# Afrikaans SAL Grade 12 P3 NSC November 2023 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans SAL Paper 3 question paper from the NSC November Exam 2023, 10 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p3-nov-2023/19faa055-e123-4289-96b4-1980820ff57d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans SAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans SAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-sal) › [Afrikaans SAL Grade 12 P3 NSC November 2023 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p3-nov-2023/19faa055-e123-4289-96b4-1980820ff57d)

## About this document

Afrikaans Sal · Grade 12 · NSC November Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V3

                               NOVEMBER 2023

PUNTE: 80

TYD: 2½ uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3           2                            DBE/November 2023
                                              NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

          AFDELING A:        Opstel                             (40)
          AFDELING B:        Lang transaksionele teks           (20)
          AFDELING C:        Kort transaksionele teks           (20)

2.        Beantwoord EEN vraag uit ELKE afdeling.

3.        Skryf in die taal wat geassesseer word.

4.        Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

5.        BEPLANNING, REDIGERING EN PROEFLEES:

             Jy moet jou skryfstukke beplan, redigeer en proeflees.
             Gebruik vir jou beplanning byvoorbeeld 'n kopkaart, vloeidiagram,
              sleutelwoorde, ens.
             Doen beplanning elke keer VOORDAT jy die finale produk skryf.
             Dui die beplanning duidelik aan.
             TREK 'N STREEP DEUR DIE BEPLANNING NADAT JY DIE FINALE
              PRODUK GESKRYF HET.

6.        Beplan jou tyd só:

          AFDELING A:        75 minute
          AFDELING B:        38 minute
          AFDELING C:        37 minute

7.        Nommer elke skryfstuk korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

8.        Skryf die vraagnommer en die titel neer.

9.        Skryf jou eie titel neer as jy oor 'n prent (VRAAG 1.5, 1.6, 1.7 of 1.8) skryf.

10.       Moenie die titel bytel wanneer jy die aantal woorde tel nie.

11.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3          3                           DBE/November 2023
                                             NSS

AFDELING A: OPSTEL

Skryf 'n opstel van 200–250 woorde oor EEN van die onderwerpe in VRAAG 1.1 tot 1.8.

Skryf die vraagnommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan. By VRAAG 1.5,
1.6, 1.7 OF 1.8 moet jy jou eie TITEL gee.

Jou opstel moet met die prent verband hou.

VRAAG 1

1.1       DAARDIE DAG HET MY SELFOON MY GEHELP

          Daar het eendag iets sleg (something bad) met jou gebeur en jy het jou
          selfoon gebruik om hulp te kry.

          Skryf 'n opstel en vertel wat gebeur het en hoe jou selfoon jou gehelp het.

          Dink aan die volgende:

             Wat het gebeur?
             Waar en wanneer het dit gebeur?
             Hoe het dit gebeur?
             Hoe het jou selfoon jou gehelp?                                                      [40]

1.2       EK HET GEWEN!

          Jy het aan 'n TikTok-kompetisie deelgeneem en gewen.

          Skryf 'n opstel en vertel van die kompetisie en wat jy gewen het.

          Dink aan die volgende:

             Wat het jy in die kompetisie gedoen?
             Watter prys het jy gewen?
             Waarom, dink jy, het jý gewen?
             Hoe het die kompetisie en die prys jou lewe beter gemaak?                            [40]

1.3       EK HET GOEIE VRIENDE

          Jy het goeie vriende.

          Skryf 'n opstel en vertel van jou goeie vriende.

          Dink aan die volgende:

             Wie is jou vriende?
             Hoe lank is julle al vriende?
             Wat doen jy en jou vriende saam?
             Waarom is julle goeie vriende?                                                       [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3           4                            DBE/November 2023
                                              NSS

1.4       EK HET GELEER OM NIE TE LIEG NIE

          Dit is nie altyd maklik om die waarheid te praat (to tell the truth) nie, veral as
          jy in die moeilikheid kan kom.

