# Afrikaans SAL Grade 12 P3 NSC November Exams 2021 QP

> Grade 12 Afrikaans SAL Paper 3 question paper from the NSC November Exams 2021, 10 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p3-nov-2021/474b3fa2-917f-4a73-9272-00c98d878d7b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans SAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC November Exams
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans SAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-sal) › [Afrikaans SAL Grade 12 P3 NSC November Exams 2021 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p3-nov-2021/474b3fa2-917f-4a73-9272-00c98d878d7b)

## About this document

Afrikaans Sal · Grade 12 · NSC November Exams · 2021 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                      GRAAD 12

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V3

                                 NOVEMBER 2021

PUNTE: 80

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3           2                            DBE/November 2021
                                              NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

          AFDELING A:        Opstel                                (40)
          AFDELING B:        Lang transaksionele teks              (20)
          AFDELING C:        Kort transaksionele teks              (20)

2.        Beantwoord EEN vraag uit ELKE afdeling.

3.        Skryf in die taal wat geassesseer word.

4.        Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

5.        BEPLANNING, REDIGERING EN PROEFLEES:

               Jy moet jou skryfstukke beplan, redigeer en proeflees.
               Gebruik bv. 'n kopkaart, vloeidiagram of sleutelwoorde vir jou
                beplanning.
               Doen elke keer beplanning VOORDAT jy die finale produk skryf.
               Dui die beplanning duidelik aan.
               TREK 'n STREEP DEUR DIE BEPLANNING NADAT JY DIE FINALE
                PRODUK GESKRYF HET.

6.        Beplan jou tyd só:

          AFDELING A:        75 minute
          AFDELING B:        38 minute
          AFDELING C:        37 minute

7.        Nommer elke skryfstuk soos wat dit in die vraestel genommer is.

8.        Skryf die vraagnommer en die titel neer.

9.        Skryf jou eie titel neer as jy oor 'n prent in VRAAG 1.5 skryf.

10.       Moenie die titel bytel as jy die getal woorde tel nie.

11.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3          3                         DBE/November 2021
                                             NSS

AFDELING A: OPSTEL

Skryf 'n opstel van 200–250 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe.
Skryf die vraagnommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan.

VRAAG 1

1.1       DIT HET MY GELUKKIG GEMAAK

          Daar het iets gebeur wat jou gelukkig gemaak het.

          Skryf 'n opstel en vertel wat gebeur het.

          Dink aan die volgende:

             Wat het gebeur?
             Waar en wanneer het dit gebeur?
             Hoe het dit gebeur?
             Hoekom het dit jou gelukkig gemaak?                                               [40]

1.2       DIE DAG TOE EK EN MY MAAT GESTRY HET

          Jy en jou maat stem oor baie dinge saam. Toe gebeur daar eendag iets wat
          gemaak het dat julle met mekaar gestry (argue) het.

          Skryf 'n opstel en vertel wat gebeur het.

          Dink aan die volgende:

             Waaroor het julle gestry?
             Waar en wanneer het dit gebeur?
             Wat het daarna gebeur?
             Hoe voel jy oor dit wat gebeur het?                                               [40]

1.3       EK HET DIEWE SE PLAN LAAT MISLUK

          Terwyl jy op pad huis toe was, het jy gehoor hoe diewe beplan om 'n vrou se
          handsak te gryp. Jy het gesorg dat hierdie diewe nie hul plan kon uitvoer nie.

          Skryf 'n opstel en vertel wat gebeur het.

          Dink aan die volgende:

             Wanneer en waar het jy hierdie gesprek gehoor?
             Wat het die diewe gesê of beplan?
             Wat het jy gedoen?
             Hoe voel jy oor dit wat gebeur het?                                               [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3          4                             DBE/November 2021
                                             NSS

1.4       SPORT IS GOED VIR 'n MENS

          Sport is goed vir 'n mens se liggaam (body) en gees (spirit).

          Skryf 'n opstel en vertel hoekom jy dink dat sport goed vir 'n mens is.

          Dink aan die volgende:

             Hoekom is sport goed vir 'n mens se liggaam?
             Hoekom is sport goed vir 'n mens se gees?
             Hoe kan die sport wat jy beoefen jou help?
             Hoe kan jy ander mense motiveer om aan sport deel te neem?                            [40]

1.5       Kies EEN van die volgende prente en skryf 'n opstel daaroor.
          Skryf die VRAAGNOMMER van die opstel neer en gee jou opstel 'n TITEL.
          Jou opstel moet met die prent verband hou.

          1.5.1

                                                                                                    [40]
                                                                          [Uit: getty images.com]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3    5       DBE/November 2021
                                       NSS

          1.5.2

                                                   [Uit: photolia.com]   [40]

          1.5.3

                                             [Uit: google images.com]    [40]

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3    6            DBE/November 2021
                                       NSS

          1.5.4

                                                [Verwerk uit wikihow.com]    [40]

                                             TOTAAL AFDELING A:              40

Kopiereg voorbehou                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3         7                           DBE/November 2021
                                            NSS

AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS

Skryf 80–100 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe.
Skryf die vraagnommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan.

VRAAG 2

2.1       VRIENDSKAPLIKE BRIEF

          Jou maat het baie hard geleer en 'n beurs (bursary) ontvang om te gaan
          studeer.

          Skryf 'n vriendskaplike brief aan jou maat waarin jy hom/haar gelukwens en
          motiveer om aan te hou om hard te werk.

