# Afrikaans SAL Grade 12 P2 NSC November 2023 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans SAL Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2023, 12 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2023-mpumalanga/a2a04c6a-2fe4-4235-8dff-c6b0194b609d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans SAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans SAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-sal) › [Afrikaans SAL Grade 12 P2 NSC November 2023 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2023-mpumalanga/a2a04c6a-2fe4-4235-8dff-c6b0194b609d)

## About this document

Afrikaans Sal · Grade 12 · NSC November Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans SAL P2 Nov 2023 MG Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2023-mg-limpopo/0b6c2be8-ce42-4dbe-bf8e-23a980ba4ab3) — Memo · 2023 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2023 MG North West](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2023-mg-north-west/2ad67a2a-ecfa-46ef-98a0-9bf48860eb33) — Memo · 2023 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2

                               NOVEMBER 2023

                                MPUMALANGA

PUNTE: 40

TYD: 1½ uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2          2                             DBE/November 2023
                                       NSS (Mpumalanga)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die
          INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommer van
          die teks wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vraag aandagtig deur
          voor jy dit beantwoord.

2.        Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:

          AFDELING A:         Kortverhale      (40)
          AFDELING B:         Drama            (40)

3.        Beantwoord die vrae in EEN van die afdelings:

          AFDELING A: KORTVERHALE
          Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale wat jy bestudeer het.

          OF

          AFDELING B: DRAMA
          Beantwoord die vrae oor die drama (Perdekrag) wat jy bestudeer het.

4.        Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Laat 'n reël oop na elke antwoord.

7.        Voorgestelde tydsindeling:

          AFDELING A: 90 minute

          OF

          AFDELING B: 90 minute

8.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2          3                  DBE/November 2023
                                       NSS (Mpumalanga)

INHOUDSOPGAWE

Kies SLEGS die afdeling wat jy bestudeer het.

AFDELING A: KORTVERHALE

Beantwoord AL TWEE kortverhale.
           VRAAGNOMMER                               PUNTE     BLADSYNOMMER
1. "Tom"                                               20            4

    EN

    "Potyster sweis nie"                                  20          6
                                            OF
AFDELING B: DRAMA

Beantwoord slegs die EEN vraag.
2. Perdekrag                                              40          9

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2           4                           DBE/November 2023
                                        NSS (Mpumalanga)

AFDELING A: KORTVERHALE

VRAAG 1: BLADSAK – Lucas Malan

Beantwoord die vrae oor AL TWEE verhale.

VERHAAL A: "TOM" – Jeanne Goosen
EN
VERHAAL B: "POTYSTER SWEIS NIE" – PG du Plessis

VERHAAL A: "TOM" – Jeanne Goosen

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS A

  Die donkie proes skielik, stamp sy poot en los dan 'n bol warm mis.
  Ek kyk verwonderd na die wasem. "So 'n pes!" sis ek.
  "Toe maar, ek sal dit self optel," sê my broertjie. "Hy het vir jou geskrik." Hy is skielik
kalm. "My donkie se naam is Tom," sê hy.
  Miskien is my broertjie reg, dat ek hom oor alles kritiseer. Miskien moet ek hom 'n 5
bietjie meer aanmoedig. Maar aan die ander kant, die ding met die donkie. Hy kon
darem eers die saak met my bespreek het.
  Die donkie proes weer. Hy druk sy kop innig teen my broertjie se lyf.
  "Hene, maar hy is lelik," sê ek en kom nader.
  "Love at first fright," lag my broertjie.                                                   10
  "Nou maar wat gaan ons met Tom doen?" vra ek.

1.1       Hoeveel het die broertjie vir die donkie betaal?                                        (1)

1.2       Wat het die broertjie saam met die donkie gekry?                                        (1)

1.3       Watter ander dinge moes hulle met die geld doen wat die broertjie vir die
          donkie gebruik het? Noem EEN.                                                           (1)

1.4       VOLTOOI die volgende sin deur 'n woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
          Skryf net die vraagnommer (1.4) en die antwoord neer.

