# Afrikaans SAL Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper

> Grade 12 Afrikaans SAL Paper 2 question paper from the November 2024 NSC, 11 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-gauteng/a704e4e0-97b6-4d55-b45a-d72fa5efc84a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans SAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: November 2024 NSC
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans SAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-sal) › [Afrikaans SAL Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-gauteng/a704e4e0-97b6-4d55-b45a-d72fa5efc84a)

## About this document

Afrikaans Sal · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024 · Afrikaans. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-mpumalanga/a1407f79-0048-4a4c-a2fb-7c9aafc01a02) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-gauteng/204b3998-388d-4312-a14d-bc43b1529599) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-limpopo/4ecca3ab-b049-455c-97a9-e508bbd3107d) — Memo · 2024 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2

                               NOVEMBER 2024

                                   GAUTENG

PUNTE: 40

TYD: 1½ uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2             2                          DBE/November 2024
                                       NSS (Gauteng) Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die
          INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommer oor
          die teks wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vraag aandagtig deur
          voor jy dit beantwoord.

2.        Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:

          AFDELING A:        Drama             (40)
          AFDELING A:        Kortverhale       (40)

3.        Beantwoord die vrae in EEN van die afdelings:

          AFDELING A: DRAMA
          Beantwoord die vrae oor die drama (Perdekrag) wat jy bestudeer het.

          OF

          AFDELING B: KORTVERHALE
          Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale wat jy bestudeer het.

4.        Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Laat 'n reël oop na elke antwoord.

7.        Voorgestelde tydsindeling:

          AFDELING A: 90 minute

          OF

          AFDELING B: 90 minute

8.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2             3                    DBE/November 2024
                                       NSS (Gauteng) Vertroulik

INHOUDSOPGAWE

Kies SLEGS die afdeling wat jy bestudeer het.         Nov

AFDELING A: DRAMA

Beantwoord slegs die EEN vraag.
           VRAAGNOMMER                                      PUNTE   BLADSYNOMMER
1. Perdekrag                                                  40          4

                                                 OF
AFDELING B: KORTVERHALE

Beantwoord AL TWEE kortverhale.
2. "My broer se kraai"                                       20           8

    EN

    "Die ooreenkoms"                                         20           10

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2             4                         DBE/November 2024
                                       NSS (Gauteng) Vertroulik

AFDELING A: DRAMA

VRAAG 1: PERDEKRAG – Cecilia du Toit

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS A

WILMA:        En jy brom nie so nie, gehoor! Jy praat behoorlik dat ek en Binki jou kan
              verstaan. Maak of jy ordentlik is, magtag. Kom, hark hier skoon. (Wilma
              beduie na iets net binne Kaizer se stal. Lucky kom die stal skoorvoetend
              binne, maar sodra hy sy rug op Kaizer draai, lui sy selfoon skel. Kaizer
              deins terug. Lucky spring uit die stal en gryp sy selfoon uit sy agtersak om 5
              te antwoord.)
              Ek het gesê jy moet dit wegsit. Jy beter nou luister of –
LUCKY:        (Uitdagend van die skrik.) Of wat? Ek sal praat as ek wil praat. Jy en wie
              nog gaan my keer?
              (Hy lig die foon na sy oor om te praat, maar Wilma stap dreigend nader.)     10
WILMA:        Luister jy nou baie mooi vir my, Meneertjie. Die magistraat doen jou
              prokureur 'n guns, en ek doen weer vir haar 'n guns. Ek hoef jou glad nie
              hier by my stalle te laat werk nie.

1.1       "Luister jy nou baie mooi vir my, Meneertjie." (Reël 11)

          1.1.1       Wie is hierdie Meneertjie?                                                   (1)

          1.1.2       By watter stalle is Meneertjie?                                              (1)

          1.1.3       Waarom is Meneertjie hier?                                                   (1)

          1.1.4       Wat het Wilma gedoen nadat Meneertjie later weer op sy selfoon
                      besig was?                                                                   (1)

1.2       Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (1.2) en die letter
          (A–D) neer.

