# Afrikaans SAL Grade 12 P1 Supplementary Exams 2015 QP

> Grade 12 Afrikaans SAL Paper 1 question paper from the Supplementary Exams 2015, 21 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-feb-march-2015-eastern-cape/87df6f73-d0a4-495a-b268-fff21c78a789
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans SAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: Supplementary Exams
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 21

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans SAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-sal) › [Afrikaans SAL Grade 12 P1 Supplementary Exams 2015 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-feb-march-2015-eastern-cape/87df6f73-d0a4-495a-b268-fff21c78a789)

## About this document

Afrikaans Sal · Grade 12 · Supplementary Exams · 2015 · Afrikaans. Question paper, 21 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans SAL P1 Feb-March 2015 Memo Eastern Cape](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-feb-march-2015-memo-eastern-cape/3a185278-368a-439e-9b41-2f0bf816fb8b) — Memo · 2015 · Afr
- [Afrikaans SAL P1 Feb-March 2015 Memo Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-feb-march-2015-memo-gauteng/d3774562-a57c-407f-bae9-d246ac8712e5) — Memo · 2015 · Afr
- [Afrikaans SAL P1 Feb-March 2015 Memo Free State](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-feb-march-2015-memo-free-state/1915e944-815c-42bf-90c7-752389b28822) — Memo · 2015 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V1

                            FEBRUARIE/MAART 2015

                                     OOS-KAAP

PUNTE: 120

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 20 bladsye.

                                    *AFRSA1*

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1          2                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                        NSS (Oos-Kaap)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:

          AFDELING A:        Leesbegrip                     (30 punte)
          AFDELING B:        Opsomming                      (10 punte)
          AFDELING C:        Taalstrukture en -konvensies   (40 punte)
          AFDELING D:        Letterkunde                    (40 punte)

2.        Beantwoord AL die vrae.

3.        Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

4.        Trek ŉ streep ná elke afdeling.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik word.

6.        Laat ŉ reël na elke antwoord oop.

7.        Gee besondere aandag aan spelling en sinsbou.

8.        Voorgestelde tydsindeling:

          AFDELING A: 50 minute
          AFDELING B: 30 minute
          AFDELING C: 40 minute
          AFDELING D: 30 minute

9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1         3                              DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                       NSS (Oos-Kaap)

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1

TEKS A: TYDSKRIFARTIKEL

Lees die tydskrifartikel hieronder en beantwoord die vrae.

SOKKER

 1.    In Suid-Afrika is sokker die sport met die meeste ondersteuners. Dit
       beteken meer mense gaan kyk na sokkerwedstryde as na enige
       ander sportsoort. Een van die hoogtepunte in ons land se sokkergeskiedenis
       was die FIFA-Wêreldbekertoernooi wat in 2010 in Suid-Afrika gehou is.
       Dit was die eerste keer dat hierdie toernooi in Afrika gehou is.

 2.    Omdat die FIFA-Wêreldbekertoernooi in Suid-Afrika gehou is, is party van ons
       sokkerstadions verbeter. Daar is ook ŉ paar
       nuwe stadions gebou. Vandag het ons tien moderne
       stadions in Suid-Afrika. Die grootste stadion is
       Soccer City, wat naby die sokkermal Soweto geleë is.
       Hierdie stadion lyk soos ŉ Afrika-kalbas en het plek vir amper 95 000 mense.

 3.    Vanaf 1966 het elke FIFA-Wêreldbekertoernooi ŉ eie gelukbringer.
       In 2010 was Suid-Afrika se gelukbringer ŉ luiperd met die naam
       Zakumi. Hierdie naam is ŉ tipiese Afrika-naam. Die “ZA” in Zakumi
       dui op Suid-Afrika en “kumi” in Zakumi beteken “tien” in verskeie
       Afrika-tale. Zakumi is ŉ vriendelike, geel luiperd met groen hare.
                                                                                  Zakumi

 4.    Daar is verskillende soorte sokkerballe. Die beste sokkerballe word met
       sintetiese leer oorgetrek. Die bal wat in 2010 gebruik is, het ŉ Afrika-motief
       gehad. Die naam van hierdie bal, Jabulani, beteken “om bly te wees/om te vier”
       in Zoeloe. Die bal is met 11 kleure versier om Suid-Afrika se 11 amptelike
       landstale en die 11 spelers in die sokkerspan te simboliseer. Hierdie bal het net 8
       panele. Die panele is vasgesmelt en nie vasgewerk, soos wat met die meeste
       sokkerballe gedoen word nie.

