# Afrikaans SAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2023 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans SAL Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2023, 15 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-may-june-2023/823ad3bb-938b-47a5-a512-c081e7c25841
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans SAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans SAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-sal) › [Afrikaans SAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2023 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-may-june-2023/823ad3bb-938b-47a5-a512-c081e7c25841)

## About this document

Afrikaans Sal · Grade 12 · NSC June Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V1

                                        2023

                                                                       PUNTE: 80

                                                                       TYD: 2 uur

                       Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1            2                               DBE/2023
                                             SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

          AFDELING A:        Leesbegrip                     (30 punte)
          AFDELING B:        Opsomming                      (10 punte)
          AFDELING C:        Taalstrukture en -konvensies   (40 punte)

2.        Beantwoord AL die vrae.

3.        Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

4.        Trek 'n streep ná elke afdeling.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik word.

6.        Laat 'n reël na elke antwoord oop.

7.        Gee besondere aandag aan spelling en sinsbou.

8.        Voorgestelde tydsindeling:
          AFDELING A: 45 minute
          AFDELING B: 20 minute
          AFDELING C: 55 minute

9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1          3                                   DBE/2023
                                           SS/NSS

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1

Lees die tydskrifartikel hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS A: TYDSKRIFARTIKEL

                     DIS MOS NOU ÉG SUID-AFRIKAANS!

1       Hoenderpote en hoendernekkies! Of, soos die
        meeste mense dit ken, 'walkie talkies' en 'love bites'.
        Dit is ég Suid-Afrikaanse kos wat deur baie mense
        in stede én klein dorpies geniet word. Maar
        pote en nekkies in 'n blikkie? Dít is nuut!                                         5

2       Hoenderpote en -nekkies is jare lank as afvalkos
        gesien. Party mense trek stééds hul neuse daarvoor
        op, maar vir baie ánder mense is dit goedkoop kos.

3       Tin Stuf, 'n maatskappy in Limpopo wat kos in blikkies inmaak, het die
        behoefte aan geblikte ('canned') pote en nekkies raakgesien en daaraan            10
        begin werk. Eiren Drake (27) en sy oupa, Spencer Drake, het al in 2017
        begin om goedkeuring ('approval') vir hierdie nuwe produk te kry. Dit sou
        baie mense help, maar dit was moeilik om goedkeuring te kry. Tin Stuf
        moes baie studies doen om te bewys dat die pote en nekkies goed genoeg
        is om te blik. Ná twee jaar van baie harde werk is die produk goedgekeur.         15

4       Tydens die Covid-19-pandemie in 2020 het die Drakes begin om 'n
        400 g-blikkie hoenderpote en -nekkies te vervaardig. Sedert Mei 2022 kan
        mense dit by hulle naaste Shoprite koop. Dit is beskikbaar in die
        oorspronklike geur en in kerriegeur. Dit is 'n maaltyd wat maklik gerek kan
        word sodat dit genoeg is vir 'n paar mense.                                       20

5       Wie is die Drakes van Tin Stuf? Eiren het op 'n plaas naby Tzaneen in
        Limpopo grootgeword. Sy oupa het vir jare die inmaakfabriek ('canning
        factory') gehad en die fabriekswerkers se kinders het altyd saam met Eiren
        gespeel. Dit is hierdie speelmaats wat hom geleer het om pote en nekkies
        te eet.                                                                           25

6       Toe Eiren ouer geword het, het hy al meer by Tin Stuf betrokke geraak. Hý
        het die idee gekry om hoenderpote en -nekkies te blik. Hulle het die nodige
        navorsing gedoen en gevind dit is vol voedingstowwe ('nutrients').

7       Tin Stuf se geblikte produk is deel van tradisies en daar is baie goeie dinge
        omtrent hierdie produk. Dit is goedkoop en in grootmaat beskikbaar.               30
        Geblikte pote en nekkies hou langer as vars pote en nekkies. Dit is ook
        gerieflik, want na 'n lang werksdag kan jy net die blikkie oopmaak en jou
        kos is gereed.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1            4                                        DBE/2023
                                             SS/NSS

8       Daar werk 35 mense by Tin Stuf se inmaakfabriek. Party van hierdie
        mense het saam met Eiren grootgeword. Hulle weet dus waar die idee                       35
        begin het en watter pad Eiren en sy oupa moes loop om dit te laat waar
        word. Daarom werk almal ekstra hard om seker te maak dit is 'n sukses.