                      'n metafoor;           klanknabootsing;          kontras

          "So 'n pes!" sis ek. (Reël 2) Dit is 'n voorbeeld van ...                               (1)

1.5       Skryf die volgende sin oor en verander die onderstreepte deel om die stelling
          WAAR te maak.

          Die verteller was bekommerd oor die geld, want dit was aan die einde van die
          maand.                                                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2            5                            DBE/November 2023
                                         NSS (Mpumalanga)

1.6       Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (1.6) en die letter
          (A–D) neer.

          "Love at first fright," lag my broertjie. (Reël 10)

          Dit sê vir ons dat die broertjie ...

          A       bang was vir die donkie se vorige eienaar.
          B       dadelik lief geword het vir die lelike donkie.
          C       geskrik het toe hy sien hoe lelik die donkie is.
          D       geskrik het toe hy die seerplekke op die donkie sien.                               (1)

1.7       Al die karakters in hierdie verhaal het iets met die donkie te doen.

          Kies die inligting uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf net
          die vraagnommers (1.7.1 tot 1.7.4) en die letter (A–E) neer.

                        KOLOM A                                   KOLOM B
          1.7.1       Die donkie se vorige       A    ... was vol planne vir die toekoms.
                      eienaar
                                                 B    ... wou die groentetuin beskerm.
          1.7.2       Die verteller
                                                 C    ... was altyd kwaai met ander mense.
          1.7.3       Die broertjie
                                                 D    ... het nie mooi met diere gewerk nie.
          1.7.4       Tom
                                                 E    ... was dadelik tevrede in die nuwe
                                                      omgewing.
                                                                                    (4 x 1)           (4)

1.8       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die
          vraagnommers (1.8.1 en 1.8.2) en die antwoord neer.

          In reël 4 lees ons dat die broertjie skielik kalm was. Dit sê vir ons dat die
          broertjie eers (1.8.1) (ontsteld/opgewonde) was oor die verteller se kwaai
          reaksie. Nadat die broertjie en die verteller oor Tom gesels het, het die
          verteller meer (1.8.2) (negatief/positief) oor die donkie gevoel.                           (2)

1.9       Skryf die volgende gebeure onder mekaar oor in die VOLGORDE soos wat dit
          in die verhaal gebeur.

             Die broertjie het verduidelik dat die donkie vir hulle kon werk.
             Die verteller was nie tevrede met die koop van die donkie nie.
             Die donkie het gewys dat hy gelukkig is.
             Die broertjie het 'n bargain gekoop.                                                    (4)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2           6                             DBE/November 2023
                                        NSS (Mpumalanga)

1.10      "Toe maar, ek sal dit self optel," sê my broertjie. (Reël 3)

          1.10.1     Waarom was dit reg van die broertjie om te sê dat hy die mis sou
                     optel?                                                                          (1)

          1.10.2     Waarom kan 'n mens verstaan dat daar so 'n mooi verhouding
                     tussen Tom en die broertjie was?                                                (1)

1.11      Waarom laat die skrywer die verteller lelike woorde soos "pes" (reël 2)
          gebruik?                                                                                   (1)

1.12      Waarom laat die slot van die verhaal jou gelukkig voel?                                    (1)

                                               EN

VERHAAL B: "POTYSTER SWEIS NIE" – PG du Plessis

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS B

  Dis duidelik dat hy die toekoms van my en die stofie nie met vertroue tegemoet sien
nie.
  Net iemand wat yster ken, sal die ding weer kan regkry. Soos sy pa, byvoorbeeld. Sy
pa kan omtrent enigiets regmaak.
  Nee, sy pa is nie 'n sweiser nie. Sy pa is in besigheid.                            5
  Maar sy pa is die soort mens wat enigiets kan regmaak ... en ja, hy sal van die
toebroodjies kry wat die oom aanbied, want in die koshuis is die kos nie altyd te
waffers nie.
  So tussen die kou deur, vertel hy van Maandag se wors en aartappels, Dinsdag se
vis en aartappels, Woensdag se mystery balls en aartappels en so aan tot by die 10
poeding.

