opstel kan die kandidaat die
               waarde van tatoeëermerke as kuns beredeneer.                         [50]

         1.6.2 Pad
               ŉ Verhaal kan oor ŉ letterlike pad handel wat tot een of ander
               situasie gelei het. Die lewenspad (hoogtepunte/laagtepunte) van
               mense kan beskryf word. Wanneer beredeneer/geargumenteer
               word oor die onderwerp, kan die kandidaat bv. fokus op die gevaar
               wat ons land se paaie inhou. Wanneer die kandidaat besin oor die
               paaie (letterlik/figuurlik) in mense se lewens, kan dit as
               bespiegelende opstel slaag.                                          [50]

         1.6.3 Seun in rolstoel
               ŉ Verhalende opstel kan bv. die storie vertel van hoe iemand in ŉ
               rolstoel beland het. In ŉ beskrywende opstel kan die kandidaat sy
               waarneming van ŉ persoon se bestaan in ŉ rolstoel gee. Die
               persoon in die rolstoel se eie ervarings kan ook weergegee word.
               Kandidate kan bespiegelend skryf oor die moontlikhede om te
               herstel of oor dit wat hy/sy die meeste van ŉ normale lewe mis.
               Wanneer geargumenteer/beredeneer word oor die onderwerp, kan
               die kandidaat standpunt inneem oor goeie/slegte behandeling wat
               persone in rolstoele ervaar.                                         [50]

                                                        TOTAAL AFDELING A:           50

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)             AFRIKAANS HUISTAAL V3                                          5

 SOORT OPSTELLE

 VERHALENDE OPSTEL

 Dit is ’n interessante vertelling van ’n storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die
 verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word.

 Hou die volgende in gedagte:

 •    Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word (’n storie of gebeurtenis).
 •    ’n Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
 •    Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
 •    Die inhoud is boeiend en interessant, daarom is die inhoud samehangend.
 •    Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar dit kan fiktief wees.
 •    Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
 •    ’n Treffende inleiding boei die leser.
 •    ’n Verrassende slot rond die inhoud af.
 •    Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
      geniet.
 •    Dit gebruik gewoonlik die verlede tyd.

 BESKRYWENDE OPSTEL

 Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te
 beskryf wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die
 onderwerp wat beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef.

 Hou die volgende in gedagte:

 •    Waarnemings met al vyf sintuie en ’n goeie woordeskat word vereis.
 •    Insig, begrip, ’n eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net
      die opnoem van waarnemings).
 •    Tekste kan varieer van meer realisties tot ’n verdieping in die aanbieding.
 •    Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
 •    Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
 •    Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
 •    Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.
 •    Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
      geniet.
 •    Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word gedoen deur die
      konnotasie en nie die denotasie van woorde nie.
 •    Stylfigure kan gebruik word.

 BEREDENEERDE OPSTEL

 Dis objektief en probeer om ’n gebalanseerde gesigspunt van beide kante van ’n
 argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp
 onder bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer
 mag tot ’n spesifieke gevolgtrekking aan die einde van die opstel kom, maar die
 argumente vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd en duidelik
 ontleed wees in die ontwikkeling van die opstel.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                  AFRIKAANS HUISTAAL V3                    (EC/SEPTEMBER 2018)

 Hou die volgende in gedagte:
 •      Die opstel handel oor ’n onderwerp waaroor standpunt alreeds tydens die
        inleiding ingeneem kan word.
 •      BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
 •      Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.
 •      Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.
 •      ’n Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding,
        gemaak. Die slot gee ’n sterk aanduiding van die skrywer se mening.
 •      Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.
 •      Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
 •      Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
        geniet.
 •      Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak.
 BESPIEGELENDE OPSTEL
 Die skrywer oorweeg/deurdink ’n idee/lewenswaarheid en gee sy/haar
 emosionele reaksies en gevoelens weer. Dit bespiegel oor ’n droom of
 wense/moontlikhede.

 Hou die volgende in gedagte:

 •      Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.
 •      Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar
 •      opgeweeg.
 •      Dis persoonlik van aard.
 •      Daar is ’n definitiewe struktuur, maar ’n gevolgtrekking is nie nodig nie.
 •      Dit hoef nie ’n gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of
        ernstig geskryf word.
 •      Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
        geniet.

