# Afrikaans HL Grade 6 ANA 2011 Question Paper

> Grade 6 Afrikaans HL question paper from the ANA 2011, 10 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-taal-graad-6/afe3c756-805d-4066-97de-38e92b3b936f
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 6
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2011
- Exam period: ANA
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 6](https://www.hlayiso.com/library/grade-6) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-6/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 6 ANA 2011 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-taal-graad-6/afe3c756-805d-4066-97de-38e92b3b936f)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 6 · ANA · 2011 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                                                   LEERDER NOMMER

Nkelea                                       JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERINGS 2010
nkelea                                             GRAAD 6 TAALLEER: AFRIKAANS
                                                     GESLAG (MERK )        SEUN       DOGTER
VAN

NAME                                                 PROVINSIE

GEBOORTEDATUM

SKOOL SE NAAM

EMIS NR.                                             DISTRIK / STREEK

Instruksies aan leerders:
   1.    Lees al die instruksies deeglik.
   2.    Beantwoord al die vrae in die spasies voorsien.
   3.    Hierdie toets duur 60 minute.
   4.    Jou onderwyser/es gaan jou help om die voorbeeld oefeninge te beantwoord voordat jy die
         toets begin.
      Voorbeeldoefeninge

      Voorbeeld 1

      Omkring die letter met die regte antwoord.

          Koeie voorsien ons van ...

               A. kaas.
               B. botter.
               C. melk.
               D. roomys.

      Jy het die vraag reg geantwoord as jy c omkring het.

      Let wel:
          In jou toets sal jy nog vrae soos beantwoord soos die wat jy nou voltooi het.
          Doen jou bes om die vrae te beantwoord, al is jy nie seker van die antwoord nie.
          Sryf die antwoord wat jy die beste is, neer en gaan aan met die volgende vraag.
          Blaai om na die volgende bladsy wanneer jy ‘n bladsy voltooi het.
          Kyk slegs na jou eie werk.

      Die toets begin op die volgende bladsy.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com

Lees die verhaal en beantwoord die vrae.

Die verhaal van ‘n Marmot

Michael het mooi vir sy pa gevra om ‘n marmot as troeteldier aan te hou. Sy pa het ingestem,
op voorwaarde dat Michael vir die diertjie sal sorg.
“Ek sal,” het Michael belowe. “Onthou om die diertjie versigtig te hanteer en nooit aan die stert
op te tel nie.” “Ek sal nie,” het Michael geantwoord. “Hy kan seerkry en sy oë sal uitval!” het
sy pa plegtig bygevoeg. “Regtig!” het Michael verbaas geantwoord. “Ek gaan hom baie mooi
hanteer .”

Michael het ‘n hokkie gebou en houtsaagsels op die vloer gestrooi. Hy kies toe ‘n bruin
marmot in die troeteldierwinkel. “Jy kan hom vrugte, rou groente en graanvlokkies voer,” het
die eienaar gesê. “ Terloops, moet hom nie aan die stert optel nie, want sy oë gaan uitval.”
“Ek weet,” het Michael geantwoord. Oppad huis toe begin Michael nuuskierig word. “Hoe kan
‘n marmot se oë uitval, as beide oë in sy kop vassit? Dit kan sekerlik nie net uitval nie.”

Hy tel die klein diertjie versigtig op en beskou hom van ‘n kant af. Die oë het doodgewoon en
normaal gelyk. Michael draai die klein, kriewelrige diertjie stadig om. Hy is effens bang om per
ongeluk aan die stertjie te raak. Waar is die gevaarlike stertjie? Hy ondersoek die marmot oor
en oor, maar vind geen stertjie nie. Michael hardloop huis toe om dit vir sy ma te noem. “Iets
is verkeerd met my marmot.” Sy ma het uitgebars van die lag. “Marmotte het nie sterte nie,”
het sy gesê. “Dit is net ‘n ou grappie.” “Julle het my geterg,” het Michael toe met ‘n sagte
stemmetjie gesê. Daarna het hy opgehelder en sy stertlose troeteldier liefdevol terug in die
hok gesit om met hom te speel.

 1.   Omkring die letter met die regte antwoord.                                          (1)

      Hoekom het Michael die marmot oor en oor ondersoek?

      A.    Hy wou nie aan die stert raak nie.
      B.    Hy wou sien of die oë vassit.
      C.    Hy het die stert gesoek.
      D.    Hy wou die diertjie versigtig hanteer.

                                            Bladsy 2 van 10

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com

2.   Omkring die letter met die regte antwoord.                          (1)

     Die woorde “stadig ... . ...effens bang “ beteken dat Michael …

     A.   ‘n bang persoon is.
     B.   ‘n versigtige persoon is.
     C.   besig is om die troeteldier te streel.
     D.   besig is om die troeteldier te kielie.

3.   Omkring die letter met die regte antwoord                           (1)

      Wat word bedoel met “ Daarna helder hy op…”?