          " ... Wilma stap dreigend nader" in reël 10 sê vir ons dat Wilma … was.

          A       moeg
          B       kwaad
          C       haastig
          D       opgewonde                                                                        (1)

1.3       Skryf die volgende sin oor en verander die onderstreepte deel om die stelling
          WAAR te maak.

          Dit was Lucky se werk om die stalle uit te hark en vars water in te sit.                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2             5                            DBE/November 2024
                                       NSS (Gauteng) Vertroulik

1.4       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die
          vraagnommers (1.4.1 en 1.4.2) en die antwoord neer.

          Wilma was eers geduldig (patient) met Lucky, want sy wou hom
          (1.4.1) (help/straf). Omdat Lucky so (1.4.2) (stout/fluks) was, het Wilma later
          ongeduldig (impatient) met hom geraak.                                                     (2)

1.5       Lucky sê sekere goed vir sekere redes.

          Kies die rede uit KOLOM B wat by Lucky se woorde in KOLOM A pas. Skryf
          net die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.4) en die letter (A–E) neer.

                         KOLOM A                                    KOLOM B
         1.5.1       ''Beentjie. Soos armpie en     A     Lucky is negatief teenoor ryk
                     voetjie en handjie.''                mense.

         1.5.2       ''Take it easy, Miesies        B     Lucky hou daarvan om Binki te
                     Cheesy.''                            terg (tease).

         1.5.3       ''Of mag net die ryk rotte     C     Lucky kan nie glo Binki se ma het
                     die goed ry?''                       so min tyd vir haar nie.

         1.5.4       ''O ja. Jou ma is Busy         D     Lucky kan nie verstaan hoekom
                     Lizzie.''                            Binki nie met hom wou praat nie.

                                                    E     Lucky is moeilik met Wilma.
                                                                                          (4 x 1)    (4)

1.6       Skryf die volgende gebeure onder mekaar oor in die korrekte VOLGORDE
          soos wat dit in die drama gebeur.

             Binki het vir Lucky van Dukie vertel.
             Lucky het Tinkerbelle laat weghardloop.
             Lucky het sy nommer op Binki se foon gesit.
             Wilma het dadelik vir Lucky verduidelik watter werkies hy moes doen.                   (4)

1.7       Waarom was dit reg van die magistraat om vir Lucky 'n tweede kans te gee?                  (1)

1.8       Waarom was dit verkeerd van Lucky om nie sy selfoon weg te sit toe Wilma
          gesê het hy moet dit doen nie?                                                             (1)

1.9       Waarom is dit goed dat Wilma so streng (strict) met Lucky is?                              (1)

1.10      Hoe help die skrywer jou om te verstaan dat Lucky nie op die perdeplaas wou
          wees nie?                                                                                  (1)

                                                    EN

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2             6                       DBE/November 2024
                                       NSS (Gauteng) Vertroulik

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS B

LUCKY:         ... Ek en my simpel groot bek. Ek skree my stupidgeit uit met 'n boom box
              sodat almal kan hoor ek is net 'n perdedrol. (Binki wil hom simpatiek
              aanraak, maar hy deins weg van haar.)
              Stoppit! Ek word nie aan gevat nie. Nie deur jou soort nie.
BINKI:        Skies. Ek wou maar net – (Sy draai verleë weg en maak of sy iets in die 5
              stoorkamer soek.)
LUCKY:        Skies, Binki.
BINKI:        Ek moes nie – ek weet nie wat nie.
LUCKY:        Ek laaik myself nie altyd nie.
BINKI:        (Paaiend.) Dis oukei.                                                       10
LUCKY:        Nee, dit is nie! Ek het die hele week aan jou gedink. Jy sal nie aan my vat
              as jy weet hoekom ek hier is nie.
BINKI:        Waarom sal ek nie?
LUCKY:        Want jy hardloop vlamme in om 'n bleddie brak te red. Ek en jy leef in
              verskillende wêrelde ... Jou huis het afgebrand, ... , maar my hele lewe 15
              brand elke dag so bietjies-bietjies af.

