# Afrikaans SAL Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper

> Grade 12 Afrikaans SAL Paper 1 question paper from the November 2024 NSC, 14 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-nov-2024/aee8aad3-b29f-4223-89f5-1a1283e698a1
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans SAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: November 2024 NSC
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans SAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-sal) › [Afrikaans SAL Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-nov-2024/aee8aad3-b29f-4223-89f5-1a1283e698a1)

## About this document

Afrikaans Sal · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V1

                              NOVEMBER 2024

PUNTE: 80

TYD: 2 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1          2                    DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

          AFDELING A:        Leesbegrip                     (30)
          AFDELING B:        Opsomming                      (10)
          AFDELING C:        Taalstrukture en -konvensies   (40)

2.        Beantwoord AL die vrae.

3.        Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

4.        Trek 'n streep ná elke afdeling.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Laat 'n reël na elke antwoord oop.

7.        Gee besondere aandag aan spelling en sinsbou.

8.        Voorgestelde tydsindeling:

          AFDELING A: 45 minute
          AFDELING B: 20 minute
          AFDELING C: 55 minute

9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1         3                          DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1: TYDSKRIFARTIKEL EN KAART

Lees die tydskrifartikel hieronder en beantwoord die vrae.   No

TEKS A: TYDSKRIFARTIKEL

                     'N R10-GYM VIR MY MENSE
                     Oefen … dit hou jou gesond!

1     Roydon Filander is 'n jongman van Eersterivier in die Kaap.
      Hy gee baie om vir die mense in sy omgewing. Hy werk as
      klerk by die Groote Schuur Hospitaal. In sy vrye tyd help hy
      mense om te oefen. Hy glo as jy fiks (fit) is, sal dit jou help
      om gesond (healthy) te wees.                                                              5

2     Roydon se een oupa het aan diabetes gely. Hy het meer as een beroerte (stroke)
      gehad. Twee van sy tannies is ook oorlede aan diabetes. Hierdie siekte het Roydon
      laat besef hoe belangrik dit is om fiks en gesond te wees.

3     Die mense in Roydon se omgewing is arm. Hulle kan nie baie geld betaal om by
      gimnasiums te oefen nie. Daarom het Roydon met sy R10-gym begin. Hy noem dit 10
      sy boot camps. Hy sê as mense nie die R10 kan betaal nie, kan hulle steeds daar
      oefen.

4     Roydon se jarelange vriend, Thando Sithole, het drie jaar gelede die idee van die
      R10-gym vir hom gegee. Roydon en Thando het op skool saam rugby gespeel.
      Thando weet dat Roydon aktief is en daarvan hou om gesond te leef. Vandag is 15
      hulle twee die afrigters (coaches) by die boot camps by 'n skool in Eersterivier.
      Die geld wat hulle met die boot camps verdien (earn), gebruik hulle vir hulle eie
      gimnasium, Perfect Gym.

5     Roydon se ma, Desiree, is sy rolmodel. Desiree werk haar hele lewe lank in 'n
      slaghuis (butchery). Dit is harde werk en die geld is soms min. Nogtans het sy altyd 20
      planne gemaak sodat daar geld was om vir Roydon en sy sussie te gee wat hulle
      nodig het. Desiree help graag ander mense. So het sy vir Roydon ook geleer om
      ander te help as hy kan, sonder om geld daarvoor te vra.

6     Roydon se pa, Rouce, was baie aktief en gesond toe hy jonk was. Roydon kan dit
      sien op foto's van sy pa in sy ''vroeë lewe''. Dit is ook iets wat Roydon gemotiveer 25
      het om sélf fiks en gesond te wees én om ander mense te help om so te wees.

