# Afrikaans SAL Grade 12 P1 NSC June Exams 2021 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans SAL Paper 1 question paper from the NSC June Exams 2021, 25 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-may-june-2021-western-cape/6e1c1bc7-574d-41ed-8c82-53a280fa2f99
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans SAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC June Exams
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 25

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans SAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-sal) › [Afrikaans SAL Grade 12 P1 NSC June Exams 2021 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-may-june-2021-western-cape/6e1c1bc7-574d-41ed-8c82-53a280fa2f99)

## About this document

Afrikaans Sal · Grade 12 · NSC June Exams · 2021 · Afrikaans. Question paper, 25 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans SAL P1 May-June 2021 MG Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-may-june-2021-mg-mpumalanga/33b1a74b-1a9c-4e22-b434-9696fc3620c6) — Memo · 2021 · Afr
- [Afrikaans SAL P1 May-June 2021 MG Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-may-june-2021-mg-limpopo/5e75855d-0276-4781-972f-e1860d80919b) — Memo · 2021 · Afr
- [Afrikaans SAL P1 May-June 2021 MG Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-may-june-2021-mg-gauteng/0820a00c-2bd9-4fa2-b259-66e2325841bf) — Memo · 2021 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1          1                             DBE/2021
                                         SS/NSS (Wes-Kaap)

                                       GRAAD 12

                  SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
             NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V1

                                            2021

                                         WES-KAAP

                                                                         PUNTE: 120

                                                                        TYD: 2½ uur

                          Hierdie vraestel bestaan uit 25 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1             2                          DBE/2021
                                         SS/NSS (Wes-Kaap)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:

          AFDELING A:        Leesbegrip                      (30)
          AFDELING B:        Opsomming                       (10)
          AFDELING C:        Taalstrukture en -konvensies    (40)
          AFDELING D:        Letterkunde                     (40)

2.        Beantwoord AL die vrae.

3.        Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

4.        Trek 'n streep ná elke afdeling.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik word.

6.        Laat 'n reël oop na elke antwoord.

7.        Gee besondere aandag aan spelling en sinsbou.

8.        Voorgestelde tydsindeling:

          AFDELING A:        50 minute
          AFDELING B:        20 minute
          AFDELING C:        40 minute
          AFDELING D:        40 minute

9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1           3                                   DBE/2021
                                       SS/NSS (Wes-Kaap)

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1: ARTIKEL EN GRAFIESE TEKS

Lees die tydskrifartikel hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS A: TYDSKRIFARTIKEL

                                 KOM ONS DOEN DIE RIELDANS!
                                           (1.6)

1     Die rieldans is 'n inheemse kultuurdans (cultural dance) en een van
      die oudste dansstyle in Suidelike Afrika. Dit is eers 'Ikhapara'
      genoem, maar toe die Khoitaal uitsterf, het dit die 'riel' geword.

2     Die Nama en Khoisan het eeue gelede al begin om die riel te dans. Die eerste riel
      is veral vir godsdienstige gebruik gedans. Die dansers het een keer per maand met 5
      nuwemaan of volmaan by 'n spesifieke boom gedans om te aanbid. Na 'n goeie
      jagtog het jagters ook dikwels om die kampvuur gedans om dit te vier.

3     Vandag word die riel steeds deur 'n groep dansers uitgevoer. Hulle dans in 'n
      sirkel. Plaaswerkers en skaapskeerders dans ook graag die riel. Hulle stel hulle
      daaglikse lewe en werk deur die riel voor, bv. hoe hulle skape skeer of hoe die 10
      bokwagter met sy bokke werk. Hulle dans sommer in die stof rondom 'n kampvuur.
      Wanneer die mense so dans, sien jy regtig net stof trek.

4     Die belangrikste kenmerke (characteristics) van die riel is spoed en voetwerk. Die
      dansers dans baie vinnig en hulle voetwerk is baie goed.

5     Elke danspassie "vertel" 'n ander storie. Een van hierdie stories is hoe 'n man 15
      probeer om vir 'n meisie te wys dat hy in haar belangstel. In hierdie dans gebruik
      die man sy hoed om haar aandag te trek. Gewone take word ook deur danse
      uitgebeeld (act out/portray), bv. hoe om die as van die askoeke af te stof.

6     Die dansers dra gewone klere as hulle dans. Hierdie klere is gewoonlik baie
      kleurvol.                                                                   20

7     Diere speel 'n belangrike rol in hierdie mense se lewens en hulle wys dit in hulle
      danspassies. Die dansers gebruik verskillende lyfbewegings (body movements) en
      tekens met hulle hande om diere na te boots, bv. bokke en volstruise.

8     Rieldansers dans altyd op lewendige, energieke musiek. Hulle gebruik
      musiekinstrumente soos die ramkie, blikkitare en viole. Dit maak hulle sommer self. 25
      Deesdae word 'n trekklavier (accordion), mondfluitjie (harmonica) of banjo ook
      gebruik.

9     In 2006 het die Afrikaanse Taal- en Kultuurverening (ATKV) besluit hulle wil iets
      doen om hierdie ou en unieke dans aan meer Suid-Afrikaners bekend te stel en vir
      die nageslag (future generation) te bewaar. Hulle het met die rieldanskompetisie 30
      begin.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1           4                                       DBE/2021
                                       SS/NSS (Wes-Kaap)

10    Eers dans die verskillende streke se spanne teen mekaar. Die wenspanne gaan
      dan deur na die groot finaal, waar die land se beste rieldansers teen mekaar dans.
      Daar besluit die beoordelaars (judges) wie Suid-Afrika se kampioene is. Binne vier
      jaar het hierdie kompetisie een van die ATKV se suksesstories geword.              35

11    In Julie 2015 het die "Nuwe Graskoue Trappers" en hulle orkes uit Wuppertal aan
      'n internasionale wêreldkampioenskap (world championship) in Los Angeles
      deelgeneem. Die groep het 14 goue en 8 silwer medaljes in die kategorie vir senior
      dansers gewen. Die orkes het ook 7 silwer medaljes gewen.

