# Afrikaans SAL Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper

> Grade 12 Afrikaans SAL Paper 2 question paper from the November 2024 NSC, 12 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-western-cape/afd1be9c-6083-4b52-a9dd-4a08576d84f8
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans SAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: November 2024 NSC
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans SAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-sal) › [Afrikaans SAL Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-western-cape/afd1be9c-6083-4b52-a9dd-4a08576d84f8)

## About this document

Afrikaans Sal · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-mpumalanga/a1407f79-0048-4a4c-a2fb-7c9aafc01a02) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-gauteng/204b3998-388d-4312-a14d-bc43b1529599) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-limpopo/4ecca3ab-b049-455c-97a9-e508bbd3107d) — Memo · 2024 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2

                               NOVEMBER 2024

                                  WES-KAAP

PUNTE: 40

TYD: 1½ uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2              2                         DBE/November 2024
                                       NSS (Wes-Kaap) Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die
          INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommer oor
          die teks wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vraag aandagtig deur
          voor jy dit beantwoord.

2.        Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:

          AFDELING A:        Drama              (40)
          AFDELING A:        Kortverhale        (40)

3.        Beantwoord die vrae in EEN van die afdelings:

          AFDELING A: DRAMA
          Beantwoord die vrae oor die drama (Perdekrag) wat jy bestudeer het.

          OF

          AFDELING B: KORTVERHALE
          Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale wat jy bestudeer het.

4.        Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Laat 'n reël oop na elke antwoord.

7.        Voorgestelde tydsindeling:

          AFDELING A: 90 minute

          OF

          AFDELING B: 90 minute

8.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2              3                   DBE/November 2024
                                       NSS (Wes-Kaap) Vertroulik

INHOUDSOPGAWE

Kies SLEGS die afdeling wat jy bestudeer het.         Nov

AFDELING A: DRAMA

Beantwoord slegs die EEN vraag.
           VRAAGNOMMER                                      PUNTE   BLADSYNOMMER
1. Perdekrag                                                  40          4

                                                 OF
AFDELING B: KORTVERHALE

Beantwoord AL TWEE kortverhale.
2. "Twee gesigte"                                            20           8

    EN

    "Om laaste te kan lag"                                   20           10

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2              4                        DBE/November 2024
                                       NSS (Wes-Kaap) Vertroulik

AFDELING A: DRAMA

VRAAG 1: PERDEKRAG – Cecilia du Toit

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS A

WILMA:        En jy brom nie so nie, gehoor! Jy praat behoorlik dat ek en Binki jou kan
              verstaan. Maak of jy ordentlik is, magtag. Kom, hark hier skoon. (Wilma
              beduie na iets net binne Kaizer se stal. Lucky kom die stal skoorvoetend
              binne, maar sodra hy sy rug op Kaizer draai, lui sy selfoon skel. Kaizer
              deins terug. Lucky spring uit die stal en gryp sy selfoon uit sy agtersak om 5
              te antwoord.)
              Ek het gesê jy moet dit wegsit. Jy beter nou luister of –
LUCKY:        (Uitdagend van die skrik.) Of wat? Ek sal praat as ek wil praat. Jy en wie
              nog gaan my keer?
              (Hy lig die foon na sy oor om te praat, maar Wilma stap dreigend nader.)     10
WILMA:        Luister jy nou baie mooi vir my, Meneertjie. Die magistraat doen jou
              prokureur 'n guns, en ek doen weer vir haar 'n guns. Ek hoef jou glad nie
              hier by my stalle te laat werk nie.

1.1       "Luister jy nou baie mooi vir my, Meneertjie." (Reël 11)

          1.1.1       Wie is hierdie Meneertjie?                                                   (1)

          1.1.2       By watter stalle is Meneertjie?                                              (1)

          1.1.3       Waarom is Meneertjie hier?                                                   (1)

          1.1.4       Wat het Wilma gedoen nadat Meneertjie later weer op sy selfoon
                      besig was?                                                                   (1)

1.2       Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (1.2) en die letter
          (A–D) neer.

