# Agricultural Sciences Grade 10 P1 2019 QP (Afr)

> Grade 10 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2019 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p1-gr10-qp-nov2019-afr-d/c0ca572e-0c3f-46ff-9af4-8e299bb1e9a7
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 10
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 24

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 10 P1 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p1-gr10-qp-nov2019-afr-d/c0ca572e-0c3f-46ff-9af4-8e299bb1e9a7)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 10 · Eastern Cape November · 2019. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 10

                      NOVEMBER 2019

                LANDBOUWETENSKAPPE V1

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                                 *XAGSA1*

                   Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                        LANDBOUWETENSKAPPE V1                          (EC/NOVEMBER 2019)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.   Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
      AFDELING B.

 2.   Beantwoord al die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

 3.   Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 4.   Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel
      gebruik is.

 5.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 6.   Toon ALLE bewerkings, formules ingesluit, waar van toepassing.

 7.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                     LANDBOUWETENSKAPPE V1                                       3

  AFDELING A

  VRAAG 1

  1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
        Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
        (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.1.11 A.

        1.1.1        ŉ Groep individuele organismes wat dieselfde is ten opsigte van
                     voorkoms, gedrag en genetiese samestelling.

                     A   Ekosisteem
                     B   Gemeenskap
                     C   Bevolking
                     D   Spesie

        1.1.2        Watter van die onderstaande bedreigings is VERKEERD met
                     betrekking tot die fynbos-bioom?

                     A   Uitheemse plante
                     B   Oorbeweiding
                     C   Klimaatsverandering
                     D   Landbou

        1.1.3        Die onderstaande foto is ŉ voorbeeld van … weiding.

                     A   selektiewe
                     B   geen
                     C   wissel
                     D   nie-selektiewe

        1.1.4        Die produksie van mielies in die Wes-Kaap is 96 ton, in die Oos-Kaap
                     is dit 92 ton en in Gauteng is dit 84 ton. Die produksie persentasie
                     van die Oos-Kaap provinsie sal … wees.

                     A   45,7%
                     B   27,1%
                     C   33,8%
                     D   35,6%

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                               LANDBOUWETENSKAPPE V1                         (EC/NOVEMBER 2019)

        1.1.5    Die neiging wat deur die bevolking/populasie en hoeveelheid jare in
                 die grafiek hieronder getoon word, bewys dat die …

                                                      80

                              Populasie in miljoene
                                                      70
                                                      60
                                                      50
                                                      40
                                                      30
                                                      20
                                                      10
                                                       0

                                                           Jare

                 A       bevolking/populasie oor die jare toeneem.
                 B       bevolking/populasie oor die jare afneem.
                 C       bevolking/populasie in jare toeneem.
                 D       hoeveelheid jare toeneem.

        1.1.6    Een van die volgende stellings oor inheemse kennis is KORREK:

                 A       Kennis van die hede
                 B       Gestoor in boeke
                 C       Deur ondervinding aangeleer
                 D       Ekonomiese volhoubaarheid

        1.1.7    Die volgende stelling is WAAR oor die mak maak van diere:

                 (i)     Meeste diere is vir hul produkte mak gemaak
                 (ii)    ŉ Paar diere is mak gemaak om troeteldiere te wees
                 (iii)   Sommige diere is vir vervoer en werk mak gemaak
                 (iv)    Baie diere is vir huisbewaking mak gemaak

                 Kies die KORREKTE kombinasie hieronder:

                 A       (i), (ii) en (iv)
                 B       (i), (iii) en (iv)
                 C       (ii), (iii) en (iv)
                 D       (i), (ii) en (iii)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                           LANDBOUWETENSKAPPE V1                                 5

        1.1.8        Hierdie diere is bekend as grasvreters en is monogastries:

                     (i)     Perde
                     (ii)    Bokke
                     (iii)   Donkies
                     (iv)    Beeste

                     Kies die KORREKTE kombinasie hieronder:

