# Afrikaans Fal Grade 5 ANA 2011 Question Paper (Afrikaans)

> Grade 5 Afrikaans Fal question paper from the ANA 2011 (Afrikaans), 10 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-taal-graad-5/2bd55105-434b-4704-a709-877f04a58e55
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans Fal
- Grade: Grade 5
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2011
- Exam period: ANA
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 5](https://www.hlayiso.com/library/grade-5) › [Afrikaans Fal](https://www.hlayiso.com/library/grade-5/afrikaans-fal) › [Afrikaans Fal Grade 5 ANA 2011 Question Paper (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-taal-graad-5/2bd55105-434b-4704-a709-877f04a58e55)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 5 · ANA · 2011 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                                                    LEERDER NOMMER

Nkelea                                        2010 JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERINGS
nkelea                                                   GRAAD 5 TAAL: AFRIKAANS

VAN                                                     GESLAG (MERK )     SEUN     DOGTER

NAAM                                                    PROVINSIE

GEBOORTEDATUM

SKOOL SE NAAM
EMIS NR.
                                                        DISTRIK / STREEK

Instruksies aan leerders:
   1. Lees al die instruksies deeglik.
   2. Beantwoord al die vrae in die spasies wat voorsien is.
   3. Hierdie toets duur 60 minute.
   4. Jou onderwyser/es gaan jou help om die voorbeeldoefeninge te beantwoord voordat jy die
      toets begin.

         Voorbeeldoefeninge

         Voorbeeld 1

         Omkring die letter met die regte antwoord.

            Koeie voorsien ons van ...

                  A. kaas.
                  B. botter.
                  C. melk.
                  D. roomys.

         Jy het die vraag reg geantwoord as jy c omkring het.

                                                    1

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com

             2

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com

Voorbeeld 2

Die volgende sinne vertel ons hoe om ‘n koppie tee te maak.
 Nommer die sinne van 1 tot 3 wat die volgorde, “Hoe om ‘n koppie tee te maak”, sal
aandui.

a)       Ek gooi kookwater in die koppie.                    3
b)       Ek skakel die ketel aan sodat die water kan kook.   1
c)       Ek plaas ‘n teesakkie in ‘n koppie.                 2

Jy het die vraag reg geantwoord as jy die nommers met die regte volgordes in die
blokkies geskryf het.

Nota:
     •   In hierdie toets sal jy nog meer van hierdie soort vrae moet beantwoord.
     •   Probeer jou bes wanneer jy die vrae antwoord en skryf jou beste antwoord neer.
     •   Gaan voort met die volgende vraag selfs al is jy onseker van jou antwoord.
     •   Blaai na die volgende bladsy, nadat jy al die vrae op ‘n bladsy geantwoord het.
     •   As jy voor die tyd klaar is met die toets kan jy teruggaan na die vrae wat jy nie
         kon antwoord nie.
     •   Kyk slegs na jou eie werk.

                         Die toets begin op die volgende bladsy.

                                               3

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com

Lees die volgende storie en beantwoord vrae 1 tot 10.

“Joe, verlaat onmiddelik die veld!” skreeu die skeidsregter wat aan die oorkant van die
sokkerveld staan. “ Jy ken die veiligheidsreëls: Geen spel as jy nie skoene en beenskutte
dra nie!” Joe loop van die veld af, en loer nie eers om, om te sien wie na hom staar nie. Hy
gaan sit maar net langs langs die veld. Hy het geen belang met wat op die veld aangaan
nie.

Woensdag tydens sokkeroefening bly Joe maar by die huis en ontwyk so die ander
spanlede. Een persoon wat hy egter nie kan ontwyk nie was sy ouma. Sy probeer uitvind
hoekom hy nie soos gewoonlik by die oefening is nie. “Dit dien geen doel nie, Ouma. Die
skeidsregters sal my nie toelaat sonder sokkerskoene en beenskutte nie. Dit is sommer net
verspotte veiligheidsreëls!” antwoord Joe uit woede en teleurstelling. Ouma gee haar
kleinseun ‘n groot drukkie en sê niks.