          " ... Wilma stap dreigend nader" in reël 10 sê vir ons dat Wilma … was.

          A       moeg
          B       kwaad
          C       haastig
          D       opgewonde                                                                        (1)

1.3       Skryf die volgende sin oor en verander die onderstreepte deel om die stelling
          WAAR te maak.

          Dit was Lucky se werk om die stalle uit te hark en vars water in te sit.                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2              5                           DBE/November 2024
                                       NSS (Wes-Kaap) Vertroulik

1.4       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die
          vraagnommers (1.4.1 en 1.4.2) en die antwoord neer.

          Wilma was eers geduldig (patient) met Lucky, want sy wou hom
          (1.4.1) (help/straf). Omdat Lucky so (1.4.2) (stout/fluks) was, het Wilma later
          ongeduldig (impatient) met hom geraak.                                                     (2)

1.5       Lucky sê sekere goed vir sekere redes.

          Kies die rede uit KOLOM B wat by Lucky se woorde in KOLOM A pas. Skryf
          net die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.4) en die letter (A–E) neer.

                         KOLOM A                                    KOLOM B
         1.5.1       ''Beentjie. Soos armpie en      A    Lucky is negatief teenoor ryk
                     voetjie en handjie.''                mense.

         1.5.2       ''Take it easy, Miesies         B    Lucky hou daarvan om Binki te
                     Cheesy.''                            terg (tease).

         1.5.3       ''Of mag net die ryk rotte      C    Lucky kan nie glo Binki se ma het
                     die goed ry?''                       so min tyd vir haar nie.

         1.5.4       ''O ja. Jou ma is Busy          D    Lucky kan nie verstaan hoekom
                     Lizzie.''                            Binki nie met hom wou praat nie.

                                                     E    Lucky is moeilik met Wilma.
                                                                                          (4 x 1)    (4)

1.6       Skryf die volgende gebeure onder mekaar oor in die korrekte VOLGORDE
          soos wat dit in die drama gebeur.

             Binki het vir Lucky van Dukie vertel.
             Lucky het Tinkerbelle laat weghardloop.
             Lucky het sy nommer op Binki se foon gesit.
             Wilma het dadelik vir Lucky verduidelik watter werkies hy moes doen.                   (4)

1.7       Waarom was dit reg van die magistraat om vir Lucky 'n tweede kans te gee?                  (1)

1.8       Waarom was dit verkeerd van Lucky om nie sy selfoon weg te sit toe Wilma
          gesê het hy moet dit doen nie?                                                             (1)

1.9       Waarom is dit goed dat Wilma so streng (strict) met Lucky is?                              (1)

1.10      Hoe help die skrywer jou om te verstaan dat Lucky nie op die perdeplaas wou
          wees nie?                                                                                  (1)

                                                    EN

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2              6                       DBE/November 2024
                                       NSS (Wes-Kaap) Vertroulik

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS B

LUCKY:         ... Ek en my simpel groot bek. Ek skree my stupidgeit uit met 'n boom box
              sodat almal kan hoor ek is net 'n perdedrol. (Binki wil hom simpatiek
              aanraak, maar hy deins weg van haar.)
              Stoppit! Ek word nie aan gevat nie. Nie deur jou soort nie.
BINKI:        Skies. Ek wou maar net – (Sy draai verleë weg en maak of sy iets in die 5
              stoorkamer soek.)
LUCKY:        Skies, Binki.
BINKI:        Ek moes nie – ek weet nie wat nie.
LUCKY:        Ek laaik myself nie altyd nie.
BINKI:        (Paaiend.) Dis oukei.                                                       10
LUCKY:        Nee, dit is nie! Ek het die hele week aan jou gedink. Jy sal nie aan my vat
              as jy weet hoekom ek hier is nie.
BINKI:        Waarom sal ek nie?
LUCKY:        Want jy hardloop vlamme in om 'n bleddie brak te red. Ek en jy leef in
              verskillende wêrelde ... Jou huis het afgebrand, ... , maar my hele lewe 15
              brand elke dag so bietjies-bietjies af.

