# Afrikaans SAL Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper

> Grade 12 Afrikaans SAL Paper 2 question paper from the November 2024 NSC, 12 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mpumalanga/26c425f4-fab1-4fd6-ba8c-3a9b802b4140
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans SAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: November 2024 NSC
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans SAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-sal) › [Afrikaans SAL Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mpumalanga/26c425f4-fab1-4fd6-ba8c-3a9b802b4140)

## About this document

Afrikaans Sal · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-mpumalanga/a1407f79-0048-4a4c-a2fb-7c9aafc01a02) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-gauteng/204b3998-388d-4312-a14d-bc43b1529599) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-limpopo/4ecca3ab-b049-455c-97a9-e508bbd3107d) — Memo · 2024 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2

                               NOVEMBER 2024

                                MPUMALANGA

PUNTE: 40

TYD: 1½ uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2               2                        DBE/November 2024
                                       NSS (Mpumalanga) Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die
          INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommer oor
          die teks wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vraag aandagtig deur
          voor jy dit beantwoord.

2.        Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:

          AFDELING A:        Drama               (40)
          AFDELING A:        Kortverhale         (40)

3.        Beantwoord die vrae in EEN van die afdelings:

          AFDELING A: DRAMA
          Beantwoord die vrae oor die drama (Perdekrag) wat jy bestudeer het.

          OF

          AFDELING B: KORTVERHALE
          Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale wat jy bestudeer het.

4.        Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Laat 'n reël oop na elke antwoord.

7.        Voorgestelde tydsindeling:

          AFDELING A: 90 minute

          OF

          AFDELING B: 90 minute

8.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2               3                   DBE/November 2024
                                       NSS (Mpumalanga) Vertroulik

INHOUDSOPGAWE

Kies SLEGS die afdeling wat jy bestudeer het.          Nov

AFDELING A: DRAMA

Beantwoord slegs die EEN vraag.
           VRAAGNOMMER                                       PUNTE   BLADSYNOMMER
1. Perdekrag                                                   40          4

                                                  OF
AFDELING B: KORTVERHALE

Beantwoord AL TWEE kortverhale.
2. "Stokvel op 'n plaas"                                      20           8

    EN

    "Die hen en die naald"                                    20           10

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2               4                       DBE/November 2024
                                       NSS (Mpumalanga) Vertroulik

AFDELING A: DRAMA

VRAAG 1: PERDEKRAG – Cecilia du Toit

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS A

WILMA:        En jy brom nie so nie, gehoor! Jy praat behoorlik dat ek en Binki jou kan
              verstaan. Maak of jy ordentlik is, magtag. Kom, hark hier skoon. (Wilma
              beduie na iets net binne Kaizer se stal. Lucky kom die stal skoorvoetend
              binne, maar sodra hy sy rug op Kaizer draai, lui sy selfoon skel. Kaizer
              deins terug. Lucky spring uit die stal en gryp sy selfoon uit sy agtersak om 5
              te antwoord.)
              Ek het gesê jy moet dit wegsit. Jy beter nou luister of –
LUCKY:        (Uitdagend van die skrik.) Of wat? Ek sal praat as ek wil praat. Jy en wie
              nog gaan my keer?
              (Hy lig die foon na sy oor om te praat, maar Wilma stap dreigend nader.)     10
WILMA:        Luister jy nou baie mooi vir my, Meneertjie. Die magistraat doen jou
              prokureur 'n guns, en ek doen weer vir haar 'n guns. Ek hoef jou glad nie
              hier by my stalle te laat werk nie.

1.1       "Luister jy nou baie mooi vir my, Meneertjie." (Reël 11)

          1.1.1       Wie is hierdie Meneertjie?                                                   (1)

          1.1.2       By watter stalle is Meneertjie?                                              (1)

          1.1.3       Waarom is Meneertjie hier?                                                   (1)

          1.1.4       Wat het Wilma gedoen nadat Meneertjie later weer op sy selfoon
                      besig was?                                                                   (1)

1.2       Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (1.2) en die letter
          (A–D) neer.