7     "Ons het al 'n 60-jarige in die boot camps gehad. Sy kon later bewegings
      (movements) doen wat baie jonger mense nie kon nie, want ons het haar baie
      aangemoedig (encourage). Daar is mense wat kom, maar ná die eerste klas wil
      hulle stop. Ons leer hulle: wanneer jy begin met die boot camps, het jy klaar 30
      gewen," sê Roydon.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1         4                            DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

8     Roydon se boot camps gaan nie net oor fisiese gesondheid (physical health) nie.
      Hy wil hê mense se koppe en harte moet ook gesond wees. Hy wil veral meer jong
      mans by sy oefensessies kry. Baie van hulle is deel van bendes (gangs) wat
      verkeerde dinge in die gemeenskap (community) doen. Roydon voel as hulle by sy 35
      boot camps kom oefen, gee dit vir hulle iets goeds om te doen en hulle kry kans om
      van die slegte dinge te vergeet.

9     Dit was nie maklik vir Roydon om gereeld (regularly) by sy boot camps te wees nie.
      Sy vrou, Gercia, was eers ontevrede as hy so baie van die huis af moes gaan. Hy
      moes mense by die boot camps gaan help. Hy moes mooi vir haar verduidelik dat 40
      die ander mense hom nodig het. Vandag verstaan Gercia dat dit vir hom
      belangrik is.

10    Roydon sê sy boot camps is vir hom
      'n wensituasie. Dit help hom met sy
      sosiale vaardighede én hy bly fiks.                                                          45
      Hy het wel van sy partytjie-vriende
      verloor, maar die régte vriende is nog
      in sy lewe.

11    Roydon sê altyd vir die bootcamp-lede
      om aan te hou kom, al is dit in die                                                          50
      begin moeilik, want ... aanhouer wen!

                                                         [Verwerk uit Kuier, 14 September 2023]

1.1       VOLTOOI die sinne hieronder deur woorde uit paragraaf 1 in te vul. Skryf net
          die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.3) en die antwoord neer.

          1.1.1      Roydon kom van ... (plek) in die Kaap.                                        (1)

          1.1.2      Hy werk as klerk by 'n groot …                                                (1)

          1.1.3      Sy groot passie in die lewe is om ander mense te help om te ...
                     sodat hulle fiks kan wees.                                                    (1)

1.2       Watter siekte in Roydon se familie het hom laat besef dat dit belangrik is om
          fiks en gesond te wees?                                                                  (1)

1.3       Lees paragraaf 3 en VOLTOOI dan die sin hieronder.

          Roydon vra net R10 om by sy boot camps te oefen sodat die ... mense in sy
          omgewing ook die kans kan kry om dit te doen.                                            (1)

1.4       Skryf TWEE OPEENVOLGENDE woorde uit paragraaf 4 neer wat vir ons sê
          dat Roydon al baie lank vir Thando Sithole ken.                                          (1)

1.5       Aan watter sportsoort het Roydon deelgeneem toe hy op skool was?                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1          5                              DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

1.6       Waarom kan ons sê dat Roydon en Thando goed saamwerk? Noem TWEE
          redes.                                                                                     (2)

1.7       Waar in Eersterivier hou Roydon sy boot camps?                                             (1)

1.8       Roydon is sy ouers se enigste kind.

          Haal EEN sin uit paragraaf 5 aan om te sê waarom hierdie stelling ONWAAR
          is.                                                                                        (1)

1.9       ''Roydon kan dit sien op foto's van sy pa in sy 'vroeë lewe'.'' (Reël 24 en 25)

          Skryf VIER OPEENVOLGENDE woorde uit paragraaf 6 neer wat na Roydon
          se pa se ''vroeë lewe'' verwys.                                                            (1)

1.10      Albei Roydon se ouers het vir hom 'n goeie voorbeeld gestel.

          1.10.1     Waarom was Roydon se ma vir hom 'n goeie rolmodel?                              (1)

          1.10.2     Hoe het sy pa hom gemotiveer?                                                   (1)

1.11      Roydon se boot camps help mense op verskillende maniere.

          Kies die inligting uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf net
          die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.11.1 tot 1.11.4) neer.

                     KOLOM A                                  KOLOM B
          1.11.1      Thando               A     ... het geleer om begrip te hê vir Roydon
                                                 se goeie werk in die gemeenskap.
          1.11.2     Ouer mense
                                           B     ... kry die kans om weg te kom van
          1.11.3     Bendelede                   dinge af wat nie reg is nie.