1.11      Noem TWEE redes waarom Binki by Wilma op die plaas gebly het.                           (2)

1.12      VOLTOOI die volgende sinne. Skryf net die vraagnommers (1.12.1 tot 1.12.4)
          en die antwoord neer.

          1.12.1     Wilma het vir Lucky vertel wat met haar perd, ... (die perd se
                     naam), gebeur het.                                                           (1)

          1.12.2     Wilma het die aand van die ongeluk baie gedrink. Lucky het haar
                     daarom 'n ... genoem.                                                        (1)

          1.12.3     Lucky het ... maande by Wilma gewerk.                                        (1)

          1.12.4     Binki het haar matriek deur ... gedoen.                                      (1)

1.13      VOLTOOI die volgende sin deur 'n woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
          Skryf net die vraagnommer (1.13) en die antwoord neer.

                       'n vergelyking;           personifikasie;   'n metafoor

          "Ek skree my stupidgeit uit met 'n boom box sodat almal kan hoor ek is net 'n
          perdedrol." (Reël 1 en 2) Dit is 'n voorbeeld van ...                                   (1)

1.14      Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (1.14) en die
          letter (A–D) neer.

          "... maar my hele lewe brand elke dag so bietjies-bietjies af.'' (Reël 15
          en 16) Dit beteken dat ...

          A    'n deel van Lucky-hulle se huis ook afgebrand het.
          B    Lucky en die mense in sy lewe baie probleme het.
          C    die mense in Lucky se omgewing elke dag vuur maak.
          D    daar elke dag huise in Lucky se omgewing afgebrand het.                            (1)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2              7                           DBE/November 2024
                                       NSS (Wes-Kaap) Vertroulik

1.15      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die
          vraagnommers (1.15.1 en 1.15.2) en die antwoord neer.

          In reël 1 tot 4 is Lucky se toon teenoor Binki (1.15.1) (onvriendelik/vriendelik).
          In reël 7 tot 11 verander sy toon, want hy het (1.15.2) (besef dit was
          onregverdig om so met Binki te praat/gedink dit was eintlik Wilma se skuld).                (2)

1.16      Waarom het Binki bloese met lang moue gedra?                                                (1)

1.17      Lucky het Binki se bloes opsetlik (on purpose) geskeur.

          Gee 'n feit uit die verhaal om te motiveer waarom die stelling ONWAAR is.                   (1)

1.18      Die lewe op die plaas was teen die einde goed vir Binki en Lucky.

          Kies die inligting uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf net
          die vraagnommers (1.18.1 tot 1.18.4) en die letter (A–E) neer.

                         KOLOM A                                      KOLOM B
         1.18.1      Lucky het vir Kaizer gesê hy      A      Binki aanvaar (accept) die
                     was jammer oor wat hy                    situasie met haar ma.
                     gedoen het.
                                                       B      Binki is nie meer so bang vir
         1.18.2      Binki het weer vir Lucky die             die perde nie.
                     foto's van Dukie op haar
                     foon gewys.                       C      Lady Jane en Kaizer doen wat
                                                              Lucky vir hulle vra.
         1.18.3      Binki het die langnaweek op
                     die plaas gebly.                  D      Kaizer aanvaar Lucky se
                                                              verskoning.
         1.18.4      Lucky het geleer om mooi
                     met die perde te praat.           E      Lucky verander sy kontaknaam
                                                              na ''Extra Lucky''.
                                                                                      (4 x 1)         (4)

1.19      Waarom was dit goed vir Lucky dat Binki haar storie vir hom vertel het?                     (1)

1.20      Waarom was dit goed vir Wilma dat sy vir Lucky die kans gegee het om op
          die plaas te werk?                                                                          (1)

1.21      Waarom is dit vir jou lekker om te weet dat Binki se lewe aan die einde van
          die drama verander het?                                                                     (1)

1.22      Waarom kan 'n mens sê dat die slot goed by die drama pas?                                   (1)

                                                                     TOTAAL AFDELING A:               40

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2              8                    DBE/November 2024
                                       NSS (Wes-Kaap) Vertroulik

AFDELING B: KORTVERHALE

VRAAG 2: FEESMAAL – EA Swanepoel

Beantwoord die vrae oor AL TWEE verhale.

