# Afrikaans FAL Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the Gauteng June Exam 2025, 14 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-question-paper/218009a2-cb34-481b-a964-99fbc3dc5336
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: Gauteng June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-question-paper/218009a2-cb34-481b-a964-99fbc3dc5336)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · Gauteng June Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

JUNIE EKSAMEN
   GRAAD 12

        2025

      AFRIKAANS
EERSTE ADDISIONELE TAAL

     (VRAESTEL 1)

                          TYD:        2 uur

                          PUNTE:      80

                          14 bladsye

                           Blaai om asseblief

### Page 2

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                2
                                    (VRAESTEL 1)              GR12 0625

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

     AFDELING A: Leesbegrip             (30)
     AFDELING B: Opsomming              (10)
     AFDELING C: Taal                   (40)

2.   Beantwoord AL die vrae.

3.   Begin elke afdeling op 'n NUWE bladsy.

4.   Trek 'n streep na elke afdeling.

5.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik is.

6.   Laat 'n reël oop na ELKE antwoord.

7.   Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

8.   Beplan jou tyd só:

     AFDELING A: 50 minute
     AFDELING B: 20 minute
     AFDELING C: 50 minute

9.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                       3
                                     (VRAESTEL 1)              GR12 0625

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1: ARTIKEL

Lees die artikel hieronder deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS A: ARTIKEL

                                     BOKSE VOL LIEFDE

1     Dit kos nie ŉ arm en ŉ been om ŉ kind in nood te ondersteun nie. Net ŉ gewillige
      hart, ŉ bietjie verbeelding en ŉ skoenboks. Ons gesels met Debbie Zelezniak, hoof
      van die Santa Shoebox Project, oor die verskil wat hulle in kinders en volwassenes
      se lewens maak.

2     Hulle sorg elke jaar dat tienduisende kinders landswyd ook weet hoe dit voel om ŉ           5
      geskenkboks vol splinternuwe geskenke te ontvang. Die Santa Shoebox Project is
      egter net ŉ deel van wat hulle doen. Die ander ses maande lei dié groep
      wonderwerkeronderwysers op, bou skole en rig leeshoekies op in gemeenskappe
      wat dit nie kan bekostig nie.

3     Vir Debbie Zelezniak (55), hoof van die Santa Shoebox Project (SSP), het haar              10
      werk by dié organisasie haar lewe op vele maniere beter gemaak. Hoewel dit haar
      voltydse werk is, sien Debbie dit nie as werk nie. Dit maak haar hart en haar lewe
      vol.

4     Debbie kon netsowel Kersvader se beherende elf gewees het. Hulle kyk na nood
      en na kinders wat min of niks het as gevolg van omstandighede en help dan waar             15
      hulle kan.

5     Santa Shoebox verrig wondere. Dit saai vreugde en bou gemeenskappe op, maar
      die nood groei jaarliks. En ongelukkig groei die getal mense wat skenk en ŉ verskil
      kan maak, níé saam met die behoefte nie. Debbie sê die aantal bokse van die
      vorige jaar (75 000) is ver oorskry. "Ons weet ons sukses lê nie in syfers nie. Dit lê     20
      in gee, ontvang, opheffing en bemagtiging," sê sy.

                                                                                 Blaai om asseblief

### Page 4

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                       4
                                    (VRAESTEL 1)              GR12 0625

6    Tog wys die syfers hoe dié projek ŉ verskil maak. Debbie se storie gee jou ŉ warm
     gevoel in jou binneste. Toe sy gevra is om 12 jaar terug by Santa Shoebox aan te
     sluit het sy gekom uit ŉ entrepeneursagtergrond. "Ek het besef dat om te gee nie
     net uit- of weggee is nie. Deur te gee help jy ander. Die ontsaglike manier waarop         25
     beide die een wat gee, sowel as die ontvanger bemagtig word en groei in die
     proses, het my diep geraak, dis ŉ geweldige leerkurwe om dit te besef," sê Debbie.
     "My idee was eers dat jy armer word as jy gee. Maar dis andersom! En almal
     verdien om bemagtig te word en om te ontvang," sê sy.