          1.11.4     Gercia                C     ... verdien baie geld uit die boot camps.

                                           D     ... se idee dien 'n goeie doel in die
                                                 lewens van baie mense.

                                           E     ... hou aan en kry moeilike dinge reg.
                                                                                    (4 x 1)          (4)

1.12      ''Hy het wel van sy partytjie-vriende verloor'' (reël 46 en 47).

          1.12.1     Wat, dink jy, bedoel Roydon met ''partytjie-vriende''?                          (1)

          1.12.2     Hoe weet ons dat Roydon nie hartseer is dat hy sy ''partytjie-
                     vriende'' verloor het nie?                                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1             6                              DBE/November 2024
                                            NSS Vertroulik

1.13       Lees die slotsin.

           " ... aanhouer wen!" (Reël 51)

           Waarom kan ons sê dat Roydon hierdie goeie raad in sy eie lewe gevolg het?                    (1)

1.14       Waarom pas die woorde, "MY MENSE" in die titel, so goed by die inhoud van
           hierdie artikel?                                                                              (1)

1.15       Waarom kan 'n mens verstaan dat Roydon soveel Engelse woorde gebruik?                         (1)

1.16       Hoe help die foto's jou as leser om die teks beter te verstaan?                               (1)

TEKS B: KAART

Bestudeer die kaart hieronder en beantwoord die vrae.

  Lekker dinge om te sien en doen op die Tuinroete
                         Wes-Kaap                                          Oos-Kaap
                                                                                    Addo Olifant
                                                                                    Nasionale Park
                                                      Oudtshoorn
                               Swartberge
            Tafelberg                                                         Tsitsikamma
Kaapstad
                                                                              Nasionale Park
                                                             Wildernis

           Hermanus                                                                               N
                               Kaap Agulhas                                                 W            O
                                                                                                 S
                                                                             [Verwerk uit earthstompers.com]

1.17       By watter dorp kan jy na walvisse gaan kyk?                                                   (1)

1.18       Watter plek is die mees suidelike punt op die kaart?                                          (1)

1.19       VOLTOOI die sin hieronder.

           Die Swartberge lê tussen Kaapstad en ...                                                      (1)

1.20       In watter provinsie gaan jy uitkom as jy van die Wes-Kaap af met die
           Tuinroete ry?                                                                                 (1)

1.21       Watter plek sal 'n mens besoek as jy een van die Groot Vyf wil sien?                          (1)

1.22       Waarom kan 'n mens sê dat hierdie kaart 'n goeie manier is om vir jou
           inligting oor die Tuinroete te gee?                                                           (1)
                                                                         TOTAAL AFDELING A:              30
Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 7

Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1        7                            DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2: HOE OM POSITIEF TE BLY

Wanneer daar negatiewe dinge in jou lewe gebeur, moet jy probeer om op die
positiewe dinge te fokus. Hier is 'n paar wenke hoe om positief te bly.

   Som in SEWE VOLSINNE op hoe om positief te bly.
   Skryf die volsinne PUNTSGEWYS en in jou EIE WOORDE neer.
   Nommer die volsinne van 1 tot 7.
   Jou opsomming mag NIE langer as 60 woorde wees NIE.
   Dui die KORREKTE getal woorde aan die einde van die opsomming aan.

TEKS C

                                HOE OM POSITIEF TE BLY

Jy moet stadig en diep asemhaal wanneer jy voel dat alles te veel raak. Dit sal ekstra
suurstof vir jou brein gee om beter te voel en te werk.

Jy moet elke dag oefen, al stap jy net. Dan sal jy fiks en gesond wees. Dit sal jou
sommer beter laat voel.

Ons het nie altyd tyd om die mooi dinge om ons te waardeer nie. Jy moet tyd maak om
in die natuur te wees. Daar is altyd 'n mooi wolk, boom of voëltjie om na te kyk.

Die meeste van ons hou van musiek. Luister na gelukkige en positiewe musiek. Dit sal
jou help om beter oor jouself en die situasie te voel.