     A.   Hy het uitgeroep.
     B.   Hy het gelag.
     C.   Hy het verlig gevoel.
     D.   Hy het ligte aangeskakel.

4.   Beantwoord die volgende vraag in ‘n volsin.

     4.1 Waaroor het Michael, op pad huis toe, nuuskierig geword?        (1)

     4.2 Hoekom het Michael opgehelder nadat hy met sy ma gepraat het?   (1)

5.   Beantwoord die volgende vraag.                                      (1)

     Hoe kan die marmot seerkry?

                                         Bladsy 3 van 10

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com

6.   Beantwoord die volgende vraag.                         (1)

      Watter kleur was die marmot?

7.   Beantwoord die volgende vraag.                         (1)

     Wat het Michael gedink was fout met sy marmot?

8.   Omkring die letter met die regte antwoord.             (1)

     “elke af en toe” beteken …

     A. elke week.
     B. soms.
     C. binnekort.
     D. elke maand.

9.   Skryf die volgende sin in die teenwoordige tyd oor.    (1)

     Michael het vir sy pa gevra om ‘n marmot aan te hou.

10. Skryf die volgende sin in die toekomende tyd oor.       (1)

     Michael het ‘n hokkie gebou.

11. Skryf die volgende sin in die verlede tyd oor.          (1)

     Michael hardloop huis toe.

                                      Bladsy 4 van 10

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com

12. Skryf die meervoud van elke onderstreepte woord neer.

  12.1 Die kombuis was vol pot. ____________________________                      (1)

  12.2 Nobel pryswenners is ons held. ______________________                      (1)

  12.3 Die boer het drie bees gekoop. ________________________                    (1)

13. Groepeer die volgende frases as formele of alledaagse taal.
    Skryf jou antwoorde in die onderstaande tabel neer.                           (6)

     Goeie middag.                                   Is jy OK?
     _____________                                   ______________
     Hello!                                          Hoe gaan dit met jou?
                        Verskoon my,
                        asseblief!
                        Haai, jy!
     Dankie, meneer.                                 Sal jy asseblief nou na my
     _____________
                                                     luister?
     Dankie!                                         _______________________
                                                     Bly stil!

                Formeel                              Alledaags

                                   Bladsy 5 van 10

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com

14. Ontwerp ‘n plakkaat vir jou skool se graad 7 afskeidsfunksie. Jou plakkaat moet
    ook aandui waar en wanneer die afskeidsfunksie sal wees.                    (5)

                                   Bladsy 6 van 10

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com

Lees die volgende paragraaf en beantwoord vrae 15 tot 17.

‘n Stokou leeu het siek in sy blyplek gelê. Al die diere van die bos het oor sy gesondheid
navraag kom doen, buiten Jakkals. Wolf besluit om die saak onder Leeu se aandag te bring.
Hy het toe gesê: “O magtige Koning, buiten Jakkals, is ons almal hier om te hoor hoe dit met u
gaan.” Jakkals kom op daardie oomblik aan en hoor Wolf se laaste woorde. Leeu het na hom
gekyk en met groot misnoë gebrul.

 15. Skryf die teenoorgestelde van elke onderstreepte woord neer.

     15.1     Leeu het siek in sy blyplek gelê. _______________________                 (1)

     15.2     Hier kom die ou leeu.   ______________________________                    (1)

     15.3     Leeu het met groot misnoë gebrul. ________________________                (1)

 16. Skryf die teenoorgestelde geslag vir elk van die volgende woorde neer.

      16.1    Leeumannetjie ______________________                                      (1)
      16.2    Koning _____________________________                                      (1)

 17. Watter tipe woordsoorte is die onderstreepte woorde? Bv. werkwoord,
     selfstandige naamwoord, byvoeglike naamwoord of bywoord.

      17.1 ‘n Stokou leeu lê siek in sy blyplek. _____________________________          (1)

      17.2 O magtige Koning, ons het almal na u gesondheid kom verneem.
               ______________                                                           (1)

 18. Gebruik die voegwoorde om die sinne te verbind

      18.1 Die leeu het gebrul. Die leeu was kwaad (want)                               (1)

              ________________________________________________________
      18.2 Die jakkals het ingekom. Die wolf het gepraat. (terwyl)                      (1)

             __________________________________________________________

                                        Bladsy 7 van 10

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com

 19. Vul die ontbrekende woorde vir elke sin in.

     19.1   Jakkals het gesê, “Ek sal medisyne__________ u siekte vind.”          (1)

     19.2   Leeu draai _______ Wolf en slaan hom katswink.                        (1)

 20. Gebruik die inligting op die breinkaart om ‘n brief oor jou gunsteling sportsoort
     aan jou vriend/vriendin te skryf.                                             (6)

                         Aanhef                           Einde

                                     Brief aan ...