7    Die Santa Shoebox Project het die afgelope 18 jaar byna 1,3 miljoen                        30
     geskenkskoenbokse aan minderbevoorregte kinders uitgedeel. Hulle het vyf skole
     gebou, 1 529 onderwysers opgelei en 223 leeshoekies opgerig. Debbie vertel dat
     die projek ook virtueel aangebied is en dat daar genoeg geld ingesamel is om in
     2025 twee skole te kon bou, een skool in die landelike gebiede van KwaZulu-Natal
     en een in Mpumalanga. Die SSP bestaan uit twee dele. Dit bestaan uit die SSP               35
     Legacy en die skoenboksprojek. Eersgenoemde sorg vir permanente verandering
     in die lewens van kinders met bittermin hulpbronne en die tweede vir die
     gemeenskappe waarin hul leef.

8    Deur die SSP Legacy word nuwe vroeë kinderontwikkelingsentrums gebou en
     oues getransformeer. Die fokus is op infrastruktuur en registrasie by die 40
     Departement van Basiese Onderwys, onderwysersopleiding en vroeë
     geletterdheidsontwikkeling. Deur die skoenboksprojek kry tienduisende kinders
     jaarliks ŉ skoenboks gevul met splinternuwe items soos seep, ŉ waslap, ŉ
     tandeborsel en tandepasta, opvoedkundige items, ŉ kledingstuk, lekkers en ŉ
     speelding. Jy is welkom om enigiets ekstra in te pak solank dit in ŉ mediumgrootte 45
     skoenboks pas.

9    "Ons gee niks tweedehands nie. Hierdie kinders moet hul lewe lank alles met
     iemand deel. Hulle verdien nuwe goed," sê Debbie.

10   “ŉ Lewensveranderende oomblik vir my was toe ŉ meisie eendag haar skoenboks
     oopmaak, die koekie seep uithaal, in die lug hou en skree: ‘My eie seep! My eie            50
     seep!’ Ek moes by daai klaskamer uitstap; dit het my geruk. Jy kan nie hardop huil
     voor kinders nie, dit maak hulle bang. Ek was in stukke. ŉ Kind moenie voel hulle
     verdien nie hul eie seep nie."

11   Elke kind wat die vreugde daarvan ervaar om te gee en te ontvang, is die storie
     van ons sukses. Die skenkerkinders wie se ouers hierdie ontsettende waardevolle            55
     lesse oordra en vir hulle eie kinders leer dat nie alle kinders die dinge kry wat hulle
     kry nie, is net so waardevol soos die minderbevoorregte kind wat ŉ boks vol
     splinternuwe geskenke ontvang.
                                                                [Verwerk uit: Kuier, Desember 2024]

LET WEL:     Beantwoord AL die vrae.
             Skryf net die vraagnommer en die antwoord neer.

                                                                                Blaai om asseblief

### Page 5

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                      5
                                      (VRAESTEL 1)              GR12 0625

1.1   Wat word die projek genoem waar mense bokse vol liefde vul?                                (1)

1.2   Wie is die persoon in beheer van hierdie projek?                                           (1)

1.3   Watter EEN woord uit paragraaf 2 dui daarop dat die donasies deur die hele land
      versprei word?                                                                             (1)

1.4   “Dit kos nie ŉ arm en ŉ been nie” beteken dat dit baie duur is.
                                                                                                 (1)
      Motiveer waarom hierdie stelling ONWAAR is.

1.5   Aan watter TWEE vereistes moet kinders voldoen om deel te wees van die
      projek? (Paragraaf 4)                                                                      (2)

1.6   "Die ander ses maande lei dié groep wonderwerkeronderwysers op, bou skole en
      rig leeshoekies op in gemeenskappe wat dit nie kan bekostig nie."

      1.6.1     Kies die korrekte antwoord uit dié tussen hakies.

                “Die ander ses maande” verwys na die (tydperk/teenstander) wanneer
                hulle gemeenskapprojekte bou.                                                    (1)

      1.6.2     Reg deur die jaar vind daar projekte plaas. Wat is die verskil in gebeure
                in die eerste ses maande en die laaste ses maande van die jaar?                  (2)

1.7   Wat beteken die afkorting, “SSP” in paragraaf 3?                                           (1)

1.8   Volgens paragraaf 5 is daar voordele aan dié projek. Noem EEN voordeel.                    (1)

1.9   "Dit saai vreugde en bou gemeenskappe op ..." (Paragraaf 5)

      1.9.1     Sê of die frase konnotatief of denotatief gebruik word.                          (1)

      1.9.2     Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.9.1.                                            (1)

1.10 Hoe lank is die Santa Shoebox Project al aan die gang?                                      (1)

1.11 Waarom kan ons sê dat die Santa Shoebox Project uit twee dele bestaan?                      (2)

1.12 Hoeveel kinders kry jaarliks ŉ skoenboks?                                                   (1)

1.13 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf die letter (A – D) langs
     die vraagnommer (1.13) neer.

