# Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2022 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans SAL Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2022, 11 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-may-june-2022-north-west/970ffd34-9c43-4dd7-aa44-bfdba2a63c4d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans SAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans SAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-sal) › [Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-may-june-2022-north-west/970ffd34-9c43-4dd7-aa44-bfdba2a63c4d)

## About this document

Afrikaans Sal · Grade 12 · NSC June Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans SAL P2 May-June 2022 MG Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-may-june-2022-mg-mpumalanga/e909bf25-86c2-4905-8e2b-99d0e09da26d) — Memo · 2022 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 May-June 2022 MG Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-may-june-2022-mg-limpopo/83485010-6770-43f5-98bf-e0730f87c14a) — Memo · 2022 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 May-June 2022 MG Western Cape](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-may-june-2022-mg-western-cape/63f04db9-3ea3-41f1-8ba8-9a55b626d7f5) — Memo · 2022 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2

                                         2022

                                    NOORDWES

                                                                        PUNTE: 40

                                                                      TYD: 1½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2         2                                     DBE/2022
                                        SS/NSS (Noordwes)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.        MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die
          INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommer van
          die vrae oor die teks(te) wat jy hierdie jaar bestudeer het.

2.        Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:

          AFDELING A:        Kortverhale (40)
          OF
          AFDELING B:        Drama       (40)

3.        Beantwoord die vrae in EEN van die afdelings:

          AFDELING A: KORTVERHALE
          Beantwoord die vrae oor TWEE kortverhale wat jy bestudeer het.

          OF

          AFDELING B: DRAMA
          Beantwoord die vrae oor die drama (Perdekrag) wat jy bestudeer het.

4.        Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Laat 'n reël oop na elke antwoord.

7.        Voorgestelde tydsindeling:

          AFDELING A: 90 minute

          OF

          AFDELING B: 90 minute

8.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2           3                           DBE/2022
                                       SS/NSS (Noordwes)

INHOUDSOPGAWE

Kies SLEGS die afdeling wat jy bestudeer het.

AFDELING A: KORTVERHALE

Beantwoord Verhaal A EN Verhaal B.
            VRAAGNOMMER                              PUNTE      BLADSYNOMMER
1. Verhaal A                                           20             4
   "Rooikoos Willemse is soek"
   EN
   Verhaal B                                               20          6
   "Die dag van die roos"

                                             OF

AFDELING B: DRAMA

Beantwoord slegs die EEN vraag.
2. Perdekrag                                               40          8

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2           4                                 DBE/2022
                                       SS/NSS (Noordwes)

AFDELING A: KORTVERHALE

VRAAG 1: KINDERS VAN DIE AARDE – Charles Fryer

Hierdie afdeling bestaan uit EEN vraag.

Beantwoord die vrae oor AL TWEE verhale.

VERHAAL A: "ROOIKOOS WILLEMSE IS SOEK" – Abraham H de Vries (20)
EN
VERHAAL B: "DIE DAG VAN DIE ROOS" – Jan Rabie (20)

VERHAAL A: "ROOIKOOS WILLEMSE IS SOEK" – Abraham H de Vries

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS A

    ... Toe kyk hy weer in die spieël.
    En toe loop hy by die deur uit.
    Onder in die ingangsportaal van die hotel staan 'n telefoonhokkie. Hy stap soontoe,
soek in sy sakke na geld en draai die slingertjie. Hy vra die nommer van die hotel op
my dorp, die sentrale sê vir hom sy sal hom sommer dadelik deurskakel, en hy bly               5
staan. Een van die skoonmakers in die hotel op my dorp gee antwoord, want die hotel
se mense het Sondae altyd bietjie later geslaap.
    "Ja, meneer ..."
    Toe weet Rooikoos nie wat om te sê nie. Hy staan net en die eerste groot traan
loop oor sy gladgeskeerde wange. Net voordat die man aan die ander kant weer die               10
telefoon wil neersit, toe kry Rooikoos dit oor sy hart – en oor sy lippe:

1.1       Daar is verskillende karakters in 'n kortverhaal.

          1.1.1       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                      Die hoofkarakter in hierdie verhaal is (Jan, die skoonmaker/
                      Rooikoos Willemse).                                                          (1)

          1.1.2       Waarom sê jy so?                                                             (1)

1.2       In watter dorp se hotel het Rooikoos die Sondagoggend wakker geword?                     (1)

1.3       "Toe kyk hy weer in die spieël." (Reël 1)

          Wat het Rooikoos in die spieël gesien? Noem EEN ding.                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2            5                                  DBE/2022
                                        SS/NSS (Noordwes)

1.4       Skryf die volgende vier insidente onder mekaar oor in die VOLGORDE soos
          wat dit in die verhaal gebeur:
             Rooikoos het sy klere aangetrek.
             Rooikoos het met Jan gepraat.
             Die kelner het Rooikoos se koffie gebring.
             Rooikoos het besef hy is nie in sy eie hotelkamer nie.                             (4)
1.5       In hierdie verhaal kry ons 'n voorbeeld van uiterlike konflik.
          1.5.1       Tussen wie was die konflik?                                                (1)
          1.5.2       Waaroor was daar konflik?                                                  (1)
1.6       1.6.1       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                      Die verhaal is 'n (moderne/outydse) verhaal.                               (1)
          1.6.2       Motiveer jou antwoord. Jy mag woorde/sinne uit die uittreksel
                      aanhaal.                                                                   (1)
1.7       1.7.1       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                      Wanneer Rooikoos Willemse te veel gedrink het, het hy (aggressief
                      geraak/nie baie gepraat nie).                                              (1)
          1.7.2       Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.7.1 met TWEE feite/bewyse
                      uit die verhaal.                                                           (2)
1.8       1.8.1       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                      Dit was (reg/verkeerd) van die mense om ná die wedstryd vir
                      Rooikoos so baie drankies te koop.                                         (1)

          1.8.2       Waarom sê jy so?                                                           (1)

1.9       Aan die einde van die verhaal was Rooikoos in die moeilikheid.

          1.9.1       Watter raad sou jy vir hom gegee het om uit die moeilikheid te
                      kom?                                                                       (1)

          1.9.2       Hoe sou hierdie raad vir Rooikoos uit dié moeilikheid gekry het?           (1)

1.10      Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die
          vraagnommer (1.10) neer.

          Die tema van hierdie verhaal is ...

          A       goeie vriende.
          B       goeie keuses.
          C       goeie maniere.
          D       goeie sportmanskap.                                                            (1)
                                             EN

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2             6                                   DBE/2022
                                         SS/NSS (Noordwes)

VERHAAL B: "DIE DAG VAN DIE ROOS" – Jan Rabie

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS B

   Toe hy sien dat die meisies aan terugkom is, het hy verbouereerd begin rondstaan
in die sand. Die roosstengel het begin brand in sy beswete hand. Die stippeltjies het
groter geword, en 'n lamheid en 'n skaamte het oor hom geval dat hy so daar staan. Hy
het gedink hulle sal dalk lag. Skielik het hy die rooi roos regop ingedruk in die sand
waar hulle verby sou kom. Hy het nog 'n oomblik daarlangs gestaan, en beangs gedink                5
dat die vriendin dalk kan meen die roos is vir haar bedoel. Haastig het hy weer gebuk
en VIR ALTA in groot lomp sandletters langs die roos geskrywe, en weggespring
daarvandaan en gemaak asof hy skulpe soek in die voorste branders.
   Hy het flarde van hul hoë sopraanstemme soos hul 'n liedjie loop en sing, bo die
branders gehoor. Dit het hom benoud laat dink aan vlug, maar tog in 'n soet, verskrikte            10
bedwelming teruggehou.

1.11      Daar is verskillende tipe vertellers in 'n kortverhaal.

          1.11.1      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                      In hierdie verhaal kry ons 'n (ek-verteller/derdepersoonsverteller).             (1)

          1.11.2      Waarom sê jy so?                                                                 (1)

1.12      Watter tyd van die jaar het hierdie verhaal afgespeel?                                       (1)

1.13      Waarmee het een van die seuns vir Alta geterg?                                               (1)

1.14      Die verskillende karakters het verskillende dinge in hierdie verhaal gedoen.

          Kies elke keer dit uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf
          net die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.14.1 tot 1.14.4) neer.

