# Afrikaans SAL Grade 12 P2 NSC November Exams 2021 QP

> Grade 12 Afrikaans SAL Paper 2 question paper from the NSC November Exams 2021, 11 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2021-northern-cape/2a672b0a-1519-4c84-9f92-71f2fa9b4779
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans SAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC November Exams
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans SAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-sal) › [Afrikaans SAL Grade 12 P2 NSC November Exams 2021 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2021-northern-cape/2a672b0a-1519-4c84-9f92-71f2fa9b4779)

## About this document

Afrikaans Sal · Grade 12 · NSC November Exams · 2021 · Afrikaans. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans SAL P2 Nov 2021 MG Free State](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2021-mg-free-state/60f38b88-98dd-4d67-bb3e-7027f8732af0) — Memo · 2021 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2021 MG North West](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2021-mg-north-west/eb132f6c-0282-4b83-ac06-1668de6502a9) — Memo · 2021 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2021 MG Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2021-mg-gauteng/6c3da118-969a-4c5f-b194-22b48cc0e0cf) — Memo · 2021 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

               AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2

                               NOVEMBER 2021

                                 NOORD-KAAP

PUNTE: 40

TYD: 1½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2             2                          DBE/November 2021
                                          NSS (Noord-Kaap)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.        MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die
          INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommers van
          die vrae oor die tekste wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vrae en
          kies die vrae wat jy wil beantwoord.

2.        Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:

          AFDELING A:        Kortverhale (40)
          OF
          AFDELING B:        Drama (40)

3.        Beantwoord die vrae in EEN van die afdelings:

          AFDELING A: KORTVERHALE
          Beantwoord die vrae oor TWEE kortverhale wat jy bestudeer het.

          OF

          AFDELING B: DRAMA
          Beantwoord die vrae oor die drama (Perdekrag) wat jy bestudeer het.

4.        Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Laat 'n reël oop na elke antwoord.

7.        Voorgestelde tydsindeling:

          AFDELING A: 90 minute

          OF

          AFDELING B: 90 minute

8.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2            3                  DBE/November 2021
                                       NSS (Noord-Kaap)

INHOUDSOPGAWE

Kies SLEGS die afdeling wat jy bestudeer het.

AFDELING A: KORTVERHALE

Beantwoord Verhaal A EN Verhaal B.
               VRAAGNOMMER                                PUNTE   BLADSYNOMMER
1. Verhaal A                                                20          4
   "Die ramp"
   EN

    Verhaal B                                              20            6
    "Rooikoos Willemse is soek"

                                            OF

AFDELING B: DRAMA

Beantwoord slegs EEN vraag.
2. Perdekrag                                               40            8

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2            4                       DBE/November 2021
                                       NSS (Noord-Kaap)

Beantwoord SLEGS die vraag oor die kortverhale/drama wat jy bestudeer het, dit
wil sê VRAAG 1 OF VRAAG 2.

VRAAG 1: KINDERS VAN DIE AARDE – Charles Fryer

VERHAAL A: "DIE RAMP" – TT Cloete (20)
EN
VERHAAL B: "ROOIKOOS WILLEMSE IS SOEK" – Abraham H de Vries (20)

VERHAAL A: "DIE RAMP" – TT Cloete

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

     Nou het die ongeluk ons werklik goed gery.
     Daar staan ons. Dit reën nog steeds, darem sagter, maar 'n sterk wind waai lae
wolke oor ons. Veraf hoor ons die see dreun. Dit is twee-uur. Die kinders huil, die
groteres sag, die kleineres hard, behalwe die kleinste wat buite weste van koors lê en
yl.                                                                                    5
     Daar is byna geen verkeer hierdie tyd van die nag nie, en die motors wat wel
verbykom, hou nie vir my smekende gebare stil nie. In die newelagtige reën kan hulle
my dalk ook nie behoorlik sien nie.
     Later is ek papnat en koud.
     Toe ek weer 'n motor hoor aankom van Humansdorp se kant af, dink ek daaraan 10
om die oudste seuntjie saam met my te laat staan en smeek om hulp. Mense hou dalk
stil as hulle die kind sien.
     Die plan deug. Dis 'n klein, geel Mini-stasiewaentjie wat stilhou.

1.1       Waar was die verteller met vakansie?                                                (1)

1.2       1.2.1       Waarom kon die verteller se vrou nie saam met hom en die kinders
                      terugry huis toe nie?                                                   (1)

          1.2.2       Hoe sou die vrou by die huis kom?                                       (1)

1.3       Mense wou nie stilhou om die verteller te help nie.

          Wat lei jy hieruit af oor die mense? Noem TWEE dinge.                               (2)

1.4       Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die
          vraagnommer (1.4) neer.

