# Afrikaans SAL Grade 12 P2 NSC November Exams 2017 QP

> Grade 12 Afrikaans SAL Paper 2 question paper from the NSC November Exams 2017, 11 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2017/120fda4f-2ecc-4b76-b325-70472ce42fde
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans SAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC November Exams
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans SAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-sal) › [Afrikaans SAL Grade 12 P2 NSC November Exams 2017 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2017/120fda4f-2ecc-4b76-b325-70472ce42fde)

## About this document

Afrikaans Sal · Grade 12 · NSC November Exams · 2017 · Afrikaans. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans SAL P2 Nov 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2017-memo/2f15a380-32e6-40de-8ba1-9bf399e647d3) — Memo · 2017 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                      GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2

                                 NOVEMBER 2017

PUNTE: 80

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2           2                            DBE/November 2017
                                              NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

          AFDELING A:        Opstel                            (40)
          AFDELING B:        Lang transaksionele teks          (20)
          AFDELING C:        Kort transaksionele teks          (20)

2.        Beantwoord EEN vraag in ELKE afdeling.

3.        Skryf in die taal wat geassesseer word.

4.        Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

5.        BEPLANNING, REDIGERING EN PROEFLEES:

          •     Jy moet jou skryfstukke beplan, redigeer en proeflees.
          •     Gebruik 'n kopkaart, vloeidiagram, sleutelwoorde, ens. vir jou
                beplanning.
          •     Doen elke keer beplanning VOORDAT jy die finale produk skryf.
          •     Dui die beplanning duidelik aan.
          •     TREK 'N STREEP DEUR DIE BEPLANNING NADAT JY DIE FINALE
                PRODUK GESKRYF HET.

6.        Beplan jou tyd só:

          AFDELING A:        60 minute
          AFDELING B:        30 minute
          AFDELING C:        30 minute

7.        Nommer elke skryfstuk soos wat dit in die vraestel genommer is.

8.        Skryf die vraagnommer en die titel neer.

9.        Skryf jou eie titel neer as jy oor 'n prent in VRAAG 1.5 skryf.

10.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2          3                            DBE/November 2017
                                             NSS

AFDELING A: OPSTEL

• Skryf 'n opstel van 200–250 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe.
• Skryf die vraagnommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan.

VRAAG 1

1.1       DIE MENSE IN MY STRAAT

          Daar bly baie mense in jou straat. Almal verskil van mekaar.

          Skryf 'n opstel en vertel van die mense wat in jou straat bly.

          Dink aan die volgende:
                                                                 [Bron: www.worldpress.com]
          •   In watter straat bly jy?
          •   Watter ander mense bly in jou straat?
          •   Watter verskillende dinge doen die mense wat in jou straat bly?
          •   Hoe voel jy oor die mense wat in jou straat bly?                                     [40]

1.2       MY 67 MINUTE VIR MANDELA

          Suid-Afrikaners doen elke jaar op Mandela-dag goeie dinge om mekaar
          te help.

          Skryf 'n opstel en vertel wat jy vanjaar in jóú 67 minute gedoen het om ander
          mense te help.

                                                                    minute vir Mandela
                                                                  [Bron: www.spice4life.com]
          Dink aan die volgende:

          •   Wat het jy vanjaar op Mandela-dag gedoen?
          •   Waar en vir wie het jy dit gedoen?
          •   Hoekom het jy dit gedoen?
          •   Hoe het dit ander mense gehelp?                                                      [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2           4                          DBE/November 2017
                                              NSS

1.3       DIT IS MY TALENT

          Mense is nie dieselfde nie. Elke mens het 'n spesiale talent.

          Skryf 'n opstel en vertel van jou spesiale talent.

          Dink aan die volgende:

          •   Wat is jou spesiale talent?
          •   Wat doen jy om hierdie talent te ontwikkel?
          •   Hoe kan hierdie talent jou in die toekoms help?
          •   Hoe gebruik jy hierdie talent om ander mense te help?                              [40]

1.4       MY DROME VIR DIE TOEKOMS

          Almal het drome vir die toekoms. Mense se drome is nie dieselfde nie.

          Skryf 'n opstel en vertel van jou drome vir die toekoms.

