# Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2018, 41 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-gr12-qp-sept2018-final/9e888f2f-e10a-41c0-bda7-99cfd92192f4
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 41

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-gr12-qp-sept2018-final/9e888f2f-e10a-41c0-bda7-99cfd92192f4)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018 · Afrikaans. Question paper, 41 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                               GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2018

   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

PUNTE:   70

TYD:     2 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 41 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2               (EC/SEPTEMBER 2018)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

 1.    MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die INHOUDS-
       OPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommers van die vrae oor
       die tekste wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vrae en kies die vrae
       wat jy wil beantwoord.

 2.    Gebruik die inhoudsopgawe om jou met jou keuses te help.

 3.    Die vraestel bestaan uit VIER afdelings:

       AFDELING A:      Roman          (35)
       AFDELING B:      Drama          (35)
       AFDELING C:      Kortverhale    (35)   Beantwoord vrae op albei kortverhale.
       AFDELING D:      Gedigte        (35)   Beantwoord vrae op albei gedigte.

 4.    Lees die inhoudsopgawe op bladsy 3 en dui die vraagnommers van die TWEE
       letterkundetekste wat julle in die klas behandel het, aan.

 5.    Beantwoord TWEE vrae: EEN vraag uit elkeen van die TWEE afdelings wat julle
                             behandel het.

       AFDELING A: ROMAN
       Beantwoord die vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

       AFDELING B: DRAMA
       Beantwoord die vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

       AFDELING C: KORTVERHALE
       Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale.

       AFDELING D: GEDIGTE
       Beantwoord die vrae oor AL TWEE gedigte.

       Gebruik die kontrolelys op bladsy 4 om jou te help.

 6.    Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

 7.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
       vraestel gebruik is.

 8.    Laat ŉ reёl oop na elke antwoord.

 9.    Voorgestelde tydsindeling: Ongeveer 60 minute per afdeling/vraag.

 10.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)               AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                        3

INHOUDSOPGAWE

Hierdie bladsy sal jou in staat stel om die vrae te kies wat jy wil beantwoord sonder om deur
die hele vraestel te lees.

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord slegs EEN vraag.
                                                                                        BLADSY
                                                                            PUNTE
                                                                                          NR.
VRAAG 1:       Kringe in 'n Bos                   Kontekstuele vraag           35          5
                                          OF
VRAAG 2:       Die Ongelooflike Avonture van      Kontekstuele vraag
                                                                               35            8
               Hanna Hoekom
                                          OF
VRAAG 3:       Meeulanders                        Kontekstuele vraag           35           12
                                          OF
VRAAG 4:       Lien se lankstaanskoene            Kontekstuele vraag           35           16

AFDELING B: DRAMA

Beantwoord slegs EEN vraag.
VRAAG 5: Poppie – die drama                       Kontekstuele vraag           35           20
                                           OF
VRAAG 6:       Paljas                             Kontekstuele vraag           35           24
                                           OF
VRAAG 7:       Fiela se kind                      Kontekstuele vraag           35           29

AFDELING C: KORTVERHAAL

Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale.
VRAAG 8: Die weldoener                     Kontekstuele vraag                  17           34
                                           EN
               Rot in ŉ val                       Kontekstuele vraag           18           36

AFDELING D: GEDIGTE

Beantwoord die vrae oor AL TWEE gedigte.
VRAAG 9: Pryslied                                 Kontekstuele vraag           18           38
                                   EN
           Huiskat                                Kontekstuele vraag           17           40

 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2              (EC/SEPTEMBER 2018)

 KONTROLELYS

 Gebruik die kontrolelys om te verseker dat jy die vereiste getal vrae beantwoord.

 LET WEL: Maak seker dat jy vrae oor slegs TWEE afdelings beantwoord het.

       AFDELING              VRAAGNOMMERS                  GETAL VRAE               DUI
                                                          BEANTWOORD               AAN (√)
 A: Roman                            1–4                          1
                                            OF
 B: Drama                            5–7                          1
                                            OF
 C: Kortverhale                       8                   1 (2 kortverhale)
                                            OF
 D: Gedigte                           9                     1 (2 gedigte)

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)            AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                           5

 AFDELING A: ROMAN
 Beantwoord slegs EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het.
 VRAAG 1: KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee
 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
 TEKS A

 Sy ma en Sara is November dood. Die Januarie daarna het hy veertien geword.
 Hulle het by Grootdraai waenhout gemaak en die grootste gedeelte van sy werk
 was nog altyd om die skerm. Omdat die waenhout teen ŉ taamlike skuinste
 gekap is, was die skerm ŉ halfmyl laer af gemaak.
 “Dis Saul, hy is verjaar vandag,” het sy pa op die ou Bosmanier teen die           5
 voordag onder die skerm aangekondig.
 “Geluk Saul”, het oom Anneries krakerig omgedraai.
 “Is ek nou veertien, Pa?” wou hy net seker maak.
 “Ja. En geluk van my ook. As ŉ man eers veertien is, begin jy vleis aan jou bene
 kry en bas aan jou vel en kan jy uitkyk na die dag wat jy jou eie byl kan swaai – 10
 jy moet kom begin uitkap aan die kwaallatte later vandag. Ons is amper reg
 vir uitsleep.”
 Dit was ŉ vreemde gevoel. Die veertien-gevoel. So asof jy in twee bome gelyk staan.

 1.1 1.1.1      Wat was die oorsaak van Saul se ma se dood?                                  (1)

       1.1.2    Noem enige ander belangrike gebeure in dieselfde jaar as sy ma se
                dood. Gee TWEE feite.                                                        (2)
       1.1.3    Hoe het Saul se ma bygedra tot sy geletterdheid?                             (1)
 1.2 1.2.1      Hoe het Joram Barnard volgens die uittreksel bewys dat familietradisies
                vir hom belangrik was?                                                       (1)
       1.2.2    Hoe het Saul van sy pa verskil ten opsigte van die bosmense se
                tradisies?                                                                   (2)
       1.2.3    Hoe het Saul se ma ook bewys dat sy tradisievas was wanneer ŉ lid
                van die gesin verjaar het?                                                   (1)
 1.3 1.3.1      Gee die figuurlike betekenis van “… begin jy vleis aan jou bene kry en
                bas aan jou vel”. (reël 9 en 10)                                             (1)
       1.3.2    Gee TWEE bewyse dat Saul se pa later groter dinge van hom as ŉ
                veertienjarige verwag het.                                                   (2)
 1.4 Hoekom voel Saul asof hy tussen twee bome staan?                                        (1)
 1.5 1.5.1      Waarom is dit waar dat Saul se wegbreek van sy tradisies vir hom
                voordelig was? Gee TWEE feite.                                               (2)
       1.5.2    Wat was een van die groot insidente wat daartoe gelei het dat Saul van
                sy familie weggebreek het?                                                   (1)
       1.5.3    Hoe het hierdie wegbreek vir Saul egter ook nadelig geraak?                  (1)
                                              EN