                     A       (i) en (ii)
                     B       (i) en (iii)
                     C       (ii) en (iii)
                     D       (ii) en (iv)

        1.1.9        Die foto hieronder wys ŉ hoenderproduksie-stelsel wat as die …
                     bekend staan.

                     A       diepskropstelsel
                     B       batteryhok-stelsel
                     C       agterplaas-stelsel
                     D       vryloop-stelsel

        1.1.10       Een van die diere wat hieronder genoem word, behoort nie aan die
                     wilde diere wat deel is van die Groot Vyf nie:

                     A       Leeu
                     B       Olifant
                     C       Renoster
                     D       Kameelperd                                           (10 x 2)   (20)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                          LANDBOUWETENSKAPPE V1                            (EC/NOVEMBER 2019)

 1.2   Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM B van toepassing is op SLEGS
       A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM A nie.
       Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer
       (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 Slegs B.

                        KOLOM A                              KOLOM B
       1.2.1   A:     Produseerders              Organismes wat voedsel verkry
               B:     Verbruikers                deur ander organismes te vreet
       1.2.2   A      Soetveld                   Kom voor in areas waar reënval
               B:     Suurveld                   hoog is
       1.2.3   A:     Staatsgrond                Grond behoort aan ŉ klein dorpie
               B:     Huurgrond
       1.2.4   A:     Kommoditeit-organisasies   Plaaslike en provinsiale landbou-
               B:     Landbou-koöperasies        organisasies
       1.2.5   A:     Drakensberger              Dit is verkry deur die Afrikaner en
               B:     Nguni                      die Holstein te kruisteel
                                                                               (5 x 2)   (10)

 1.3   Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
       woord/term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK
       neer.

       1.3.1   Die wetenskap om die konsep van ekologie aan te wend om landbou-
               en boerderystelsels te ontwerp en te bestuur

       1.3.2   Vloeibare water van die oppervlakte van waterliggame, grond, diere
               en plante wat in gas verander

       1.3.3   ŉ Maatstaf van hoe beskikbaar kos is, sowel as hoe maklik ŉ persoon
               toegang tot kos het

       1.3.4   ŉ Verandering wat aan ŉ wet gemaak word

       1.3.5   ŉ Toevallige of sekondêre produk wat tydens die vervaardiging of
               sintese van iets anders gemaak is                            (5 x 2)      (10)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                     LANDBOUWETENSKAPPE V1                                        7

  1.4    Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in elk van die volgende
         stellings om dit WAAR te maak. Skryf slegs die korrekte woord(e) langs die
         vraagnommer (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.4.1       Natuurlike weiding is deur die boer vir spesifieke veeproduksie
                     geplant.

         1.4.2       Die doel van die Wet op Bemarking van Landbouprodukte is om
                     siektes in vee en vleis te voorkom.

         1.4.3       Skaapvleisrasse word gebruik in wol- en vleisproduksiestelsels
                     wat goeie wolproduksie en hoër vrugbaarheid en slaglam-massa
                     produseer.

         1.4.4       Groot-geboude perde met dik huide wat gebruik word vir die trek
                     van swaar vragte, word warmbloed-perde genoem.

         1.4.5       Rooibokke is klein omnivoor diere en bekwame kossoekers.
                                                                                  (5 x 1)      (5)

                                                               TOTAAL AFDELING A:              45

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                         LANDBOUWETENSKAPPE V1                             (EC/NOVEMBER 2019)

AFDELING B

VRAAG 2: AGRI-EKOLOGIE

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

2.1     Die tabel hieronder toon die verskillende organismes wat binne ŉ ekosisteem
       leef. Bestudeer die tabel en beantwoord die vrae wat volg.