9       Oupa Spencer is in November 2020 oorlede. Dit was 'n baie moeilike tyd vir
        Eiren. Hy het sy oupa, vriend én mentor verloor. Eiren bestuur nou die
        fabriek en hulle het nog ander nuwe planne. Hulle probeer nou om                         40
        hoenderlewer en hoenderkerrie te blik.

10      Eiren het op 'n jong ouderdom sukses met sy besigheid behaal. Sy raad
        aan ander is om geduld te hê en aan te hou leer. Moenie toelaat dat
        probleme jou onderkry nie. Soek na oplossings en druk deur!

                                                          [Verwerk uit Kuier, 31 Maart 2022]

1.1       VOLTOOI die sin hieronder deur woorde uit paragraaf 1 in te vul.
          Baie mense in (1.1.1) ... en (1.1.2) ... eet graag 'walkie talkies' en 'love bites'.
          In die verlede het hierdie mense die vars pote en nekkies gekoop, maar nou
          kan hulle dit ook in 'n (1.1.3) ... koop.                                                   (3)

1.2       Skryf TWEE OPEENVOLGENDE woorde uit paragraaf 1 neer wat vir ons sê
          dat hoenderpote en -nekkies kos is wat ons nét in Suid-Afrika kry.                          (1)

1.3       Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die antwoord (A–D) langs die
          vraagnommer (1.3) neer.

          "Party mense trek stééds hul neuse daarvoor op ..." (reël 7 en 8) beteken dat
          hulle …

          A      dink dit ruik sleg.
          B      dink dit is te duur.
          C      snaakse gesigte trek.
          D      dit glad nie sal eet nie.                                                            (1)

1.4       Lees paragraaf 3 en 6.

          Tin Stuf moes baie studies doen om te bewys dat die pote en nekkies goed
          genoeg is om te blik. (Paragraaf 3)

          Wat het hierdie studies bewys? (Paragraaf 6)                                                (1)

1.5       By watter winkel kan mense Tin Stuf se geblikte pote en nekkies koop?                       (1)

1.6       In watter TWEE geure is die pote en nekkies beskikbaar?                                     (2)

1.7       Waarom is die volgende stelling ONWAAR?

          Die pote en nekkies in die blikkie is net genoeg vir een persoon.                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1           5                                    DBE/2023
                                            SS/NSS

1.8       1.8.1      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                     In paragraaf 7 lees ons dat geblikte pote en -nekkies baie
                     (voordele/nadele) het.                                                       (1)

          1.8.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.8.1 met DRIE feite uit die teks.            (3)

1.9       Hoekom is dit goed vir Tin Stuf se besigheid dat Eiren en die werkers mekaar
          al lank ken?                                                                            (1)

1.10      Kies die inligting in KOLOM B wat by die datums/tye in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.10.1 tot 1.10.5) neer.

                        KOLOM A                                KOLOM B
          1.10.1     Eiren se kinderjare op die   A   Die Drakes het begin om pote en
                     plaas                            nekkies by hulle fabriek in te lê.

          1.10.2     2017                         B   Die fabriek moes meer werkers
                                                      aanstel.
          1.10.3     Grendeltyd: 2019–2020
                                                  C   Mense kon geblikte hoenderpote
          1.10.4     November 2020                    en -nekkies in winkels koop.

          1.10.5     Mei 2022                     D   Die Drakes het met navorsing oor
                                                      geblikte pote en nekkies begin.

                                                  E   Tin Stuf en die Drake-familie het 'n
                                                      hartseertyd beleef.

                                                  F   Eiren het geleer om pote en
                                                      nekkies te eet.
                                                                                    (5 x 1)       (5)

1.11      Noem EEN van Tin Stuf se nuwe planne nadat oupa Spencer oorlede is.                     (1)

1.12      Lees die laaste paragraaf.

          "Moenie toelaat dat probleme jou onderkry nie." (Reël 43 en 44)

          Gee TWEE bewyse uit die teks waarom ons kan sê dat hierdie raad van Eiren
          goeie raad is wat hy self in sy eie lewe gevolg het.                                    (2)

1.13      Hoe help die foto jou as leser om die teks beter te verstaan?                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1            6                                        DBE/2023
                                             SS/NSS

TEKS B: VISUELE TEKS

Bestudeer die teks hieronder en beantwoord die vrae.

