# Afrikaans SAL Grade 12 P2 NSC November 2023 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans SAL Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2023, 15 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2023-free-state/3d807848-b564-4294-9e41-f1b669715e54
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans SAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans SAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-sal) › [Afrikaans SAL Grade 12 P2 NSC November 2023 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2023-free-state/3d807848-b564-4294-9e41-f1b669715e54)

## About this document

Afrikaans Sal · Grade 12 · NSC November Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans SAL P2 Nov 2023 MG Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2023-mg-limpopo/0b6c2be8-ce42-4dbe-bf8e-23a980ba4ab3) — Memo · 2023 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2023 MG North West](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2023-mg-north-west/2ad67a2a-ecfa-46ef-98a0-9bf48860eb33) — Memo · 2023 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2

                               NOVEMBER 2023

                                   VRYSTAAT

PUNTE: 40

TYD: 1½ uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2          2                             DBE/November 2023
                                        NSS (Vrystaat)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die
          INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommer van
          die teks wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vraag aandagtig deur
          voor jy dit beantwoord.

2.        Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:

          AFDELING A:         Kortverhale      (40)
          AFDELING B:         Drama            (40)

3.        Beantwoord die vrae in EEN van die afdelings:

          AFDELING A: KORTVERHALE
          Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale wat jy bestudeer het.

          OF

          AFDELING B: DRAMA
          Beantwoord die vrae oor die drama (Perdekrag) wat jy bestudeer het.

4.        Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Laat 'n reël oop na elke antwoord.

7.        Voorgestelde tydsindeling:

          AFDELING A: 90 minute

          OF

          AFDELING B: 90 minute

8.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2         3                 DBE/November 2023
                                       NSS (Vrystaat)

INHOUDSOPGAWE

Kies SLEGS die afdeling wat jy bestudeer het.

AFDELING A: KORTVERHALE

Beantwoord AL TWEE kortverhale.
           VRAAGNOMMER                              PUNTE    BLADSYNOMMER
1. "Rooikoos Willemse is soek"                        20           4

     EN

     "Die ooreenkoms"                                   20          6

                                           OF

2.   "Tant Nelie se veerpluime"                         20          8

     EN

     "Opgang"                                           20         10
                                           OF
AFDELING B: DRAMA

Beantwoord slegs die EEN vraag.
2. Perdekrag                                            40         12

Kopiereg voorbehou                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2           4                          DBE/November 2023
                                         NSS (Vrystaat)

AFDELING A: KORTVERHALE

VRAAG 1: KINDERS VAN DIE AARDE – Charles Fryer

Beantwoord die vrae oor AL TWEE verhale.

VERHAAL A: "ROOIKOOS WILLEMSE IS SOEK" – Abraham H de Vries
EN
VERHAAL B: "DIE OOREENKOMS" – Dalene Matthee

VERHAAL A: "ROOIKOOS WILLEMSE IS SOEK" – Abraham H de Vries

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS A

  Toe gaan sit hy weer stadig op die bed en hy probeer dink, maar wat die vorige dag
gebeur het, kon hy natuurlik glad nie meer onthou nie.
  "Barrydale," sê hy vir homself. "Barrydale ..."
  Hy staan weer op en hy kyk weer in die spieël. Skoon gesig. Swart hare.
  Hy kyk na die stoel. Ja, nee, maar daar lê sy klere. Hy kyk by die venster uit, maar 5
buite sien hy 'n gesig wat hy glad nie ken nie. Oorkant sy kamervenster in die hotel op
my dorp is die stadsaal, en hier is dan nou 'n appelboord.
  Rooikoos Willemse haal toe stadig asem. Drie maal. Hy loop na die stoel toe, hy vat
sy klere en hy trek hom stadig aan. Toe kyk hy weer in die spieël.
  En toe loop hy by die deur uit.                                                       10
  Onder in die ingangsportaal van die hotel staan 'n telefoonhokkie.