 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                 (EC/SEPTEMBER 2018)

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS B

Hy is nie sonder hartseer uit Swellendam weg nie, ook nie sonder ŉ skuldgevoel
teenoor ou Abraham en tant Annie nie.
“Jy’t vreemd hier aangekom en eintlik gaan jy vreemd hier weg,” het die ou man
hartseer gegroet. “Jy’s nes ŉ kas waarvan die sleutel weggeraak het en wat nie kan
oop nie, maar ek is spyt dat jy weggaan.”                                           5
“Ons sal mekaar weer sien, oom.”
“Die Here beskik ons pad, Saul. As hy dit so wil, sal ons mekaar weer sien. En as
jou dinge agtermekaar is, laat weet my. Ek is nie op hierdie plek gewortel nie, hoor?”
“Bedoel oom dit?”
“Ja.”                                                                              10
As hy ou Abraham op Knysna kan kry, is hy loshande deur … Selfs die ou tante het
onthou van ŉ niggie van haar wat hierdie kant toe getrek het!
Saul het skielik onthou dat die perd onder hom moeër was as hy self en die teuels
laat skiet …
Toe hy die dorp binnery, was daar ŉ vae gevoel van vreugde in hom.

1.6   1.6.1     Waarom was Saul “nie sonder hartseer uit Swellendam weg nie”?
                (reël 1)                                                                      (1)

      1.6.2     Waarom dink jy is hy wel met ŉ skuldgevoel daar weg?                          (1)

1.7   1.7.1     Waarom beskou oom Abraham vir Saul as ŉ kas waarvan die sleutel
                weggeraak het?                                                                (1)

      1.7.2     Hoe het die mense van Swellendam se houding teenoor Saul van dié
                van die mense van Knysna verskil?                                             (2)

1.8   1.8.1     Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs
                die vraagnommer (1.8.1) en die antwoord neer.

                Saul (was geforseer om/het uit sy eie) Knysna verlaat.                        (1)

      1.8.2     Waarom keer hy nou weer terug na Knysna?                                      (1)

1.9   Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
      vraagnommer (1.9) en die letter (A–D) neer, byvoorbeeld 1.9. E.

      Saul het hierdie keer met meer selfvertroue na Knysna teruggekeer,
      want …

      A       Saul se familie kon nou hulle hout aan sy meubelmakery verkoop.
      B       Saul is nou skatryk.
      C       Saul weet Kate mis hom.
      D       Saul en sy familie het vrede gemaak.                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)               AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                        7

 1.10 Saul en Kate het ŉ naweek in die Bos deurgebring.

        Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar neer in die VOLGORDE soos
        dit in die roman gebeur het:

            Saul het ŉ bossie agter hom hoor kraak.
            Kate het hom van die dag vertel toe haar woorde hom baie seergemaak
             het.
            Kate het Saul versoek dat hulle van hulle bittere verlede vergeet.
            Saul wou weet hoekom Kate hom agtervolg het.                                    (4)

 1.11 Voltooi die volgende paragraaf deur die woorde in die lys hieronder te
      gebruik. Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (1.11.1–1.11.3) neer.

                 goedkeuring; ernstig; afkeuring; goed; Engeland; Brittanje

        Caroline McDonald het Saul besoek om hulle (1.11.1) … teenoor Saul en
        Kate se vriendskap te kenne te gee. Volgens Caroline was Kate se
        verhouding nie (1.11.2) … genoeg om met haar ma daaroor te praat nie.
        Caroline het vir Saul vertel dat sy ŉ afstammeling van koning George 111 van
        (1.11.3) ... was.                                                                    (3)

 1.12 Daar was verskillende karakters wat ŉ rol in Saul se lewe gespeel het.

        Kies die karakter in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
        slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (1.12.1–1.12.4) neer.

                               KOLOM A                              KOLOM B
        1.12.1        Hierdie karakter was tradisievas en ŉ   A   Jefferson
                      goeie houtkapper

        1.12.2        Hierdie karakter was Saul se            B   Joram
                      hartbroer

        1.12.3        Hierdie karakter het Saul en sy familie C   Maska
                      in die skuld gehou

        1.12.4        Hierdie karakter het gegroei en         D   Joseph
                      uiteindelik vrede met Saul gemaak

                                                              E   Macdonald
                                                                                 (4 x 1)     (4)
                                                                                            [35]

 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2              (EC/SEPTEMBER 2018)

VRAAG 2:      DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita
              van der Vyver

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS C

Liewe leser. Dis hoe ek my lewensverhaal wou begin. Toe kom loer Tibo oor my
skouer en sê ek is simpel, dis nie hoe mens ŉ storie begin.
“Wat weet jy?” vra ek hom. “Hoeveel stories het jy al geskryf?” Tibo is agt. Gans te
oud vir sy ouderdom, soos my ma altyd sê. Hy’s my halfbroer. Ek het ook twee
stiefbroers. “Wie wil jy hê moet jou storie lees?” vra Tibo.                        5
“Nie jy nie,“ snou ek hom toe. “Loop speel met jou poppe.”