          Die weldoener het by die verteller en sy seun stilgehou. Hierdie optrede wys
          dat die weldoener ... was.
          A       simpatiek
          B       nuuskierig
          C       aggressief
          D       emosioneel                                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2              5                             DBE/November 2021
                                         NSS (Noord-Kaap)

1.5       Skryf die volgende vier insidente onder mekaar oor in die VOLGORDE soos
          wat dit in die verhaal gebeur.

             Die verteller se motor het naby Jeffreysbaai gebreek.
             Die verteller se motor is teruggesleep Port Elizabeth toe.
             Die weldoener het 'n insleepmotor op Humansdorp gaan haal.
             Die verteller en sy kinders het die terugreis Port Elizabeth toe begin.                 (4)

1.6       Daar het baie dinge met die verteller en sy kinders gebeur.

          Kies die gevolg uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf net
          die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.6.1 tot 1.6.4) neer.

                          KOLOM A                                   KOLOM B
          1.6.1      Die kinders was bang om         A      Die weldoener het verongeluk
                     sonder hulle ma te ry.                 omdat hy nie kon sien nie.

          1.6.2      Die verteller se aspirine was   B      Die verteller het moeilik bestuur.
                     klaar.
                                                     C      Die kleinste kind se koors het
          1.6.3      Op pad huis toe het dit hard           erger geword.
                     gereën en die wind het sterk
                     gewaai.                         D      Die weldoener het vir die verteller
                                                            gewys dat hy ook drie kinders in
          1.6.4      Die verteller het die                  sy motor gehad het.
                     weldoener se bril laat val en
                     dit het gebreek.                E      Die verteller moes probeer om
                                                            almal rustig te hou.
                                                                                       (4 x 1)        (4)

1.7       Die verteller het die bestuurder van die geel motortjie se naam geken.
          Gee 'n rede uit die verhaal waarom die stelling ONWAAR is.                                  (1)

1.8       Waar het die weldoener verongeluk?                                                          (1)

1.9       1.9.1        Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                       Die les in hierdie verhaal is dat jy ander mense (moet help as jy
                       kan sonder om iets terug te verwag/vir hulle hulp moet betaal).                (1)

          1.9.2        Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.9.1.                                          (1)

1.10      Hierdie verhaal vertel ons van 'n persoon (die weldoener) wat roekeloos
          (reckless) bestuur het.

          Gee TWEE redes waarom ons so kan sê.                                                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2             6                       DBE/November 2021
                                        NSS (Noord-Kaap)

VERHAAL B: "ROOIKOOS WILLEMSE IS SOEK" – Abraham H de Vries

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS B

   Dus. Die Barrydalers wil nie hulle naam slegmaak nie. Hulle daar uit. En Rooikoos
bulder agter hulle aan: "Ek sal daar wees vemirrag, ditsemsedatsemse," en al die soort
dreigemente.
    Rooikoos was die agtermiddag daar. Dit was sy fout. Want ek het al vir jou gesê
Barrydale het daardie jaar 'n spannetjie gehad wat WP sou laat les opsê het. En ek het 5
jou al gesê Rooikoos had 'n stem soos 'n beeskalf se bulbulk.
    Wat dié agtermiddag met die Barrydalers aan die gang was, weet g'n mens tot
vandag se dag toe nie, maar op loop kon hulle nie kom nie. Dan skop die losskakel
doer agter oor die doodlyn as hy hom in die hoek wil neersit vir die een vleueltjie –
'n donkerkopkêreltjie met sulke bakbene, ek onthou hom nog. Hy's later getroud met 10
Meisie van nig Meraai, en hulle kinders het almal ook sulke bakbene, jy moet maar
oplet.

1.11      Waar op die dorp het Rooikoos gebly?                                                  (1)

1.12     Rooikoos was nie soos ander mense nie.

         Voltooi die volgende sinne. Skryf net die vraagnommers (1.12.1 tot 1.12.4) en
         die ontbrekende woorde neer.

          1.12.1      Rooikoos het nie gereeld geskeer nie; daarom was sy ... baie lank
                      en slordig.                                                               (1)

          1.12.2      Sy swak puntjie was dat hy te veel ... het.                               (1)

          1.12.3      Daardie Saterdagmiddag toe die rugby begin, was Rooikoos by               (1)
                      die ...

          1.12.4      Daarom het ... se span nie gewen, soos almal gedink het nie.              (1)

1.13     Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die
         vraagnommer (1.13) neer.