1.1       Op watter dag van die week het Rooikoos in Barrydale se hotel wakker
          geword?                                                                                 (1)

1.2       Waarom kon Rooikoos niks van die vorige dag onthou nie?                                 (1)

1.3       ''Onder in die ingangsportaal van die hotel staan 'n telefoonhokkie.'' (Reël 11)

          1.3.1      Wie het die telefoon geantwoord toe Rooikoos die hotel op sy dorp
                     gebel het?                                                                   (1)

          1.3.2      Wat moes hierdie persoon vir Rooikoos doen?                                  (1)

1.4      Skryf die volgende sin oor en verander die onderstreepte deel om die stelling
         WAAR te maak.

         Die Barrydalers was kwaad vir Rooikoos omdat hy veroorsaak het dat hulle
         span verloor het teen 'n baie swakker span.                                              (1)

1.5       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die
          vraagnommers (1.5.1 en 1.5.2) en die antwoord neer.

          Die mense van Rooikoos se dorp was altyd (1.5.1) (simpatiek teenoor/kwaad
          vir) Rooikoos wanneer hy moeilikheid gemaak het. Die Barrydalers wou na die
          rugbywedstryd (1.5.2) (met Rooikoos baklei/vir Rooikoos 'n goeie les leer).             (2)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2              5                          DBE/November 2023
                                            NSS (Vrystaat)

1.6       Skryf die volgende gebeure onder mekaar oor in die VOLGORDE soos wat dit
          in die verhaal gebeur.

             Die Barrydalers het Rooikoos se baard afgeskeer.
             Die Barrydalers het Rooikoos na hulle hotel toe gevat.
             Rooikoos het gehuil, want hy het nie geweet wie hy was nie.
             Rooikoos het van sy stoel afgeval omdat hy te veel gedrink het.                        (4)

1.7       Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (1.7) en die letter
          (A–D) neer.

          "... buite sien hy 'n gesig wat hy glad nie ken nie." (Reël 6)

          Dit sê vir ons dat Rooikoos ...

          A       homself nie in die spieël herken het nie.
          B       nie die mense buite die hotel geken het nie.
          C       nie die persoon geken het wat met hom kom praat het nie.
          D       nie die dinge geken het wat hy buite die hotelkamer gesien het nie.                (1)

1.8       Al die karakters in hierdie verhaal het iets met Rooikoos te doen gehad.

          Kies die inligting uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf net
          die vraagnommers (1.8.1 tot 1.8.4) en die letter (A–E) neer.

                     KOLOM A                                   KOLOM B
          1.8.1      Die verteller          A     ... was seker dat sy dorp se span gaan
                                                  verloor.
          1.8.2       Die hoteleienaar
                                            B      ... het daarvan gehou om ander mense
          1.8.3       Izak Bruwer                 kwaad te maak.
          1.8.4       Die kelner            C     ... het Rooikoos die Sondagoggend laat
                                                  besef dat hy nie in sy eie kamer was nie.

                                            D     ... gee vir ons meer inligting oor Rooikoos.

                                            E     ... het geweet wat om te sê om te keer
                                                  dat die mense met mekaar baklei.
                                                                                     (4 x 1)         (4)

1.9       Waarom was dit verkeerd van die mense om na die wedstryd so baie
          drankies vir Rooikoos te koop?                                                             (1)

1.10      Waarom kan ons sê dat die Barrydalers tog seker gemaak het dat Rooikoos
          veilig was?                                                                                (1)

1.11      Waarom kan jy verstaan dat Rooikoos gekry het wat hy verdien het?                          (1)

1.12      Waarom pas die titel, "Rooikoos Willemse is soek", so goed by die verhaal?                 (1)

                                                EN
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2           6                          DBE/November 2023
                                         NSS (Vrystaat)

VERHAAL B: "DIE OOREENKOMS" – Dalene Matthee

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS B

  Halfses het hy gevra om 'n rukkie alleen gelaat te word in sy verdriet.
  Eers die aand, nadat dit stil geword het in die Rusoord, ruk die vrees onverwags in
hom los: die ooreenkoms! Sê nou ... Om in die lewe 'n ooreenkoms te maak oor ná die
dood, is een ding; om dit skielik enige oomblik te wagte te wees, is 'n ander ding.
  ''Willem,'' pleit hy sommer reguit, ''ek dink ons beter die ding maar los. My hart sal nie 5
dié skok nog by die ander skok kan staan nie. Ek het jou nooit gesê nie, ek was my
lewe lank maar lugtig vir 'n spokery ...''
  Maar die vrees was soos 'n adder wat in sy slaap gesteur is. Wat roer die gordyn so,
is daar dan wind? Hy hoor dan niks ...
  ''Los dit, Willem!''                                                                       10

1.13      Jakob en Willem het beurte gemaak om die whisky te koop.

          Noem nog TWEE dinge wat hulle saam gedoen het.                                          (2)

1.14     Watter belangrike ooreenkoms het Jakob en Willem gemaak nadat een van
         die ander oumense in die Rusoord gesterf het?                                            (1)

1.15      Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (1.15) en die
          letter (A–D) neer.