      Die kinders verdien alles nuut in die boks, want hulle is ...

      A       bederf.
      B       vol fiemies.
      C       daaraan gewoond om nuwe goed te kry.
      D       daaraan gewoond om tweedehandse goed te kry.                                       (1)

                                                                                 Blaai om asseblief

### Page 6

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                        6
                                     (VRAESTEL 1)              GR12 0625

1.14 Noem EEN item wat in hierdie skoenboks kan voorkom.                                          (1)

1.15 Skryf TWEE OPEENVOLGENDE woorde uit die slotparagraaf neer wat aandui
     dat die kinders nie dieselfde aantal besittings as ander kinders het nie.                    (1)

1.16 Dink jy Debbie is ŉ waardige rolmodel vir jongmense? Motiveer jou antwoord.                  (1)

1.17 Watter raad sal jy aan die projekbestuurder gee om die projek nog beter te maak?             (1)

1.18 Volgens die slotparagraaf is daar twee partye wat voordeel trek uit hierdie projek.

      Stem jy saam met hierdie stelling? Motiveer jou antwoord.                                   (1)

1.19 Hierdie leesstuk handel oor kinders wat minderbevoorreg is.Die kinders ontvang
     EEN Santa Shoebox per jaar. Dink jy dat EEN Santa Shoebox genoeg is?
     Motiveer jou antwoord.                                                                       (1)

TEKS B: SPOTPRENT
Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                        EK IS BAIE                           … SO ELKE
                        ERG OOR                              DAG IS
                        KULTUUR EN                           "BRAAIDAG"
                        ERFENIS …                            HIER BY MY.

                                                  [Uit: Rapport-spotpent 26 September 2021]

1.20 Wat wil die skrywer bereik deur gebruik te maak van die braaier in die spotprent?         (2)

1.21 Noem EEN aspek van Suid-Afrikaanse erfenis wat in hierdie prent uitgebeeld
     word.                                                                                     (1)

1.22 Watter spesery gooi die man op die vleis?                                                 (1)

1.23 Waarom is die woord 'BAIE' onderstreep?                                                   (1)

1.24 Hoe weet jy dat die man baie van braai hou?                                               (1)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:               30
                                                                                 Blaai om asseblief

### Page 7

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                        7
                                      (VRAESTEL 1)              GR12 0625

AFDELING B: OPSOMMING

Lees die teks hieronder deur en voer die instruksies uit.

VRAAG 2

Jy moet probeer om brandstof te bespaar.

INSTRUKSIES:

1. Som die SEWE FEITE OOR DIE MANIER WAAROP ŉ MENS KAN SPAAR
   WANNEER JY KAR BESTUUR in jou EIE VOLSINNE op.
2. Skryf die feite puntsgewys neer.
3. Nommer die feite van 1 tot 7.
4. Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
5. Dui die korrekte getal woorde aan die einde van die opsomming aan.

TEKS C

                            SPAAR SO AGTER DIE STUUR

  Ry egalig, voet liggies op die versnellerpedaal, en moenie onnodig hard rem nie,
  beklemtoon Layton. Hoe vinniger jy ry, hoe meer petrol gebruik jy. Trek dus stadig en
  geleidelik by verkeersligte en stopstrate weg.

  Amerika se Union of Concerned Scientists sê as jy ŉ spoed van so 100 km/h in plaas
  van 120 km/h handhaaf, kan jou petrolverbruik met tot 20% daal.

  Skakel oor na ŉ hoër rat sodra jou enjin dit toelaat, want jy gebruik meer petrol in laer
  ratte. Jy kan ook ratte oorslaan. Gaan byvoorbeeld direk van eerste na derde rat.