Wanneer jy vir jouself sê dat jy iets nie kan doen nie, gebeur dit gewoonlik so. Deur
positief met jouself te praat, sal jy jouself motiveer.

Alles is nie altyd net sleg nie. Jy moet die goeie mense en dinge in jou lewe waardeer.

Mense het mekaar nodig. Help iemand anders wanneer jy kan. Dit sal jou laat voel dat
jy iets beteken.

                                                                  [Verwerk uit wikihow.com]

                                                               TOTAAL AFDELING B:                 10

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1            8                        DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES

VRAAG 3: ADVERTENSIE

Lees en bestudeer die advertensie (TEKS D) hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS D

              Gladde grondboontjiebotter

   'n Lekkerte wat jy nóóit sal vergeet nie!
                                                                    Met liefde gemaak
                                                            [Verwerk uit Kuier, 21 Julie 2022]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1            9                            DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

3.1       Wie adverteer hierdie grondboontjiebotter?                                                    (1)

3.2       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

          Met die woord Nuut heelbo aan die advertensie wil die adverteerder lesers
          (waarsku om nie iets te probeer wat hulle nie ken nie/aanmoedig om iets
          anders te probeer).                                                                           (1)

3.3       Watter DRIE woorde in die advertensie pas by die                        hartjies?             (1)

3.4       Vorm 'n TEENWOORDIGE DEELWOORD van die werkwoord tussen hakies.

          Die (speel) olifantjie sê vir ons dat hy van die grondboontjiebotter hou.                     (1)

3.5       Watter EEN woord in die advertensie sê vir ons dat Go Nuts baie maklik
          gaan smeer?                                                                                   (1)

3.6       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

          Go Nuts is hoog in proteïene. Dit sê vir ons dat dit (goed/sleg) is vir mense se
          gesondheid.                                                                                   (1)

3.7       Skryf die GETAL 90 as 'n woord.                                                               (1)

3.8       "Lekkerte wat jy nóóit sal vergeet nie!"

          3.8.1        Waarom is hierdie woorde 'n MENING en nie 'n feit nie?                           (1)

          3.8.2        Hoe beklemtoon die adverteerder dit wat hy hier sê? Noem EEN
                       manier.                                                                          (1)

3.9       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
          vraagnommer (3.9) en die antwoord (A–D) neer.

          Die FIGUURLIKE BETEKENIS van "Go Nuts" in hierdie advertensie is dat ...

          A       daar baie grondboontjies in die produk is.
          B       jy baie daarvan sal eet omdat dit so lekker is.
          C       dit jou deurmekaar sal maak as jy te veel daarvan eet.
          D       jy nie daarvan moet eet as jy vir grondbone allergies is nie.                         (1)
                                                                                                        [10]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 10

Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1            10                           DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

VRAAG 4: STROKIESPRENT

Bestudeer die strokiesprent (TEKS E) hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS E
                     RAAMPIE 1                                        RAAMPIE 2

                                                                Die son is al op, maar
                                                                 dis nog yskoud hier
                                                                        buite!

             Peanuts
             Die hond
                                                            Peanuts

                     RAAMPIE 3                                        RAAMPIE 4

                      Ek hoef mos nou
                     nie koud te kry nie
                     … dis baie warmer
                         in die huis.

                     RAAMPIE 5                                        RAAMPIE 6

         (4.4.1) (Genugtig!/Eina!) Wat                            (4.7) PEANUTS!!
            (4.5) (lawaai) so by die                        Kan jy nie soos 'n gewone hond
            voordeur? Ek sal moet                            by die deur blaf wanneer jy wil
             opstaan en gaan kyk.                                      inkom nie?