          ''My hart sal nie dié skok nog by die ander skok kan staan nie.'' (Reël 5 en 6)

          Die ''ander skok'' waarvan Jakob hier praat, is ...

          A     Matrone, wat vir hom 'n ander kamermaat wou gee.
          B     Willem se dood.
          C     Christina se dood.
          D     Sarah, wat hom so gepla het.                                                      (1)

1.16      VOLTOOI die volgende sin deur 'n woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
          Skryf net die vraagnommer (1.16) en die antwoord neer.

                     'n vergelyking;          sarkasme;          personifikasie

          "Maar die vrees was soos 'n adder ..." (reël 8) is 'n voorbeeld van ...                 (1)

1.17      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die
          vraagnommers (1.17.1 en 1.17.2) en die antwoord neer.

          Jakob het nou teenoor Willem erken dat hy (1.17.1) (opgewonde is oor die
          ooreenkoms/bang is vir spoke). Hy wou hê Willem moes (1.17.2) (so gou as
          moontlik kom/van die ooreenkoms vergeet).                                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2             7                           DBE/November 2023
                                           NSS (Vrystaat)

1.18     VOLTOOI die volgende sinne. Skryf net die vraagnommers (1.18.1 tot 1.18.4)
         en die antwoord neer.

         1.18.1      Jakob het baie dinge gedoen omdat hy nie alleen in sy ... wou wees
                     nie.

         1.18.2      Hy het gedink om dalk vir ... te vra om by hom te kom slaap.

         1.18.3      Hy het die ... opgesê.

         1.18.4      Na aandete het hy tot laat ... gekyk.                                            (4)

1.19     Die ander mense in die Rusoord het vir Jakob gelag oor sy probleem.

         Gee 'n feit uit die verhaal om te motiveer waarom die stelling ONWAAR is.                    (1)

1.20     Alles in hierdie verhaal draai om Jakob en Willem se ooreenkoms.

         Kies die gevolg uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf net
         die vraagnommers (1.20.1 tot 1.20.4) en die letter (A–E) neer.

                      KOLOM A                                     KOLOM B
         1.20.1      Willem is begrawe.          A      Jakob het vir Sarah genooi om
                                                        ietsie saam met hom te drink.
         1.20.2      Willem het nie dadelik
                     die teken kom gee nie.      B      Op die gewone tyd het die bottel op
                                                        die gewone manier oopgegaan.
         1.20.3      Jakob het sy whisky in
                     die toilet gaan drink.      C      Die "medisyne" het nie dieselfde
                                                        geproe nie.
         1.20.4      Willem het sy woord
                     gehou.                      D      Jakob het beter geslaap.

                                                 E      Jakob het skielik baie vrae oor die
                                                        lewe na die dood gevra.
                                                                                      (4 x 1)        (4)

1.21     Waarom laat hierdie storie oor Jakob en Willem se vriendskap jou goed voel?                 (1)

1.22     Waarom kan ons sê dat Matrone na Willem se dood onsensitief teenoor
         Jakob was?                                                                                  (1)

1.23     Hoe slaag die skrywer daarin om te beklemtoon dat die bottel nie om vyfuur
         wou oopgaan nie?                                                                            (1)

1.24     Watter les kan jy uit hierdie verhaal oor ooreenkomste leer?                                (1)

                                                   OF

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2            8                         DBE/November 2023
                                          NSS (Vrystaat)

VRAAG 2: OM LAASTE TE KAN LAG – Pirow Bekker

Beantwoord die vrae oor AL TWEE verhale.