1.13      Wanneer het die verteller die skoolseun opgelaai?                                          (1)

1.14      VOLTOOI die volgende sinne. Skryf net die vraagnommers (1.14.1 tot 1.14.4)
          en die antwoord neer.

          1.14.1     Die verteller was op pad ... toe.

          1.14.2     Hy het 'n stukkende weggooistofie by die ... gekoop en wou dit
                     regmaak.

          1.14.3     Die verteller het die skoolseun langs die pad opgelaai. Hy kon sien
                     dat die seun se ... te klein is vir hom.

          1.14.4     Die verteller het vir die skoolseun vertel dat hy nie goed kan ... nie.         (4)

1.15      Watter TWEE leuens oor sy pa het die skoolseun hier reg aan die begin vir
          die verteller vertel?                                                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2            7                           DBE/November 2023
                                         NSS (Mpumalanga)

1.16      Hoe, dink jy, het die seun gevoel toe die verteller vir hom toebroodjies
          aangebied het?                                                                            (1)

1.17      Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (1.17) en die
          letter (A–D) neer.

          "... in die koshuis is die kos nie altyd te waffers nie." (Reël 7 en 8)

          Met hierdie woorde bedoel die seun dat die kos ...

          A     partykeer nie genoeg was nie.
          B     nie altyd dieselfde was nie.
          C     nie altyd lekker was nie.
          D     partykeer koud was.                                                                 (1)

1.18      Die dinge wat in hierdie verhaal gebeur, het die seun se lewe op verskillende
          maniere beïnvloed.

          Kies die gevolg uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf net
          die vraagnommers (1.18.1 tot 1.18.4) en die letter (A–E) neer.

                        KOLOM A                                  KOLOM B
          1.18.1     Die verteller se radio het   A    Die verteller wou vir die seun geld
                     nie mooi gewerk                   gee.
                     nie.
                                                  B    Die Portugees het met die seun
          1.18.2     Die verteller wou brood           oor sy ma gepraat.
                     koop.
                                                  C    Die Portugees het aartappels
          1.18.3     Die Portugees het die             nodig gehad vir die tjips.
                     verteller se kleingeld vir
                     hom gevat.                   D    Die verteller het die skoolseun
                                                       langs die pad opgelaai.
          1.18.4     Die verteller was jammer
                     vir die seun.                E    Die verteller het die seun by die
                                                       Portugees se winkeltjie afgelaai.
                                                                                     (4 x 1)        (4)

1.19      Die verteller het vir die skoolseun lekkers by die winkeltjie gekoop.

          Gee 'n feit uit die verhaal om te motiveer waarom die stelling ONWAAR is.                 (1)

1.20      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die
          vraagnommers (1.20.1 en 1.20.2) en die antwoord neer.

          As werkgewer moes die Portugees (1.20.1) (streng/onvriendelik) teenoor die
          seun se ma wees, want sy was dikwels nie by die werk nie. Hierdie situasie
          het die seun (1.20.2) (vies gemaak/skaam laat voel).                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2          8                            DBE/November 2023
                                       NSS (Mpumalanga)

1.21      Die Portugees het voor die verteller oor die seun se ouers gepraat.

          1.21.1     Waarom was dit verkeerd van die Portugees om dit te doen?                     (1)

          1.21.2     Waarom kan 'n mens verstaan dat die Portugees dit gedoen het?                 (1)

1.22      Watter les het jy geleer uit die verteller se besluit om vir die seun tien rand te
          gee?                                                                                     (1)

1.23      Lees weer reëls 9 tot 11.

          Hoe slaag die skrywer daarin om te beklemtoon dat die koshuis se kos nie
          waffers was nie?                                                                         (1)

                                                                  TOTAAL AFDELING A:               40

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2             9                         DBE/November 2023
                                          NSS (Mpumalanga)