          Skryf 'n opstel en vertel hoe jy geleer het dat 'n mens nie moet lieg (lie) nie.

          Dink aan die volgende:

             Waaroor het jy gelieg?
             Waar en wanneer het jy gelieg?
             Wat het gebeur na jy gelieg het?
             Waarom is dit 'n goeie les wat jy geleer het?                                         [40]

1.5

                                                                         [Uit: Shutterstock.com]    [40]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3    5         DBE/November 2023
                                       NSS

1.6

                                             [Uit: google images.com]     [40]

1.7

                                                     [Uit: iStock.com]    [40]

Kopiereg voorbehou                                   Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3    6           DBE/November 2023
                                       NSS

1.8

                                                  [Uit: vectorstock.com]    [40]

                                             TOTAAL AFDELING A:             40

Kopiereg voorbehou                                     Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3         7                            DBE/November 2023
                                            NSS

AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS

Skryf 80–100 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe.
Skryf die vraagnommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan.

VRAAG 2

2.1       VRIENDSKAPLIKE BRIEF

          Jy beplan 'n vakansie na die eksamen. Jy wil hê jou maat moet lekker dinge
          saam met jou doen.

          Skryf 'n vriendskaplike brief aan jou maat. Nooi jou maat uit om vir 'n paar
          dae in die vakansie by jou te kom kuier. Vertel vir jou maat watter planne jy
          het.

          Dink aan die volgende:

             Wanneer kan die maat vir jou kom kuier?
             Wat is jou planne vir die vakansie?
             Waarom sal dit vir jou lekker wees as jou maat kom kuier?                          [20]

2.2       FORMELE BRIEF

          Die skoolhoof en onderwysers het julle klas baie gehelp sodat almal matriek
          kon slaag.

          Skryf 'n formele brief aan die skoolhoof. Sê vir hom/haar en die onderwysers
          dankie vir alles wat hulle vir julle matriekklas gedoen het.

          Gebruik die volgende adres:

          Die Skoolhoof
          Hoërskool Voorspoed
          Posbus 190
          Johannesburg
          0001

          Dink aan die volgende:

             Wat is die doel van die brief?
             Wat het die skoolhoof en onderwysers gedoen om julle te help?
             Wat kan jy sê om die hoof en onderwysers te motiveer (motivate) om aan
              te hou om leerders te help?                                                        [20]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3          8                           DBE/November 2023
                                             NSS

2.3       DIALOOG

          Jy het 'n pizza by Perfect Pizza gekoop. Terwyl jy die pizza geëet het, het jy 'n
          stuk plastiek raakgebyt. Jy het teruggegaan Perfect Pizza toe om by die
          bestuurder hieroor te kla.

          Skryf die gesprek tussen jou en die bestuurder van Perfect Pizza neer.

          Begin die gesprek só:

           Ek:              Goeiemôre, Meneer. Ek wil graag met die bestuurder praat.

           Bestuurder:      Môre. Ek ís die bestuurder. Wat kan ek vir jou doen?

           Ek:              ...

           Bestuurder:      ...

          LET WEL: Laat 'n reël na elke spreekbeurt oop.                                          [20]

2.4       TOESPRAAK

          Daar het die afgelope drie jaar baie dinge in julle familie gebeur. Party dinge
          was goed en ander dinge was nie so goed vir julle nie.

          Julle hou 'n groot familiebyeenkoms (family gathering). Jy moet 'n toespraak
          lewer om die familie moed in te praat (to encourage) vir die toekoms.

          Skryf die toespraak.

          Dink aan die volgende:

             Wat is die rede vir jou toespraak?
             Watter goeie en slegte dinge het gebeur?
             Wat is jou goeie wense vir die familie se toekoms?                                  [20]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:               20

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3          9                       DBE/November 2023
                                             NSS

AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS

Skryf 60–80 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe.
Skryf die vraagnommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan.