          TV                     PROGRAM SABC 2                                 TV
                                Saterdag 17 Junie 2023

                             Stroomop
                             Drama. Vyf vroue gaan op 'n
                 15:30       avontuur as deel van terapie.
                             Donnalee Roberts. (2018)
                             (PG13VL)

                                                                       @SABCNews
                 17:30       Nuus (Xitsonga/Tshivenda)
                                                                       @SABCNews

                 18:00       7de Laan

                                                                       @SABCNews
                 18:30       Nuus (Afrikaans)
                                                                       @SABCNews

                             Voetspore: Zambezi
                             Die span reis al langs die
                 19:00       Zambezi-rivier tot by die Sioma
                             Ngwezi Nasionale Park.

                 19:30       Pasella

                             Top Gun Maverick
                             Aksie. Tom Cruise speel weer
                             Maverick, met sy ikoniese
                 20:00       Aviator-sonbril en leerbaadjie,
                             in die opvolgfliek van 1986 se
                             Top Gun. (2022) (PG13)

                             Skorokoro
                             Komedie.
                             Twee mense op 'n dorpie in
                 22:15       Suid-Afrika wil trou, maar hulle
                             familie is daarteen gekant.
                             Boikie Pholo (2016) (PG)

                                                                [Verwerk uit TV Plus, Junie 2022]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1            7                                DBE/2023
                                             SS/NSS

1.14      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

          Die prentjie by die fliek, Stroomop, sê vir ons dat die vyf vroue baie
          (hartseer/aksie) in hierdie fliek gehad het.                                         (1)

1.15      Watter program kan jy op Facebook én Twitter volg?                                   (1)

1.16      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

          Pasella word (vroeër/later) as 7de Laan uitgesaai.                                   (1)

1.17      Voetspore: Zambezi word om 19:00 uitgesaai.

          Deur watter kontinent reis die Voetspore-span in hierdie program?                    (1)

1.18      Kyk na die inligting oor die fliek, Skorokoro.

          By watter EEN woord in die teks pas hierdie gesiggie       ?                         (1)

1.19      Hoekom kan 'n mens sê 'n TV-program is 'n goeie manier om kykers
          ('viewers') inligting te gee?                                                        (1)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:            30

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1           8                                      DBE/2023
                                            SS/NSS

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2: WAAROM DIT GOED IS OM JOU EIE GROENTETUIN TE MAAK

Baie mense maak hulle eie groentetuine ('vegetable gardens'). Jy het op die internet
gelees waarom dit goed is om jou eie groentetuin te maak.

   Som in SEWE VOLSINNE op waarom dit goed is om jou eie groentetuin
    te maak.
   Skryf die volsinne PUNTSGEWYS en in jou EIE WOORDE neer.
   Nommer die volsinne van 1 tot 7.
   Jou opsomming mag NIE langer as 60 woorde wees NIE.
   Dui die KORREKTE getal woorde aan die einde van die opsomming aan.

TEKS C

            WAAROM DIT GOED IS OM JOU EIE GROENTETUIN TE MAAK

 Ons leef in 'n gejaagde wêreld. Dit veroorsaak dat mense gestres is. Dit is goed om
 iets te doen wat vir jou lekker is. Om jou eie groentetuin te maak sal jou rustig maak.

 Die meeste groente in die winkels word gepluk en in pakhuise gestoor totdat mense
 dit koop. Dan is hierdie groente nie meer vars nie. Groente uit jou tuin is altyd vars.

 Groente in supermarkte word in klein pakkies verpak en is duur. Groente uit jou eie
 tuin sal jou minder kos. Die geld wat jy só spaar, kan vir ander belangrike dinge
 gebruik word.

 Party van die groente wat in winkels verkoop word, is met gevaarlike gifstowwe teen
 insekte gespuit. Hierdie middels is sleg vir jou. In jou eie tuin kan jy natuurlike middels
 teen insekte gebruik.

 Daar kom soms siektes soos salmonella voor in die groente wat ons by winkels koop.
 Groente uit jou eie tuin verminder die kans dat jy siektes kry.

 Oefening is belangrik vir jou gesondheid. Dit laat jou goed voel. Dit is goeie oefening
 om in die tuin te werk.