AFDELING B: DRAMA

VRAAG 2: PERDEKRAG – Cecilia du Toit

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS C

BINKI:        Wilma sê perde verstaan beter as mense.
LUCKY:        Ag. Asse. Blief.
BINKI:        Is. Wilma sê perde weet dinge wat ander mense nie wil verstaan nie.
              (Lucky kyk haar ondersoekend aan.)
LUCKY:        Jy's 'n dark horse. Ek kan nie dink wat jy hier doen nie. Jy ry nie perd nie, 5
              jy polish net.
BINKI:        Ek sal volgende week begin perdry. Of die week daarna.
              (Wilma op met 'n leiband. Lucky maak of hy hard werk. Wilma sit die
              leiband om Lady Jane se kop, maak gerusstellende geluide en lei haar uit
              die stal.)                                                                    10
WILMA:        So, ja, ounooi. (Sy beduie dat Binki moet naderstaan.) Kom, Binki, kom vat
              hier. (Binki staan traag nader.)
LUCKY:        En wanneer gaan ek perdry?
WILMA:        (Belangstellend.) Kan jy dan perdry?
LUCKY:        Nee, maar ek kan mos leer. Dis mos 'n perdeskool dié. Of mag net die 15
              ryk rotte die goed ry?

2.1       VOLTOOI die volgende sinne. Skryf net die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.4)
          en die antwoord neer.

          2.1.1       Binki en Lucky is hier saam op Wilma se perdeplaas, ... Stalle.

          2.1.2       Lucky moes ... maande gemeenskapsdiens op die plaas doen.

          2.1.3       Binki woon saam met Wilma op die plaas, want haar ma, ... (naam),
                      is baie keer weg van die huis af.

          2.1.4       As Wilma inkom, maak Lucky of hy hard werk. Sy werk was om die
                      stalle uit te hark en skoon ... in te sit.                                   (4)

2.2       Waarom het Binki nie by haar pa gebly wanneer haar ma weg was nie?                       (1)

2.3       Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (2.3) en die
          letter (A–D) neer.

          ''Ag. Asse. Blief.'' (Reël 2)

          Wanneer Lucky so vir Binki sê, bedoel hy dat ...

          A       hy nie mooi gehoor het wat Binki sê nie.
          B       hy nie glo wat Wilma van perde vertel nie.
          C       Binki vir hom nog meer van perde moet vertel.
          D       hy baie opgewonde was om met die perde op die plaas te werk.                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2               10                           DBE/November 2023
                                            NSS (Mpumalanga)

2.4       VOLTOOI die volgende sin deur 'n woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
          Skryf net die vraagnommer (2.4) en die antwoord neer.

                     'n vergelyking;             personifikasie;          'n metafoor

          In reël 5 sê Lucky vir Binki: ''Jy's 'n dark horse.'' Dit is 'n voorbeeld van …               (1)

2.5       ''... jy polish net.'' (Reël 6)

          Noem TWEE dinge wat Binki moes skoonmaak.                                                     (2)

2.6       Skryf die volgende sin oor en verander die onderstreepte deel om die stelling
          WAAR te maak.

          Terwyl Binki by Wilma gebly het, het sy haar graad 11 deur korrespondensie
          gedoen.                                                                                       (1)

2.7       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die
          vraagnommers (2.7.1 en 2.7.2) en die antwoord neer.

          Binki staan traag nader om Lady Jane se leiband by Wilma te vat. (Reël 12)
          Dit sê vir ons dat Binki (2.7.1) (gemaklik voel teenoor/skrikkerig is vir) die
          perd. In reël 13 vra Lucky sommer dadelik vir Wilma wanneer hý gaan perdry.
          Dit sê vir ons dat Lucky (2.7.2) (arrogant is/opgewonde oor die plaas voel).                  (2)

2.8       Die ander karakters in hierdie drama het 'n goeie invloed op Lucky gehad.

          Kies die inligting uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf net
          die vraagnommers (2.8.1 tot 2.8.4) en die letter (A–E) neer.

