# Afrikaans SAL Grade 12 P1 NSC November Exams 2017 QP

> Grade 12 Afrikaans SAL Paper 1 question paper from the NSC November Exams 2017, 25 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-nov-2017-limpopo/06ec86c7-4cc9-4311-8845-247898740d67
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans SAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC November Exams
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 25

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans SAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-sal) › [Afrikaans SAL Grade 12 P1 NSC November Exams 2017 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-nov-2017-limpopo/06ec86c7-4cc9-4311-8845-247898740d67)

## About this document

Afrikaans Sal · Grade 12 · NSC November Exams · 2017 · Afrikaans. Question paper, 25 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans SAL P1 Nov 2017 Memo Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-nov-2017-memo-mpumalanga/4e7c64a5-055c-4501-942a-c34781318bd9) — Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans SAL P1 Nov 2017 Memo North West](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-nov-2017-memo-north-west/15b8380c-6b1e-4173-bb65-b7002097e8e4) — Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans SAL P1 Nov 2017 Memo Vrystaat](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-nov-2017-memo-vrystaat/8fdda016-9151-413d-900b-9a21d9af894a) — Memo · 2017 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   GRAAD 12

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                       GRAAD 12

                     AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V1

                                   NOVEMBER 2017

                                        LIMPOPO

PUNTE: 120

TYD: 2½ uur

                         Hierdie vraestel bestaan uit 25 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1           2                   DBE/November 2017
                                         NSS (Limpopo)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:

          AFDELING A:        Leesbegrip                     (30)
          AFDELING B:        Opsomming                      (10)
          AFDELING C:        Taalstrukture en -konvensies   (40)
          AFDELING D:        Letterkunde                    (40)

2.        Beantwoord AL die vrae.

3.        Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

4.        Trek 'n streep ná elke afdeling.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik word.

6.        Laat 'n reël oop na elke antwoord.

7.        Gee besondere aandag aan spelling en sinsbou.

8.        Voorgestelde tydsindeling:

          AFDELING A:        50 minute
          AFDELING B:        20 minute
          AFDELING C:        40 minute
          AFDELING D:        40 minute

9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1            3                          DBE/November 2017
                                         NSS (Limpopo)

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1: TYDSKRIFARTIKEL

Lees die tydskrifartikel (TEKS A) hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS A

                                   SUID-AFRIKA SE GROOT VYF

1    Agter op ons geldnote is daar 'n renoster, olifant, leeu, buffel en luiperd. Dit is die
     Groot Vyf.

2    Die Groot Vyf is uniek aan Afrika. Suid-Afrika is een van elf Afrikalande waar ons die
     Groot Vyf kry. Ons kry hulle ook in lande soos Botswana en Zimbabwe.

3    Grootwildjagters het die naam "Groot Vyf" aan hierdie vyf diere gegee. Hulle word so 5
     genoem omdat dit moeilik is om hulle te jag. Die naam het niks te doen met hoe
     groot die diere is nie.

4    Die leeu is die "koning van die diere". Leeus is groot en is deel
     van die katfamilie. Hulle pels is kort en geelbruin. Die mannetjies
     het groot maanhare om hul nek en skouers. Leeus bly in oop                                   10
     gebiede. Dis hoofsaaklik die wyfies wat jag. Hulle jag saans as
     'n groep.

5                           Met sy logge liggaam en groot, flappende ore, is die olifant die
                            grootste van die Groot Vyf. Een van die olifant se kenmerke is
                            die gespierde slurp. Die olifant gebruik dit soos 'n hand om blare, 15
                            plantwortels, vrugte en water na sy mond te bring. Olifante het
                            ivoortande wat diep in die kopbeen vassit. Dit is baie groot
                            snytande wat regdeur die dier se lewe aanhou groei. Daar word
                            baie geld vir hierdie ivoortande betaal.

6    Renosters is groot diere wat in Afrika se grasvelde                                          20
     en berghange voorkom. Die swartrenoster en die
     witrenoster se bekke verskil, maar albei het twee
     neushorings en baie dik velle. Renosters word vir hierdie
     horings gejag; daarom is daar min renosters oor.

7                           Buffels is groot en sterk en eie aan Afrika. 'n Tipiese kenmerk 25
                            van buffels is die horings wat 'n helm oor hulle voorkoppe vorm
                            en tot een meter lank kan word. Daar is baie mense wat sê dat
                            buffels meer jagters in Afrika doodmaak as enige ander dier.
                            As buffels gewond is, is hulle baie gevaarlik. Hulle lê mense voor
                            en val hulle aan. Geen wonder onbeskofte en nors mense word 30
                            buffels genoem nie!

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1           4                          DBE/November 2017
                                        NSS (Limpopo)

8     Die luiperd is ook lid van die katfamilie. Sy bleekbruin pels het swart
      vlekke in die vorm van gebroke sirkels. Party is donkerder van kleur,
      terwyl ander heeltemal swart is. Luiperds is goeie klimmers wat
      dikwels apies in bome sal bekruip. Luiperds is nagdiere en baie                                35
      skelm. Daarom is dit moeilik om hulle te jag. Hulle is skrikkerig vir
      mense en sal eerder vlug as om aan te val.