                                            ***
Fabienne het natuurlik fantastiese tande. Ek het ŉ gaping tussen my boonste
voortande, nou nie so wyd dat ek ŉ potlood daar kan indruk nie, maar nogtans groot
genoeg om my te hinder. En anders as al die ander dinge aan my lyf wat my hinder –
my amper onsigbare tieties, my lelike voete, my puisies – kan ek iets aan my tande 10
dóén. Maar ek sal eers iets aan my ma moet doen.
My tandarts sê ek moet draadjies dra. Ek is grétig om draadjies te dra. Wat maak dit
saak as seuns jou nie wil soen nie? Selfs sonder draadjies word ek nie juis oorval deur
soenende seuns nie. Maar my ma skop vas. Geldmors, meen sy, dit sal my tande
karakterloos laat lyk. Wie wil nou karaktervolle tande hê?                           15

2.1   Watter karaktereienskap het Hanna en Beyers in gemeen?                                   (1)

2.2   Waarom is dit waar dat Beyers die ideale man vir Mana is? Gee TWEE feite.                (2)

2.3   2.3.1    Wat maak van Mana ŉ onkonvensionele vrou of ma? Gee TWEE
               voorbeelde uit die roman.                                                       (2)

      2.3.2    Hoe het Beyers sy romanse op ŉ baie onkonvensionele manier aan
               Mana gewys?                                                                     (1)

2.4   Hanna skep vir haarself ŉ alter ego, Fabienne.

      2.4.1    Hoe het Fabienne haar gehelp met dinge waarmee sy geworstel het?                (1)

      2.4.2    Waarom het Hanna dan tog aan die einde van Fabienne ontslae
               geraak?                                                                         (1)

      2.4.3    Dink jy die skep van ŉ alter ego is ŉ goeie idee in ŉ mens se lewe? Sê
               JA of NEE en motiveer jou antwoord.                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)               AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                         9

 2.5    Watter ongewone besluit van Mana was die begin van die verandering in
        Hanna se gesin?                                                                       (1)

 2.6    2.6.1    Waarom was Hanna glad nie gelukkig oor die koms van Margot nie?              (1)

        2.6.2    Waarom was dit tog later goed dat Margot wel opgedaag het?                   (1)

 2.7    2.7.1    Hoe het Beyers sommer aan die begin op die berg probeer om die
                 gesin se verhoudings te verbeter?                                            (1)

        2.7.2    Wat het Mana gedoen om die gesinsbande op die berg hegter te
                 maak?                                                                        (1)

 2.8    Hanna verander die berg se naam van Botterberg na Bitterberg.

        Wat sou die figuurlike betekenis van “bitter” in Bitterberg vir Hanna wees in die
        konteks van die roman?                                                                (1)

 2.9    Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
        vraagnommer (2.9) en die antwoord neer.

        Mana het elke oggend (net ŉ entjie/glad nie) met die gesin op die berg gestap.        (1)

 2.10   Hanna was vol afwagting dat Sharon later by hulle sou aansluit.

        2.10.1        Verduidelik waarom Sharon se aankoms op die berg Hanna tog
                      ongemaklik laat voel het. Gee TWEE feite.                               (2)

        2.10.2        Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs
                      die vraagnommer (2.10.2) en die letter (A–D) neer, byvoorbeeld
                      2.10.2 E.

                      Hanna besef haar ongemak was onnodig toe sy agterkom dat …

                      A     Sharon meer aandag aan Yann bestee.
                      B     Sharon die eenvoud van Hanna se gesin geniet.
                      C     Sharon haar verhaal waardeer.
                      D     Sharon Gavin se vermaak geniet.                                   (1)

                                                EN

 Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2              (EC/SEPTEMBER 2018)

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS D

Liewe leser, partykeer dink ek om te lewe is soos om in die see te staan, met jou rug
na die branders, en te probeer uitwerk wanneer en hoe die volgende een jou gaan
tref. Of dit ŉ onskadelike brandertjie gaan wees wat jou net so effens gaan laat wieg.
Of ŉ onverwagse breker wat jou voete onder jou gaan uitslaan.
Vandag is ons deur ŉ breker getref. Ons sukkel almal nog om ons balans terug te 5
kry. Yann slurp sy sop met ŉ bedwelmde uitdrukking. Amos en Tibo babbel asof
hulle beurte maak om ŉ sokkerwedstryd uit te saai. Beyers vryf beswaard oor die
sout-en-peper-stoppelbaard wat hy die afgelope week gekweek het. Mana
probeer hom opbeur met simpel grappies. Dan gooi hy sy kop agteroor en
blaflag soos ŉ dol hond.                                                           10
Ek loer onderlangs na Sharon en wonder wat sy van my gesin moet dink.
Mana en Beyers het die nuus gebring, saam met die kruideniersware wat hulle
op die dorp gaan koop het.
                                           ***
Maar ek dwaal al weer af. Ek moet vertel van die nuus wat hulle saamgebring het.
Ons het hulle ewe niksvermoedend ingewag.                                           15

2.11   “Vandag is ons deur ŉ breker getref”. (reël 5)

       Wat bedoel Hanna met hierdie woorde?                                                (1)

2.12   Wat probeer die skrywer bereik deur die aanhoudende uitstel van die nuus wat
       Mana en Beyers saambring?                                                           (1)

2.13   Hoe verskil Amos en Yann se reaksie van mekaar op hul ma se koms?                   (2)

2.14   Die volgende gebeure hou verband met die gebeure op die berg.

       Skryf die gebeure nou onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer soos dit
       in die roman voorkom.

          Gavin het op dramatiese wyse aangekom.
          Margo het met ŉ gehuurde Golf opgedaag.
          Sharon het gereken dat Hanna ook ŉ heks is.
          Almal het die aand charades gespeel.                                            (4)

2.15   Waarom het Sharon vir Hanna ook as ŉ heks beskou?                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                     11

 2.16   Voltooi die volgende paragraaf deur die woorde in die lys hieronder te gebruik.
        Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (2.16.1–2.16.3) neer.

                      in die motor; ŉ spesiale ete; klap hande; sing; nat; koek

        Almal (2.16.1) … vir Hanna op haar verjaarsdag. Gavin trek solank Beyers se
        klere aan, want syne is nog (2.16.2) … . Hulle almal eet (2.16.3) … op Hanna
        se verjaarsdag.                                                                       (3)

 2.17   Daar was verskillende karakters wat ŉ rol in Hanna se lewe gespeel het.

        Kies die karakter in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
        slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (2.17.1–2.17.4) neer.