VERHAAL A: "TWEE GESIGTE" – Elise Muller
EN
VERHAAL B: "OM LAASTE TE KAN LAG" – Chris Barnard

VERHAAL A: "TWEE GESIGTE" – Elise Muller

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS C

  "Af!'' kom die stem dig agter haar oor. ''Komaan, gou nou! Af!''
   Daar is 'n graspol wat kom en verbygaan; 'n kol wit sand, en dit ook gaan verby,
stadiger as die graspol.
   ''Spring!''
   Sy spring heeltemal verkeerd teen die beweging van die mallemeule in, sodat die 5
vaart haar omruk en sy met wyd gespreide arms op die kweek te lande kom. Die
wêreld draai om haar. Die mallemeule ry weer vinniger; die musiek dreun harder, en
toe sy opkyk, galop die houtperdjies in gelid teen die blou lug bokant haar verby. Nog
duiselig en verslae staan sy op en loop.

Rinatjie sit woordeloos teen die kweekwal. Dis die ene verwarring in haar kop. Die 10
vreugde van die eerste rit op die mallemeule lê vertroebel in die ontsteltenis wat haar
nou beet het. 'n Oomblik, net 'n oomblik gelede, het sy uitgelate langs Rosa gesit met
haar hande jubelend inmekaar geslaan.

2.1       ''Komaan, gou nou! Af!'' (Reël 1)

          2.1.1      Met wie praat die ''stem'' hier?                                          (1)

          2.1.2      Waar is hulle?                                                            (1)

          2.1.3      Waarom was Rinatjie so gelukkig ná haar rit?                              (1)

          2.1.4      Wat het Rinatjie met haar ander twee vyftigsente gedoen nadat sy
                     net een keer gery het?                                                    (1)

2.2       Skryf die volgende sin oor en verander die onderstreepte deel om die stelling
          WAAR te maak.

          Katrien het haar twee hande nerfaf geval toe sy van die mallemeule
          afgespring het.                                                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2              9                           DBE/November 2024
                                       NSS (Wes-Kaap) Vertroulik

2.3       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die
          vraagnommers (2.3.1 en 2.3.2) en die antwoord neer.

          Toe die kaartjiesverkoper Rinatjie en Rosa op die mallemeule getel het, het
          Rinatjie gedink hy was (2.3.1) (gaaf/kwaai). Nadat Rinatjie gesien het wat hy
          met Katrien gedoen het, was sy (2.3.2) (baie tevrede/bang vir hom).                         (2)

2.4       Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (2.4) en die letter
          (A–D) neer.

          "Rinatjie sit woordeloos teen die kweekwal," in reël 10 sê vir ons dat ...

          A      Rinatjie te geskok was om iets te sê.
          B      ander mense nie kon hoor wat Rinatjie sê nie.
          C      Rinatjie bang was die ander mense lag vir haar.
          D      daar niemand was met wie Rinatjie kon praat nie.                                     (1)

2.5      Die karakters se woorde sê vir ons hoe die karakters voel.

         Kies die emosie uit KOLOM B wat by die karakter se woorde in KOLOM A
         pas. Skryf net die vraagnommers (2.5.1 tot 2.5.4) en die letter (A–E) neer.

                          KOLOM A                                   KOLOM B
         2.5.1       ''... jy vra nie meer geld     A     Die kaartjiesverkoper het almal nie
                     nie – nie vir my nie en              dieselfde behandel nie.
                     ook nie vir Mamma nie.''
                                                    B     Rosa was lelik met Katrien.
         2.5.2       "Dis 'n rand vir jou."
                                                    C     Rinatjie se pa wou haar leer om
         2.5.3       ''Jy kan mos sommer                  mooi met geld te werk.
                     sien dat sy groot is ...''
                                                    D     Katrien was opgewonde.
         2.5.4       "Ek wil nooit weer ry nie!"
                                                    E     Rinatjie was hartseer oor die dinge
                                                          wat gebeur het.
                                                                                       (4 x 1)        (4)

2.6       Skryf die volgende gebeure onder mekaar oor in die korrekte VOLGORDE
          soos wat dit in die verhaal gebeur.

