# Afrikaans SAL Grade 12 P1 NSC November Exams 2017 QP

> Grade 12 Afrikaans SAL Paper 1 question paper from the NSC November Exams 2017, 25 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-nov-2017-kwazulu-natal/31e68f8c-ce36-4946-9036-3f44b5cce565
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans SAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC November Exams
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 25

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans SAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-sal) › [Afrikaans SAL Grade 12 P1 NSC November Exams 2017 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-nov-2017-kwazulu-natal/31e68f8c-ce36-4946-9036-3f44b5cce565)

## About this document

Afrikaans Sal · Grade 12 · NSC November Exams · 2017 · Afrikaans. Question paper, 25 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans SAL P1 Nov 2017 Memo Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-nov-2017-memo-mpumalanga/4e7c64a5-055c-4501-942a-c34781318bd9) — Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans SAL P1 Nov 2017 Memo North West](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-nov-2017-memo-north-west/15b8380c-6b1e-4173-bb65-b7002097e8e4) — Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans SAL P1 Nov 2017 Memo Vrystaat](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-nov-2017-memo-vrystaat/8fdda016-9151-413d-900b-9a21d9af894a) — Memo · 2017 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   GRAAD 12

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                       GRAAD 12

                     AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V1

                                   NOVEMBER 2017

                                   KWAZULU-NATAL

PUNTE: 120

TYD: 2½ uur

                         Hierdie vraestel bestaan uit 25 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1             2                    DBE/November 2017
                                         NSS (KwaZulu-Natal)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:

          AFDELING A:        Leesbegrip                        (30)
          AFDELING B:        Opsomming                         (10)
          AFDELING C:        Taalstrukture en -konvensies      (40)
          AFDELING D:        Letterkunde                       (40)

2.        Beantwoord AL die vrae.

3.        Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

4.        Trek 'n streep ná elke afdeling.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik word.

6.        Laat 'n reël oop na elke antwoord.

7.        Gee besondere aandag aan spelling en sinsbou.

8.        Voorgestelde tydsindeling:

          AFDELING A:        50 minute
          AFDELING B:        20 minute
          AFDELING C:        40 minute
          AFDELING D:        40 minute

9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1           3                           DBE/November 2017
                                       NSS (KwaZulu-Natal)

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1: TYDSKRIFARTIKEL

Lees die tydskrifartikel (TEKS A) hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS A

                                   SUID-AFRIKA SE GROOT VYF

1    Agter op ons geldnote is daar 'n renoster, olifant, leeu, buffel en luiperd. Dit is die
     Groot Vyf.

2    Die Groot Vyf is uniek aan Afrika. Suid-Afrika is een van elf Afrikalande waar ons die
     Groot Vyf kry. Ons kry hulle ook in lande soos Botswana en Zimbabwe.

3    Grootwildjagters het die naam "Groot Vyf" aan hierdie vyf diere gegee. Hulle word so 5
     genoem omdat dit moeilik is om hulle te jag. Die naam het niks te doen met hoe
     groot die diere is nie.

4    Die leeu is die "koning van die diere". Leeus is groot en is deel
     van die katfamilie. Hulle pels is kort en geelbruin. Die mannetjies
     het groot maanhare om hul nek en skouers. Leeus bly in oop                                    10
     gebiede. Dis hoofsaaklik die wyfies wat jag. Hulle jag saans as
     'n groep.

5                           Met sy logge liggaam en groot, flappende ore, is die olifant die
                            grootste van die Groot Vyf. Een van die olifant se kenmerke is
                            die gespierde slurp. Die olifant gebruik dit soos 'n hand om blare, 15
                            plantwortels, vrugte en water na sy mond te bring. Olifante het
                            ivoortande wat diep in die kopbeen vassit. Dit is baie groot
                            snytande wat regdeur die dier se lewe aanhou groei. Daar word
                            baie geld vir hierdie ivoortande betaal.

6    Renosters is groot diere wat in Afrika se grasvelde                                           20
     en berghange voorkom. Die swartrenoster en die
     witrenoster se bekke verskil, maar albei het twee
     neushorings en baie dik velle. Renosters word vir hierdie
     horings gejag; daarom is daar min renosters oor.

7                           Buffels is groot en sterk en eie aan Afrika. 'n Tipiese kenmerk 25
                            van buffels is die horings wat 'n helm oor hulle voorkoppe vorm
                            en tot een meter lank kan word. Daar is baie mense wat sê dat
                            buffels meer jagters in Afrika doodmaak as enige ander dier.
                            As buffels gewond is, is hulle baie gevaarlik. Hulle lê mense voor
                            en val hulle aan. Geen wonder onbeskofte en nors mense word 30
                            buffels genoem nie!

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1           4                            DBE/November 2017
                                       NSS (KwaZulu-Natal)

8     Die luiperd is ook lid van die katfamilie. Sy bleekbruin pels het swart
      vlekke in die vorm van gebroke sirkels. Party is donkerder van kleur,
      terwyl ander heeltemal swart is. Luiperds is goeie klimmers wat
      dikwels apies in bome sal bekruip. Luiperds is nagdiere en baie                                 35
      skelm. Daarom is dit moeilik om hulle te jag. Hulle is skrikkerig vir
      mense en sal eerder vlug as om aan te val.