1.11      Noem TWEE redes waarom Binki by Wilma op die plaas gebly het.                          (2)

1.12      VOLTOOI die volgende sinne. Skryf net die vraagnommers (1.12.1 tot 1.12.4)
          en die antwoord neer.

          1.12.1     Wilma het vir Lucky vertel wat met haar perd, ... (die perd se
                     naam), gebeur het.                                                          (1)

          1.12.2     Wilma het die aand van die ongeluk baie gedrink. Lucky het haar
                     daarom 'n ... genoem.                                                       (1)

          1.12.3     Lucky het ... maande by Wilma gewerk.                                       (1)

          1.12.4     Binki het haar matriek deur ... gedoen.                                     (1)

1.13      VOLTOOI die volgende sin deur 'n woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
          Skryf net die vraagnommer (1.13) en die antwoord neer.

                       'n vergelyking;          personifikasie;   'n metafoor

          "Ek skree my stupidgeit uit met 'n boom box sodat almal kan hoor ek is net 'n
          perdedrol." (Reël 1 en 2) Dit is 'n voorbeeld van ...                                  (1)

1.14      Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (1.14) en die
          letter (A–D) neer.

          "... maar my hele lewe brand elke dag so bietjies-bietjies af.'' (Reël 15
          en 16) Dit beteken dat ...

          A    'n deel van Lucky-hulle se huis ook afgebrand het.
          B    Lucky en die mense in sy lewe baie probleme het.
          C    die mense in Lucky se omgewing elke dag vuur maak.
          D    daar elke dag huise in Lucky se omgewing afgebrand het.                           (1)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2             7                            DBE/November 2024
                                       NSS (Gauteng) Vertroulik

1.15      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die
          vraagnommers (1.15.1 en 1.15.2) en die antwoord neer.

          In reël 1 tot 4 is Lucky se toon teenoor Binki (1.15.1) (onvriendelik/vriendelik).
          In reël 7 tot 11 verander sy toon, want hy het (1.15.2) (besef dit was
          onregverdig om so met Binki te praat/gedink dit was eintlik Wilma se skuld).                (2)

1.16      Waarom het Binki bloese met lang moue gedra?                                                (1)

1.17      Lucky het Binki se bloes opsetlik (on purpose) geskeur.

          Gee 'n feit uit die verhaal om te motiveer waarom die stelling ONWAAR is.                   (1)

1.18      Die lewe op die plaas was teen die einde goed vir Binki en Lucky.

          Kies die inligting uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf net
          die vraagnommers (1.18.1 tot 1.18.4) en die letter (A–E) neer.

                         KOLOM A                                      KOLOM B
         1.18.1      Lucky het vir Kaizer gesê hy      A      Binki aanvaar (accept) die
                     was jammer oor wat hy                    situasie met haar ma.
                     gedoen het.
                                                       B      Binki is nie meer so bang vir
         1.18.2      Binki het weer vir Lucky die             die perde nie.
                     foto's van Dukie op haar
                     foon gewys.                       C      Lady Jane en Kaizer doen wat
                                                              Lucky vir hulle vra.
         1.18.3      Binki het die langnaweek op
                     die plaas gebly.                  D      Kaizer aanvaar Lucky se
                                                              verskoning.
         1.18.4      Lucky het geleer om mooi
                     met die perde te praat.           E      Lucky verander sy kontaknaam
                                                              na ''Extra Lucky''.
                                                                                      (4 x 1)         (4)

1.19      Waarom was dit goed vir Lucky dat Binki haar storie vir hom vertel het?                     (1)

1.20      Waarom was dit goed vir Wilma dat sy vir Lucky die kans gegee het om op
          die plaas te werk?                                                                          (1)

1.21      Waarom is dit vir jou lekker om te weet dat Binki se lewe aan die einde van
          die drama verander het?                                                                     (1)

1.22      Waarom kan 'n mens sê dat die slot goed by die drama pas?                                   (1)

                                                                     TOTAAL AFDELING A:               40

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2             8                        DBE/November 2024
                                       NSS (Gauteng) Vertroulik

AFDELING B: KORTVERHALE

VRAAG 2: KINDERS VAN DIE AARDE – Charles Fryer

Beantwoord die vrae oor AL TWEE verhale.

