# Afrikaans HL Grade 9 ANA 2011 Question Paper

> Grade 9 Afrikaans HL question paper from the ANA 2011, 12 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-huistaal-graad-9-vorm-a/20763ca8-be37-46e1-bdf7-6df9d014f3d4
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 9
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2011
- Exam period: ANA
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 9](https://www.hlayiso.com/library/grade-9) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-9/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 9 ANA 2011 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-huistaal-graad-9-vorm-a/20763ca8-be37-46e1-bdf7-6df9d014f3d4)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 9 · ANA · 2011 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                                                                          LEERDER NOMMER

                                              JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2010
                                                  GRAAD 9 AFRIKAANS: HUISTAAL
                                                             VORM A

                                                                   GESLAG (MERK )                  SEUN          DOGTER
VAN

NAME                                                               PROVINSIE

GEBOORTEDATUM

NAAM VAN SKOOL
                                                              DISTRIK /
EMIS NR.                                                      STREEK

Instruksies aan leerders
    1.    Lees alle instruksies sorgvuldig deur en beantwoord alle vrae.
    2.    Beantwoord die vrae op die lyne soos voorsien.
    3.    Die toets duur 2 ure.
_______________________________________________________________________________________
Lees die onderstaande artikel en gebruik dit om vrae 1 tot 8 te beantwoord.

   1.   Verskillende tipes honde word opgelei om mense op allerhande maniere te help. Snuffelhonde word afgerig om van hulp te
        wees met die opspoor van delms by lughawens, asook om polisie te help met die opspoor vermiste persone. Honde word ook
        opgelei om gestremde persone in rystoele te ondersteun. Hierdie dienshonde word opgelei om deure oop te maak, ligte aan te
        skakel en goedjies te gaan haal. Meeste mense het ook al opgemerk hoe honde gesiggestremde persone ondersteun, dog min
        van ons weet hoe hierdie honde grootgemaak en opgelei is.

   2.   ‘n Spesiale organisasie, Die Suid-Afrikaanse Gidshond Assosiasie, het dit ten doel om die mobiliteit, onafhanklikheid en
        menswaardigheid van blinde, sowel as swaksiende persone te verbeter. Hierdie doelwitte word bereik deur die teel, grootmaak,
        sorg en opleiding van gidshonde. Slegs spesifieke honderasse, soos Labrador en Golden Retriever, is geskik vir hierdie doel,
        omdat hulle standvastig, saggeaard en doelgerig is. Die laaste eienskap is belangrik, veral in moeilike situasies. Voordat
        potensiële gidshonde begin met hul opleiding word hulle eers vir ongeveer ‘n jaar by vrywilligers gehuisves sodat hul kan leer
        om te sosialiseer. Die gidshonde leer daarna om te reageer op instruksies soos “links”, “regs”, “vorentoe” en “agtertoe”. Hulle
        word ook opgelei om hindernisse te vermy en verkeer dop te hou.

   3.   Die Suid-Afrikaanse Gidshond Assosiasie kan ongelukkig nie genoeg honde oplei vir al die gesiggestremdes nie. Daar is ‘n
        lang waglys vir ‘n gidshond en boonop moet elke hond sorgvuldig met sy eienaar gepas word. Voordat blinde en swaksiende
        persone toegelaat word om hul gidshonde huis toe te neem moet hulle eers ‘n spesiale kursus bywoon. Die gidshond
        ondersteun die eienaar nie net in ‘n komplekse omgewing nie, maar dien ook as ‘n lojale en getroue metgesel.

                                                                                          Inligting verkry van www.guidedog.org.za

                                                        Bladsy 1 van 12

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com

1.   Omkring die letter met die regte antwoord.                                                           (1)
     Die onderwerp van die eerste paragraaf is:
       A.      Honde word opgelei as troeteldiere.
       B.      Honde word opgelei as gidshonde vir blinde persone.
       C.      Honde word opgelei vir swaksiende persone.
       D.      Honde word opgelei om mens in verskillende wyses van hulp te wees.

