# Afrikaans SAL Grade 12 P1 NSC November 2023 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans SAL Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2023, 15 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-nov-2023/41f7980c-7ef9-47c1-ab4b-214ad29b71eb
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans SAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans SAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-sal) › [Afrikaans SAL Grade 12 P1 NSC November 2023 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-nov-2023/41f7980c-7ef9-47c1-ab4b-214ad29b71eb)

## About this document

Afrikaans Sal · Grade 12 · NSC November Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans SAL P1 Nov 2023 MG](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-nov-2023-mg/c2f8f142-3b33-4fde-8b72-bf2a315fd3ed) — Memo · 2023 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V1

                               NOVEMBER 2023

PUNTE: 80

TYD: 2 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1            2                  DBE/November 2023
                                               NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

          AFDELING A:        Leesbegrip                     (30)
          AFDELING B:        Opsomming                      (10)
          AFDELING C:        Taalstrukture en -konvensies   (40)

2.        Beantwoord AL die vrae.

3.        Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

4.        Trek 'n streep ná elke afdeling.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Laat 'n reël na elke antwoord oop.

7.        Gee besondere aandag aan spelling en sinsbou.

8.        Voorgestelde tydsindeling:

          AFDELING A: 45 minute
          AFDELING B: 20 minute
          AFDELING C: 55 minute

9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1        3                         DBE/November 2023
                                           NSS

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1

Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS A: ARTIKEL

                     DESIREE ELLIS
               Banyana Banyana se ystervrou!

1      Desiree Ellis is op 14 Maart 1963 in Kaapstad gebore. Sy
       is lief vir sport en het van kleins af aan verskillende
       sportsoorte deelgeneem. Sokker is nog altyd haar
       gunsteling en vandag is Desiree die afrigter van Banyana
       Banyana, ons nasionale vrouesokkerspan.                                               5

2      Desiree het by die Senior Sekondêre Skool Soutrivier skoolgegaan. In haar
       skooljare was daar nie sokkerklubs waar meisies kon speel nie. Smiddae na skool
       het sy saam met die seuns in die strate sokker gespeel.

3      Desiree het graad 11 voltooi en in 'n slaghuis (butchery) begin werk. Sy het steeds
       in die aande sokker saam met die seuns gespeel. Toe vroue later wel by 10
       sokkerklubs kon speel, het Desiree eers by Athlone Celtic en toe by Spurs Ladies
       gespeel. Sy was 'n baie goeie middelveldspeler (midfielder). Deur haar toewyding
       (commitment) en passie vir sokker het sy ook lid van die Westelike Provinsie se
       sokkerspan geword.

4      Desiree het vir die Westelike Provinsie se sokkervereniging gewerk. Sy was van 15
       1994 tot 1995 die visepresident en in 1996 was sy vir 'n rukkie die skakelbeampte
       (public relations officer). Sy het ook by 'n foto-agentskap, Touchline, gewerk totdat
       sy professioneel begin sokker speel het.

5      Desiree was 30 toe sy vir die eerste Suid-Afrikaanse vroue-sokkerspan gekies is.
       Sy het in Banyana Banyana se eerste wedstryd teen Swaziland gespeel. 20
       Suid-Afrika het hierdie wedstryd met 14 doele gewen. Desiree het drie van hierdie
       doele aangeteken.

6      Desiree het ook in die Suid-Afrikaanse span gespeel wat in 1995 in die
       Wêreldbekertoernooi gespeel het. Suid-Afrika het hulle wedstryde teen Zimbabwe,
       Zambië en Angola gewen, maar teen Nigerië verloor.                              25

7      In 2000 het Suid-Afrika die Afrika-vrouekampioenskap aangebied. Desiree het
       Banyana Banyana gelei en die span het tweede in die kompetisie gekom. Sy is as
       Afrika se Sokkerspeler van die Jaar genomineer.

8      In April 2002 het Desiree op die ouderdom van 38 jaar uit sokker getree. Sy het as
       'n sokkerkommentator op televisie begin werk.                                      30

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1              4                           DBE/November 2023
                                                 NSS

9      In 2016 se Olimpiese Spele is Banyana Banyana vroeg in hulle groep uitgeskakel.
       Die afrigter, Vera Pauw, het bedank (resigned). Desiree is toe as tydelike afrigter
       van Banyana Banyana aangestel.