  Om jou revolusies onnodig hoog te laat hardloop vreet petrol. Motoriste trap dikwels
  die versneller tot 3 000 omwentelings per minuut of meer wanneer hulle na ŉ hoër rat
  verwissel, terwyl 2 500 in ŉ petrol- en 2 000 in ŉ dieselmotor voldoende is.

  Beplan jou reis sodat jy die kortste roetes volg en dié met baie kruisings en
  voetgangers vermy. Vermy so ver as moontlik spitstye en swaar verkeer, benadruk
  Layton. Jy kan verkeersverslae en Google Maps monitor om verkeersknope te
  probeer vermy.

  Momentum is jou vriend: Let op na die verkeer ŉ paar honderd meter voor jou en
  bestuur versigtig sodat jy aanhoudend beweeg in plaas daarvan om aanhoudend te
  stop en weg te trek. Wanneer jy ŉ rooi verkeerslig nader, kan jy stadiger ry sodat dit
  na groen oorslaan voor jy daar kom.

  Probeer soveel moontlik dinge tydens een rit afhandel, in plaas daarvan om kort-kort
  vir een of twee items winkel toe te ry.
                                            [Verwerk uit: Raad, Huisgenoot Lente/Somer 2024]

                                                            TOTAAL AFDELING B:            10
                                                                                  Blaai om asseblief

### Page 8

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                    8
                                       (VRAESTEL 1)              GR12 0625

AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES

VRAAG 3: ADVERTENSIE

       Die taalvrae wat volg, is op die advertensie (TEKS D) hieronder gebaseer.
       Die nommering in die advertensie verwys na die nommer van die vraag wat
        beantwoord moet word.
       Voer die instruksies by elke vraag uit.

TEKS D

                          KRY 15
              VAN JOU GUNSTELING
                  AFRIKAANSE
              TYDSKRIFTE DIGITAAL

                            VIR SLEGS

                            R99                      PER MAAND
         Besoek www.digitaletydskrif.co.za vanaf jou elektroniese toestel.
         Registreer maklik en (3.5) vinnig.
         Lekker leesgenot word gewaarborg!
         Vir enige navrae, klagtes of kommentaar, kontak DIGITALE TYDSKRIF se
          kliëntediens.
         Selnommer: 061 532 9425
                                                                               [Verwerkte Teks]

                                                                                Blaai om asseblief

### Page 9

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                      9
                                    (VRAESTEL 1)              GR12 0625

3.1   Hou die teikenmark van hierdie advertensie in gedagte.

      3.1.1 Met wie word daar direk in hierdie advertensie gepraat?                            (1)

      3.1.2 Watter groep mense, dink jy, word uitgesluit?                                      (1)

3.2   Watter inligting omtrent hierdie advertensie sal die teikenmark oorreed om tot
      aksie oor te gaan?                                                                       (2)

3.3   Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

      Met die foto’s van die elektroniese toestelle wys die adverteerder vir ons dat
      mense hulle tydskrifte op hulle (selfone/sellfone) kan lees.                             (1)

3.4   Waarom, dink jy dat dit slim was van die adverteerder om foto’s van DRIE
      verskillende elektroniese toestelle te gebruik?                                          (1)

3.5   Gee die INTENSIEWE VORM van "vinnig".                                                    (1)

3.6   Kyk na die inligting onder die prente.

      3.6.1 Skryf VIER OPEENVOLGENDE woorde neer wat ŉ mening is.                              (1)

      3.6.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.6.1.                                              (1)

3.7   Waaruit kan ons aflei dat DIGITALE TYDSKRIF graag wil weet wat mense van
      hulle produk dink? Skryf dit in jou eie woorde.                                        (1)
                                                                                            [10]

                                                                               Blaai om asseblief

### Page 10

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                        10
                                     (VRAESTEL 1)              GR12 0625

VRAAG 4: STROKIESPRENT

 Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent (TEKS E) hieronder gebaseer.
 Voer die instruksies by elke vraag uit.

TEKS E

MEESTER EN NEELSIE                                                              DANIE CRONJE
                                                                 Hy het my nie ŉ definitiewe
  Ek dink ek gaan ŉ kans vat
                                                                  antwoord gegee nie, maar
   en vir Meester vra of ons
                                                                 ek het ŉ sterk vermoede die
  vanaand sy kar kan leen …                                          antwoord is "Nee".