                               KOLOM A                               KOLOM B
        2.17.1        Hierdie karakter was aanvanklik        A    Margot
                      Hanna se alter ego

        2.17.2        Hierdie karakter het Hanna eers baie   B    Fabienne
                      geïrriteer

        2.17.3        Hierdie karakter was eers ŉ            C    Gavin
                      verleentheid vir Hanna

        2.17.4        Hierdie karakter het Hanna verkeerd    D    Amos
                      bewys

                                                             E    Beyers
                                                                                  (4 x 1)     (4)
                                                                                             [35]

 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                     (EC/SEPTEMBER 2018)

VRAAG 3: MEEULANDERS – Esta Steyn

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS E

Hansie kyk bekommerd na Elsabet wat lusteloos by die tafel sit en blaai in ŉ boek.
“Ons moet vir jou eintlik ŉ afspraak by dokter Alwyn kry.”
“Ek is nie siek nie, Ma. Net sat.” Elsabet kyk nie op nie. “Juis. Dit kan jou hormone ook
wees. Met die ouweries wat uit is. Al skryf hy ook net ŉ bietjie toniek voor.”
Elsabet is nie lus vir die praatjies nie. Sy staan op. “Dit het niks daarmee te doen nie, Ma.” 5
Hansie vat ŉ houtlepel en roer in die groot kastrol op die stoof. “Ek het daardie slag gesê
jy moet jou volle ses weke hier uitbly, onthou? Jy het te vinnig begin woel. Hulle sê
altyd dit vat ses weke na die moedersdele uit is.”
“Ma, asseblief!”
Hansie draai om en kyk na Elsabet. Nou is die kind opstandig, maar dis van nie wil hoor 10
nie. Hier sit sy al vir vier dae, so wit soos ŉ sloop, sit haar mond amper aan niks nie.
“Ma verstaan nie.”

3.1 Elsabet sê: “Ek is nie siek nie, Ma. Net sat.” (reël 3)

      3.1.1    Wat wás egter hier fisies verkeerd met Elsabet?                                      (1)

      3.1.2    Bewys ook dat Elsabet se woorde hier grotendeels waar was. Gee
               DRIE feite.                                                                          (3)

3.2 “Ma, asseblief!”(reël 9)

      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
      vraagnommer (3.2.1) en die antwoord neer.

      3.2.1    Elsabet openbaar hier ŉ gevoel van (dankbaarheid/frustrasie).                        (1)

      3.2.2    Watter karaktertrekke openbaar Hansie teenoor Elsabet in hierdie
               uittreksel? Gee TWEE karaktertrekke.                                                 (2)

3.3 Elsabet worstel hier met ŉ geheim in haar hart.

      3.3.1    Wat is die geheim?                                                                   (1)

      3.3.2    Elsabet het net na hierdie gesprek iets gedoen wat ŉ getroude vrou nie
               behoort te doen nie. Wat doen sy?                                                    (1)

      3.3.3    Dink jy Elsabet kon hierdie situasie beter hanteer het? Sê JA of NEE en
               motiveer jou antwoord.                                                               (1)

      3.3.4    Watter ander groot geheim het Fred gehad?                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                        13

        3.3.5         Hoe het hierdie geheim reg in die hande van Skalla gespeel toe hy
                      daarvan te hore kom?                                                    (1)

        3.3.6         Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf
                      slegs die vraagnommer (3.3.6) en die letter (A–D) neer,
                      byvoorbeeld 3.3.6 E.

                      Fred het onwetend opgemaak vir hierdie geheim van hom toe hy ...

                      A    Jacob se regskoste betaal het.
                      B    geld vir Kinnie gegee het.
                      C    Janka se mediese onkoste betaal het.
                      D    vir Skalla vasgetrek het.                                          (1)

        3.3.7         Hoe het Ryna by Fred se geheim betrokke geraak? Gee TWEE
                      feite.                                                                  (2)

        3.3.8         Watter onredelike versoek het Fred aan Elsabet gerig wat haar
                      huwelik met Jacob drasties sou beïnvloed het?                           (1)

        3.3.9         Waarom dink jy sou dit vir Elsabet voordeliger gewees het om
                      Jacob te los en met Fred te trou? Gee TWEE feite.                       (2)

        3.3.10        Waarom is dit waar om te glo dat selfs Fred moontlik in sy huwelik
                      met Elsabet ontrou sou wees?                                            (1)

        3.3.11        Tot watter besef het Elsabet gekom toe sy van Fred se verhouding
                      met Jackie Stevens hoor?                                                (1)

                                                      EN

 Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2             (EC/SEPTEMBER 2018)

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS F

Sy wou vir hom sê dat Jacob nie vir Janka sommer sal prysgee nie. Maar sy het nie
gepraat nie. Sy was tot die dood toe moeg en wou alleen wees.
Alleen voor die storms oor haar toesak. Sy wil nie eens dink aan wat voorlê nie.
Daar is haar skoonma en skoonpa. Hulle sal eerste moet weet. Daar is Fred se
kinders en sy pa. Daar is die hele Salamanderbaai. Maar die ergste is haar kind.   5
Sy sou Janka saambring ... dit was tog so beplan. Maar vanoggend toe sy besig was
om die babagoedjies in die sak te pak, het sy besef sy kan nie. Al wou sy Jacob
hoe seermaak, sy kon nie dit aan hom doen nie. Sy kan maar net hoop dat hulle
later daaroor kan praat en iets saam kan uitwerk. Intussen sal Ryna daar wees vir
Janka. Dis die enigste ligpunt: dat daar iemand naby haar kind is ... iemand wat  10
omgee.

3.4 “Daar is haar skoonma en skoonpa”. (Reël 4)

     Watter groot besluit het Elsabet alreeds op hierdie stadium geneem?                  (1)

3.5 “Daar is die hele Salamanderbaai.” (Reël 5)
                                                                                          (1)
     Wat is die figuurlike implikasie van hierdie woorde?

3.6 Waarom wou Elsabet vir Jacob seermaak?                                                (1)

3.7 “Intussen sal Ryna daar wees vir Janka” (Reël 9)

     Die volgende gebeure handel oor hoe Ryna uiteindelik permanent in Janka se
     lewe betrokke geraak het. Skryf dit nou onder mekaar in die korrekte
     VOLGORDE neer.

          Elsabet het verdrink.
          Elsabet se baba het by geboorte gesterf.
          Kinnie het by Janka se geboorte gesterf.
          Ryna en Jacob het mekaar gevind.                                               (4)

3.8 Hoe het Janka later as leerder voordeel getrek uit haar permanente verbintenis
    met Ryna?                                                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                      15

 3.9    Voltooi die volgende paragraaf deur die woorde in die lys hieronder te
        gebruik. Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (3.9.1–3.9.3) neer.