9     Dit is gevaarlik om die Groot Vyf te jag. Jagters hou daarvan om hierdie diere te jag,
      want dit wys dat hulle goeie jagters is. Hulle het lisensies nodig om hierdie diere te
      kan jag, maar baie mense jag onwettig. In Suid-Afrika is veral die stropery 40
      ("poaching") van renosters 'n groot probleem. Daar word baie geld gebruik om
      onwettige jag te stop, maar pogings is nie altyd suksesvol nie. Dikwels word die diere
      doodgemaak, die horings word uitgekap en dan word die karkasse net so
      agtergelaat.

10    Suid-Afrika en die Groot Vyf is byna sinoniem. Baie buitelandse toeriste kom 45
      hierheen om hierdie diere te sien. Ongelukkig is daar al hoe minder olifante,
      renosters en leeus. Suid-Afrikaners sal moet saamwerk om te keer dat hierdie diere
      heeltemal verdwyn.
                                                                   [Verwerk uit Mieliestronk.com]

1.1       In hoeveel Afrikalande kry ons die Groot Vyf?                                              (1)

1.2       Waarom is die volgende stelling ONWAAR?

          'n Mens kan die Groot Vyf oral in die wêreld sien.                                         (1)

1.3       Watter TWEE diere van die Groot Vyf is lede van die katfamilie?                            (2)

1.4       Hoe weet ons dat leeus tropdiere is?                                                       (1)

1.5       Skryf EEN WOORD uit die teks neer wat sê dat die olifant se liggaam groot is.              (1)

1.6       Waarmee word die olifant se slurp in paragraaf 5 vergelyk?                                 (1)

1.7       Watter TWEE soorte renosters kry ons in Afrika?                                            (2)

1.8       Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies.

          Iemand wat 'n buffel genoem word, is iemand wat (mense sleg behandel/
          baie groot en sterk is).                                                                   (1)

1.9       Waarom is die volgende stelling ONWAAR?

          Luiperds jag net op die grond.                                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1           5                            DBE/November 2017
                                       NSS (KwaZulu-Natal)

1.10      Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (1.10) en die
          letter (A–D) neer.

          Waarom hou jagters daarvan om die Groot Vyf te jag?

          A     Die jagters kry baie geld vir hierdie diere se velle.
          B     Dit is vir jagters 'n uitdaging om hierdie diere te jag.
          C     Ander mense is bang vir jagters wat groot diere skiet.
          D     Dit is die vyf grootste wilde diere.                                                 (1)

1.11      Voltooi die sin hieronder met 'n WOORD uit die teks:

          Mense wat onwettig jag, jag sonder ...                                                     (1)

1.12      Daar word baie geld gebruik om onwettige jag te stop, maar pogings is nie
          altyd suksesvol nie. (Paragraaf 9)

          1.12.1     Behalwe om geld te spandeer om stropers te vang, wat kan nóg
                     gedoen word om die onwettige jag van renosters te stop?                         (1)

          1.12.2     Hoekom, dink jy, hou die stropery nie op nie?                                   (1)

1.13      Lees weer reël 42–44.

          Hoe weet ons dat renosterstropers die renosters nie doodmaak omdat hulle
          die vleis wil eet nie?                                                                     (1)

1.14      Kies die inligting in KOLOM B wat by die diere in KOLOM A pas. Skryf net die
          vraagnommer (1.14.1–1.14.5) en die letter (A–F) neer.

                     KOLOM A                                 KOLOM B
         1.14.1      Leeus                A     Hulle groot snytande hou aan groei.

         1.14.2      Olifante             B     Die twee tipes se bekke lyk nie dieselfde
                                                nie.
         1.14.3      Renosters
                                          C     Hulle maak baie jagters dood.
         1.14.4      Buffels
                                          D     By hierdie diere kan 'n mens duidelik die
         1.14.5      Luiperds                   verskil tussen mannetjies en wyfies sien.

                                          E     Hierdie diere se sterte het geen hare nie.

                                          F     Hulle hou nie van konfrontasie met
                                                mense nie.
                                                                                      (5 x 1)        (5)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1           6                          DBE/November 2017
                                       NSS (KwaZulu-Natal)

1.15      Kies die KORREKTE antwoord. Skryf die vraagnommer (1.15) en die letter
          (A–D) neer.

          Hoe bring die Groot Vyf geld vir Suid-Afrika in?

          A    Die Groot Vyf se vleis word oorsee verkoop.
          B    Toeriste kom na Suid-Afrika toe om die Groot Vyf te sien.
          C    Die Groot Vyf se velle, tande en horings word verkoop.
          D    Televisiekanale betaal geld vir programme oor die Groot Vyf.                        (1)

1.16      Waarom is dit 'n goeie idee dat die Groot Vyf agter op ons geldnote is?                  (1)

1.17      Wat het jy uit hierdie artikel geleer?                                                   (1)

TEKS B: VISUELE TEKS

Bestudeer die teks (TEKS B) hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS B

              Hiervoor het ons water in Suid-Afrika nodig:

                                       Om in myne te gebruik         Diere- en
    Elektrisiteit
                                                                     natuurbewaring

                                                                                   Om in
   Boerdery                                                           fabrieke te gebruik

Om in huise te gebruik                                              Om bome aan te plant

                                                                               [Verwerk uit Grafika 24]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1           7                        DBE/November 2017
                                       NSS (KwaZulu-Natal)

1.18      Waarvoor word die minste water gebruik?                                              (1)

1.19      Wat stel die simbool           voor?                                                 (1)

1.20      Watter persentasie water word in huise gebruik?                                      (1)

1.21      Wat is die doel van hierdie visuele teks?                                            (1)

1.22      Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (1.22) en die
          letter (A–D) neer.

