# Agricultural Sciences Grade 10 P1 2020 QP (Afr)

> Grade 10 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2020 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p1-gr10-qp-nov2020-afrikaans/953f604a-c947-4f26-a8c4-6010256d165c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 10 P1 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p1-gr10-qp-nov2020-afrikaans/953f604a-c947-4f26-a8c4-6010256d165c)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 10 · Eastern Cape November · 2020 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [AGR SCIENCES P1 GR10 MEMO NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p1-gr10-memo-nov2020-afrikaans/8a907289-485b-454c-9cc0-2afc0a4f1d23) — Memo · 2020 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 10

                     NOVEMBER 2020

               LANDBOUWETENSKAPPE V1
                    (EKSEMPLAAR)

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                  Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

### Page 2

2                        LANDBOUWETENSKAPPE V1                         (EC/NOVEMBER 2020)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.   Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
      AFDELING B.

 2.   Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

 3.   Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 4.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die
      vraestel gebruik is.

 5.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 6.   Toon ALLE bewerkings, formules ingesluit, waar van toepassing.

 7.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2020)                   LANDBOUWETENSKAPPE V1                                       3

 AFDELING A

 VRAAG 1

 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae voorsien.
     Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
     (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.1.11 A.

      1.1.1    … is die hoogte van die land bo seevlak wat die hoeveelheid reënval
               bepaal wat ŉ area ontvang.

               A      Helling
               B      Aspek
               C      Hoogte
               D      Klimaat

      1.1.2    Die grond waarin … begin groei is normaalweg arm, vlak en het ŉ lae
               waterhouvermoë.

               A      pionierplante
               B      klimaksplante
               C      sub-klimaksplante
               D      sub-pionierplante

      1.1.3    Die tipe veld in Suid-Afrika wat deur die letter A voorgestel word.

               A      Soetveld
               B      Suurveld
               C      Gemengde veld
               D      Voedsame veld

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

4                             LANDBOUWETENSKAPPE V1                  (EC/NOVEMBER 2020)

     1.1.4   Die simbiotiese verhouding getoon deur die remora-suiervis en die
             haai in die diagram hieronder is ŉ voorbeeld van …

             A       parasitisme.
             B       mutualisme.
             C       predasie.
             D       kommensalisme.

     1.1.5   Die metodes om grane te verwerk soos koring en mielies na meel en
             mieliemeel.

             A       Fermentasie en droging
             B       Inlê en beroking
             C       Maal
             D       Bevriesing en verdroging (‘corning)

     1.1.6   Een van die volgende stellings is INKORREK met betrekking tot die
             impak van bevolkingsgroei in Suid-Afrika.

             A       Vraag na voedsel neem toe
             B       Landbougrond neem toe
             C       Uitputting van natuurlike hulpbronne
             D       Stedelike areas raak groter

     1.1.7   Wette wat poog om siektes in vee en vleis te voorkom.

             A       A en B
             B       A en C
             C       B en C
             D       C en D

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2020)                          LANDBOUWETENSKAPPE V1                            5

     1.1.8    Hierdie is die mees algemene eienskappe van warmbloedige perde.

              (i)     Hulle word vir sport gebruik
              (ii)    Hulle is vinnig en intelligent
              (iii)   Hulle is groot en gespierd
              (iv)    Hulle het lang bene

              Kies die korrekte kombinasie.

              A       (i), (ii) en (iii)
              B       (ii), (iii) en (iv)
              C       (i), (ii) en (iv)
              D       (i), (iii) en (iv)

     1.1.9    Die bees wat in die prent hieronder getoon word is ŉ voorbeeld van ŉ
              vleisras wat as … bekend staan.

              A       Angus
              B       Charolais
              C       Hereford
              D       Brahmaan

     1.1.10 Die hoofverskil tussen herkouers en nie-herkouers:

              A       Urinering
              B       Ekskresie
              C       Maag
              D       Slukproses
                                                                             (10 x 2) (20)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

6                          LANDBOUWETENSKAPPE V1                        (EC/NOVEMBER 2020)

1.2 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM B van toepassing is op SLEGS
    A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM A nie.
    Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer
    (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 Slegs B.