VERHAAL A: "TANT NELIE SE VEERPLUIME" – Henriette Grové
EN
VERHAAL B: "OPGANG" – Ina Rousseau

VERHAAL A: "TANT NELIE SE VEERPLUIME" – Henriette Grové

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS C

  Ek het later probeer paai, maar net so onversetlik soos sy daar by die prystafel was,
so onbeweeglik was sy nog die volgende dag, en die volgende week. Elke keer was dit
maar weer die Wahl- en Maré-storie – tot ek op 'n middag na tant Nelie toe gery het.
Ek het geen doekies omgedraai nie: ''Tante, ek wil daardie veerpluim-resep koop; wat
wil tante daarvoor hê?''                                                                  5
  Sy het ook reguit gepraat: ''Dis nie te koop nie; jy weet dit net so goed soos ek.''
  Ek het aangehou, maar tant Nelie het my aangekyk met 'n snaakse glimlaggie om
die mond: ''Dis nie te koop nie, Peet; dit sal Ursa s'n wees eendag, haar enigste erfenis
van die Marés. Sê maar vir daardie Kit Wahl ons Marés is miskien uitgeboer, maar
daar is darem nog dinge wat swaarder weeg as geld.''                                      10

2.1       Waar was hierdie prystafel waarvan Peet in reël 1 praat?                               (1)

2.2       Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (2.2) en die letter
          (A–D) neer.

          ''… so onbeweeglik was sy nog die volgende dag …'' (Reël 2)

          Hierdie woorde sê vir ons dat Kit ...

          A       seergekry het en nie kon loop nie.
          B       by die huis gebly het om tertjies te bak.
          C       gebly het by dit wat sy vir Peet gevra het.
          D       nie vervoer gehad het om by tant Nelie te kom nie                              (1)

2.3       Tant Nelie wou nie haar resep aan Peet verkoop nie.

          2.3.1      Vir wie het Peet toe gaan vra om met tant Nelie te gaan praat?              (1)

          2.3.2      Wat het hierdie persoon vir Peet gesê?                                      (1)

2.4       Hoe het Peet gevoel toe niemand hom wou help om tant Nelie se resep in die
          hande te kry nie?                                                                      (1)

2.5       Skryf die volgende sin oor en verander die onderstreepte deel om die stelling
          WAAR te maak.

          Tant Nelie het die veerpluim-resep in 'n groot kis in haar buitekamer gebêre.          (1)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2           9                          DBE/November 2023
                                         NSS (Vrystaat)

2.6       Skryf die volgende gebeure onder mekaar oor in die VOLGORDE soos wat dit
          in die verhaal gebeur.

             Tant Nelie het haar resepteboek weggegee.
             Peet het gesê dat hy nie meer met Kit wou trou nie.
             Kit het tant Nelie se resep gebruik om veerpluime te bak.
             Kit het ja gesê om met Peet te trou as hy die resep vir haar sou kry.               (4)

2.7       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die
          vraagnommers (2.7.1 en 2.7.2) en die antwoord neer.

          Dit het Ursula (2.7.1) (bekommerd/gelukkig) gemaak dat sy Peet kon help
          om tant Nelie se resepteboek vir Kit in die hande te kry. Tant Nelie was
          (2.7.2) (trots op/teleurgesteld in) Peet dat hy gedoen het wat hy vir Kit gesê
          het hy sou doen.                                                                        (2)

2.8       Al die karakters in hierdie verhaal het iets te doen gehad met tant Nelie se
          veerpluim-resep.

          Kies die inligting uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf net
          die vraagnommers (2.8.1 tot 2.8.4) en die letter (A–E) neer.

                     KOLOM A                                  KOLOM B
          2.8.1      Tant Nelie           A    ... sou enigiets doen om die eerste prys
                                               vir gebak te wen.
          2.8.2      Peet
                                          B    ... het iets verkeerd gedoen om iemand
          2.8.3      Ursula                    anders te help.

          2.8.4      Kit                  C    ... het gereeld die resepte verander.

                                          D    ... wou die Maré-tradisie bewaar.

                                          E    ... het gelukkig die waarheid besef
                                               voordat dit te laat was.
                                                                                      (4 x 1)     (4)

2.9       Waarom kan 'n mens verstaan dat tant Nelie uiteindelik vir Peet gesê het dat
          Kit maar die resepteboek kon kry?                                                       (1)

2.10      Waarom kan 'n mens sê dat die verhaal goed vir Ursula geëindig het?                     (1)

2.11      Watter les oor manipulering leer jy by Peet?                                            (1)

2.12      Waarom pas die titel, "Tant Nelie se veerpluime", so goed by die verhaal?               (1)

                                              EN

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2          10                             DBE/November 2023
                                         NSS (Vrystaat)