 5.    Die heel eerste paar sokkerstewels is in 1526 vir die koning van Brittanje
       gemaak om sy voete teen beserings te beskerm. Daarna het sokkerstewels
       baie verander. Die meeste fabrieke wat sokkerstewels maak,
       gebruik beesleer. In 1956 het Adidas kangaroeleer begin gebruik,
       want dit is ligter en sterker as beesleer. Die Goue Stewel-prys is
       ŉ goue stewel wat aan die persoon gegee word, wat in ŉ
       Wêreldbekertoernooi die meeste doele skop. Dit is die eerste keer in 1930 aan ŉ
       speler van Uruguay toegeken.

 6.    Sokkerhemde is eers van katoen gemaak, maar deesdae word dit van ŉ
       poliëster-maasstof gemaak. Hierdie sintetiese materiaal is lig en kan maklik
       asemhaal. Elke sokkerspan se hemp is ŉ ander kleur. Praat ons van “Orlando
       Pirates”, dink ons aan swart. “Mamelodi Sundowns” is weer geel.
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1         4                               DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                       NSS (Oos-Kaap)

 7.    Vir baie Suid-Afrikaners is sokker deel van hulle lewens. Die kleurryke
       vuvuzelas is van lankal af deel van die Suid-Afrikaanse sokkerkultuur.
       Niemand weet presies waar die naam, vuvuzela, vandaan kom nie. Party
       mense meen dit kom van die Zoeloe-woord wat “maak geraas” beteken.
       Ander mense sê dit kom van die “vuvu”-klank. Die voorvader
       van die vuvuzela was ŉ koedoehoring wat deur mense in
       Afrika geblaas is om mense bymekaar te roep.
       Deesdae word vuvuzelas van plastiek en selfs seebamboes gemaak.

 8.    Baie spelers, afrigters en ondersteuners van oorsese spanne hou nie van
       vuvuzelas nie. Hulle sê die geraas pla die spelers en maak mense se ore seer. In
       ons eie land gee vuvuzelas lewe aan sokkerwedstryde en moedig ons land se
       spelers aan. Dit maak sokker in Suid-Afrika uniek!
                                                            [Verwerk uit: Huisgenoot Skooltake]

1.1       In watter jaar is die FIFA-Wêreldbekertoernooi in Suid-Afrika gehou?                      (1)

1.2       Waarom was die FIFA-Wêreldbekertoernooi ŉ hoogtepunt vir die hele Afrika?                 (1)

1.3       Voltooi die onderstaande sin deur die GETAL uit paragraaf 2 in te vul.

          Soccer City is die grootste van ... (hoeveel) moderne stadions in Suid-Afrika.            (1)

1.4       Waarom kan ŉ mens sê dat Soccer City-stadion se vorm by die Afrika-kultuur
          pas?                                                                                      (1)

1.5       Watter EEN woord in paragraaf 2 sê vir ons dat die mense van Soweto baie
          van sokker hou?                                                                           (1)

1.6       Kies die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die vraagnommer (1.6) en die
          letter (A–D) neer.

          In ... is gelukbringers vir die eerste keer by FIFA-Wêreldbekertoernooie
          gebruik.

          A     1930
          B     1956
          C     1966
          D     2010                                                                                (1)

1.7       Sê waarvoor die “Za” en die “kumi” in die naam, Zakumi, staan.                            (2)

1.8       Kies die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die vraagnommer (1.8) en die
          letter (A–D) neer.

          Waarmee word goeie sokkerballe oorgetrek?

          A     Beesleer
          B     Kangaroeleer
          C     Poliëster-maasstof
          D     Sintetiese leer                                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1           5                               DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                         NSS (Oos-Kaap)

1.9       Wat simboliseer die 11 kleure van die Jabulani-bal? Noem TWEE dinge.                       (2)

1.10      Die naam van die bal, Jabulani, beteken “om bly te wees/om te vier”.
          Waarom, dink jy, was dit ŉ goeie naam vir die bal?                                         (1)

1.11      Waarom is die eerste paar sokkerstewels vir die Britse koning gemaak?                      (1)

1.12      Hoekom is dit beter om sokkerstewels van kangaroeleer te maak? Noem EEN
          rede.                                                                                      (1)

1.13      Watter prys word by ŉ Wêreldbekertoernooi toegeken aan die persoon wat
          die meeste doele skop?                                                                     (1)

1.14      Waarom, sal jy sê, is dit nodig dat elke sokkerspan sy eie kleur moet hê?                  (1)

1.15      Kies die korrekte antwoord tussen hakies.

          (Poliëster-maasstof/Katoen) is ŉ swaarder materiaal en haal nie so maklik
          asem nie.                                                                                  (1)

1.16      Kies die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die vraagnommer (1.16) en die
          letter (A–D) neer.

