# Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 NSC November Exams 2015 Memo

> Grade 12 Afrikaans SAL Paper 2 memorandum from the NSC November Exams 2015, 20 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2015-memo/91b5e94e-41e7-479a-80fa-53485941fbeb
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans SAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2015
- Exam period: NSC November Exams
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 20

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans SAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-sal) › [Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 NSC November Exams 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2015-memo/91b5e94e-41e7-479a-80fa-53485941fbeb)

## About this document

Afrikaans Sal · Grade 12 · NSC November Exams · 2015 · Afrikaans. Memorandum, 20 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans SAL P2 Nov 2015](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2015/9bb4804f-6d14-4267-8cb9-3a1056be2ad4) — QP · 2015 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2

                                 NOVEMBER 2015

                                  MEMORANDUM

PUNTE: 80

                      Hierdie memorandum bestaan uit 20 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2           2                        DBE/November 2015
                                       NSS – Memorandum

LEERUITKOMS 3: SKRYF EN AANBIED

ALGEMEEN

1.       Gebruik die rubrieke in die assesseringsriglyne.

         AFDELING A                    VRAAG 1.1–1.5      OPSTEL
         AFDELING B                    VRAAG 2.1          FORMELE BRIEF
                                       VRAAG 2.2          VRIENDSKAPLIKE BRIEF
                                       VRAAG 2.3          DIALOOG
                                       VRAAG 2.4          INFORMELE TOESPRAAK
         AFDELING C                    VRAAG 3.1          STROOIBILJET
                                       VRAAG 3.2          DAGBOEKINSKRYWING
                                       VRAAG 3.3          INSTRUKSIES

2.       Bestudeer en bespreek die rubrieke baie deeglik. Let veral daarop dat
         beplanning, redigering en formaat by die rubrieke ingesluit is.

3.       As ŉ onderwerp misgetas is, word die kandidaat se antwoordeboek na die
         senior nasiener verwys. Die kandidaat moet volgens die rubrieke baie laag op
         inhoud aangeslaan word.

4.       Indien daar twyfel oor ŉ onderskeidingskandidaat se skryfstuk(ke) bestaan,
         moet dit eweneens met die senior nasiener bespreek word.

5.       Indien ŉ skryfstuk grootliks uit die vraestel saamgeflans word of dele van
         opdragte uit die vraestel word net so oorgeskryf, ontvang die kandidaat geen
         punte nie. Kommentaar sal wees: Nie eie werk nie/Saamgeflans. Indien dele
         van die skryfstuk wel die kandidaat se eie werk is, word hierdie dele volgens die
         laagste kode geassesseer.

6.       Die nasiener moet die voorgeskrewe nasiensimbole (bl. 3) gebruik by die
         nasien van ŉ skryfstuk. Moenie net strepe onder die foute trek nie.

7.       By skryfstukke wat te lank is, word die maksimum lengte nagesien en ŉ streep
         deur die res getrek.

8.       By VRAAG 1.5:
         • Die titel en die kern van die prent behoort by mekaar aan te sluit.
         • Indien die titel nie by die kern van die prent pas nie, maar die inhoud spreek
            steeds die kern van die prent aan, word die titel geïgnoreer.
         • Die onderwerpe kan verhalend of beskrywend wees. Die prente dien slegs
            as prikkels.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2               3                           DBE/November 2015
                                           NSS – Memorandum

SIMBOLE/TEKENS BY DIE NASIEN
Die volgende simbole/tekens behoort deur die onderskeie provinsies gebruik te word.

          VERDUIDELIKING                       SIMBOOL                       BESKRYWING
Woordorde                                          (...)         Hakies/pyltjie
Spelfout                                             =           Twee kort strepies onder ŉ woord
Woordkeuse                                            /          Haal met ŉ streep deur
Tydfoute                                   T (in die kantlyn)    Hoofletter T
Woord(e) weggelaat                                   ^           Weggelaatteken
Paragraafindeling                                    //          Dubbele skuinsstreep
Taalfoute                                         ______         Enkelstreep onder die taalfout
Herhaling                                  hh (in die kantlyn)   Dubbele hh
Paragraaf is een, lang, lomp sin                     [           Begin van nuwe sin
Onduidelik/Onverstaanbaar                   ∫ (in die kantlyn)   Kronkelstreep
Saamgeflans uit vraestel                   Vr (in die kantlyn)   Hoofletter V; kleinletter r
Punktuasie                                           o           Omkring
Erkenning van taaljuweeltjies                                   Regmerkie bo goeie taalgebruik,
                                                                 idees of uitdrukkings.
Woorde uit ander tale/*nie-                        X             Trek ŉ X oor die verkeerde woord.
funksionele/vreemde woorde
*Standaardafrikaans bly die norm.
Gebruiksafrikaans moet vermy word.
Aanvaar terme waarvoor Afrikaans nog nie
ekwivalente het nie. Aanvaar ook
gemotiveerde Afrikaanse streekswoorde/-
uitdrukkings.

NEERSKRYF VAN PUNTE

1.        Gebruik die korrekte rubriek vir elke tipe skryfstuk.

2.        Assesseer die kandidaat            se   skryfstukke    na   aanleiding   van    die   vyf
          KATEGORIEË volgens:
          AFDELING A: INHOUD en BEPLANNING (24 punte), TAAL, STYL
                      en REDIGERING (12 punte) en STRUKTUUR (4 punte).
          AFDELING B: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (12 punte) en TAAL,
                      STYL en REDIGERING (8 punte).
          AFDELING C: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (12 punte)
                      en TAAL, STYL en REDIGERING (8 punte).