          " ... Wilma stap dreigend nader" in reël 10 sê vir ons dat Wilma … was.

          A       moeg
          B       kwaad
          C       haastig
          D       opgewonde                                                                        (1)

1.3       Skryf die volgende sin oor en verander die onderstreepte deel om die stelling
          WAAR te maak.

          Dit was Lucky se werk om die stalle uit te hark en vars water in te sit.                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2               5                           DBE/November 2024
                                       NSS (Mpumalanga) Vertroulik

1.4       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die
          vraagnommers (1.4.1 en 1.4.2) en die antwoord neer.

          Wilma was eers geduldig (patient) met Lucky, want sy wou hom
          (1.4.1) (help/straf). Omdat Lucky so (1.4.2) (stout/fluks) was, het Wilma later
          ongeduldig (impatient) met hom geraak.                                                      (2)

1.5       Lucky sê sekere goed vir sekere redes.

          Kies die rede uit KOLOM B wat by Lucky se woorde in KOLOM A pas. Skryf
          net die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.4) en die letter (A–E) neer.

                         KOLOM A                                     KOLOM B
         1.5.1       ''Beentjie. Soos armpie en       A    Lucky is negatief teenoor ryk
                     voetjie en handjie.''                 mense.

         1.5.2       ''Take it easy, Miesies          B    Lucky hou daarvan om Binki te
                     Cheesy.''                             terg (tease).

         1.5.3       ''Of mag net die ryk rotte       C    Lucky kan nie glo Binki se ma het
                     die goed ry?''                        so min tyd vir haar nie.

         1.5.4       ''O ja. Jou ma is Busy           D    Lucky kan nie verstaan hoekom
                     Lizzie.''                             Binki nie met hom wou praat nie.

                                                      E    Lucky is moeilik met Wilma.
                                                                                           (4 x 1)    (4)

1.6       Skryf die volgende gebeure onder mekaar oor in die korrekte VOLGORDE
          soos wat dit in die drama gebeur.

             Binki het vir Lucky van Dukie vertel.
             Lucky het Tinkerbelle laat weghardloop.
             Lucky het sy nommer op Binki se foon gesit.
             Wilma het dadelik vir Lucky verduidelik watter werkies hy moes doen.                    (4)

1.7       Waarom was dit reg van die magistraat om vir Lucky 'n tweede kans te gee?                   (1)

1.8       Waarom was dit verkeerd van Lucky om nie sy selfoon weg te sit toe Wilma
          gesê het hy moet dit doen nie?                                                              (1)

1.9       Waarom is dit goed dat Wilma so streng (strict) met Lucky is?                               (1)

1.10      Hoe help die skrywer jou om te verstaan dat Lucky nie op die perdeplaas wou
          wees nie?                                                                                   (1)

                                                     EN

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2               6                        DBE/November 2024
                                       NSS (Mpumalanga) Vertroulik

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS B

LUCKY:         ... Ek en my simpel groot bek. Ek skree my stupidgeit uit met 'n boom box
              sodat almal kan hoor ek is net 'n perdedrol. (Binki wil hom simpatiek
              aanraak, maar hy deins weg van haar.)
              Stoppit! Ek word nie aan gevat nie. Nie deur jou soort nie.
BINKI:        Skies. Ek wou maar net – (Sy draai verleë weg en maak of sy iets in die 5
              stoorkamer soek.)
LUCKY:        Skies, Binki.
BINKI:        Ek moes nie – ek weet nie wat nie.
LUCKY:        Ek laaik myself nie altyd nie.
BINKI:        (Paaiend.) Dis oukei.                                                       10
LUCKY:        Nee, dit is nie! Ek het die hele week aan jou gedink. Jy sal nie aan my vat
              as jy weet hoekom ek hier is nie.
BINKI:        Waarom sal ek nie?
LUCKY:        Want jy hardloop vlamme in om 'n bleddie brak te red. Ek en jy leef in
              verskillende wêrelde ... Jou huis het afgebrand, ... , maar my hele lewe 15
              brand elke dag so bietjies-bietjies af.