 ARGUMENTERENDE OPSTEL

 Die skrywer het ’n spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar
 standpunt te motiveer.

 Hou die volgende in gedagte:

    •   Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.
    •   ’n Eie mening word op ’n baie oorspronklike en treffende manier gegee.
    •   ’n Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.
    •   Verdediging of aanval van ’n saak word enduit volgehou.
    •   ’n Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.
    •   Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.
    •   Daar moet ’n duidelike en oortuigende slot wees.
    •   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
        geniet.

                                                            TOTAAL AFDELING A:            50

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)            AFRIKAANS HUISTAAL V3                                         7

 AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE

 AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste
 word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste
 teks nagesien.

 NASIENRIGLYNE

 Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan:

 Voorbeeld:
 Inhoud, beplanning en formaat:                                              IK = 10
 Taal, styl en redigering:                                                   TG = 6
 Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks).      16

 Dra dan die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die
 beplanningsgedeelte te wees).

 VRAAG 2

 2.1     INFORMELE BRIEF: VRIENDSKAPLIKE BRIEF

         Die brief fokus op gerusstelling aan die ouma/oupa.

         Hou die volgende in gedagte:

         •   Gebruik informele taal, register en styl.
         •   Die skrywer moet sy/haar ouma/oupa gerusstel oor die jonger broer/
             suster se taalgebruik.
         •   Skryf in beskrywende, maar eenvoudige taal.
         •   Skryf logies en volgens ŉ spesifieke doel.
         •   Daar moet ŉ inleiding, liggaam en slot wees.
         •   Die adres en datum moet boaan verskyn.
         •   Na die skrywer se adres volg ŉ informele aanhef.
         •   Sluit die brief informeel/semiformeel af, gevolg deur die skrywer se
             naam.                                                                        [25]

 2.2     KOERANTARTIKEL

         Die artikel handel oor tieners se naweekbedrywighede wat uitputting op
         Maandae tot gevolg het.

         Hou die volgende in gedagte:

         •   Stel die feite kortliks en akkuraat.
         •   Belangrike en relevante feite moet objektief gegee word.
         •   ŉ Subtitel kan gegee word.
         •   Menings van kundiges oor hierdie onderwerp kan gegee/gebruik word.
         •   Die gevolge wat die uitputting oor naweke vir die tiener inhou, kan
             uitgewys word.                                                              [25]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                AFRIKAANS HUISTAAL V3                    (EC/SEPTEMBER 2018)

 2.3     HULDEBLYK

         Die kandidaat bring hulde aan die huishulp wat hom/haar en sy gesin
         oor die jare versorg en ondersteun het. Die kandidaat kan verwys na
         sy/haar verbintenis met die huishulp, die lesse wat hy/sy van dié
         huishulp geleer het en in watter mate die huishulp sy/haar lewe
         vergemaklik/verander het.

         Hou die volgende in gedagte:

        •    Die volgende belangrike inligting word in ŉ huldeblyk gegee:
             o Naam en van van die huishulp.
             o Gebeure en staaltjies oor die huishulp se diens/bydrae word
                 gegee.
             o Persoonlike herinneringe kan gegee word.
        •    Die leser moet ŉ duidelike beeld van die huishulp en haar dade kan
             vorm.
        •    Die styl moet by die geleentheid en die gehoor pas.
        •    Vermy oordrewe sentimentaliteit.
        •    Gebruik kort, bondige sinne.
        •    Die inhoud van die huldeblyk moet in paragrawe aangebied word.
        •    Let daarop dat die kandidaat aan ŉ lewende persoon hulde moet
             bring.                                                                   [25]

 2.4     FORMELE BRIEF: VERSOEK

         Die brief handel oor ŉ versoek aan ŉ bekende winkelgroep om donasies
         aan ŉ kinderhuis te skenk.