3         Evalueer hoe uitsonderlik, gemiddeld of onvoldoende die kandidaat binne
          daardie kategorieë tussen die gegewe punte is, bv. uit ŉ gegewe punt van 12 -
          14 uit 40, moet die nasiener kan assesseer watter punt die skryfstuk verdien.
          Indien die punt vir Inhoud & Beplanning (Afdeling A) in die UITSONDERLIK of
          KNAP kategorie val, moet die nasiener bepaal of die punt in die hoë of lae
          subkategorie val. Skryf net EEN punt neer.

4.        Hou die omskrywing (UITSONDERLIK/GEMIDDELD/ ONVOLDOENDE) by die
          kategorieë in gedagte. Dis ŉ hulpmiddel.

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2             4                        DBE/November 2015
                                         NSS – Memorandum

5.        Skryf die punt soos volg neer:
    AFDELING A       Omskrywing        Punt       AFDELING B en C    Omskrywing           Punt
        I/B              K-             16        I/B/F                  K                  9
       T/S/R             E               3        T/S/R                  K                  5
         S               K               3        TOTAAL:                                  14
TOTAAL:                                22

          Let wel:
          Indien die punt vir Inhoud & Beplanning (Afdeling A), in die UITSONDERLIK
          of KNAP kategorie val, word die punt in die hoë subkategorie met ’n +
          aangedui en in die lae subkategorie met ’n - .

AFDELING A: OPSTELTIPES

VERHALENDE OPSTEL (Generies)
Dis ŉ interessante vertelling van ŉ storie/gebeurtenis(-se), gewoonlik uit die verlede.
Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word.
•      Hierdie opstel gaan oor iets wat gebeur het en oorvertel word (ŉ storie of
       gebeurtenis).
•      Dit word opreg en met entoesiasme geskryf.
•      Die inhoud is boeiend, interessant en samehangend.
•      Die vertel-/storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
•      Die verhaal word uit eie ervaring geskryf of kan fiktief wees.
•      Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
•      Die kandidaat moet ŉ treffende inleiding skryf wat die leser boei.
•      Daar moet ’n verrassende slot wees.
•      Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
       geniet.

BESKRYWENDE OPSTEL (Generies)
Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf
wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat
beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef.
•     Waarnemings met al vyf sintuie en ’n goeie woordeskat word vereis.
•     Insig, begrip, eie belewing en sinvolheid geniet aandag. (Dit is meer as net die
      opnoem van waarnemings.)
•     Tekste kan varieer van realisties na ’n verdieping in die aanbieding.
•     Eie gevoelens oor die beskrywing kan gegee word.
•     Plekke, gebeure en karakters word presies en akkuraat beskryf.
•     Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
•     Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word op ’n oorspronklike wyse aangewend.
•     Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
      geniet.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2           5                          DBE/November 2015
                                       NSS – Memorandum

Die formaat van die opstel

Inleiding:        Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel
                  word. Dit behoort treffend, relevant, kort en saaklik te wees.

Liggaam:          Dit het verskeie paragrawe waarvan een sin per paragraaf dan
                  gewoonlik die hoofgedagte bevat.
                  Die ander sinne in die paragraaf is ter ondersteuning van die
                  hoofgedagtes en/of mening van die skrywer.

Slot:             Dit is die laaste paragraaf wat die gebeure in die opstel saamvat.

WENKE AAN NASIENERS:

Die riglyne wat by die vrae gegee is, hoef nie gevolg te word nie.
Die vraag is of die kandidaat wel oor die onderwerp geskryf het.

1.1     EK IS 'N TIENER
        • Die kandidaat moet ŉ opstel skryf waarin hy/sy vertel waarom dit lekker is/nie
           lekker is om ŉ tiener te wees (nie) of waarin hy/sy tienerwees beskryf.
        • Die opstel moet in die teenwoordige tyd geskryf word.
        • Die belangrikste elemente kan die volgende wees:
          - Watter dinge vir tieners belangrik is.
          - Goeie geleenthede vir tieners.
          - Probleme wat tieners ondervind.
          - Waarom dit vir die kandidaat lekker/nie lekker is om ŉ tiener te wees (nie).          [40]

1.2     HY/SY LAAT MY ALTYD GLIMLAG
        • Die kandidaat moet ŉ opstel skryf waarin hy/sy vertel van iemand wat
           hom/haar altyd laat glimlag of so ŉ persoon beskryf.
        • Die opstel kan in die teenwoordige of verlede tyd geskryf word.
        • Die belangrikste elemente kan die volgende wees:
           - Wie hierdie persoon is.
           - Wat die kandidaat se verhouding met hierdie persoon is.
           - Wat hierdie persoon doen om die kandidaat te laat glimlag.
           - Hoekom hierdie persoon altyd ’n spesiale plek in die kandidaat se lewe sal
             hê.                                                                                  [40]

1.3     DIE LAASTE DAG VAN MY SKOOLLOOPBAAN
        • Die kandidaat moet ŉ verhalende of beskrywende opstel skryf waarin hy/sy
           van die laaste dag van sy/haar skoolloopbaan vertel of dit beskryf.
        • Die opstel moet in die verlede tyd geskryf word.
        • Die belangrikste elemente kan die volgende wees:
           - Wat alles op die laaste dag van die kandidaat se skoolloopbaan gebeur het.
           - Hoekom hierdie dag anders as ander skooldae was.
           - Wat hierdie laaste dag spesiaal gemaak het.
           - Hoekom die kandidaat daardie dag nooit sal vergeet nie.                              [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2           6                        DBE/November 2015
                                       NSS – Memorandum

1.4   DIT WAS MY KEUSE
      • Die kandidaat moet ŉ verhalende opstel skryf waarin hy/sy vertel van ŉ keuse
         wat hy/sy gemaak het.
      • Die opstel behoort in die verlede tyd geskryf te word, maar moenie
         gepenaliseer word indien dit in die teenwoordige tyd geskryf is nie.
      • Die belangrikste elemente kan die volgende wees:
          - Wat hierdie keuse was wat die kandidaat gemaak het.
          - Hoekom die kandidaat hierdie keuse gemaak het.
          - Wat gebeur het nadat die kandidaat hierdie keuse gemaak het.
          - Hoe hierdie keuse die kandidaat se toekoms sal verander/verander het.               [40]