12    In 2018 het sowat 5 000 mense die ATKV se dansfees in die Paarl bygewoon. Dit is 40
      'n ware viering (celebration) van ou tradisies in 'n moderne wêreld vol tegnologie.

                                                                       [Verwerk uit Wikipedia.com]

1.1       Watter EEN woord sê vir ons dat ons die riel nét in Suidelike Afrika kry?                  (1)

1.2       Uit watter taal kom die eerste naam vir die riel ('Ikhapara')?                             (1)

1.3       Die riel is 'n moderne dansstyl.

          Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is.                                                      (1)

1.4       Hoekom kan ons sê dat die riel mense leer om saam te werk?                                 (1)

1.5       Lees paragraaf 4 tot 6.

          Noem DRIE belangrike kenmerke van die riel.                                                (3)

1.6       Lees die twee subopskrifte (subtitles) hieronder.

          (a)    Dans dat die stof so staan!

          (b)    Die dans wat besig is om uit te sterf!

          Watter subopskrif, dink            jy,   pas   die   beste   by    hierdie    teks?
          Motiveer jou antwoord.                                                                     (1)

1.7       Watter kosmaak-gebruik uit die ou dae word baie keer deur die riel
          uitgebeeld?                                                                                (1)

1.8       Waaruit kan ons aflei dat diere 'n belangrike rol in die rieldansers se lewe
          speel?                                                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1            5                                       DBE/2021
                                        SS/NSS (Wes-Kaap)

1.9       Verskillende groepe het tot hierdie ou dansstyl bygedra.

          Kies 'n beskrywing in KOLOM B wat by die name of karakters in KOLOM A
          pas. Skryf die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.9.1 tot 1.9.3) neer.

                         KOLOM A                                    KOLOM B
          1.9.1      Nama en Khoisan                 A       het met die rieldanskompetisies
                                                             begin
          1.9.2      Vandag se rieldansers
                                                     B       organiseer die medaljes vir die
          1.9.3      ATKV                                    internasionale
                                                             wêreldkampioenskap

                                                     C       kan die "vaders" van die riel
                                                             genoem word

                                                     D       moet probeer om by die
                                                             oorspronklike styl van die riel te
                                                             hou
                                                                                       (3 x 1)        (3)

1.10      VOLTOOI die volgende sin.

          Volgens paragraaf 8 is rieldansers kreatief omdat hulle ...                                  (1)

1.11      Hoekom, dink jy, dra rieldansers gewone klere as hulle dans?                                 (1)

1.12      Voltooi die volgende sin deur 'n woord in die lys hieronder te gebruik.
          Skryf net die vraagnommer (1.12.1 en 1.12.2) en die ontbrekende woord neer.

                        moderne;             elektroniese;            eenvoudige

          1.12.1       Lank gelede is net ... musiekinstrumente vir die riel gebruik.                 (1)

          1.12.2       Vandag gebruik hulle ook ander ... musiekinstrumente.                          (1)

1.13      In watter jaar het die ATKV die eerste rieldanskompetisie gehou?                            (1)

1.14      Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die
          vraagnommer (1.14) neer.

          Die rieldanskompetisie is nie net vir uitgesoekte dansers nie, want ...

          A       die Nama en Khoisan het begin om die riel te dans.
          B       elke danspassie vertel 'n ander storie.
          C       die beste dansers in Suid-Afrika dans in die finale rondte teen mekaar.
          D       dansers uit al die verskillende streke in Suid-Afrika kry kans om deel te
                  neem.                                                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1           6                             DBE/2021
                                       SS/NSS (Wes-Kaap)

1.15      Waar woon die "Nuwe Graskoue Trappers"?                                          (1)

1.16      Waarom was die medaljes wat die "Nuwe Graskoue Trappers" oorsee gewen
          het, so 'n groot prestasie (achievement)?                                        (1)

1.17      " ... hulle wil iets doen om hierdie ou en unieke dans aan meer
          Suid-Afrikaners bekend te stel en vir die nageslag (future generation) te
          bewaar." (Reëls 28 tot 30)

          Watter sin uit die laaste twee paragrawe bewys dat die ATKV hierdie doel
          bereik het?                                                                      (1)

1.18      Daar is mense wat glo dat die moderne mens nie tradisies bewaar nie.
          Hoe bewys die rieldansers dat hierdie mense verkeerd is?                         (1)

1.19      Hoe help die foto by hierdie teks jou?                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1           7                  DBE/2021
                                       SS/NSS (Wes-Kaap)

TEKS B: VISUELE TEKS

Bestudeer die teks hieronder en beantwoord die vrae.

                      Só gaan kinders skool toe

                                                           [Verwerk uit Grafika24]

Kopiereg voorbehou                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1           8                                    DBE/2021
                                       SS/NSS (Wes-Kaap)

1.20      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

          In 2020 laai (minder/meer) ouers hulle kinders by die skool af as in 1980.              (1)

1.21      Die persentasie leerders wat in 1980 met motorfietse skool toe gery het,
          verskil van die persentasie leerders wat in 2020 met motorfietse skool toe
          gery het. Wat lei jy hieruit af?                                                        (1)

1.22      Watter manier van vervoer het in 1980 nog nie bestaan nie?                              (1)

1.23
                        Hoe weet ons dat die kinders in hierdie prentjie skoolkinders is?         (1)

1.24      In 2020 stap baie minder kinders skool toe as in 1980.
                                                                                                  (1)
          Gee EEN moontlike rede hiervoor.