          Watter sektor sal die meeste water bespaar as Suid-Afrika gedurende die jaar
          goeie reën kry?

          A    Fabrieke
          B    Elektrisiteit
          C    Myne
          D    Boerdery                                                                        (1)

1.23      Waarom word hierdie teks 'n visuele teks genoem?                                     (1)

                                                              TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1           8                               DBE/November 2017
                                       NSS (KwaZulu-Natal)

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2: DINGE OM TE ONTHOU AS JY GESOND WIL LEEF

•    Som die SEWE dinge wat jy moet onthou as jy gesond wil leef, in SEWE
     VOLSINNE op.
•    Skryf die volsinne PUNTSGEWYS en in jou EIE WOORDE neer.
•    Nommer die volsinne van 1 tot 7.
•    Jou opsomming mag nie langer as 60 woorde wees nie.
•    Dui die KORREKTE getal woorde aan die einde van die opsomming aan.

TEKS C

    Jou liggaam glo wat jy dink. As 'n mens positief is, hou dit jou liggaam
    gesond. Fokus dus op positiewe dinge.

    Maak seker dat jy elke nag genoeg slaap. Dit sal jou help om beter te
    konsentreer. Jy sal ook beter onthou.

    Te veel gemorskos en suiker is ongesond vir jou. Gesonde kos voed jou
    brein. Daarom moet jy elke dag drie gebalanseerde etes eet.

    Gereelde oefening gee jou meer energie. Dit keer ook dat jy vet
    word. Dit is dus nodig dat jy gereeld fisiese aktiwiteite doen.

    Lees of doen kreatiewe dinge in jou vrye tyd. Dit is beter vir jou as om
    te veel televisie te kyk of om op jou selfoon te wees.

    Swak higiëne veroorsaak dat siektes versprei. Bad of stort gereeld en
    was jou hande voor elke ete. Dit sal help dat jy nie siek word nie.

    Dit is baie gevaarlik om drank en dwelms te misbruik. Vermy dit eerder.
    Dit kan jou baie siek maak. Jy sal dan ook nie mooi na jouself kyk nie.

                                                               [Verwerk uit howtolivewell.co.za]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:                  10

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1           9                     DBE/November 2017
                                       NSS (KwaZulu-Natal)

AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES

VRAAG 3: ADVERTENSIE

Lees en bestudeer die advertensie (TEKS D) hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS D

                      Kontak
                     (3.3) Meneer Botha

                             by

                     083 546 7845
                     BothaK@gmail.com

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1           10                         DBE/November 2017
                                       NSS (KwaZulu-Natal)

3.1       Wie is die teikengroep van hierdie advertensie?                                        (1)

3.2       Hoe trek die adverteerder die leser se aandag na die opskrif?                          (1)

3.3       Gee die AFKORTING van "meneer".                                                        (1)

3.4       Maak die spelfout in die sin reg.

          Skryf better opstelle!                                                                 (1)

3.5       Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies.

          Die leesteken aan die einde van die sin is 'n (vraagteken/uitroepteken):

          Verbeter jou punte!                                                                    (1)

3.6       Gee die KORREKTE VORM van die woord tussen hakies.

          Kry die (hoog) punte in jou klas!                                                      (1)

3.7       Die beste onderwyser in die land!

          Is hierdie stelling 'n FEIT of 'n MENING?

          Motiveer jou antwoord.                                                                 (1)

3.8       Maak seker dat jy voorbereid vir die eksamen is!

          Skryf EEN WOORD neer wat die adverteerder in hierdie sin gebruik om direk
          met elke leser te praat.                                                               (1)

3.9       Skryf die hele sin in die LYDENDE VORM oor.

          Meneer Botha leer baie kinders.

          Begin só: Baie kinders ...                                                             (1)

3.10

                          Waarom pas hierdie prent by die advertensie?                           (1)
                                                                                                 [10]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1           11                                  DBE/November 2017
                                       NSS (KwaZulu-Natal)

VRAAG 4: SPOTPRENT

Bestudeer die spotprent (TEKS E) hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS E

       Die
       matriekuitslae
       is bekend.

 My boetie
 is koel ...
 want hy is
 deur!

                                                             [Verwerk uit Volksblad, 6 Januarie 2016]

4.1       Kies die korrekte UITROEP tussen hakies.

          (SIESTOG/HOERA), BOETA IS DEUR!!                                                                 (1)

4.2       Skryf die sin in die INDIREKTE REDE oor.

          Ma sê: "Die matriekuitslae is bekend."

          Begin só: Ma sê dat ...                                                                          (1)

4.3       Boeta is deur!!

          Gebruik die woord "deur" in 'n sin sodat dit 'n ANDER BETEKENIS het.                             (1)

4.4       Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies.

          As Boeta dink,                     wys hy dat hy (opgewonde is/nie belangstel
          nie).                                                                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1           12                      DBE/November 2017
                                       NSS (KwaZulu-Natal)

4.5       Hoe kan ons uit die spotprent aflei dat die gesin partytjie hou omdat Boeta
          geslaag het? Noem TWEE dinge.                                                       (2)

4.6       Kyk na die hond. Hoe kan ons aan die hond sien dat hy/sy lekker saam
          met die ander dans?                                                                 (1)

4.7       Skryf EEN WOORD uit die sin neer wat vir ons sê dat Sussie dink haar boetie
          is oulik:

          My boetie is koel ... want hy is deur!                                              (1)

4.8       VERBIND die sinne met die woord tussen hakies.

          Boeta lê op die bank. Die gesin dans. (terwyl)                                      (1)

4.9       Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (4.9) en die
          letter (A–D) neer.