1.5   1.5.1–1.5.4 PRENTE
      • Die opstel kan verhalend of beskrywend wees.
      • Kandidate se eie gepaste interpretasie van prente word aanvaar.
      • Die kandidaat moet die opstel ŉ titel gee.
      • Die kandidaat se opstel moet direk by die prent aansluit.
      • Die prent kan beskryf word of iets uit die kern van die prent kan ŉ storie
          begin.
      • Let daarop dat ŉ prent ook figuurlik geϊnterpreteer kan word.                           [40]

      ONTLEDING VAN MOONTLIKE OPSTELTIPES PER VRAAG

      •   Die vrae is sό geformuleer en die prente sό gekies dat ŉ persoonlike
          inkleding van die gekose onderwerp/prent van die kandidaat verwag word.
          Waar VRAAG 1.5.1–1.5.4 beantwoord word, moet die opstel verband hou
          met die prent.
      •   Die opstel wat geskryf word, kan dus enige een van die twee tipes opstelle
          wees soos hierbo uiteengesit. Verskillende persoonlikheidstipes en
          belangstellingsvelde word in ag geneem.

                                                               TOTAAL AFDELING A:               40

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2           7                      DBE/November 2015
                                       NSS – Memorandum

AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS

Die riglyne wat by die vrae gegee is, hoef nie gevolg te word nie.
Die vraag is of die kandidaat wel die opdrag uitgevoer het.

2.1       FORMELE BRIEF

          FOKUS: (OPDRAG)
          Die kandidaat moet ŉ formele brief aan die bestuurder van Sonskyn
          Supermark skryf om aansoek te doen om die deeltydse werk as pakker.

          VEREISTES VIR HIERDIE SKRYFSTUK:

          •   Getal woorde: 80–100 woorde.
          •   Die formele brief se taalgebruik en styl moet formeel en saaklik wees.
          •   Die brief spreek die teikenpersoon formeel aan, bv. Meneer/Geagte
              Heer/Geagte mnr. Maredi.
          •   Die kandidaat moet slordige taal, slengwoorde en sms-taal vermy.
          •   Die toon en register moet pas by die verhouding tussen die kandidaat en
              die bestuurder van die supermark (ontvanger van die brief).

          INHOUD:

          •    Die kandidaat kan oor die volgende skryf:
              - Die kandidaat moet aandui/verduidelik waarom hy/sy graag die werk wil
                  hê.
              - Die kandidaat moet die nodige persoonlike besonderhede verskaf.
              - Die kandidaat moet kontakbesonderhede verskaf.
              - Die kandidaat moet motiveer waarom hy/sy geskik is vir die werk.

          FORMAAT:
          •   Die formaat van die brief moet korrek wees: adres van afsender, datum,
              adres van ontvanger, aanhef, opskrif/doel, paragrawe en afsluiting.
          •   Die adres van die afsender kom regs boaan in blokvorm.
          •   Daar word nie ŉ reël tussen die poskode en die datum oopgelaat nie.
              Omdat sekere handboeke wel die reël ooplaat, moet ons hier ŉ toegewing
              maak en leerders nie penaliseer nie.
          •   Die datum word voluit geskryf: 15 November 2015.
          •   Die adres van die ontvanger van die brief is links in blokvorm.
          •   Geen leestekens word in die adresse gebruik nie.
          •   Hierdie formele brief word aan die bestuurder van Sonskyn Supermark
              gerig.
          •   ŉ Reël word tussen die adres van die afsender en die adres van die
              ontvanger oopgelaat.
          •   ŉ Reël word tussen die adres van die ontvanger en die aanhef van die
              brief oopgelaat.
          •   Die doel van die brief word in hoofletters geskryf OF dit kan in
              kleinletters geskryf en dan onderstreep word. Dit moet die essensie
              van die brief saamvat.
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2                8                     DBE/November 2015
                                            NSS – Memorandum

          •   Redes vir die skryf van die brief word gegee.
          •   Geen leestekens word na “Die uwe” gebruik nie.
          •   Die brief word deur die persoon wat die korrespondensie rig,
              onderteken. Korrespondente kan ook hul noemname en vanne gee.
          •   Die korrespondent se voorletters en van kan onder die handtekening
              uitgeskryf word, indien dit onleesbaar is.

          STYL:

          •   Die brief moet kort en bondig wees.
          •   Die taal en styl is formeel.
          •   Skryf nugter en saaklik. Geen mooiskrywery nie.
          •   Die lengte van die skryfstuk moet korrek wees.

        VOORBEELD:                                             Adres van die afsender
                                                               ...
                                                               ...
                                                               ...
                                                               Poskode
                                                               Datum
        xxx
        Die Bestuurder
        Sonskyn Supermark
        Posbus 9876
        Johannesburg
        0001
        xxx
        Meneer/Mevrou/Mejuffrou/Geagte ...
        xxx
        AANSOEK OM DEELTYDSE WERK AS PAKKER
        (Kleinletters en onderstreep of hoofletters)
        xxx
        Hiermee doen ek aansoek ...
        xxx
        Ek wil graag die werk hê, want ...
        xxx
        My persoonlike besonderhede is ...
        xxx
        U kan my kontak by ...
        xxx
        Ek dink ek is geskik vir die werk, want ...
        xxx
        Die uwe (Geen leestekens nie)
        Noemnaam en van/voorletters en van
        Handtekening (Opsioneel)
        Hoedanigheid van die afsender (Opsioneel)                                                 [20]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2           9                          DBE/November 2015
                                       NSS – Memorandum

2.2       VRIENDSKAPLIKE BRIEF

          FOKUS: (OPDRAG)

          Die kandidaat moet ŉ vriendskaplike brief aan sy/haar oom/tante skryf om te
          vra of hy/sy by hulle kan inwoon terwyl hy/sy studeer.

