# Afrikaans SAL Grade 12 P2 NSC November Exams 2021 QP

> Grade 12 Afrikaans SAL Paper 2 question paper from the NSC November Exams 2021, 11 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2021-kwazulu-natal/768d5df0-f451-4006-81ab-74e305546e16
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans SAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC November Exams
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans SAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-sal) › [Afrikaans SAL Grade 12 P2 NSC November Exams 2021 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2021-kwazulu-natal/768d5df0-f451-4006-81ab-74e305546e16)

## About this document

Afrikaans Sal · Grade 12 · NSC November Exams · 2021 · Afrikaans. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans SAL P2 Nov 2021 MG Free State](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2021-mg-free-state/60f38b88-98dd-4d67-bb3e-7027f8732af0) — Memo · 2021 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2021 MG North West](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2021-mg-north-west/eb132f6c-0282-4b83-ac06-1668de6502a9) — Memo · 2021 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2021 MG Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2021-mg-gauteng/6c3da118-969a-4c5f-b194-22b48cc0e0cf) — Memo · 2021 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

               AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2

                               NOVEMBER 2021

                               KWAZULU-NATAL

PUNTE: 40

TYD: 1½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2              2                         DBE/November 2021
                                          NSS (KwaZulu-Natal)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.        MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die
          INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommers van
          die vrae oor die tekste wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vrae en
          kies die vrae wat jy wil beantwoord.

2.        Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:

          AFDELING A:        Kortverhale (40)
          OF
          AFDELING B:        Drama (40)

3.        Beantwoord die vrae in EEN van die afdelings:

          AFDELING A: KORTVERHALE
          Beantwoord die vrae oor TWEE kortverhale wat jy bestudeer het.

          OF

          AFDELING B: DRAMA
          Beantwoord die vrae oor die drama (Perdekrag) wat jy bestudeer het.

4.        Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Laat 'n reël oop na elke antwoord.

7.        Voorgestelde tydsindeling:

          AFDELING A: 90 minute

          OF

          AFDELING B: 90 minute

8.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2             3                    DBE/November 2021
                                       NSS (KwaZulu-Natal)

INHOUDSOPGAWE

Kies SLEGS die afdeling wat jy bestudeer het.

AFDELING A: KORTVERHALE

Beantwoord Verhaal A EN Verhaal B.
                  VRAAGNOMMER                                PUNTE   BLADSYNOMMER
1. Verhaal A                                                   20          4
   "Soldate in wit klere"
   EN

    Verhaal B                                                 20            6
    "Die prentjiesmaker"

                                              OF

AFDELING B: DRAMA

Beantwoord slegs EEN vraag.
2. Perdekrag                                                  40            8

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2             4                       DBE/November 2021
                                       NSS (KwaZulu-Natal)

Beantwoord SLEGS die vraag oor die kortverhale/drama wat jy bestudeer het, dit
wil sê VRAAG 1 OF VRAAG 2.

VRAAG 1: LUGSPIEËLINGS – Myicelie Pienaar

VERHAAL A: "SOLDATE IN WIT KLERE" – Hannah Bell (20)
EN
VERHAAL B: "DIE PRENTJIESMAKER" – PJ du Plessis (20)

VERHAAL A: "SOLDATE IN WIT KLERE" – Hannah Bell

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

  ''Toemaar, dalk gee hy jou net medisyne. En ons is vanaand weer tuis. "Maar oom
Labu kon sien die man lyk sleg en hy het gou die bakkie uitgetrek om dorp toe te ry.
  ''Hou jou oë op die pad, Nevil, en kyk of jy êrens los grond sien. Dit kan beteken daar
is 'n landmyn begrawe. En hou die bosse aan die kant van die pad ook dop, of jy nie 'n
geweerloop sien blink nie.''                                                              5
  Toe hulle van die plaaspad af in die teerpad wat dorp toe loop, indraai, het oom Labu
asem opgehou dat hulle dalk êrens in 'n hinderlaag kan inry. Miskien 'n boomstomp
oor die pad gegooi, wat hulle sal verplig om uit te klim om onder skoot te kom.
  Toe hulle by die dokter kom, kon hy dadelik aan Nevil aandag gee. Nadat hy Nevil
ondersoek het, sê hy:                                                                     10
  ''Hierdie man het malaria in 'n erge graad. Hy moet hier in die hospitaal agterbly.''

1.1       Watter soort werk het oom Labu gedoen?                                                (1)

1.2       Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die
          vraagnommer (1.2) neer.

          Lees reël 4 tot 7. Hierdie optrede van oom Labu wys dat hy ... was.