          Sokker is vir baie Suid-Afrikaners meer as net ŉ sport; dit is ...

          A     tyd om vuvuzelas te blaas.
          B     deel van hul leefwyse.
          C     iets wat hulle anders maak.
          D     ŉ kans om hulle sokkerhemde te dra.                                                  (1)

1.17      Haal EEN woord uit paragraaf 7 aan waaruit ons kan aflei dat vuvuzelas
          verskillende kleure het.                                                                   (1)

1.18      Kies die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die vraagnommer (1.18) en die
          letter (A–D) neer.

          Waarom het die mense in Afrika vantevore op koedoehorings geblaas?

          A     Om mense bymekaar te roep.
          B     Om voorvaders te roep.
          C     Om ŉ geraas te maak.
          D     Om gees by sokkerwedstryde te skep.                                                  (1)

1.19      Alle vuvuzelas word van plastiek gemaak.

          Sê of hierdie stelling WAAR of ONWAAR is en motiveer jou antwoord met ŉ
          aanhaling uit paragraaf 7.                                                                 (1)

1.20      Waarom hou buitelandse spelers en ondersteuners nie van vuvuzelas nie?
          Noem TWEE redes.                                                                           (2)

1.21      Dink jy dit is reg dat ondersteuners vuvuzelas by sokkerwedstryde in Suid-
          Afrika mag blaas? Sê JA of NEE en motiveer jou antwoord.                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1                 6                                      DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                               NSS (Oos-Kaap)

TEKS B: VISUELE TEKS

Bestudeer die teks hieronder en beantwoord die vrae.

           Almal wil kwalifikasies hê
           Universiteite word oorval deur aansoeke van
           matrikulante wat aan ŉ universiteit wil studeer

                                                                                 Aansoeke*
                                                                                 Plekke

          1. Universiteit van Pretoria

          2. Universiteit van Kaapstad

          3. Universiteit van Stellenbosch

          4. Universiteit van Wes-Kaapland

          5. Universiteit van Johannesburg

          6. Universiteit van Venda

          7. Tshwane-Universiteit vir Tegnologie

          8. Universiteit van die Vrystaat

          9. Universiteit van KwaZulu-Natal

          10. Noordwes-Universiteit

          11. Cape Peninsula-Universiteit van Tegnologie

          12. Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit

                * Getalle aansoeke ontvang, maar studente doen dikwels aansoek vir meer as een kursus.

                                                                                             [Uit: Grafika 24]

Kopiereg voorbehou                                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1          7                             DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                        NSS (Oos-Kaap)

1.22      Watter universiteit in Suid-Afrika het die minste plek vir nuwe eerstejaars?             (1)

1.23      Watter universiteit in Suid-Afrika ontvang die meeste aansoeke?                          (1)

1.24      Watter provinsie in Suid-Afrika het die meeste universiteite?                            (1)

1.25      Waarom sal jy sê dat hierdie prentjies             ŉ   goeie    manier   is    om
          universiteitskwalifikasies voor te stel?
          Skryf ŉ rede vir elke prentjie se gebruik.

                 Kap                   Sertifikaat                                                 (2)

1.26      Hoekom, dink jy, is dit makliker om die inhoud van hierdie teks in ŉ grafiek te
          lees, as in ŉ teks wat geskryf is?                                                       (1)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:                30

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1           8                                DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                         NSS (Oos-Kaap)

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2

TEKS C: ROBBENEILAND

•     Som die BELANGRIKSTE FEITE oor ROBBENEILAND in SEWE SINNE op.
•     Skryf die SEWE feite PUNTSGEWYS neer.
•     Nommer die sinne van 1 tot 7.
•     Jou opsomming mag nie langer as 60 woorde wees nie.
•     Dui die KORREKTE getal woorde aan die einde van die opsomming aan.

            ROBBENEILAND

    ŉ Eiland is ŉ stuk land wat aan
    alle kante deur water omring
    word. Naby Kaapstad is ŉ klein
    eilandjie, Robbeneiland.

    Deur die jare het mense
    verskillende name vir die eiland
    gegee. Die naam, Robbeneiland,
    is vir die eiland gegee omdat
    daar so baie robbe op die
    eiland is.

    Daar is nie net robbe op die eiland nie. Daar is ook verskillende soorte voëls,
    soogdiere en reptiele op die eiland.

    Baie lank terug was Robbeneiland ŉ plek waarheen melaatse mense gestuur is.
    Melaatse mense kon nie tussen ander mense woon nie omdat die siekte
    aansteeklik was.