          VEREISTES VIR HIERDIE SKRYFSTUK:

          •   Getal woorde: 80–100 woorde.
          •   Die vriendskaplike brief is persoonlik, openhartig en vriendelik.
          •   Die doel hiervan is om met die oom/tante te kommunikeer.
          •   Die kandidaat vra om by die oom/tante in te woon terwyl hy/sy studeer.
          •   Die vriendskaplike brief spreek die ontvanger direk aan.
          •   Die kandidaat moet slordige taal, slengwoorde en sms-taal vermy.
          •   Die toon en register moet pas by die verhouding tussen die kandidaat en
              die oom/tante (ontvanger van die brief).

          INHOUD:

          •   Die kandidaat kan oor die volgende skryf:
              - Waarom die kandidaat by sy/haar oom/tante wil inwoon terwyl hy/sy
                 studeer.
              - Hoe lank die kandidaat by die oom/tante wil inwoon.
              - Hoe die kandidaat beplan om die oom/tante terug te betaal.
              - Wat dit vir die kandidaat sal beteken as die oom/tante ja sê.

          FORMAAT:

          •   Die kort inleidingsparagraaf stel die rede vir die brief duidelik.
          •   Die liggaam van die brief brei uit oor die rede vir die brief: die kandidaat
              vra om by die oom in te woon terwyl hy/sy studeer.
          •   Die slotparagraaf moet die brief saamvat en dalk ook ŉ rede gee hoekom
              die persoon moet terugskryf.
          •   Die formaat van die brief moet korrek wees: adres, datum, aanhef,
              paragrawe en afsluiting.
          •   Geen leestekens word in die adres gebruik nie.
          •   Daar word nie ŉ reël tussen die poskode en die datum oopgelaat nie.
              Omdat sekere handboeke wel die reël ooplaat, moet ons hier ŉ toegewing
              maak en kandidate nie penaliseer nie.
          •   Die datum word voluit geskryf: 15 November 2015.
          •   Adres:Posbus 88       Huis 342       Kerkstraat 1      Sesde Laan/laan 10
                     Pleknaam       Pleknaam        Pleknaam         Pleknaam
                     Kode           Kode            Kode             Kode
          •   Wanneer ŉ eienaam aan ŉ straat, rylaan of laan gekoppel word, kan dit as
              twee woorde geskryf word, bv. Mandela Rylaan.
          •   Aanhef: “Beste” of “Liewe” of enige aanvaarbare aanspreekvorm word
              gebruik en dit word teen die linkerkantlyn geskryf.
          •   ŉ Reël word tussen paragrawe oopgelaat.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2             10                             DBE/November 2015
                                          NSS – Memorandum

          •     Groete/Liefdegroete/Mooi wense, ens. is die laaste paragraaf van die brief
                en daarom is daar ŉ punt aan die einde.
          •     Daar word nie ŉ reël in die afsluiting van die brief oopgelaat nie.
          •     Die omskrywing “U/Jou neef/niggie/broerskind/susterskind” is opsioneel.

          STYL:
          •     Dit word in ŉ meer informele styl as ŉ opstel geskryf.
          •     Dit moet lewendig en interessant wees.
          •     Die lengte van die skryfstuk moet korrek wees.

              VOORBEELD:
                                                                        Adres van die afsender
                                                                      ...
                                                                      ...
                                                                      Poskode
                                                                      Datum
              Liewe ...
              xxx
              Ek wil volgende jaar verder gaan studeer, maar het ŉ probleem met blyplek ...
              xxx
              Is dit moontlik dat ek by julle ...
              xxx
              Ek wil by julle inwoon ...
              xxx
              Ek beplan om julle terug te betaal deur ...
              xxx
              Liefdegroete./Mooi wense.
              xxx
              U/Jou neef/niggie (Opsioneel)
              Skrywer se naam
                                                                                                        [20]

2.3       DIALOOG

          FOKUS: (OPDRAG)
          Die kandidaat moet ŉ dialoog tussen hom/haar en die bestuurder van
          McBurger skryf.

          VEREISTES VIR HIERDIE SKRYFSTUK:
          •     Getal woorde: 80–100 woorde.
          •     Aanspreekvorm moet korrek en geskik wees vir ŉ dialoog tussen die
                bestuurder van McBurger en ŉ ontevrede klant.
          •     Die kandidaat moet slordige taal, slengwoorde en sms-taal vermy.
          •     Die toon en register moet pas by die verhouding tussen die kandidaat en
                die bestuurder van McBurger (taktvol en verskonend).

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2             11                                   DBE/November 2015
                                          NSS – Memorandum

          INHOUD:
          •     Die kandidaat moet:
                - begin soos op die vraestel aangedui.
                - die gesprek tussen homself/haarself en die bestuurder van McBurger
                   neerskryf.
                - verduidelik waarom hy/sy ontevrede is met die stuk plastiek in sy/haar
                   hamburger.
                - skryf wat die bestuurder van McBurger sê oor die probleem en hoe die
                   kandidaat gehelp gaan word.

          FORMAAT:
          •     Die sprekers se name staan teen die linkerkantste kantlyn.
          •     Daar is ’n dubbelpunt na die naam.
          •     Daar word geen aanhalingstekens gebruik nie.
          •     ŉ Reël word na elke spreker (spreekbeurt) oopgelaat.
          •     Ekstra inligting word tussen hakies geskryf, direk na die spreker se naam
                of direk voor die spreker se woorde.
          •     Leestekens word gebruik om emosie aan te dui of om sekere dinge te
                beklemtoon.

          STYL:
          •     Die taal en styl moet by die konteks pas.
          •     Die styl behoort minder formeel te wees.
          •     Die kandidaat behoort hoflik en taktvol te wees en die bestuurder van
                McBurger behoort verskonend/begrypend te wees.
          •     Die lengte van die skryfstuk moet korrek wees.