          Dink aan die volgende:

          •   Wat is jou drome vir die toekoms?
          •   Hoe wil jy hierdie drome laat waar word?
          •   Watter ander mense is deel van hierdie drome?
          •   Waarom is hierdie drome vir jou belangrik?    [Bron: www.worldsartsme.com]         [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2      5                           DBE/November 2017
                                         NSS

1.5       Kies EEN van die volgende prente en skryf 'n opstel daaroor.
          Skryf die VRAAGNOMMER van die opstel neer en gee jou opstel 'n TITEL.
          Jou opstel moet met die prent verband hou.

          1.5.1

                                                [Bron: www.pipesmagazine.co.za]               [40]

          1.5.2

                                                              [Bron: www.edgalary.com]        [40]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2    6                  DBE/November 2017
                                       NSS

          1.5.3

                                              [Bron: www.travelnation.co.za]       [40]

         1.5.4

                                             [Verwerk uit www.edgalary.co.za]
                                                                                   [40]

                                                TOTAAL AFDELING A:                 40

Kopiereg voorbehou                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2         7                            DBE/November 2017
                                            NSS

AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS

• Skryf 80–100 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe.
• Skryf die vraagnommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan.

VRAAG 2

2.1       FORMELE BRIEF

          Julle skool se kinders gebruik Vukani Busdiens se busse om by die skool te
          kom. Julle is ontevrede met die busbestuurders.
          Skryf 'n formele brief aan die eienaar, mnr. Vukani, waarin jy oor die
          busbestuurders kla.
          Gebruik die volgende adres:

          Die Eienaar
          Vukani Busdiens                                    Vukani Busdiens
          Posbus 1479
          Durban
          0003                                                  [Verwerk uit www.clipartix.com]

          Dink aan die volgende:
          •   Wat doen die busbestuurders wat jou ongelukkig maak?
          •   Hoekom maak dit jou ongelukkig?
          •   Wat wil jy hê moet die eienaar, mnr. Vukani, doen om die probleem op
              te los?
          •   Waarom is dit belangrik dat die probleem dadelik opgelos moet word?                 [20]

2.2       VRIENDSKAPLIKE BRIEF

          Jy het in die Septembervakansie by 'n maat gekuier.
          Skryf 'n brief aan jou maat waarin jy vir hom/haar dankie sê vir 'n baie lekker
          vakansie.

          Dink aan die volgende:

          •   Wanneer het jy by jou maat gekuier?
          •   Waar het julle gekuier?                               [Bron: www.clipart.com]
          •   Wat het julle alles gedoen?
          •   Hoekom was die vakansie vir jou so lekker?                                          [20]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2           8                          DBE/November 2017
                                              NSS

2.3       DIALOOG

          Jy het vergeet dat jy na skool 'n ekstra klas het. Jou selfoon se battery was
          pap en daarom kon jy nie jou ma laat weet nie. Toe jy baie laat by die huis
          kom, was jou ma baie kwaad vir jou.

          Skryf die gesprek tussen jou en jou ma neer.

          Begin die gesprek só:

          Ma:      Waar kom jy nou vandaan?

          Ek:     Hallo, Ma. Ek is jammer ek is so laat.

          Ma:      ...

          Ek:      ...                                        [Bron: www.canstockphoto.com]

          LET WEL: Laat 'n reël ná elke spreekbeurt oop.                                          [20]

2.4       INFORMELE TOESPRAAK

          Baie tieners sukkel om "nee" te sê as hulle in 'n groep is wat verkeerde dinge
          wil doen. Ons noem dit groepsdruk ("peer pressure"). Groepsdruk veroorsaak
          baie keer dat tieners in die moeilikheid beland. Die skoolhoof het jou gevra
          om met die ander leerders oor groepsdruk te praat.

          Skryf die toespraak neer wat jy vir die leerders sal lewer.

          Dink aan die volgende:
                                                                  [Bron: www.brainpop.com]
          •     Watter tipes groepsdruk is daar in tieners se lewens?
          •     Hoe reageer tieners op hierdie groepsdruk?
          •     Wat gebeur as tieners groepsdruk nie reg hanteer nie?
          •     Wat kan tieners doen om groepsdruk reg te hanteer?                                [20]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:               20

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2            9                            DBE/November 2017
                                               NSS

AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS

• Skryf 50–70 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe.
• Skryf die vraagnommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan.