       ORGANISMES GETAL ORGANISMES                  KANSE OP OORLEWING (%)
       Hiënas             76                                  84
       Leeus              42                                  95
       Springbokke       150                                  60
       Dekgras         Miljoene                               99

      2.1.1    Verwys na die organismes in die bostaande tabel en identifiseer die
               primêre verbruiker.                                                 (1)

      2.1.2    Gee ŉ rede vir jou antwoord in VRAAG 2.1.1.                                (1)

      2.1.3    Dui die tipe kompetisie aan wat tydens ŉ jag tussen die leeu en die hÏena
               sal plaasvind. Gee ŉ rede vir jou antwoord.                               (2)

      2.1.4    Verduidelik hoekom die leeu in hierdie ekosisteem ŉ groter kans op
               oorlewing het.                                                     (2)

      2.1.5    Gebruik die lys van organismes in die tabel om ŉ voedselketting te teken
               wat die VIER trofiese vlakke van energie in die ekosisteem
               aandui.                                                                  (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                LANDBOUWETENSKAPPE V1                                       9

2.2    Die onderstaande diagram toon ŉ belangrike voedingsiklus. Bestudeer die
       diagram en beantwoord die vrae wat daarop gebaseer is.

       2.2.1 Identifiseer die voedingsiklus wat deur die bostaande diagram voorgestel
             word.                                                                    (1)

       2.2.2 Identifiseer prosesse A, B en C in die diagram.                            (3)

       2.2.3 Stel die komponent van die ekosisteem voor waaraan water behoort.          (1)

2.3    Die twee foto’s hieronder, wat weiding op verskillende plase toon, is deur
       graad 10-leerders geneem. Analiseer die prente en beantwoord die vrae wat
       volg.

                      PLAAS A                                  PLAAS B

       2.3.1 Identifiseer die weidingskondisie van plaas A en B.                        (2)

       2.2.2 Stel TWEE boerderypraktyke voor wat tot die weidingskondisie van
             plaas B gelei het.                                                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                         LANDBOUWETENSKAPPE V1                              (EC/NOVEMBER 2019)

      2.3.3 Dui die veldbestuurspraktyk aan wat deur plaas A in die volgende
            situasies toegepas word:

              (a)    Weiding is verdeel in klein kampe en diere word gedurende die
                     jaar van een kamp na ŉ ander verskuif                                  (1)

              (b)    Die boer laat ŉ sekere hoeveelheid diere in ŉ kamp toe                 (1)

              (c)    Elke kamp dra 50 selektiewe grasvreters en 100 groot weidiere          (1)

      2.3.4 Gee TWEE voordele van gemeenskapsboerdery.                                      (2)

      2.3.5 Noem TWEE redes waarom weidingsbestuur belangrik is.                            (2)

2.4   ŉ Bioom is ŉ groot natuurlike gebied met ŉ stel unieke faktore soos klimaat,
      grond en landvorm. Hierdie faktore bepaal die soort plante (bome, varings,
      gras) wat daar groei en die diere (olifante, wildsbokke) wat in die bioom leef.
      Een van die Suid-Afrikaanse biome word deur hoë bome gedomineer en ŉ
      ander een word deur verskillende tipes grasse gedomineer.

      2.4.1    Verwys na die bostaande scenario en identifiseer EEN voorbeeld van
               fauna wat in Suid-Afrika se biome gevind word.                               (1)

      2.4.2    Stel die name voor van die Suid-Afrikaanse biome wat se eienskappe
               by die onderstreepte stellings pas.                                          (2)

      2.4.3    Gee enige ander TWEE Suid-Afrikaanse biome wat nie in die scenario
               genoem is nie.                                                               (2)

      2.4.4    Gee EEN funksie van die Savanna-bioom in landbou.                            (1)

2.5   Verandering in die klimaat beteken dat boere boerderymetodes moet kies wat
      suksesvol sal wees met die toename in temperatuur, verandering in reënval en
      afname in grondvrugbaarheid.