10     In Februarie 2018 is Desiree as hoofafrigter van Banyana Banyana aangestel. Die
       span was toe 50ste op die wêreldranglys (world ranking). Desiree glo dat net die 35
       beste goed genoeg is. Sy het hard saam met die span gewerk en hulle het al beter
       begin speel. Tydens die Afrika-vrouebekertoernooi het Banyana Banyana tot by
       die eindstryd (final) gevorder. Hulle het ongelukkig met strafskoppe (penalties)
       teen Nigerië verloor. Deur tweede te eindig het Banyana Banyana in 2019 vir die
       eerste keer vir die FIFA-Wêreldbeker vir Vroue gekwalifiseer.                    40

11     In 2022 het Banyana Banyana weer in die Afrika-vrouebekertoernooi se eindstryd
       gespeel. Hierdie keer het hulle die wedstryd én hulle eerste Afrika-beker in
       Marokko gewen.

12     Desiree glo dat sokker mense bymekaar bring en goeie dinge leer. Sy was
       in 2018, 2019 en 2022 CAF se Vroueafrigter van die Jaar. Nou is dit 2023. En 45
       Banyana Banyana neem aan die FIFA-Wêreldbekertoernooi vir vroue deel.

13     In haar boek, Magic: Desiree Ellis from Salt River to the 2023 World Cup, skryf
       Desiree dat drome waar kan word. Sy het dit self bewys!
                                                                         [Verwerk uit Wikipedia.org]

1.1       VOLTOOI die sinne hieronder deur woorde uit paragraaf 1 en paragraaf 2 in
          te vul. Skryf net die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.3) en die antwoord neer.

          1.1.1      Desiree Ellis is in ... (plek) gebore.                                            (1)

          1.1.2      Sy is lief vir sport, maar hou die meeste van ...                                 (1)

          1.1.3      Toe Desiree op skool was, was daar nie ... waar meisies kon speel
                     nie; daarom het sy in die strate saam met die seuns gespeel.                      (1)

1.2       Skryf EEN woord uit paragraaf 1 neer wat vir ons sê dat Banyana Banyana
          Suid-Afrika se eie span is.                                                                  (1)

1.3       Desiree het matriek geslaag.

          Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is.                                                        (1)

1.4       Waar het Desiree gaan werk nadat sy die skool verlaat het?                                   (1)

1.5       Wat was die naam van die eerste klub vir wie Desiree sokker gespeel het?                     (1)

1.6       Watter posisie het sy gespeel?                                                               (1)

1.7       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

          Desiree het vir die Westelike Provinsie sokker gespeel omdat (hulle haar
          baie geld betaal het/sy baie van haar tyd en aandag aan die sport gegee
          het).                                                                                        (1)
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1          5                           DBE/November 2023
                                             NSS

1.8       Lees paragraaf 4.

          Hoe weet ons dat Desiree nie net sokker gespéél het nie, maar ook gehelp
          het om die sport te organiseer?                                                        (1)

1.9       Lees paragraaf 5.

          1.9.1      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                     Dit was 'n (goeie/swak) besluit om Desiree vir Banyana Banyana
                     se eerste wedstryd te kies.                                                 (1)

          1.9.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.9.1.                                       (1)

1.10      Wat het Desiree ná haar uittrede uit sokker gedoen?                                    (1)

1.11      Waarom moes Banyana Banyana in 2016 'n nuwe afrigter kry?                              (1)

1.12      Lees paragraaf 6 en paragraaf 10.

          VOLTOOI dan die sin hieronder.

          Suid-Afrika se span het in 1995 en in 2018 teen ... verloor.                           (1)

1.13      Skryf EEN sin uit paragraaf 10 neer wat vir ons sê dat Desiree nie tevrede is
          met lui spelers en swak werk nie.                                                      (1)

1.14      "Desiree glo dat sokker mense bymekaar bring en goeie dinge leer." (Reël 44)

          Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies.