Saterdagoggend sug Joe net en trek al die beddegoed oor sy kop. Hy is hartseer omdat hy
nie die sokkeroefening kan bywoon nie. Net toe hoor hy sy deur oopgaan. Ouma herinner
hom dat sy span vir hul doelskopper wag. “Ouma, jy weet dat ek nie die volgende wedstryd
kan bywoon nie. Hoekom nou moeite doen om te oefen?” sê Joe. Ouma ignoreer sy
norsheid en vra hom om sy oë toe te maak en sy hande uit te steek. Hy voel ‘n swaar
pakkie wat in sy hande geplaas word. Hy maak dit onmiddelik oop en ‘n splinternuwe paar
sokkerskoene loer vir hom.

Joe pas hulle dadelik aan en vra, “Ouma, waar kom die geld vir hierdie skoene vandaan?
Het Ouma, Ouma se pensioengeldjies gebruik?” “Nee my kind”, antwoord sy. “Ouma is ‘n
wyse ou vrou. Ek het ‘n gedeelte van my pensioengeld elke maand in ‘n spaarrekening
gespaar. Die bank het my geld veilig gehou en somtyds geld bygevoeg, wat rente genoem
word. Dit is die bank se manier om dankie te sê dat ek my geld by hul gespaar het”
verduidelik Ouma “Dankie Ouma! Jy is wonderlik!”

Aangepas vanaf: Spaar vir ‘n beter môre: ‘n Spaar veldtog vir Laerskole. ABSA 2009

1.     Merk  die regte woord in hakies.

       Joe was (bly / ongelukkig / moeg) omdat hy nie toegelaat was tot die              (1)
       oefening nie.

                                            4

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com

2.    Skryf ‘n uitdrukking/ sin uit die storie om die emosie (gevoel) in vraag 1
      te beskryf.
                                                                                       (1)

3.    Oorsaak en gevolg beteken dat as jy een ding doen, dit iets anders sal laat gebeur.

      Voorbeeld:
      Oorsaak: Jy leer nie jou skoolwerk nie.
      Gevolg: Jy gaan aan die einde van die jaar druip.

      Skryf in elke geval ‘n oorsaak neer van die gevolg wat gegee word.

3.1   Oorsaak:                                                                               (1)

      Gevolg: Joe was nie toegelaat tot die sokkeroefening nie.

      Oorsaak:                                                                               (1)
3.2

      Gevolg: Ouma kon sokkerskoene vir Joe koop.

 4.   Die volgende sinne handel oor gebeure in die storie.
      Nommer die sinne van 1 tot 4, in die blokkies, om die volgorde van die gebeure aan te
      dui.

       a)    Hy het nie sokkerskoene nie.

       b)    Ouma koop vir hom sokkerskoene.

       c)    Die skeidsregter stuur Joe van die veld af.

       d)    Hy bly tuis.                                                             (2)

                                            5

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com

5.    Drie (3) woorde is verkeerd gespel in die onderstaande sin.
      Vind die woorde en skryf hul regoor.

      “Oma, ek is dankbaar oor die gelt.” Ek het dit baja nodig.

      _____________________________________________________________

      ____________________________________________________________
                                                                                 (3)

6.   Vul die ontbrekende voorsetsels in.
                                                                                 (1)
     6.1 Joe was ongelukkig omdat hy nie ______ die veld is nie.

     6.2 Hy het nie geld ________die bank nie.                                   (1)

7.   Sommige Afrikaanse woorde word met koppeltekens, deeltekens en kappies
     geskryf. Kies die regte spelling vir elke onderstreepte woord van die woorde in
     hakies. Omkring die regte woord.