                      KOLOM A                                   KOLOM B
         1.14.1       Die verliefde seun       A     … het vrolik op die sand gespeel.

         1.14.2       Die jongklomp            B     … het eerste langs die roos gebuk.

         1.14.3       Alta                     C     … kon nie oor dieper gevoelens praat
                                                     nie.
         1.14.4       Alta se vriendin
                                               D     … het teruggegaan om die roos te
                                                     gaan haal.

                                               E     … het in die see om hulp geroep.
                                                                                        (4 x 1)          (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2            7                                  DBE/2022
                                        SS/NSS (Noordwes)

1.15      Die titel van hierdie verhaal kan letterlik of figuurlik wees.

          Gee EEN rede waarom die titel letterlik is en EEN rede waarom die titel
          figuurlik is.                                                                          (2)

1.16      Die titel van die verhaal is "Die dag van die roos".

          1.16.1      Waar speel hierdie verhaal af?                                             (1)

          1.16.2      Hoe is die atmosfeer (stemming) in hierdie verhaal?                        (1)

1.17      1.17.1      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                      (Alta/Die verliefde seun) is die karakter wat die meeste in hierdie
                      verhaal verander het.                                                      (1)

          1.17.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.17.1.

                      Jy moet in jou antwoord sê hoe die karakter aan die begin was en
                      hoe die karakter aan die einde anders was.                                 (2)

1.18      Die verhaal eindig waar die seun uitbundig in die see swem.

          1.18.1      Waarom het die verhaal vir die verliefde seun gelukkig geëindig?           (1)

          1.18.2      Hoe sou jy die verhaal laat eindig het sodat dit nog beter vir die
                      verliefde seun was?                                                        (1)

1.19      Alta het verkeerd opgetree daar op die strand.

          1.19.1      Wat het Alta gedoen wat verkeerd was?                                      (1)

          1.19.2      As jy Alta was, wat sou jy eerder gedoen het?                              (1)

1.20      Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die
          vraagnommer (1.20) neer.

          Die boodskap van hierdie verhaal is jy moet ...

          A    romanties wees.
          B    vir ander sê hoe jy voel.
          C    weet waarvan meisies hou.
          D    dit aanvaar as ander nie voel soos jy voel nie.                                   (1)

                                                                    TOTAAL AFDELING A:           40

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2           8                                   DBE/2022
                                       SS/NSS (Noordwes)

AFDELING B: DRAMA

VRAAG 2: PERDEKRAG – Cecilia du Toit

Hierdie afdeling bestaan uit EEN vraag.

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS C

WILMA:        (Waarskuwend.) Ek wag vir jou.
LUCKY:        (Klik vererg met sy tong.) Ek wil net gou 'n paar SMS'e stuur. (Hy bly besig
              met die selfoon.)
WILMA:        (Kwaai.) En ek sê nee. Sit dit weg. Nou.
LUCKY:        (Sug oordrewe.) No sweat. Jy kan relax. (Hy druk die selfoon in sy jeans           5
              se agtersak.)
WILMA:        Daarso. (Wilma beduie weer na die stoorkamer en wag terwyl Lucky sy
              sak ingooi en dan skoorvoetend naderkom.)
              Jy gaan hier by die stalle werk.
              (Wilma kry 'n hooivurk en hou dit na Lucky uit. Lucky maak asof hy nie die         10
              vurk in Wilma se hand sien nie en stap na Binki. Hy vat die bottel met
              leerolie uit haar hand. Hy ruik daaraan en trek 'n suur gesig.)
LUCKY:        Dit stink soos vrot voete.
              (Hy vat die lap uit Binki se hand asof hy by haar gaan oorneem.)

2.1       'n Drama het spesifieke kenmerke.