VERHAAL B: "OPGANG" – Ina Rousseau

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS D

  Dan het Hannetjie die armpie stadiger begin draai, en die garing aan die end van 'n
naat bitsig afgebyt; en aan 'n nuwe naat begin stik sonder om die pennetjie aan die
agterkant van die masjien af te druk, sodat die garing uit die naald se oog geglip het en
sy dit weer moes deurryg. En voor lank het sy die lap weer te vinnig gestoot, en: ''Wil jy
my naald breek, hê? Is dít wat jy wil doen?''                                              5
  ''Hannetjie!'' hoor sy by die agterdeur, en daar staan Meisie Minnaar en Drien Tromp,
twee vrouens wat hoër op in die straat woon.
  ''Die kinders sê jy't 'n masjien gekry! Kan ons hom sien?''
  Sy neem hulle die sitkamer binne en trek die gordyne oop, sodat die blou buitelig oor
die deksel stroom.                                                                         10
  Sy haal die deksel af, en daar staan hy toe voor die vrouens en pronk met sy blink
nek en lyfie, …

2.13      VOLTOOI die volgende sinne. Skryf net die vraagnommers (2.13.1 tot 2.13.5)
          en die antwoord neer.

          2.13.1     Na baie jare het ... (sy naam) vir Hannetjie haar eie masjien gekoop.

          2.13.2     Hulle het een ... (tyd) gehad om die masjien af te betaal.

          2.13.3     Katrien wou 'n stukkie ... stik, maar hy het gesê nét Hannetjie mag
                     met die masjien werk.

          2.13.4     Voordat Hannetjie hierdie masjien gekry het, het sy altyd Lot se
                     masjien gebruik. Lot was Hannetjie se ...

          2.13.5     Lot het altyd vir Hannetjie gesê sy moet baie versigtig werk sodat sy
                     nie die naald of die ... van die masjien breek nie.                            (5)

2.14      Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (2.14) en die
          letter (A–D) neer.

          ''… en die garing aan die end van 'n naat bitsig afgebyt; ...'' (Reël 1 en 2)

          Dit sê vir ons dat Hannetjie ... as Lot so met haar gepraat het.

          A     bekommerd was
          B     kwaad gevoel het
          C     haastig geraak het
          D     opgewonde geraak het                                                                (1)

2.15      Hannetjie was baie bly oor haar nuwe masjien. Watter klere wou sy alles met
          die masjien maak? Noem TWEE dinge.                                                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2          11                           DBE/November 2023
                                         NSS (Vrystaat)

2.16      VOLTOOI die volgende sin deur 'n woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
          Skryf net die vraagnommer (2.16) en die antwoord neer.

                       'n vergelyking;         personifikasie;         kontras

          ''... en daar staan hy toe voor die vrouens en pronk met sy blink nek en
          lyfie, ...'' (Reël 11 en 12) Hierdie is 'n voorbeeld van …                               (1)

2.17      Hannetjie se man het skielik besluit om vir haar 'n masjien te koop.

          Gee 'n feit uit die verhaal om te motiveer waarom die stelling ONWAAR is                 (1)

2.18      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die
          vraagnommers (2.18.1 en 2.18.2) en die antwoord neer.

          Die ander vrouens in die straat was (2.18.1) (jaloers op Hannetjie se
          nuwe masjien/saam met Hannetjie bly oor haar nuwe masjien). Lot was ook
          (2.18.2) (opgewonde/nuuskierig) om die nuwe masjien te sien.                             (2)

2.19      Die nuwe masjien was iets goed in Hannetjie se lewe.

          Kies die gevolg uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf net
          die vraagnommers (2.19.1 tot 2.19.4) en die letter (A–E) neer.

                         KOLOM A                                  KOLOM B
          2.19.1     Hannetjie het lank nie haar    A     Lot kon nie meer dink dat sy
                     eie masjien gehad nie.               beter was as Hannetjie nie.