1.25      Hoekom is dit makliker om die inhoud van hierdie teks in 'n grafiek te lees,
          as wanneer die inhoud in 'n teks wat geskryf is?                                        (1)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
    Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1           9                                 DBE/2021
                                           SS/NSS (Wes-Kaap)

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2: EIENSKAPPE (CHARACTERISTICS) VAN 'N GOEIE MAAT

Jy en jou maat gesels oor vriendskap. Jy verduidelik aan jou maat wat jý dink die
eienskappe van 'n goeie maat is.

      Som in SEWE VOLSINNE DIE EIENSKAPPE VAN 'N GOEIE MAAT op.
      Skryf die volsinne PUNTSGEWYS en in jou EIE WOORDE neer.
      Nommer die volsinne van 1 tot 7.
      Jou opsomming mag nie langer as 60 woorde wees nie.
      Dui die KORREKTE getal woorde aan die einde van die opsomming aan.

TEKS C

     Mense hou nie altyd van dieselfde dinge nie. Dit maak die lewe interessant. Dit is
     egter belangrik dat jy en jou maat dieselfde belangstellings deel.

     Dis moeilik om te maak asof jy iemand is wie jy nie is nie. 'n Goeie maat sal jou
     aanvaar soos jy is. Dan sal jy sommer gemaklik voel.

     Jy weet jy het 'n goeie maat as hy/sy die beste in jou uitbring. Só 'n maat is goud
     werd. Doen moeite om só 'n vriend te behou.

     Mense praat dikwels sleg van mekaar. Dis gewoonlik agter mekaar se rûe. Lojale
     maats is skaars. As jy só 'n maat het, is jy gelukkig.

     Geen mens wil graag hoor dat hy of sy foute maak nie. Die waarheid maak mos maar
     seer, maar 'n goeie maat behoort vir jou te sê as jy nie reg optree nie.

     Wie het nie ander mense nodig nie? Ons weet almal van Ubuntu. Daar moet iemand
     in jou lewe wees wat jou altyd sal bystaan.

     'n Goeie maat sal graag tyd saam met jou wil deurbring. As dit nie gebeur nie, is hy/sy
     dalk nie die ideale maat nie.

                                                                                    [Eie teks]

                                                                   TOTAAL AFDELING B:              10

    Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1           10                                  DBE/2021
                                        SS/NSS (Wes-Kaap)

AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES

VRAAG 3: ADVERTENSIE

Lees en bestudeer die advertensie (TEKS D) hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS D

                                   (3.1) Wat het ons hier?
                             Vars groente net waar jy kyk!

                                (3.3) Heerlik!

   (3.4)
   Hmmm/Pasop!

                                                                    (3.5) Vol
                                                                    gesondheid

                                                 3.8

               (3.6) Jy eet gereeld Cup a Soup.

               Dit is die (3.7) (vinnig) manier om ŉ gesonde ete te maak.

               Al wat jy nodig het, is ŉ pakkie Cup a Soup, kookwater
               en ŉ (3.8) ... om die sop in te gooi.

               (3.9) Cup a Soup is regtig die lekkerste sop!
                                                                        [Eie advertensie]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1           11                                   DBE/2021
                                        SS/NSS (Wes-Kaap)

3.1       By watter TWEE OPEENVOLGENDE woorde in die opskrif pas die prentjies
          in die advertensie?                                                                    (1)

3.2       Die ui wat in die sop wil induik en die tamaties wat nader hardloop, wys vir
          ons dat die groente (hartseer) is om in die sop te wees.

          Gee die ANTONIEM van 'hartseer'.                                                       (1)

3.3       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

          Wanneer die tamatie "Heerlik" sê, beteken dit dat die (sop lekker is/tamatie
          lekker ontspan).                                                                       (1)

3.4       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

          Die uitroep (Hmmm!/Pasop!) wys dat die ui met die tamatie saamstem.                    (1)

3.5       Gee die INTENSIEWE VORM van 'vol'.                                                     (1)

3.6       Verander die sin in 'n BEVELSIN.

          Jy eet gereeld Cup a Soup.                                                             (1)

3.7       Gee die OORTREFFENDE TRAP van die woord tussen hakies.

          Dit is die (vinnig) manier om 'n gesonde ete te maak.                                  (1)

3.8       VOLTOOI die sin hieronder met 'n woord wat by die produk pas.

          Al wat jy nodig het, is 'n pakkie Cup a Soup, kookwater en 'n (3.8) ... om die
          sop in te gooi.                                                                        (1)

3.9       Is die volgende stelling 'n FEIT of 'n MENING?

          Cup a Soup is regtig die lekkerste sop!

          Motiveer jou antwoord.                                                                 (1)

3.10      As 'n mens sê dat iemand in die sop is, beteken dit dat die persoon ...

          A    dronk is.
          B    papnat is.
          C    van sop hou.
          D    in die moeilikheid is.                                                            (1)
                                                                                                  [10]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1          12                                      DBE/2021
                                       SS/NSS (Wes-Kaap)

VRAAG 4: STROKIESPRENT

Bestudeer die strokiesprent (TEKS E) hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS E

   RAAMPIE 1                                        RAAMPIE 2
                                                                           Hoekom nie?
Jippie!! Ons gaan          (4.3) Stadig oor die                            (4.5) Alle
met vakansie.              klippe, Zandi.                                  taxibestuurders
(4.2) Ry vinniger,         (4.4) Ek mag nie die                            doen dit dan.
assebliéééééf!             reëls (betree/oortree)
                           nie.