                      KOLOM A                                      KOLOM B
          2.8.1      Die magistraat              A    ... het gedink Lucky sou goeie lesse
                                                      oor diere op die perdeplaas leer.
          2.8.2      Mevrou Bekker
                                                 B    ... het vir Lucky laat besef dat hy
          2.8.3      Wilma                            gelukkig is om 'n ma te hê wat vir hom
                                                      sorg.
          2.8.4      Binki
                                                 C    ... het vir Lucky geleer om beter
                                                      Afrikaans te praat.

                                                 D    ... se straf vir Lucky het vir hom gewys
                                                      dat ander mense ook seerkry en
                                                      swaarkry.

                                                 E    ... het vir Lucky verduidelik dat 'n mens
                                                      uit jou foute moet leer.
                                                                                           (4 x 1)      (4)

2.9       Waarom kan ons sê dat Lucky se naam in die eerste deel van hierdie drama
          glad nie by hom gepas het nie?                                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2          11                         DBE/November 2023
                                       NSS (Mpumalanga)

2.10      Waarom was dit verkeerd van Lucky om van "ryk rotte" (reël 16) te praat?                 (1)

2.11      In reël 11 gebruik Wilma die woord ''ounooi'' as sy met die perd praat.
          Waarom, dink jy, laat die dramaturg (skrywer van die drama) haar sulke
          woorde gebruik?                                                                          (1)

2.12      Waarom laat dit jou goed voel om te weet dat daar mense soos Wilma is?                   (1)

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS D

LUCKY:        Jy't gesê jy doen ook soort van community service. Wat het jy gedoen?
              (Wilma bly besig en draai weg van hom.)
              Toe, sê vir my.
WILMA:        My storie is nie belangrik nie. Wat was, is verby. Al wat saak maak, is wat
              ek nou doen.                                                                5
LUCKY:        Ek wil nie 'n preek hê nie, Antie. Jy wil my mos help. Sê dan, wat het jy
              gedoen?
WILMA:        (Sug.) Dis nie wat ek gedoen het nie. Dis wat ek gedrink het. (Lucky lyk
              geskok as hy die implikasie besef.) Is jy nou tevrede?
LUCKY:        En jy judge my die heeltyd!                                                 10
WILMA:        Nee, dis nie waar nie. Hoor jy dan nie? Ek veroordeel jou nie.
LUCKY:        You could have fooled me.
WILMA:        Regtig. Wat jy gedoen het, is verskriklik, maar wat ek gedoen het, was nie
              veel beter nie. En ek was veronderstel om van beter te weet. Ek is mos
              volwasse, of hoe?                                                           15

2.13      Op watter dag van die week het Lucky op Wilma se plaas gewerk?                           (1)

2.14      "Dis nie wat ek gedoen het nie. Dis wat ek gedrink het." (Reël 8)

          2.14.1     Met watter perd het Wilma daardie aand huis toe gery?                         (1)

          2.14.2     Waarom moes die veearts haar perd skiet?                                      (1)

2.15      Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (2.15) en die
          letter (A–D) neer.

          "En jy judge my die heeltyd!" (Reël 10)

          Hierdie reaksie van Lucky sê vir ons dat hy ... was om te hoor dat Wilma ook
          iets verkeerd teenoor 'n dier gedoen het toe sy jonger was.

          A     tevrede
          B     verbaas
          C     gelukkig
          D     teleurgesteld                                                                      (1)

2.16      Lucky noem vir Wilma "Antie", want hy kan nie haar naam reg uitspreek nie.

          Gee 'n feit uit die verhaal om te motiveer waarom die stelling ONWAAR is.                (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2          12                           DBE/November 2023
                                       NSS (Mpumalanga)

2.17      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die
          vraagnommers (2.17.1 en 2.17.2) en die antwoord neer.