          2.19.2     Hannetjie kon amper nie glo    B     Hannetjie het gereeld haar nuwe
                     dat sy 'n splinternuwe               masjien afgestof.
                     masjien gekry het nie.
                                                    C     Hannetjie moes altyd vir Lot vra
          2.19.3     Hannetjie se masjien was             of sy haar masjien mag gebruik.
                     beter as die ander vrouens
                     se masjiene.                   D     Hannetjie sou verskillende dinge
                                                          met haar masjien kon doen.
          2.19.4     Hannetjie het nou net soos
                     die ander vrouens haar eie     E     Hannetjie het kort-kort na haar
                     masjien gehad.                       nuwe masjien gaan kyk.
                                                                                     (4 x 1)       (4)

2.20      Waarom was dit verkeerd van Lot om altyd so met Hannetjie te praat as
          Hannetjie haar masjien gebruik het?                                                      (1)

2.21      Waarom kan ons verstaan dat die kinders vir die ander mense gaan vertel het
          dat hulle ma 'n nuwe masjien gekry het?                                                  (1)

2.22      Hoe slaag die skrywer daarin om Hannetjie se blydskap oor haar nuwe
          masjien te beklemtoon?                                                                   (1)

2.23      Aan die einde van die verhaal laat Hannetjie Lot toe om haar nuwe masjien te
          gebruik. Waarom laat dit jou goed voel?                                                  (1)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:                40
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2           12                          DBE/November 2023
                                          NSS (Vrystaat)

AFDELING B: DRAMA

VRAAG 3: PERDEKRAG – Cecilia du Toit

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS E

BINKI:        Wilma sê perde verstaan beter as mense.
LUCKY:        Ag. Asse. Blief.
BINKI:        Is. Wilma sê perde weet dinge wat ander mense nie wil verstaan nie.
              (Lucky kyk haar ondersoekend aan.)
LUCKY:        Jy's 'n dark horse. Ek kan nie dink wat jy hier doen nie. Jy ry nie perd nie, 5
              jy polish net.
BINKI:        Ek sal volgende week begin perdry. Of die week daarna.
              (Wilma op met 'n leiband. Lucky maak of hy hard werk. Wilma sit die
              leiband om Lady Jane se kop, maak gerusstellende geluide en lei haar uit
              die stal.)                                                                    10
WILMA:        So, ja, ounooi. (Sy beduie dat Binki moet naderstaan.) Kom, Binki, kom vat
              hier. (Binki staan traag nader.)
LUCKY:        En wanneer gaan ek perdry?
WILMA:        (Belangstellend.) Kan jy dan perdry?
LUCKY:        Nee, maar ek kan mos leer. Dis mos 'n perdeskool dié. Of mag net die 15
              ryk rotte die goed ry?

3.1       VOLTOOI die volgende sinne. Skryf net die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.4)
          en die antwoord neer.

          3.1.1       Binki en Lucky is hier saam op Wilma se perdeplaas, ... Stalle.

          3.1.2       Lucky moes ... maande gemeenskapsdiens op die plaas doen.

          3.1.3       Binki woon saam met Wilma op die plaas, want haar ma, ... (naam),
                      is baie keer weg van die huis af.

          3.1.4       As Wilma inkom, maak Lucky of hy hard werk. Sy werk was om die
                      stalle uit te hark en skoon ... in te sit.                                   (4)

3.2       Waarom het Binki nie by haar pa gebly wanneer haar ma weg was nie?                       (1)

3.3       Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (3.3) en die
          letter (A–D) neer.

          ''Ag. Asse. Blief.'' (Reël 2)

          Wanneer Lucky so vir Binki sê, bedoel hy dat ...

          A       hy nie mooi gehoor het wat Binki sê nie.
          B       hy nie glo wat Wilma van perde vertel nie.
          C       Binki vir hom nog meer van perde moet vertel.
          D       hy baie opgewonde was om met die perde op die plaas te werk.                     (1)
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2             13                            DBE/November 2023
                                            NSS (Vrystaat)

3.4       VOLTOOI die volgende sin deur 'n woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
          Skryf net die vraagnommer (3.4) en die antwoord neer.

                     'n vergelyking;           personifikasie;           'n metafoor

          In reël 5 sê Lucky vir Binki: ''Jy's 'n dark horse.'' Dit is 'n voorbeeld van …              (1)

3.5       ''... jy polish net.'' (Reël 6)

          Noem TWEE dinge wat Binki moes skoonmaak.                                                    (2)

3.6       Skryf die volgende sin oor en verander die onderstreepte deel om die stelling
          WAAR te maak.

          Terwyl Binki by Wilma gebly het, het sy haar graad 11 deur korrespondensie
          gedoen.                                                                                      (1)

3.7       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die
          vraagnommers (3.7.1 en 3.7.2) en die antwoord neer.