           Zandi                   Mavis
                                                           (4.6) Wat is nou verkeert?
                                                           Hoekom stop die
                                                           verkeersman ons?

                                                    RAAMPIE 4

   RAAMPIE 3                                        Kyk hoe laat jy            Ek verstaan dit
                                                    Mavis skrik. Sy            nie. Ek wou net
    (4.7) Middag,                                   het flou geval.            vir julle 'n (4.9)
    Meneer.                Goeiemiddag.
                                                                               geskenk gee.
    Waarmee kan            (4.8) Ek wil die
    ek u help?             pakkie eetgoed
                           vir julle gee.

                                                                      (4.10) Ja, maar sy
                                                                      het gedink dat ...
                                                                         [Verwerk uit Mama Taxi ]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1           13                                      DBE/2021
                                        SS/NSS (Wes-Kaap)

4.1      Hoe kan ons uit RAAMPIE 1 agterkom dat Zandi bly is?                                        (1)

4.2      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

         Wanneer Zandi 'Assebliéééééf!' sê, wys dit dat sy Mavis (beveel/mooi vra) om
         vinniger te ry.                                                                             (1)

4.3      Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die antwoord (A–D) langs die
         vraagnommer (4.3) neer.

         Wanneer Mavis vir Zandi 'Stadig oor die klippe' sê, bedoel Mavis dit figuurlik,
         want ...

          A       Zandi praat te vinnig.
          B       sy wil nie oorhaastig wees nie.
          C       Zandi moenie haar aandag aftrek nie.
          D       hulle ry stadig oor die klippe in die pad.                                         (1)

4.4       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

          Ek mag nie die reëls (betree/oortree) nie.                                                 (1)

4.5       Voltooi die volgende sin deur 'n woord in die lys hieronder te gebruik.
          Skryf net die vraagnommer (4.5) en die ontbrekende woord neer.

                        manipulering;         sarkasme;        stereotipering

          " Alle taxibestuurders doen dit dan."

          Dit is 'n voorbeeld van ...                                                                (1)

4.6       Verbeter die SPELFOUT in die spraakborrel.

          "Wat is nou verkeert? Hoekom stop die verkeersman ons?"                                    (1)

4.7       VOLTOOI die sin hieronder.

          Uit Mavis se woorde in RAAMPIE 3 kan ons aflei dat sy hoflik met die
          verkeersman praat, want ...                                                                (1)

4.8      Skryf die sin oor in die INDIREKTE REDE.

         Die verkeersman sê: "Ek wil die pakkie eetgoed vir julle gee."

         Begin só: Die verkeersman sê dat ...                                                        (1)

4.9      Gee die VERKLEINWOORD van 'geskenk'.                                                        (1)

4.10     VOLTOOI Zandi se sin. (RAAMPIE 4)

         "Ja, maar sy het gedink dat ..."                                                            (1)
                                                                                                     [10]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1             14                                      DBE/2021
                                          SS/NSS (Wes-Kaap)

VRAAG 5: LEESTEKS EN PRENT

5.1       Lees die teks (TEKS F) hieronder en beantwoord die vrae.

          TEKS F

                             SÓ WERK 'N BRUGJAAR (GAP YEAR)

          Baie matrieks is onseker (5.1.1) (...) hulle toekoms. Ander jongmense weet
          wat hulle wil doen, maar (5.1.2) (kry dadelik werk). As jy (5.1.3) (dalk) wil
          studeer, maar daar is nie geld nie, kan jy ook 'n brugjaar oorweeg. Só 'n jaar
          is dan goed (5.1.4) (geld verdien). Dalk wil jy net eers 'n bietjie (5.1.5) (reis)
          en ander (5.1.6) (kultuur) leer ken voordat jy met jou studies of werk begin.      5

          (5.1.7) (Uiteindelik sal 'n brugjaar jou kan help. Jy neem 'n finale besluit.)

          'n Brugjaar is goed, want as 'n mens van die huis af weg is, leer (5.1.8)
          (jy/hy) om selfstandig te wees. 'n Mens leer so baie (5.1.9) (nuut) dinge.

          'n Brugjaar (5.1.10) (beteken) dus nie dat jy net gaan rondloop nie. (5.1.11)
          (Jy beplan jou brugjaar goed). (5.1.12) (Dit maak jou gelukkig).              10

          Die geheim van 'n suksesvolle brugjaar? Jy moet (5.1.13) (understand)
          waarom jy dit wil doen. Jou brugjaar mag nie (5.1.14) (sonder 'n doel) wees
          nie.

                                                     [Verwerk uit Huisgenoot, 7 Desember 2017]

          5.1.1      Vul die korrekte VOORSETSEL in.

                     Baie matrieks is onseker (...) hulle toekoms.                                    (1)

          5.1.2      Skryf die gedeelte tussen hakies in die ONTKENNING.

                     (kry dadelik werk)                                                               (1)

          5.1.3      Gee 'n SINONIEM vir 'dalk'.                                                      (1)

          5.1.4      Skryf die gedeelte tussen hakies in die INFINITIEF.

                     Só 'n jaar is dan goed (geld verdien).                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1          15                                    DBE/2021
                                       SS/NSS (Wes-Kaap)

          5.1.5      Gebruik die HOMOFOON van 'reis' in 'n sin sodat die betekenis
                     duidelik is.                                                                 (1)

          5.1.6      Gee die MEERVOUD van 'kultuur'.                                              (1)

          5.1.7      VERBIND die twee sinne met die VOEGWOORD tussen hakies.

                     Uiteindelik sal 'n brugjaar jou kan help. Jy neem 'n finale besluit.
                     (voordat)                                                                    (1)