9     Dit is gevaarlik om die Groot Vyf te jag. Jagters hou daarvan om hierdie diere te jag,
      want dit wys dat hulle goeie jagters is. Hulle het lisensies nodig om hierdie diere te
      kan jag, maar baie mense jag onwettig. In Suid-Afrika is veral die stropery 40
      ("poaching") van renosters 'n groot probleem. Daar word baie geld gebruik om
      onwettige jag te stop, maar pogings is nie altyd suksesvol nie. Dikwels word die diere
      doodgemaak, die horings word uitgekap en dan word die karkasse net so
      agtergelaat.

10    Suid-Afrika en die Groot Vyf is byna sinoniem. Baie buitelandse toeriste kom 45
      hierheen om hierdie diere te sien. Ongelukkig is daar al hoe minder olifante,
      renosters en leeus. Suid-Afrikaners sal moet saamwerk om te keer dat hierdie diere
      heeltemal verdwyn.
                                                                   [Verwerk uit Mieliestronk.com]

1.1       In hoeveel Afrikalande kry ons die Groot Vyf?                                             (1)

1.2       Waarom is die volgende stelling ONWAAR?

          'n Mens kan die Groot Vyf oral in die wêreld sien.                                        (1)

1.3       Watter TWEE diere van die Groot Vyf is lede van die katfamilie?                           (2)

1.4       Hoe weet ons dat leeus tropdiere is?                                                      (1)

1.5       Skryf EEN WOORD uit die teks neer wat sê dat die olifant se liggaam groot is.             (1)

1.6       Waarmee word die olifant se slurp in paragraaf 5 vergelyk?                                (1)

1.7       Watter TWEE soorte renosters kry ons in Afrika?                                           (2)

1.8       Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies.

          Iemand wat 'n buffel genoem word, is iemand wat (mense sleg behandel/
          baie groot en sterk is).                                                                  (1)

1.9       Waarom is die volgende stelling ONWAAR?

          Luiperds jag net op die grond.                                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1            5                          DBE/November 2017
                                         NSS (Limpopo)

1.10      Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (1.10) en die
          letter (A–D) neer.

          Waarom hou jagters daarvan om die Groot Vyf te jag?

          A     Die jagters kry baie geld vir hierdie diere se velle.
          B     Dit is vir jagters 'n uitdaging om hierdie diere te jag.
          C     Ander mense is bang vir jagters wat groot diere skiet.
          D     Dit is die vyf grootste wilde diere.                                              (1)

1.11      Voltooi die sin hieronder met 'n WOORD uit die teks:

          Mense wat onwettig jag, jag sonder ...                                                  (1)

1.12      Daar word baie geld gebruik om onwettige jag te stop, maar pogings is nie
          altyd suksesvol nie. (Paragraaf 9)

          1.12.1     Behalwe om geld te spandeer om stropers te vang, wat kan nóg
                     gedoen word om die onwettige jag van renosters te stop?                      (1)

          1.12.2     Hoekom, dink jy, hou die stropery nie op nie?                                (1)

1.13      Lees weer reël 42–44.

          Hoe weet ons dat renosterstropers die renosters nie doodmaak omdat hulle
          die vleis wil eet nie?                                                                  (1)

1.14      Kies die inligting in KOLOM B wat by die diere in KOLOM A pas. Skryf net die
          vraagnommer (1.14.1–1.14.5) en die letter (A–F) neer.

                     KOLOM A                                KOLOM B
         1.14.1      Leeus                A    Hulle groot snytande hou aan groei.

         1.14.2      Olifante             B    Die twee tipes se bekke lyk nie dieselfde
                                               nie.
         1.14.3      Renosters
                                          C    Hulle maak baie jagters dood.
         1.14.4      Buffels
                                          D    By hierdie diere kan 'n mens duidelik die
         1.14.5      Luiperds                  verskil tussen mannetjies en wyfies sien.

                                          E    Hierdie diere se sterte het geen hare nie.

                                          F    Hulle hou nie van konfrontasie met
                                               mense nie.
                                                                                    (5 x 1)       (5)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1            6                       DBE/November 2017
                                         NSS (Limpopo)

1.15      Kies die KORREKTE antwoord. Skryf die vraagnommer (1.15) en die letter
          (A–D) neer.

          Hoe bring die Groot Vyf geld vir Suid-Afrika in?

          A    Die Groot Vyf se vleis word oorsee verkoop.
          B    Toeriste kom na Suid-Afrika toe om die Groot Vyf te sien.
          C    Die Groot Vyf se velle, tande en horings word verkoop.
          D    Televisiekanale betaal geld vir programme oor die Groot Vyf.                     (1)

1.16      Waarom is dit 'n goeie idee dat die Groot Vyf agter op ons geldnote is?               (1)

1.17      Wat het jy uit hierdie artikel geleer?                                                (1)

TEKS B: VISUELE TEKS

Bestudeer die teks (TEKS B) hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS B

              Hiervoor het ons water in Suid-Afrika nodig:

                                       Om in myne te gebruik         Diere- en
    Elektrisiteit
                                                                     natuurbewaring

                                                                                   Om in
   Boerdery                                                           fabrieke te gebruik

Om in huise te gebruik                                              Om bome aan te plant

                                                                              [Verwerk uit Grafika 24]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1           7                      DBE/November 2017
                                        NSS (Limpopo)

1.18      Waarvoor word die minste water gebruik?                                             (1)

1.19      Wat stel die simbool          voor?                                                 (1)

1.20      Watter persentasie water word in huise gebruik?                                     (1)

1.21      Wat is die doel van hierdie visuele teks?                                           (1)

1.22      Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (1.22) en die
          letter (A–D) neer.