         Hou die volgende in gedagte:

         •   Die formaat is formeel.
         •   Daar moet twee adresse, ŉ aanhef, ŉ inhoudsopskrif en ŉ gepaste
             afsluiting wees.
         •   Die inhoud moet handel oor die versoek aan die winkelgroep om
             donasies (geld/goedere) aan die kinderhuis te skenk.
         •   Die styl is saaklik, maar hoflik.
         •   Die struktuur moet goeie paragraafbou insluit.
         •   Eenvoudige, direkte taal is nodig, maar in ŉ formele register.
         •   Die brief moet formeel afgesluit word en die skrywer se voorletters
             en van moet gegee word.                                                  [25]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)           AFRIKAANS HUISTAAL V3                                       9

 2.5     DIALOOG

         Die fokus van die gesprek val op oorreding om na matriek Engels
         oorsee te onderrig. Een spreker behoort die ander te oorreed/oortuig
         dat die geleentheid aangegryp moet word.

         Hou die volgende in gedagte:

         • Twee mense voer ŉ gesprek.
         • Spreekbeurte vind plaas in die orde waarin die gesprek gevoer word
           en vanuit die spreker se perspektief.
         • Na elke spreekbeurt word ŉ reël oopgelaat.
         • Gebruik ŉ dubbelpunt na die naam van elke spreker.
         • Ekstra inligting word tussen hakies aangedui, bv.
          Anna: (met dringendheid) Ons gaan na ... /Anna (met dringendheid):
          Ons gaan na ...
         • ŉ Scenario kan geskep word voordat die dialoog geskryf word.
         • Let daarop dat geen aanhalingstekens by die dialoog gebruik word
           nie.                                                                    [25]

 2.6     INFORMELE TOESPRAAK

         Die toespraak handel oor die geheim vir sukses in graad 12.

         Hou die volgende in gedagte:

         •   Die styl is informeel. Gee aandag aan: wanneer, waar, hoekom, wie
             en wat.
         •   Inleiding moet belangstelling wek.
         •   Ontwikkel weldeurdagte idees en vermy clichés.
         •   Kort sinne met eenvoudige idees en bekende voorbeelde word
             gebruik.
         •   Slot moet die gehoor tot nadenke stem; is nie noodwendig ŉ
             samevatting van die toespraak nie.
         •   Klem behoort te val op wenke om goeie uitslae in graad 12 te
             behaal.                                                               [25]

                                                        TOTAAL AFDELING B:          50
                                                            GROOTTOTAAL:           100

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

10                                                                                     AFRIKAANS HUISTAAL V3                                                                                   (EC/SEPTEMBER 2018)