             Rinatjie het op 'n perdjie gery.
             Rinatjie het huilend huis toe gaan.
             Rinatjie se ouers het gesê sy mag mallemeule toe gaan.
             Rinatjie het geskrik vir die dinge wat die kaartjiesverkoper gedoen het.                (4)

2.7       Waarom was dit reg van Katrien om vir die kaartjiesverkoper te sê dat sy 'n
          kind is?                                                                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 10

Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2             10                         DBE/November 2024
                                       NSS (Wes-Kaap) Vertroulik

2.8       Waarom was dit verkeerd van die kaartjiesverkoper om Katrien te dwing om
          van die mallemeule af te spring?                                                           (1)

2.9       Watter les oor selfsugtigheid het jy by Rosa geleer?                                       (1)

2.10      Waarom kan 'n mens sê dat die slot goed by die verhaal pas?                                (1)

                                                 EN

VERHAAL B: "OM LAASTE TE KAN LAG" – Chris Barnard

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

TEKS D

... Die messe was geslyp, daardie stukkende stoel was reggemaak, die agterdeur wat
altyd so moeilik toegemaak het, kon weer sluit, die skarniere het nie meer gepiep nie,
en die buitekamer se dak sou nie meer lek nie.
 Oom Apie was nie lui nie. En ook nie betroubaar nie. 'n Afspraak moes jy nooit met
hom maak nie; hy kon oornag van plan verander. En sy stories moes jy met 'n knippie 5
sout neem; hy had 'n vrugbare verbeelding.
   Maar lag sou jy wel as hy in die geselskap is. Want al sy stories was snaaks, al het
hy nie self so gedink nie.
   Hy was kort van postuur en nogal geset en baie bles en bokant sy haakneus het 'n
draadraambrilletjie sy ruie wenkbroue uit sy ondeunde oë gehou. En daardie oë, ja – 10
hulle was altyd wakker en op soek na iets: 'n situasie om uit te buit, ...

2.11      VOLTOOI die volgende sinne. Skryf net die vraagnommers (2.11.1 tot 2.11.4)
          en die antwoord neer.

          2.11.1     Oom Apie het nie 'n vaste blyplek gehad nie, want hy het nooit ...
                     nie.                                                                            (1)

          2.11.2     Oom Apie het baie ... gehad en was oral welkom.                                 (1)

          2.11.3     Oom Apie het baie gestap; daarom het hy nooit ... geword nie.                   (1)

          2.11.4     Almal het gewonder waar Oom Apie sy ... gekry het, want hy was
                     altyd skoon en netjies aangetrek.                                               (1)

2.12      VOLTOOI die volgende sin deur 'n woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
          Skryf net die vraagnommer (2.12) en die antwoord neer.

                         'n metafoor;           klanknabootsing;      kontras

          "die skarniere het nie meer gepiep nie, ..." in reël 2 is 'n voorbeeld van ...             (1)

2.13      Waarom het oom Apie baie keer nie geld gekry vir die werkies wat hy gedoen
          het nie?                                                                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2             11                            DBE/November 2024
                                       NSS (Wes-Kaap) Vertroulik

2.14      Gee TWEE redes waarom oom Apie 'n stoel met hom saamgedra het.                               (2)

2.15      Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (2.15) en die
          letter (A–D) neer.

          "En sy stories moes jy met 'n knippie sout neem; ..." (Reël 5 en 6). Dit
          beteken dat oom Apie ...

          A    verskillende stories vertel het.
          B    altyd die waarheid gepraat het.
          C    stories vertel het wat nie altyd heeltemal waar was nie.
          D    stories vertel het waarvan die tannies nie gehou het nie.                               (1)

2.16      Almal het van oom Apie gehou.

          Kies die inligting uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf net
          die vraagnommers (2.16.1 tot 2.16.4) en die letter (A–E) neer.