          Dink aan die volgende:

             Waarom skryf jy die brief aan jou maat?
             Wat gaan jou maat met die beurs doen?
             Hoe sal jy jou maat kan motiveer om aan te hou om hard te werk?                   [20]

2.2       FORMELE BRIEF

          Die paaie in jou omgewing is in 'n swak toestand.

          Skryf 'n formele brief aan die munisipale bestuurder waarin jy oor die swak
          toestand van die paaie kla. Sê hoe jy dink die munisipaliteit dit kan verbeter.

          Gebruik die volgende adres:

                         Die Munisipale Bestuurder
                         Posbus 5713
                         Upington
                         5000

          Dink aan die volgende:

             Waar in jou omgewing is die paaie so swak?
             Wat maak die paaie so swak?
             Wat stel jy voor kan/moet die munisipaliteit doen om die situasie te
              verbeter?                                                                         [20]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3          8                          DBE/November 2021
                                             NSS

2.3       DIALOOG

          Jy het besluit jy wil 'n tatoeëermerk (tattoo) hê en jy wil hoor wat jou ma
          daarvan dink.

          Skryf die gesprek tussen jou en jou ma neer.

          Begin die gesprek só:

           Ek:       Ma, ek het besluit ek wil 'n tatoeëermerk hê.

           Ma:       Wat? 'n Tatoeëermerk?

           Ek:       ...

           Ma:       ...

          LET WEL: Laat 'n reël na elke spreekbeurt oop.                                    [20]

2.4       RESENSIE

          'n Jong sanger het 'n nuwe CD gemaak.

          Skryf 'n resensie vir die plaaslike koerant oor die nuwe CD.

          Dink aan die volgende:

             Wie is die sanger en wat is die naam van die CD?
             Wat dink jy van die musiek op die CD?
             Sal jy vir mense sê om die CD te koop en waarom?                                  [20]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:             20

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3         9                          DBE/November 2021
                                            NSS

AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS

Skryf 60–80 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe.
Skryf die vraagnommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan.

VRAAG 3

3.1       PLAKKAAT

          Die plaaslike dansklub gaan 'n danskompetisie in julle gemeenskapsaal hou.
          Die leier van die dansklub het vir jou gevra om 'n plakkaat te maak om die
          danskompetisie te adverteer.

          Maak 'n plakkaat om hierdie danskompetisie te adverteer.

          Dink aan die volgende:

             Die inligting wat op die plakkaat moet verskyn.
             Die korrekte formaat vir 'n plakkaat.

          LET WEL: Punte word vir inhoud toegeken, NIE vir versierings NIE.                     [20]

3.2       DAGBOEKINSKRYWINGS

          Jy het geregistreer vir jou inenting teen Covid-19. Jy moes kliniek toe gaan vir
          jou inenting (vaccination).

          Skryf in jou dagboek hieroor. Jy moet TWEE inskrywings maak:

             Die dag vóór die inenting
             Die dag ná die inenting

          Dink aan die volgende:

             Hoe het jy die dag vóór die inenting gevoel?
             Hoe het jy ná die inenting gevoel?                                                [20]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3           10                      DBE/November 2021
                                              NSS

3.3       RIGTINGAANWYSINGS

         Jou oom het per bus stad toe gekom om 'n sokkerwedstryd by te woon. Hy het
         by die bushalte afgeklim. Hy stap van die bushalte af tot by die hotel waar hy
         bly.

         Verduidelik aan jou oom hoe om van die bushalte af tot by die hotel te kom.
         Volg die pyltjies op die roetekaart hieronder. Gebruik straatname, bakens en
         rigtingaanwysers. Skryf die aanwysings puntsgewys neer.

         Begin só:

          1. Stap in Noordstraat af tot by ... .
          2. ...
          3. ...

                                                                                           [20]

                                                              TOTAAL AFDELING C:           20
                                                                  GROOTTOTAAL:             80

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans SAL P2 Nov 2021 Eastern Cape](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2021-eastern-cape/b945e351-e574-4ce9-a701-3075fe735b70) — Afrikaans SAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2021 North West](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2021-north-west/f70ac039-a466-45f8-96b5-5a6256df28fc) — Afrikaans SAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2021 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2021-mpumalanga/2f6183d9-f3c4-49d2-ba93-73b2568111bf) — Afrikaans SAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2021 Free State](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2021-free-state/c499052a-5da9-4109-a951-8dcd12f5ddce) — Afrikaans SAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2021 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2021-gauteng/22fab3b7-76e1-4729-8eaf-972a3d6dfd8c) — Afrikaans SAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2021 Northern Cape](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2021-northern-cape/2a672b0a-1519-4c84-9f92-71f2fa9b4779) — Afrikaans SAL · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans SAL

- [Gr 12 Afrikaans SAL ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-afrikaans-sal-atp-2023-24/62a5661c-7dee-400e-8d08-3944f9c721f0) — ATP · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-mpumalanga/a1407f79-0048-4a4c-a2fb-7c9aafc01a02) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-gauteng/204b3998-388d-4312-a14d-bc43b1529599) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-limpopo/4ecca3ab-b049-455c-97a9-e508bbd3107d) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG KwaZulu-Natal](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-kwazulu-natal/4431038d-7fcf-40be-a6b8-edbefc700aac) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Free State](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-free-state/c7fd6c22-a455-4a14-b3a8-b0f7dc2ba104) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