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE]
LET WEL:
•   Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
•   Punte van 0−50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
•   Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ŉ hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
•   Struktuur word nie deur die verdeling in ŉ hoe en lae vlak beïnvloed nie.
      Kriteria                               Uitsonderlik                                    Knap                                   Gemiddeld                         Elementêr                       Onvoldoende
 INHOUD EN                                          28−30                                       22−24                                     16−18                           10−12                               4−6
 BEPLANNING                        - Respons is uitsonderlik/treffend      -   Respons baie goed; getuig van           -   Respons bevredigend                - Wisselvallige samehang in       - Respons heeltemal
                                     en bo verwagting                          vaardigheid                             -   Idees redelik samehangend en         respons                            irrelevant
 (Respons en                       - Idees is intelligent, volwasse en     -   Idees heeltemal relevant, interessant       oortuigend                         - Idees onduidelik, nie           - Idees deurmekaar en nie
 idees)                 Hoë vlak     stem leser tot nadenke                    en lewer bewys van volwassenheid        -   Redelike organisasie en redelik      oorspronklik nie                   op onderwerp gefokus nie
 Organisering van                  - Uitsonderlike organisasie en          -    Organisasie baie goed en                   samehangend, insluitend            - Min bewys van organisasie       - Vaag en herhalend
 idees vir                           samehang insluitend inleiding,            samehangend, insluitend inleiding,          inleiding, liggaam en                en samehang                     - Geen organisasie nie en
 beplanning;                         liggaam en samevatting/slot.              liggaam en samevatting/slot                 samevatting/slot                                                        is onsamehangend
 Bewustheid van                                     25−27                                       19−21                                     13−15                            7−9                                0−3
 doel, gehoor en                   - Respons uitmuntend, maar              -   Respons goed; getuig van                -   Respons bevredigend, maar          - Respons is grootliks            - Geen poging aangewend
 konteks                             uitsonderlik treffende eienskappe         vaardigheid                                 verval soms in onduidelikheid        irrelevant                         om in ooreenstemming
                                     van ŉ opstel ontbreek                 -   Idees relevant, interessant             -   Idees redelik samehangend en       - Idees begin los staan en           met onderwerp te wees
                                   - Idees intelligent en volwasse         -    Organisasie goed en samehangend,           oortuigend                           kan verwarrend wees                nie
 30 PUNTE               Lae vlak   - Knap organisasie en samehang,             insluitend inleiding, liggaam en        -   ŉ Mate van organisasie en          - Skaars ŉ bewys van              - Heeltemal irrelevant en
                                     insluitend inleiding, liggaam en          samevatting/slot                            samehang, insluitend inleiding,      organisasie en samehang            ontoepaslik
                                     samevatting/slot)                                                                     liggaam en samevatting/slot                                          - Deurmekaar en geen
                                                                                                                                                                                                   fokus nie
 TAAL, STYL EN                                     14−15                                     11−12                                     8−9                                  5−6                               0−3
 REDIGERING                        - Toon, register, styl en               - Toon, register, styl en woordeskat        - Toon, register, styl en woordeskat   - - Toon, register, styl en       - Taal onverstaanbaar
                                     woordeskat hoogs gepas vir              baie gepas vir doel, gehoor en            - gepas vir doel, gehoor en konteks      woordeskat minder gepas         - Toon, register, styl en
 Toon, register, styl                doel, gehoor en konteks.                konteks.                                  - Gepaste taalgebruik om                 vir doel, gehoor en konteks        woordeskat nie gepas vir
 en woordeskat is                  - Taalgebruik getuig van vertroue,      - Taalgebruik effektief en ŉ                  betekenis oor te dra                   nie                                doel, gehoor en konteks
 geskik vir             Hoë vlak     indrukwekkend                           deurlopende gepaste toon word             - Toon is gepas                        - Taalgebruik baie basies         - Woordeskat so beperk dat
 doel/effek en                     - Toon retories treffend en effektief     gebruik − gepas, konstant;                - Retoriese middele gebruik om         - Toon en woordkeuse skaars          dit onmoontlik is om sin te
 konteks;                          - Grammatika en spelling feitlik        - Grammatika en spelling grootliks            betekenis te versterk                  toepaslik                          maak
 Woordkeuse;                         foutvry                                 foutvry                                                                          - Baie beperkte woordeskat
 Taalgebruik en                    - Knap gedaan                           - Baie goed gedoen
 konvensies,                                          13                                       10                                       7                                   4
 punktuasie,                       - Taalgebruik uitstekend en toon is     - Taalgebruik toepaslik en oor die          - Voldoende taalgebruik, maar          - Taalgebruik onvoldoende
 grammatika,                         retories effektief                      algemeen effektief                          teenstrydighede word opgemerk        - Weinig indien enige
 spelling.                         - Grammatika en spelling feitlik        - Toon gepas en effektief                   - Toon oor die algemeen gepas en         sinsverskeidenheid
                        Lae vlak     foutvry                               - Enkele foute in grammatika en               beperkte gebruik van retoriese       - Woordeskat baie beperk
                                                                                                                                                                                                                                 Downloaded from hlayiso.com

 15 PUNTE                          - Baie goed tot knap gedaan               spelling.                                   middele
                                                                           - Goed gedoen
 STRUKTUUR                                          5                                          4                                        3                                   2                               0-1
                                   - Uitstekende ontwikkeling van          - Logiese ontwikkeling van details.         - Relevante detail ontwikkel.          - Sommige punte geldig.           - Noodsaaklike punte
 Kenmerke van                        onderwerp                             - Samehangend                               - Sinne en paragrawe goed.             - Sinne en paragrawe foutief.       ontbreek.
 teks;                             - Uitsonderlike detail                  - Sinne en paragrawe logies en toon           gekonstrueer.                        - Opstel maak nog effens sin.     - Sinne en paragrawe
 Paragraafontwikke                 - Sinne en paragrawe uitsonderlik         variasie.                                 - Opstel maak nog sin.                                                     foutief.
 ling en                             gekonstrueer                                                                                                                                               - Opstel maak nie sin nie.
 sinskonstruksie
 5 PUNTE

Kopiereg voorbehou                                                                                                                                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2018)                                                  AFRIKAANS HUISTAAL V3                                                                                  11

