# Agricultural Sciences Grade 11 P1 2017 QP (Afr)

> Grade 11 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2017 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p1-qp-nov2017-afrikaans/669f7e40-688f-4bb5-9752-1bce43ef724f
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 11 P1 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p1-qp-nov2017-afrikaans/669f7e40-688f-4bb5-9752-1bce43ef724f)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 11 · Eastern Cape November · 2017 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [AGR SCIENCES P1 GR11 MEMO NOV2011 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p1-gr11-memo-nov2011-afrikaans/795be76f-72b3-4f16-8634-4b24b49b6d83) — Memo · 2017 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 11

                      NOVEMBER 2017

               LANDBOUWETENSKAPPE V1

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                             LANDBOUWETENSKAPPE V1                    (EC/NOVEMBER 2017)

 INSTRUKSIES EN INLINGTING

 1.     Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

 2.     Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 3.     Lees AL die vrae noukeurig deur en beantwoord slegs dit wat gevra word.

 4.     Nommer alle vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik word.

 5.     Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.

 6.     Toon ALLE berekeninge, insluitend eenhede en formules, waar van
        toepassing.

 7.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                            LANDBOUWETENSKAPPE V1                              3

 AFDELING A

 VRAAG 1

 1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
        Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
        (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 A.

        1.1.1        … is ŉ voorbeeld van ŉ organiese verbinding.

                     A       Glukose
                     B       Ammonium
                     C       Koolstofdioksied
                     D       Water

        1.1.2        Die tipe binding wat vorm wanneer twee aminosure bind en water
                     afgegee word:

                     A       Kovalent
                     B       Ionies
                     C       Peptied
                     D       Waterstof

        1.1.3        Die volgende is eienskappe van sure:

                     (i)     Hulle stel waterstofione vry in water om ŉ hidronium te vorm
                     (ii)    Hulle irrodeer aktiewe materiale
                     (iii)   Hulle is protonontvangers
                     (iv)    Hulle het ŉ hoë konsentrasie waterstofione

                     Kies die korrekte kombinasie:

                     A       (i), (iii) en (iv)
                     B       (ii), (iii) en (iv)
                     C       (i), (ii) en (iv)
                     D       (i), (ii) en (iii)

        1.1.4        ŉ Voordeel van goeie grondstruktuur vir die boer is ...

                     A       beter opkoms van saailinge as gevolg van beter grondkorsting.
                     B       toename in versuiping vir beter wortelpenetrasie.
                     C       toename in korsvorming met beter biologiese aktiwiteite.
                     D       afname in soutwanbalans as gevolg van beter bufferkapasiteit
                             van grond.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                               LANDBOUWETENSKAPPE V1                   (EC/NOVEMBER 2017)

        1.1.5    Die volgende stelling is WAAR oor die verskil tussen grondlug en
                 atmosferiese lug:

                 A     Grondlug bevat tien keer minder koolstofdioksied as
                       atmosferiese lug
                 B     Grondlug bevat minder suurstof en meer water in vergelyking
                       met atmosferiese lug
                 C     Atmosferiese lug is baie meer gekonsentreerd met
                       koolstofdioksied en stikstof as grondlug
                 D     Atmosferiese lug is meer versadig aan vog as grondlug

        1.1.6    Die volgende word NIE deur grondtemperatuur beïnvloed nie:

                 A     Grondvorming
                 B     Metaboliese prosesse in plante
                 C     Gronddiepte
                 D     Aktiwiteit van grond mikro-organismes

        1.1.7    Die metode om grondsoutheid te beheer deur die sout op die
                 grondoppervlak meganies te verwyder is …

                 A     spoeling.
                 B     skraping.
                 C     loging.
                 D     dissosiasie.

        1.1.8    Die diagnostiese sub-horison wat onder versuipte toestande vorm is
                 die …B horison.

                 A     gleykutaniese
                 B     humiese
                 C     melaniese
                 D     ortiese

        1.1.9    Die fungi wat ŉ simbiotiese verhouding met plante se wortels vorm
                 sodat die plante meer fosfor kan opneem is ...

                 A     honderdpote.
                 B     aktinomisiete.
                 C     rhizobium.
                 D     mycorrhiza.

        1.1.10   … is ŉ maatreël wat die boer kan neem om waterverlies deur
                 transpirasie te verminder.

                 A     Minimum bewerking
                 B     Verwyder onkruid
                 C     Terrasvorming
                 D     Verminder perkolasie                                   (10 x 2)   (20)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                  LANDBOUWETENSKAPPE V1                                   5

 1.2 Dui aan of elk van die volgende stellings in KOLOM B van toepassing is op
     slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen van die items in KOLOM A nie.
     Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer
     (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 SLEGS B.