1.11      Noem TWEE redes waarom Binki by Wilma op die plaas gebly het.                             (2)

1.12      VOLTOOI die volgende sinne. Skryf net die vraagnommers (1.12.1 tot 1.12.4)
          en die antwoord neer.

          1.12.1     Wilma het vir Lucky vertel wat met haar perd, ... (die perd se
                     naam), gebeur het.                                                             (1)

          1.12.2     Wilma het die aand van die ongeluk baie gedrink. Lucky het haar
                     daarom 'n ... genoem.                                                          (1)

          1.12.3     Lucky het ... maande by Wilma gewerk.                                          (1)

          1.12.4     Binki het haar matriek deur ... gedoen.                                        (1)

1.13      VOLTOOI die volgende sin deur 'n woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
          Skryf net die vraagnommer (1.13) en die antwoord neer.

                       'n vergelyking;            personifikasie;    'n metafoor

          "Ek skree my stupidgeit uit met 'n boom box sodat almal kan hoor ek is net 'n
          perdedrol." (Reël 1 en 2) Dit is 'n voorbeeld van ...                                     (1)

1.14      Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (1.14) en die
          letter (A–D) neer.

          "... maar my hele lewe brand elke dag so bietjies-bietjies af.'' (Reël 15
          en 16) Dit beteken dat ...

          A    'n deel van Lucky-hulle se huis ook afgebrand het.
          B    Lucky en die mense in sy lewe baie probleme het.
          C    die mense in Lucky se omgewing elke dag vuur maak.
          D    daar elke dag huise in Lucky se omgewing afgebrand het.                              (1)
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2               7                           DBE/November 2024
                                       NSS (Mpumalanga) Vertroulik

1.15      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die
          vraagnommers (1.15.1 en 1.15.2) en die antwoord neer.

          In reël 1 tot 4 is Lucky se toon teenoor Binki (1.15.1) (onvriendelik/vriendelik).
          In reël 7 tot 11 verander sy toon, want hy het (1.15.2) (besef dit was
          onregverdig om so met Binki te praat/gedink dit was eintlik Wilma se skuld).                 (2)

1.16      Waarom het Binki bloese met lang moue gedra?                                                 (1)

1.17      Lucky het Binki se bloes opsetlik (on purpose) geskeur.

          Gee 'n feit uit die verhaal om te motiveer waarom die stelling ONWAAR is.                    (1)

1.18      Die lewe op die plaas was teen die einde goed vir Binki en Lucky.

          Kies die inligting uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf net
          die vraagnommers (1.18.1 tot 1.18.4) en die letter (A–E) neer.

                         KOLOM A                                       KOLOM B
         1.18.1      Lucky het vir Kaizer gesê hy       A      Binki aanvaar (accept) die
                     was jammer oor wat hy                     situasie met haar ma.
                     gedoen het.
                                                        B      Binki is nie meer so bang vir
         1.18.2      Binki het weer vir Lucky die              die perde nie.
                     foto's van Dukie op haar
                     foon gewys.                        C      Lady Jane en Kaizer doen wat
                                                               Lucky vir hulle vra.
         1.18.3      Binki het die langnaweek op
                     die plaas gebly.                   D      Kaizer aanvaar Lucky se
                                                               verskoning.
         1.18.4      Lucky het geleer om mooi
                     met die perde te praat.            E      Lucky verander sy kontaknaam
                                                               na ''Extra Lucky''.
                                                                                       (4 x 1)         (4)

1.19      Waarom was dit goed vir Lucky dat Binki haar storie vir hom vertel het?                      (1)

1.20      Waarom was dit goed vir Wilma dat sy vir Lucky die kans gegee het om op
          die plaas te werk?                                                                           (1)

1.21      Waarom is dit vir jou lekker om te weet dat Binki se lewe aan die einde van
          die drama verander het?                                                                      (1)

1.22      Waarom kan 'n mens sê dat die slot goed by die drama pas?                                    (1)

                                                                      TOTAAL AFDELING A:               40

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 8

Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2               8                     DBE/November 2024
                                       NSS (Mpumalanga) Vertroulik

AFDELING B: KORTVERHALE

VRAAG 2: BLADSAK – Lucas Malan

Beantwoord die vrae oor AL TWEE verhale.