          VOORBEELD:
              Bestuurder:   Goeiemôre, kan ek help?
              (Reël oop)
              Ek:           Goeiemôre. Ek is ontevrede oor die hamburger wat ek nou
                            net hier gekoop het.
              (Reël oop)
              Bestuurder:   … (bv. luister na die klant se klagte)
              (Reël oop)
              Ek:           … (bv. die klant verduidelik waarom hy/sy ontevrede is)
              (Reël oop)
              Bestuurder:   ... (bv. maak voorstel om die probleem op te los)
              (Reël oop)
              Ek:           … (bv. aanvaar/verwerp die voorstel)
              (Reël oop)                                                                                     [20]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2           12                             DBE/November 2015
                                        NSS – Memorandum

2.4       INFORMELE TOESPRAAK

          FOKUS: (OPDRAG)
          Die kandidaat moet ŉ informele toespraak vir sy beste maat se agtiende
          verjaarsdagpartytjie skryf.

          VEREISTES VIR HIERDIE SKRYFSTUK:
          •     Getal woorde: 80–100 woorde.
          •     Die kandidaat moet slordige taal, slengwoorde en sms-taal vermy.
          •     Die inhoud moet persoonlik, dog korrek wees.
          •     Die taal en styl moet pas by inhoud van die toespraak.

          INHOUD:
          •     Die kandidaat kan oor die volgende skryf:
                - Watter tipe mens die kandidaat se maat is.
                - Watter goeie dinge die kandidaat se maat gedoen het.
                - Wat die kandidaat en sy/haar beste maat alles saam gedoen het.
                - Wat die kandidaat se goeie wense vir sy/haar maat se toekoms is.

          FORMAAT:
          •     Paragrawe moet logies op mekaar volg om by die informele situasie te
                pas.
          •     Adjektiewe kan gebruik word om die toespraak interessant te maak en om
                te beskryf.
          •     Skryf ’n bondige, interessante inleiding wat die gehoor se belangstelling
                by die toespraak wek.
          •     Verskaf persoonlike inligting oor jou maat.
          •     Brei dan uit op die inligting.
          •     Skryf ’n treffende slot wat jou goeie wense vir jou maat se toekoms vervat.

          STYL:
          •     Die toespraak moet kort en bondig wees.
          •     Die taal en styl moet pas by die konteks van die toespraak.
          •     Die lengte van die skryfstuk moet korrek wees.

              VOORBEELD:

              Paragraaf 1: Oor wie handel die toespraak?
                           …
              Paragraaf 2: Watter tipe mens is jou beste maat?
                           …
              Paragraaf 3: Watter goeie dinge het jou maat gedoen?
                           …
              Paragraaf 4: Wat het jy en jou maat alles saam gedoen?

              (Samevatting) Jou goeie wense vir jou maat se toekoms.                                 [20]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2          13                     DBE/November 2015
                                       NSS – Memorandum

ONTLEDING VAN LANG TRANSAKSIONELE TEKS

Die vrae is sό geformuleer dat ŉ persoonlike inkleding van die gekose onderwerp van
die kandidaat verwag word. Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde
word in ag geneem.

                                                            TOTAAL AFDELING B:              20

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2          14                         DBE/November 2015
                                       NSS – Memorandum

AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS

Die riglyne wat by die vrae gegee is, hoef nie gevolg te word nie.
Die vraag is of die kandidaat wel die opdrag uitgevoer het.

3.1       STROOIBILJET

          FOKUS: (OPDRAG)

          Die kandidaat moet ŉ strooibiljet skryf om mense van sy/haar skool se
          talentaand te vertel.

          VEREISTES VIR HIERDIE SKRYFSTUK:

          •   Getal woorde: 50–70 woorde.
          •   Die strooibiljet word geskep vir ’n spesifieke groep mense, nl. mense wat
              moontlik die talentaand sal bywoon.
          •   Die strooibiljet moet die mense aanspoor om die talentaand by te woon.
          •   Die inligting moet duidelik wees.
          •   Die krag van ŉ strooibiljet lê in sy eenvoud.
          •   Dit moet onmiddellik die leser se aandag trek.
          •   Moenie te veel woorde gebruik nie.
          •   Die leser moet die strooibiljet maklik verstaan.
          •   Die kandidaat moet slordige taal, slengwoorde en sms-taal vermy.

          INHOUD:

          •   Die vrae wat?, wanneer?, waar? en vir wie? moet beantwoord kan word.
          •   Die kandidaat kan oor die volgende skryf:
              - Die kandidaat moet die mense motiveer om die talentaand by te woon.
              - Die kandidaat moet aandui wat alles by die talentaand gaan gebeur.
              - Die kandidaat moet aandui wat alles by die talentaand gedoen en
                 gekoop kan word.
              - Die kandidaat moet aandui wie die kontakpersoon is en wat sy/haar
                 kontaknommer en adres is.

          FORMAAT:

          •   Lettergroottes, lettertipes en uitleg (plasing van die woorde) is baie
              belangrik.
          •   Dit moet al die inligting oor die talentaand gee.
          •   Die strooibiljet berus op die sogenaamde ABBA-beginsel. ’n Strooibiljet
              moet ŉ mens se aandag trek. Die mense se belangstelling vir die
              talentaand moet gewek word. Dit moet hulle behoefte aanspreek. As die
              strooibiljet in sy doel slaag, sal die mense tot aksie oorgaan.

          STYL:

          •   Die taal en styl moet by die strooibiljet pas.
          •   Die lengte van die skryfstuk moet korrek wees.
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2            15                               DBE/November 2015
                                         NSS – Memorandum

              VOORBEELD:

                              Hoërskool Vasbyt se
                                                                                   Wat?
                  JAARLIKSE TALENTAAND!
                Almal is welkom om die talentaand by te woon!                      Wie?