  Charlie

                                                                         [Verwerk uit pinterest.com]
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 11

Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1           11                         DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

4.1       Kyk na RAAMPIE 2.

          4.1.1        Watter EEN woord sê vir ons dat Peanuts nie binne-in die huis is
                       nie?                                                                         (1)

          4.1.2        Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                       Peanuts se woorde sê vir ons dat hy 'n (tevrede/ontevrede) hond
                       is.                                                                          (1)

4.2       Kyk na RAAMPIE 3.

          Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

          Hyg ... Hyg ... sê vir ons dat Peanuts (koud kry/vinnig hardloop).                        (1)

4.3       SKOP! SKOP! SKOP! (RAAMPIE 4)

          Wat sê dit vir ons van wat Peanuts DOEN? Noem TWEE dinge.                                 (2)

4.4       Kyk na RAAMPIE 5.

          4.4.1        Watter UITROEP pas die beste?

                       Genugtig!/Eina!                                                              (1)

          4.4.2        Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.4.1.                                        (1)

4.5       Gee 'n SINONIEM vir "lawaai".                                                             (1)

4.6       Skryf die sin hieronder in die INDIREKTE REDE.

          Ek sal moet opstaan en gaan kyk.

          Begin só: Charlie sê ...                                                                  (1)

4.7       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
          vraagnommer (4.7) en die antwoord (A–D) neer.

          "Kan jy nie soos 'n gewone hond by die deur blaf wanneer jy wil inkom nie?"

          Met hierdie woorde bedoel Charlie dat Peanuts ...

          A       weet hy mag nie inkom nie.
          B       anders optree as ander honde.
          C       hom baie vroeg laat opstaan het.
          D       die ander honde gaan laat blaf as hy so lawaai.                                   (1)
                                                                                                    [10]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1           12                                DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

VRAAG 5: LEESTEKS EN PRENT

5.1       Lees die teks (TEKS F) hieronder en beantwoord die vrae.

          TEKS F

                     GELIEFDE BOELIEBIEF WORD NIE MEER GEMAAK NIE

          Ons almal ken Bull Brand-boeliebief in die
          (5.1.1) (blik) met die bul daarop. Dit is die een met
          die rooi, geel en wit (5.1.2) (kleure/klere). (5.1.3) (My
          ma maak baie lekker kos daarmee.) Ek het veral
          daarvan gehou as sy dit saam (5.1.4) ... uie gebraai                                      5
          het.

          (5.1.5) (Gelukkig) het dit oor die jare duur geword.
          Dit het later R70 vir 300 (5.1.6) (gram) gekos.
          (5.1.7) (Mense kon dit betaal.) Hulle het iets anders
          probeer wat (5.1.8) (goedkoop) as Bull Brand is.                                          10
          Dit was egter nie (5.1.9) (the same) nie.

          Nou word Bull Brand-boeliebief nie meer in (5.1.10) (winkels) verkoop nie.
          (5.1.11) (Rhodes Fruit Group het dit gemaak.) Ek het (5.1.12) (julle/hulle)
          gebel om te hoor wat aangaan. (5.1.13) (Toe hoor ek. Rhodes Fruit Group
          maak dit nie meer nie.) Dan is dit nou amptelik: (5.1.14) (Bull Brand-boeliebief 15
          se dae is getel!).
                                                             [Verwerk uit Netwerk24, 3 Mei 2023]

          5.1.1       Gee die VERKLEINWOORD van "blik".                                                  (1)

          5.1.2       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                      Dit is die een met die rooi, geel en wit (kleure/klere).                           (1)

          5.1.3       Skryf die sin in die VERLEDE TYD.

                      My ma maak baie lekker kos daarmee.                                                (1)

          5.1.4       Vul die ontbrekende VOORSETSEL in.

                      Ek het veral daarvan gehou as sy dit saam ... uie gebraai het.                     (1)

          5.1.5       Gee die ANTONIEM van "Gelukkig".                                                   (1)

          5.1.6       Gee die AFKORTING vir "gram".                                                      (1)

          5.1.7       Skryf die sin in die ONTKENNING.

                      Mense kon dit betaal.                                                              (1)
Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 13

Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1          13                          DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

          5.1.8      Gee die KORREKTE VORM van die woord tussen hakies.

                     Hulle het iets anders probeer wat (goedkoop) as Bull Brand is.               (1)

          5.1.9      Gee die KORREKTE AFRIKAANS vir die woorde tussen hakies.

                     Dit was egter nie (the same) nie.                                            (1)

          5.1.10     Verdeel "winkels" korrek in LETTERGREPE.                                     (1)

          5.1.11     Skryf die sin in die LYDENDE VORM.

                     Rhodes Fruit Group het dit gemaak.

