# Afrikaans SAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2023 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans SAL Paper 3 question paper from the NSC June Exam 2023, 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p3-may-june-2023/f71f0bcc-c47f-4168-96f9-343fb0f5cc96
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans SAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans SAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-sal) › [Afrikaans SAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2023 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p3-may-june-2023/f71f0bcc-c47f-4168-96f9-343fb0f5cc96)

## About this document

Afrikaans Sal · Grade 12 · NSC June Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                     GRAAD 12

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V3

                                         2023

                                                                       PUNTE: 80

                                                                     TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3            2                                     DBE/2023
                                             SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

          AFDELING A:        Opstel                             (40)
          AFDELING B:        Lang transaksionele teks           (20)
          AFDELING C:        Kort transaksionele teks           (20)

2.        Beantwoord EEN vraag uit ELKE afdeling.

3.        Skryf in die taal wat geassesseer word.

4.        Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

5.        BEPLANNING, REDIGERING EN PROEFLEES:

               Jy moet jou skryfstukke beplan, redigeer en proeflees.
               Gebruik, byvoorbeeld 'n kopkaart, vloeidiagram, sleutelwoorde, ens. vir
                jou beplanning.
               Doen elke keer beplanning VOORDAT jy die finale produk skryf.
               Dui die beplanning duidelik aan.
               TREK 'N STREEP DEUR DIE BEPLANNING NADAT JY DIE FINALE
                PRODUK GESKRYF HET.

6.        Beplan jou tyd só:

          AFDELING A:        75 minute
          AFDELING B:        38 minute
          AFDELING C:        37 minute

7.        Nommer elke skryfstuk korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

8.        Skryf die vraagnommer en die titel neer.

9.        Skryf jou eie titel neer as jy oor 'n prent (VRAAG 1.5, 1.6, 1.7 of 1.8) skryf.

10.       Moenie die titel bytel wanneer jy die aantal woorde tel nie.

11.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3           3                              DBE/2023
                                            SS/NSS

AFDELING A: OPSTEL

Skryf 'n opstel van 200–250 woorde oor EEN van die onderwerpe in VRAAG 1.1
tot 1.8. Skryf die vraagnommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan.
By VRAAG 1.5, 1.6, 1.7 OF 1.8 moet jy jou eie TITEL gee. Jou opstel moet met die
prent verband hou.

VRAAG 1

1.1       EK HET LEKKER VERJAAR!

          'n Verjaarsdag is 'n baie spesiale dag in 'n mens se lewe.

          Skryf 'n opstel en vertel van jou lekker verjaarsdag.

          Dink aan die volgende:

             Hoe oud was jy?
             Wat het jy op jou verjaarsdag gedoen?
             Waar het jy jou verjaarsdag gehou en wie was daar?
             Watter geskenke het jy gekry?                                                 [40]

1.2       DIT IS WIE EK IS

          Skryf 'n opstel en vertel van jouself.

          Dink aan die volgende:

             Hoe lyk jy?
             Waarvan hou jy van jouself?
             Waarvan hou jy nie van jouself nie?
             Wat sou jy verander as jy kan?                                                [40]

1.3       TOE EK BY DIE HUIS KOM …

          Eendag toe jy by die huis kom, het daar iets gebeur.

          Skryf 'n opstel en vertel wat daardie dag gebeur het.

          Dink aan die volgende:

             Wanneer het dit gebeur?
             Wat het gebeur?
             Hoe het dit jou laat voel?
             Wat het daarna gebeur?                                                        [40]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3           4                                       DBE/2023
                                            SS/NSS

1.4       LEEF GESOND

          Dit is baie belangrik om gesond (healthy) te leef.

          Skryf 'n opstel en vertel hoe om gesond te leef.

          Dink aan die volgende:

             Hoekom is dit nodig om gesond te leef?
             Watter soorte kos is goed vir jou en watter kos is nie goed vir jou nie?
             Watter oefening moet jy doen?
             Wat kan jy nog doen om gesond te leef?                                                [40]

1.5

                                                                    [Uit: missearthsa.co.za]        [40]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3      5                               DBE/2023
                                       SS/NSS

1.6

                                                [Uit: gettyimages.com]               [40]

1.7

                                                    [Uit: photolia.com]              [40]

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3      6                         DBE/2023
                                       SS/NSS

1.8

                                                [Uit: Google images.com]         [40]

                                                TOTAAL AFDELING A:               40

Kopiereg voorbehou                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3         7                                    DBE/2023
                                          SS/NSS

AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS

Skryf 80–100 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe.
Skryf die vraagnommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan.

VRAAG 2

2.1       VRIENDSKAPLIKE BRIEF

          Jy het baie planne vir jou toekoms na hierdie eksamen.

          Skryf 'n vriendskaplike brief aan jou maat. Vertel vir jou maat wat jou
          toekomsplanne is.

          Dink aan die volgende:

             Wat gaan jy na hierdie eksamen doen?
             Hoekom wil jy dit doen?
             Hoe gaan jy dit doen?                                                             [20]

2.2       FORMELE BRIEF

          'n Skelm het jou selfoon gegryp. 'n Polisieman het gesien wat gebeur het.
          Hy het die skelm gevang en jou selfoon teruggekry.