2.   Noem twee eienskappe van gidshonde.                                                                  (2)

     _________________________________ , ___________________________________

3.   Omkring die letter met die regte antwoord.                                                           (1)
     ‘n Bysin kan die hoofsin uitbrei. Identifiseer ‘n voorbeeld van ‘n bysin uit die tweede paragraaf.

       A.      Die laaste eienskap is belangrik, veral in moeilike situasies.
       B.      Spesifieke honderasse, soos Labrador en Golden Retriever, is geskik vir hierdie doel.
       C.      Voordat potensiële gidshonde begin met hul opleiding word hulle eers vir ongeveer ‘n jaar by
               vrywilligers gehuisves sodat hul kan leer om te sosialiseer.
       D.      Hulle word ook opgelei om hindernisse te vermy en verkeer dop te hou.

4.   Omkring die letter met die regte antwoord.                                                           (1)
     Die tweede paragraaf handel oor:

       A.      Die Suid-Afrikaanse Gidshond Assosiasie
       B.      Blinde en swaksiende persone.
       C.      Gidshonde vir blinde, sowel as swaksiende persone.
       D.      Afrigting van gidshonde vir blinde, sowel as swaksiende persone.

                                                  Bladsy 2 van 12

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com

5.    Omkring die letter met die regte antwoord.                                                 (1)
     Hoekom is aanhalingstekens in die eerste sin van die tweede paragraaf gebruik?
        A.       Om aan te dui dat iemand praat.
        B.       Om ‘n direkte aanhaling vanuit ‘n bron aan te dui.
        C.       Dit dui moeilike woordeskat aan.
        D.       Dit dui direkte rede aan.

6.    Skryf die volgende sin in die lydende vorm oor.                                            (1)
      Meeste mense merk op hoe honde gesiggestremde persone ondersteun.

      ______________________________________________________________________________________

      ______________________________________________________________________________________

7.    Gee ‘n antoniem (teenoorgestelde) vir elk van die volgende onderstreepte woorde.
      7.1 Hierdie honderas word gekies omdat hul stewig is.                                      (1)

             __________________________
      7.2     Gidshonde ondersteun hul eienaars om in die hededaagse komplekse wêreld te leef.   (1)

             __________________________

8.    Gee ‘n meervoud vir elk van die volgende onderstreepte woorde.
      8.1 Opgeleide honde help die polisie om vermiste persone op te spoor.                      (1)

             __________________________
      8.2 Ons benodig meer persoon om honde op te lei.                                           (1)

             __________________________

                                                   Bladsy 3 van 12

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com

Jy beplan ‘n vakansie by Durban en is op soek na huisvesting. Bestudeer nou die onderstaande
advertensie en beantwoord dan vrae 9 tot 12.

           Ontspan voor jou gunsteling DSTV kanaal na ‘n smaaklike ete, uit ‘n wye keuse van
            uiterhaler disse, in ‘n moderne restaurant.
           Koel jouself af in ons Olimpiese grootte swembad.
           Behou kontak met vriende en familie met ons telefoon, faks en internet fasiliteite.
           Bederf jouself met ‘n haar- of skoonheidsbehandeling van internasionale gehalte in ons
            salon.

           102 Smith Straat, Durban, 4000.
           Tel: +27(03)156-7890 Faks: +27(03)145-6789

                                               Bladsy 4 van 12

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com

9.    Omkring die letter met die regte antwoord.                                                      (1)
      Advertensies het bepaalde kenmerke. Watter een van die volgende kenmerke is nie op bogenoemde
      advertensie van toepassing nie?

      A.    Dit probeer om die leser te beϊnvloed om die plek te besoek.
      B.    Dit probeer om lesers se aandag te vestig.
      C.    Dit verskaf nodige inligting.
      D.    Dit dra persoonlike gevoelens oor.