VRAAG 3

3.1      ADVERTENSIE

         Jy het 'n spaza-winkel by jou huis begin.

         Skryf 'n advertensie om jou spaza-winkel te adverteer.

         Dink aan die volgende:

            Waar is die spaza-winkel en wat verkoop jy alles?
            Wanneer gaan die spaza-winkel oop wees?
            Wie is die kontakpersoon en wat is sy/haar kontakbesonderhede?

         LET WEL: Punte word vir inhoud toegeken, NIE vir versiering NIE.                       [20]

3.2     KORT TEKSBOODSKAP (WhatsApp)

        Jou maat was nie by die skool nie, want sy was siek. Sy het jou gevra om vir
        haar 'n WhatsApp-boodskap te stuur oor die huiswerk wat julle moet doen.

        Skryf 'n WhatsApp-boodskap vir jou maat.

        Dink aan die volgende:

            Vra vir jou maat hoe dit met haar gaan.
            Watter huiswerk moet julle alles doen?
            Stuur goeie wense vir jou maat.

        LET WEL: Jy mag nie sleng of sms-taal gebruik nie.                                      [20]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3                              10                                               DBE/November 2023
                                                                 NSS

3.3       RIGTINGAANWYSINGS

          'n Nuwe onderwyser by die skool moet 'n siek kind kliniek toe vat. Verduidelik
          vir die onderwyser hoe om van die skool af tot by die kliniek te kom.

          Volg die pyltjies op die roetekaart hieronder.

          Gebruik straatname, bakens en woorde wat rigting aandui.

          Skryf die rigtingaanwysings puntsgewys neer.

          Begin só:

          1. Gaan by die skoolhek uit en draai links in Alwynstraat.
          2. …
          3. …

                Bushalte

                                              Skool                                                           Sokkerveld
                                              X                                              Alwynstraat
                                                                                         Speelpark

                                                                            Tulpstraat

                Jasmynstraat

                                              Leliestraat
                                                            Poskantoor                    Petrolstasie
                Vygiestraat

                                                                                                     Malvastraat
                                                                                                                   Kerk
                Proteastraat
                Kliniek                                     Polisiestasie

                                 Blomstraat
                Kliniek

          LET WEL:
          mall: winkelsentrum

                                                                                              TOTAAL AFDELING C:                       20
                                                                                                  GROOTTOTAAL:                         80

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans SAL P1 Nov 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p1-nov-2023/41f7980c-7ef9-47c1-ab4b-214ad29b71eb) — Afrikaans SAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2023 North West](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2023-north-west/4eb4a4e9-13c6-4fe1-8ebf-593d3fd8654b) — Afrikaans SAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2023 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2023-limpopo/4e01cc49-1206-471f-a569-e110e8d22a68) — Afrikaans SAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2023 Western Cape](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2023-western-cape/5e20a395-dd0b-4ddc-b7d0-1157d567d3c0) — Afrikaans SAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2023 Eastern Cape](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2023-eastern-cape/6a7a3463-9116-4bfc-b48d-572f4aca1c40) — Afrikaans SAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2023 Northern Cape](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2023-northern-cape/8bb1edf1-3741-4036-8b71-6a4980cbd089) — Afrikaans SAL · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans SAL

- [Gr 12 Afrikaans SAL ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-afrikaans-sal-atp-2023-24/62a5661c-7dee-400e-8d08-3944f9c721f0) — ATP · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-mpumalanga/a1407f79-0048-4a4c-a2fb-7c9aafc01a02) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-gauteng/204b3998-388d-4312-a14d-bc43b1529599) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-limpopo/4ecca3ab-b049-455c-97a9-e508bbd3107d) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG KwaZulu-Natal](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-kwazulu-natal/4431038d-7fcf-40be-a6b8-edbefc700aac) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Free State](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-free-state/c7fd6c22-a455-4a14-b3a8-b0f7dc2ba104) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