VERHAAL A: "MY BROER SE KRAAI" – Chris Barnard
EN
VERHAAL B: "DIE OOREENKOMS" – Dalene Matthee

VERHAAL A: "MY BROER SE KRAAI" – Chris Barnard

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS C

  My broer het begin stiller word. Ons het dit almal gemerk. Hy was 'n vrolike vent, my
broer, maar sy vrolikheid het begin afslyt. Hy het sy bes probeer om dit vir ons weg te
steek, maar niemand om die bos gelei nie. Eenkeer het ek deur 'n venster staan en kyk
hoe hy die kraai uit die hok probeer haal. Dit het 'n vreeslike gestoei afgegee. Ek het
gedink hy gaan die kraai los. Maar hy het die kraai uit die hok gehaal en salf of iets aan 5
die stukkende plekke probeer smeer. Hy het die swart voël teen sy wang probeer druk,
maar kon dit nie regkry nie. Die kraai het so gespook en gekrap dat hy hom weer in die
hok moes terugsit. Die kraai was waarskynlik nόg stukkender ná die operasie en oral
om die hok het swart veertjies neergesif grond toe.

2.1       "My broer het begin stiller word." (Reël 1)

          2.1.1        Wie praat hier?                                                            (1)

          2.1.2        Waar het die broer die kraai opgetel?                                      (1)

          2.1.3        Waarom kon die kraai nie vlieg nie?                                        (1)

          2.1.4        Waar het die broer die kraai gehou nadat hy die kraai opgetel het?         (1)

2.2       Skryf die volgende sin oor en verander die onderstreepte deel om die stelling
          WAAR te maak.

          Na twee weke was die kraai gesond en gelukkig.                                          (1)

2.3       Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (2.3) en die letter
          (A–D) neer.

          As die verteller in reël 2 sê sy broer se "vrolikheid het begin afslyt", bedoel
          hy dat die broer ...

          A       nie meer bly was nie.
          B       vir die kraai kwaad was.
          C       vir die kraai omgegee het.
          D       nie meer vir die kraai wou sorg nie.                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2               9                             DBE/November 2024
                                         NSS (Gauteng) Vertroulik

2.4       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die
          vraagnommers (2.4.1 en 2.4.2) en die antwoord neer.

          Aan die begin van die verhaal het die gesin gedink dit was ŉ
          (2.4.1) (goeie/slegte) idee van die broer om die kraai te hou. Later het hulle
          besef dat die kraai eintlik 'n (2.4.2) (probleem/plesier) geword het.                          (2)

2.5      Die karakters se woorde sê vir ons hoe die karakters voel.

         Kies die emosie uit KOLOM B wat by die karakter se woorde in KOLOM A
         pas. Skryf net die vraagnommers (2.5.1 tot 2.5.4) en die letter (A–E) neer.

                        KOLOM A                                        KOLOM B
         2.5.1       "Ek dink ek moet my               A    Die verteller wou hê dat die broer
                     kraai maar los."                       self die regte keuse moes maak.

         2.5.2       ''Dis jou kraai en jý moet        B    Die verteller het gedink 'n
                     besluit."                              papegaai sou die broer gelukkig
                                                            maak.
         2.5.3       "Ek wil hê dit moet mý
                     kraai wees."                      C    Die broer was baie lief vir die kraai.

         2.5.4       ''Dis beter oop."                 D    Die broer het aanvaar dat die kraai
                                                            vry moet wees.