          Binki staan traag nader om Lady Jane se leiband by Wilma te vat. (Reël 12)
          Dit sê vir ons dat Binki (3.7.1) (gemaklik voel teenoor/skrikkerig is vir) die
          perd. In reël 13 vra Lucky sommer dadelik vir Wilma wanneer hý gaan perdry.
          Dit sê vir ons dat Lucky (3.7.2) (arrogant is/opgewonde oor die plaas voel).                 (2)

3.8       Die ander karakters in hierdie drama het 'n goeie invloed op Lucky gehad.

          Kies die inligting uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf net
          die vraagnommers (3.8.1 tot 3.8.4) en die letter (A–E) neer.

                      KOLOM A                                     KOLOM B
          3.8.1      Die magistraat            A     ... het gedink Lucky sou goeie lesse
                                                     oor diere op die perdeplaas leer.
          3.8.2      Mevrou Bekker
                                               B     ... het vir Lucky laat besef dat hy
          3.8.3      Wilma                           gelukkig is om 'n ma te hê wat vir hom
                                                     sorg.
          3.8.4      Binki
                                               C     ... het vir Lucky geleer om beter
                                                     Afrikaans te praat.

                                               D     ... se straf vir Lucky het vir hom gewys
                                                     dat ander mense ook seerkry en
                                                     swaarkry.

                                               E     ... het vir Lucky verduidelik dat 'n mens
                                                     uit jou foute moet leer.
                                                                                          (4 x 1)      (4)

3.9       Waarom kan ons sê dat Lucky se naam in die eerste deel van hierdie drama
          glad nie by hom gepas het nie?                                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2          14                         DBE/November 2023
                                         NSS (Vrystaat)

3.10      Waarom was dit verkeerd van Lucky om van "ryk rotte" (reël 16) te praat?                 (1)

3.11      In reël 11 gebruik Wilma die woord ''ounooi'' as sy met die perd praat.
          Waarom, dink jy, laat die dramaturg (skrywer van die drama) haar sulke
          woorde gebruik?                                                                          (1)

3.12      Waarom laat dit jou goed voel om te weet dat daar mense soos Wilma is?                   (1)

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS F

LUCKY:        Jy't gesê jy doen ook soort van community service. Wat het jy gedoen?
              (Wilma bly besig en draai weg van hom.)
              Toe, sê vir my.
WILMA:        My storie is nie belangrik nie. Wat was, is verby. Al wat saak maak, is wat
              ek nou doen.                                                                5
LUCKY:        Ek wil nie 'n preek hê nie, Antie. Jy wil my mos help. Sê dan, wat het jy
              gedoen?
WILMA:        (Sug.) Dis nie wat ek gedoen het nie. Dis wat ek gedrink het. (Lucky lyk
              geskok as hy die implikasie besef.) Is jy nou tevrede?
LUCKY:        En jy judge my die heeltyd!                                                 10
WILMA:        Nee, dis nie waar nie. Hoor jy dan nie? Ek veroordeel jou nie.
LUCKY:        You could have fooled me.
WILMA:        Regtig. Wat jy gedoen het, is verskriklik, maar wat ek gedoen het, was nie
              veel beter nie. En ek was veronderstel om van beter te weet. Ek is mos
              volwasse, of hoe?                                                           15

3.13      Op watter dag van die week het Lucky op Wilma se plaas gewerk?                           (1)

3.14      "Dis nie wat ek gedoen het nie. Dis wat ek gedrink het." (Reël 8)

          3.14.1     Met watter perd het Wilma daardie aand huis toe gery?                         (1)

          3.14.2     Waarom moes die veearts haar perd skiet?                                      (1)

3.15      Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (3.15) en die
          letter (A–D) neer.

          "En jy judge my die heeltyd!" (Reël 10)

          Hierdie reaksie van Lucky sê vir ons dat hy ... was om te hoor dat Wilma ook
          iets verkeerd teenoor 'n dier gedoen het toe sy jonger was.

          A     tevrede
          B     verbaas
          C     gelukkig
          D     teleurgesteld                                                                      (1)

3.16      Lucky noem vir Wilma "Antie", want hy kan nie haar naam reg uitspreek nie.

          Gee 'n feit uit die verhaal om te motiveer waarom die stelling ONWAAR is.                (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2         15                           DBE/November 2023
                                        NSS (Vrystaat)

3.17      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die
          vraagnommers (3.17.1 en 3.17.2) en die antwoord neer.