                 Ousanna ; onselfsugtig; boom plant; die dominee; kruis oprig

        Jannerik wil ŉ (3.9.1) … om sy pyn te verwerk. Hy het die idee by (3.9.2) ...
        gekry. Jannerik tree (3.9.3) ... op na die geboorte van Janka.                        (3)

 3.10   Daar was verskillende karakters wat ŉ rol in hierdie roman gespeel het.

        Kies die karakter in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
        slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (3.10.1–3.10.4) neer.

                                KOLOM A                             KOLOM B
        3.10.1        Hierdie karakter was onwys om           A   Ryna
                      finansiёle hulp te weier

        3.10.2        Hierdie karakter verlaat Meeuland as ŉ B    Elsabet
                      gebroke persoon

        3.10.3        Hierdie karakter kom op Meeuland as     C   Jacob
                      ŉ gebroke persoon aan

        3.10.4        Hierdie karakter het baie pyn vir die   D   Skalla
                      mense om hom veroorsaak

                                                              E   Hermanus
                                                                                  (4 x 1)     (4)
                                                                                            [35]

 Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2               (EC/SEPTEMBER 2018)

VRAAG 4: LIEN SE LANKSTAANSKOENE – Derick van der Walt

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS G

Lien mik biblioteek toe. Dis waar sy deesdae skuil as Wouter koers kies.
Tussen die rakke met die oorsese tydskrifte en die rekenaars waarop hulle net
tien minute op ŉ slag op die Internet mag surf. Hier maak sy haar lysie agterin
haar Lewenswetenskappe-boek.

                                         ***

Die klok lui en sy dwaal lusteloos na die vierkant, waar die dag met               5
afkondigings begin. Sy luister soos gewoonlik nie en bou in haar kop ŉ
piramide met die periodes wat voorlê. Heel onder is Wiskunde, Lewensweten-
skappe en Rekeningkunde. Die goed wat sy verpes. Dan is daar Besigheid-
studies en Afrikaans. Engels vorm die top van die piramide, nie dat sy so
danig mal is oor die vak nie. Dis net die weird ou wat vir hulle Engels gee      10
wat die dag die moeite werd maak.
Mister MacMillan. Weird klere. Los, bont hemde wat oor sy broek hang en sulke
funky dasse, skoene wat jy nie in dié wêreld sal raakloop nie. En hy steur hom
nie veel aan die rules en regulations van die powers that be nie. Hy doen sy
eie ding. Leef hom uit in die letterkunde wat hy vir hulle gee. Selfs die boring 15
Macbeth klink luisterbaar as hy dit vir hulle voorlees. En die vreemde maar
amazing gedigte. Sy het al hoendervleis gekry vir party van die goed wat hy
vir hulle gelees het, duidelik nie altyd goed wat die Departement van
Onderwys sou voorskryf nie.

4.1 Wat het Lien agterin haar Lewenswetenskappe-boek geskryf?                               (1)

4.2 Lien het die skool se biblioteek gebruik om daar te skuil.
    Waarteen het Lien in die biblioteek geskuil?                                            (1)

4.3 “... sy dwaal lusteloos na die vierkant.” (Reël 5)
    Waarom toon Lien sulke lusteloosheid? Gee TWEE feite.                                   (2)

4.4 4.4.1    Hoe was die rol wat Lien se ma in haar kinders se lewe gespeel het,
             anders as dié van die tradisionele ma? Gee DRIE feite.                         (3)

     4.4.2   Wat het daartoe bygedra dat Lien se ma haar in daardie posisie
             bevind?                                                                        (1)

     4.4.3   Hoe het tant Malie gehelp om Lien se bekommernisse ligter te maak?             (1)

4.5 Het jy enige simpatie vir die posisie waarin Lien se ma haarself bevind?
    Sê JA of NEE en motiveer jou antwoord.                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)            AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                           17

4.6     4.6.1    Waarom het dit vir Lien gepas dat sy die matriekafskeid gaan
                 misloop? Gee TWEE feite.                                                      (2)

        4.6.2    Wat sê dit van Wouter se karakter dat hy bereid was om die
                 matriekafskeid saam met Lien mis te loop?                                     (1)

        4.6.3    Wouter het haar egter verras toe hy later noem dat hulle wel na die
                 matriekafskeid moet gaan, maar met ŉ radikale voorstel. Wat stel hy
                 voor? Gee TWEE feite.                                                         (2)

4.7     Hoe het Lien se rol as Weird Maria tog ŉ positiewe bydrae in haar situasie
        gemaak? Gee TWEE feite.                                                                (2)

4.8     Hoe bewys Lien haar desperaatheid om iets omtrent haar huishoudelike
        situasie te doen? Gee TWEE feite.                                                      (2)

4.9     Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
        vraagnommer (4.9) en die antwoord neer.

        Braam se skool het voordeel getrek uit Lien se deeltydse werk by Creations,
        want Donovan het Braam se (hare versorg/krieketspan geborg).                           (1)

4.10    Die volgende gebeure handel oor Lien as ŉ bedelaar.

        Skryf die gebeure nou onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer soos
        dit in die roman voorkom.

         Lien het huiwerig uit die bus geklim en dit oorweeg om terug te klim.
         Lien het die skoene in Pep se venster gesien.
         Lien het die sleutel van die rekwisietekamer gevat en gesoek na wat sy
          nodig het.
         Lien het mettertyd gewoond geraak aan die lewe op die straat.                        (4)

                                               EN

 Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                  (EC/SEPTEMBER 2018)

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS H

`n Groepie mense staan met hulle rûe na die kamera. Hulle kyk na ŉ asem-
rowende waterval wat onder in ŉ poel stort.Van die mense het kameras en
neem foto’s. ŉ Japannese man beduie iets vir die vrou langs hom en hy neem
ŉ foto met die kamera wat om sy nek hang van haar met die waterval as
agtergrond. Die vrou sê opgewonde iets vir ŉ ouer Japannese vrou langs haar.           5
Die kamera zoem in op ŉ vrou met swart hare en ŉ sonbril wat met ŉ seun
met donker krulhare langs haar praat. Sy beduie na die bopunt van die waterval
van waar die water geruisloos na benede tuimel. Die kamera kry die profiel
van ŉ dogter met lang swart hare in fokus wat langs die seun staan. Sy staan
asof versteen, gehipnotiseer deur die vallende water. Haar donker oë blink.           10
Die seun langs haar maak asof hy haar oor die reling wat die toeskouers van
die waterval skei, wil stamp. Sy ruk en gryp die reling vas en draai vererg na
die seun langs haar terwyl sy hom ŉ stamp gee.