     7.1 Die sker is stomp. (sker, skêr, skër)                                 (1)
     7.2 Ons het koekies geeet.
                                                                               (1)
         (ge-eet ; ge eet; geëet)

8.    Omkring die letter met die regte antwoord.
      Kies die beste naam vir die storie.

         A) Pret op die sokkerveld.
         B) Joe en die sokkerspan.
         C) Ouma se skoene.
         D) Ouma se spaargeheim.                                               (1)

                                            6

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com

   9.      Pas elke paragraaf in kolom A met die moontlike paragraaf titels in kolom B.
           Skryf die letter langs die nommer van die paragraaf neer.

                    Kolom A                                     Kolom B

             9.1 Paragraaf 1                          (a) Joe kry nuwe sokkerskoene.
             9.2 Paragraaf 2                          (b) Joe word van die veld afgestuur.
             9.3 Paragraaf 3                          (c) Ouma koop skoene.
             9.4 Paragraaf 4                          (d) Joe mis ‘n sokkeroefening.
                                                      (e) Ouma se spaargeld help Joe.
                                                                                                      (4)

           9.1                 9.2                        9.3                    9.4

  10.     Gee ‘n teenoorgestelde woord vir elke onderstreepte woord.

          10.1      Joe het onder die tafel ingekruip. ___________________                            (1)

          10.2      Hy was eerste op die sokkerveld. __________________                               (1)

          10.3      Joe was dankbaar vir die skoene. ___________________                              (1)

  Gebruik die onderstaande TV Bylae om vrae 11 tot 14 te beantwoord:

Saterdag 25 April                                     Fliek;         Dokumentêr; ® Herhaling
         SABC 1                                SABC 2                          SABC 3

  05:00 Learning channel         ®  05:00 Grant se Blaasorkes             05:30 Delilah en Julius
  06:00 Verander jou wêreld      ®      06:00 Thabang, Thabong                06:00 Rat Race
  07:00 YO.TV Groot Ontbyt             06:30 Bestemming SA                ®   06:30 Toor met kos
® 07:30 Care Bears                     07:00 Naweek lewendig               07:00 Shaadi Se Pehle
 08:00 Caillou                         08:00 DIY Met Riaan                 10:00 The Island
® 08:30 YO.TV Groot Ontbyt             09:00 House Call                   ® 12:30 Oprah
® 10:00 Generations                    10:00 Takalani Sesame
 12:30 Imizwilili                     10:30 Wêreld godsdienste

11. Op watter kanaal wys Generations? ____________________________                                     (1)

                                                  7

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com

12. Hoe laat eindig House Call? _____________________________________           (1)

13. Omkring die regte antwoord.
      In ‘n TV bylae, beteken die woord Herhaling dat die programC

         A. vir die laaste keer gewys word.
         B. vir die eerste keer gewys word.
         C. reeds voorheen gewys is.
         D. daagliks gewys word.
                                                                                (1)
14. Kies die langste program: Takalani Sesame of Learning Channel? _________    (1)
      Gee ‘n rede vir jou antwoord.
      ___________________________________________________________________ (1)

15.   Skryf die volgende sin in die toekomstige tyd oor.

      Pieter ry na Mpumalanga toe.
                                                                                (1)

16.   Skryf die volgende sin in die teenwoordige tyd oor.

      Die bus het die bushalte verlaat.

                                                                                (1)

17.   Skryf die volgende sin in die verlede tyd oor.

      Lulu groet hulle vriendelik.

                                                                               (1)

                                              8

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com

18.   Skryf ‘n kort paragraaf van vyf (5) sinne oor hoe jy jou gunsteling sport beoefen.
      Onthou om goeie taal en korrekte spelreëls te gebruik.

                                                                                     (5)

                                           9

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com

19. Lees die onderstaande uitnodigingskaartjie en gebruik die formaat om vir Wim
    te beantwoord.

  Liewe Johan,

 Kom asseblief na my verjaarsdagpartytjie. Ons gaan na ‘n video van die finale
 Wêreldbekersokker kyk.