          Hierdie woorde sê vir ons dat Desiree glo dat sokker 'n (voordeel/nadeel) in
          mense se lewens kan wees.                                                              (1)

1.15      Desiree Ellis se pad saam met sokker is 'n goeie pad.

          Kies die inligting uit KOLOM B wat by die datum in KOLOM A pas. Skryf net
          die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.15.1 tot 1.15.4) neer.

                 KOLOM A                                KOLOM B
          1.15.1   2016                A   Banyana Banyana is die beste
                                           vroue-sokkerspan in Afrika.
          1.15.2     2019
                                       B   Banyana Banyana verteenwoordig
          1.15.3     2022                  Suid-Afrika by die FIFA-Wêreldbekertoernooi
                                           vir vroue.
          1.15.4     2023
                                       C   Desiree se aanstelling as afrigter was nie
                                           permanent nie.

                                       D   Desiree word die voorsitter van Afrika-sokker.

                                       E   Afrika bekroon Desiree vir die tweede keer as
                                           Vroueafrigter van die Jaar.
                                                                                  (4 x 1)        (4)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1              6                               DBE/November 2023
                                                 NSS

1.16      Desiree Ellis word Banyana Banyana se "ystervrou" genoem.

          Waarom is dit reg om Desiree 'n ystervrou te noem?                                               (1)

1.17      Daar is baie datums in hierdie artikel. Hoe help dit jou as leser?                               (1)

1.18      Watter boodskap gee hierdie artikel vir jou?                                                     (1)

TEKS B: SPOTPRENT

Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae.

                                        DINGE WAT MA MOET DOEN
                                       Ontbyt                          Superma
        Sjoe, ek is                    Middagete 
        moeg! Kan                      Skottelgoed was                 is besig!
        ek koffie kry?                 Kinders se huiswerk nagaan 
                                       Aandete 

                                                                                   Vroue in
                                                                                  Suid-Afrika
                                                                                  werk hard –
                                                                                    sonder
                                                                                   betaling

                                                              [Verwerk uit Volksblad, 10 Februarie 2016]

1.19     Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

         Die gesin is saam (op die stoep/in die huis).                                                     (1)

1.20     Die man sê dat hy moeg is. Hoe kan jy SIEN dat die man moeg is?

         Noem TWEE dinge.                                                                                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1           7                              DBE/November 2023
                                              NSS

1.21     Op die swartbord staan daar: DINGE WAT MA MOET DOEN.

         1.21.1       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                      Die  langs die dinge wat Ma moet doen, sê dat Ma (moet onthou
                      om die werk te doen/klaar die werk gedoen het).                                (1)

         1.21.2       Noem nóg een van Ma se werkies wat NIE op die swartbord
                      geskryf staan NIE.                                                             (1)

1.22      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
          vraagnommer (1.22) en die antwoord (A–D) neer.

          As die vrou sê: ''Superma is besig!'', is sy sarkasties, want ...

         A      die man sê hy is baie moeg.
         B      sy wil nie hê die kinders moet haar pla nie.
         C      sy wil vir die kinders leer om altyd hard te werk.
         D      die man vra koffie as hy kan sien sy doen iets anders.                               (1)

                                                                  TOTAAL AFDELING A:                 30

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1         8                           DBE/November 2023
                                            NSS

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2: WAT TIENERS KAN DOEN OM VEILIG TE WEES

Die wêreld daar buite is gevaarlik. Hier is dinge wat jy kan doen om veilig te wees.

   Som in SEWE VOLSINNE op wat jy kan doen om veilig te wees.
   Skryf die volsinne PUNTSGEWYS en in jou EIE WOORDE neer.
   Nommer die volsinne van 1 tot 7.
   Jou opsomming mag NIE langer as 60 woorde wees NIE.
   Dui die KORREKTE getal woorde aan die einde van die opsomming aan.

TEKS C

Daar moet altyd iemand wees wat weet waar jy is. Dit sal hulle help om na jou te soek
as jy nie by die huis uitkom nie.

Jy moet altyd nee sê wanneer vreemde mense vir jou 'n geskenk gee of sê jy kan
saam met hulle ry. Dit kan gevaarlik wees, want jy weet nie wat hulle beplan nie.

Mense wat slegte dinge wil doen, wil nie hê ander mense moet hulle sien nie. Daarom
moet jy 'n groot geraas maak as iemand iets aan jou wil doen.