      2.5.1    Noem EEN rede vir klimaatsverandering.                                       (1)

      2.5.2    Stel enige gevolg van klimaatsverandering op landbou voor.                   (1)

      2.5.3    Dui EEN manier aan hoe boere in Suid-Afrika by klimaatsverandering
               kan aanpas.                                                         (1)
                                                                                  [35]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2019)                                        LANDBOUWETENSKAPPE V1                                    11

VRAAG 3: AGRI-INDUSTRIE

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

3.1 Die onderstaande grafiek wys die inligting ten opsigte van voedselverbruikpatrone.
    Bestudeer die grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

                              90
                                   82                      83                             80
                              80

                              70                                                                        Landelike

      landelik/stedelik (%)
                                                                                                        area (%)
                              60
                                                                            52
                              50

                              40
                                                                                                        Stedelike
                              30        24                                                              Area (%)
                              20                      16

                              10                                                     6
                                                                        2
                              0
                                    Mielies            Hoenders         Bully Beef       Vrugte
                                              Voedseltipe en hoe gereeld gebruik

     3.1.1 Verwys na die grafiek hierbo en identifiseer die voedsel wat die meeste in
           landelike gebiede gebruik word.                                                                             (1)

     3.1.2 Gee ŉ rede vir jou antwoord op VRAAG 3.1.1.                                                                 (1)

     3.1.3 Voedselprodukte in landbou word in drie verskillende groepe verdeel. Dui aan
           tot watter klas ingemaakte soutvleis (‘Bully-beef’) en vrugte behoort.       (2)

     3.1.4 Bereken die verskil in mielies wat verbruik is in landelike gebiede teenoor dié
           wat in stedelike gebiede verbruik is. Toon alle berekeninge.                                                (3)

     3.1.5 Verander die data in die grafiek na ŉ tabelvorm.                                                            (5)

 Kopiereg voorbehou                                                                               Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
 12                        LANDBOUWETENSKAPPE V1                           (EC/NOVEMBER 2019)

3.2   Die foto hieronder toon ŉ baie belangrike tipe kennis wat in die geskiedenis van
      landbou verkry is. Bestudeer die foto en beantwoord die vrae wat daarop gebaseer
      is.

      3.2.1 Stel voor of die kennis wat in die foto gedemonstreer word inheems of
            wetenskaplik is.                                                               (1)

      3.2.2 Gee ŉ rede om jou antwoord op VRAAG 3.2.1 te regverdig.                        (1)

      3.2.3 Toon aan hoe inheemse kennis van landbou in die volgende situasies
            gebruik kan word:

            (a)   Die boer plant twee of meer verskillende tipe gewasse langs mekaar       (1)

            (b)   Gewasse op dieselfde stuk grond word gereeld verander                    (1)

      3.2.4 Lei enige TWEE beperkings af by die gebruik van inheemse kennis in
            landbou.                                                           (2)

 Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                  LANDBOUWETENSKAPPE V1                               13

 3.3 Die foto hieronder toon die natuurlike landbouhulpbronne wat deur Suid-
     Afrikaanse wette beskerm moet word. Analiseer die foto en beantwoord die
     vrae wat volg.

       3.3.1    Identifiseer die hulpbron uit die foto wat deur die volgende wette
                beskerm word:

                (a)   Wet op Dieresiektes                                             (1)

                (b)   Wet op die Bewaring van Landbouhulpbronne                       (1)

                (c)   Nasionale Water Wet                                             (1)

                (d)   Nasionale Veld en Woud Wet                                      (1)

       3.3.2    Noem TWEE doelwitte van landbouwetgewing.                             (2)

 3.4 Bevolkingsgroei en verstedeliking in Suid-Afrika het ŉ groot impak op
     landbouproduksie.

       3.4.1    Definieer die term verstedeliking.                                    (2)

       3.4.2    Noem TWEE negatiewe gevolge van bevolkingsgroei vir die
                landbousektor.                                                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                         LANDBOUWETENSKAPPE V1                            (EC/NOVEMBER 2019)

 3.5 Grondeienaarskap beteken die grond behoort aan iemand wat dit besit, terwyl
     grondbesit beteken dat ŉ persoon toegang het tot die grond en dit kan gebruik.