          5.1.8      Kies die korrekte VOORNAAMWOORD tussen hakies.

                     'n Brugjaar is goed, want as 'n mens van die huis af weg is, leer
                     (jy/hy) om selfstandig te wees.                                              (1)

          5.1.9      Gee die KORREKTE vorm van die woord tussen hakies.

                     'n Mens leer so baie (nuut) dinge.                                           (1)

          5.1.10     Verdeel die woord tussen hakies volledig in LETTERGREPE.

                     'n Brugjaar (beteken) dus nie dat jy net gaan rondloop nie.                  (1)

          5.1.11     Skryf die sin in die LYDENDE VORM.

                     Jy beplan jou brugjaar goed.                                                 (1)

          5.1.12     Skryf die sin in die TOEKOMENDE TYD.

                     Dit maak jou gelukkig.                                                       (1)

          5.1.13     Gee die KORREKTE Afrikaans vir die woord tussen hakies.

                     Jy moet (understand) waarom jy dit wil doen.                                 (1)

          5.1.14     Gee EEN WOORD vir die woorde tussen hakies.

                     Jou brugjaar mag nie (sonder 'n doel) wees nie.                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1             16                                    DBE/2021
                                          SS/NSS (Wes-Kaap)

5.2    Bestudeer die prent (TEKS G) hieronder en beantwoord die vrae.

        TEKS G

                                                    5.2.2

        BUSHALTE

                                       5.2.5                                       5.2.6

                           Susan                     David                 Lorna

                                                                    [Verwerk uit dreamtime.com]

        5.2.1        Skryf die sin hieronder oor en verbeter die WOORDORDE.

                     Die drie vriende wag (rustig) (by die bushalte) (elke dag).                  (1)

        5.2.2        Kies die korrekte SPELLING van die woord tussen hakies.

                     David staan in die (middle/middel).                                          (1)

        5.2.3        Gee die KORREKTE vorm van die woord tussen hakies.

                     Susan, die (een) persoon, dra 'n rok.                                        (1)

        5.2.4        Kies die KORREKTE woord tussen hakies.

                     Hulle glimlag, want die bus gaan (op tyd/betyds) wees.                       (1)

        5.2.5        Gee die SAMESTELLING van die woorde tussen hakies.

                     Lorna dra 'n (winter + jas).                                                 (1)

        5.2.6        Vul die ONTBREKENDE WOORD in.

                     Dit reën; daarom het elkeen 'n ... in sy/haar hand.                          (1)
                                                                                                  [20]
                                                               TOTAAL AFDELING C:                 40

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1          17                                  DBE/2021
                                       SS/NSS (Wes-Kaap)

AFDELING D: LETTERKUNDE

Beantwoord SLEGS die vraag oor die kortverhale/drama wat jy behandel het, dit wil sê
VRAAG 6 OF VRAAG 7.

VRAAG 6: FEESMAAL – EA Swanepoel

VERHAAL A: " POTYSTER SWEIS NIE" (20) EN
VERHAAL B: "OM LAASTE TE KAN LAG" (20)

OF

VRAAG 7: PERDEKRAG – Cecilia du Toit

VRAAG 6: FEESMAAL – EA Swanepoel

Beantwoord die vrae oor AL TWEE verhale.

VERHAAL A: "POTYSTER SWEIS NIE" – PG du Plessis

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS H

  Ek laai dus maar die skoolseun op wat met sy kleurbaadjie staan en duimgooi.
  Hy groet met 'n seunstem waarin die grootword begin kraak. Ek sien die
kleurbaadjie word vinnig uitgegroei en hy trek sy te lang arms so ŉ bietjie terug om
die moue nie te kort te laat lyk nie.
   Hy sê waar hy skoolgaan, dat hy op pad huis toe is vir die naweek – van die 5
koshuis af. Hy vra ook of ek ou yster bymekaarmaak vir verkoop. In ou yster is baie
geld, sê hy ...

6.1       Wie is die hoofkarakter in die verhaal?

          (Onthou: die hoofkarakter is die karakter wat die leser die beste leer ken of
          wat die meeste verandering ondergaan.)                                                (1)

6.2       Die verteller was op pad terug plaas toe.

          6.2.1       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                      Die verteller het vir hom 'n (boek/stofie) gekoop.                        (1)

          6.2.2       Waarom het die verteller hierdie artikel gekoop?                          (1)

6.3       In watter deel van ons land was die verteller se plaas?                               (1)

6.4       Die verteller het daarvan gehou om in stilte te ry.

          Gee 'n feit uit die verhaal om te motiveer waarom die stelling ONWAAR is.             (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1             18                                    DBE/2021
                                          SS/NSS (Wes-Kaap)

6.5       Skryf die volgende gebeure onder mekaar oor in die korrekte VOLGORDE
          soos wat dit in die verhaal gebeur.

             Die verteller wou vir die seun geld gee.
             Die seun het vir die verteller sy stukkende skoene gewys.
             Die verteller het by die Portugees se winkel gestop om brood te koop.
             Die seun het vir die verteller gesê dat hy op pad huis toe was.                        (4)

6.6       Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die
          vraagnommer (6.6) neer.

         " ... en hy trek sy te lang arms so 'n bietjie terug om die moue nie te kort te laat
         lyk nie." (Reël 3 en 4)

          Dit wys vir ons dat die skoolseun ...
          A       trots op sy skoolklere was.
          B       skaam oor sy skoolklere was.
          C       nie die verteller vertrou het nie.
          D       bang was dat die verteller hom sou aflaai.                                         (1)

6.7       Hoe het die beeld wat die seun oor sy pa geskep het, verskil van wat die
          Portugees oor sy pa gedink het?