    Tot nie te lank gelede nie, was Robbeneiland ŉ tronk vir politieke gevangenes. Wyle
    Nelson Mandela was 27 jaar lank ŉ gevangene in hierdie tronk. Die laaste politieke
    gevangenes het die eiland in Mei 1994 verlaat.

    Baie mense wat ons land besoek, wil graag Robbeneiland toe gaan. Daar is twee
    bote wat toeriste vanaf Kaapstad na die eiland vervoer. Toeriste kan die hele eiland
    besigtig; ook die Robbeneilandmuseum wat op 1 Januarie 1997 geopen is.

    In 1999 is Robbeneiland tot ŉ wêrelderfenisgebied verklaar. Almal moet saamwerk
    om hierdie eiland vir die nageslag te bewaar.

                                                     [Verwerk uit: Sien Suid-Afrika Visuele Feite]

                                                                   TOTAAL AFDELING B: 10

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1         9                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                       NSS (Oos-Kaap)

AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES

VRAAG 3

TEKS D: ADVERTENSIE

Kyk na die advertensie hieronder en beantwoord die vrae.

                                                                        [Uit: Beeld, 25 Oktober 2013]

3.1       Kies die korrekte ANTWOORD. Skryf slegs die vraagnommer (3.1) en die
          letter (A–D) neer.

          Watter SKRYFTEKEN word in die woord “Kliëntedienslyn” gebruik?

          A     Kappie
          B     Deelteken
          C     Koppelteken
          D     Aksentteken                                                                   (1)

3.2       Skryf die sin oor en vul die LEESTEKEN in wat uitgelaat is.

          Het jy enige navrae oor die aflewering van jou koerant                              (1)

3.3       Kies die korrekte WOORD tussen hakies.

          Beeld is ŉ bekende (tydskrif/nuusblad).                                             (1)
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1         10                              DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                       NSS (Oos-Kaap)

3.4       Die woord “oproep” bestaan uit die volgende LETTERGREPE: op–roep.

          Verdeel nou die woord “sleutelwoord” in LETTERGREPE.                                      (1)

3.5       Waarom word Beeld met ŉ hoofletter geskryf?                                               (1)

3.6       Hoekom gebruik die adverteerder die voornaamwoorde “jy” en “jou” in die
          advertensie?                                                                              (1)

3.7       Hoe word die naam van die adverteerder in die advertensie uitgelig?                       (1)

3.8       Gee EEN WOORD vir die woorde tussen hakies.

          Beeld se lesers kry (elke week) ses koerante.                                             (1)

3.9       Hoekom, dink jy, lê daar ŉ bril op die gevoude koerant?                                   (1)

3.10      Wat bedoel die adverteerder met “Ses van die bestes”?                                     (1)
                                                                                                    [10]

VRAAG 4

TEKS E: SPOTPRENT

Kyk na die prent hieronder en beantwoord die vrae.

                                                        Haarkapper                     Ja. My skêr is
                                                                                       skerp, maar nie
                                                                                       (4.6) so skerp
 Het Oom nie ŉ klein                                                                   soos my vrou
 4.4 (skêr) nie?                       Simon
                                                                                       se tong nie!
 4.5 Die skêr is baie
 groot en skerp.
     Simon                                                                             Ek sny die
                                                                                       graagste 4.2
                                                                                       (dogters) se
                                                                                       hare. Ek hou
                                                                                       my kam en my
                                                                                       skêr hier in my
                                                                                       4.3 (baadjie +
                                                                                       sak).

                                                          [Uit: Weg, September 2012]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1            11                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                          NSS (Oos-Kaap)

4.1       RANGSKIK die groepe woorde tussen hakies in die korrekte volgorde.
          Die haarkapper werk (in die haarsalon) (elke dag) (hard).
          Begin só: Die haarkapper werk …                                                          (1)

4.2       Gee die MANLIKE VORM van die woord tussen hakies.
          Ek sny die graagste (dogters) se hare.                                                   (1)

4.3       Gee die korrekte SAMESTELLING van die woorde tussen hakies.
          Ek hou my kam en my skêr hier in my (baadjie + sak).                                     (1)

4.4       Gee die VERKLEININGSVORM van die woord tussen hakies.
          Het Oom nie ŉ klein (skêr) nie?                                                          (1)

4.5       Skryf die sin in die INDIREKTE REDE oor.

          Simon sê: “Die skêr is baie groot en skerp.”
          Begin só: Simon sê dat …                                                                 (1)

4.6       Kies die korrekte ANTWOORD tussen hakies.
          “My skêr is skerp, maar nie so skerp soos my vrou se tong nie.”
          Die onderstreepte sinsdeel is ŉ voorbeeld van (letterlike/figuurlike) betekenis.         (1)

4.7       Kies die korrekte BETEKENIS van die onderstreepte uitdrukking. Skryf slegs
          die vraagnommer (4.7) en die letter (A–D) neer.