          Die gesin is in die wolke omdat Boeta matriek geslaag het.

          Dit beteken dat die gesin baie ... is.

          A    bly
          B    dronk
          C    vriendelik
          D    bekommerd                                                                      (1)
                                                                                              [10]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1            13                               DBE/November 2017
                                        NSS (KwaZulu-Natal)

VRAAG 5

5.1       Lees die teks (TEKS F) hieronder en beantwoord die vrae.

          TEKS F: LEESTEKS

                                       KINDERS HERWIN EN SPAAR

          1       Op Hermanus is daar 'n unieke, klein (5.1.1) winkel by 'n kleuterskool.

          2       (5.1.2) (Elke week) maak kinders rommel bymekaar. Hulle
          3       (5.1.3) (bere/bêre) dit in swart sakke. Hulle neem dit (5.1.4) (winkel toe)
          4       (op 'n Woensdagmiddag) (entoesiasties).

          5       Dié projek is (5.1.5) 15 jaar gelede deur mev. Marilyn van Velden begin.
          6       Sy het eers uit die kattebak van (5.1.6) (hom/haar/sy) motor gewerk.
          7       Nou werk sy uit die kleuterskool se (5.1.7) motor+huis.

          8       Die sakke is amper net so (5.1.8) klein soos die kinders, maar hulle
          9       sleep dit agter hulle aan. Sonder (5.1.9) ... gevra ... word, staan die
          10      kinders dadelik in 'n ry. Hulle wag dat die sakke op 'n skaal
          11      (5.1.10) (gemeet/geweeg) word. Die kinders kry dan kaartjies met punte
          12      (5.1.11) (met wat/waarmee) hulle iets in die winkel kan koop.

          13      Die kinders is nie selfsugtig (5.1.12) ... Hulle koop gewoonlik iets soos
          14      (5.1.13) (rys/reis) of seep vir die res van die gesin.

          15      Hierdie projek leer kinders van herwinning en om die (5.1.14) omgewing
          16      op te pas.
                                                         [Verwerk uit Die Burger, 22 Oktober 2016]

          5.1.1       Gee die VERKLEININGSVORM van "winkel". (Reël 1)                                    (1)

          5.1.2       Gee EEN WOORD vir die woorde tussen hakies. (Reël 2)

                      (Elke week) maak kinders rommel bymekaar.                                          (1)

          5.1.3       Kies die korrekte SPELLING tussen hakies. (Reël 3)

                      Hulle (bere/bêre) dit in swart sakke.                                              (1)

          5.1.4       RANGSKIK die woorde tussen hakies in die korrekte VOLGORDE.
                      Skryf die hele sin oor. (Reël 3–4)

                      Hulle neem dit (winkel toe) (op 'n Woensdagmiddag) (entoesiasties).

                      Begin só: Hulle neem dit ...                                                       (1)

          5.1.5       Skryf die GETAL 15 in woorde. (Reël 5)                                             (1)

          5.1.6       Kies die korrekte VOORNAAMWOORD tussen hakies. (Reël 6)

                      Sy het eers uit die kattebak van (hom/haar/sy) motor gewerk.                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1            14                          DBE/November 2017
                                        NSS (KwaZulu-Natal)

          5.1.7      Gee die korrekte SAMESTELLING van "motor+huis". (Reël 7)                       (1)

          5.1.8      Gee die ANTONIEM van "klein". (Reël 8)                                         (1)

          5.1.9      Voltooi die INFINITIEF. Skryf die hele sinsdeel oor. (Reël 9)

                     Sonder ... gevra ... word                                                      (1)

          5.1.10     Kies die KORREKTE woord tussen hakies. (Reël 11)

                     Hulle wag dat die sakke op 'n skaal (gemeet/geweeg) word.                      (1)

          5.1.11     Kies die KORREKTE woord(e) tussen hakies. (Reël 12)

                     ... kaartjies met punte (met wat/waarmee) hulle iets in die winkel
                     kan koop.                                                                      (1)

          5.1.12     Vul die ONTBREKENDE woord in. (Reël 13)

                     Die kinders is nie selfsugtig ...                                              (1)

          5.1.13     Kies die KORREKTE woord tussen hakies. (Reël 14)

                     Hulle koop gewoonlik iets soos (rys/reis) of seep vir die res van
                     die gesin.                                                                     (1)

          5.1.14     Verdeel die woord "omgewing" volledig in LETTERGREPE. (Reël 15)                (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1               15                              DBE/November 2017
                                           NSS (KwaZulu-Natal)

5.2       Lees die teks (TEKS G) hieronder en beantwoord die vrae.

          TEKS G: PRENT

                                   5.2.2

                                                                 5.2.4

            5.2.1

                           5.2.5

                                                                                            5.2.6

                                                    5.2.3
                                                                         [Bron: www.nationwideeducation.co.uk]

          Kies telkens die KORREKTE antwoord tussen hakies.