          Jy moet na die seun en die Portugees in jou antwoord verwys.                               (2)

6.8       Die seun het tot by die groentewinkel-kafee-garage saam met die verteller
          gery.

          Kies die gevolg in KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas.
          Skryf die letter (A–E) langs die vraagnommers (6.8.1 tot 6.8.4) neer.

                          KOLOM A                                   KOLOM B
          6.8.1      Die verteller het vir die seun A    Die Portugees het agter die
                     toebroodjies aangebied.             verteller aangehardloop.

          6.8.2      Die verteller het nie al sy    B    Die seun het gejok oor die
                     kleingeld gevat nie.                koshuislewe.

          6.8.3      Die seun se ma was weer        C    Die seun het die verteller vir die
                     nie by die werk nie.                saamry bedank.

          6.8.4      Die verteller het die seun     D    Die Portugees was baie kwaad.
                     geld aangebied vir sy
                     geselskap.                     E    Die seun het skaam gevoel en net
                                                         weggestap.
                                                                                   (4 x 1)           (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1          19                                     DBE/2021
                                       SS/NSS (Wes-Kaap)

6.9       6.9.1       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                      Die tema van hierdie verhaal is (eerlikheid/hardwerkendheid).                (1)

          6.9.2       Motiveer jou antwoord op VRAAG 6.9.1.                                        (1)

6.10      Dink aan die verteller en die seun se pa in die verhaal.

          6.10.1      By watter een van hierdie karakters het jy iets positiefs geleer?            (1)

          6.10.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 6.10.1 deur na hierdie karakter
                      se optrede te verwys.                                                        (1)

                                              EN

VERHAAL B: "OM LAASTE TE KAN LAG" – Chris Barnard

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS J

   Ek sou eers jare later die storie hoor. En ook nie die volle storie nie.
   Daar wás 'n jeugliefde, ja. Maar die ding het nie mooi uitgewerk nie en sy nôi is
met 'n skatryk boer getroud. Haar plig was by haar man, maar haar hart was by oom
Apie. Veertig jaar lank het hy haar gereeld gesien. Nee, doodonskuldig. Hulle sou
sommer gesels en sy sou vir hom kouse stop en knope aanwerk. En dit het hom 5
gepas. Vir 'n gebore losloper is dit 'n bedekte seën as sy enigste liefde per abuis
met iemand anders voor die kansel beland.
   Maar so met die gesels en die kousestoppery het oom Apie skynbaar ook al sy
geheime met haar gedeel. En ons het rede om te glo nie al sy geheime was ewe
eerbaar nie. Hoe anders verklaar 'n mens die res van die storie?                     10

6.11.1 Oom Apie was die swartskaap in die familie.

         6.11.1      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                     Oom Apie was (anders as/net soos) die res van sy familie.                     (1)

         6.11.2      Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 6.11.1.                                 (1)

6.12     Noem EEN tipe los werkie wat oom Apie in en om sy vriende se huise gedoen
         het.                                                                                      (1)

6.13     Gee 'n kort beskrywing van oom Apie. Dink aan sy postuur, sy hare, sy neus
         en sy oë. Gee jou antwoord in volsinne.                                                   (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1           20                                   DBE/2021
                                        SS/NSS (Wes-Kaap)

6.14     Oom Apie het 'n interessante lewe gehad.

         Kies die gevolg in KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas.
         Skryf die letter (A–E) langs die vraagnommers (6.14.1 tot 6.14.4) neer.

                          KOLOM A                                KOLOM B
         6.14.1      Oom Apie het baie vriende       A      Oom Apie het sy eie stoel
                     gehad.                                 saamgedra.

         6.14.2      Oom Apie het elke maand         B      Oom Apie het by mense gaan
                     sewe spoelklippies gesluk.             tee drink en dan maande lank
                                                            gebly.
         6.14.3      Oom Apie se jeugliefde het
                     iemand anders bo hom            C      Oom Apie het nie probleme
                     verkies.                               met sy maag gehad nie.

         6.14.4      Oom Apie het ouer geword.       D      Oom Apie het sy gestopte
                                                            kouse by sy jeugliefde gelos.

                                                     E      Geld was nie vir oom Apie
                                                            belangrik nie.
                                                                                    (4 x 1) (4)

6.15     Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die
         vraagnommer (6.15) neer.

         "Vir 'n gebore losloper is dit 'n bedekte seën as sy enigste liefde per abuis met
         iemand anders voor die kansel beland." (Reël 6 en 7)

         Hierdie sin wys dat oom Apie …

         A    graag wou trou.
         B    nie regtig wou trou nie.
         C    steeds deur sy jeugliefde versorg is.
         D    nooit weer ŉ troue bygewoon het nie.                                                (1)

6.16     Dink aan die verloop van die verhaal.

         6.16.1 Kies die sin wat oom Apie se jeugliefde die beste beskryf soos jy haar
                deur die loop van die verhaal leer ken het.

