# Afrikaans SAL Grade 12 P2 Supplementary Exams 2015 QP

> Grade 12 Afrikaans SAL Paper 2 question paper from the Supplementary Exams 2015, 11 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-feb-march-2015/1964f0ab-41aa-4f37-b70c-569f006a5c14
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans SAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: Supplementary Exams
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans SAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-sal) › [Afrikaans SAL Grade 12 P2 Supplementary Exams 2015 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-feb-march-2015/1964f0ab-41aa-4f37-b70c-569f006a5c14)

## About this document

Afrikaans Sal · Grade 12 · Supplementary Exams · 2015 · Afrikaans. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans SAL P2 Feb-March 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-feb-march-2015-memo/8183965c-6803-4aae-986f-0d5fec8127bd) — Memo · 2015 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                      GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                       GRAAD 12

                 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2

                            FEBRUARIE/MAART 2015

PUNTE: 80

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.

                                  *AFRSA2*

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2           2                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                              NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

          AFDELING A: Opstel                             (40)
          AFDELING B: Lang transaksionele teks           (20)
          AFDELING C: Kort transaksionele teks           (20)

2.        Beantwoord EEN vraag uit ELKE afdeling.

3.        Skryf in die taal wat geassesseer word.

4.        Begin ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy.

5.        BEPLANNING, REDIGERING EN PROEFLEES:

          •     Jy moet jou skryfstukke beplan, redigeer en proeflees.
          •     Gebruik vir jou beplanning, byvoorbeeld, ’n kopkaart, vloeidiagram,
                sleutelwoorde, ens.
          •     Doen elke keer beplanning VOORDAT jy die finale produk skryf.
          •     Dui die beplanning duidelik aan.
          •     TREK ’N STREEP DEUR DIE BEPLANNING NADAT JY DIE FINALE
                PRODUK GESKRYF HET.
6.        Beplan jou tyd só:

          AFDELING A: 60 minute
          AFDELING B: 30 minute
          AFDELING C: 30 minute

7.        Nommer elke skryfstuk soos wat dit in die vraestel genommer is.

8.        Skryf die vraagnommer en die titel neer.

9.        Skryf jou eie titel neer as jy oor ’n prent in VRAAG 1.5 skryf.

10.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2         3                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                            NSS

AFDELING A: OPSTEL

Skryf ’n opstel van 200–250 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe.
Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan.

VRAAG 1

1.1       DIT WAS GOED OM IEMAND TE HELP

          Mense het mekaar nodig.

          Skryf ŉ opstel waarin jy vertel of beskryf hoe jy iemand anders gehelp het.

          Dink aan die volgende:

          •   Wie het jy gehelp?
          •   Waar en wanneer het dit gebeur?
          •   Hoe het jy hierdie persoon gehelp?
          •   Waarom was dit vir jou goed om
              hierdie persoon te help?
                                                                   [Uit: Google Pictures]        [40]

1.2       MISDAAD

          Daar is baie misdaad in ons land. Dit raak ons almal.

          Skryf ŉ opstel waarin jy van ŉ misdaadinsident in jou lewe vertel of waarin jy
          ŉ misdaadinsident beskryf.

          Dink aan die volgende:

          •   Wat het gebeur?
          •   Waar en wanneer het dit gebeur?
          •   Hoe het dit jou lewe beïnvloed?
          •   Wat, dink jy, kan gedoen word om misdaad in ons land te stop?                      [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2        4                         DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                           NSS

1.3       MY GUNSTELINGKOS

          Ons almal hou daarvan om lekker te eet. Sekere kos is vir ons lekkerder as
          ander kos.

          Skryf ŉ opstel waarin jy vertel van watter
          kos jy die meeste hou of beskryf die kos wat
          vir jou die lekkerste is.

          Dink aan die volgende:

          •   Van watter kos hou jy die meeste?
          •   Hoekom is hierdie kos jou gunstelingkos?
          •   Waar eet jy hierdie gunstelingkos?
          •   Wanneer eet jy hierdie gunstelingkos?                 [Uit: Google Pictures]   [40]

1.4       AS EK MAAR GEWEET HET ...

          Soms is ons jammer oor dinge wat ons gedoen het.

          Skryf ŉ opstel waarin jy vertel van iets wat jy gedoen het waaroor jy nou
          jammer is.