Tieners is baie op sosiale media. Dit is nie lekker om lelike boodskappe of foto's te kry
nie. Dis waarom jy moet weet met wie jy op sosiale media kommunikeer.

Moenie drankies vat wat ander mense vir jou gee nie. Daar is dalk dwelmmiddels of
alkohol in. Dit kan jou siek en deurmekaar maak.

Skelms steel graag selfone. Daarom moet jy nie jou selfoon gebruik terwyl jy in die
straat loop nie.

Memoriseer 'n telefoonnommer wat jy kan gebruik wanneer jy in gevaar is. Dit kan jou
lewe red.

                                                                  [Verwerk uit Wikihow.com]

                                                               TOTAAL AFDELING B:                10

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1      9                            DBE/November 2023
                                         NSS

AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES

VRAAG 3: ADVERTENSIE

Bestudeer die advertensie (TEKS D) hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS D

    3.1
     3                                           3.2
                                                  3

                                                       3.3
                                                       44

           3.3
            3

                         MIELIEMEEL
            MIELIEMEEL   Maak die lekkerste
                               pap!

            L                                                            3.4
                                                                          4

                             3.5
                             33

     3.6
     33

                                                               3.7
                                                               33
                                                                Kontak Pioneer Foods
   3.8
   33        afrika se beste kos!                                as jy meer wil weet.

                                                               [Verwerk uit Facebook.com]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1           10                        DBE/November 2023
                                              NSS

3.1       Hoe weet ons die kinders is bly dis etenstyd?                                             (1)

3.2       "... maak van jou 'n ster".

          3.2.1      Die LETTERLIKE betekenis van "ster" is (die liggies wat in die
                     aand skyn/wanneer iets groot is).                                              (1)

          3.2.2      Die FIGUURLIKE betekenis van "ster" is dat 'n persoon
                     (suksesvol/vriendelik) is.                                                     (1)

3.3       Hoe trek die adverteerder die leser se aandag na die produk wat geadverteer
          word? Noem TWEE dinge wat ons kan SIEN.                                                   (2)

3.4       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
          vraagnommer (3.4) en die antwoord (A–D) neer.

          Die agtergrond (background) van die advertensie pas goed by die produk wat
          geadverteer word, want ...

          A       dit lyk soos 'n plaas.
          B       dit laat die leser rustig voel.
          C       dit maak die advertensie mooi.
          D       die produk word van mielies gemaak.                                               (1)

3.5       Hoe weet ons dat "Skyn soos 'n wit ster" 'n liedjie is?                                   (1)

3.6       Skryf die AFKORTING "kg" as 'n woord.                                                     (1)

3.7       "Kontak Pioneer Foods as jy meer wil weet."

          Watter belangrike inligting word NIE hier vir die leser gegee NIE?                        (1)

3.8      Skryf die sin oor en maak die SPELFOUT reg.

         afrika se beste kos!                                                                       (1)
                                                                                                    [10]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1             11                           DBE/November 2023
                                                NSS

VRAAG 4: STROKIESPRENT

Bestudeer die strokiesprent (TEKS E) hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS E

                     RAAMPIE 1                                           RAAMPIE 2

  Jeremy, ek is               Maar ék is nou           En ék wil baie              NEE! … die
  jou má en ék                 oud genoeg              graag partytjie           antwoord is NEE!
  sê jy mag nie                 om my eie                toe gaan!                 Ek het klaar
   partytjie toe                besluite te                                          gepraat.
    gaan nie.                     neem.

      Ma                               Jeremy

                     RAAMPIE 3                                           RAAMPIE 4

                                                      (Ag nee!/Siestog!),               Bly in jou
  Wil jy nie jou
                          Ja, ja, ja …                hulle baklei al weer.            kamer. Ék
 huiswerk gaan                                                                            sal sê
                          Ma maak my                   Nou gaan Jeremy
   doen nie?                                                                           wanneer jy
                          moedeloos.                    die hele naweek
  Jou punte is                                                                             mag
   baie swak.                                          weer dikbek wees.
                                                                                         uitkom!