          A       kwaad
          B       haastig
          C       versigtig
          D       onverskillig                                                                  (1)

1.3       Wie sou hulle in 'n hinderlaag wou lei?                                               (1)

1.4       Oom Labu was daardie aand alleen op die plaas.

          1.4.1        Noem EEN ding wat oom Labu daardie aand gedoen het om so
                       veilig moontlik te kon wees.                                             (1)

          1.4.2        Noem EEN rede waarom oom Labu nie slaappille sou wou drink
                       nie.                                                                     (1)

1.5       Oom Labu het nie na sy buurman toe gegaan nie, want hulle was kwaad vir
          mekaar.

          Gee 'n rede uit die verhaal waarom die stelling ONWAAR is.                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2             5                         DBE/November 2021
                                       NSS (KwaZulu-Natal)

1.6       Skryf die volgende vier insidente onder mekaar oor in die VOLGORDE soos
          wat dit in die verhaal gebeur.

             'n Patrolliemotor het voor oom Labu se huis stilgehou.
             Die gevangene het vir oom Labu gewys waar hulle geloop het.
             Oom Labu het gehoor dat daar soldate in wit klere om sy huis was.
             Die kaptein het vir oom Labu vertel wat die vorige nag gebeur het.                  (4)

1.7       1.7.1        Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                       Die titel van hierdie verhaal pas die beste (by die begin
                       van/regdeur/by die einde van) die verhaal.                                 (1)

          1.7.2        Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.7.1.                                      (1)

1.8       Oom Labu het in gevaarlike tye geleef.

          Kies die gevolg uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf net
          die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.8.1 tot 1.8.4) neer.

                          KOLOM A                                 KOLOM B
          1.8.1      Die plaaswerk was te veel      A   Oom Labu het besluit om alleen
                     vir oom Labu.                      terug te ry plaas toe.

          1.8.2      Oom Labu moes                  B   Oom Labu het nie agtergekom dat
                     belangrike dinge op die            die vryheidsvegters om sy huis
                     plaas gaan doen.                   geloop het nie.

          1.8.3      Oom Labu was daardie           C   Oom Labu het gehoor dat drie
                     aand baie onrustig.                vryheidsvegters doodgeskiet is.

          1.8.4      Oom Labu het soos 'n kind      D   Nevil Horn is gestuur om oom
                     geslaap.                           Labu te help.

                                                    E   Oom Labu het lank gebid.
                                                                                    (4 x 1)       (4)

1.9       Gee TWEE redes waarom ons kan sê dat ons oom Labu in hierdie verhaal
          die beste leer ken.                                                                     (2)

1.10      Oom Labu is 'n karakter wat die leser positief kan motiveer.

          Gee TWEE redes waarom ons so kan sê.                                                    (2)

                                               EN

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2             6                        DBE/November 2021
                                       NSS (KwaZulu-Natal)

VERHAAL B: "DIE PRENTJIESMAKER" – PJ du Plessis

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

  ''Nee, niks nie, Mevrou,'' begin Mthemba verduidelik, maar die vrou val hom in die
rede.
  ''En dit? Is dit nie 'n prent op daardie esel nie?''
  ''Nee, Mevrou. Dis ... '' Hy probeer haar weghou. Hy wil nie hê die mense moet
uitvind dat Ubombo sy verstand verloor het nie.                                       5
  Maar die vrou steur haar nie aan hom nie en kies sommer koers na die esel toe, haar
man kort op haar hakke. Kopskuddend volg Mthemba. Dit voel of 'n koue hand sy
maag omklem toe die twee voor die esel tot stilstand kom. Hy verwag dat hulle gaan
lag, of miskien in afsku gaan wegdraai, maar dit gebeur nie.
  Die vrou trek haar asem skerp in. ''Maar dis wonderlik.'' Haar stem registreer 10
verbasing en opwinding. ''Soveel gevoel, soveel uitdrukking. Dit is duidelik dat die
kunstenaar moedeloosheid en wanhoop wou uitbeeld, en hy het dit briljant reggekry.''
  Die man vat na sy beursie. ''Ons moet dit hê,'' sê hy.
  Mthemba staar oopmond na die twee.

1.11      Waar kom die vrou vandaan wat in die uittreksel met Mthemba praat?                    (1)

1.12      Waarom het Mthemba gedink dat Ubombo sy verstand verloor het?                         (1)

1.13      1.13.1      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                      Die man en vrou het (Ubombo se kuns verstaan/met Ubombo se
                      kuns gespot).                                                             (1)

          1.13.2      Hoekom sê jy so?                                                          (1)

1.14      Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die
          vraagnommer (1.14) neer.