          2.1.1       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                      Reël 10–12 is (dialoog/toneelaanwysings).                                      (1)

          2.1.2       Wat is die doel hiervan?                                                       (1)

2.2       Noem EEN van die werkies wat Lucky by die stalle moes doen.                                (1)

2.3       Waaraan het Binki leerolie gesmeer?                                                        (1)

2.4       Skryf die volgende vier insidente onder mekaar oor in die VOLGORDE soos
          wat dit in die drama gebeur:

             Die magistraat het gesê Lucky moes gemeenskapsdiens doen.
             Lucky het iemand se katjies doodgemaak.
             Lucky kom by Wilma se perdeplaas aan.
             Lucky ontmoet vir Binki.                                                               (4)

2.5       2.5.1       Op watter perdeplaas speel hierdie drama af?                                   (1)

          2.5.2       Watter woord in reël 8 sê vir ons dat Lucky nie wil saamwerk nie?              (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2            9                                    DBE/2022
                                        SS/NSS (Noordwes)

2.6       2.6.1        Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                       Hierdie drama is (modern/outyds).                                               (1)
          2.6.2        Motiveer jou antwoord. Jy mag woorde/sinne uit die uittreksel
                       aanhaal.                                                                        (1)

2.7       2.7.1        Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                       Wilma is 'n persoon wat (nie simpatie met ander mense het nie/
                       omgee vir ander mense).                                                         (1)

          2.7.2        Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.7.1 met TWEE feite/bewyse uit
                       die drama.                                                                      (2)

2.8       2.8.1        Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                       Dit was (verkeerd/reg) dat Lucky gemeenskapsdiens moes doen.                    (1)
          2.8.2        Waarom sê jy so?                                                                (1)

2.9       Ons lees in die uittreksel dat Lucky besig is om Wilma kwaad te maak.
          2.9.1        Watter raad sou jy vir hom gegee het?                                           (1)
          2.9.2        Hoe sou hierdie raad Lucky gehelp het?                                          (1)

2.10      Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die
          vraagnommer (2.10) neer.
          Die tema van hierdie drama is ...
          A       familieverhoudings.
          B       dieremishandeling.
          C       vriendskap.
          D       genesing.                                                                            (1)

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.
TEKS D

LUCKY:        Hei, jy sal maak soos ek sê. Kom hier!
              (Kaizer bly staan. Lucky stap nader aan Kaizer en lig die karwats. Die
              oomblik toe hy vorentoe tree om Kaizer oor die neus te slaan, ruk Kaizer
              sy kop op en stamp Lucky terug. Lucky struikel agteroor en val in die hoop
              strooi. Kaizer runnik kwaai en trippel dreigend rondom en bo-oor Lucky.              5
              Lucky skuifel verskrik weg en Kaizer keer hom teen die staldeur vas.
              Lucky hou sy kop vas en skree bang.)
              Nee! Moenie! Asseblief! Moenie! Asseblieeeef!
              (Kaizer staan stil en Lucky kruip weg. As hy voel dat hy veilig is, laat hy sy
              kop in sy hande sak en begin te snik van pure skok. Kaizer staan rustig              10
              eenkant en snuffel deur die hooi.)
              Ek is so verskriklik verskriklik jammer jammer jammer.
              (Hy kyk pleitend na Kaizer.)
              Binki sê julle perde verstaan beter as mense. Asseblief, vergewe my.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2           10                                     DBE/2022
                                        SS/NSS (Noordwes)

2.11      Daar is verskillende karakters in 'n drama.

          2.11.1      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                      Die hoofkarakter in hierdie drama is (Wilma/Lucky).                           (1)

          2.11.2      Waarom sê jy so?                                                              (1)

2.12      Wat het Lucky ná die konfrontasie in die stal vir Kaizer gegee?                           (1)

2.13      Kaizer is een van die perde op die perdeplaas.

          Noem EEN van die ander perde se naam.                                                     (1)

2.14      Die verskillende karakters het verskillende dinge in hierdie verhaal gedoen.

          Kies elke keer dit uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf
          net die letter (A–E) langs die vraagnommers (2.14.1 tot 2.14.4) neer.