                                          Pa
                                                                                         [Verwerk uit Zitts]

4.1        Kyk na RAAMPIE 1.

           4.1.1      Wat sê of doen Ma om vir Jeremy te laat verstaan dat sý sal besluit
                      wat hy mag doen? Noem TWEE dinge.                                              (2)

           4.1.2      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                      As Jeremy so met sy duim na homself wys, sê dit vir ons
                      dat hy (saamstem met wat sy ma sê/teen sy ma praat).                           (1)
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1           12                       DBE/November 2023
                                              NSS

4.2       Kyk na RAAMPIE 2.

          Ma sê: ''Ek het klaar gepraat.''

          4.2.1      Wat doen Jeremy se ma om dit vir hom te WYS?                                  (1)

          4.2.2      Skryf Ma se sin oor in die INDIREKTE REDE.

                     Begin só: Ma sê vir Jeremy dat sy ...                                         (1)

4.3       In RAAMPIE 3 vra Ma: "Wil jy nie jou huiswerk gaan doen nie?"

          Verander die sin na 'n BEVELSIN.

          Begin só: Gaan ...                                                                       (1)

4.4       Kyk na RAAMPIE 4.

          4.4.1      "(Ag nee!/Siestog!), hulle baklei al weer."

                     Watter UITROEP pas die beste om te wys dat Pa nie daarvan hou
                     nie?                                                                          (1)

          4.4.2       Hoe kan ons SIEN dat Pa nie deel van Ma en Jeremy se bakleiery
                      wil wees nie?                                                                (1)

4.5       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
          vraagnommer (4.5) en die antwoord (A–D) neer.

          "Nou gaan Jeremy die hele naweek weer dikbek wees." (RAAMPIE 4)

          Hiermee bedoel Pa dat Jeremy ...

          A       baie kos gaan eet.
          B       baie kwaad gaan wees.
          C       se mond baie seer gaan wees.
          D       se mond opgeswel gaan wees.                                                      (1)

4.6       Hoe word ma's of tieners in hierdie strokiesprent gestereotipeer?                        (1)
                                                                                                   [10]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1          13                             DBE/November 2023
                                             NSS

VRAAG 5: LEESTEKS EN PRENT

5.1       Lees die teks (TEKS F) hieronder en beantwoord die vrae.

          TEKS F

             SAANS HAWELOOS, BEDAGS SPIETKOP

          Shadrack Mofokeng is (5.1.1) (20) jaar oud.
          (5.1.2) (Hy het 'n huis). Hy slaap onder 'n brug
          agter 'n besige pad (5.1.3) (in/op) Gauteng.

          As Shadrack (5.1.4) (soggens/oggends) opstaan,
          besluit hy wat hy vir die dag gaan doen. Party dae                                         5
          is hy 'n spietkop, al het hy nie eers (5.1.5) (skoen)
          nie. (5.1.6) (Hy sien baie ongelukke. Hy wil met die
          verkeer (traffic) help). (5.1.7) (Hy begin verlede
          jaar met hierdie werk).

          Shadrack sê hy geniet dit (5.1.8) ('n spietkop wees). Of dit nou baie warm                 10
          of (5.1.9) (koud) is, hy staan op om sy werk te doen. Hy help mense om
          (5.1.10) (by die huis) (na werk) (vinnig) te kom.

          Die meeste mense wat by Shadrack verbykom, is (5.1.11) (vriendelik) teenoor
          hom. Hulle (5.1.12) (waardeer/waardeur) die werk wat hy doen. Partykeer gee
          hulle geld of koop vir (5.1.13) (hom/haar) roomys om dankie te sê vir sy                   15
          (5.1.14) (help).
                                                         [Verwerk uit Rapport, 5 Februarie 2023]

          5.1.1      Skryf die GETAL (20) as 'n woord.                                                (1)

          5.1.2      Skryf die sin in die ONTKENNING.

                     Hy het 'n huis.                                                                  (1)

          5.1.3      Kies die korrekte VOORSETSEL uit dié tussen hakies.

                     Hy slaap onder 'n brug agter 'n besige pad (op/in) Gauteng.                      (1)

          5.1.4      Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies.