          5.2.1      Die werkskamer se deur is (oop/toe).                                                  (1)

          5.2.2      Die (leer/trappies) staan teen die muur.                                              (1)

          5.2.3      Daar lê 'n paar (spykers/naalde) op die werkstafel.                                   (1)

          5.2.4      Die besem hang (agter/tussen) die tuinskêr en die saag.                               (1)

          5.2.5      Daar staan 'n (beil/byl) langs die deur.                                              (1)

          5.2.6      Daar staan baie (emmers/blikke) met verf oral rond.                                   (1)
                                                                                                           [20]

                                                                         TOTAAL AFDELING C:                40

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1          16                                 DBE/November 2017
                                       NSS (KwaZulu-Natal)

AFDELING D: LETTERKUNDE

Beantwoord SLEGS die vrae oor die boek wat jy behandel het, dit wil sê,
VRAAG 6 OF VRAAG 7.

VRAAG 6: LUGSPIEËLINGS – Myicelie Pienaar

VERHAAL A: "LUGSPIEËLING" (20)

EN

VERHAAL B: "SOLDATE IN WIT KLERE" (20)

VRAAG 6

VERHAAL A: "LUGSPIEËLING" – Jackie Wolvaardt

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS H

  Sy weet sy't reg besluit. Asof uit 'n ander lewe weerklink Joseph, haar ou maat,
se stem in haar gedagtes: …
                                          ***
… Joseph ... hy's nog sommer 'n kind. Buster is 'n MAN. En wat weet Joseph tog,
was nog nooit weg van Blomvlei nie behalwe die paar keer wat hulle met die
skoolbus iewers moes heen. Sy en Buster praat dieselfde taal, ...                  5

6.1       Watter groot droom het Rosina gehad?                                                         (1)

6.2       Rosina wou wegkom van haar tuisdorp na die stad met geleenthede.

          6.2.1      Wat het haar op skool ongelukkig gemaak?                                          (1)

          6.2.2      Wat het sy heel eerste raakgesien toe hulle die stad inkom?                       (1)

6.3       Waar het Rosina vir Buster ontmoet?                                                          (1)

6.4       Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (6.4) en die
          letter (A–D) neer.

          "Sy en Buster praat dieselfde taal, ... " (reël 5) beteken hulle ...

          A       kon nie meer as een taal praat nie.
          B       het dieselfde idees en opinies gedeel.
          C       kon geen ander taal verstaan nie.
          D       het van dieselfde land af gekom.                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1           17                              DBE/November 2017
                                       NSS (KwaZulu-Natal)

6.5       Skryf die volgende vier insidente onder mekaar oor in die VOLGORDE soos
          wat dit in die verhaal gebeur:

          •   Rosina was skielik baie moeg en het op haar hurke gesak.
          •   Buster het Rosina na 'n Rave-klub geneem.
          •   Rosina het vertel dat Buster vir haar oudisies gereël het.
          •   Die speurder het vir Rosina gesê dat sy by die verkeerde plek was.                      (4)

6.6       Kies die inligting in KOLOM B wat by die karakter(s) in KOLOM A pas. Skryf
          net die vraagnommer (6.6.1–6.6.4) en die letter (A–E) neer.

                     KOLOM A                                   KOLOM B
         6.6.1       Rosina                A    ... was 'n slegte rolmodel.

         6.6.2       Joseph                B    … was naïef en kon maklik misbruik
                                                word.
         6.6.3       Rose
                                           C    ... was streng en het hoë morele waardes
         6.6.4       Rosina se ouers            gehad.

                                           D    ... kon mense maklik mislei.

                                           E    ... het raakgesien wie en wat Buster was.
                                                                                    (4 x 1)           (4)

6.7       Buster was 'n eerlike persoon.

          Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is.                                                       (1)

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS I

"… Jy't jou ouers baie bekommernis op die hals gehaal en vir ons almal 'n hele
klomp moeite, maar as jy iets geleer het, is alles nie verniet nie. So, vergeet dit
nou, ons maak almal foute ..."
                                         ***
"Gaan Buster tronk toe?" wil sy na 'n lang stilte weet.
"Ek sou vervlaks so hoop," meneer du Patsi, toet ergerlik vir 'n voetganger wat 5
amper ses meter weg van die kant van die pad in die lang gras loop.
Rosina se oog val op die sonneblomme wat soos goud in die laat son blink ...

6.8       Hoekom kan 'n mens respek vir mnr. Du Patsi hê?                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1           18                        DBE/November 2017
                                       NSS (KwaZulu-Natal)

6.9       Voltooi die volgende sin deur 'n woord in die lys hieronder te gebruik. Skryf
          net die vraagnommer (6.9) en die ontbrekende woord neer.

                            onsekerheid;        wanhoop;     blydskap

          Rosina se oë het op pad Blomvlei toe op die sonneblomme geval (reël 7).
          Die sonneblomme was 'n simbool van ...                                                 (1)

6.10      Hoekom kan 'n mens sê dat Rosina nie 'n goeie verhouding met haar ouers
          gehad het nie?                                                                         (1)

6.11      Waarteen, dink jy, wil die verteller van hierdie verhaal jongmense waarsku?            (1)

6.12      Watter raad sou jy aan Rosina gegee het as sy jou laat weet het dat sy saam
          met Buster vir 'n oudisie gaan?                                                        (1)

6.13      Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (6.13) en die
          letter (A–D) neer.