               KOLOM A                                  KOLOM B
     1.2.1   A: Denitrifikasie          Die omskakeling van ammonium-
             B: Nitrifikasie            verbindings tot nitriete en nitrate
     1.2.2   A  Nama-Karoo              Suid-Afrikaanse biome bedreig deur die
             B: Fynbos                  verspreiding van indringerplante
     1.2.3   A: Groenpapier             Voorlopige verslag van ŉ regerings-
             B: Wysiging                voorstel vir ŉ nuwe of gewysigde wet
     1.2.4   A: Inheems                 Kennis verkry deur mondelinge en
             B:      Tradisioneel       kulturele praktyke
     1.2.5   A:      Inheemse ras       Hoë siekte weerstandigheid       en    lae
             B:      Verbeterde ras     voedsel-omsetverhouding
                                                                           (5 x 2)    (10)

1.3 Gee EEN woord/frase vir elk van die volgende beskrywings. Skryf SLEGS die
    woord/term langs die vraagnommers (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDE-
    BOEK neer.

     1.3.1   Verskillende plante en diere wat ŉ spesifieke area beset

     1.3.2   Die stelsel van voedselkettings wat aan mekaar gebind is

     1.3.3   Die grond wat deur permanente plaaswerkers besit en vir hul eie
             doeleindes gebruik word

     1.3.4   Die groep diere wat hul kos sluk en dan weer opbring om weer gekou
             te word

     1.3.5   Hoenders wat aangehou word om ŉ groot hoeveelheid eiers te
             produseer
                                                                 (5 x 2)              (10)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2020)                  LANDBOUWETENSKAPPE V1                                   7

 1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in elk van die volgende
     stellings om dit WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die
     vraagnommers (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

      1.4.1     Plante wat aangepas is om in baie droë toestande te leef word
                hidrofiete genoem.

      1.4.2     Die formele bestaans-landbousektor is goed ontwikkel op groot
                skaal.

      1.4.3     Kommoditeit-organisasies is besighede wat deur boere besit en
                bestuur word vir hulle almal se voordeel.

      1.4.4     Bos-indicus-beeste het van die Eurasiese subspesie afgestam.

      1.4.5     Die Toggenburgbok se oorsprong is die Saanen-vallei in
                Switserland en is na Suid-Afrika ingevoer.
                                                                (5 x 1)               (5)

                                                        TOTAAL AFDELING A:            45

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 8

8                         LANDBOUWETENSKAPPE V1                         (EC/NOVEMBER 2020)

 AFDELING B

 VRAAG 2: AGRO-EKOLOGIE

 Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

 2.1 Die diagram hieronder toon die energievloei in die ekosisteem deur die
     interaksie van verskillende organismes.

      2.1.1    Identifiseer die tipe energievloei wat in die bostaande diagram
               getoon word.                                                            (1)

      2.1.2    Dui die aantal trofiese vlakke in die diagram aan.                      (1)

      2.1.3    Identifiseer die letter vanaf die diagram wat by die volgende
               beskrywings pas:

               (a)   Stralingsenergie word na chemiese energie deur die proses
                     van fotosintese omgesit                                           (1)

               (b)   Herbivore stuur die energie na sekondêre verbruikers deur
                     middel van predasie aan                                           (1)

               (c)   Interspesifieke kompetisie vind tussen tersiêre verbruikers
                     plaas                                                             (1)

      2.1.4    Verduidelik hoe die energie vanaf die organismes by letter C na
               dié by letter B oorgedra word.                                          (2)

      2.1.5    Noem DRIE abiotiese komponente benodig deur organismes by
               letter D om die energievloei in die bostaande ekosisteem te
               onderhou.                                                               (3)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2020)                   LANDBOUWETENSKAPPE V1                                      9

 2.2 Die diagram hieronder toon vier weivelde van verskillende plase met die
     hoeveelheid voer wat elke maand geproduseer word.