VERHAAL A: "STOKVEL OP 'N PLAAS" – Justice L Makete
EN
VERHAAL B: "DIE HEN EN DIE NAALD" – Minnie Postma

VERHAAL A: "STOKVEL OP 'N PLAAS" – Justice L Makete

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS C

   ''Moenie die pypkaneel vergeet nie,'' praat MaDlamini tussenin.
   ''Tuisgemaakte gemmerbier sonder pynappel sou nie te welkom wees nie,'' sê
 Babsie terwyl sy die pynappel skil.
   ''Sowaar onse kind!'' antwoord Sis Dudu.
   Tienuur se kant begin die stokvelgangers intrippel. Hulle kom van heinde en verre. 5
 Die gesette suurgesig Sis Vera en haar uitgeteerde, verwaarloosde man is eerste aan
 die beurt, toe Antie Lena vergesel van haar broeisel. Van die fietsryers, jieslaik! al wat
 van hulle te siene is, is die warrelende stof. Palmietfontein se volkies ry donkiekar. Die
 swaarbelaaide karretjie het nogal noustrop getrek. Die getal voetgangers neem steeds
 toe. "The more the merrier", en niemand wil die affêre mis nie. Dié een keer in 'n 10
 maand, normaalweg die einde van die maand, is geskik vir almal.
   Die gumba-gumba pryk al buite en Yvonne Chakachaka se ''MaDlamini se mtombozi''
is al te hore.

2.1       " 'Moenie die pypkaneel vergeet nie,' praat MaDlamini tussenin.'' (Reël 1)

          2.1.1      Met wie praat MaDlamini hier?                                               (1)

          2.1.2      Op watter plaas het die stokvelgangers bymekaargekom?                       (1)

          2.1.3      Waarom het Lwandi ook huis toe gekom?                                       (1)

          2.1.4      Wat het eerste gebeur nadat die byeenkoms amptelik begin het?               (1)

2.2       Skryf die volgende sin oor en verander die onderstreepte deel om die stelling
          WAAR te maak.

          Sis Dudu is MaDlamini se suster.                                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2               9                          DBE/November 2024
                                       NSS (Mpumalanga) Vertroulik

2.3       Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (2.3) en die letter
          (A–D) neer.

          "Die swaarbelaaide karretjie het nogal noustrop getrek." (Reël 8 en 9) Dit
          beteken dat die donkies ...

          A      nie die karretjie wou trek nie.
          B      die karretjie vinnig getrek het.
          C      gesukkel het om die karretjie te trek.
          D      nie die karretjie van Palmietfontein af getrek het nie.                              (1)

2.4       Skryf die volgende gebeure onder mekaar oor in die korrekte VOLGORDE
          soos wat dit in die verhaal gebeur.

             Die lede mag eerste kos ingeskep het.
             Die stokvelgeld is vir Baba Ndlovu gegee.
             Makhaya het almal wat daar was se name gelees.
             Die formele aktiwiteite het om twaalfuur begin.                                         (4)

2.5      Die karakters se woorde sê vir ons hoe die karakters voel.

         Kies die emosie uit KOLOM B wat by die karakter se woorde in KOLOM A pas.
         Skryf net die vraagnommers (2.5.1 tot 2.5.4) en die letter (A–E) neer.

                       KOLOM A                                    KOLOM B
         2.5.1       "Ekêêê ... dis hy!"         A     Die skurk was kwaad.

         2.5.2       "Los my cherrie of ek       B     Sis Dudu was tevrede met die
                     steek jou dood!"                  mampoer.

         2.5.3       '' 'Ndevu! 'Ndevu! kom      C     Die plaasvolk was gelukkig, want hulle
                     help!''                           dans lekker.