          Nadat Wilma haar storie vir Lucky vertel het, het sy gedink Lucky sou nou
          weet dat sy altyd (3.17.1) (kwaad word/verstaan) wanneer mense dinge doen
          waaroor hulle later jammer is. Lucky het (3.17.2) (positief/negatief) gereageer
          en lelike dinge vir Wilma gesê.                                                     (2)

3.18      Hoe het Wilma gevoel oor die lelike dinge wat Lucky vir haar gesê het?              (1)

3.19      Skryf die volgende gebeure onder mekaar oor in die korrekte VOLGORDE
          soos wat dit in die drama gebeur.

             Lucky het probeer om Kaizer te slaan.
             Lucky het die hele storie van die katjies vir Binki vertel.
             Lucky was jammer dat hy Wilma 'n ou dronkie genoem het.
             Lucky het vir Kaizer gesê hy is jammer dat hy die katjies doodgemaak het.       (4)

3.20      Diere het die mense in hierdie drama se lewens verander.

          Kies die gevolg uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf net
          die vraagnommers (3.20.1 tot 3.20.4) en die letter (A–E) neer.

                         KOLOM A                                KOLOM B
          3.20.1     Sy het Dukie uit die        A       Lucky het respek vir diere gekry.
                     brandende huis probeer red.
                                                 B       Binki het 'n nuwe hondjie gekry.
          3.20.2     Haar perd is dood omdat sy
                     verkeerd opgetree het.      C       Lucky is gestraf omdat hy wreed
                                                         teenoor diere opgetree het.
          3.20.3     Ma Mhlope se werkgewers
                     het duur katte aangehou.      D     Binki was skaam oor die letsels
                                                         wat sy opgedoen het.
          3.20.4     Kaizer het Lucky vergewe.
                                                   E     Wilma het die perde se krag
                                                         gebruik om ander mense te help.
                                                                                   (4 x 1)    (4)

3.21      Waarom kan ons sê dat Lucky se naam aan die einde van hierdie drama wel
          by hom gepas het?                                                                   (1)

3.22      Waarom kan ons sê dat die drama positief eindig vir Binki?                          (1)

3.23      Dink aan Kaizer se optrede teenoor Lucky in die stal.

          Hoe pas dit by die titel van hierdie drama?

          Jy moet in jou antwoord eers sê WAT die titel beteken en dan moet jy sê HOE
          Kaizer se optrede teenoor Lucky by die titel pas.                                   (2)

                                                                  TOTAAL AFDELING B:          40
                                                                      GROOTTOTAAL:            40

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans SAL P2 Nov 2023 North West](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2023-north-west/4eb4a4e9-13c6-4fe1-8ebf-593d3fd8654b) — Afrikaans SAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2023 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2023-limpopo/4e01cc49-1206-471f-a569-e110e8d22a68) — Afrikaans SAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2023 Western Cape](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2023-western-cape/5e20a395-dd0b-4ddc-b7d0-1157d567d3c0) — Afrikaans SAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2023 Eastern Cape](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2023-eastern-cape/6a7a3463-9116-4bfc-b48d-572f4aca1c40) — Afrikaans SAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2023 Northern Cape](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2023-northern-cape/8bb1edf1-3741-4036-8b71-6a4980cbd089) — Afrikaans SAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2023 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2023-mpumalanga/a2a04c6a-2fe4-4235-8dff-c6b0194b609d) — Afrikaans SAL · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans SAL

- [Gr 12 Afrikaans SAL ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-afrikaans-sal-atp-2023-24/62a5661c-7dee-400e-8d08-3944f9c721f0) — ATP · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-mpumalanga/a1407f79-0048-4a4c-a2fb-7c9aafc01a02) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-gauteng/204b3998-388d-4312-a14d-bc43b1529599) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-limpopo/4ecca3ab-b049-455c-97a9-e508bbd3107d) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG KwaZulu-Natal](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-kwazulu-natal/4431038d-7fcf-40be-a6b8-edbefc700aac) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Free State](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-free-state/c7fd6c22-a455-4a14-b3a8-b0f7dc2ba104) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