          Watter sektor sal die meeste water bespaar as Suid-Afrika gedurende die jaar
          goeie reën kry?

          A    Fabrieke
          B    Elektrisiteit
          C    Myne
          D    Boerdery                                                                       (1)

1.23      Waarom word hierdie teks 'n visuele teks genoem?                                    (1)

                                                              TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1            8                              DBE/November 2017
                                         NSS (Limpopo)

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2: DINGE OM TE ONTHOU AS JY GESOND WIL LEEF

•    Som die SEWE dinge wat jy moet onthou as jy gesond wil leef, in SEWE
     VOLSINNE op.
•    Skryf die volsinne PUNTSGEWYS en in jou EIE WOORDE neer.
•    Nommer die volsinne van 1 tot 7.
•    Jou opsomming mag nie langer as 60 woorde wees nie.
•    Dui die KORREKTE getal woorde aan die einde van die opsomming aan.

TEKS C

    Jou liggaam glo wat jy dink. As 'n mens positief is, hou dit jou liggaam
    gesond. Fokus dus op positiewe dinge.

    Maak seker dat jy elke nag genoeg slaap. Dit sal jou help om beter te
    konsentreer. Jy sal ook beter onthou.

    Te veel gemorskos en suiker is ongesond vir jou. Gesonde kos voed jou
    brein. Daarom moet jy elke dag drie gebalanseerde etes eet.

    Gereelde oefening gee jou meer energie. Dit keer ook dat jy vet
    word. Dit is dus nodig dat jy gereeld fisiese aktiwiteite doen.

    Lees of doen kreatiewe dinge in jou vrye tyd. Dit is beter vir jou as om
    te veel televisie te kyk of om op jou selfoon te wees.

    Swak higiëne veroorsaak dat siektes versprei. Bad of stort gereeld en
    was jou hande voor elke ete. Dit sal help dat jy nie siek word nie.

    Dit is baie gevaarlik om drank en dwelms te misbruik. Vermy dit eerder.
    Dit kan jou baie siek maak. Jy sal dan ook nie mooi na jouself kyk nie.

                                                               [Verwerk uit howtolivewell.co.za]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:                  10

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1             9                  DBE/November 2017
                                          NSS (Limpopo)

AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES

VRAAG 3: ADVERTENSIE

Lees en bestudeer die advertensie (TEKS D) hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS D

                      Kontak
                     (3.3) Meneer Botha

                             by

                     083 546 7845
                     BothaK@gmail.com

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1          10                          DBE/November 2017
                                        NSS (Limpopo)

3.1       Wie is die teikengroep van hierdie advertensie?                                        (1)

3.2       Hoe trek die adverteerder die leser se aandag na die opskrif?                          (1)

3.3       Gee die AFKORTING van "meneer".                                                        (1)

3.4       Maak die spelfout in die sin reg.

          Skryf better opstelle!                                                                 (1)

3.5       Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies.

          Die leesteken aan die einde van die sin is 'n (vraagteken/uitroepteken):

          Verbeter jou punte!                                                                    (1)

3.6       Gee die KORREKTE VORM van die woord tussen hakies.

          Kry die (hoog) punte in jou klas!                                                      (1)

3.7       Die beste onderwyser in die land!

          Is hierdie stelling 'n FEIT of 'n MENING?

          Motiveer jou antwoord.                                                                 (1)

3.8       Maak seker dat jy voorbereid vir die eksamen is!

          Skryf EEN WOORD neer wat die adverteerder in hierdie sin gebruik om direk
          met elke leser te praat.                                                               (1)

3.9       Skryf die hele sin in die LYDENDE VORM oor.

          Meneer Botha leer baie kinders.

          Begin só: Baie kinders ...                                                             (1)

3.10

                          Waarom pas hierdie prent by die advertensie?                           (1)
                                                                                                 [10]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1         11                            DBE/November 2017
                                       NSS (Limpopo)

VRAAG 4: SPOTPRENT

Bestudeer die spotprent (TEKS E) hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS E

       Die
       matriekuitslae
       is bekend.

 My boetie
 is koel ...
 want hy is
 deur!

                                                       [Verwerk uit Volksblad, 6 Januarie 2016]

4.1       Kies die korrekte UITROEP tussen hakies.

          (SIESTOG/HOERA), BOETA IS DEUR!!                                                         (1)

4.2       Skryf die sin in die INDIREKTE REDE oor.

          Ma sê: "Die matriekuitslae is bekend."

          Begin só: Ma sê dat ...                                                                  (1)

4.3       Boeta is deur!!

          Gebruik die woord "deur" in 'n sin sodat dit 'n ANDER BETEKENIS het.                     (1)

4.4       Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies.