         2.5.4       ''Keer hom voor, die        D     Sipho was bekommerd terwyl hy na die
                     satanskind!''                     stil woning hardloop.

                                                 E     Mandevu was nie jammer vir Malaita
                                                       nie.
                                                                                  (4 x 1)             (4)

2.6       Waarom kan 'n mens sê dat dit reg is dat MaDlamini vir almal iets gegee het
          om met die voorbereiding te help?                                                           (1)

2.7       Waarom kan 'n mens sê dat dit verkeerd is dat Maraikie oor die pryse van die
          eetgoed gekla het?                                                                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 10

Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2              10                         DBE/November 2024
                                       NSS (Mpumalanga) Vertroulik

2.8       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die
          vraagnommers (2.8.1 en 2.8.2) en die antwoord neer.

          Aan die begin van die verhaal het MaDlamini (2.8.1) (presies geweet/
          vergeet) wat almal moes doen om vir die stokvel voor te berei. Toe die
          moeilikheid begin, was sy (2.8.2) (seker/onseker) wat sy moes doen en het sy
          Mandevu laat kom om te help.                                                               (2)

2.9       Watter les oor samewerking het jy by die stokvelgangers geleer?                            (1)

2.10      Waarom kan 'n mens sê dat die slot goed by die verhaal pas?                                (1)

                                                 EN

VERHAAL B: "DIE HEN EN DIE NAALD" – Minnie Postma

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS D

... "Vriend van my, leen asseblief jou naald vir my."
   Valk was baie jammer vir sy naald, toe vra hy eers: "Wat wil jy daarmee maak?"
   "Ek het mooi velletjies wat ek al lankal bêre. As ek nou net 'n naald het, kan ek dit
aanmekaar werk en vir my 'n mooi karos maak."
   "Maat van my," sê Valk. "Tjhe, omdat ek jou so liefhet, sal ek dit vir jou leen, maar jy 5
moet dit baie goed oppas."
   "Ek sal dit net so mooi oppas soos ek my kind sal oppas. Ek sal versigtig daarmee
werk en sodra ek klaar is met die karos, sal ek dit dadelik vir jou teruggee. Regtigwaar,
so sal ek maak."
   "Maar dit kan tog gebeur dat jy dit laat wegraak. 'n Naald is 'n ding wat maklik kan 10
verloor. As dit nou gebeur, waarmee sal ek my werk doen?" vra hy.
   ''Kêkêkêkêkê,'' lag die hen.

2.11      Waarom wou Hen 'n naald by Válk leen om haar karos te maak?                                (1)

2.12      VOLTOOI die volgende sin deur 'n woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
          Skryf net die vraagnommer (2.12) en die antwoord neer.

                     'n metafoor;            klanknabootsing;        personifikasie

          " 'Maat van my,' sê Valk." (Reël 5) Dit is 'n voorbeeld van ...                            (1)

2.13      Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (2.13) en die
          letter (A–D) neer.

          "Valk was baie jammer vir sy naald, ..." (Reël 2) Dit beteken dat Valk ...

          A     se naald stukkend was.
          B     sy naald baie mooi opgepas het.
          C     jammer was dat niemand anders vir Hen kon help nie.
          D     jammer was dat Hen nie haar eie naald gehad het nie.                                 (1)
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2              11                           DBE/November 2024
                                       NSS (Mpumalanga) Vertroulik

2.14      VOLTOOI die volgende sinne. Skryf net die vraagnommers (2.14.1 tot 2.14.4)
          en die antwoord neer.

          2.14.1     Toe Hen haar karos aangetrek het, het sy soos die vrou van 'n ...
                     gevoel.                                                                           (1)

          2.14.2     Hen se kinders het gesê sy is ... as al die ander vrouens.                        (1)

          2.14.3     Hen het by die ... en by die lande met haar karos gaan spog.                      (1)

          2.14.4     Hen het vergeet dat sy een van haar ... belowe het as sy Valk se
                     naald sou verloor.                                                                (1)

2.15      Noem TWEE dinge waarmee Hen se kinders haar moes help.                                       (2)

2.16      Hen en Valk was goeie vriende totdat Hen Valk se naald verloor het.

          Kies die inligting uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf net
          die vraagnommers (2.16.1 tot 2.16.4) en die letter (A–E) neer.