      2.2.1     Definieer die term weiveld.                                               (2)

      2.2.2     Identifiseer die weiveld (A–D) wat swak bestuur word.                     (1)

      2.2.3     Gee TWEE redes vir jou antwoord by VRAAG 2.2.2.                           (2)

      2.2.4     Weiveld B is goed bestuur. Ondersteun die stelling met TWEE
                sigbare redes vanaf die diagram.                                          (2)

      2.2.5     Stel DRIE bestuurspraktyke voor wat tot goeie weiveld toestande lei.      (3)

      2.2.6     Gebruik die inligting gegee van elke weiveld en bereken die
                produksie persentasie van weiveld C. Toon alle bewerkings.                (3)

      2.2.7     Bereken die hoeveelheid voer wat per jaar deur weiveld D
                geproduseer word.                                                         (2)

 2.3 Die tabel hieronder toon vier Suid-Afrikaanse biome, naamlik grasveld,
     savanna, fynbos en woud.

       Biome         Grasse       Bome        Bosse       Reënval        Ligging
                      (%)          (%)         (%)
           A           18           12           70         Winter      WK
                                                                        GP, KZN, OK,
           B           78           15            7        Somer        VS
           C           8            80           12       Heel jaar     WK en OK
                                                                        KZN, LP, NW,
           D           35           30           25         Somer       MP, NK

      2.3.1     Identifiseer die biome wat deur die letters A en B voorgestel word.       (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

10                        LANDBOUWETENSKAPPE V1                          (EC/NOVEMBER 2020)

        2.3.2   Identifiseer die biome vanuit die tabel wat vir die volgende
                aktiwiteite geskik is:

                (a)   Skaapvleis- en beesboere sal optimale produksie kry                (1)

                (b)   Druiwe word vir wynproduserende fabrieke geplant                   (1)

                (c)   Denne en bloekomplante word vir hout geoes                         (1)

                (d)   Blaarvreters soos bokke en wildsbokke word grootgemaak             (1)

        2.3.3   Noem TWEE Suid-Afrikaanse biome wat nie in die tabel genoem
                is nie.                                                                  (2)

 2.4    Die impak van klimaatsverandering op landbou in Suid-Afrika is meestal
        as gevolg van verhoogde temperature en laer reënval.

        Noem TWEE negatiewe effekte van klimaatsverandering in Suid-Afrika.              (2)
                                                                                        [35]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/NOVEMBER 2020)                    LANDBOUWETENSKAPPE V1                                 11

 VRAAG 3: AGRI-INDUSTRIE

 Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

 3.1 Die tabel hieronder toon die voedselsekuriteit in Suid-Afrika se provinsies.

                         Inkomste         Gemiddelde inname per persoon (kg)
                         per
         Provinsies
                         persoon           Mielies         Koring       Aartappels
                         (R)
      Wes-Kaap              14 304          97,05           39,01          25,66
      Oos-Kaap               3 955          92,25           36,39          22,11
      KwaZulu-Natal          5 924          94,91           37,92          25,12
      Noordwes               4 995          94,49           37,16          24,96
      Limpopo                2 288          92,89           35,50          21,18

      3.1.1     Verwys na die tabel hierbo en identifiseer die:

                (a)   Rykste provinsie                                                     (1)

                (b)   Armste provinsie                                                     (1)

      3.1.2     Gee die rede vir jou antwoorde op VRAAG 3.1.1.                             (2)

      3.1.3     Klassifiseer die tipe kos in die tabel wat hierbo voorgestel word.         (1)

      3.1.4     Stel ŉ rede voor waarom die kos genoem in VRAAG 3.1.3 meestal
                deur mense gebruik word.                                                   (1)

      3.1.5     Gee DRIE ander tipes kos wat nie in VRAAG 3.1.3 genoem is nie.             (3)

      3.1.6     Teken ŉ staafgrafiek wat al die provinsies in die tabel toon en die
                inkomste per persoon.                                                      (6)