          ''Die vrou trek haar asem skerp in.'' (Reël 10)

          Hierdie woorde beteken dat die vrou ... was.

          A    bang
          B    verras
          C    kwaad
          D    tevrede                                                                          (1)

1.15      ''Mthemba staar oopmond na die twee.'' (Reël 14)

          Wat lei ons uit hierdie reaksie van Mthemba af?                                       (2)

1.16      Skryf die volgende sin oor en verander die onderstreepte deel om die stelling
          WAAR te maak.

          Mthemba wou nie die geld vat nie, want hy het nie die vreemde man vertrou
          nie.                                                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2              7                          DBE/November 2021
                                          NSS (KwaZulu-Natal)

1.17      Ubombo was 'n ware skilder.

          Voltooi die volgende sinne. Skryf net die vraagnommers (1.17.1 tot 1.17.4) en
          die ontbrekende woorde neer.

          1.17.1 Toe Ubombo klein was, het hy prentjies in die ... geteken.                          (1)

          1.17.2 Sy prente was ...; daarom het mense daarvan gehou.                                  (1)

          1.17.3 Toe die droogte kom, was die mense bang dat Ubombo ... sou skilder,
                 want dit is boodskappers van die dood.                                              (1)

          1.17.4 ... was die enigste van sy eie mense wat gesien het wat hy daardie
                 dag geskilder het.                                                                  (1)

1.18      Ubombo het geverf wat hy gesien het.

          Kies die gevolg uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf net
          die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.18.1 tot 1.18.4) neer.

                     KOLOM A                                    KOLOM B
          1.18.1 Die nonne het Ubombo se          A     Ubombo het al sy prente verkoop.
                 talent raakgesien.
                                                  B     Ubombo se laaste prent was net
          1.18.2 Ander mense het ook van                vreemde vorms en lyne.
                 Ubombo se prente gehou.
                                                  C     Ubombo was nie meer daar toe die
          1.18.3 Die groot droogte het ook              droogte gebreek is nie.
                 vir Ubombo laat swaarkry.
                                                  D     Die priester het vir Ubombo 'n esel
          1.18.4 Ubombo het nie geweet                  gegee.
                 hoe verf 'n mens honger
                 nie.                             E     Ubombo het nie meer geskilder nie.
                                                                                   (4 x 1)          (4)

1.19      1.19.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                     'n Boodskap van hierdie verhaal is dat mense (nie hulle beste kan
                     lewer as hulle honger is nie/nie op dieselfde manier na dinge kyk nie).         (1)

          1.19.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.19.1.                                              (1)

1.20      Die verhaal het 'n verrassende slot.

          1.20.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                     Al is Ubombo aan die einde van die verhaal dood, laat die slot van die
                     verhaal jou (tevrede/teleurgesteld) voel.                                       (1)

          1.20.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.20.1.                                              (1)
                                                                                                    [40]
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2             8                      DBE/November 2021
                                       NSS (KwaZulu-Natal)

VRAAG 2

PERDEKRAG – Cecilia du Toit

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS C

LUCKY:        Nee, maar ek kan mos leer. Dis mos 'n perdeskool dié. Of mag net die ryk
              rotte die goed ry?
WILMA:        Jy gaan beslis nie op 'n perd se rug klim met so 'n houding nie.
LUCKY:        Nes ek gedink het. Net ryk boude vir hierdie hobby horses van jou. Armes
              soos ek moet maar loop. Of shit stir.                                      5
WILMA:        Dit het niks te doen met arm of ryk nie. Jy's hier om te werk.
LUCKY:        (Kwaad.) Nee, ek's hier, want ryk rotte gee meer om vir diere as vir arm
              mense.
WILMA:        Ag, stop dit nou. Jou storietjie raak nou afgesaag. (Sy hou die leiband na
              Binki uit.) Kom, vat Lady Jane na die kampie toe. Die De Beers wag.        10
              (Binki kom versigtig nader en hou Lady Jane se leiband ver van haar af
              weg. Lady Jane volg gewillig, maar dit maak Binki steeds bang.)
              (Aanmoedigend.) Mooi, Binki. Jy doen goed.
LUCKY:        (Lag uitbundig.) Sy lyk asof sy gaan flou val! Bangbroek-bybie!

2.1       Wat was Wilma se posisie by die perdeskool?                                          (1)

2.2       Lucky moes as straf by die perdeskool werk.

          2.2.1      Wie was Lucky se prokureur?                                               (1)

          2.2.2      Hoe lank moes Lucky by die perdeskool werk?                               (1)

2.3       Een van Lucky se werkies was om die stalle uit te hark. Noem nog EEN ander
          werk wat Wilma vir hom gegee het.                                                    (1)

2.4       Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die
          vraagnommer (2.4) neer.