10.   Wat is nie in Hotel Rus toelaatbaar nie?                                                        (1)

      ______________________________________

11.   Kies twee byvoeglike naamwoorde uit die advertensie wat mense sal oortuig om na Hotel Rus te
      kom en skryf dit neer.                                                                          (2)

      ____________________________________ , ________________________________

12.   Skryf die woord “Faks” volledig uit.                                                            (1)

      _____________________________________

13.   Gee die betekenis van die volgende uitdrukking:                                                 (1)
      “Skoonheid vergaan, maar deug bly staan”

      ____________________________________________________________________________

14.   Hoe word die hotel se naam in die advertensie benadruk?                                         (1)

      _____________________________________________________________________________

                                                 Bladsy 5 van 12

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com

Gebruik die onderstaande woordeboek-uittreksel om vrae 15 tot 17 te beantwoord.

      sport1, (-e) 1.a Trap van ‘n leer: Pas op, moenie die sport mistrap nie. Die derde sport is gekraak.
            b. (fig) Trap, graad in ‘n rangorde: Op die hoogste/ onderste sport ( in die maatskappy)
            staan, dit bereik. Die hoogste sport van die maatskappy, die hoogste kringe. 2. Dwarshout
            in ‘n hek of tussen die pote van ‘n stoel: stoelsport.
      sport2 1. Liggaamsbeweging, -oefening as ontspanning: Baie aan sport doen. Sport beoefen.
            Deelneem aan sport. 2. (mv. sportsoorte) Spel waarby liggaamsbeweging, -oefening te pas
            kom: Voetbal, tennis, swem, atletiek is sy geliefkoosde sport. Hy neem aan ‘n hele aantal
            sportsoorte deel. Berg-, water, seil, vlieg, wandel, watersport
      sportief , b.nw en bw.(sportiewer, -ste). 1. Wat betrekking het op sport; lief vir sport: ‘n groep
            sportiewe jongmense. 2. In die ware gees van sport; wat dit vertoon: ‘n sportiewe
            krieketspeler, ‘n sportiewe gebaar. [F. Sportif]
                                (HAT: Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, p.1050)**

15.    Beantwoord die volgende vraag.                                                                  (1)
       Die afkorting “bw” wat volg na sportief staan vir...

         __________________________

16.    Kies die regte woord uit die woorde in hakies.                                                  (1)
       Voetbal kan geklassifiseer word as ‘n (sport, sportsoort).

       _____________________________

17.    Beantwoord die volgende vraag.                                                                  (1)
        “Die hoogste sport bereik van ‘n maatskappy” beteken ...

         _______________________________________________________________________________

                                                    Bladsy 6 van 12

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com

18.   Omkring die letter met die regte antwoord.                                                    (1)

      Gebruik die verklarings in die uittreksel hierbo:
      “‘n Sportiewe gebaar” dui op
      A.     ‘n handeling wat ‘n doel aanteken.
      B.     ‘n liggaamsbeweging.
      C.     handeling in die ware gees van sport.
      D.     ‘n persoon wat lief is vir sport.

19.   Omkring die woord wat verkeerd gespel is in die volgende sin.                                 (1)

      Verskillende kameras wat fotos neem vir afdrukke op folios vir die leerders.

20.   Omkring die letter met die regte antwoord.                                                    (1)
       20.1 Watter een van die onderstaande sinne is taalkundig verkeerd?
           A.     My broer is ‘n matroos.
           B. Die man is ‘n bedelaar.
           C.     Ons eksamens begin môre.
           D. Ons het gehoor van die seun se afsterf.

      20.2 Korrigeer die gekose antwoord in 20.1.

                _________________________________________________________________                   (1)

21.   Omkring die letter met die regte antwoord.                                                    (1)

      Watter woord sal laaste staan as die onderstaande woorde alfabeties gerangskik word?
        A. Dut                       B. Demonstrasie                 C. Drif             D. Departement

                                                   Bladsy 7 van 12

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com

22.       Skryf ‘n opstel, ongeveer een bladsy lank met ‘n gepaste inleiding, inhoud en slot oor die volgende
          onderwerp.                                                                                         (10)

Neem ‘n terugblik op jou ‘laerskooldae’. Hoe ervaar jy hierdie tydperk huidiglik? Sal jy dit as opwindend,
onvergeetlik, vaal, vervelig, ongelukkig of ‘n kombinasie van almal beskryf.