 Ons is lang tye binne in die huis. Wanneer jy tuinmaak, is jy in die buitelug. Dit is goed
 vir jou.
                                                                [Verwerk uit growagoodlife.com]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:               10

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1                    9                                      DBE/2023
                                                     SS/NSS

AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES

VRAAG 3: ADVERTENSIE

Lees en bestudeer die advertensie (TEKS D) hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS D

         3.1    Geniet EGTE goedheid!
               3.2         Goeie waarde vir jou geld

               3.3          Alle kinders sal hiervan hou

                            Fantastiese smaak
                               Vars en lekker

                     3.5

                                                                   LEMOEN
                                                           3.6   100% SUIWER

                                                                        Met liefde gemaak

                                                                       [Verwerk uit Kuier, 31 Maart 2022]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1          10                                     DBE/2023
                                            SS/NSS

3.1       HERSKRYF die sin hieronder.

          Geniet egte goedheid!

          Begin só: Jy sal ...                                                                     (1)

3.2       KRUSH se lemoensap is goeie waarde vir jou geld.

          Waarom kan ons sê dat hierdie sin 'n MENING is?                                          (1)

3.3       Skryf die sin in die ONTKENNING.

          Alle kinders sal hiervan hou.

          Begin só: Alle kinders ...                                                               (1)

3.4       Skryf EEN WOORD uit die advertensie neer wat vir ons sê dat KRUSH se
          lemoensap baie lekker proe.                                                              (1)

3.5       Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies.

          KRUSH se lemoensap bevat 3 vitamines. Daarom is dit nie net lekker nie,
          maar ook 'n (gesonde/ongesonde) drankie.                                                 (1)

3.6       Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies.

          100% word in hierdie advertensie herhaal om te (beklemtoon dat/evalueer of)
          die lemoensap suiwer is.                                                                 (1)

3.7       Skryf DRIE OPEENVOLGENDE WOORDE uit die advertensie neer wat by
          die hartjies    pas.

                                                                                                   (1)

3.8       Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die antwoord (A–D) langs                 die
          vraagnommer (3.8) neer.

          Die doel van hierdie advertensie is om die leser ...

          A     teen KRUSH se lemoensap te waarsku.
          B     te manipuleer om hierdie lemoensap te koop.
          C     in te lig dat KRUSH se lemoensap nie so duur is nie.
          D     te laat verstaan dat daar verskillende soorte lemoensap is.                        (1)

3.9       Wie, dink jy, sal KRUSH se lemoensap koop?                                               (1)

3.10      Gee EEN rede waarom die raampie van lemoene goed by hierdie advertensie
          pas.                                                                                     (1)
                                                                                                   [10]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1                     11                                         DBE/2023
                                                       SS/NSS

VRAAG 4: STROKIESPRENT

Bestudeer die strokiesprent (TEKS E) hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS E

        RAAMPIE 1                                RAAMPIE 2                           RAAMPIE 3
  Kan ek Pa in           WAT?!                               O NEE! Wat                               Ek het
    die tuin         Hoekom sal jy        Ek wil              het jy nóú                           gewéét iets
     help?           dít wil doen?!       graag help,       weer verkeerd        Ek het my         is verkeerd.
                                          Pa.                 gedoen?             selfoon
                                                                                 verloor ...

                                                                                                       WAT?!

   Jeremy                   Pa                                                                         Ma

        RAAMPIE 4                                RAAMPIE 5                           RAAMPIE 6

               Jy is                  Ek koop nie                                Hoe lank moet           (Sug)
      on-ver-ant-woor-de-lik!!          wéér vir                                  jy dié keer in        Seker vir
                                      (4.5.2) ... 'n      JY IS GEHOK!!          die kamer bly?         altyd …
                                         nuwe             GAAN KAMER
  Maar, Ma …                          selfoon nie!        TOE!!

                                                                            Pierce
                                                                                        [Verwerk uit Zitts]

4.1         Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies.

            "WAT?!" in RAAMPIE 1 wys vir ons dat Pa (opgewonde/verbaas) is.                                         (1)

4.2         Kyk na RAAMPIE 2.

            4.2.1     Hoe kan ons aan Pa se lyftaal sien dat hy bekommerd ('worried') is?                           (1)

            4.2.2     Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                      Pa se woorde aan Jeremy sê vir ons dat (Pa nie wil hê Jeremy moet
                      hom help nie/Jeremy gewoonlik nie in die tuin wil help nie.)                                  (1)

4.3         Kyk na RAAMPIE 3.

            Hoe weet ons dat Pa en Ma nie vir Jeremy kans gee om sy sin klaar te praat
            nie?                                                                                                    (1)
Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1           12                                DBE/2023
                                             SS/NSS

4.4       Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die antwoord (A–D) langs die
          vraagnommer (4.4) neer.