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE]
      Kriteria                   Uitsonderlik                       Knap                       Gemiddeld                     Elementêr                  Onvoldoende
 INHOUD,                            13−15                           10−12                        7−9                            4−6                         0−3
 BEPLANNING EN           - Respons uitsonderlik, bo        - Respons baie goed en       - Respons voldoende en        - Basiese respons toon        - Respons toon geen
 FORMAAT                   verwagting                        demonstreer goeie            toon voldoende kennis van     geringe kennis van            kennis van kenmerke
                         - Idees intelligent en volwasse     kennis van kenmerke          kenmerke van die soort        kenmerke van die soort        van die soort teks nie.
 Respons op en idees;    - Grondige kennis van               van die soort teks           teks                          teks.                       - Betekenis onduidelik
 Organisering van          kenmerke van die soort teks     - Behou fokus − geen         - Nie heeltemal gefokus nie   - Aanduiding van fokus,         met groot afwyking.
                         - Skryfstuk behou fokus.            afwyking nie                 − enkele afwykings            maar met afwykings          - Geen samehang in
 idees vir beplanning;
                         - Samehang in inhoud en           - Samehang in inhoud en      - Redelike samehang in        - Inhoud en idees nie altyd     idees en inhoud nie.
 Doel, gehoor,             idees                             idees; baie goed             inhoud en idees.              samehangend nie             - Baie min detail
 kenmerke/konvensies     - Idees behoorlik uitgebrei         uitgebrei met detail wat   - Sommige detail              - Min detail ondersteun die     ondersteun die
 en konteks                met detail wat die                die onderwerp                ondersteun die onderwerp.     onderwerp.                    onderwerp.
                           onderwerp ondersteun              ondersteun                 - Formaat oorwegend           - Nodige reëls van formaat    - Nodige reëls van
 15 PUNTE                - Gepaste en akkurate             - Gepaste formaat met          gepas, maar met enkele        vaagweg toegepas.             formaat nie toegepas
                           formaat                           onbeduidende foute           foute.                      - Kritiese foute begaan.        nie.
 TAAL, STYL EN                          9−10                            7− 8                        5− 6                            3− 4                        0− 2
 REDIGERING              - Toon, register, styl en         - Toon, register, styl en    - Toon, register, styl en     - Toon, register, styl en     - Toon, register, styl en
                           woordeskat hoogs geskik vir       woordeskat, baie geskik      woordeskat, geskik vir        woordeskat minder geskik      woordeskat stem nie
 Toon, register, styl,     doel, gehoor en konteks           vir doel, gehoor en          doel, gehoor en konteks       vir doel, gehoor en           ooreen met doel,
 doel/effek, gehoor en   - Grammatika akkuraat en            konteks                    - Enkele grammatikafoute.       konteks                       gehoor en konteks nie
 konteks;.                 goed gekonstrueer               - Grammatika oor die         - Voldoende woordeskat        - Grammatika onakkuraat       - Besaai met foute en
                         - Feitlik foutloos                  algemeen korrek en         - Foute belemmer nie            met etlike foute              verward
 Taalgebruik en
                                                             goed gekonstrueer;           betekenis nie               - Basiese woordeskat          - Woordeskat nie geskik
 konvensies;                                               - Baie goeie woordeskat                                    - Betekenis belemmer            vir doel nie
 Woordkeuse;                                               - Oorwegend foutloos                                                                     - Betekenis ernstig
 Punktuasie en                                                                                                                                        belemmer
 spelling
                                                                                                                                                                                 Downloaded from hlayiso.com

 10 PUNTE

Kopiereg voorbehou

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [Afrikaans HT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-ht-v1-memo/19b5312b-77b9-4b25-b9b1-34b934b92b83) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2018/32d2c07a-21b1-4b79-b92f-17522a2bfc63) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P1 May June 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2018-memo/ec966033-9c89-4162-a085-348fa5019f1d) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2018-memo/89172392-378e-4868-8b19-5f1762563210) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [FINAL Afrikaans HL P1 Nov 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/final-afrikaans-hl-p1-nov-2018-memo/b68b459e-9b13-478b-be0d-a2f55fdaa625) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2018 Memo FINAL](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2018-memo-final/8030a9f3-454f-4188-95d0-c070eac72914) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