          Simon het geen bang haar op sy kop nie.

          A     Simon het baie hare.
          B     Simon is ŉ bietjie bang.
          C     Simon is baie bekommerd.
          D     Simon is ŉ dapper seun.                                                            (1)

4.8       Kies die korrekte VRAAGWOORD uit die raampie sodat die onderstreepte
          gedeelte van die sin die antwoord is. Skryf die hele sin uit.

                                Waarin;        Waarmee;       Waarop

          Die haarkapper sny Simon se hare met sy skerp skêr.
          Begin só: … sny die haarkapper Simon se hare?                                            (1)

4.9       Skryf die sin in die LYDENDE VORM oor.
          Die haarkapper sny Simon se hare.
          Begin só: Simon se hare …                                                                (1)

4.10      Daar is ŉ paar dinge in die prentjie wat vir Simon bang maak. Noem EEN ding
          in hierdie prentjie, wat jy dink, vir Simon bang maak.                                   (1)
                                                                                                   [10]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1             12                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                           NSS (Oos-Kaap)

VRAAG 5

5.1       TEKS F: LEESTEKS

          Lees die teks hieronder en beantwoord die vrae.

            Hiëna                              Aap                           Haas

                                       DIE HIËNA LEER SY LES

1       Lank gelede het Hiëna in ŉ (5.1.1) vlak gat geval. Aap het Hiëna hoor roep:
2       “Help my asseblief, (5.1.2) meneer Aap!”

3       Aap het ŉ (5.1.3) goed hart gehad. Aap het sy stert in die gat laat (5.1.4) sak
4       en Hiëna uitgehelp. (5.1.5) Hiëna het vir Aap gevra om hom huis toe te dra.

5       Aap het Hiëna (5.1.6) (op/agter/teen) sy rug tot by Hiëna se huis gedra.
6       Hiëna was honger en wou toe vir Aap opeet. Aap was (5.1.7) bang.

7       (5.1.8) Aap en Hiëna het in Aap se huis baklei. Aap het hard geskree, maar
8       die ander diere het hom nie gehoor nie.

9       Net Haas het vir Aap hoor skree. (5.1.9) Haas het gevra wat aangaan. Aap
10      het vertel wat gebeur het.

11      Haas het na albei se (5.1.10) storie geluister en toe aan ŉ slim plan gedink.
12      Haas het vir Aap gevra of hy vir Hiëna kan dra. Aap het ja gesê. Haas het vir
13      Aap gesê (5.1.11) ... Hiëna terug ... dra na die gat toe.

14      Aap het Hiëna teruggedra en hom in die gat teruggegooi. Hy het toe
15      teruggeloop na sy eie (5.1.12) huis toe.

16      Niemand wou Hiëna help nie en hy het lank gesukkel om uit die gat te kom.
17      Daarom hoor ons Hiëna soms nog (5.1.13) in die nag (5.1.14) hyl.

                                                            [Verwerk uit: Wonderlike Afrika]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1           13                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                         NSS (Oos-Kaap)

          5.1.1       Gee die ANTONIEM van “vlak”. (Reël 1)                                         (1)

          5.1.2       Skryf die AFKORTING vir “meneer” neer. (Reël 2)                               (1)

          5.1.3       Gee die korrekte VORM van “goed”. (Reël 3)                                    (1)

          5.1.4       Gebruik die woord “sak” in ŉ sin sodat dit ŉ ANDER BETEKENIS
                      het. (Reël 3)                                                                 (1)

          5.1.5       Skryf die sin in die TEENWOORDIGE TYD oor.
                      Hiëna het vir Aap gevra om hom huis toe te dra.
                      Begin só: Hiëna …                                                             (1)

          5.1.6       Kies die korrekte VOORSETSEL tussen hakies. (Reël 5)                          (1)

          5.1.7       Gee die INTENSIEWE VORM vir “bang”. (Reël 6)                                  (1)

          5.1.8       Skryf die sin in die ONTKENNENDE VORM oor.
                      Die diere het baklei.
                      Begin só: Die diere ...                                                       (1)

          5.1.9       VERBIND die sinne met die woord tussen hakies.
                      Haas het gevra wat aangaan. Aap het vertel wat gebeur het.
                      (daarom)                                                                      (1)