                     As Shadrack (soggens/oggends) opstaan, besluit hy wat hy vir die
                     dag gaan doen.                                                                   (1)

          5.1.5      Gee die MEERVOUD van ''skoen''.                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1            14                         DBE/November 2023
                                               NSS

          5.1.6      Verbind die twee sinne hieronder met die VOEGWOORD tussen
                     hakies.

                     Hy sien baie ongelukke. Hy wil met die verkeer help. (daarom)

                     Begin só: Hy sien ...                                                        (1)

          5.1.7      Skryf die sin in die VERLEDE TYD.

                     Hy begin verlede jaar met hierdie werk.                                      (1)

          5.1.8      Skryf die gedeelte tussen hakies in die INFINITIEF.

                     ... ('n spietkop wees).                                                      (1)

          5.1.9      Gee die INTENSIEWE VORM van ''koud''.                                        (1)

          5.1.10     Skryf die hele sin oor in die KORREKTE WOORDORDE.

                     Hy help mense om (by die huis) (na werk) (vinnig) te kom.

                     Begin só: Hy help mense om ...                                               (1)

          5.1.11     Verdeel ''vriendelik'' volledig in LETTERGREPE.                              (1)

          5.1.12     Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies.

                     Hulle (waardeer/waardeur) die werk wat hy doen.                              (1)

          5.1.13     Kies die korrekte VOORNAAMWOORD uit dié tussen hakies.

                     Partykeer gee hulle geld of koop vir (hom/haar) roomys.                      (1)

          5.1.14     Gee die KORREKTE vorm (selfstandige naamwoord) van die
                     woord tussen hakies.

                     ... om dankie te sê vir sy (help).                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1            15                           DBE/November 2023
                                               NSS

5.2       Bestudeer die prent (TEKS G) en beantwoord die vrae.

          TEKS G

          John en Maria stap oor die straat na hulle skool toe.

                                       Maria         John

                                                                  [Bron: Istockphoto.com]

          5.2.1      Gee die korrekte AFRIKAANS vir die woord tussen hakies.

                     John en Maria is goeie (friends).                                               (1)

          5.2.2      Gee die SAMESTELLING van die woorde tussen hakies.

                     Die kinders dra hulle (skool+klere).                                            (1)

          5.2.3      Gee die ANTONIEM vir ''vinnig''.                                                (1)

          5.2.4      Gee die KORREKTE vorm van die woord tussen hakies.

                     Daar is 'n paar (hoog) geboue aan die ander kant van die pad.                   (1)

          5.2.5      Gee die VERKLEINWOORD van ''motor''.                                            (1)

          5.2.6      Skryf die sin in die LYDENDE VORM.

                     Die kinders dra rugsakke.

                     Begin só: Rugsakke word deur ...                                                (1)
                                                                                                     [20]

                                                                   TOTAAL AFDELING C:                40
                                                                       GROOTTOTAAL:                  80

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

## Related documents

- [Afrikaans SAL P2 Nov 2023 North West](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2023-north-west/4eb4a4e9-13c6-4fe1-8ebf-593d3fd8654b) — Afrikaans SAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2023 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2023-limpopo/4e01cc49-1206-471f-a569-e110e8d22a68) — Afrikaans SAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2023 Western Cape](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2023-western-cape/5e20a395-dd0b-4ddc-b7d0-1157d567d3c0) — Afrikaans SAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2023 Eastern Cape](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2023-eastern-cape/6a7a3463-9116-4bfc-b48d-572f4aca1c40) — Afrikaans SAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2023 Northern Cape](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2023-northern-cape/8bb1edf1-3741-4036-8b71-6a4980cbd089) — Afrikaans SAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2023 Free State](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2023-free-state/3d807848-b564-4294-9e41-f1b669715e54) — Afrikaans SAL · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans SAL

- [Gr 12 Afrikaans SAL ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-afrikaans-sal-atp-2023-24/62a5661c-7dee-400e-8d08-3944f9c721f0) — ATP · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-mpumalanga/a1407f79-0048-4a4c-a2fb-7c9aafc01a02) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-gauteng/204b3998-388d-4312-a14d-bc43b1529599) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-limpopo/4ecca3ab-b049-455c-97a9-e508bbd3107d) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG KwaZulu-Natal](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-kwazulu-natal/4431038d-7fcf-40be-a6b8-edbefc700aac) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Free State](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-free-state/c7fd6c22-a455-4a14-b3a8-b0f7dc2ba104) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