          Wilma het vir Lucky gesê dat hy nie op 'n perd gaan ry met so 'n houding nie.
          (Reël 3) Dit wys dat Wilma ... teenoor Lucky opgetree het.

          A       streng
          B       simpatiek
          C       vriendelik
          D       emosioneel                                                                   (1)

2.5       Die De Beers was ryk mense.

          Gee 'n rede waarom hierdie stelling ONWAAR is.                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2              9                           DBE/November 2021
                                        NSS (KwaZulu-Natal)

2.6       Skryf die volgende vier insidente onder mekaar oor in die VOLGORDE soos
          wat dit in die drama gebeur.

             Lucky het die hooivurk gevat en begin werk.
             Wilma het vir Lucky gesê om die stalle uit te hark.
             Wilma wou hê Lucky moes die perdeskool verlaat.
             Lucky het vir Wilma gesê hy is nie daar om die vuil werk te doen nie.                 (4)

2.7       Lees weer reëls 1 tot 8 wat Lucky oor ryk mense sê.

          Wat kan jy aflei omtrent Lucky se houding teenoor ryk mense?
          Noem TWEE dinge.                                                                          (2)

2.8       Lucky het nie geweet wat alles by die perdeskool gebeur nie.

          Kies die gevolg uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf net
          die letter (A–E) langs die vraagnommers (2.8.1 tot 2.8.4) neer.

                        KOLOM A                                  KOLOM B
          2.8.1      Lucky was onbeskof.         A    Lucky het besef dat daar ander
                                                      kinders is wat ook swaarkry.
          2.8.2      Lucky het aspris stadig
                     gewerk.                     B    Wilma moes Lucky waarsku om nie
                                                      vir Binki te boelie nie.
          2.8.3      Lucky het 'n rolstoel
                     onder die boom gesien.      C    Lucky wou die leiband om
                                                      Tinkerbelle se kop sit.
          2.8.4      Binki het gesê dat sy by
                     Wilma bly omdat Sabrina     D    Lucky het besef dat hy sy ma se tyd
                     haar nie kon versorg nie.        en liefde moes waardeer.

                                                 E    Wilma het gesê dat Lucky nie kos
                                                      gaan kry voor al die vuil strooi op
                                                      die hoop is nie.
                                                                                       (4 x 1)      (4)

2.9       "Sy lyk asof sy gaan flou val! Bangbroek-bybie!" (Reël 14)

          2.9.1       Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies.

                      Hierdie optrede van Lucky laat 'n mens (kwaad/opgewonde) voel.                (1)

          2.9.2       Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.9.1.                                         (1)

2.10      2.10.1      Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies.

                      'n Les wat 'n mens uit hierdie drama kan leer, is dat dit (verkeerd is
                      om te stereotipeer/goed is om van perde te hou).                              (1)

          2.10.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.10.1.                                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2            10                          DBE/November 2021
                                       NSS (KwaZulu-Natal)

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS D

WILMA:         Nee, dis nie waar nie. Hoor jy dan nie? Ek veroordeel jou nie.
LUCKY:         You could have fooled me.
WILMA:         Regtig. Wat jy gedoen het, is verskriklik, maar wat ek gedoen het, was
               nie veel beter nie. En ek was veronderstel om van beter te weet. Ek is
               mos volwasse, of hoe?                                                     5
LUCKY:         Wat? Was jy dan ook wreed teenoor diere?
WILMA:         Nee, ek was nie wreed nie. Of ten minste nie doelbewus soos –
               (Sy aarsel.)
LUCKY:         Soos ek. Toe, sê dit.
WILMA:         Goed, nie wreed soos jy nie. Maar die skade was net so groot – nee, 10
               eintlik baie groter as joune, want ek was 'n grootmens. Maar los dit, dis
               lank gelede.
LUCKY:         Vertel. Toe, Antie, vertel. Dit sal my mos help.
WILMA:         (Sug.) Nou goed. Ek was – toe ek jonger was – 'n bietjie, hm, wild.
               (Sy wag terwyl Lucky uitbundig lag, maar gaan dan voort.) Ek was een 15
               aand by 'n partytjie.

2.11     Wilma het vir Lucky vertel dat sy ook iets verkeerds gedoen het.

         Voltooi die volgende sinne. Skryf net die vraagnommers (2.11.1 tot 2.11.4) en
         die ontbrekende woorde neer.