                                                       E    Die broer was moedeloos omdat
                                                            die kraai homself so seergemaak
                                                            het.
                                                                                        (4 x 1)          (4)

2.6       Skryf die volgende gebeure onder mekaar oor in die korrekte VOLGORDE
          soos wat dit in die verhaal gebeur.

             Almal het gedink die storie van die kraai was verby.
             Een oggend het die broer die kraai weer hoor lag.
             Die broer het vir die kraai vleis en brood gegee.
             Die broer het die kraai losgelaat.                                                         (4)

2.7       Waarom was dit reg van die verteller om mooi te dink voordat hy met sy broer
          gepraat het?                                                                                   (1)

2.8       Waarom was dit verkeerd van die broer om so lank te wag voordat hy die
          kraai losgelaat het?                                                                           (1)

2.9       Watter les oor wilde diere het jy in hierdie verhaal geleer?                                   (1)

2.10      Waarom kan 'n mens sê dat die slot goed by die verhaal pas?                                    (1)

                                                  EN

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 10

Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2             10                         DBE/November 2024
                                       NSS (Gauteng) Vertroulik

VERHAAL B: "DIE OOREENKOMS" – Dalene Matthee

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS D

Hulle was soos twee broers wat mekaar eers teen die aand se kant leer ken het: Jakob
en Willem.
  Hulle was van die eerste intrekkers by die nuwe Rusoord; albei vlak in die sewentig,
gesond van liggaam en verstand, en vasberade om van die laaste skof nog iets te
maak. Die kamer wat hulle moes deel, was aan die sonsy van die gebou, ruim, en met 5
huisgoed uit albei se verlede gemeubileer soos toegelaat deur die reëls van die
Bestuur.
  Nie dat hulle nie gou geleer het om sommige van die reëls van die Bestuur met 'n
bietjie insig te vertolk nie, byvoorbeeld die reël dat alkohol alleen vir medisinale
doeleindes in kamers gehou mag word. Goed en reg. Daarom het Jakob en Willem 10
elke aand, stiptelik om halfses, die kamerdeur gesluit en hul medisyne gedrink. Een
Vrydag het Jakob die bottel whisky gekoop en die volgende Vrydag Willem.

2.11      VOLTOOI die volgende sin deur 'n woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
          Skryf net die vraagnommer (2.11) en die antwoord neer.

                       'n metafoor;          'n vergelyking;      personifikasie

          "Hulle was soos twee broers ..." in reël 1 is 'n voorbeeld van ...                        (1)

2.12      Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (2.12) en die
          letter (A–D) neer.

          Die verteller sê Jakob en Willem het mekaar eers "teen die aand se kant leer
          ken" (reël 1). Dit beteken dat Jakob en Willem ...

          A    nie baie van mekaar gehou het nie.
          B    mekaar leer ken het toe hulle al oud was.
          C    daarvan gehou het om in die aand te kuier.
          D    mekaar ken vandat hulle saam op skool was.                                           (1)

2.13      Watter reëling (arrangement) het Jakob en Willem oor 'n motor gemaak?
          Noem TWEE dinge.                                                                          (2)

2.14      VOLTOOI die volgende sinne. Skryf net die vraagnommers (2.14.1 tot 2.14.4)
          en die antwoord neer.

          2.14.1     Jakob was 'n ... (beroep) toe hy jonger was.                                   (1)

          2.14.2     Willem het 40 jaar by 'n ... gewerk.                                           (1)

          2.14.3     Willem het gedink dat ou ... (haar naam) baie van Jakob hou.                   (1)

          2.14.4     Jakob en Willem het na ... jaar van saambly 'n ooreenkoms gesluit.             (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2             11                           DBE/November 2024
                                       NSS (Gauteng) Vertroulik

2.15      Hierdie verhaal handel oor Jakob en Willem se ooreenkoms.

          Kies die inligting uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf net
          die vraagnommers (2.15.1 tot 2.15.4) en die letter (A–E) neer.