          Jy is on-ver-ant-woor-de-lik!! (RAAMPIE 4)

          Ma sê die woord so stadig, want ...

          A       Jeremy kan nie mooi hoor nie.
          B       sy wil haar boodskap beklemtoon.
          C       sy wil hê Pa moet saam met haar stem.
          D       sy is baie hartseer oor wat Jeremy gedoen het.                               (1)

4.5       Kyk na RAAMPIE 5.

          4.5.1      Watter EEN woord sê vir ons dat Ma al meer as een keer vir Jeremy
                     'n nuwe selfoon gekoop het?                                               (1)

          4.5.2      Vul die ontbrekende VOORNAAMWOORD in.

                     Ek koop nie weer vir ... 'n nuwe selfoon nie!                             (1)

4.6       JY IS GEHOK! GAAN KAMER TOE! (RAAMPIE 5)

          4.6.1      Skryf die sin oor in die INDIREKTE REDE.

                     Pa skree: "Jy is gehok!"

                     Begin só: Pa skree dat Jeremy …                                           (1)

          4.6.2      Hoe kan ons sien dat Pa hierdie woorde hard skree?                        (1)

4.7       Hoe kan ons in RAAMPIE 6 agterkom dat Jeremy moedeloos is?                           (1)
                                                                                               [10]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1           13                                       DBE/2023
                                             SS/NSS

VRAAG 5: LEESTEKS EN PRENT

5.1       Lees die teks (TEKS F) hieronder en beantwoord die vrae.

          TEKS F

                                NAOMI ADAMS HELP GRAAG ANDER

         Naomi Adams is die eienaar van 'n mobiele
         (5.1.1) (haar+salon) in Worcester, 'n klein (5.1.2) (dorpie)
         in die Wes-Kaap. Naomi het lank in (5.1.3) (salon) gewerk.
         Sy het later besluit (5.1.4) (haar eie besigheid begin).
         Naomi se (5.1.5) (swaer), Cisca, werk saam met haar.                                         5

         (5.1.6) Een sondag in die kerk het Naomi gesien hoe
         verwaarloos die oumense se hare is. Sy het geweet dat sy (5.1.7) ('n/die) plan
         moes maak. Nou loop Naomi en Ciska (5.1.8) (elke week) van huis tot huis om
         oumense se hare te doen. (5.1.9) (Sy het eers 'n klein bedraggie gevra. Sy het
         gesien die oumense het nie geld nie). Sy het besluit om dit (5.1.10) (verniet) te 10
         doen.

         (5.1.11) Naomi se droom (is) nog altyd om 'n salon te open. Sy wil 'n vaste
         (5.1.12) (adres/adress) hê. Sy soek 'n (5.1.13) (plek) waar die oumense
         mooigemaak kan word. Naomi is lief vir haar mense en (5.1.14) (deur) haar werk
         gee sy terug aan haar gemeenskap.                                              15

                                                              [Verwerk uit Kuier, 20 Januarie 2022]

          5.1.1      Gee die SAMESTELLING van die woorde tussen hakies.

                     Naomi Adams is die eienaar van 'n mobiele (haar+salon).                          (1)

          5.1.2      Verdeel 'dorpie' korrek in LETTERGREPE.                                          (1)

          5.1.3      Gee die MEERVOUD van 'salon'.                                                    (1)

          5.1.4      Skryf die gedeelte tussen hakies in die INFINITIEF.

                     Sy het later besluit (haar eie besigheid begin).                                 (1)

          5.1.5      Gee die VROULIKE VORM van 'swaer'.                                               (1)

          5.1.6      Skryf die woord wat met 'n HOOFLETTER geskryf moet word,
                     korrek neer.

                     Een sondag in die kerk het Naomi gesien hoe verwaarloos die
                     oumense se hare is.                                                              (1)

          5.1.7      Kies die korrekte LIDWOORD tussen hakies.

                     Sy het geweet dat sy ('n/die) plan moes maak.                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1             14                                          DBE/2023
                                               SS/NSS