                        Boodskap                        Adres

____________________________________________________________________________________

____________________________________________________________________________________

____________________________________________________________________________________

____________________________________________________________________________________

____________________________________________________________________________________

____________________________________________________________________________________

____________________________________________________________________________________

____________________________________________________________________________________

____________________________________________________________________________________

____________________________________________________________________________________

____________________________________________________________________________________

____________________________________________________________________________________

                                      Bladsy 8 van 10

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com

21. Lees die volgende storie en skryf ‘n inleidingsparagraaf met ten minste vier (4)
    sinne.                                                                       (4)

    Petra voel baie gelukkig. Sy het ‘n splinternuwe R50 noot van haar ouma ontvang as ‘n
    verjaarsdaggeskenk. Daar is so baie wat Petra graag wil koop – nie net vir haarself nie,
    maar ook vir haar gesin. Sy wil nuwe linte en haarknippies vir haar susters koop. Haar
    broer soek ‘n tydskrif oor musiek. Haar ouers hou weer van ‘n spesifieke soort
    sjokolade. Sy kon kwalik wag totdat sy by die winkels kom. Petra het in die winkel
    ingestap en haar hand in haar sak gesteek. Wat ‘n slag! Die R50 noot is verlore!

    _______________________________________________________________

   _____________________________________________________________________

   _____________________________________________________________________

   ______________________________________________________________________

   ______________________________________________________________________

  ______________________________________________________________________

  ______________________________________________________________________

 ______________________________________________________________________

 ______________________________________________________________________

                                      Bladsy 9 van 10

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com

Lees die volgende gedig en beantwoord vrae 22 tot 24.

                                        Suk-sukkel is mooi
                                         sy kopligte blink,
                                        sy wiele draai flink
                                       en sy doppie is rooi;
                                          maar as jy net
                                      wil ry en nooit vra nie
                                           wat hy wil hê
                                     of wat hom dalk pla nie
                                         sal hy begin stik,
                                      hy sal hakkel en hoes
                                        en as jy weer kyk,
                                     staan hy eenkant en roes.   Lucas Malan

 22. Skryf twee woorde wat rym in die gedig neer.                     (1)

     ________________________ , _________________________

 23. Omkring die letter met die regte antwoord.                       (1)

      “ sal hy hakkel en hoes” is ‘n voorbeeld van:
      A.   Alliterasie
      B.   Assonansie
      C.   Ritme
      D.   Rym

 24. Omkring die letter met die regte antwoord.                       (1)

      “Sy wiele draai flink” beteken…

      A.   sy wiele draai stadig.

      B.   sy wiele draai vinnig.

      C.   sy wiele draai moeilik.

      D.   sy wiele draai skeef.

                                          Totaal = [50 punte]

                                        Bladsy 10 van 10

## Related documents

- [Afrikaans Taal Graad 6 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-taal-graad-6-memo/3f849993-84f2-4917-a552-6baf95934e13) — Afrikaans HL · Memo · 2011 · Afr
- [2014 ANA Grade 6 Afrikaans HL Test](https://www.hlayiso.com/library/2014-ana-grade-6-afrikaans-hl-test/56a66d8e-e2d8-4354-ae12-dfbc9a51c55d) — Afrikaans HL · QP · 2014 · Afr
- [Grade 6 Afrikaans HL 2012 Test](https://www.hlayiso.com/library/grade-6-afrikaans-hl-2012-test/d267fdf5-7da4-440b-ae89-70df02e6b9a1) — Afrikaans HL · QP · 2013 · Afr
- [Afrikaans HL Graad 6 2012](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-graad-6-2012/2831b23f-e6c6-46ed-9359-b768ebd13cd7) — Afrikaans HL · QP · 2012 · Afr
- [2014 ANA Grade 6 Afrikaans HL Memo](https://www.hlayiso.com/library/2014-ana-grade-6-afrikaans-hl-memo/5b0a3d35-8a87-436e-848d-f4d5e8aca86e) — Afrikaans HL · Memo · 2014 · Afr
- [ANATest+Grade+6+Afrikaans+HL+2013+Memo](https://www.hlayiso.com/library/anatest-grade-6-afrikaans-hl-2013-memo/ef6dc713-ae75-48b6-aded-2039f3f7fc83) — Afrikaans HL · Memo · 2013 · Afr

## More from Grade 6 Afrikaans HL

- [Afrikaans HL MG June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-6-afrikaans-hl-2024-north-west-june-exam-question-paper-afrikaans/fa8f3827-b75a-4391-9e2d-f02a26b61f28) — Memo · 2024 · Afr
- [AFR HL P2 GR6 MEMO NOV2018 D](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr6-memo-nov2018-d/53d742d1-9f86-4ef1-bdb9-284e38c4be6e) — Memo · 2018 · Afr
- [AFR HL P3 GR6 MEMO NOV2018](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p3-gr6-memo-nov2018/633a64e4-5a21-406a-85df-29790cc7931a) — Memo · 2018 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 MEMO NOVEMBER 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-memo-november-2017/7871f2a1-b789-457c-bee9-08c9365615ab) — Memo · 2017 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 MEMO NOV2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-memo-nov2017/cf555b7a-c965-4ecc-ad4a-b424c70f4bf0) — Memo · 2017 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-qp/b36abc2e-ee17-4480-a8b7-d825ab1ad052) — QP · 2017 · Afr

## Collection

- [Grade 6 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-6/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