 3.2 Die grafiek hieronder toon die bevolking (p) van Suid-Afrika in miljoene (m)
     tussen 1968 en 2008.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

12                        LANDBOUWETENSKAPPE V1                             (EC/NOVEMBER 2020)

      3.2.1    Dui die aantal mense aan in Suid-Afrika gedurende die jaar 2000.            (1)

      3.2.2    Verduidelik die neiging getoon deur die bevolkingsgrootte oor die
               jare.                                                                       (2)

      3.2.3    Stel DRIE negatiewe        effekte   van   bevolkingsgroei     op   die
               landbousektor voor.                                                         (3)

 3.3 Die prente hieronder toon die modelle van grondeienaarskap in Suid-Afrika.

      3.3.1    Identifiseer die modelle van grondeienaarskap getoon in
               PRENT A, B en C.                                                            (3)

      3.3.2    Identifiseer die prent (A, B of C) wat by die volgende wette pas:

               (a)   Die Wet op die Bewaring van Landbouhulpbronne                         (1)

               (b)   Die Wet op Grondhervorming                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/NOVEMBER 2020)                   LANDBOUWETENSKAPPE V1                              13

 3.4 Die prent hieronder toon ŉ plaas waar twee verskillende gewasse langs
     mekaar verbou word.

      3.4.1     Noem die inheemse kennis wat deur boere gebruik word soos in die
                prent hierbo geïllustreer word.                                        (1)

      3.4.2     Gee ŉ rede om jou antwoord op VRAAG 3.4.1 te ondersteun.               (1)

      3.4.3     Verduidelik die rede vir die boer om die kennis in VRAAG 3.4.1 te
                gebruik.                                                               (1)

      3.4.4     Gee TWEE produkte wat die boer produseer.                              (2)

      3.4.5     Tabuleer die verskille tussen inheemse kennis en wetenskaplike
                kennis onder die volgende hoofde:

                (a)   Ouderdom van die kennis                                          (2)

                (b)   Metode om die kennis aan te leer                                (2)
                                                                                     [35]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 14

14                        LANDBOUWETENSKAPPE V1                          (EC/NOVEMBER 2020)

 VRAAG 4: DIERESTUDIES

 Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

 4.1 Die prente hieronder toon die verskillende produkte van beesrasse.

      4.1.1    Verwys na die prente hierbo en verwys na die byprodukte. Skryf
               die letter en die naam van die byproduk.                                 (2)

      4.1.2    Identifiseer die produk wat die beste by elk van die volgende diere
               pas, behalwe produk B. Skryf slegs die letter.

               (a)   Friesland                                                          (1)

               (b)   Hereford                                                           (1)

               (c)   Jersey                                                             (1)

      4.1.3    Noem enige DRIE inheemse rasse wat geskik is om produk C te
               produseer.                                                               (3)

      4.1.4    Noem TWEE melkrasse wat nie in VRAAG 4.1.2 genoem is nie.                (2)

 4.2 Die diagram hieronder toon drie diere op ŉ plaas.

      4.2.1    Verwys na die diagram hierbo en identifiseer TWEE grasvreters.           (2)

      4.2.2    Sê of dier B ŉ herkouer of ŉ nie-herkouer is.                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/NOVEMBER 2020)                   LANDBOUWETENSKAPPE V1                                   15

      4.2.3     Gee ŉ rede om jou antwoord op VRAAG 4.2.2 te ondersteun.                    (1)

      4.2.4     Stel TWEE redes voor vir die makmaak van plaasdier A.                       (2)

      4.2.5     Identifiseer die plaasdier vanaf die diagram met die volgende
                eienskappe:

                (a)   Aangepas vir woestyn areas en baie harde vokalisering                 (1)

                (b)   Weerstandig teen wolvrot en brommer-aanvalle                          (1)

                (c)   Die dier word aangehou vir vleisproduksie en is inheems               (1)

      4.2.6     Tabuleer TWEE verskille tussen sybokhaar-vesels en wolvesels.               (4)

4.3   Die bestendige verspreiding van Afrika-varkgriep deur die EU en ander lande
      sedert 2007 het gelei tot ŉ onlangse vergadering tussen leiers. Ongeveer 45
      lande en areas ondervind tans Afrika-varkgriep. Om die verspreiding van
      hierdie siekte te voorkom moet die boere reëls respekteer om te voorkom
      dat die siekte ŉ epidemie raak. Afrika-varkgriep affekteer hoofsaaklik varke.