                  A      Die jeugliefde het oom Apie nog al die jare liefgehad.
                  B      Die jeugliefde het oom Apie nog altyd met geskenke oorlaai.
                  C      Die jeugliefde was bereid om haar man te los om met oom Apie
                         te trou.                                                                 (1)

         6.16.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 6.16.1.                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1          21                                         DBE/2021
                                       SS/NSS (Wes-Kaap)

6.17     Skryf die volgende sin oor en verander die onderstreepte deel om die stelling
         WAAR te maak.

         Die verteller het gedink dat sy ouers vir oom Apie advies gegee het om die
         dorp te verlaat, maar oom Apie het 'n ander plan gemaak.                                      (1)

6.18     Waar het oom Apie gewoonlik geslaap as hy die verteller se ouerhuis besoek
         het?                                                                                          (1)

6.19     Dink aan die slot van die verhaal

         6.19.1      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                     Hierdie verhaal   het   (negatief/positief/neutraal)   vir    oom     Apie
                     geëindig.                                                                         (1)

         6.19.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 6.19.1.                                            (1)

6.20     Gee TWEE redes waarom die meeste mense van hierdie verhaal sou hou.                           (2)

                                             OF

VRAAG 7: PERDEKRAG – Cecilia du Toit

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS J

Wilma:     … Hy gaan elke week kom. Hy gaan nie hier op die plaas bly soos jy nie.
           Jy moet hom maar 'n bietjie help. Dinge vir hom wys en so.
Binki:     Ek?
Wilma:     Ja. Jy's mos nie meer bang vir die perde nie.
Binki:     E … nie juis nie.                                                           5
Wilma:     Nou staan dan nader. Vandag moet jy vir Lady Jane borsel.
           (Binki gaan die stal so huiwerig binne dat sy Lady Jane onrustig laat
           rondtrap.)
           Onthou, sy weet wat jy dink. Kom hier, my ding. Vat die borsel. (Wilma
           gee vir Binki 'n borsel, gaan staan agter haar, vou haar hand oor Binki s'n 10
           en borsel Lady Jane saam met haar.)
           Begin hier by die nek en vryf met lang hale oor haar rug. So, en so. Sien
           jy, sy's mal daaroor. Sy hou van jou. Toe, doen dit nou alleen.
           (Die klank van 'n kar wat nadergery kom, toet en stop.)

7.1       Voltooi die sin hieronder deur EEN woord in te vul.
          Die skuinsgedrukte woorde in reël 9–11 word ... genoem, want dit beskryf wat
          die karakter doen.                                                                           (1)

7.2       Wat is die naam van Wilma se perdeplaas?                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1          22                                   DBE/2021
                                       SS/NSS (Wes-Kaap)

7.3       Binki het Wilma met verskillende takies gehelp, soos om die perde te borsel.

          7.3.1      Nog EEN só 'n takie was om (die saals te olie/skottelgoed te was).          (1)

          7.3.2      Waarom moes Binki hierdie takie op die plaas verrig?                        (1)

7.4       Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die
          vraagnommer (7.4) neer.

          Binki het die stal huiwerig binnegegaan. Dit sê vir ons dat Binki …

          A       op haar gemak saam met die perde was.
          B       trots was op die werk wat sy gedoen het.
          C       bang vir die perde was.
          D       bang vir Wilma was.                                                            (1)

7.5       Binki het nie van honde gehou nie.

          Gee 'n feit uit die drama om te motiveer waarom die stelling ONWAAR is.                (1)

7.6       Skryf die volgende gebeure onder mekaar oor in die korrekte VOLGORDE
          soos wat dit in die verhaal gebeur.

             Binki het vir Lucky vertel hoe sy die letsels opgedoen het.
             Binki-hulle se huis het afgebrand.
             Binki se ma het haar op Wilma se perdeplaas gelos.
             Lucky en Binki het mekaar ontmoet.                                                 (4)

7.7       Hoe het Binki en Lucky se manier van praat met Wilma verskil?

          Jy moet na Binki en Lucky in jou antwoord verwys.                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1          23                                  DBE/2021
                                       SS/NSS (Wes-Kaap)

7.8       Daar was baie hartseer in Binki se lewe.

          Kies 'n gevolg in KOLOM B wat by die hartseer in KOLOM A pas. Skryf die
          letter (A–E) langs die vraagnommers (7.8.1 tot 7.8.4) neer.

                         KOLOM A                                KOLOM B
          7.8.1      Binki se ouers is geskei.     A   Binki het 'n foto van Dukie op
                                                       haar selfoon gehad.
          7.8.2      Binki was skaam vir die
                     letsels op haar lyf.          B   Binki het nie vir haar ma ''Ma''
                                                       gesê nie.
          7.8.3      Binki het nie 'n normale
                     verhouding met Sabrina        C   Binki het nie skoolvriende gehad
                     gehad nie.                        nie.

          7.8.4      Binki se hondjie is dood.     D   Binki het altyd bloese met lang
                                                       moue gedra.

                                                   E   Binki het baie min kontak met
                                                       haar pa en ma gehad.
                                                                               (4 x 1)          (4)

7.9       7.9.1      Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies.

                     Die tema van hierdie drama is die (fisiese/genesende) krag van die
                     perde.                                                                     (1)

          7.9.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 7.9.1.                                      (1)

7.10      Dink aan Wilma en Sabrina.

          7.10.1     By watter een van hierdie karakters leer 'n mens om nie ander te
                     oordeel nie?                                                               (1)

          7.10.2     Motiveer jou antwoord op VRAAG 7.10.1.                                     (1)

                                             EN

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1            24                                DBE/2021
                                         SS/NSS (Wes-Kaap)

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS K

Binki    (Sy lag bitter as sy die skok op Lucky se gesig sien.)
         Daardie aand – toe Dukie uit my arms spring, is ek agterna. Die vlamme in.
         (Lucky staar haar woordeloos aan.)
         Kyk mooi sodat jy weet. Sien jy? (Sy wys haar arm uitdagend.) Wit velle
         het ook letsels. Wil jy aan hulle vat?                                        5
         (Lucky skud net sy kop.)
         Toe, jy is mos aan alles gewoond.
         (Die foon in Binki se hand lui. Binki skrik en lyk dan bly as sy die naam van
         die persoon sien.)
         Dis Sabrina. Maar jy het mos nou M-A gaan staan en skryf.                     10
         (Sy draai haar rug op Lucky en loop nader aan die gehoor. Lucky gaan in
         die stoorkamer in en maak of hy goed regpak.)
         Sabrina! Hallo. Ja, ek hoor. (Sy luister.) Dit gaan goed hier. Is jy al terug
         van – (Sy luister. Haar stem raak klaerig.) Dis volgende week langnaweek
         – jy't dan gesê!                                                              15