Hy glimlag. Oorweeg dit om weer daarna te kyk.

4.11   Die uittreksel wys dat Braam hulle huishoudelike situasie anders as Lien
       hanteer.

       4.11.1   Verduidelik hoe Braam die situasie hanteer.                                   (1)

       4.11.2   Waarom sou jy sê dat dit tog beter vir Braam was om die situasie
                verskillend te hanteer?                                                       (1)

4.12   Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
       vraagnommer (4.12) en die letter (A–D) neer, byvoorbeeld 4.12 E.

       “Die kameraman zoem in op ŉ vrou met swart hare en ŉ sonbril wat met ŉ
       seun met donker krulhare langs haar praat.”

       Bogenoemde aanhaling is ŉ aanduiding van ...

       A    die goeie tye van die Jooste-gesin.
       B    ŉ kriekettoer wat Braam onderneem het.
       C    ŉ toneel uit Lien se opvoering.
       D    ŉ rolprent waarna Braam kyk.                                                      (1)

4.13   Een aand, na ŉ dag van bedel, voel Lien “half swart” en “half wit”.

       Hoe verbreek Lien die stereotipe in ons Suid-Afrikaanse opset?                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                               19

4.14    Voltooi die volgende paragraaf deur die woorde in die lys hieronder te gebruik.
        Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (4.14.1–4.14.3) neer.

                 vriendelik;     lojaal;   vrees;   positiewe;       fokus;    negatiewe

        Tibbey herinner Lien aan die (4.14.1) ... kant van die lewe. Lien was baie
        (4.14.2) ... teenoor Tibbey. Tibbey se ongeluk het Lien se (4.14.3) ... van haar
        probleem weggeneem.                                                                             (3)

4.15    Daar was verskillende karakters wat ŉ rol in Christien Jooste se lewe gespeel
        het.

        Kies die karakter in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
        slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (4.15.1–4.15.4) neer.

                                KOLOM A                                       KOLOM B
        4.15.1        Hierdie karakter het Christien Jooste      A       Tannie Bets
                      se lewe erg benadeel

        4.15.2        Hierdie karakter het Christien Jooste      B       Dirkie
                      as ŉ moeder beter laat lyk

        4.15.3        Hierdie karakter het Christien Jooste      C       Wouter
                      iets omtrent haar probleem laat doen

        4.15.4        Hierdie karakter het een keer probeer      D       Tant Malie
                      om Christien Jooste se skande in die
                      openbaar te bedek

                                                                 E       Christien se man
                                                                                        (4 x 1)          (4)
                                                                                                       [35]

                                                                      TOTAAL AFDELING A:                 35

 Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2               (EC/SEPTEMBER 2018)

AFDELING B: DRAMA

Beantwoord slegs EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

VRAAG 5: POPPIE – DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS I

MOSIE. Ná die strike is Poppie kliniek toe om te vra of die bed in die hospitaal
 nog oop is vir Stone, en die dokter het gesê Stone kan maar kom.
STONE. Jy wil my uit die huis uit wegkry. Mens kom nie weer in die lewe uit
 die hospitaal nie.
POPPIE (neem hom aan die arm). As jy nie by die huis wil rus nie, moet jy            5
 maak wat die dokter sê. Jy sal hierso gesond kan word.
PLANK. Sy moes haar pas weer laat regmaak, want Mrs. Graham by wie
 sy ge-char het, het teruggegaan Engeland toe.
POPPIE. Hulle het my ŉ extension van ses maande gegee, maar toe ek ná
 ses maande weer daar kom, ek het toe nog nie werk gekry nie, want ek het            10
 al drie kindertjies tuis gehad en met my man se siekte was dit moeilik ...

5.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
    vraagnommer (5.1) en die antwoord neer.

     Stone het siek geraak terwyl hy (by die melkery/as ŉ ketelmaker in ŉ fabriek)
     gewerk het.                                                                            (1)

5.2 “MOSIE. Na die strike is Poppie kliniek toe ...” (Reël 1)

     5.2.1   Waarteen het die mense gestaak?                                                (1)

     5.2.2   Dink jy stakings is die beste oplossing wanneer daar ŉ probleem ervaar
             word? Sê JA of NEE en motiveer jou antwoord.                                   (1)

5.3 “STONE. Mens kom nie weer in die lewe uit die hospitaal nie.” (Reël 3)

     5.3.1   Noem die rede waarom jy saamstem dat Stone se woorde waar geword
             het.                                                                           (1)

     5.3.2   Dink jy dis reg dat Stone so negatief oor hospitale gedurende daardie
             tyd gevoel het? Sê JA of NEE en motiveer jou antwoord.                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                        21

5.4     Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
        vraagnommer (5.4) en die letter (A–D) neer, byvoorbeeld 5.4 E.

        “POPPIE. (Neem hom aan die arm).” Poppie se aksie kan hier beskryf word
        as ...

        A       liefdeloos.
        B       verstandig.
        C       onsimpatiek.
        D       aggressief.                                                                  (1)

5.5     Waarom was dit vir Poppie nie maklik om enige werk te aanvaar nie alhoewel
        sy desperaat vir werk was? Gee DRIE feite.                                           (3)

5.6     Waarom het Poppie eers nie saam met die ander swartmense uit Lamberts-
        baai getrek nie?                                                                     (1)

5.7     Poppie ervaar baie probleme met haar pas.

        5.7.1     Watter ongevoelige opmerking maak Ma Lena toe Poppie só sukkel
                  om ŉ pas in die hande te kry?                                              (1)

        5.7.2     Watter godsdienstige ding het Poppie gedoen toe sy so met die
                  rondtrekkery sukkel?                                                       (1)

5.8     Poppie se kinders se opvoeding was vir haar baie belangrik.

        5.8.1     Bewys dat dit waar is dat Poppie haar kinders se opvoeding eerste
                  gestel het ten spyte van haar desperate posisie met die passe.             (1)

        5.8.2     Hoe het Bonsile egter teen daardie opvoeding gerebelleer?                  (1)

5.9     Stone het nie by Poppie en die kinders in Ciskei gebly nie.
        Hoe het Stone bewys dat hy ŉ goeie man vir Poppie bly?                               (1)

5.10    Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
        vraagnommer (5.10) en die letter (A–D) neer, byvoorbeeld 5.10 E.