          Die tema in "Lugspieëling" handel oor ontnugtering, want in die verhaal sien
          ons dat Rosina …

          A     geweet het dat sy teleurgestel gaan word.
          B     aanhou hoop het om haar ideaal te bereik.
          C     besef het dat haar droom nie waar gaan word nie.
          D     geleer het om geduldig te wees.                                                  (1)

                                              EN

VERHAAL B: "SOLDATE IN WIT KLERE" – Hannah Bell

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS J

  Kort na hy by oom Labu aangekom het, het Nevil siek geword. Hy het vir dae
uitgehou, gesê hy sal self beter word, want hy het mos pille wat hy drink.
  "Ek is nog pas hier," het hy vir oom Labu gesê. "Ek kan nie nou al gaan lê nie.
Ek is taai, oor 'n paar dae is ek weer piekfyn!"
  Maar hy het nie beter geword nie. Daardie Vrydag sit sy oë diep in sy kop en sy 5
vel is so grys soos die granietrotse langs hulle huis.

6.14      Met watter werk moes Nevil oom Labu op Wanedzi kom help?                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1           19                              DBE/November 2017
                                       NSS (KwaZulu-Natal)

6.15      Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (6.15) en die
          letter (A–D) neer.

          "sy vel is so grys soos granietrotse ...," is 'n voorbeeld van ...

          A     'n metafoor.
          B     'n simbool.
          C     'n vergelyking.
          D     personifikasie.                                                                       (1)

6.16      Gee TWEE redes waarom oom Labu nie by die hospitaal kon agterbly nie.                       (2)

6.17      Oom Labu se lewe op die plaas was in groter gevaar as die ander inwoners in
          Zimbabwe.

          Sê hoekom hierdie stelling WAAR is.                                                         (1)

6.18      Watter weermagreël het oom Labu oortree?                                                    (1)

6.19      Kies die inligting in KOLOM B wat by die karakter(s) in KOLOM A pas. Skryf
          net die vraagnommer (6.19.1–6.19.4) en die letter (A–E) neer.

                        KOLOM A                                   KOLOM B
         6.19.1      Die vryheidsvegters           A     ... was bekommerd oor die
                                                         inwoners se veiligheid.
         6.19.2      Nevil
                                                   B     ... het inwoners bang gemaak.
         6.19.3      Die lede van die Weermag
                                                   C     ... is die hoofkarakter(s) van
         6.19.4      Oom Labu                            hierdie verhaal.

                                                   D     ... het hard gewerk en nooit gekla
                                                         nie.

                                                   E     ... kon dadelik 'n siekte
                                                         diagnoseer.
                                                                                       (4 x 1)        (4)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1             20                           DBE/November 2017
                                         NSS (KwaZulu-Natal)

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS K

  Maar die vrees! Niks wou daarvoor help nie. Dit was iets bonatuurliks.
                                         ***
Opgestaan, in die bed geklim en weer soos 'n kind geslaap.
  Die volgende oggend het hy wakker geword toe 'n patrolliemotor voor sy huis
stilhou. Toe hy die kaptein by die hek ontmoet, sê die man:
  "Jou buurman is verlede nag deur die vryheidsvegters doodgeskiet, meneer 5
Labuschagne. "

6.20      Voltooi die volgende sin deur 'n woord in die lys hieronder te gebruik. Skryf
          net die vraagnommer (6.20) en die ontbrekende woord neer.

                            alledaags;       ontstellend;      buitengewoon

          Oom Labu het sy vrees as "iets bonatuurliks" beskryf. Dit beteken sy vrees
          was ...                                                                                    (1)

6.21      Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (6.21) en die
          letter (A–D) neer.

          Oom Labu het "soos 'n kind geslaap" beteken dat oom Labu …

          A     net vir 'n kort tydjie geslaap het.
          B     kort-kort wakker geword het.
          C     baie onrustig geslaap het.
          D     rustig en diep geslaap het.                                                          (1)

6.22      Skryf die volgende vier insidente onder mekaar oor in die VOLGORDE soos
          wat dit in die verhaal gebeur:

          •   Die vryheidsvegters het op die polisie begin skiet.
          •   Die vryheidsvegters het oom Labu se buurman doodgeskiet.
          •   Die kaptein het die gevangene na Wanedzi toe geneem om hulle spore
              te wys.
          •   Die polisie het drie vryheidsvegters gewond en een gevange geneem.                     (4)

6.23      In die slot van die verhaal het oom Labu 'n wonderwerk beleef.

          6.23.1     Sê wat daardie nag op die buurman se plaas gebeur het.                          (1)

          6.23.2     Waarom kan ons sê dat dit wat op oom Labu se plaas gebeur het,
                     'n wonderwerk was?                                                              (1)

6.24      Watter les kan die leser uit oom Labu se optrede aan die einde van hierdie
          verhaal leer?                                                                              (1)

6.25      Die titel "Soldate in Wit Klere" verwys na God se engele. Waarom word die
          engele hier soldate genoem?                                                                (1)
                                                                                                     [40]
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1            21                            DBE/November 2017
                                        NSS (KwaZulu-Natal)