      3.5.1    Lei af na watter tipe grondeienaarskap of tipe grondbesit die volgende
               stellings verwys:

               (a)    Die boer huur ŉ stuk grond van die eienaar                         (1)

               (b)    Die boer van ŉ ander land besit grond om vee aan te hou            (1)

               (c)    ŉ Omheinde natuurlike woud en die mense van die gemeenskap
                      word nie toegelaat om hout uit die woud te gaan haal nie           (1)

               (d)    Plaaswerkers kry ŉ stuk grond vir ŉ nedersetting                   (1)

      3.5.2    Verduidelik die verskil tussen grondherverdeling en grondverblyf-
               reghervorming.                                                            (2)

      3.5.3    Gee EEN rol van landbou-organisasies.                                     (1)
                                                                                        [35]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                  LANDBOUWETENSKAPPE V1                                 15

  VRAAG 4: DIERESTUDIES

  Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

  4.1 Die onderstaande vloeidiagram toon verskillende tipes beesvleisrasse en
      melkrasse. Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat volg.

        4.1.1    Identifiseer die TWEE uitheemse beesvleisrasse uit die bostaande
                 diagram.                                                                (2)

        4.1.2    Verwys na die bostaande diagram en identifiseer die ras met die
                 volgende eienskappe:

                 (a)   Produseer hoë gehalte melk met hoë bottervetinhoud                (1)

                 (b)   Produseer wit melk met lae bottervetinhoud                        (1)

                 (c)   Hierdie ras produseer beide vleis en melk van ŉ hoë gehalte       (1)

        4.1.3    Lys DRIE beesvleisrasse wat nie in die diagram genoem is nie.           (3)

        4.1.4    Onderskei tussen die uitheemse en inheemse rasse.                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                        LANDBOUWETENSKAPPE V1                        (EC/NOVEMBER 2019)

  4.2 Die onderstaande prente toon ŉ manlike en ŉ vroulike skaap op ŉ plaas.

       4.2.1    Verskaf die naam van skaap A en B.                                   (2)

       4.2.2    Tabuleer die sigbare verskille tussen skaap A en B onder die
                volgende opskrifte:

                (a)   Liggaamsgrootte                                                (2)

                (b)   Nek en kop                                                     (2)

       4.2.3    Noem DRIE hoof skaaprasse ten opsigte van hul benutting en
                produkte afkomstig van elkeen.                                       (3)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)          LANDBOUWETENSKAPPE V2                                               17

  4.3 Die Angorabok-telersvereniging se veldramveilings is gewild. Volgens boere
      word hierdie ramme op dieselfde veld gehou, waar hulle ŉ lek ontvang. Hulle
      word geskeer en gedoseer as een groep. Die vordering van die diere word
      dan vergelyk. Die Angorabok-telers in die Oos-Kaap het ŉ duidelike voordeel
      – hulle is in staat om saam te kom en tydens keuringsdae en veilings te
      netwerk.
                                             [Aangepas uit Stock farm, Volume 9, Nr. 2, 2019]

        4.3.1    Verwys na die scenario op die vorige bladsy en stel ŉ rede voor
                 hoekom boere in die Oos-Kaap moet voortgaan om Angora-ramme
                 te produseer.                                                                   (1)

        4.3.2    Gee die naam van die hoofproduk wat ŉ Angorabok produseer.                      (1)

        4.3.3    Noem TWEE bokrasse wat ŉ boer kan gebruik om suiwelprodukte te
                 produseer.                                                                      (2)

        4.3.4    Verduidelik hoekom Angorabokke in areas met ŉ gematigde klimaat
                 aangehou moet word.                                                             (2)

        4.3.5    Stel die naam voor van die vleisbokras met ŉ rooi kleur en wat in
                 Suid-Afrika ontwikkel is.                                                       (1)

  4.4 Toe varke mak gemaak is, is hul vir vleis en vet gebruik. Kommersiële boere
      het intensief met varke begin boer. Voorbeeld: ŉ vark vir vleis of een vir
      meer vet vir spek en varkvetproduksie.