          Dink aan die volgende:

          •   Wat het gebeur?
          •   Waar en wanneer het dit gebeur?
          •   Wat sou jy anders gedoen het as jy geweet het wat gaan gebeur?
          •   Waarom sou jy dit anders gedoen het?                                           [40]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2      5                        DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                         NSS

1.5       Kies EEN van die volgende prente en skryf ’n opstel daaroor.
          Skryf die VRAAGNOMMER van die opstel neer en gee jou opstel ŉ TITEL.
          Jou opstel moet met die prent verband hou.

          1.5.1

                                                                [Uit: Google Pictures]     [40]

          1.5.2

                                                                [Uit: Google Pictures]     [40]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2    6                      DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                       NSS

         1.5.3

                                             [Uit: Shuters Life Orientation, Gr. 9]    [40]

          1.5.4

                                                   [Uit: beautifulwallpapers.com]      [40]

                                                   TOTAAL AFDELING A:                  40

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2        7                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                           NSS

AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS

Skryf 80–100 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe.
Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan.

VRAAG 2

2.1       VRIENDSKAPLIKE BRIEF

          Jy en jou maats berei voor vir die aanvullende eksamen. Een van jou maats
          sukkel om te leer en is baie moedeloos.

          Skryf ŉ brief aan jou maat om hom/haar raad te gee oor hoe om vir die
          eksamen voor te berei.

          Dink aan die volgende:

          •   Waarom sukkel jou maat om te leer?
          •   Wat kan jou maat doen om sy/haar
              situasie te verbeter?
          •   Wat kan jy doen om jou maat te
              help?
          •   Wat kan jy sê om jou maat moed in
              te praat?
                                                               [Uit: Canstockphoto.com]         [20]

2.2       FORMELE BRIEF

          Die straat voor jou huis is baie besig. Sommige bestuurders ry baie vinnig in
          die straat.

          Skryf ŉ brief aan die hoof van die verkeersdepartement waarin jy kla oor
          hierdie roekelose bestuurders. Gee ook voorstelle oor hoe hierdie situasie
          verbeter kan word.

          Gebruik die volgende adres:

          Die Hoof van die Verkeersdepartement, Posbus 5461, Johannesburg, 2000.

          Dink aan die volgende:

          •   Waar bly jy?
          •   Wat is die probleem?
          •   Hoekom is hierdie roekelose
              bestuurders ŉ probleem?
          •   Wat, dink jy, kan gedoen word
              om die probleem op te los?                              [Uit: 3dstudio.com]       [20]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2        8                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                           NSS

2.3       RESENSIE

                                                             [Uit: www.sewendelaan.com]

          Jy kyk graag na die sepie 7de Laan op die televisie. Dit help jou met jou
          Afrikaans.
          Skryf nou ŉ resensie oor 7de Laan vir die skoolkoerant om ander leerders te
          motiveer om ook 7de Laan te kyk.
          Dink aan die volgende:
          •   Wanneer en op watter kanaal kan jy na 7de Laan kyk?
          •   Wie is die hoofkarakters in hierdie sepie?
          •   Wat gebeur in hierdie sepie?
          •   Hoe help 7de Laan om jou Afrikaans te verbeter?                                  [20]

2.4       TOESPRAAK

          Een van julle gemeenskapsleiers het jou gevra om ŉ toespraak te hou om die
          mense in julle gemeenskap te motiveer om nie gemors rond te gooi nie.

          Skryf nou ŉ informele toespraak waarin jy die mense in jou gemeenskap
          motiveer om die omgewing skoon te hou.

          Dink aan die volgende:

          •   Watter gemors gooi die mense rond?
          •   Wat gebeur as die gemors so
              rondgegooi word?
          •   Hoe kan elke mens help om die
              omgewing skoon te hou?
          •   Hoekom is dit belangrik om die
              omgewing skoon te hou?

                                                                    [Uit: Google Pictures]     [20]

                                                             TOTAAL AFDELING B:                20

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2           9                                 DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                              NSS

AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS

Skryf 50–80 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe.
Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan.

VRAAG 3

LET WEL: As jy VRAAG 3.1 beantwoord, moet jy VRAAG 3.1.1 EN VRAAG 3.1.2
         doen.

3.1       3.1.1      UITNODIGINGSKAARTJIE

                     Julle skoolhoof tree aan die einde van die maand af met pensioen.
                     Julle organiseer ŉ afskeidsfunksie vir hom.

                                                   [Verwerk uit: veebedoo.com]

                     Jy is gevra om ŉ uitnodiging te skryf om die hoof en personeel van
                     die ander skool in julle omgewing na die afskeidsfunksie te nooi.