         "... Barrydale het daardie jaar 'n spannetjie gehad wat WP sou laat les opsê
         het." (Reël 5)

         Dit beteken dat Barrydale se rugbyspan daardie jaar ...

         A    hulle wedstryd teen WP sou verloor het.
         B    baie nuwe dinge geleer het.
         C    baie goed gespeel het.
         D    'n jong spannetjie was.                                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2             7                         DBE/November 2021
                                        NSS (Noord-Kaap)

1.14      Rooikoos Willemse het daardie Saterdag moeilikheid veroorsaak.
          Kies die gevolg uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf net
          die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.14.1 tot 1.14.4) neer.

                    KOLOM A                                   KOLOM B
         1.14.1 Rooikoos het lelik met         A    Barrydale se span het nie die
                die Barrydalers gepraat.            wedstryd gewen nie.
         1.14.2 Die hoteleienaar het           B    Rooikoos het die oggend halfelf al
                mooi met Rooikoos en                begin drink.
                die Barrydalers gepraat.
                                               C    Die Barrydalers het Rooikoos se
         1.14.3 Rooikoos het op                     hare gekleur en sy baard afgeskeer.
                Barrydale se losskakel
                geskree.                       D    Die Barrydalers het besluit om
                                                    Rooikoos uit te los en het die kantien
         1.14.4 Die Barrydalers wou vir             verlaat.
                Rooikoos straf.
                                               E    Rooikoos en die Barrydalers wou
                                                    mekaar slaan.
                                                                                 (4 x 1)          (4)
1.15      1.15.1      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
                      Rooikoos was (verbaas/bly) toe die kelner die volgende oggend vir
                      hom koffie gebring het.                                                     (1)
          1.15.2      Hoekom sê jy so?                                                            (1)
1.16      Wie het die foon van die hotel op Rooikoos se dorp geantwoord?                          (1)
1.17      Skryf die volgende sin oor en verander die onderstreepte deel om die stelling
          WAAR te maak.
          Rooikoos was hartseer omdat iemand sy klere gevat het.                                  (1)

1.18      Die Barrydalers het betaal dat Rooikoos daardie nag in die hotel kon slaap.
          1.18.1      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
                      Hierdie optrede van die Barrydalers laat jou (kwaad/bly) voel.              (1)
          1.18.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.18.1.                                      (1)
1.19      1.19.1      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
                      Die titel van die verhaal pas die beste by (die begin van/die einde
                      van/regdeur) die verhaal.                                                   (1)
          1.19.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.19.1.                                      (1)
1.20      Gee TWEE redes waarom 'n mens kan sê dat jy Rooikoos in hierdie verhaal
          goed leer ken.                                                                          (2)
                                                                                                  [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2            8                       DBE/November 2021
                                       NSS (Noord-Kaap)

VRAAG 2

PERDEKRAG – Cecilia du Toit

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS C

LUCKY:        Nee, maar ek kan mos leer. Dis mos 'n perdeskool dié. Of mag net die ryk
              rotte die goed ry?
WILMA:        Jy gaan beslis nie op 'n perd se rug klim met so 'n houding nie.
LUCKY:        Nes ek gedink het. Net ryk boude vir hierdie hobby horses van jou. Armes
              soos ek moet maar loop. Of shit stir.                                      5
WILMA:        Dit het niks te doen met arm of ryk nie. Jy's hier om te werk.
LUCKY:        (Kwaad.) Nee, ek's hier, want ryk rotte gee meer om vir diere as vir arm
              mense.
WILMA:        Ag, stop dit nou. Jou storietjie raak nou afgesaag. (Sy hou die leiband na
              Binki uit.) Kom, vat Lady Jane na die kampie toe. Die De Beers wag.        10
              (Binki kom versigtig nader en hou Lady Jane se leiband ver van haar af
              weg. Lady Jane volg gewillig, maar dit maak Binki steeds bang.)
              (Aanmoedigend.) Mooi, Binki. Jy doen goed.
LUCKY:        (Lag uitbundig.) Sy lyk asof sy gaan flou val! Bangbroek-bybie!

2.1       Wat was Wilma se posisie by die perdeskool?                                          (1)

2.2       Lucky moes as straf by die perdeskool werk.

          2.2.1      Wie was Lucky se prokureur?                                               (1)

          2.2.2      Hoe lank moes Lucky by die perdeskool werk?                               (1)

2.3       Een van Lucky se werkies was om die stalle uit te hark. Noem nog EEN ander
          werk wat Wilma vir hom gegee het.                                                    (1)

2.4       Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die
          vraagnommer (2.4) neer.