          Skryf 'n formele brief aan die hoof van die polisiestasie. Vertel vir hom/haar
          wat gebeur het en sê dankie vir die goeie diens.

          Gebruik die volgende adres:

          Die Polisiehoof
          Berea Polisiestasie
          Posbus 1634
          Johannesburg
          0002

          Dink aan die volgende:

             Wie was die polisieman en waar het die insident gebeur?
             Watter goeie dinge het die polisieman vir jou gedoen?
             Hoekom is jy dankbaar hiervoor?                                                   [20]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3          8                                   DBE/2023
                                           SS/NSS

2.3       DIALOOG

          Jou ouers het nie genoeg geld om jou te laat studeer nie. Jy het 'n beurs
          (bursary) gekry om te gaan studeer.

          Skryf die gesprek tussen jou en jou ouer (ma/pa) neer. Vertel vir jou ouer(s) van
          die goeie nuus.

          Dink aan die volgende:

             Wat is die goeie nuus?
             Hoe voel jy oor die goeie nuus?
             Hoe voel jou ouer(s) oor die goeie nuus?

          Begin die gesprek só:

           Ek:          Ek het baie goeie nuus.

           Ouer:        Wat?

           Ek:          …

           Ouer:        …

          LET WEL: Laat 'n reël na elke spreekbeurt oop.                                        [20]

2.4       TOESPRAAK

          Een van julle onderwysers het 'n pos as skoolhoof by 'n ander skool gekry.
          Jy moet 'n toespraak lewer om hom/haar geluk te wens en voorspoed toe te
          wens vir die nuwe pos.

          Skryf die toespraak.

          Dink aan die volgende:

             Wat is die rede vir jou toespraak?
             Watter goeie dinge het die onderwyser vir julle gedoen?
             Wat is julle goeie wense vir die onderwyser se toekoms?                           [20]

                                                                TOTAAL AFDELING B:              20

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3            9                                    DBE/2023
                                             SS/NSS

AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS

Skryf 60–80 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe.
Skryf die vraagnommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan.

VRAAG 3

3.1      STROOIBILJET

         Jou dorp se munisipaliteit wil hê toeriste (tourists) moet julle area besoek.

         Ontwerp 'n strooibiljet wat toeriste na julle area sal laat kom.

         Dink aan die volgende:

            Watter plekke kan die toeriste besoek?
            Hoekom is dit goed om hierdie plekke te besoek?
            Waar kan die toeriste meer inligting kry?

         LET WEL: Punte word vir inhoud toegeken, NIE vir versiering NIE.                       [20]

3.2     KORT TEKSBOODSKAP (SMS)

        Jy wil saam met jou maats gaan vakansie hou. Jy het geld nodig. Jy vra vir jou
        ouer broer/suster om jou te help.

        Skryf 'n kort teksboodskap vir jou ouer broer/suster en vra vir geld.

        Dink aan die volgende:

            Waarom het jy die geld nodig?
            Wat gaan jy alles met die geld betaal?
            Vra dat jou broer/suster jou moet antwoord.

        LET WEL: Jy mag NIE sleng of sms-taal gebruik NIE.                                      [20]

3.3     INSTRUKSIES

        Jy kry altyd goeie punte op jou rapport. Jou maat het jou gevra om vir
        hom/haar instruksies neer te skryf hoe om vir die eksamen te leer.

        Skryf die instruksies in volsinne en puntsgewys neer.

        Voorbeeld:

        1.      Soek 'n stil plek waar jy kan leer.
        2.
        3.                                                                                      [20]

                                                                  TOTAAL AFDELING C:            20
                                                                      GROOTTOTAAL:              80

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans SAL P1 May-June 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-may-june-2023/823ad3bb-938b-47a5-a512-c081e7c25841) — Afrikaans SAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 May-June 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-may-june-2023/0649fe6b-de17-4472-b0c1-64fdcdd16bc1) — Afrikaans SAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans SAL P3 Nov 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p3-nov-2023/19faa055-e123-4289-96b4-1980820ff57d) — Afrikaans SAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 May-June 2023 MG](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-may-june-2023-mg/10b40ec7-ee9c-4023-a914-e298e45ce298) — Afrikaans SAL · Memo · 2023 · Afr
- [Afrikaans SAL P1 Nov 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-nov-2023/41f7980c-7ef9-47c1-ab4b-214ad29b71eb) — Afrikaans SAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2023 North West](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2023-north-west/4eb4a4e9-13c6-4fe1-8ebf-593d3fd8654b) — Afrikaans SAL · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans SAL

- [Gr 12 Afrikaans SAL ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-afrikaans-sal-atp-2023-24/62a5661c-7dee-400e-8d08-3944f9c721f0) — ATP · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-mpumalanga/a1407f79-0048-4a4c-a2fb-7c9aafc01a02) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-gauteng/204b3998-388d-4312-a14d-bc43b1529599) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-limpopo/4ecca3ab-b049-455c-97a9-e508bbd3107d) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG KwaZulu-Natal](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-kwazulu-natal/4431038d-7fcf-40be-a6b8-edbefc700aac) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Free State](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-free-state/c7fd6c22-a455-4a14-b3a8-b0f7dc2ba104) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