          5.1.10      Skryf die MEERVOUD van “storie” neer. (Reël 11)                               (1)

          5.1.11      Voltooi die INFINITIEF. Skryf die hele sin oor.
                      Haas het vir Aap gesê ... Hiëna terug ... dra na die gat toe.                 (1)

          5.1.12      Gee die VERKLEININGSVORM van “huis”. (Reël 15)                                (1)

          5.1.13      Gee EEN WOORD vir “in die nag”. (Reël 17)                                     (1)

          5.1.14      Gee die korrekte SPELLING van die woord “hyl”. (Reël 17)                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1            14                                 DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                          NSS (Oos-Kaap)

5.2       TEKS G: PRENT

 5.2.2 (Sies/Foei tog), kyk hoe vuil is die                               5.2.6 Ek sal elke dag in
 vloer!                                                                   die kombuis help as Ma
 5.2.3 Ek is kwaad vir my broer omdat                                     vir my ŉ nuwe selfoon
 (hy/sy/hom) die vloer so vuil getrap het.                                koop.

                                                            [Uit: Izakhono Zobomi, 3]

          5.2.1       Kies die korrekte WOORD tussen hakies.

                      Sarie is besig om die (skottelgoed/wasgoed) te was.                                    (1)

          5.2.2       Kies die korrekte TUSSENWERPSEL uit die praatborrel hierbo.

                      Sarie dink: “(Sies/Foei tog), kyk hoe vuil is die vloer!”                              (1)

          5.2.3       Kies die korrekte VOORNAAMWOORD uit die praatborrel hierbo.

                      “Ek is kwaad vir my broer omdat (hy/sy/hom) die vloer so vuil
                      getrap het.”                                                                           (1)

          5.2.4       Kies die korrekte VOORSETSEL tussen hakies.

                      Sarie het die vuil borde (op/agter) die wasbak gepak.                                  (1)

          5.2.5       Gee die korrekte TRAP VAN VERGELYKING vir die woord tussen
                      hakies.

                      Die hoop borde is (hoog) as die koppies.                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1          15                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                        NSS (Oos-Kaap)

          5.2.6       Kies die korrekte ANTWOORD. Skryf slegs die vraagnommer
                      (5.2.6) en die letter (A–D) neer.

                      Sarie se woorde aan haar ma is ŉ voorbeeld van ...

                      A   manipulerende taal.
                      B   stereotipering.
                      C   partydigheid.
                      D   gevoelstaal.                                                           (1)
                                                                                                 [20]

                                                               TOTAAL AFDELING C:                40

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1             16                        DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                           NSS (Oos-Kaap)

AFDELING D: LETTERKUNDE

KINDERS VAN DIE AARDE – Charles Fryer

Hierdie afdeling bestaan uit EEN vraag.

Beantwoord die vrae oor AL TWEE verhale.

VERHAAL A: DIE OOREENKOMS                                   (20)

EN

VERHAAL B: ROOIKOOS WILLEMSE IS SOEK                        (20)
p
VRAAG 6

VERHAAL A: DIE OOREENKOMS – Dalene Matthee

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

“Ek sê jou wat maak ek en jy, Willem. As ek voor jou te sterwe kom, kom spook ek by
jou en as jy voor my te sterwe kom, kom spook jy by my. Dan weet die een wat agter-
bly.”
  Willem moes ŉ hele rukkie hieroor dink. “Ek neem aan jy bedoel nou darem nie
spook nie, Jakob, eerder dat die een die ander net ŉ teken sal kom gee.”
“Dis maar dieselfde ding …”
  Nege maande later is Willem, na drie dae in die hospitaal, oorlede.

6.1       In watter ouetehuis het die twee vriende, Willem en Jakob, gewoon?                      (1)

6.2       Wat het Jakob en Willem in die ouetehuis gedoen om die tyd om te kry?
          Noem EEN aktiwiteit.                                                                    (1)

6.3       Die ouetehuis se bestuur het geweet dat Willem en Jakob drank in hulle
          kamer gehad het.

          Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is.                                                   (1)

6.4       Wie het vir Jakob vertel dat Willem dood is?                                            (1)

6.5       Hoe weet ons dat Jakob baie hartseer oor Willem se dood was?                            (1)

6.6       Kies die korrekte antwoord uit die blokkie hieronder om die sin mee te voltooi.

          Jakob en Willem het ŉ … aangegaan dat die een wat eerste sterf, vir die
          ander een ŉ teken sal kom gee.

                                kontrak;        plan;       ooreenkoms                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1         17                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                       NSS (Oos-Kaap)

6.7       Kies elke keer die inligting uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas.
          Skryf slegs die vraagnommer (6.7.1–6.7.4) en die letter (A–E) neer.