                     Skryf nou die uitnodiging aan die hoof en personeel van die ander
                     skool om hulle na die afskeidsfunksie uit te nooi. (Ongeveer
                     50 woorde)

                     Dink aan die volgende:

                     •   Wie word uitgenooi?
                     •   Wanneer, waar en hoe laat gaan die afskeidsfunksie plaasvind?
                     •   Wat is die kleredrag?
                     •   Wie is die kontakpersoon, wat is die kontaknommer en hoe moet
                         die skool antwoord?

                                              EN

          3.1.2      ANTWOORD OP DIE UITNODIGING

                     Skryf die buurskool se antwoord in ŉ kort nota. (Ongeveer 20
                     woorde)

                     •   Aanvaar die buurskool die uitnodiging of nie?
                     •   Indien wel, wie gaan almal saamkom?

                     LET WEL: Punte word vir inhoud toegeken, NIE vir versierings
                              NIE.                                                                     [20]
Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2         10                         DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                            NSS

3.2    POSKAART

        Jy het na een van Bafana Bafana se sokkerwedstryde gaan kyk.
        Jy het ŉ poskaart gekoop met ŉ foto van Bafana Bafana op die voorkant.

                                  BAFANA BAFANA

        Teken die agterkant van die poskaart in jou ANTWOORDEBOEK oor.

                                                                           Posseël

        Skryf ŉ boodskap aan jou ouers op hierdie poskaart.
        Vertel van die wedstryd wat jy gesien het en hoe jy daaroor gevoel het.

        LET WEL: Onthou om jou ouers se adres op die poskaart te skryf.                        [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2                               11                                       DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                                                  NSS

3.3     RIGTINGAANWYSINGS

        ŉ Man vra jou om vir hom die pad vanaf die hospitaal na die bushalte te
        verduidelik.

        Verduidelik aan die man hoe om tot by die bushalte te loop deur die pyltjies op
        die roetekaart hieronder te volg. Gebruik straatname, bakens en
        rigtingaanwysers. Skryf die aanwysings puntsgewys neer.

        Begin só:

         1. Stap in Buffelstraat af tot by ...
         2. ...
         3. ...

                                                                                                                               X

                                             Koedoestraat
                                                                                                  Buffelstraat

                                                                                 Leeustraat

                                                              Polisiestasie
                                                                                                                   Hospitaal
              Treinstasie
                                                            Krokodilstraat

                            Renosterstraat                                       Seekoeistraat                   Sebrastraat
                                                                        Parkie

                                                            Luiperdstraat
                                                                                                  Bushalte

                                                                                                                                   [20]

                                                                                                 TOTAAL AFDELING C:                20
                                                                                                     GROOTTOTAAL:                  80

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans SAL P1 Feb-March 2015 Eastern Cape](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-feb-march-2015-eastern-cape/87df6f73-d0a4-495a-b268-fff21c78a789) — Afrikaans SAL · QP · 2015 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2015](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2015/9bb4804f-6d14-4267-8cb9-3a1056be2ad4) — Afrikaans SAL · QP · 2015 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Feb-March 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-feb-march-2016/a49df5e3-96a8-4863-b7aa-87309939f122) — Afrikaans SAL · QP · 2016 · Afr
- [Afrikaans SAL P1 Feb-March 2015 Memo Eastern Cape](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-feb-march-2015-memo-eastern-cape/3a185278-368a-439e-9b41-2f0bf816fb8b) — Afrikaans SAL · Memo · 2015 · Afr
- [Afrikaans SAL P1 Feb-March 2015 Memo Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-feb-march-2015-memo-gauteng/d3774562-a57c-407f-bae9-d246ac8712e5) — Afrikaans SAL · Memo · 2015 · Afr
- [Afrikaans SAL P1 Feb-March 2015 Memo Free State](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-feb-march-2015-memo-free-state/1915e944-815c-42bf-90c7-752389b28822) — Afrikaans SAL · Memo · 2015 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans SAL

- [Gr 12 Afrikaans SAL ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-afrikaans-sal-atp-2023-24/62a5661c-7dee-400e-8d08-3944f9c721f0) — ATP · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-mpumalanga/a1407f79-0048-4a4c-a2fb-7c9aafc01a02) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-gauteng/204b3998-388d-4312-a14d-bc43b1529599) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-limpopo/4ecca3ab-b049-455c-97a9-e508bbd3107d) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG KwaZulu-Natal](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-kwazulu-natal/4431038d-7fcf-40be-a6b8-edbefc700aac) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Free State](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-free-state/c7fd6c22-a455-4a14-b3a8-b0f7dc2ba104) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