                                                                                   Waar?
              Waar: Hoërskool Vasbyt se skoolsaal
              Wanneer: Vrydagaand 20 November 2015                                 Wanneer?

              Tyd: 18:00 vir 18:30

              Items: Drama, dans, individuele sangitems,
                     Hoërskool Vasbyt se koor,                                     Ekstra
                                                                                   inligting
                     mimiek.

                   Kom kyk na ons skool se talentvolle deelnemers!
                     Heerlike eetgoed te koop tydens die pouse!

               Kontak …(persoon se naam) by … (telefoonnommer) om meer oor die
                                    talentaand uit te vind.                                             [20]

3.2       DAGBOEKINSKRYWING

          FOKUS: (OPDRAG)

          Die kandidaat moet in sy/haar dagboek skryf en vertel van ŉ vertoning van
          sy/haar gunstelingsanger wat hy/sy bygewoon het.

          VEREISTES VIR HIERDIE SKRYFSTUK:

          •    Getal woorde: 50–70 woorde.
          •    Die dagboekinskrywing moet die kandidaat se vertelling wees van die
               vertoning wat hy/sy bygewoon het.
          •    Daar hoef nie met “Liewe Dagboek” begin te word nie.
          •    Skryf in die eerste persoon.
          •    Verwys na “gisteraand” en skryf in die verlede tyd (die vertoning wat hy/sy
               bygewoon het).
          •    Gebruik adjektiewe, leestekens en hoofletters om oortuigend te skryf.
          •    Noem persone op die naam.
          •    Die kandidaat moet slordige taal, slengwoorde en sms-taal vermy.

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2                16                          DBE/November 2015
                                             NSS – Memorandum

          INHOUD:

          •     Die inhoud is persoonlik van aard.
          •     Die kandidaat vertel van die aand toe hy/sy na sy/haar gunstelingsanger
                gaan luister het en hoe hy/sy oor die aand gevoel het.
          •     Die kandidaat moet die volgende inligting verskaf:
                   - Wie die kandidaat se gunstelingsanger is.
                   - Wie saam met die kandidaat gegaan het.
                   - Wat alles die aand gebeur het.
                   - Hoe die kandidaat voel oor alles wat die aand gebeur het.

          FORMAAT:

          •     Die dag en datum word boaan geskryf.
          •     Die inhoud kan soos ŉ opstel in paragrawe geskryf word.

          STYL:

          •     Die taal en styl moet by die dagboekinskrywing pas.
          •     Die lengte van die skryfstuk moet korrek wees.

              VOORBEELD:

              Sondag, 06 Desember 2015

              Gisteraand se vertoning was ongelooflik! (inleidingsparagrafie)
              … (vertel van die vorige aand se vertoning)

              Ek sal hierdie aand nooit vergeet nie. (slotparagrafie)
                                                                                                       [20]

3.3       INSTRUKSIES

          FOKUS: (OPDRAG)
          Die kandidaat se broer/suster wil vir die kandidaat ’n lys met instruksies
          saamstel wat hom/haar sal help om beter te studeer.

          VEREISTES VIR HIERDIE SKRYFSTUK:
          •     Getal woorde: 50–70 woorde.
          •     Nie alle instruksies hoef met ŉ werkwoord te begin nie.
          •     Die kandidaat moet slordige taal, slengwoorde en sms-taal vermy.

          INHOUD:
          •     Die kandidaat gee instruksies wat sal help om beter te studeer.
          •     Die kandidaat hoef nie die prente te gebruik nie en kan ook ander sinvolle
                studiewenke gee, bv. maak opsommings van al jou werk.
          •     Die instruksies hoef ook nie die volgorde van die prentjies te volg nie.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2          17                      DBE/November 2015
                                       NSS – Memorandum

          FORMAAT:
          •   Die instruksies moet puntsgewys neergeskryf word.

          STYL:

          •   Die taal en styl moet by die instruksies pas.
          •   Die lengte van die skryfstuk moet korrek wees.

          VOORBEELD:
           1. Stel ŉ studierooster op waarby jy moet hou.
           2. Jy moet lank voor die tyd begin studeer./Jy moet jou tyd korrek bestee.
           3. Eet genoeg gesonde kos.
           4. Maak seker dat jy genoeg water drink.
           5. Slaap genoeg./Kry voldoende rus./Moenie vir te lang tye aaneen studeer
               nie.
           6. Oefen gereeld./Kry genoeg oefening en vars lug.
           7. Studeer in ŉ georganiseerde omgewing./Sit by ŉ tafel wanneer jy
               studeer.
           8. Maak seker dat daar genoeg lig is waar jy studeer.
           9. Daar moet stilte wees waar jy studeer./Studeer in ŉ stil plek.
           10. Skakel jou selfoon/TV af terwyl jy studeer./Moenie tyd mors met jou
               selfoon/TV nie.                                                                [20]

ONTLEDING VAN KORT TRANSAKSIONELE TEKS

Die vrae is sό geformuleer dat ŉ persoonlike inkleding van die gekose onderwerp van
die kandidaat verwag word. Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde
word in ag geneem.

                                                               TOTAAL AFDELING C:             20
                                                                   GROOTTOTAAL:               80

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 18

Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2
                                                    Downloaded from hlayiso.com                                          18                                                                                                     DBE/November 2015
                                                                                                                  NSS – Memorandum

      LET WEL
            •     Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 2; Afdeling A).
            •     Die punte (0-40) vir die nasien van die opstel is in vyf kategorieë verdeel.
            •     Die kriteria vir INHOUD is verder by Uitsonderlik en Knap in ’n hoë en lae subkategorie verdeel. In elke sub-kategorie word die verspreiding van punte aangedui.
            •     Die verdeling van punte in ’n hoë en lae subkategorie beïnvloed nie die punt wat vir TAAL & STYL en STRUKTUUR toegeken word nie.