                     KOLOM A                              KOLOM B
         6.7.1       Jakob               A      … het nooit getrou nie.

         6.7.2       Willem              B      … het vir die mans koekies en beskuit
                                                aangedra.
         6.7.3       Sarah
                                         C      … was jare lank bedlêend.
         6.7.4       Andries
                                         D      … het gesê ŉ ou vrou is ŉ lawwe ding.

                                         E      … kon dalk vir almal vertel Jakob was
                                                bang vir spoke.
                                                                                 (4 x 1)         (4)

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

Toe bêre hulle Willem.
Die Dinsdagoggend kom hy agter dat hy tog die nag ŉ ruk geslaap het. Hy sal nog ŉ
paar nagte die lig laat brand, net om seker te maak dat Willem rus. Eintlik kan dit
heeltemal gaan deur die dag, behalwe dat ou Sarah al meer lol. En halfses. Iets sê vir
hom dis die tyd waarvoor Willem wag.

6.8       Kies die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die vraagnommer (6.8) en die
          letter (A–D) neer.

          “… dat Willem rus” (reël 3) beteken dat Willem …

          A      dood is.
          B      ŉ bietjie ontspan.
          C      ŉ rukkie slaap.
          D      televisie kyk.                                                                  (1)

6.9       Hoekom dink jy, nes Jakob, dat Willem vir halfses gewag het?                           (1)

6.10      Skryf die volgende vier insidente onder mekaar oor in die VOLGORDE soos
          wat dit in die verhaal gebeur.

          •   Jakob het die bottel uit die wegsteekplek gehaal.
          •   Om halfses het die bottel gewoonweg oopgedraai.
          •   Om vyfuur het Jakob die deur gesluit.
          •   Jakob het gesukkel om die bottel oop te kry.                                       (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1          18                             DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                        NSS (Oos-Kaap)

6.11      Kies die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die vraagnommer (6.11) en die
          letter (A–D) neer.

          Die les wat ŉ mens uit hierdie kortverhaal kan leer, is dat jy …

          A     ander mense moet respekteer.
          B     nie van ander mense moet skinder nie.
          C     ŉ man van jou woord moet wees.
          D     goeie vriende met ander mense moet wees.                                           (1)

6.12      6.12.1      Hoe voel jy oor Jakob?                                                       (1)

          6.12.2      Hoekom voel jy so?                                                           (1)

6.13      Hoekom kan ons sê die titel, Die ooreenkoms, pas by die gebeure in die
          verhaal?                                                                                 (1)

                                               EN

VERHAAL B: ROOIKOOS WILLEMSE IS SOEK – Abraham H de Vries

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

  Maar kyk, my dorp het – dit het ek al gesê – nie ŉ kat se kans gehad teen hulle nie.
Dit was daardie jaar wat die onderwysers ook begin rugby speel het en om die mense
nou nie in die gesig te vat nie, kry hulle toe plekke, maar man, dit was ŉ fout so groot
soos ŉ waenhuisdeur.
                                             ***
 En toe gebeur dit mos.
 Dit was voor die pale.

6.14      Teen wie het die verteller se dorpspan daardie dag rugby gespeel?                        (1)

6.15      Kies die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die vraagnommer (6.15) en die
          letter (A–D) neer.

          “… dit was ŉ fout so groot soos ŉ waenhuisdeur …” is ŉ voorbeeld van ...

          A     personifikasie.
          B     ŉ vergelyking.
          C     ŉ metafoor.
          D     kontras.                                                                           (1)

6.16      Noem EEN rede waarom dit ŉ groot fout was om die onderwysers in die span
          te laat speel.                                                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1          19                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                        NSS (Oos-Kaap)

6.17      Kies die korrekte antwoord uit die blokkie hieronder om die sin mee te voltooi.

          En toe gebeur dit mos. Die ander span het ŉ … voor die pale gekry.

                                 doelskop;      strafskop;      drie                              (1)

6.18      Wie het so hard op die losskakel geskree dat hy misgeskop het?                          (1)

6.19      Die wedstryd tussen die twee dorpe was spannend.

          Sê waarom hierdie stelling WAAR is.                                                     (1)

6.20      Skryf die volgende vier insidente onder mekaar oor in die VOLGORDE soos
          wat dit in die verhaal gebeur.