Jy sal geëvalueer word volgens die volgende kriteria:
          Struktuur
               o    Inleiding
                           ‘n Voorwoord = 1
                           Stel gedagtegang van opstel duidelik = 1
               o Slot
                           Vereniging/samevatting van al die idees = 1
                           Duidelike finale boodskap = 1
          Paragraafontwerp
               o   Elke idee in’n nuwe paragraaf = 1
               o   Verband tussen paragrawe en sinne = 1
               o   Volgorde van idees = 1
               o   Oorspronklikheid = 1

          Grammatika (1), spelling en leestekens (1) – foutvry

                                                   Bladsy 8 van 12

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com

23.   Identifiseer die beeldspraak in die onderstaande sin:                                              (1)
        “Die jong sebra het soos ‘n perd gepronk!”

        _______________________________________________________________

24.   Die taalvorm wat deur skrywers gebruik word om ‘n beeld (prent) in die leser se gedagtes te skep,word
        ...genoem.                                                                                       (1)

        ________________________________________
                                                 Bladsy 9 van 12

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com

25.   Omkring die letter met die regte antwoord.
      Kies ‘n voorbeeld met personifikasie uit die volgende:                                                (1)
        A.       So sterk soos ‘n leeu.
        B.       Sy ruik nes ‘n ot.
        C.       Die wind huil om ons.
        D.       Modelle wat soos ‘n hanger lyk.

26.   Watter tipe beeldspraak is hieronder gebruik?                                                         (1)
  “Pessimiste het gemeen dat die voetbalkoors ‘n fiasko sou laat opvlam gedurende die 2010 FIFA Wêreldbeker.”

        ___________________________________________________________________

27.   ‘n Gereelde maatslag in die hele gedig, staan bekend as......                                         (1)

        ___________________________________________________________________

28.   Gebruik die omgekeerde driehoekformaat en skryf ‘n nuusberig vir ‘n koerant, gebasseer op die
      onderstaande storie. Begin met ‘n interessante opskrif. Jou artikel moet uit drie paragrawe bestaan.
      Die berig se taalgebruik, spelling en leestekens (punktuasie) sal geëvalueer word.                    (18)

              Wie                     Wat
                                                               Belangrikste feite

                 Wanneer          Waar                         Ondersteunende inligting

                     Waarom
                                                               Persone se kommentaar
                        Hoe

‘n Bejaarde vrou van ongeveer 80 jaar oud het 1 Julie in ‘n vuur omgekom. Sy het in ‘n baie ou huis in Sunnyside
Laan, Pretoria gebly. Die dag toe die vuur uitgebreek het Mnr de Bruin,‘n buurman, tydens middagete hom verbeel
dat hy rook geruik het. Hy het egter gedink dat iets op die stoof brand. Na ete het hy egter iets snaaks gehoor en
sy vrou ingelig dat hy gou wil uitvind wat dit was.
Toe hy uitgaan, ontdek hy dat die huis langsaan aan die brand is. Hy het na binne gehardloop en vir sy vrou
geskreeu om die brandweer te ontbied. Hy het daana terughardloop om uit te vind of daar iets is wat hy kon doen.
Dit was egter reeds te laat. Die vuur het reeds so sterk gewoed dat dit onmoontlik was om die huis binne te gaan