  Wanneer: Saterdag, 30 Oktober 2010
  Waar: By ons skoolsaal
  Tyd: 14:00

  Bring ‘n maat saam.

  Hoop ek sien sien jou daar.

  Jou maat

  Wim

 Beste Wim,

 Dankie vir

 Ek is jammer, maar

 omdat

 Jou maat

 Johan
                                                                                 (5)

                                Einde van hierdie toets.
                                       Dankie!

                                           10

## Related documents

- [Afrikaans Taal Graad 5 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-taal-graad-5-memo/33c7dad6-ac7a-40b6-b5b1-ce5699871a59) — Afrikaans FAL · Memo · 2011 · Afr
- [Grade 5 Afrikaans FAL 2013 Test](https://www.hlayiso.com/library/grade-5-afrikaans-fal-2013-test/9f2ceed1-0e92-41ed-becf-5c1ed8ae58bc) — Afrikaans FAL · QP · 2013 · Afr
- [Afrikaans FAL Graad 5 2012](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-graad-5-2012/c3344422-7c28-4089-a355-ce82c4a28737) — Afrikaans FAL · QP · 2012 · Afr
- [2014 ANA Grade 5 Afrikaans FAL Memo](https://www.hlayiso.com/library/2014-ana-grade-5-afrikaans-fal-memo/a1b7690a-0d22-4747-83e3-44dcf230623f) — Afrikaans FAL · Memo · 2014 · Afr
- [ANATest+Grade+5+Afrikaans+FAL+2013+Memo](https://www.hlayiso.com/library/anatest-grade-5-afrikaans-fal-2013-memo/d8acdb77-6879-45c9-8054-5b6b8e260783) — Afrikaans FAL · Memo · 2013 · Afr
- [Afrikaans FAL Graad 5 2012 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-graad-5-2012-memo/b8902ee5-ea88-4f83-857a-d5ff7e91c225) — Afrikaans FAL · Memo · 2012 · Afr

## More from Grade 5 Afrikaans Fal

- [Grade 5 Afrikaans Memo June 2022](https://www.hlayiso.com/library/grade-5-afrikaans-fal-2022-june-exam-memorandum-afrikaans/442b4252-ac73-456a-9682-b5f7796748e1) — Memo · 2022 · Afr
- [Grade 5 Afrikaans Memo November 2022](https://www.hlayiso.com/library/grade-5-afrikaans-fal-2022-november-exam-memorandum-afrikaans/7ffb8bfb-2707-4197-85f5-56f268eb3865) — Memo · 2022 · Afr
- [Grade 5 Afrikaans Memo June 2021](https://www.hlayiso.com/library/grade-5-afrikaans-fal-2021-june-exam-memorandum-afrikaans/47dca61e-533d-4720-aea1-95f8be5b03ff) — Memo · 2021 · Afr
- [Grade 5 Afrikaans FAL Mid Year Examination 2021Marking Guidelines](https://www.hlayiso.com/library/grade-5-afrikaans-fal-2021-june-exam-memorandum-afrikaans/b005aba5-11a4-4c95-ad54-287b7feeefa3) — Memo · 2021 · Afr
- [Grade 5 Afrikaans Memo November 2021](https://www.hlayiso.com/library/grade-5-afrikaans-fal-2021-november-exam-memorandum-afrikaans/20101230-c799-40ce-91b4-a144c7e2c473) — Memo · 2021 · Afr
- [Grade 5 Afrikaans FAL Final Examination and Marking Guidelines 2019 1](https://www.hlayiso.com/library/grade-5-afrikaans-fal-2019-november-exam-memorandum-afrikaans/59d7d07d-9769-4e5f-8cd4-ab794c4c517e) — Memo · 2019 · Afr

## Collection

- [Grade 5 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-5/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