                     KOLOM A                                KOLOM B
                A     Gliserol
       1.2.1                               Boustene van koolhidrate
                B     Glukose
                A     Hidrolise            Chemiese reaksie wat lei tot die afbreek
       1.2.2    B     Kondensasie          van chemiese verbindings deur water by te
                                           voeg
                A     Kohesie              Versameling van molekules van een stof
       1.2.3
                B     Adhesie              op die oppervlak van ŉ ander stof
                A     Siwwe                Metode om grondtekstuur te bepaal deur
       1.2.4
                B     Afsakkingskolomme    grond in ŉ silinder water op te los
                A     Natriumbikarbonate   Verweer die struktuur van grond deur die
       1.2.5
                B     Natriumkarbonate     verwydering van organiese materiaal
                                                                                (5 x 2)    (10)
 1.3 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
     woord/term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK
     neer.
       1.3.1    Die disakkaried wat vorm wanneer glukose met fruktose bind
       1.3.2    ŉ Eienskap van koolstofatome wat dit in staat stel om met homself te
                bind en lang kettings te vorm
       1.3.3    Die beweging van water in grond deur die krag van gravitasie

       1.3.4    Die massa per volume-eenheid van oondgedroogde grond

       1.3.5    Grondkleur met kolle verskillende kleure veroorsaak deur periodiese
                versadiging                                                   (5 x 2)      (10)
 1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in elk van die volgende stellings
     om hulle WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer
     (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

       1.4.1    Propanol is die produk van fermentasie van suiker in alkoholiese
                drankies.

       1.4.2    Grondkompaksie is die rangskikking van grondpartikels in eenhede wat
                dit ŉ kenmerkende patroon gee.
       1.4.3    Stikstof is ŉ gas wat reageer met onoplosbare kalsiumkarbonaat en dit
                verander na oplosbare kalsiumbikarbonaat.
       1.4.4    Die vog wat baie styf deur grondpartikels vasgehou word en nie deur
                plante opgeneem kan word nie is kapillêre water.
       1.4.5    Mineralisasie is die omsetting van ŉ element van ŉ anorganiese na ŉ
                organiese vorm in mikrobiale of plantweefsel.                (5 x 1)            (5)
                                                               TOTAAL AFDELING A:               45

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                              LANDBOUWETENSKAPPE V1                       (EC/NOVEMBER 2017)

 AFDELING B

 VRAAG 2: BASIESE LANDBOUCHEMIE

 Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

 2.1    Die illustrasie hieronder toon stowwe wat in landbou gebruik word.

        2.1.1   Dui die stof aan, A en B onderskeidelik, vanaf die illustrasie wat ŉ
                verbinding en ŉ mengsel voorstel.                                               (2)

        2.1.2   Gee ŉ verskil tussen die stowwe gemerk A en B.                                  (2)

        2.1.3   Gebruik ŉ diagram om die chemiese binding te toon wanneer die stof
                genommer A vorm.                                                                (3)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                  LANDBOUWETENSKAPPE V1                                    7

 2.2    Die foto’s hieronder toon kossoorte wat verskillende soorte vette bevat.

                        KOS A                                     KOS B

        2.2.1    Klassifiseer die vette in die kos hierbo as onversadig en versadig.             (2)

        2.2.2    Identifiseer die vet vanuit die kossoort hierbo as deel van ŉ dieet wat
                 aanbeveel word.                                                                 (1)

        2.2.3    Gee TWEE redes vir jou antwoord in VRAAG 2.2.2.                                 (2)

        2.2.4    Onderskei tussen kos A en kos B onder die volgende hoofde:

                 (a)   Smeltpunt                                                             (2)

                 (b)   Binding tussen die koolstofatome                                      (2)

 2.3    Proteïene is komplekse organiese verbindings en het verskillende funksies
        afhangende van hul vorm.

        2.3.1    Noem die bousteen van ŉ proteïenmolekule.                                       (1)

        2.3.2    Gee ŉ verskil tussen eenvoudige en komplekse proteïene.                         (2)

        2.3.3    Dui die rede aan waarom diere proteïene in elk van die volgende
                 gevalle gegee moet word:

                 (a)   Resiesperd                                                                (1)

                 (b)   Beseerde dier                                                             (1)

                 (c)   Pasgebore dier                                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                               LANDBOUWETENSKAPPE V1                              (EC/NOVEMBER 2017)

 2.4    Die tabel onderaan wys basiese groepe organiese verbindings,
        struktuurformules, sowel as molekulêre formules.

        Naam van ŉ           Funksionele         Struktuurformules             Molekulêre
        verbinding           groep                                             formules
             A     (1)                               H       H   H                 B          (1)

                             Koolwaterstof       H C C           C   H

                                                     H H         H
                                  C        (1)           D               (2)
        Etanol                                                                 C2H5OH

             E        (1)         F        (1)                                    G            (2)
                                                         H       O

                                                 H       C       C   OH

                                                         H

        2.4.1    Voltooi die tabel deur byskrifte vir A tot G te voorsien.                              (9)

        2.4.2    Gee EEN belangrike gebruik van verbinding E vir landelike
                 gemeenskappe.                                                                          (1)

 2.5    Hieronder is foto’s van koolhidraatryke kosse.

        2.5.1    Klassifiseer die kosse hierbo in verskillende tipes koolhidrate.                       (2)

        2.5.2    Skryf die chemiese formule van die tipe koolhidraat waartoe suiker
                 behoort.                                                                              (1)
                                                                                                     [35]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                  LANDBOUWETENSKAPPE V1                                     9

 VRAAG 3: GRONDKUNDE

 Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

 3.1    Grondtekstuur is die verhouding van sand, slik en klei in ŉ gegewe
        grondmonster. Hieronder is ŉ tekstuurdiagram wat gebruik word om
        tekstuurklasse te identifiseer, gebaseer op partikelgrootte analise.