          Nadat Wilma haar storie vir Lucky vertel het, het sy gedink Lucky sou nou
          weet dat sy altyd (2.17.1) (kwaad word/verstaan) wanneer mense dinge doen
          waaroor hulle later jammer is. Lucky het (2.17.2) (positief/negatief) gereageer
          en lelike dinge vir Wilma gesê.                                                      (2)

2.18      Hoe het Wilma gevoel oor die lelike dinge wat Lucky vir haar gesê het?               (1)

2.19      Skryf die volgende gebeure onder mekaar oor in die korrekte VOLGORDE
          soos wat dit in die drama gebeur.

             Lucky het probeer om Kaizer te slaan.
             Lucky het die hele storie van die katjies vir Binki vertel.
             Lucky was jammer dat hy Wilma 'n ou dronkie genoem het.
             Lucky het vir Kaizer gesê hy is jammer dat hy die katjies doodgemaak het.        (4)

2.20      Diere het die mense in hierdie drama se lewens verander.

          Kies die gevolg uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf net
          die vraagnommers (2.20.1 tot 2.20.4) en die letter (A–E) neer.

                         KOLOM A                                 KOLOM B
          2.20.1     Sy het Dukie uit die        A        Lucky het respek vir diere gekry.
                     brandende huis probeer red.
                                                 B        Binki het 'n nuwe hondjie gekry.
          2.20.2     Haar perd is dood omdat sy
                     verkeerd opgetree het.      C        Lucky is gestraf omdat hy wreed
                                                          teenoor diere opgetree het.
          2.20.3     Ma Mhlope se werkgewers
                     het duur katte aangehou.     D       Binki was skaam oor die letsels
                                                          wat sy opgedoen het.
          2.20.4     Kaizer het Lucky vergewe.
                                                  E       Wilma het die perde se krag
                                                          gebruik om ander mense te help.
                                                                                    (4 x 1)    (4)

2.21      Waarom kan ons sê dat Lucky se naam aan die einde van hierdie drama wel
          by hom gepas het?                                                                    (1)

2.22      Waarom kan ons sê dat die drama positief eindig vir Binki?                           (1)

2.23      Dink aan Kaizer se optrede teenoor Lucky in die stal.

          Hoe pas dit by die titel van hierdie drama?

          Jy moet in jou antwoord eers sê WAT die titel beteken en dan moet jy sê HOE
          Kaizer se optrede teenoor Lucky by die titel pas.                                    (2)

                                                                  TOTAAL AFDELING B:           40
                                                                      GROOTTOTAAL:             40

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans SAL P2 Nov 2023 North West](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2023-north-west/4eb4a4e9-13c6-4fe1-8ebf-593d3fd8654b) — Afrikaans SAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2023 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2023-limpopo/4e01cc49-1206-471f-a569-e110e8d22a68) — Afrikaans SAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2023 Western Cape](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2023-western-cape/5e20a395-dd0b-4ddc-b7d0-1157d567d3c0) — Afrikaans SAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2023 Eastern Cape](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2023-eastern-cape/6a7a3463-9116-4bfc-b48d-572f4aca1c40) — Afrikaans SAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2023 Northern Cape](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2023-northern-cape/8bb1edf1-3741-4036-8b71-6a4980cbd089) — Afrikaans SAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2023 Free State](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2023-free-state/3d807848-b564-4294-9e41-f1b669715e54) — Afrikaans SAL · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans SAL

- [Gr 12 Afrikaans SAL ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-afrikaans-sal-atp-2023-24/62a5661c-7dee-400e-8d08-3944f9c721f0) — ATP · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-mpumalanga/a1407f79-0048-4a4c-a2fb-7c9aafc01a02) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-gauteng/204b3998-388d-4312-a14d-bc43b1529599) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-limpopo/4ecca3ab-b049-455c-97a9-e508bbd3107d) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG KwaZulu-Natal](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-kwazulu-natal/4431038d-7fcf-40be-a6b8-edbefc700aac) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Free State](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-free-state/c7fd6c22-a455-4a14-b3a8-b0f7dc2ba104) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