        Na Stone se dood besluit Poppie om sonder ’n pas in die Kaap te gaan werk.
        Sy doen dit omdat sy ...

        A       ’n vegter is.
        B       opstandig is.
        C       ’n werk aangebied is.
        D       Mrs Swanepoel van haar hou.                                                  (1)

5.11    Waarom was Jakkie kwaad toe Mrs Swanepoel vir Poppie ’n sesmaandelikse
        pas aanbied?                                                                         (1)

                                               EN

 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
22                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2              (EC/SEPTEMBER 2018)

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS J

MOSIE. Toe skrywe die kinders groot notices, en plak hulle by die busstoppe
vir migrant werkers wat nie wil ophou wyn verkoop nie. Toe die migrants nie
na die kinders luister nie, gaan al die lokasie se kinders na die special quarters
waar die migrants bly. Daar beginne breek hulle vensters, en bottels wat hulle
uithaal, het hulle breek gegooi. Die city-borners sê toe: ons baklei nou same      5
met onse kinders teen die migrant werkers van die homelands.
HOEDJIE. Die migrants dink nie verder as hulle drank nie. En die poeliesse
sê vir die migrants: donder julle maar die kinders vir ons part ook op.
MAMA: Dis ŉ jammerlike ding, want ons is almal AmaXhosa en die kinders
soek om ’n slegte ding reg te maak. Hulle sê nie die special quarters se mense 10
moet die wyn aflos en die lokasie se mense mag wyn verkoop nie. Hulle soek
om almal te help.
PLANK. Maar die migrants sê: Ons laat ons nie rule deur die amathole
bonomokhwe nie.

5.12   Hoe dink jy wat staan op die kennisgewings wat die kinders opplak?                  (1)

5.13   Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
       vraagnommer (5.13) en die antwoord neer.

       Vukile se dood kan as (ŉ wending/hoogtepunt) in hierdie drama beskou word.          (1)

5.14   Hoe verskil die atmosfeer hier met dié wat ŉ mens normaalweg gedurende
       Kerstyd sou aantref?                                                                (2)

5.15   Wat was ongewoon oor wie die leiding tydens hierdie opstande neem?                  (1)

5.16   Verduidelik die term “migrant werkers”. (Reël 6)                                    (1)

5.17   Waarom was die polisie se gedrag hier heeltemal verkeerd?                           (1)

5.18   Die volgende gebeure hou verband met die verhouding tussen Poppie en
       Stone.

       Skryf die gebeure in die korrekte VOLGORDE neer soos dit in die drama
       voorkom.

          Poppie het die Xhosa-tradisies leer ken.
          Poppie het Stone leer ken.
          Stone het tata-ka-Bonsile geword.
          Stone het ŉ tweeslaapkamerhuis in Jakkalsvlei gebou.                            (4)

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                       23

5.19    Voltooi die volgende paragraaf deur die woorde in die lys hieronder te gebruik.
        Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (5.19.1– 5.19.3) neer.

                 veg; aggressief; hardkoppig; geprotesteer; populêre; groot

        Poppie het uit ŉ geslag van (5.19.1) ... vroue gekom. Poppie was ook ŉ sterk
        vrou wat aanhou (5.19.2) ... het vir haar gesin. Poppie se houding teenoor
        haar stiefpa bewys ook dat sy (5.19.3) ... was.                                         (3)

5.20    Kies die karakter in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
        slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (5.20.1–5.20.4) neer.

                                KOLOM A                                KOLOM B
        5.20.1        Hierdie karakter het Poppie se            A   Vukile
                      noemnaam gegee

        5.20.2        Poppie was die liefste vir hierdie        B   Mosie
                      stiefbroer

        5.20.3        Poppie het hierdie karakter tata-ka-      C   Ouma Hannie
                      Bonsile genoem

        5.20.4        Hierdie karakter het die plek van tata-   D   Stone
                      ka-Bonsile ingeneem

                                                                E   Jakkie
                                                                                    (4 x 1)     (4)
                                                                                              [35]

 Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
24                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2             (EC/SEPTEMBER 2018)

VRAAG 6: PALJAS – Chris Barnard

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS K

HENDRIK (eerder gelate as verwytend):So, jy’t alles gebedoel.

KATRIEN: Ek ... hoop nie hy’t gehoor nie. (Hendrik vat sy baadjie agter die kom-
         buisdeur en trek dit aan. Hy vat sy hoed.) Waar gaan jy?

HENDRIK: Polisie toe.

KATRIEN: Dié tyd!                                                                   5

HENDRIK: Ek kan nie heelnag sit en wag tot die sentrale oopmaak nie. (Hy
         sit sy hoed op.)

KATRIEN: Hendrik!
                                         ***
HENDRIK: Wat is dit, Katrina?

KATRIEN: (haar gesig ’n gepynigde vraagteken): Hoe het ons hier gekom?             10

         Hendrik gee twee versigtige tree terug in die kombuis in.

HENDRIK: ...

KATRIEN: Wat het dan gebeur dat als ... só geword het?

HENDRIK: Ek weet nie, Katrina.

KATRIEN: Ons was tog op ŉ tyd gelukkig!                                            15

                                         ***

KATRIEN: Op Touwsrivier twintig jaar terug het almal gesê jy gaan
         stasiemeester wees voor jy dertig is. Toe kom Emma. Toe Lydenburg.
         Toe Soekmekaar. Toe kom Willem. Toe begin als verkeerd loop.
         Toe Twyfelfontein. Elke stasie ŉ bietjie kleiner, bietjie valer,
         bietjie verder van als af. (Sy kyk reguit vir hom.) Nou sit ons hier. 20
         Kyk hoe lyk als, Hendrik. Kyk hoe lyk ons ...

HENDRIK: (eenvoudig): Dis lekker hier, Katrina.

KATRIEN: ...Is dit?