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A)                                                                                           TWEEDE ADDISIONELE TAAL [40 PUNTE]
                     KRITERIA                                                     UITSONDERLIK (U)                            KNAP (K)                         GEMIDDELD (G)                      ELEMENTÊR (E)                        ONVOLDOENDE (O)
INHOUD & BEPLANNING                                                                          22-24                                 18                                   12-16                               7-11                                0-6
                                                                           - Respons is uitsonderlik, treffend    - Respons is baie goed; getuig         - Respons is bevredigend.        - Samehang in respons is               - Respons is nie meer relevant

                                                        Hoë subkategorie
Respons op opdrag                                                            en bo verwagting.                       van vaardigheid.                    - Idees is redelik same-           wisselvallig.                          nie.
Idees in teks                                                              - Idees is intelligent, volwasse en    - Idees heeltemal relevant,              hangend en oortuigend.         - Idees is onsamehangend en            - Idees is deurmekaar en nie op
Organisering van idees                                                       stem leser tot nadenke.                 interessant en gee aanduiding       - Redelike organisasie             onduidelik; nie meer oorspronklik      onderwerp gefokus nie. Dis
Bewus van:                                                                 - Uitsonderlike organisasie               van volwassenheid.                    (inleiding, liggaam en           nie.                                   vaag en herhalend.
•     doel,                                                                  (inleiding, liggaam en               - Organisasie (inleiding, liggaam        samevatting/slot) en           - Min bewys van organisasie            - Geen organisasie; skryfstuk is
•     gehoor                                                                 samevatting/slot) en samehang.          en samevatting/slot) is baie          samehang.                        (inleiding, liggaam en                 onsamehangend.
•     konteks van opdrag                                                                                             goed en samehangend.                                                   samevatting/slot) en samehang.
                                                                                            19-21                                  17
                    24 PUNTE                                                - Respons is uitmuntend, maar          - Respons is goed; getuig van

                                                        Lae subkategorie
                                                                              uitsonderlik treffende eienskappe       vaardigheid.
                                                                              ontbreek.                            - Idees is relevant, interessant.
                                                                            - Idees is intelligent en volwasse.    - Organisasie (inleiding, liggaam
                                                                            - Baie knap organisasie (inleiding,       en samevatting/slot) is goed en
                                                                              liggaam en samevatting/slot) en         samehangend.
                                                                              samehang.
TAAL, STYL & REDIGERING                                                                     10-12                                 8-9                                   6-7                               4-5                                   0 -3
                                                                           - Taalgebruik is uitmuntend.           - Taalgebruik is baie gepas en         - Taalgebruik is voldoende;      - Taalgebruik is basies.               - Taalgebruik is onverstaanbaar.
Toon, register, styl en woordeskat is geskik vir doel                      - Toon, styl en register is retories     doeltreffend.                          hier en daar wisselvallig.     - Toon, styl en register is            - Toon, styl en register is
en konteks                                                                    effektief.                          - Toon, styl en register is gepas     - Toon, styl en register is oor     elementêr.                             onvoldoende.
Woordkeuse                                                                 - Woordeskat is uitsonderlik.            en effektief.                          die algemeen gepas.            - Woordeskat is baie basies.           - Woordeskat uiters beperk;
Taalgebruik en konvensies                                                  - Grammatika, spelling en              - Woordeskat is knap.                 - Woordeskat is gemiddeld.        - Heelwat grammatika-, spel- en          maak selfs begrip onmoontlik.
Punktuasie                                                                    punktuasie is feitlik foutvry.      - Min grammatika-, spel- en           - Grammatika, spelling en           punktuasiefoute.                     - Grammatika-, spel- en
Grammatika                                                                 - Uitsonderlik gedoen.                   punktuasiefoute.                       punktuasie is gemiddeld.       - Min of geen sinsverskeidenheid.        punktuasiefoute belemmer
Spelling                                                                                                          - Knap gedaan.                        - Beperkte gebruik van                                                     betekenis.
                                                                                                                                                           retoriese middele.
                     12 PUNTE

STRUKTUUR                                                                                   4                                      3                                   2                                  1                                       0
                                                                           - Uitsonderlike ontwikkeling van        - Logiese, samehangende              - Gemiddelde ontwikkeling van     - Basiese ontwikkeling van             - Onvoldoende ontwikkeling van
Kenmerke van teks                                                            onderwerp.                              ontwikkeling van onderwerp.           onderwerp.                       onderwerp.                             onderwerp.
Paragraafontwikkeling en sinskonstruksie                                   - Uitsonderlike detail.                 - Genoegsame detail.                  - Relevante detail.              - Sommige relevante detail.            - Nodige detail ontbreek.
                                                                           - Uitsonderlike vaardigheid in sins-   - Sins- en paragraafbou is logies      - Gemiddelde sins- en            - Sins-en paragraafbou is foutief.     - Sins-en paragraafbou is
                     4 PUNTE                                                 en paragraafbou.                        en getuig van variasie.               paragraafbou.                  - Opstel maak tog sin t.s.v. baie        foutief.
                                                                                                                                                                                            foute.                               - Opstel maak nie sin nie.