                                                   Bladsy 10 van 12

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com

of om iets te red. Die hoë vlamme het selfs die voordeur onsigbaar gemaak. Hy kon toe maar net wag vir die
brandweer. Ander bure het ook by hom kom staan. Een van die bure het sy tuinslang saamgebring, maar kon
egter nie veel uitrig teen so ‘n groot vuur nie. Dit het die brandweer omtrent 15 minute geneem om te kom, toe hul
2:30 aangekom het. Almal was bekommerd oor die huis se inwoners. Die hele straat se inwoners het mekaar
geken. Hulle het geweet dat Mary Cass, die bejaarde vrou, soms na ete ‘n uiltjie knip en dat haar eggenoot, Roy
Cass, Dinsdae met sy vriende brug speel. Hulle het ook geweet dat die huis oud en die bedrading in die huis
moontlik lankal gedaan was. Tog was die huis steeds omtrent R1.5m.werd. Mev Jelly, ‘n ander buurvrou, het wel
gewonder of dit verseker was. Nadat die brandweer die huis vir ‘n lang tyd met water gespuit het, is die vuur onder
beheer gebring. Daar was ten minste ses brandweermanne. Toe een van die brandweermanne van die skare
probeer verneem of daar iemand binne was, het Mnr. Cass snikkend opgedaag en sy vrou se naam herhalend
genoem. Nog ‘n buurman, Mnr Mkhize, het hom eenkant geneem en op ‘n tuinstoel laat sit. Mev Jelly het ‘n dokter
laat kom. Mnr Cass is sedert 1953 met sy vrou getroud en was ontroosbaar. Sittende het hy net gehuil en sy kop
aanhoudend heen-en-weer geskud. Niemand kon hom troos nie. Later het polisiespeurders die skade deursoek
om sodoende die oorsaak van die brand vas te stel. Een van die speurders het ook foto’s geneem sodat hulle die
oorsaak van die vuur later kan bepaal. Daar was spekulasies dat ‘n elektriese fout die oorsaak kon wees. Mnr
Cass is nou by sy dogter en skoonseun om voorlopig daar te bly. Mev Cass word op 4 Julie vanuit die St
Columba kerk begrawe.

                                                Bladsy 11 van 12

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com

29.   Gebruik die leestuk op bladsye 10 – 11 om die volgende vraag te beantwoord.                         (1)
      Dink jy dat die bure enige iets meer kon doen om die brand te blus? Gee ‘n rede vir jou antwoord.
      _____________________________________________________________________________________

      ______________________________________________________________________________________

      ______________________________________________________________________________________

      ______________________________________________________________________________________

      ______________________________________________________________________________________

                                              TOTAAL = 60 PUNTE

                                                Bladsy 12 van 12

## Related documents

- [Afrikaans Huistaal Graad 9 Vorm B](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-huistaal-graad-9-vorm-b/18b9ce2e-bb4a-4b8d-a4f5-3b9f2cf8c223) — Afrikaans HL · QP · 2011 · Afr
- [Afrikaans Huistaal Graad 9 Vorm A Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-huistaal-graad-9-vorm-a-memo/ee8d87fe-fa48-4324-afe0-5827f86d0e3d) — Afrikaans HL · Memo · 2011 · Afr
- [Afrikaans Huistaal Graad 9 Vorm B Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-huistaal-graad-9-vorm-b-memo/3af4e9e7-e65b-4c18-81d8-382f2c932a04) — Afrikaans HL · Memo · 2011 · Afr
- [Gr 9 AFRIKAANS HUISTAAL QP](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-afrikaans-huistaal-qp/9d1bae7e-d26f-411c-a997-4b2b9719ac71) — Afrikaans HL · QP · 2011 · Afr
- [2014 ANA Grade 9 Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/2014-ana-grade-9-afrikaans-hl/4d7e6c56-dd65-46bd-b674-70f0b1b2bb52) — Afrikaans HL · QP · 2014 · Afr
- [Grade 9 Afrikaans HL 2013 Test](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-hl-2013-test/6e5687e2-2ce5-4078-8945-5111d65ae134) — Afrikaans HL · QP · 2013 · Afr

## More from Grade 9 Afrikaans HL

- [CAPS SP HOME AFRIKAANS GR 7-9 web](https://www.hlayiso.com/library/caps-sp-home-afrikaans-gr-7-9-web/adabb4d3-1fb8-4825-a189-492d2a06c071) — CAPS · Afr
- [Grade 9 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/764a0ca6-8c7b-4530-aaa0-de52bed4e547) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 9 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/66a9bd85-2672-489f-aed7-91a86bda5288) — Memo · 2026 · Afr
- [Afrikaans HL Marking Guideline](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-marking-guideline/9f5d1f41-c88b-40c4-9849-80d0bebb5a9b) — Memo · 2023 · Afr
- [Grade 9 Afrikaans HL Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-hl-memo/453edc0c-96e8-484b-8789-aca6a3f55d2c) — Memo · 2022 · Afr
- [AFR HL P2 GR9 MEMO NOV2019 Final](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr9-memo-nov2019-final/c312c415-29d5-4a65-95a8-c4ddd136620e) — Memo · 2019 · Afr

## Collection

- [Grade 9 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-9/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