VRAAG 3

3.1       PLAKKAAT

          'n Kollege naby jou skool wil 'n uitstalling oor beroepe by jou skool hou.

          Maak 'n plakkaat om die leerders van hierdie uitstalling te vertel.

          Dink aan die volgende:

          •   Waar en wanneer word die uitstalling gehou?
          •   Wie gaan die uitstalling aanbied?                           [Bron: www.icss.org]
          •   Wat gaan alles by die uitstalling gebeur?
          •   Waarom is dit belangrik vir leerders om die uitstalling by te woon?

          LET WEL: Punte word vir inhoud toegeken, NIE vir versierings NIE.                          [20]

3.2       DAGBOEKINSKRYWING

          Jy het vandag iets verkeerds gedoen en was in die moeilikheid daaroor.

          Skryf in jou dagboek. Vertel wat gebeur het en hoe jy daaroor voel.

                                          [Bron:www.clipartkid.com]

          Dink aan die volgende:

          •   Wat het jy verkeerd gedoen?
          •   Hoekom was jy in die moeilikheid daaroor?
          •   Wat het daarna gebeur?
          •   Hoe voel jy oor dit wat gebeur het?                                                    [20]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2         10                        DBE/November 2017
                                            NSS

3.3       INSTRUKSIES

         Jou ma vra jou om vir die nuwe kinderoppasser instruksies neer te skryf oor
         hoe om te sorg dat jou boetie of sussie veilig sal wees.

         Skryf die instruksies in volsinne en puntsgewys neer.

         Jy kan die prentjies hieronder gebruik om jou te
         help.

         Voorbeeld:                                          [Bron: www.clipartbest.com]

           1.     Moenie dat Boetie/Sussie met nat hande aan muurproppe vat nie.
           2.     ...
           3.     ...
           ..     ...
           ..     ...

           1. Moenie dat Boetie/Sussie met nat hande aan muurproppe vat nie.

           2.                          3.                        4.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2         11         DBE/November 2017
                                            NSS

          5.                           6.         7.

          8.                           9.         10.

                                                                            [20]

                                                  TOTAAL AFDELING C:        20
                                                      GROOTTOTAAL:          80

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans SAL P1 Nov 2017 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-nov-2017-gauteng/806bf273-b53a-4322-bd25-c9530f0da29d) — Afrikaans SAL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans SAL P1 Nov 2017 Vrystaat](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-nov-2017-vrystaat/c48d1468-df09-4da8-9cd3-b8896cd6c06a) — Afrikaans SAL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans SAL P1 Nov 2017 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-nov-2017-mpumalanga/9683c6f1-e358-460f-81ec-44a76efde16f) — Afrikaans SAL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans SAL P1 Nov 2017 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-nov-2017-limpopo/06ec86c7-4cc9-4311-8845-247898740d67) — Afrikaans SAL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans SAL P1 Nov 2017 KwaZulu-Natal](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-nov-2017-kwazulu-natal/31e68f8c-ce36-4946-9036-3f44b5cce565) — Afrikaans SAL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans SAL P1 Nov 2017 Noordwes](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-nov-2017-noordwes/eacf1407-d1f6-48f5-a97b-9e9b0a6c7d56) — Afrikaans SAL · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans SAL

- [Gr 12 Afrikaans SAL ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-afrikaans-sal-atp-2023-24/62a5661c-7dee-400e-8d08-3944f9c721f0) — ATP · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-mpumalanga/a1407f79-0048-4a4c-a2fb-7c9aafc01a02) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-gauteng/204b3998-388d-4312-a14d-bc43b1529599) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-limpopo/4ecca3ab-b049-455c-97a9-e508bbd3107d) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG KwaZulu-Natal](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-kwazulu-natal/4431038d-7fcf-40be-a6b8-edbefc700aac) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Free State](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-free-state/c7fd6c22-a455-4a14-b3a8-b0f7dc2ba104) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