VRAAG 7: PERDEKRAG – Cecilia du Toit

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS L

             (Die klank van 'n kar wat nadergery kom, toet en stop.)                      1
Wilma        Dis seker nou hulle. Gaan jy aan. (Wilma regs af. Binki kyk hoe
             Wilma wegstap en loop dan vinnig uit die stal. Sy begin weer om die
             saal te olie. Wilma op, gevolg deur Lucky.)
             Dis nou Lucky. Lucky, dis nou Binki.                                         5
Lucky        (Knik vir Binki.) Jis.
Binki        Hallo.
Wilma        Jy kan my Wilma noem. Daardie perd is Tinkerbelle. En hierso is
             Lady Jane.
Lucky        (Hy maak of hy gaap.) Big deal.                                              10
Wilma        Jy moet maar dadelik begin. Gaan hang jou sak in die stoorkamer.
             (Sy beduie.) Ek sê, gaan hang jou sak daarso.
             (Lucky ignoreer haar, haal sy selfoon uit en begin om daarop te tik.
             Binki bly selfbewus besig met die saal.)
                                         ***
Lucky        Ek gaan flippenwil dood wees voor my tyd om is.                              15
Binki        Jou tyd?
                                          ***
Wilma        Hou tog op om so kru te wees. Niemand dink jy is snaaks nie. Praat
             van perdemis. Jy kry nie middagete voordat jy nie alles weg het na
             die hoop daar anderkant die stalle nie.

7.1       In hierdie toneel bevind Lucky hom by die ryskool.                                         (1)

          7.1.1      Wat is die naam van die ryskool waar hierdie toneel afspeel?                    (1)

          7.1.2      Aan wie het hierdie ryskool behoort?

          7.1.3      Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies.

                     Lucky se (onderwyser/prokureur) het hom by die ryskool afgelaai.                (1)

          7.1.4      Waarom het hierdie spesifieke persoon vir Lucky by die ryskool
                     afgelaai?                                                                       (1)

7.2       Voltooi die volgende sin deur 'n woord in die lys hieronder te gebruik. Skryf
          net die vraagnommer (7.2) en die ontbrekende woord neer.

          Lucky het gemaak of hy gaap, want hy wou wys dat hy … die situasie was.

                            moeg vir;     verveeld met;       opgewonde oor                          (1)

7.3       Waarom is dit gepas dat Lucky die Engelse woorde "Big deal" gebruik?                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1           22                            DBE/November 2017
                                       NSS (KwaZulu-Natal)

7.4       "Jy moet maar dadelik begin." (Reël 11)

          Noem TWEE dinge wat Wilma vir Lucky gegee het om te doen?                                    (2)

7.5       Waarom was dit verkeerd van Lucky om Wilma te ignoreer?                                      (1)

7.6       Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (7.6) en die letter
          (A–D) neer.

          Binki was selfbewus (reël 14) omdat sy …

          A       Lucky nie geken het nie.
          B       nie gewoond was aan die perde nie.
          C       vir die eerste keer die saals moes skoonmaak.
          D       nie geweet het hoe om hierdie konfliksituasie te hanteer nie.                        (1)

7.7       "Ek gaan flippenwil dood wees voor my tyd om is. " (Reël 15)

          7.7.1        Na watter tyd het Lucky verwys?                                                 (1)

          7.7.2        Hoe lank sou hierdie tyd wees?                                                  (1)

7.8       Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies.

          As Wilma sê Lucky moet ophou om kru te wees (reël 17), bedoel sy, hy moet
          ophou om (lelike woorde te gebruik/die hele tyd te kla).                                     (1)

7.9       Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (7.9) en die letter
          (A–D) neer.

          "Jy kry nie middagete voordat jy nie alles weg het na die hoop daar anderkant
          die stalle nie." (Reël 18–19)

          Hierdie woorde van Wilma is 'n voorbeeld van …

          A       stereotipering.
          B       manipulering.
          C       partydigheid.
          D       gevoelstaal.                                                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1           23                               DBE/November 2017
                                       NSS (KwaZulu-Natal)

7.10      Kies die inligting in KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf net
          die vraagnommer (7.10.1–7.10.4) en die letter (A–E) neer.

                       KOLOM A                                  KOLOM B
         7.10.1      Lucky                      A     … is elegant en rustig.

         7.10.2      Wilma                      B     … hou nie van kontak met ander
                                                      mense nie.
         7.10.3      Binki
                                                C     … is streng, maar het 'n goeie hart.
         7.10.4      Lady Jane
                                                D     … is oulik en parmantig.

                                                E     … sukkel om na ander te luister.
                                                                                   (4 x 1)             (4)

7.11      Dink jy die manier waarop Lucky vir Binki gegroet het (reël 6), wys dat hy
          goeie maniere het? Motiveer jou antwoord.                                                    (1)

7.12      Lucky wou nie by Wilma-hulle wees nie en het daarom nie die situasie goed
          hanteer nie.

          Hoe, dink jy, moes Lucky eerder hierdie situasie hanteer het?                                (1)

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS M

Lucky        (Begin om Lady Jane se stal uit te hark.) Die lewe is nie fair nie.            1
Wilma        Nee, dit is nie. Maar jy maak jou eie probleme.
Lucky        Kyk net hoe stir ek die shit, hoe meng ek die mis.
Wilma        Jy is nogal 'n goeie miskruier.
                                              ***
Wilma        Ek bly besig.                                                                  5
Lucky        Jy is darem nie so besig soos Binki se ma nie.
Wilma        (Lag.) Niemand is so besig soos Binki se ma nie.
Lucky        My ma het baie tyd vir my. Dis een ding wat ons armes baie van het.
             Tyd. As ons armes maar net ons tyd kon verkoop het. Dit sal nou
             regte timeshare wees. (Hulle lag vir sy grap.) Jy het baie tyd vir Binki,      10
             nè.
Wilma        Dis maklik om vir Binki tyd te hê.
Lucky        Jip, dit lyk so. (Aarsel.) Antie? Kan ek jou iets vra?
Wilma        Noem my Wilma.
Lucky        No way. Ek kan nie.                                                            15
                                              ***
Lucky        Dis al? Hy val en toe val jy?
Wilma        Hy het sy been gebreek. My skouer was uit lit uit. Ons het daar gelê
             tot dit lig word. Die val het my nugter geskok, maar hy – Ek het by
             hom bly lê. Hy was in verskriklike pyn en angs. Dit het vir ure en ure
             en ure aangehou. Die veearts moes hom skiet – maar later eers.                 20
             Daar was nie genade vir Grace nie.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1           24                           DBE/November 2017
                                       NSS (KwaZulu-Natal)