       RAAMPIE 1                           RAAMPIE 2                        RAAMPIE 3
                                                       [Uit: http://meester.yolasite.com/strokies.php]

4.1   In RAAMPIE 1 sien ons ŉ tipiese situasie wat in ŉ klaskamer afspeel.

      4.1.1 Hoe kan ons sien dat Neelsie en sy vriend in ŉ klaskamer is? Gee EEN
            visuele teken.                                                                       (1)

      4.1.2 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

             Neelsie en sy maat is besig om (’n plan te maak/te kuier).                          (1)

      4.1.3 Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.1.2 deur te verduidelik wat Neelsie
            doen, nie wat hy sê nie.                                                             (1)

4.2   Kyk na die SPRAAKBORREL in RAAMPIE 1.

      Wat is die funksie van die ellips?                                                         (1)

                                                                                   Blaai om asseblief

### Page 11

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                    11
                                    (VRAESTEL 1)              GR12 0625

4.3   Kyk na RAAMPIE 2.

      4.3.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies om die idioom te
            voltooi.

             Meester se reaksie op Neelsie se versoek om sy kar te leen slaan
             Meester (dronk/pap).                                                           (1)

      4.3.2 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf die
            letter (A – D) langs die vraagnommer (4.3.2) neer.

             Die spotprentkunstenaar beklemtoon in RAAMPIE 2 se spraakborrel hoe
             … Meester is.

             A   woedend
             B   verleë
             C   lui
             D   bly                                                                        (1)

      4.3.3 Watter visuele tekens dui Meester se gevoelens die beste aan? Gee
            TWEE feite.                                                                     (2)

4.4   Neelsie se optrede in RAAMPIE 3 is ironies.

      Voltooi die sin hieronder.

      ŉ Leerder wil sy onderwyser se kar leen, maar …                                       (1)

4.5   Skryf die sin hieronder oor as ŉ VRAAGSIN.

      Neelsie se plan werk uit.                                                             (1)
                                                                                           [10]

                                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                        12
                                      (VRAESTEL 1)              GR12 0625

VRAAG 5: ARTIKEL EN PRENT

     Die taalvrae wat volg, is op die tydskrifartikel (TEKS F) en die prent (TEKS G)
      hieronder gebaseer.
     Die nommering in die artikel verwys na die nommer van die vraag wat beantwoord
      moet word.
     Voer die instruksies by elke vraag uit.
     Opsetlike taalfoute kom voor.

5.1     Lees die artikel deur en beantwoord die vrae wat volg.

        TEKS F: ARTIKEL

                                        Duisende siek 5.1.1 (mens) in Suid-Afrika wag
                                        hoopvol op organe. Sommige is gelukkig
                                        wanneer hulle betyds ŉ (5.1.2) (geskik) orgaan
                                        soos ŉ hart, nier, lewer of ŉ long kan kry wat
                                        suksesvol (5.1.3) (oorgeplant) kan word, en
                                        ander nie. (5.1.4) Education for Living
                                        Legacies se doelwit is (bewustheid van
                                        orgaanskenking skep). (5.1.5) Sy beklemtoon
                                        hoe belangrik bewusmaking is. Mense moet
                                        as skenkers registreer. (5.1.6) Jy moet vir jou
                                        naasbestaandes sê: "Julle moet my wense
                                        respekteer." (5.1.7) Hoe kan jy ŉ (orgaan +
                                        skenker) word? Registreer aanlyn (5.1.8)
(by/vir/met) www.odf.org.za. (5.1.9) (Bel/Foon) die orgaanskenkerstigting by
0800 226 611 vir (5.1.10) (baie) inligting. ŉ (5.1.11) (Kaart) word vir jou gestuur. Jy
moet die plakker wat jy kry op jou ID-kaart plak. Jy kan soveel as 5.1.12 (7) lewens
red. (5.1.13) Ouderdom is ŉ faktor as jy ŉ skenker wil word.
                                [Verwerk uit Rooi Rose, Jy kan 7 lewens red, Desember 2024]

         5.1.1   Gee die MEERVOUD van die woord tussen hakies.

                 Daar is duisende siek (mens) in Suid-Afrika.                                     (1)