          As Boeta dink,                   wys hy dat hy (opgewonde is/nie belangstel
          nie).                                                                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1           12                      DBE/November 2017
                                         NSS (Limpopo)

4.5       Hoe kan ons uit die spotprent aflei dat die gesin partytjie hou omdat Boeta
          geslaag het? Noem TWEE dinge.                                                       (2)

4.6       Kyk na die hond. Hoe kan ons aan die hond sien dat hy/sy lekker saam
          met die ander dans?                                                                 (1)

4.7       Skryf EEN WOORD uit die sin neer wat vir ons sê dat Sussie dink haar boetie
          is oulik:

          My boetie is koel ... want hy is deur!                                              (1)

4.8       VERBIND die sinne met die woord tussen hakies.

          Boeta lê op die bank. Die gesin dans. (terwyl)                                      (1)

4.9       Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (4.9) en die
          letter (A–D) neer.

          Die gesin is in die wolke omdat Boeta matriek geslaag het.

          Dit beteken dat die gesin baie ... is.

          A    bly
          B    dronk
          C    vriendelik
          D    bekommerd                                                                      (1)
                                                                                              [10]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1            13                              DBE/November 2017
                                          NSS (Limpopo)

VRAAG 5

5.1       Lees die teks (TEKS F) hieronder en beantwoord die vrae.

          TEKS F: LEESTEKS

                                       KINDERS HERWIN EN SPAAR

          1       Op Hermanus is daar 'n unieke, klein (5.1.1) winkel by 'n kleuterskool.

          2       (5.1.2) (Elke week) maak kinders rommel bymekaar. Hulle
          3       (5.1.3) (bere/bêre) dit in swart sakke. Hulle neem dit (5.1.4) (winkel toe)
          4       (op 'n Woensdagmiddag) (entoesiasties).

          5       Dié projek is (5.1.5) 15 jaar gelede deur mev. Marilyn van Velden begin.
          6       Sy het eers uit die kattebak van (5.1.6) (hom/haar/sy) motor gewerk.
          7       Nou werk sy uit die kleuterskool se (5.1.7) motor+huis.

          8       Die sakke is amper net so (5.1.8) klein soos die kinders, maar hulle
          9       sleep dit agter hulle aan. Sonder (5.1.9) ... gevra ... word, staan die
          10      kinders dadelik in 'n ry. Hulle wag dat die sakke op 'n skaal
          11      (5.1.10) (gemeet/geweeg) word. Die kinders kry dan kaartjies met punte
          12      (5.1.11) (met wat/waarmee) hulle iets in die winkel kan koop.

          13      Die kinders is nie selfsugtig (5.1.12) ... Hulle koop gewoonlik iets soos
          14      (5.1.13) (rys/reis) of seep vir die res van die gesin.

          15      Hierdie projek leer kinders van herwinning en om die (5.1.14) omgewing
          16      op te pas.
                                                          [Verwerk uit Die Burger, 22 Oktober 2016]

          5.1.1       Gee die VERKLEININGSVORM van "winkel". (Reël 1)                                   (1)

          5.1.2       Gee EEN WOORD vir die woorde tussen hakies. (Reël 2)

                      (Elke week) maak kinders rommel bymekaar.                                         (1)

          5.1.3       Kies die korrekte SPELLING tussen hakies. (Reël 3)

                      Hulle (bere/bêre) dit in swart sakke.                                             (1)

          5.1.4       RANGSKIK die woorde tussen hakies in die korrekte VOLGORDE.
                      Skryf die hele sin oor. (Reël 3–4)

                      Hulle neem dit (winkel toe) (op 'n Woensdagmiddag) (entoesiasties).

                      Begin só: Hulle neem dit ...                                                      (1)

          5.1.5       Skryf die GETAL 15 in woorde. (Reël 5)                                            (1)

          5.1.6       Kies die korrekte VOORNAAMWOORD tussen hakies. (Reël 6)

                      Sy het eers uit die kattebak van (hom/haar/sy) motor gewerk.                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1             14                        DBE/November 2017
                                           NSS (Limpopo)

          5.1.7      Gee die korrekte SAMESTELLING van "motor+huis". (Reël 7)                      (1)

          5.1.8      Gee die ANTONIEM van "klein". (Reël 8)                                        (1)

          5.1.9      Voltooi die INFINITIEF. Skryf die hele sinsdeel oor. (Reël 9)

                     Sonder ... gevra ... word                                                     (1)

          5.1.10     Kies die KORREKTE woord tussen hakies. (Reël 11)

                     Hulle wag dat die sakke op 'n skaal (gemeet/geweeg) word.                     (1)

          5.1.11     Kies die KORREKTE woord(e) tussen hakies. (Reël 12)

                     ... kaartjies met punte (met wat/waarmee) hulle iets in die winkel
                     kan koop.                                                                     (1)

          5.1.12     Vul die ONTBREKENDE woord in. (Reël 13)

                     Die kinders is nie selfsugtig ...                                             (1)

          5.1.13     Kies die KORREKTE woord tussen hakies. (Reël 14)

                     Hulle koop gewoonlik iets soos (rys/reis) of seep vir die res van
                     die gesin.                                                                    (1)

          5.1.14     Verdeel die woord "omgewing" volledig in LETTERGREPE. (Reël 15)               (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1             15                         DBE/November 2017
                                           NSS (Limpopo)

5.2       Lees die teks (TEKS G) hieronder en beantwoord die vrae.

          TEKS G: PRENT

                                   5.2.2

                                                           5.2.4

            5.2.1

                           5.2.5

                                                                                      5.2.6

                                                 5.2.3
                                                                   [Bron: www.nationwideeducation.co.uk]

          Kies telkens die KORREKTE antwoord tussen hakies.