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                        25

6.1 “HENDRIK: So, jy't alles gebedoel.” (Reël 1)

       6.1.1    Waaroor wou Hendrik polisie toe gaan?                                           (1)

       6.1.2    Noem ten minste DRIE dinge wat Katrien daardie dag uit frustrasie aan
                Hendrik gesê het.                                                               (3)

6.2 Hoe weet ons dat Willem wel die stryery tussen sy ouers daardie dag gehoor
    het?                                                                                        (1)

6.3 6.3.1       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
                vraagnommer (6.3.1) en die antwoord neer.

                Die uittreksel bewys weereens die rede vir Willem se spraakprobleem,
                naamlik dat hy (by die skool geterg word/ŉ angsprobleem het).                   (1)

       6.3.2    Bewys dat die volgende stelling waar is:

                Alhoewel die dokter geen medisyne vir Willem se probleem voorgeskryf
                het nie, gee hy tog waardevolle raad aan Hendrik.                               (1)

       6.3.3    Hoe het Emma bewys dat dieselfde raad van die dokter ook die
                oplossing vir die gesin se probleem was? Wat sê sy later in die drama?          (1)

6.4 Die manne speel ŉ belangrike rol in hierdie drama.

       Pas die name van die manne in KOLOM B by die beskrywing in KOLOM A.
       Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (6.4.1–6.4.4) neer.

                               KOLOM A                                 KOLOM B
       6.4.1          Hy was verlief op Katrien                 A   Nollie

       6.4.2          Hy het Willem weer laat praat             B   Hendrik

       6.4.3          Hy het wreed en sonder respek             C   Jan Mol
                      opgetree

       6.4.4          Hy het die familie na die volstruisdans   D   Manuel
                      vergesel

                                                                E   Frans
                                                                                    (4 x 1)     (4)

6.5 “KATRIEN: Op Touwsrivier twintig jaar terug het almal gesê ...” (Reël 16)

       6.5.1    Hoe oud was Hendrik op hierdie stadium van die uittreksel?                      (1)

       6.5.2    Haal ’n frase uit die uittreksel aan wat aandui dat Hendrik vroeg al
                gewys het dat hy potensiaal vir ’n stasiemeester het.                           (1)

 Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 26

Downloaded from hlayiso.com
26                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2              (EC/SEPTEMBER 2018)

6.6    Watter emosie openbaar Katrien in hierdie uittreksel?                               (1)

6.7    “Hendrik (eenvoudig): Dis lekker hier, Katrien.” (Reël 22)

       6.7.1    Waarna verwys die “hier” in die aanhaling?                                 (1)

       6.7.2    Om watter hoofrede het Hendrik verkies om na hierdie stasie te
                trek?                                                                      (1)

6.8    Waaruit kan ons aflei dat Hendrik moontlik nie juis ’n ambisieuse man was
       nie?                                                                                (1)

6.9    “Katrien: ... Kyk hoe lyk ons ...” (Reël 21)

       Waarna het Katrien hier figuurlik verwys? Gee TWEE feite.                           (2)

6.10   Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
       vraagnommer (6.10) en die letter (A–D) neer, byvoorbeeld 6.10 E.

       Kyk na die name waar Hendrik voorheen gewerk het. Dit is betekenisvol in
       die lewe van die McDonalds, want ...

       A       dit verwys na die verskillende klein stasies in Suid-Afrika.
       B       dit verwys na die plekke waar die manne by Katrien aangelê het.
       C       dit verwys na Hendrik se ambisie.
       D       dit verwys na die plekke waar Hendrik stasiemeester was.                    (1)

                                              EN

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 27

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)            AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                          27

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS L

KATRIEN: Emma, hy hét tog gesê "Manuel”, het hy nie? Dit was tog nie my
         verbeelding nie.

EMMA:        Aanmekaar, heelpad, ”Manuel”, “Manuel”, tot ons hom nie meer kon
             hoor nie.

HENDRIK: Hy wil nie sê Pa of Ma nie – so, wie die moer is Manuel?                      5

EMMA:        Hendrik, nie so voor die kinders nie.

                                           ***

Na ’n rukkie hoor ons die agterdeur klap. Almal kyk op. Luister. Hulle roer nie.

                                           ***

KATRIEN: Ssjjt! (Willem verskyn in die middeldeur. Sy sien hom eerste.)
        Jy's laat. Ons is al amper klaar geëet.

Almal probeer so ongemerk moontlik vir Willem bekyk. Katrien staan op om             10
iets van die buffet af te gaan haal en met die terugkom, wanneer sy reg
agter Willem is, beduie sy vir almal hulle moet aangaan met hulle etery.
Hulle eet in doodse stilte. As daar wel iets gesê word, is dit amper
onhoorbaar, onderlangs. Goed soos:

Die botter, asseblief.                                                               15
Nog brood, iemand?
Asseblief.
Gee bietjie aan.
Dankie. Ens.

Iemand maak keel skoon.                                                              20
Katrien, wat langs Willem sit, vee vlugtig oor sy kop en staan op en sny nog
brood op die buffet agter haar stoel. Hendrik gebruik die kans om Willem
goed deur te kyk. Hy wil sy mond oopmaak om iets vir Willem te sê, maar
Katrien, met haar rug na die tafel toe, praat.

KATRIEN: Hendrik!                                                                     25

Hendrik sluk sy woorde.

 Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept2018/e038bd38-ba3a-4474-9d6c-23d602a417c3) — Afrikaans FAL · QP · 2018 · Afr
- [Grade 12 NSC Afrikaans (FAL) P2 X05 Preparatory 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-afrikaans-fal-p2-x05-preparatory-2018-question-paper/eb35e939-d086-45fa-b8d9-5d908dba80c0) — Afrikaans FAL · QP · 2018 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 QP GR12 SEPT2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-qp-gr12-sept2020/491ea036-8e84-408b-84cd-4a6a4a771160) — Afrikaans FAL · QP · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 QP GR12 SEP2014](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-qp-gr12-sep2014/bf18a86e-1f73-4f14-8f53-2f6b1aa74b4f) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr
- [Afrikaans EAT V3 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v3-memo/12f32baf-763b-42f2-bf2f-172e2b185537) — Afrikaans FAL · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans P2 2021 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-2021-memo/fa39593a-6800-4788-88d4-bfdf1e468aa8) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