7.11      Gee 'n kort beskrywing van Binki.

          Verwys in jou antwoord net na haar ouderdom, haar persoonlikheid, in watter
          graad sy was en op watter manier sy skool gegaan het. Gee jou antwoord in
          volsinne.                                                                             (4)

7.12      Binki wou nie gehad het ander mense moes haar letsels sien nie.

          7.12.1      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                      Eendag het (Binki vooraf besluit om die letsels vir Lucky te
                      wys/Lucky die letsels per ongeluk gesien).                                (1)

          7.12.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 7.12.1.                                    (1)

7.13      Waar was Binki toe sy hierdie letsels opgedoen het?                                   (1)

7.14      Noem EEN rede waarom Lucky lelike dinge van witmense gesê het.                        (1)

7.15      Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die
          vraagnommer (7.15) neer.
          "Wit velle het ook letsels."

          Hierdie sin wys dat Binki eintlik vir Lucky wou sê dat ...

          A     haar lewe besig was om te verander.
          B     alle mense kan seerkry en swaarkry.
          C     haar brandwonde soms nog seer was.
          D     sy letsels gehad het wat die dokters nie kon wegvat nie.                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1         25                                    DBE/2021
                                        SS/NSS (Wes-Kaap)

7.16      Skryf die volgende sin oor en verander die onderstreepte deel om die stelling
          WAAR te maak.

          In haar hart het Binki geweet dat Sabrina verskoning gemaak het omdat sy
          baie besig was.                                                                     (1)

7.17      Aan die einde van die drama het dinge in Binki se lewe verander.

          Kies 'n gevolg in KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf die
          letter (A–E) langs die vraagnommers (7.17.1 tot 7.17.4) neer.

                    KOLOM A                                     KOLOM B
       7.17.1 Lucky en Binki het saam na         A     Binki het met kaal arms al die
              Dukie se foto's op haar selfoon          rondte gedraf.
              gekyk.
                                                 B     Lucky het vir Binki van sy lewe
       7.17.2 Binki se telefoongesprek met             vertel.
              Sabrina het haar teleurgestel.
                                                 C     Die twee kinders het mekaar
       7.17.3 Binki was nie meer bang vir die          begin verstaan.
              perde nie.
                                                 D     Binki het nie geskrik toe
       7.17.4 Binki het nie omgegee dat                Tinkerbelle langs haar draf nie.
              ander mense haar letsels sien
              nie.                               E     Binki het besluit dat sy haar ma
                                                       nie meer nodig het nie.
                                                                                   (4 x 1)    (4)
7.18      Dink aan die hele drama.
          7.18.1      Kies 'n sin hieronder wat Wilma se houding teenoor Binki die beste
                      beskryf soos wat jy dit in die drama gelees het.

                      A   Wilma het slegs blyplek aan Binki gegee.
                      B   Wilma was Binki se ma se beste vriendin.
                      C   Wilma het altyd vir Binki probeer beskerm.                          (1)
          7.18.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 7.18.1.                                  (1)
7.19      Dink aan die slot van die drama.
          7.19.1      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                      Hierdie drama het 'n (negatiewe/neutrale/positiewe) einde vir Lucky
                      gehad.                                                                  (1)
          7.19.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 7.19.1.                                  (1)
7.20      Gee TWEE redes waarom tieners van hierdie drama sou hou.                            (2)
                                                                                              [40]

                                                                TOTAAL AFDELING D:            40
                                                                    GROOTTOTAAL:              120

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans SAL P1 May-June 2021 KwaZulu-Natal](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-may-june-2021-kwazulu-natal/123708d3-c61b-4172-9a88-adde765f6c54) — Afrikaans SAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans SAL P1 May-June 2021 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-may-june-2021-limpopo/9f2f4365-991a-4629-81e5-5044fe3bea96) — Afrikaans SAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans SAL P1 May-June 2021 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-may-june-2021-mpumalanga/c708003b-90d4-43a2-a7c4-f9287e8d88c1) — Afrikaans SAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans SAL P1 May-June 2021 North West](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-may-june-2021-north-west/6d677b52-02e3-4040-bc60-7ebe4e4752ce) — Afrikaans SAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans SAL P1 May-June 2021 Northern Cape](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-may-june-2021-northern-cape/33a6f3d4-0598-4d98-be45-5ca5dce7bd80) — Afrikaans SAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans SAL P1 May-June 2021 Free State](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-may-june-2021-free-state/45c33762-6536-450f-9f18-b6eed606cb14) — Afrikaans SAL · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans SAL

- [Gr 12 Afrikaans SAL ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-afrikaans-sal-atp-2023-24/62a5661c-7dee-400e-8d08-3944f9c721f0) — ATP · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-mpumalanga/a1407f79-0048-4a4c-a2fb-7c9aafc01a02) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-gauteng/204b3998-388d-4312-a14d-bc43b1529599) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-limpopo/4ecca3ab-b049-455c-97a9-e508bbd3107d) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG KwaZulu-Natal](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-kwazulu-natal/4431038d-7fcf-40be-a6b8-edbefc700aac) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Free State](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-free-state/c7fd6c22-a455-4a14-b3a8-b0f7dc2ba104) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