          5.2.1      Die werkskamer se deur is (oop/toe).                                           (1)

          5.2.2      Die (leer/trappies) staan teen die muur.                                       (1)

          5.2.3      Daar lê 'n paar (spykers/naalde) op die werkstafel.                            (1)

          5.2.4      Die besem hang (agter/tussen) die tuinskêr en die saag.                        (1)

          5.2.5      Daar staan 'n (beil/byl) langs die deur.                                       (1)

          5.2.6      Daar staan baie (emmers/blikke) met verf oral rond.                            (1)
                                                                                                    [20]

                                                                   TOTAAL AFDELING C:               40

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1          16                       DBE/November 2017
                                         NSS (Limpopo)

AFDELING D: LETTERKUNDE

Beantwoord SLEGS die vrae oor die boek wat jy behandel het, dit wil sê,
VRAAG 6 OF VRAAG 7.

VRAAG 6: BLADSAK – Lucas Malan

Beantwoord die vrae oor AL TWEE verhale.

VERHAAL A: "KONING LEEU SE GESKENKE" (20)

EN

VERHAAL B: "DIE TOWERSAK" (20)

VRAAG 6

VERHAAL A: "KONING LEEU SE GESKENKE" – Pieter W Grobbelaar

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS H

   So kom die diere aan. Dis Luiperd en Hasie, en Sebra en Mol, en Olifant en
Muishond en Slang. Bobbejaan is te nuuskierig om weg te bly; Esel is te onnosel.
Daar is Dassie en Seekoei en Koggelmander, en Wolf en Jakkals ook. Ja-nee,
dis 'n party duisend.

6.1       Wie het vir die diere 'n partytjie gehou?                                            (1)

6.2       Die bokvrouens was opgewonde oor die partytjie.

          Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is.                                                (1)

6.3       Hoekom het Koedoe besluit om die partytjie by te woon?                               (1)

6.4       Voltooi die volgende sin deur 'n woord in die lys hieronder te gebruik. Skryf
          net die vraagnommer (6.4) en die ontbrekende woord neer.

                                dans;            eet;         praat

          Boerbok se vrou wou nie die partytjie mis nie, want sy hou daarvan om te …           (1)

6.5       Noem TWEE diere wat nie mooi met Koning Leeu gepraat het nie.                        (2)

6.6       Dink jy dit was verkeerd van Koning Leeu om vir Boerbok se vrou 'n baard te
          gee? Motiveer jou antwoord.                                                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1          17                        DBE/November 2017
                                        NSS (Limpopo)

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS I

  "Stadig nou!" sê Leeu. "Wie gryp, kry niks – en die vraat kry laaste."
  Toe gaan dit 'n bietjie beter.
  "Julle wat graag horings wil hê," sê Leeu. "Staan eenkant toe!"
  "Horings?" sê Koedoe vir sy maats. "Dink julle nie ons sal mooi lyk met horings
nie?"                                                                             5
  "Ja, ja, ja!" sê die bokke en staan opsy.
  "Hier," sê koning Leeu, en sit die horings op. "Maar die vrouens wat weggebly
het, kry niks nie."
                                         ***
  Leeu stap na die volgende hoop. "Hier is mooi ore!" sê hy.
  Nee, die diere is net soos kinders: hulle het nie ore nie, en hulle wil ook nie 10
hê nie.

6.7       Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (6.7) en die
          letter (A–D) neer.

          "… die diere is net soos kinders: hulle het nie ore nie … " is 'n voorbeeld
          van …

          A      'n metafoor.
          B      kontras.
          C      klanknabootsing.
          D      'n vergelyking.                                                               (1)

6.8       Kies die inligting in KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf net
          die vraagnommer (6.8.1–6.8.4) en die letter (A–E) neer.

                  KOLOM A                                 KOLOM B
         6.8.1     Koei                A    … het 'n kalbas veldmedisyne gekry.

         6.8.2       Dassie            B    … het Mevrou Leeu se laventelpotjie gevat.

         6.8.3       Muishond          C    … het by die huis gebly.

         6.8.4       Slang             D    … het die geskenk gaan begrawe.

                                       E    … het van die mooi klere weggegee.
                                                                                  (4 x 1)      (4)

6.9       Skryf die volgende vier insidente onder mekaar oor in die VOLGORDE soos
          wat dit in die verhaal gebeur:

          •   Die diere het stuk-stuk by die partytjie opgedaag.
          •   Padda se klere is gesteel.
          •   Die diere is uitgenooi na die partytjie toe.
          •   Die diere het lekker gedans en geëet.                                            (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1          18                          DBE/November 2017
                                        NSS (Limpopo)

6.10      Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (6.10) en die
          letter (A–D) neer.