                                                                                                    HOOG                                                GEMIDDELD                                                 LAAG

Kopiereg voorbehou                                                                                                                                                                                                                Blaai om asseblief

### Page 19

Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2
                                      Downloaded from hlayiso.com                       19                                                                               DBE/November 2015
                                                                                 NSS – Memorandum

ASSESSERINGSRUBRIEK LANG TRANSAKSIONELE TEKS (AFDELING B)                           TWEEDE ADDISIONELE TAAL [20 PUNTE]

       KRITERIA                     UITSONDERLIK (U)                        KNAP (K)                      GEMIDDELD (G)                 ELEMENTÊR (E)                 ONVOLDOENDE (O)
INHOUD, BEPLANNING &                        10-12                              8-9                              6-7                           4-5                              0-3
FORMAAT                     - Grondige kennis van                - Goeie kennis van                - Toon voldoende kennis van   - Toon elementêre kennis        - Toon weinig, indien enige
                              kenmerke van teks.                   kenmerke van teks.                kenmerke van teks.            van kenmerke van teks.          kennis van kenmerke van
Kenmerke van teks           - Respons is uitsonderlik,           - Respons is baie goed.           - Respons is voldoende.       - Respons is basies.              teks.
Respons op opdrag             treffende en bo verwagting.        - Inhoud en idees                 - Inhoud en idees redelik     - Inhoud en idees nie           - Respons toon weinig,
Idees in teks               - Idees is intelligent en              samehangend.                      samehangend.                  meer altyd samehangend          indien enige verband met
Organisering van idees        volwasse.                          - Behou fokus.                    - Nie meer heeltemal            nie.                            opdrag.
Konvensies en konteks       - Inhoud en idees is                 - Idees is baie goed                gefokus nie; enkele         - Aanduiding van fokus;         - Geen samehang in idees
                              samehangend.                         uitgebrei met detail              afwykings.                    met afwykings.                  en inhoud nie.
        12 PUNTE            - Behou fokus.                         wat die onderwerp               - Sommige detail ondersteun   - Min detail ondersteun die     - Fokus onvoldoende en
                            - Idees is behoorlik uitgebrei met     ondersteun.                       die onderwerp.                onderwerp.                      onvanpas.
                              detail wat die onderwerp           - Gepaste formaat;                - Formaat oorwegend gepas,    - Noodsaaklike reëls van        - Baie min indien enige
                              ondersteun.                          onbeduidende foute.               maar met foute.               die formaat is vaagweg          detail ondersteun die
                            - Gepaste en akkurate formaat.                                                                         toegepas. Kritiese foute is     onderwerp.
                                                                                                                                   egter begaan.                 - Noodsaaklike reëls van die
                                                                                                                                                                   formaat is nie toegepas
                                                                                                                                                                   nie.

                                            7-8                                  5-6                              4                             3                               0-2
TAAL, STYL &                - Toon, styl, register en             - Toon, styl, register en        - Toon, styl, register en     - Toon, styl, register en       - Toon, styl, register en
REDIGERING                    woordeskat is hoogs geskik vir        woordeskat is baie geskik        woordeskat is geskik vir      woordeskat is minder            woordeskat is nie meer
                              doel, gehoor en konteks.              vir doel, gehoor en konteks.     doel, gehoor en konteks.      geskik vir doel, gehoor en      geskik vir doel, gehoor en
Toon, styl, register en     - Baie goeie woordeskat.              - Knap woordeskat.               - Woordeskat is voldoende.      konteks.                        konteks nie.
woordeskat is geskik vir    - Toon goeie taalkonstruksie.         - Toon oor die algemeen          - Toon gemiddelde             - Basiese woordeskat.           - Woordeskat is
doel/effek en konteks       - Grammatika is akkuraat.               goeie taalkonstruksie.           taalkonstruksie.            - Toon basiese                    onvoldoende.
Woordkeuse                  - Baie min spel- en                   - Grammatika is oor die          - Enkele grammatikafoute.        taalkonstruksie.             - Toon feitlik geen
Taalgebruik en konvensies     punktuasiefoute.                      algemeen korrek.               - Spel- en punktuasiefoute    - Grammatika is nie meer          taalkonstruksie nie.
Punktuasie                                                       - Min spel- en                       belemmer nie betekenis        akkuraat nie.                - Grammatikafoute
Grammatika                                                         punktuasiefoute.                   nie.                       - Etlike spel- en                 belemmer betekenis.
Spelling                                                                                                                           punktuasiefoute wat           - Besaai met spel- en
                                                                                                                                   betekenis belemmer.             punktuasiefoute;
        8 PUNTE                                                                                                                                                    belemmer betekenis.

                                                          HOOG                                           GEMIDDELD                                           LAAG

Kopiereg voorbehou                                                                                                                                                         Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans SAL P1 Nov 2015 Memo Eastern Cape](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-nov-2015-memo-eastern-cape/d17b26b4-9487-40c7-9960-757d0312310b) — Afrikaans SAL · Memo · 2015 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Feb-March 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-feb-march-2015-memo/8183965c-6803-4aae-986f-0d5fec8127bd) — Afrikaans SAL · Memo · 2015 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2021 MG Free State](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2021-mg-free-state/60f38b88-98dd-4d67-bb3e-7027f8732af0) — Afrikaans SAL · Memo · 2021 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2021 MG North West](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2021-mg-north-west/eb132f6c-0282-4b83-ac06-1668de6502a9) — Afrikaans SAL · Memo · 2021 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2021 MG Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2021-mg-gauteng/6c3da118-969a-4c5f-b194-22b48cc0e0cf) — Afrikaans SAL · Memo · 2021 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2021 MG Eastern Cape](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2021-mg-eastern-cape/3c844a97-7fc0-4c59-b30d-8c16ebaee45a) — Afrikaans SAL · Memo · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans SAL

- [Gr 12 Afrikaans SAL ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-afrikaans-sal-atp-2023-24/62a5661c-7dee-400e-8d08-3944f9c721f0) — ATP · Afr
- [Afrikaans SAL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-nov-2024/aee8aad3-b29f-4223-89f5-1a1283e698a1) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 Eastern Cape](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-eastern-cape/6e87169e-a8f9-4e13-9e08-6316b28e8888) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 Northern Cape](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-northern-cape/f43a1af8-8f51-4190-8085-1bc65cd7b58e) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 North West](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-north-west/8f77d9e8-f746-489b-ab83-fe9a87ccb01e) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 KwaZulu-Natal](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-kwazulu-natal/adef1d4c-b9bb-498b-878e-e136363c451d) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