                                          [Aangepas uit Landbouweekblad, 27 Sept. 2019]

      4.3.1     Maak ŉ afleiding van wat die problematiese siekte is wat plaasdiere
                affekteer.                                                                  (1)

      4.3.2     Gee die naam van die plaasdier wat deur die siekte genoem in
                VRAAG 4.3.1 geïnfekteer sal word.                                           (1)

      4.3.3     Verduidelik hoe boere kan voorkom dat die siekte genoem in
                VRAAG 4.3.1 versprei.                                                       (2)

      4.3.4     Noem TWEE varkrasse.                                                        (2)

4.4   ŉ Hen behoort ŉ warm, droë, beskermende area of nesboks te hê om haar
      eiers in te lê. Aangesien sy lang periodes in die nes spandeer, plaas water
      en kos binne haar bereik.

      4.4.1     Gee enige TWEE vereistes vir ŉ gesonde nesboks vir lêhenne.                 (2)

      4.4.2     Noem DRIE basiese vereistes vir die suksesvolle produksie van
                hoenders.                                                                   (3)

      4.4.3     Gee die naam van vleisproduserende hoenders.                               (1)
                                                                                          [35]

                                                            TOTAAL AFDELING B:            105
                                                                GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

## Related documents

- [AGRIC SCIENCES P1 GR10 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-gr10-qp-nov2018-afrikaans/3b99ba39-6f8f-4fe0-9719-9833285bb118) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 GR10 QP NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-gr10-qp-nov2017-afrikaans/b3b13864-5357-4a16-852d-8dd81b0e6ddf) — Agricultural Sciences · QP · 2017 · Afr
- [AGRSC P2 GR10 MEMO NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agrsc-p2-gr10-memo-nov2020-afrikaans/45ac7592-4a18-441a-9655-3b4ebbd679f7) — Agricultural Sciences · Memo · 2020 · Afr
- [AGR SCIENCES P1 GR10 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p1-gr10-memo-nov2019-afrikaans/66f1e4d8-a249-4e80-9dfc-7d66ad4a5890) — Agricultural Sciences · Memo · 2019 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 GR10 MEMO NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-gr10-memo-nov2018-afrikaans/81632768-b2d0-4bcd-a1ed-2d06bcc3e125) — Agricultural Sciences · Memo · 2018 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 GR10 MEMO Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-gr10-memo-afrikaans/9f8a6dac-d002-4d46-b17f-56176718e3ca) — Agricultural Sciences · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 10 Agricultural Sciences

- [Gr10-Agricultural-Sciences-SG LR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-agricultural-sciences-sg-lr/35da6b9e-51f8-4383-bb6d-6ba8a092e2c8) — Guide
- [Gr 10 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-agric-sci-atp-2023-24/ce6113de-3032-4c3d-9c3f-cd321c0d906a) — ATP
- [AGR SCIENCES P2 GR10 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr10-memo-nov2019-afrikaans/94edc054-2638-42f9-bf57-ceef7744699c) — Memo · 2019 · Afr
- [AGR SCIENCES P1 GR10 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-agricultural-sciences-2019-national-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/90731281-5655-4ac5-aafd-e2831c2da8dd) — Memo · 2019 · Afr
- [AGR SCIENCES P2 GR10 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-agricultural-sciences-2019-national-november-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/1c562852-516e-4a55-8732-80c1df639ffd) — Memo · 2019 · Afr
- [AGR SCIENCES P1 GR10 QP NOV2019 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-agricultural-sciences-2019-national-november-exam-question-paper-paper-1/4de5d043-b6f0-4450-a904-f1ea204533ac) — QP · 2019 · Afr

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