          Die les wat 'n mens uit hierdie verhaal kan leer, is dat jy …

          A     dankbaar moet wees vir wat jy het.
          B     skelm maniere moet gebruik om iets kry.
          C     altyd moet spog oor wat jy het.
          D     met ander moet baklei om iets te kry.                                            (1)

6.11      Sal jy Koning Leeu se partytjie as 'n sukses beskryf? Motiveer jou antwoord.           (1)

6.12      Vrou Koedoe het nie die partytjie bygewoon nie. Waarom, dink jy, moes sy
          spyt wees oor haar besluit?                                                            (1)

6.13      Watter goeie leierseienskap het Koning Leeu gehad?                                     (1)

                                             EN

VERHAAL B: "DIE TOWERSAK" – Corlia Fourie

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS J

Eendag was daar 'n meisie wat wou loop waar sy wil.
 Toe sê haar ma: "My kind, jy is nie 'n seun nie. Jy kan nie loop waar jy wil nie."
 Maar haar pa sê …
                                        ***
 Eers het haar ma daaroor gehuil, maar omdat sy geweet het dis wat haar 5
dogter wil doen, het sy …

6.14      Wat het die muti-vrou vir die ma gegee?                                                (1)

6.15      Noem TWEE dinge wat daarop dui dat die meisie gereed was om te loop
          waar sy wou.                                                                           (2)

6.16      Die meisie se pa was baie beskermend teenoor sy dogter.

          Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is.                                                  (1)

6.17      Hoe sou die meisie teenoor haar ma gevoel het as die ma nie na die pa
          geluister het nie?                                                                     (1)

6.18      Wat het die wind in die meisie en jongman se ore gefluister?                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1          19                            DBE/November 2017
                                        NSS (Limpopo)

6.19      Voltooi die volgende sin deur 'n woord in die lys hieronder te gebruik. Skryf
          net die vraagnommer (6.19) en die ontbrekende woord neer.

                            bly;           bang;              ongelukkig

          Die meisie het … gevoel toe sy rondloop en alles bekyk.                                  (1)

6.20      Kies die inligting in KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf net
          die vraagnommer (6.20.1–6.20.4) en die letter (A–E) neer.

                      KOLOM A                                KOLOM B
         6.20.1      Die meisie se ma       A      … het mense se lewens met stories
                                                   verander.
         6.20.2      Die jongman
                                            B      … wou weet wat in die sakkie was.
         6.20.3      Die meisie se pa
                                            C      … wou meer stories hê.
         6.20.4      Die meisie
                                            D      … het die muti-vrou se oorpyn laat
                                                   weggaan.

                                            E      … was nie bekommerd nie.
                                                                                     (4 x 1)       (4)

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS K

 "Ek het belowe."
 Toe vra die jong man elke oggend as hulle hul oë oopmaak. Hy vra wanneer
hulle langs die pad loop en hy vra as hulle rus. Hy vra as hulle bessies van die
bome afpluk en hy vra as hulle mooi blomme diep in die klowe sien.
 "Kom ons kyk wat in die sakkie is."                                             5

6.21      Hoekom kan ons sê dat die meisie ongehoorsaam was?                                       (1)

6.22      Skryf die volgende vier insidente onder mekaar oor in die VOLGORDE soos
          wat dit in die verhaal gebeur:

          •   Die meisie het die sakkie op die grond uitgeskud.
          •   Die meisie het belowe om nie in die sakkie te kyk nie.
          •   Die meisie het die sakkie vol stories gemaak.
          •   Die meisie het die buffel met 'n spies doodgegooi.                                   (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1         20                         DBE/November 2017
                                       NSS (Limpopo)

6.23      Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (6.23) en die
          letter (A–D) neer.

          Die meisie het die sakkie oopgemaak en op die grond uitgeskud. Dit het
          veroorsaak dat sy …

          A     gevang is.
          B     nie stories kon vertel nie.
          C     haar ouers nooit weer sou sien nie.
          D     nie meer die beskerming van die sakkie gehad het nie.                          (1)

6.24      Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (6.24) en die
          letter (A–D) neer.

          Wat is die boodskap van die verhaal?

          A     Hou mense om jou gelukkig.
          B     Kom jou beloftes na.
          C     Luister na ouer mense.
          D     Dink net aan jouself.                                                          (1)

6.25      Hoekom pas die titel so goed by die verhaal?                                         (1)

6.26      Hoekom, dink jy, kan 'n mens sê dat die towersak waardevol was?                      (1)
                                                                                               [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1            21                        DBE/November 2017
                                          NSS (Limpopo)

VRAAG 7: PERDEKRAG – Cecilia du Toit

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS L

             (Die klank van 'n kar wat nadergery kom, toet en stop.)                    1
Wilma        Dis seker nou hulle. Gaan jy aan. (Wilma regs af. Binki kyk hoe
             Wilma wegstap en loop dan vinnig uit die stal. Sy begin weer om die
             saal te olie. Wilma op, gevolg deur Lucky.)
             Dis nou Lucky. Lucky, dis nou Binki.                                       5
Lucky        (Knik vir Binki.) Jis.
Binki        Hallo.
Wilma        Jy kan my Wilma noem. Daardie perd is Tinkerbelle. En hierso is
             Lady Jane.
Lucky        (Hy maak of hy gaap.) Big deal.                                            10
Wilma        Jy moet maar dadelik begin. Gaan hang jou sak in die stoorkamer.
             (Sy beduie.) Ek sê, gaan hang jou sak daarso.
             (Lucky ignoreer haar, haal sy selfoon uit en begin om daarop te tik.
             Binki bly selfbewus besig met die saal.)
                                         ***
Lucky        Ek gaan flippenwil dood wees voor my tyd om is.                            15
Binki        Jou tyd?
                                          ***
Wilma        Hou tog op om so kru te wees. Niemand dink jy is snaaks nie. Praat
             van perdemis. Jy kry nie middagete voordat jy nie alles weg het na
             die hoop daar anderkant die stalle nie.