        4.4.1    Verwys na die bostaande leesstuk en noem TWEE hoofprodukte van
                 varke.                                                                          (2)

        4.4.2    Gee die doel vir die slag van varke met die onderstaande massa:

                 (a)   45 kg                                                                     (1)

                 (b)   90 kg                                                                     (1)

        4.4.3    Voorsien DRIE eienskappe van verbeterde varkrasse wat hul
                 gunstig vir kommersiële boerdery maak.                                          (3)

  4.5 Hoenders is omnivore; dit beteken hulle eet voedsel van plantaardige
      oorsprong, soos sade, en voedsel van ‘dier’oorsprong soos insekte.
      Hoenders bly gewoonlik saam in ŉ hok in groepe.

        Voorsien TWEE fasiliteite wat ŉ boer kan gebruik om die temperatuur in ŉ
        hoenderhok te reguleer.                                                                  (2)
                                                                                                [35]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:             105
                                                                     GROOTTOTAAL:               150

Kopiereg voorbehou

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com

         

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com



         

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com



## Related documents

- [AGR SCIENCES P1 GR10 QP NOV2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p1-gr10-qp-nov2019-eng-d/b5bbcdfe-ceae-4359-bd57-d13b76148e6a) — Agricultural Sciences · QP · 2019 · Eng
- [AGR SCIENCES P1 GR10 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p1-gr10-memo-nov2019-afrikaans/66f1e4d8-a249-4e80-9dfc-7d66ad4a5890) — Agricultural Sciences · Memo · 2019 · Afr
- [AGR SCIENCES P1 GR10 MEMO NOV2019 English](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p1-gr10-memo-nov2019-english/da7719f4-d6e5-4a60-bd15-d80d0b039f23) — Agricultural Sciences · Memo · 2019 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR10 QP NOV2019 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr10-qp-nov2019-afr-d/9b8ce850-3c9b-4acf-98eb-cd43a5a6e0a5) — Agricultural Sciences · QP · 2019 · Afr
- [AGR SCIENCES P2 GR10 QP NOV2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr10-qp-nov2019-eng-d/c6a09fe6-3bc6-4a18-99c2-6da4249d7989) — Agricultural Sciences · QP · 2019 · Eng
- [AGR SCIENCES P1 GR10 QP NOV2019 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-agricultural-sciences-2019-national-november-exam-question-paper-paper-1/4de5d043-b6f0-4450-a904-f1ea204533ac) — Agricultural Sciences · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 10 Agricultural Sciences

- [Gr10-Agricultural-Sciences-SG LR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-agricultural-sciences-sg-lr/35da6b9e-51f8-4383-bb6d-6ba8a092e2c8) — Guide
- [Gr 10 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-agric-sci-atp-2023-24/ce6113de-3032-4c3d-9c3f-cd321c0d906a) — ATP
- [AGR SCIENCES P1 GR10 MEMO NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p1-gr10-memo-nov2020-afrikaans/8a907289-485b-454c-9cc0-2afc0a4f1d23) — Memo · 2020 · Afr
- [AGRSC P2 GR10 MEMO NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agrsc-p2-gr10-memo-nov2020-afrikaans/45ac7592-4a18-441a-9655-3b4ebbd679f7) — Memo · 2020 · Afr
- [AGR SCIENCES P1 GR10 MEMO NOV2020 English](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p1-gr10-memo-nov2020-english/14b52847-d4a5-4720-92cc-414ddcccccb4) — Memo · 2020 · Eng
- [AGRSC P2 GR10 MEMO NOV2020 English](https://www.hlayiso.com/library/agrsc-p2-gr10-memo-nov2020-english/0cde408f-4576-4900-99d7-203253091309) — Memo · 2020 · Eng

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