                     KOLOM A                                   KOLOM B
         2.14.1       Lucky                  A    ... het nie maklik met ander mense
                                                  gepraat nie.
         2.14.2      Binki
                                             B    ... het geweet hoe om met perde te
         2.14.3      Sabrina                      werk.

         2.14.4      Wilma                   C    ... het in ander mense se huise gewerk.

                                             D    ... het nie van ryk mense gehou nie.

                                             E    ... het baie keer oorsee gereis.
                                                                                         (4 x 1)    (4)

2.15      Die titel van hierdie verhaal kan letterlik of figuurlik wees.

          Gee EEN rede waarom die titel letterlik is en EEN rede waarom die titel
          figuurlik is.                                                                             (2)

2.16      In hierdie uittreksel kry ons 'n voorbeeld van uiterlike konflik tussen Lucky en
          Kaizer.

          2.16.1      Wat het Lucky gedoen?                                                         (1)

          2.16.2      Wat het Kaizer gedoen?                                                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2          11                                    DBE/2022
                                         SS/NSS (Noordwes)

2.17      2.17.1      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                      (Sabrina/Binki) is die karakter wat die meeste in hierdie drama
                      verander het.                                                            (1)

          2.17.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.17.1.

                      Jy moet in jou antwoord sê hoe die karakter aan die begin was en
                      hoe die karakter aan die einde anders was.                               (2)

2.18      Aan die einde van die drama loop Lucky en die perde saam in 'n sirkel.

          2.18.1      Waarom het die drama vir Lucky gelukkig geëindig?                        (1)

          2.18.2      Hoe sou jy die drama laat eindig het sodat dinge vir Lucky nog
                      beter sou wees?                                                          (1)

2.19      Binki het haar letsels weggesteek.

          2.19.1      Verduidelik wat jy ANDERS sou doen as jy letsels gehad het.              (1)

          2.19.2      Hoe sou dit wat jy sou doen, jou lewe makliker gemaak het?               (1)

2.20      Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die
          vraagnommer (2.20) neer.

          'n Les wat 'n mens uit hierdie drama kan leer, is dat jy ...

          A    jou vriende goed moet kies.
          B    vir alle diere lief moet wees.
          C    die beste van jou omstandighede moet maak.
          D    die werk wat jy kry om te doen, goed moet doen.                                 (1)

                                                                   TOTAAL AFDELING B:          40
                                                                       GROOTTOTAAL:            40

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans SAL P2 May-June 2022 Eastern Cape](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-may-june-2022-eastern-cape/b81aba2f-0782-4e35-a8d2-3b7e1451e26b) — Afrikaans SAL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 May-June 2022 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-may-june-2022-limpopo/83380508-b84e-4588-8011-518581e07768) — Afrikaans SAL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 May-June 2022 Northern Cape](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-may-june-2022-northern-cape/dad08442-c6ff-4187-af11-5dc80642f15e) — Afrikaans SAL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 May-June 2022 KwaZulu-Natal](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-may-june-2022-kwazulu-natal/64e225a5-c72c-4072-aed9-b25aeab22b7a) — Afrikaans SAL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 May-June 2022 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-may-june-2022-mpumalanga/6266a947-f3b6-4cf7-9add-cd7c08b5db98) — Afrikaans SAL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 May-June 2022 Free State](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-may-june-2022-free-state/a2f8fe35-a0c2-4a08-aea0-66be268ec8bf) — Afrikaans SAL · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans SAL

- [Gr 12 Afrikaans SAL ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-afrikaans-sal-atp-2023-24/62a5661c-7dee-400e-8d08-3944f9c721f0) — ATP · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-mpumalanga/a1407f79-0048-4a4c-a2fb-7c9aafc01a02) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-gauteng/204b3998-388d-4312-a14d-bc43b1529599) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-limpopo/4ecca3ab-b049-455c-97a9-e508bbd3107d) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG KwaZulu-Natal](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-kwazulu-natal/4431038d-7fcf-40be-a6b8-edbefc700aac) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Free State](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-free-state/c7fd6c22-a455-4a14-b3a8-b0f7dc2ba104) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