          2.11.1      Terwyl Wilma by die bure se partytjie was, het sy te veel … .                (1)

          2.11.2      Na die partytjie het sy met haar perd, met die naam … teruggejaag
                      huis toe.                                                                    (1)

          2.11.3      Die perd het in 'n gat getrap en sy … gebreek.                               (1)

          2.11.4      Nadat Wilma vir Lucky van hierdie insident vertel het, was hy ... dat
                      hy so onbeskof met haar was.                                                 (1)

2.12      Lucky het erken dat hy wreed teenoor diere was. Wat het hy gedoen wat
          wreed was?                                                                               (1)

2.13      Hoekom was Lucky so wreed teenoor daardie diere?                                         (1)

2.14      2.14.1      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                      Met die werk wat Wilma by die perdeskool gedoen het, het
                      sy probeer om dit wat sy verkeerd gedoen het, (te vergeet/
                      reg te maak).                                                                (1)

          2.14.2      Hoekom sê jy so?                                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2             11                         DBE/November 2021
                                          NSS (KwaZulu-Natal)

2.15      Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die
          vraagnommer (2.15) neer.

          "Ek was – toe ek jonger was – 'n bietjie, hm, wild." (Reël 14)

          Hiermee wou Wilma vir Lucky sê dat sy as jongmens ...

          A    kwaai was.
          B    goed kon perdry.
          C    onverantwoordelik was.
          D    graag op wilde perde gery het.                                                   (1)

2.16      Skryf die volgende sin oor en verander die onderstreepte deel om die stelling
          WAAR te maak.

          Lucky kon Wilma nie op haar naam noem nie, want hy was bang vir haar.                 (1)

2.17      Lucky moes leer om sy houding teenoor baie dinge te verander.

          Kies die gevolg uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf net
          die letter (A–E) langs die vraagnommers (2.17.1 tot 2.17.4) neer.

                         KOLOM A                                   KOLOM B
          2.17.1     Lucky wou nie saamwerk          A    Lucky het besef dat 'n mens uit
                     op die plaas nie.                    jou foute kan leer.

          2.17.2     Binki het vir Lucky vertel      B    Lucky het besef dat alle mense
                     dat sy probeer het om haar           seerkry.
                     hondjie uit die brand te red.
                                                     C    Lucky het geleer om stalle skoon
          2.17.3     Lucky het Binki se letsels           te maak.
                     gesien.
                                                     D    Wilma het gebel sodat Lucky
          2.17.4     Wilma het vir Lucky van              kon teruggaan stad toe.
                     haar verlede vertel.
                                                     E    Lucky het besef dat diere met
                                                          liefde en respek behandel moet
                                                          word.
                                                                                    (4 x 1) (4)

2.18      2.18.1      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                      Die titel van die drama pas die beste (by die begin van/by die einde
                      van/regdeur) die drama.                                                   (1)

          2.18.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.18.1.                                    (1)

2.19      Gee TWEE maniere waarop 'n mens Lucky in hierdie drama goed leer ken.                 (2)

2.20      Binki se optrede aan die einde van die drama motiveer die leser om probleme
          op te los. Gee TWEE redes waarom ons so kan sê.                                       (2)
                                                                                                [40]

                                                                                TOTAAL:         40

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans SAL P2 Nov 2021 Eastern Cape](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2021-eastern-cape/b945e351-e574-4ce9-a701-3075fe735b70) — Afrikaans SAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2021 North West](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2021-north-west/f70ac039-a466-45f8-96b5-5a6256df28fc) — Afrikaans SAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2021 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2021-mpumalanga/2f6183d9-f3c4-49d2-ba93-73b2568111bf) — Afrikaans SAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2021 Free State](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2021-free-state/c499052a-5da9-4109-a951-8dcd12f5ddce) — Afrikaans SAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2021 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2021-gauteng/22fab3b7-76e1-4729-8eaf-972a3d6dfd8c) — Afrikaans SAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2021 Northern Cape](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2021-northern-cape/2a672b0a-1519-4c84-9f92-71f2fa9b4779) — Afrikaans SAL · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans SAL

- [Gr 12 Afrikaans SAL ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-afrikaans-sal-atp-2023-24/62a5661c-7dee-400e-8d08-3944f9c721f0) — ATP · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-mpumalanga/a1407f79-0048-4a4c-a2fb-7c9aafc01a02) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-gauteng/204b3998-388d-4312-a14d-bc43b1529599) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-limpopo/4ecca3ab-b049-455c-97a9-e508bbd3107d) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG KwaZulu-Natal](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-kwazulu-natal/4431038d-7fcf-40be-a6b8-edbefc700aac) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Free State](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-free-state/c7fd6c22-a455-4a14-b3a8-b0f7dc2ba104) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