7.1       In hierdie toneel bevind Lucky hom by die ryskool.                                      (1)

          7.1.1      Wat is die naam van die ryskool waar hierdie toneel afspeel?                 (1)

          7.1.2      Aan wie het hierdie ryskool behoort?

          7.1.3      Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies.

                     Lucky se (onderwyser/prokureur) het hom by die ryskool afgelaai.             (1)

          7.1.4      Waarom het hierdie spesifieke persoon vir Lucky by die ryskool
                     afgelaai?                                                                    (1)

7.2       Voltooi die volgende sin deur 'n woord in die lys hieronder te gebruik. Skryf
          net die vraagnommer (7.2) en die ontbrekende woord neer.

          Lucky het gemaak of hy gaap, want hy wou wys dat hy … die situasie was.

                            moeg vir;    verveeld met;      opgewonde oor                         (1)

7.3       Waarom is dit gepas dat Lucky die Engelse woorde "Big deal" gebruik?                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1            22                         DBE/November 2017
                                          NSS (Limpopo)

7.4       "Jy moet maar dadelik begin." (Reël 11)

          Noem TWEE dinge wat Wilma vir Lucky gegee het om te doen?                                (2)

7.5       Waarom was dit verkeerd van Lucky om Wilma te ignoreer?                                  (1)

7.6       Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (7.6) en die letter
          (A–D) neer.

          Binki was selfbewus (reël 14) omdat sy…

          A       Lucky nie geken het nie.
          B       nie gewoond was aan die perde nie.
          C       vir die eerste keer die saals moes skoonmaak.
          D       nie geweet het hoe om hierdie konfliksituasie te hanteer nie.                    (1)

7.7       "Ek gaan flippenwil dood wees voor my tyd om is. " (Reël 15)

          7.7.1        Na watter tyd het Lucky verwys?                                             (1)

          7.7.2        Hoe lank sou hierdie tyd wees?                                              (1)

7.8       Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies.

          As Wilma sê Lucky moet ophou om kru te wees (reël 17), bedoel sy, hy moet
          ophou om (lelike woorde te gebruik/die hele tyd te kla).                                 (1)

7.9       Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (7.9) en die letter
          (A–D) neer.

          "Jy kry nie middagete voordat jy nie alles weg het na die hoop daar anderkant
          die stalle nie." (Reël 18–19)

          Hierdie woorde van Wilma is 'n voorbeeld van …

          A       stereotipering.
          B       manipulering.
          C       partydigheid.
          D       gevoelstaal.                                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1          23                           DBE/November 2017
                                        NSS (Limpopo)

7.10      Kies die inligting in KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf net
          die vraagnommer (7.10.1–7.10.4) en die letter (A–E) neer.

                       KOLOM A                                KOLOM B
         7.10.1      Lucky                     A    … is elegant en rustig.

         7.10.2      Wilma                     B    … hou nie van kontak met ander
                                                    mense nie.
         7.10.3      Binki
                                               C    … is streng, maar het 'n goeie hart.
         7.10.4      Lady Jane
                                               D    … is oulik en parmantig.

                                               E    … sukkel om na ander te luister.
                                                                                 (4 x 1)           (4)

7.11      Dink jy die manier waarop Lucky vir Binki gegroet het (reël 6), wys dat hy
          goeie maniere het? Motiveer jou antwoord.                                                (1)

7.12      Lucky wou nie by Wilma-hulle wees nie en het daarom nie die situasie goed
          hanteer nie.

          Hoe, dink jy, moes Lucky eerder hierdie situasie hanteer het?                            (1)

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS M

Lucky        (Begin om Lady Jane se stal uit te hark.) Die lewe is nie fair nie.         1
Wilma        Nee, dit is nie. Maar jy maak jou eie probleme.
Lucky        Kyk net hoe stir ek die shit, hoe meng ek die mis.
Wilma        Jy is nogal 'n goeie miskruier.
                                              ***
Wilma        Ek bly besig.                                                               5
Lucky        Jy is darem nie so besig soos Binki se ma nie.
Wilma        (Lag.) Niemand is so besig soos Binki se ma nie.
Lucky        My ma het baie tyd vir my. Dis een ding wat ons armes baie van het.
             Tyd. As ons armes maar net ons tyd kon verkoop het. Dit sal nou
             regte timeshare wees. (Hulle lag vir sy grap.) Jy het baie tyd vir Binki,   10
             nè.
Wilma        Dis maklik om vir Binki tyd te hê.
Lucky        Jip, dit lyk so. (Aarsel.) Antie? Kan ek jou iets vra?
Wilma        Noem my Wilma.
Lucky        No way. Ek kan nie.                                                         15
                                              ***
Lucky        Dis al? Hy val en toe val jy?
Wilma        Hy het sy been gebreek. My skouer was uit lit uit. Ons het daar gelê
             tot dit lig word. Die val het my nugter geskok, maar hy – Ek het by
             hom bly lê. Hy was in verskriklike pyn en angs. Dit het vir ure en ure
             en ure aangehou. Die veearts moes hom skiet – maar later eers.              20
             Daar was nie genade vir Grace nie.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1          24                            DBE/November 2017
                                        NSS (Limpopo)

7.13      "Maar jy maak jou eie probleme." (Reël 2)

          Wat het Lucky verkeerd gedoen dat die magistraat hom gestraf het?                        (1)

7.14      Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (7.14) en die
          letter (A–D) neer.