         5.1.2   Gee die KORREKTE vorm van die woord tussen hakies.

                 Party mense is gelukkig om betyds ŉ (geskik) orgaan te kry.                      (1)

         5.1.3   Verdeel die woord tussen hakies korrek in LETTERGREPE.

                 Party mense se hart of ŉ nier word suksesvol (oorgeplant).                       (1)

                                                                                    Blaai om asseblief

### Page 13

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                  13
                             (VRAESTEL 1)              GR12 0625

5.1.4   Skryf die hele sin oor in die INFINITIEF.

        Die doelwit is (bewustheid skep).                                          (1)

5.1.5   Verbind die twee sinne met die VOEGWOORD tussen hakies en plaas
        die KOMMA op die korrekte plek.

        Sy beklemtoon hoe belangrik bewusmaking is. Mense moet as
        skenkers registreer. (want)                                                (1)

5.1.6   Skryf die sin hieronder in die INDIREKTE REDE. Gebruik dat in jou
        antwoord.

        Jy moet vir jou naasbestaandes sê: "Julle moet my wense respekteer."       (2)

5.1.7   Vorm ŉ SAMESTELLING van die woorde tussen hakies.

        Hoe kan jy ŉ (orgaan + skenker) word?                                      (1)

5.1.8   Kies die korrekte VOORSETSEL tussen hakies.

        Registreer aanlyn (by/vir/met) www.odf.org.za.                             (1)

5.1.9   Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

        (Bel/Foon) die orgaanskenkerstigting by 0800 226 611.                      (1)

5.10    Gee die VERGROTENDE TRAP van die woord tussen hakies.

        Skakel 0800 226 611 vir (baie) inligting.                                  (1)

5.1.11 Gee die VERKLEINWOORD van die woord tussen hakies.

        ŉ (Kaart) word vir jou gestuur.                                            (1)

5.1.12 Skryf die GETAL tussen hakies as ŉ woord.

        Jy kan (7) lewens red.                                                     (1)

5.1.13 Skryf die sin hieronder in die ONTKENNING.
        Ouderdom is ŉ faktor.                                                      (1)

                                                                     Blaai om asseblief

### Page 14

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                    14
                                    (VRAESTEL 1)              GR12 0625

5.2 Kyk na die prent en beantwoord die vrae wat volg.

    TEKS G: PRENT

                                                                       [Bron: google images]

    5.2.1   Skryf die sin hieronder oor in die LYDENDE VORM.

            Mense dra fiksheidshorlosies.                                                 (1)

    5.2.2   Skryf die hele sin hieronder in die korrekte WOORDORDE.

            Jy moet (afhaal) (daagliks na oefening) (jou fiksheidshorlosie).              (1)

    5.2.3   Skryf die sin hieronder oor in die VERLEDE TYD.

            Fiksheidshorlosies kan jou vel irriteer.                                      (1)

    5.2.4   Gee die ANTONIEM van die woord tussen hakies.

            Atlete is (passiewe) mense.                                                   (1)

    5.2.5   Gebruik die HOMONIEM van die woord tussen hakies in ŉ sin sodat die
            betekenis duidelik blyk.

            Die swemmer het ŉ (prys) gewen.                                               (1)

    5.2.6   Gee EEN WOORD vir die woorde tussen hakies.

            (Mense wat draf) neem aan wedlope deel.                                       (1)
                                                                                         [20]

                                                             TOTAAL AFDELING C:           40

                                                                               TOTAAL:        80

                                                                                      EINDE

## Related documents

- [Afrikaans FAL P1 Nov 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2023/7f6db4f4-3355-49ea-8d80-d260b19660e0) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-may-june-2022/8bcbc36a-8ff9-4ba3-9090-8c832b8fda5f) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2022/4a28869c-bdc7-48b3-9f29-cfa7ca31cc7d) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2021/0a323951-81e2-46a2-adbf-10a4dfc61957) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2020/4585f23b-9e1d-4535-b384-615680f91a3e) — Afrikaans FAL · QP · 2020 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2019](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2019/e47d275e-1758-490f-82cc-f901024759a5) — Afrikaans FAL · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans P2 2021 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-2021-memo/fa39593a-6800-4788-88d4-bfdf1e468aa8) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