          •   Rooikoos was so uit soos ŉ kers van al die drank.
          •   Na die rugbywedstryd is die mense kroeg toe.
          •   Die Barrydalers het Rooikoos Barrydale toe gevat.
          •   Rooikoos het baie drankies gekry om te drink.                                       (4)

6.21      Wat sou jy met Rooikoos gedoen het as jy een van die Barrydalers was?                   (1)

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

Rooikoos Willemse haal toe stadig asem. Drie maal. Hy loop na die stoel toe, hy vat sy
klere en hy trek hom stadig aan. Toe kyk hy weer in die spieël.
  En toe loop hy by die deur uit.
  Onder in die ingangsportaal van die hotel staan ŉ telefoonhokkie. Hy stap soontoe,
soek in sy sakke na geld en draai die slingertjie.
                                           ***
Weg is die man om te gaan kyk.
  En Rooikoos staan met die gehoorbuis in sy hand en die trane loop oor sy wange
omdat …

6.22      Wat het Rooikoos gesien toe hy in die spieël gekyk het? Noem EEN feit.                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1           20                        DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                         NSS (Oos-Kaap)

6.23      Kies elke keer die inligting uit KOLOM B om by die karakter in KOLOM A te
          pas. Skryf slegs die vraagnommer (6.23.1–6.23.4) en die letter (A–E) neer.

                     KOLOM A                                KOLOM B
         6.23.1      Die hoteleienaar      A      … het ŉ stem gehad wat geklink het
                                                  soos ŉ bees wat bulk.
         6.23.2      Die kelner
                                           B      … het gaan kyk of Rooikoos in sy eie
         6.23.3      Die skoonmaker               kamer was.

         6.23.4      Rooikoos Willemse     C      … het met Rooikoos en die Barrydalers
                                                  gepraat om nie te baklei nie.

                                           D      … het betaal dat Rooikoos die nag in
                                                  hulle hotel kon slaap.

                                           E      … het die Sondagoggend vir Rooikoos
                                                  koffie gebring.
                                                                                (4 x 1)       (4)

6.24      Hoekom, dink jy, het Rooikoos aan die einde van die verhaal gehuil? Noem
          EEN rede.                                                                           (1)

6.25      Kies die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die vraagnommer (6.25) en die
          letter (A–D) neer.

          Die tema van hierdie kortverhaal is …

          A     sportmanskap.
          B     vriendskap.
          C     respek.
          D     verantwoordelikheid.                                                          (1)

6.26      Gee TWEE redes waarom jy bang sal wees as jy een oggend in ŉ vreemde
          kamer wakker skrik.                                                                 (2)
                                                                                              [40]

                                                                TOTAAL AFDELING D:            40
                                                                    GROOTTOTAAL:              120

Kopiereg voorbehou

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [Afrikaans SAL P1 Feb-March 2015 Memo Western Cape](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-feb-march-2015-memo-western-cape/ef30187c-b9bc-4b36-af87-71a3c45448e0) — Afrikaans SAL · Memo · 2015 · Afr
- [Afrikaans SAL P1 Feb-March 2015 Memo KwaZulu-Natal](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-feb-march-2015-memo-kwazulu-natal/5a7aa492-f75a-44a3-910c-aa0356f3d521) — Afrikaans SAL · Memo · 2015 · Afr
- [Afrikaans SAL P1 Feb-March 2015 Memo Northern Cape](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-feb-march-2015-memo-northern-cape/f132bfd8-8eb6-4d92-8036-25eba62fc3d1) — Afrikaans SAL · Memo · 2015 · Afr
- [Afrikaans SAL P1 Feb-March 2015 Memo Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-feb-march-2015-memo-mpumalanga/96330a2a-b69d-49b2-b1e2-408206c8de89) — Afrikaans SAL · Memo · 2015 · Afr
- [Afrikaans SAL P1 Feb-March 2015 Memo Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-feb-march-2015-memo-limpopo/66637ab5-093a-477f-a289-551cfe1d25a4) — Afrikaans SAL · Memo · 2015 · Afr
- [Afrikaans SAL P1 Feb-March 2015 Memo North West](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-feb-march-2015-memo-north-west/6d8fe442-1720-4650-8942-3fe4911198d1) — Afrikaans SAL · Memo · 2015 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans SAL

- [Gr 12 Afrikaans SAL ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-afrikaans-sal-atp-2023-24/62a5661c-7dee-400e-8d08-3944f9c721f0) — ATP · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-mpumalanga/a1407f79-0048-4a4c-a2fb-7c9aafc01a02) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-gauteng/204b3998-388d-4312-a14d-bc43b1529599) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-limpopo/4ecca3ab-b049-455c-97a9-e508bbd3107d) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG KwaZulu-Natal](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-kwazulu-natal/4431038d-7fcf-40be-a6b8-edbefc700aac) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Free State](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-free-state/c7fd6c22-a455-4a14-b3a8-b0f7dc2ba104) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