          5.1.8        Gee EEN WOORD vir die woorde tussen hakies.
                       Nou loop Naomi en Ciska (elke week) van huis tot huis om oumense
                       se hare te doen.                                                                 (1)

          5.1.9        Verbind die twee sinne met die VOEGWOORD tussen hakies.

                       Sy het eers 'n klein bedraggie gevra. Sy het gesien die oumense het
                       nie geld nie. (maar)                                                             (1)

          5.1.10       Gee 'n SINONIEM vir 'verniet'.                                                   (1)

          5.1.11       Skryf die sin hieronder in die VERLEDE TYD deur die woord tussen
                       hakies te verander.

                       Haar droom (is) nog altyd om 'n salon te open.                                   (1)

          5.1.12       Kies die korrekte SPELLING tussen hakies.

                       Sy wil 'n vaste (adres/adress) hê.                                               (1)

          5.1.13       Gee die VERKLEINWOORD van 'plek'.                                                (1)

          5.1.14       Gebruik die HOMONIEM van 'deur' in 'n sin sodat die betekenis
                       duidelik is.                                                                     (1)

5.2       Bestudeer die prent (TEKS G) hieronder en beantwoord die vrae.

          TEKS G

          Die leerders is in die klas. Hulle is besig om aan 'n projek te werk.

                                                        5.2.1
                                                          1
                                                                                     5.2.2
                                                                                       1

               5.2.3
                 1

       5.2.5                                                                              5.2.4
       =4.1                                                                                 1

                                                    5.2.6
                                                      1
                                                                [Verwerk uit shutterstock.com]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1             15                                DBE/2023
                                               SS/NSS

          5.2.1      Skryf TV as 'n WOORD neer.                                               (1)

          5.2.2      Skryf die OORTREFFENDE TRAP van die woord tussen hakies
                     neer.

                     Juffrou Bester is die (vriendelik) onderwyser in die skool.              (1)

          5.2.3      Kies die korrekte VOORSETSEL uit dié tussen hakies.

                     Die bottel seep staan (op/onder) die kas.                                (1)

          5.2.4      Gee die ANTONIEM vir die woord tussen hakies.

                     Die seun se hemp het (lang) moue.                                        (1)

          5.2.5      Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies.

                     Die seun verf met 'n (borsel/kwas).                                      (1)

          5.2.6      Gee die korrekte AFRIKAANS vir die woord tussen hakies.

                     Daar is 'n ('chair') langs die tafel.                                    (1)
                                                                                              [20]

                                                                   TOTAAL AFDELING C:         40
                                                                       GROOTTOTAAL:           80

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans SAL P2 May-June 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-may-june-2023/0649fe6b-de17-4472-b0c1-64fdcdd16bc1) — Afrikaans SAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans SAL P3 May-June 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p3-may-june-2023/f71f0bcc-c47f-4168-96f9-343fb0f5cc96) — Afrikaans SAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans SAL P1 Nov 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-nov-2023/41f7980c-7ef9-47c1-ab4b-214ad29b71eb) — Afrikaans SAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans SAL P1 May-June 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-may-june-2022/63c74dc5-52be-49ad-8953-66cd953c150a) — Afrikaans SAL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 May-June 2023 MG](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-may-june-2023-mg/10b40ec7-ee9c-4023-a914-e298e45ce298) — Afrikaans SAL · Memo · 2023 · Afr
- [Afrikaans SAL P1 Nov 2023 MG](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-nov-2023-mg/c2f8f142-3b33-4fde-8b72-bf2a315fd3ed) — Afrikaans SAL · Memo · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans SAL

- [Gr 12 Afrikaans SAL ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-afrikaans-sal-atp-2023-24/62a5661c-7dee-400e-8d08-3944f9c721f0) — ATP · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-mpumalanga/a1407f79-0048-4a4c-a2fb-7c9aafc01a02) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-gauteng/204b3998-388d-4312-a14d-bc43b1529599) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-limpopo/4ecca3ab-b049-455c-97a9-e508bbd3107d) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG KwaZulu-Natal](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-kwazulu-natal/4431038d-7fcf-40be-a6b8-edbefc700aac) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Free State](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-free-state/c7fd6c22-a455-4a14-b3a8-b0f7dc2ba104) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