                       KOLOM A                                       KOLOM B
          2.16.1     Hen het vir 'n lang tyd           A     Valk wou iets terughê in die plek
                     velletjies bymekaar                     van sy naald.
                     gemaak.
                                                       B     Valk het elke dag afgekom grond
          2.16.2     Hen het oral met haar                   toe.
                     karos loop en spog.
                                                       C     Hen het vergeet dat sy belowe
          2.16.3     Niemand kon die naald                   het om die naald dadelik terug te
                     tussen al die vuilgoed kry              gee.
                     nie.
                                                       D     Die ander henne het Hen help
          2.16.4     Hen was hartseer omdat                  soek.
                     haar kinders nou altyd in
                     gevaar sou wees.                  E     Hen kon vir haar 'n mooi karos
                                                             maak.
                                                                                        (4 x 1)        (4)

2.17      Valk het graag saam met Hen gekuier omdat Hen baie mooi was.

          Gee 'n feit uit die verhaal om te motiveer waarom die stelling ONWAAR is.                    (1)

2.18      Waarom kan 'n mens verstaan dat Hen dadelik met haar karos wou gaan
          spog?                                                                                        (1)

2.19      Waarom was die fout wat Hen gemaak het ook 'n slegte ding vir al die ander
          henne?                                                                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 12

Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2              12                       DBE/November 2024
                                       NSS (Mpumalanga) Vertroulik

2.20      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die
          vraagnommers (2.20.1 en 2.20.2) en die antwoord neer.

          Aan die einde van hierdie verhaal is die toon (2.20.1) (vrolik/hartseer), want
          Valk (2.20.2) (wou vrede maak/was nie meer Hen se vriend nie).                       (2)

2.21      Waarom kan jy respek vir Hen hê nadat sy met die ander henne gepraat het?            (1)

2.22      Hoe help die skrywer jou om die tema van vriendskap te verstaan?                     (1)

                                                                     TOTAAL AFDELING B:        40
                                                                         GROOTTOTAAL:          40

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-limpopo/26aacf8c-00c0-4205-878c-877b15cac8e7) — Afrikaans SAL · QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 Western Cape](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-western-cape/afd1be9c-6083-4b52-a9dd-4a08576d84f8) — Afrikaans SAL · QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-gauteng/a704e4e0-97b6-4d55-b45a-d72fa5efc84a) — Afrikaans SAL · QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG KwaZulu-Natal](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-kwazulu-natal/4431038d-7fcf-40be-a6b8-edbefc700aac) — Afrikaans SAL · Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Free State](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-free-state/c7fd6c22-a455-4a14-b3a8-b0f7dc2ba104) — Afrikaans SAL · Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Eastern Cape.doc](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-eastern-cape-doc/e2d571ef-166c-4cc0-bd54-afefc2b92940) — Afrikaans SAL · Memo · 2024 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans SAL

- [Gr 12 Afrikaans SAL ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-afrikaans-sal-atp-2023-24/62a5661c-7dee-400e-8d08-3944f9c721f0) — ATP · Afr
- [Afrikaans SAL P2 May-June 2023 MG](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-may-june-2023-mg/10b40ec7-ee9c-4023-a914-e298e45ce298) — Memo · 2023 · Afr
- [Afrikaans SAL P1 May-June 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-may-june-2023/823ad3bb-938b-47a5-a512-c081e7c25841) — QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 May-June 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-may-june-2023/0649fe6b-de17-4472-b0c1-64fdcdd16bc1) — QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans SAL P3 May-June 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p3-may-june-2023/f71f0bcc-c47f-4168-96f9-343fb0f5cc96) — QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans SAL P1 Nov 2023 MG](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-nov-2023-mg/c2f8f142-3b33-4fde-8b72-bf2a315fd3ed) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