                        KOLOM A                                      KOLOM B
          2.15.1     Jakob en Willem het oor          A     Jakob het vir Willem gevra om
                     lewe ná die dood                       van die ooreenkoms te vergeet.
                     gewonder.
                                                      B     Jakob het begin dink daar is nie
          2.15.2     Jakob was bang vir spoke.              lewe ná die dood nie.

          2.15.3     Willem het nie dadelik die       C     Die whiskybottel se prop het
                     teken kom gee nie.                     presies om halfses losgedraai.

          2.15.4     Uiteindelik hét Willem die       D     Jakob het 'n nuwe kamermaat
                     teken kom gee.                         gekry.

                                                      E     Die een wat eerste sterf, moes vir
                                                            die ander een 'n teken kom gee.
                                                                                       (4 x 1)    (4)

2.16      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die
          vraagnommers (2.16.1 en 2.16.2) en die antwoord neer.

          Nadat matrone vir Jakob vertel het dat Willem dood is, is die toon van die
          verhaal (2.16.1) (komies/hartseer), want Jakob (2.16.2) (het sy vriend
          gemis/wou nie alleen in sy kamer wees nie).                                             (2)

2.17      Waarom wou Jakob nie vir die ander inwoners vertel hy is bang vir spoke nie?            (1)

2.18      Jakob het die whisky in 'n kas toegesluit en die sleutel in sy laai gebêre.

          Gee 'n feit uit die verhaal om te motiveer waarom die stelling ONWAAR is.               (1)

2.19      Waarom kan 'n mens verstaan dat Jakob nie met die vrouens in die ouetehuis
          wou praat nie?                                                                          (1)

2.20      Waarom was dit goed dat Willem uiteindelik vir Jakob die teken gegee het?               (1)

2.21      Ná Willem se dood het die ander inwoners vir Jakob kos aangedra en hom
          probeer troos (comfort). Waarom kan jy vir hulle respek hê?                             (1)

2.22      Hoe help die skrywer jou om te verstaan dat Jakob en Willem baie goeie
          vriende was?                                                                            (1)

                                                                     TOTAAL AFDELING B:           40
                                                                         GROOTTOTAAL:             40

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-limpopo/26aacf8c-00c0-4205-878c-877b15cac8e7) — Afrikaans SAL · QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mpumalanga/26c425f4-fab1-4fd6-ba8c-3a9b802b4140) — Afrikaans SAL · QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 Western Cape](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-western-cape/afd1be9c-6083-4b52-a9dd-4a08576d84f8) — Afrikaans SAL · QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG KwaZulu-Natal](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-kwazulu-natal/4431038d-7fcf-40be-a6b8-edbefc700aac) — Afrikaans SAL · Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Free State](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-free-state/c7fd6c22-a455-4a14-b3a8-b0f7dc2ba104) — Afrikaans SAL · Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Eastern Cape.doc](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-eastern-cape-doc/e2d571ef-166c-4cc0-bd54-afefc2b92940) — Afrikaans SAL · Memo · 2024 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans SAL

- [Gr 12 Afrikaans SAL ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-afrikaans-sal-atp-2023-24/62a5661c-7dee-400e-8d08-3944f9c721f0) — ATP · Afr
- [Afrikaans SAL P2 May-June 2023 MG](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-may-june-2023-mg/10b40ec7-ee9c-4023-a914-e298e45ce298) — Memo · 2023 · Afr
- [Afrikaans SAL P1 May-June 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-may-june-2023/823ad3bb-938b-47a5-a512-c081e7c25841) — QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 May-June 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-may-june-2023/0649fe6b-de17-4472-b0c1-64fdcdd16bc1) — QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans SAL P3 May-June 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p3-may-june-2023/f71f0bcc-c47f-4168-96f9-343fb0f5cc96) — QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans SAL P1 Nov 2023 MG](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-nov-2023-mg/c2f8f142-3b33-4fde-8b72-bf2a315fd3ed) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