                        KOLOM A                                      KOLOM B
          2.16.1     Oom Apie was baie               A      Aan die begin van elke maand het
                     anders as die ander                    hy sewe klein spoelklippies
                     mense in sy familie.                   ingesluk.

          2.16.2     Oom Apie het geglo hy           B      Oom Apie het homself uit die
                     moet sy maag gereeld                   krisis met sy jeugliefde gekry.
                     skoonhou.
                                                     C      Oom Apie het altyd geskud van
          2.16.3     Oom Apie se jeugliefde                 die lag vir sy eie grappe.
                     het 'n skatryk man verkies.
                                                     D      Oom Apie het niks van geld gehou
          2.16.4     Oom Apie is in sy slaap                nie.
                     oorlede.
                                                     E      Die kontrei se mense het baie
                                                            gepraat oor al die snaakse dinge
                                                            wat oom Apie gedoen het.
                                                                                       (4 x 1)         (4)

2.17      Oom Apie se jeugliefde was twintig jaar lank met die boer getroud.

          Gee 'n feit uit die verhaal om te motiveer waarom die stelling ONWAAR is.                    (1)

2.18      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die
          vraagnommers (2.18.1 en 2.18.2) en die antwoord neer.

          Aan die einde van hierdie verhaal is die toon (2.18.1) (vrolik/ernstig), want ons
          lees van oom Apie se begrafnis. Tog het almal geweet dat oom Apie
          (2.18.2) (dit so wou hê/nog nie gereed was om te sterf nie).                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 12

Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2             12                      DBE/November 2024
                                       NSS (Wes-Kaap) Vertroulik

2.19      Waarom kan 'n mens verstaan dat oom Apie sy lewe as 'n swerwer (drifter)
          geniet het?                                                                        (1)

2.20      Waarom was dit nie goed vir oom Apie dat hy al sy geheime vir sy jeugliefde
          vertel het nie?                                                                    (1)

2.21      Waarom kan jy respek hê vir die goeie verhouding tussen oom Apie en die
          verteller se ouers?                                                                (1)

2.22      Hoe help die skrywer jou om te verstaan dat oom Apie anders was?                   (1)

                                                                   TOTAAL AFDELING B:        40
                                                                       GROOTTOTAAL:          40

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-limpopo/26aacf8c-00c0-4205-878c-877b15cac8e7) — Afrikaans SAL · QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mpumalanga/26c425f4-fab1-4fd6-ba8c-3a9b802b4140) — Afrikaans SAL · QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-gauteng/a704e4e0-97b6-4d55-b45a-d72fa5efc84a) — Afrikaans SAL · QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG KwaZulu-Natal](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-kwazulu-natal/4431038d-7fcf-40be-a6b8-edbefc700aac) — Afrikaans SAL · Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Free State](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-free-state/c7fd6c22-a455-4a14-b3a8-b0f7dc2ba104) — Afrikaans SAL · Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Eastern Cape.doc](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-eastern-cape-doc/e2d571ef-166c-4cc0-bd54-afefc2b92940) — Afrikaans SAL · Memo · 2024 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans SAL

- [Gr 12 Afrikaans SAL ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-afrikaans-sal-atp-2023-24/62a5661c-7dee-400e-8d08-3944f9c721f0) — ATP · Afr
- [Afrikaans SAL P2 May-June 2023 MG](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-may-june-2023-mg/10b40ec7-ee9c-4023-a914-e298e45ce298) — Memo · 2023 · Afr
- [Afrikaans SAL P1 May-June 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-may-june-2023/823ad3bb-938b-47a5-a512-c081e7c25841) — QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 May-June 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-may-june-2023/0649fe6b-de17-4472-b0c1-64fdcdd16bc1) — QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans SAL P3 May-June 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p3-may-june-2023/f71f0bcc-c47f-4168-96f9-343fb0f5cc96) — QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans SAL P1 Nov 2023 MG](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-nov-2023-mg/c2f8f142-3b33-4fde-8b72-bf2a315fd3ed) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