          Wilma het vir Lucky gesê dat hy nie op 'n perd gaan ry met so 'n houding nie.
          (Reël 3) Dit wys dat Wilma ... teenoor Lucky opgetree het.

          A       streng
          B       simpatiek
          C       vriendelik
          D       emosioneel                                                                   (1)

2.5       Die De Beers was ryk mense.

          Gee 'n rede waarom hierdie stelling ONWAAR is.                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2              9                           DBE/November 2021
                                         NSS (Noord-Kaap)

2.6       Skryf die volgende vier insidente onder mekaar oor in die VOLGORDE soos
          wat dit in die drama gebeur.

             Lucky het die hooivurk gevat en begin werk.
             Wilma het vir Lucky gesê om die stalle uit te hark.
             Wilma wou hê Lucky moes die perdeskool verlaat.
             Lucky het vir Wilma gesê hy is nie daar om die vuil werk te doen nie.                 (4)

2.7       Lees weer reëls 1 tot 8 wat Lucky oor ryk mense sê.

          Wat kan jy aflei omtrent Lucky se houding teenoor ryk mense?
          Noem TWEE dinge.                                                                          (2)

2.8       Lucky het nie geweet wat alles by die perdeskool gebeur nie.

          Kies die gevolg uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf net
          die letter (A–E) langs die vraagnommers (2.8.1 tot 2.8.4) neer.

                        KOLOM A                                  KOLOM B
          2.8.1      Lucky was onbeskof.         A    Lucky het besef dat daar ander
                                                      kinders is wat ook swaarkry.
          2.8.2      Lucky het aspris stadig
                     gewerk.                     B    Wilma moes Lucky waarsku om nie
                                                      vir Binki te boelie nie.
          2.8.3      Lucky het 'n rolstoel
                     onder die boom gesien.      C    Lucky wou die leiband om
                                                      Tinkerbelle se kop sit.
          2.8.4      Binki het gesê dat sy by
                     Wilma bly omdat Sabrina     D    Lucky het besef dat hy sy ma se tyd
                     haar nie kon versorg nie.        en liefde moes waardeer.

                                                 E    Wilma het gesê dat Lucky nie kos
                                                      gaan kry voor al die vuil strooi op
                                                      die hoop is nie.
                                                                                       (4 x 1)      (4)

2.9       "Sy lyk asof sy gaan flou val! Bangbroek-bybie!" (Reël 14)

          2.9.1       Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies.

                      Hierdie optrede van Lucky laat 'n mens (kwaad/opgewonde) voel.                (1)

          2.9.2       Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.9.1.                                         (1)

2.10      2.10.1      Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies.

                      'n Les wat 'n mens uit hierdie drama kan leer, is dat dit (verkeerd is
                      om te stereotipeer/goed is om van perde te hou).                              (1)

          2.10.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.10.1.                                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2             10                         DBE/November 2021
                                        NSS (Noord-Kaap)

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS D

WILMA:         Nee, dis nie waar nie. Hoor jy dan nie? Ek veroordeel jou nie.
LUCKY:         You could have fooled me.
WILMA:         Regtig. Wat jy gedoen het, is verskriklik, maar wat ek gedoen het, was
               nie veel beter nie. En ek was veronderstel om van beter te weet. Ek is
               mos volwasse, of hoe?                                                     5
LUCKY:         Wat? Was jy dan ook wreed teenoor diere?
WILMA:         Nee, ek was nie wreed nie. Of ten minste nie doelbewus soos –
               (Sy aarsel.)
LUCKY:         Soos ek. Toe, sê dit.
WILMA:         Goed, nie wreed soos jy nie. Maar die skade was net so groot – nee, 10
               eintlik baie groter as joune, want ek was 'n grootmens. Maar los dit, dis
               lank gelede.
LUCKY:         Vertel. Toe, Antie, vertel. Dit sal my mos help.
WILMA:         (Sug.) Nou goed. Ek was – toe ek jonger was – 'n bietjie, hm, wild.
               (Sy wag terwyl Lucky uitbundig lag, maar gaan dan voort.) Ek was een 15
               aand by 'n partytjie.

2.11     Wilma het vir Lucky vertel dat sy ook iets verkeerds gedoen het.

         Voltooi die volgende sinne. Skryf net die vraagnommers (2.11.1 tot 2.11.4) en
         die ontbrekende woorde neer.