7.13      "Maar jy maak jou eie probleme." (Reël 2)

          Wat het Lucky verkeerd gedoen dat die magistraat hom gestraf het?                        (1)

7.14      Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (7.14) en die
          letter (A–D) neer.

          "Jy is nogal 'n goeie miskruier." (reël 4) is ŉ voorbeeld van …

          A     ironie.
          B     kontras.
          C     ŉ metafoor.
          D     ŉ vergelyking.                                                                     (1)

7.15      Lucky vergelyk sy ma met Binki se ma.

          7.15.1      Watter werk het Binki se ma gedoen?                                          (1)

          7.15.2      Watter werk het Lucky se ma gedoen?                                          (1)

          7.15.3      Noem TWEE dinge van sy ma se werk waaroor Lucky baie
                      ongelukkig was.                                                              (2)

7.16      Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (7.16) en die
          letter (A–D) neer.

          (Lag) in reël 7.

          Hierdie woord is skuinsgedruk en tussen hakies, want …

          A     dit wys vir die gehoor dat hulle moet lag.
          B     dit beklemtoon die grap wat Lucky gemaak het.
          C     dit wys wat die karakter op daardie oomblik doen.
          D     dit maak die gesprek tussen die karakters interessant.                             (1)

7.17      Waarom kan ons sê dat die verhouding tussen Wilma en Lucky verbeter het?                 (1)

7.18      Wilma sê: "Dis maklik om vir Binki tyd te hê." (Reël 12)

          Wat, dink jy, bedoel Wilma met hierdie woorde?                                           (1)

7.19      Hoekom wou Lucky nie vir Wilma op haar naam noem nie?                                    (1)

7.20      Skryf die volgende vier insidente onder mekaar oor in die VOLGORDE soos
          wat dit in die verhaal gebeur.

          •   Die veearts het die perd geskiet.
          •   Wilma het te veel by 'n partytjie gedrink.
          •   Die perd het in 'n gat getrap en sy been gebreek.
          •   Wilma het vinnig met die perd deur die veld gejaag.                                  (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1          25                         DBE/November 2017
                                       NSS (KwaZulu-Natal)

7.21      "Daar was nie genade vir Grace nie." (Reël 21)

          Grace beteken genade.

          Waarom kan ons sê dat hierdie naam nie 'n gepaste naam vir die perd was
          nie?                                                                               (1)

7.22      Die titel van hierdie drama pas nie by die drama nie.

          Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is.                                              (1)

7.23      Waarom kan ons sê dat Lucky die lewe by die ryskool vir homself moeilik
          gemaak het?                                                                        (1)

7.24      Dink jy Lucky se naam het by sy omstandighede gepas? Motiveer jou
          antwoord.                                                                          (1)

7.25      Binki het 'n traumatiese ervaring met haar hond en Lucky met die katjies
          gehad.

          Hoe verskil die twee karakters se optrede teenoor hierdie diere?                   (2)
                                                                                             [40]

                                                                  TOTAAL AFDELING D:         40
                                                                      GROOTTOTAAL:           120

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans SAL P1 Nov 2017 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-nov-2017-gauteng/806bf273-b53a-4322-bd25-c9530f0da29d) — Afrikaans SAL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans SAL P1 Nov 2017 Vrystaat](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-nov-2017-vrystaat/c48d1468-df09-4da8-9cd3-b8896cd6c06a) — Afrikaans SAL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans SAL P1 Nov 2017 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-nov-2017-mpumalanga/9683c6f1-e358-460f-81ec-44a76efde16f) — Afrikaans SAL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans SAL P1 Nov 2017 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-nov-2017-limpopo/06ec86c7-4cc9-4311-8845-247898740d67) — Afrikaans SAL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans SAL P1 Nov 2017 Noordwes](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-nov-2017-noordwes/eacf1407-d1f6-48f5-a97b-9e9b0a6c7d56) — Afrikaans SAL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans SAL P1 Nov 2017 Memo KwaZulu-Natal](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-nov-2017-memo-kwazulu-natal/2408baf5-41e7-45a6-be56-6259253fd151) — Afrikaans SAL · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans SAL

- [Gr 12 Afrikaans SAL ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-afrikaans-sal-atp-2023-24/62a5661c-7dee-400e-8d08-3944f9c721f0) — ATP · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-mpumalanga/a1407f79-0048-4a4c-a2fb-7c9aafc01a02) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-gauteng/204b3998-388d-4312-a14d-bc43b1529599) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-limpopo/4ecca3ab-b049-455c-97a9-e508bbd3107d) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG KwaZulu-Natal](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-kwazulu-natal/4431038d-7fcf-40be-a6b8-edbefc700aac) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Free State](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-free-state/c7fd6c22-a455-4a14-b3a8-b0f7dc2ba104) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