                     Begin só: Dit ...                                                            (1)

          5.1.12     Kies die korrekte VOORNAAMWOORD uit dié tussen hakies.

                     Ek het (julle/hulle) gebel om te hoor wat aangaan.                           (1)

          5.1.13     VERBIND die twee sinne hieronder met die VOEGWOORD tussen
                     hakies.

                     Toe hoor ek. Rhodes Fruit Group maak dit nie meer nie. (dat)                 (1)

          5.1.14     Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net
                     die vraagnommer (5.1.14) en die antwoord (A–D) neer.

                     Bull Brand se dae is getel! Dit beteken dat Rhodes Fruit Group ...

                     A    besluit het Bull Brand-boeliebief se tyd is verby.
                     B    getel het hoeveel dae Bull Brand op die rakke was.
                     C    besluit het om oor 'n paar dae weer Bull Brand te maak.
                     D    getel het hoeveel mense elke dag hulle produk gekoop het.               (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1            14                           DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

5.2       Bestudeer die prent (TEKS G) hieronder en beantwoord die vrae.

          TEKS G

               Tina
                                                            Joe              Tom
                                         Bea

                                                                  [Verwerk uit ClipartLibrary]

          5.2.1       Gee die MEERVOUD van die woord tussen hakies.

                      Daar sit drie (kind) by die tafel.                                         (1)

          5.2.2       Skryf die sin in die INFINITIEF.

                      Hulle is besig (studeer).                                                  (1)

          5.2.3       Gee die INTENSIEWE VORM van die woord tussen hakies.

                      Almal is (stil).                                                           (1)

          5.2.4       Skryf die sin in die korrekte WOORDORDE.

                      Tina pak die boeke (op die rakke) (netjies) (elke dag).                    (1)

          5.2.5       Verander die sin hieronder na 'n VRAAGSIN.

                      Bea sit langs Joe.

                      Begin só: Waar ...                                                         (2)
                                                                                                 [20]

                                                                  TOTAAL AFDELING C:             40
                                                                      GROOTTOTAAL:               80
Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mpumalanga/26c425f4-fab1-4fd6-ba8c-3a9b802b4140) — Afrikaans SAL · QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 Western Cape](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-western-cape/afd1be9c-6083-4b52-a9dd-4a08576d84f8) — Afrikaans SAL · QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-gauteng/a704e4e0-97b6-4d55-b45a-d72fa5efc84a) — Afrikaans SAL · QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-mpumalanga/a1407f79-0048-4a4c-a2fb-7c9aafc01a02) — Afrikaans SAL · Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-gauteng/204b3998-388d-4312-a14d-bc43b1529599) — Afrikaans SAL · Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-limpopo/4ecca3ab-b049-455c-97a9-e508bbd3107d) — Afrikaans SAL · Memo · 2024 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans SAL

- [Gr 12 Afrikaans SAL ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-afrikaans-sal-atp-2023-24/62a5661c-7dee-400e-8d08-3944f9c721f0) — ATP · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG KwaZulu-Natal](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-kwazulu-natal/4431038d-7fcf-40be-a6b8-edbefc700aac) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Free State](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-free-state/c7fd6c22-a455-4a14-b3a8-b0f7dc2ba104) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Eastern Cape.doc](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-eastern-cape-doc/e2d571ef-166c-4cc0-bd54-afefc2b92940) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 May-June 2023 MG](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-may-june-2023-mg/10b40ec7-ee9c-4023-a914-e298e45ce298) — Memo · 2023 · Afr
- [Afrikaans SAL P1 May-June 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-may-june-2023/823ad3bb-938b-47a5-a512-c081e7c25841) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