          2.11.1      Terwyl Wilma by die bure se partytjie was, het sy te veel … .                (1)

          2.11.2      Na die partytjie het sy met haar perd, met die naam … teruggejaag
                      huis toe.                                                                    (1)

          2.11.3      Die perd het in 'n gat getrap en sy … gebreek.                               (1)

          2.11.4      Nadat Wilma vir Lucky van hierdie insident vertel het, was hy ... dat
                      hy so onbeskof met haar was.                                                 (1)

2.12      Lucky het erken dat hy wreed teenoor diere was. Wat het hy gedoen wat
          wreed was?                                                                               (1)

2.13      Hoekom was Lucky so wreed teenoor daardie diere?                                         (1)

2.14      2.14.1      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                      Met die werk wat Wilma by die perdeskool gedoen het, het
                      sy probeer om dit wat sy verkeerd gedoen het, (te vergeet/
                      reg te maak).                                                                (1)

          2.14.2      Hoekom sê jy so?                                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2             11                        DBE/November 2021
                                           NSS (Noord-Kaap)

2.15      Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die
          vraagnommer (2.15) neer.

          "Ek was – toe ek jonger was – 'n bietjie, hm, wild." (Reël 14)

          Hiermee wou Wilma vir Lucky sê dat sy as jongmens ...

          A    kwaai was.
          B    goed kon perdry.
          C    onverantwoordelik was.
          D    graag op wilde perde gery het.                                                  (1)

2.16      Skryf die volgende sin oor en verander die onderstreepte deel om die stelling
          WAAR te maak.

          Lucky kon Wilma nie op haar naam noem nie, want hy was bang vir haar.                (1)

2.17      Lucky moes leer om sy houding teenoor baie dinge te verander.

          Kies die gevolg uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf net
          die letter (A–E) langs die vraagnommers (2.17.1 tot 2.17.4) neer.

                         KOLOM A                                  KOLOM B
          2.17.1     Lucky wou nie saamwerk          A   Lucky het besef dat 'n mens uit
                     op die plaas nie.                   jou foute kan leer.

          2.17.2     Binki het vir Lucky vertel      B   Lucky het besef dat alle mense
                     dat sy probeer het om haar          seerkry.
                     hondjie uit die brand te red.
                                                     C   Lucky het geleer om stalle skoon
          2.17.3     Lucky het Binki se letsels          te maak.
                     gesien.
                                                     D   Wilma het gebel sodat Lucky
          2.17.4     Wilma het vir Lucky van             kon teruggaan stad toe.
                     haar verlede vertel.
                                                     E   Lucky het besef dat diere met
                                                         liefde en respek behandel moet
                                                         word.
                                                                                   (4 x 1) (4)

2.18      2.18.1      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                      Die titel van die drama pas die beste (by die begin van/by die einde
                      van/regdeur) die drama.                                                  (1)

          2.18.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.18.1.                                   (1)

2.19      Gee TWEE maniere waarop 'n mens Lucky in hierdie drama goed leer ken.                (2)

2.20      Binki se optrede aan die einde van die drama motiveer die leser om probleme
          op te los. Gee TWEE redes waarom ons so kan sê.                                      (2)
                                                                                               [40]

                                                                               TOTAAL:         40

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans SAL P2 Nov 2021 Eastern Cape](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2021-eastern-cape/b945e351-e574-4ce9-a701-3075fe735b70) — Afrikaans SAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2021 North West](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2021-north-west/f70ac039-a466-45f8-96b5-5a6256df28fc) — Afrikaans SAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2021 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2021-mpumalanga/2f6183d9-f3c4-49d2-ba93-73b2568111bf) — Afrikaans SAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2021 Free State](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2021-free-state/c499052a-5da9-4109-a951-8dcd12f5ddce) — Afrikaans SAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2021 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2021-gauteng/22fab3b7-76e1-4729-8eaf-972a3d6dfd8c) — Afrikaans SAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2021 KwaZulu-Natal](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2021-kwazulu-natal/768d5df0-f451-4006-81ab-74e305546e16) — Afrikaans SAL · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans SAL

- [Gr 12 Afrikaans SAL ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-afrikaans-sal-atp-2023-24/62a5661c-7dee-400e-8d08-3944f9c721f0) — ATP · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-mpumalanga/a1407f79-0048-4a4c-a2fb-7c9aafc01a02) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-gauteng/204b3998-388d-4312-a14d-bc43b1529599) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-limpopo/4ecca3ab-b049-455c-97a9-e508bbd3107d) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG KwaZulu-Natal](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-kwazulu-natal/4431038d-7fcf-40be-a6b8-edbefc700aac) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Free State](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-free-state/c7fd6c22-a455-4a14-b3a8-b0f7dc2ba104) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