          "Jy is nogal 'n goeie miskruier." (reël 4) is ŉ voorbeeld van …

          A     ironie.
          B     kontras.
          C     ŉ metafoor.
          D     ŉ vergelyking.                                                                     (1)

7.15      Lucky vergelyk sy ma met Binki se ma.

          7.15.1      Watter werk het Binki se ma gedoen?                                          (1)

          7.15.2      Watter werk het Lucky se ma gedoen?                                          (1)

          7.15.3      Noem TWEE dinge van sy ma se werk waaroor Lucky baie
                      ongelukkig was.                                                              (2)

7.16      Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (7.16) en die
          letter (A–D) neer.

          (Lag) in reël 7.

          Hierdie woord is skuinsgedruk en tussen hakies, want …

          A     dit wys vir die gehoor dat hulle moet lag.
          B     dit beklemtoon die grap wat Lucky gemaak het.
          C     dit wys wat die karakter op daardie oomblik doen.
          D     dit maak die gesprek tussen die karakters interessant.                             (1)

7.17      Waarom kan ons sê dat die verhouding tussen Wilma en Lucky verbeter het?                 (1)

7.18      Wilma sê: "Dis maklik om vir Binki tyd te hê." (Reël 12)

          Wat, dink jy, bedoel Wilma met hierdie woorde?                                           (1)

7.19      Hoekom wou Lucky nie vir Wilma op haar naam noem nie?                                    (1)

7.20      Skryf die volgende vier insidente onder mekaar oor in die VOLGORDE soos
          wat dit in die verhaal gebeur.

          •   Die veearts het die perd geskiet.
          •   Wilma het te veel by 'n partytjie gedrink.
          •   Die perd het in 'n gat getrap en sy been gebreek.
          •   Wilma het vinnig met die perd deur die veld gejaag.                                  (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1         25                         DBE/November 2017
                                        NSS (Limpopo)

7.21      "Daar was nie genade vir Grace nie." (Reël 21)

          Grace beteken genade.

          Waarom kan ons sê dat hierdie naam nie 'n gepaste naam vir die perd was
          nie?                                                                              (1)

7.22      Die titel van hierdie drama pas nie by die drama nie.

          Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is.                                             (1)

7.23      Waarom kan ons sê dat Lucky die lewe by die ryskool vir homself moeilik
          gemaak het?                                                                       (1)

7.24      Dink jy Lucky se naam het by sy omstandighede gepas? Motiveer jou
          antwoord.                                                                         (1)

7.25      Binki het 'n traumatiese ervaring met haar hond en Lucky met die katjies
          gehad.

          Hoe verskil die twee karakters se optrede teenoor hierdie diere?                  (2)
                                                                                            [40]

                                                                  TOTAAL AFDELING D:        40
                                                                      GROOTTOTAAL:          120

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans SAL P1 Nov 2017 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-nov-2017-gauteng/806bf273-b53a-4322-bd25-c9530f0da29d) — Afrikaans SAL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans SAL P1 Nov 2017 Vrystaat](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-nov-2017-vrystaat/c48d1468-df09-4da8-9cd3-b8896cd6c06a) — Afrikaans SAL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans SAL P1 Nov 2017 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-nov-2017-mpumalanga/9683c6f1-e358-460f-81ec-44a76efde16f) — Afrikaans SAL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans SAL P1 Nov 2017 KwaZulu-Natal](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-nov-2017-kwazulu-natal/31e68f8c-ce36-4946-9036-3f44b5cce565) — Afrikaans SAL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans SAL P1 Nov 2017 Noordwes](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-nov-2017-noordwes/eacf1407-d1f6-48f5-a97b-9e9b0a6c7d56) — Afrikaans SAL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans SAL P1 Nov 2017 Memo KwaZulu-Natal](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-nov-2017-memo-kwazulu-natal/2408baf5-41e7-45a6-be56-6259253fd151) — Afrikaans SAL · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans SAL

- [Gr 12 Afrikaans SAL ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-afrikaans-sal-atp-2023-24/62a5661c-7dee-400e-8d08-3944f9c721f0) — ATP · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-mpumalanga/a1407f79-0048-4a4c-a2fb-7c9aafc01a02) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-gauteng/204b3998-388d-4312-a14d-bc43b1529599) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-limpopo/4ecca3ab-b049-455c-97a9-e508bbd3107d) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG KwaZulu-Natal](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-kwazulu-natal/4431038d-7fcf-40be-a6b8-edbefc700aac) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Free State](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-free-state/c7fd6c22-a455-4a14-b3a8-b0f7dc2ba104) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