        3.1.1    Gebruik die tekstuurdiagram hierbo om die persentasie sand en klei in
                 die volgende tekstuurklasse te bepaal:

                 (a)   Kleileem                                                                   (2)

                 (b)   Slikleem                                                                   (2)

        3.1.2    Die tekstuurklas met 20% sand, 20% slik en 60% klei het ŉ invloed op
                 grondeienskappe. Bewys hierdie stelling deur te verduidelik hoe die
                 tekstuur die volgende beïnvloed:

                 (a)   Bewerkbaarheid van grond                                                   (2)

                 (b)   Dreinering van grond                                                       (2)

        3.1.3    Dui die tekstuur vanaf die tekstuurdriehoek aan wat ideaal is vir
                 gewasverbouing.                                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                              LANDBOUWETENSKAPPE V1                      (EC/NOVEMBER 2017)

 3.2    Graad 11-leerders het ŉ ondersoek gedoen om die beweging van water deur
        verskillende grondteksture te bepaal. Drie grondkolomme wat sand, leem/slik
        en klei bevat is opgestel en in ŉ pan water geplaas.
        Twee observasies is gemaak:

               Hoogte tot waar water in elke grond kolom styg
               Tyd wat water geneem het om die hoogste punt te bereik

        3.2.1     Formuleer ŉ hipotese vir die ondersoek hierbo.                                (2)

        3.2.2     Dui die tipe waterbeweging aan wat deur die leerders in die
                  ondersoek gewys is.                                                           (1)

        3.2.3     Gebaseer op die waarnemings, noem die grondsoorte soos
                  verteenwoordig deur A, B en C.                                                (3)

        3.2.4     Dui die grond aan waar die volgende voorkom:

                  (a)   Water styg die vinnigste                                                (1)

                  (b)   Water styg die stadigste                                                (1)

        3.2.5     Gee ŉ rede vir die antwoord in VRAAG 3.2.4 (a) en (b).                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                  LANDBOUWETENSKAPPE V1                               11

 3.3    Die data hierbo wys die grondtemperatuurlesings by twee verskillende dieptes
        gemeet vanaf 06:00 tot 18:00.

                     Tyd            Temperatuurlesing op       Temperatuurlesing
                                      die oppervlak (°C)        20 cm diep (°C)
                     06:00                   08                       04
                     08:00                   10                       04
                     10:00                   14                       05
                     12:00                   21                       12
                     14:00                   27                       16
                     16:00                   24                       18
                     18:00                   19                       16

        3.3.1    Trek ŉ staafgrafiek om die grondtemperatuurlesings by verskillende
                 dieptes gedurende verskillende tye van die dag te toon.                  (6)

        3.3.2    Gee jou waarnemings oor die neiging van die temperatuur op die
                 grondoppervlak.                                                          (1)

        3.3.3    Noem TWEE maniere om die toestande in VRAAG 3.3.2 te
                 verminder.                                                               (2)

 3.4    Grondkleur is ŉ handige aanwyser van sekere eienskappe van grond.
        Verskillende grondkleure bestaan as gevolg van sekere grondtoestande.

        Dui die oorsaak van die volgende grondkleure aan:

        3.4.1    Swart                                                                    (1)

        3.4.2    Rooi                                                                     (1)

        3.4.3    Grys                                                                     (1)

 3.5    Totale porieruimtes in grond is belangrik vir suksesvolle gewasproduksie as
        gevolg van die invloed op die grond se vermoë om water, lug en
        voedingstowwe te hou.

        Verduidelik die invloed van die volgende grondeienskappe op die totale
        porieruimtes:

        3.5.1    Gronddiepte                                                              (2)

        3.5.2    Krummelstruktuur                                                         (2)
                                                                                         [35]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
 12                                LANDBOUWETENSKAPPE V1                   (EC/NOVEMBER 2017)

VRAAG 4: GRONDKUNDE

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

4.1 Die tabel hieronder toon ŉ grondprofiel met verskillende kombinasies van
    grondhorisonne.

      GRONDPROFIEL            GRONDPROFIEL        GRONDPROFIEL         GRONDPROFIEL
           A                       B                   C                    D
              A                      A                      A                 B
              C                      E                      G                 C
                                     B                      C
                                     C
      4.1.1   Identifiseer die grondprofiel genommer A, B, C en D.                              (4)

      4.1.2   Noem die horison wat verband hou met die volgende stellings:

              (a)     Ontvang grondmateriaal                                                    (1)

              (b)     Mengsel van anorganiese materiaal en volledig-ontbinde organiese
                      materiaal                                                                 (1)

              (c)     Grond word direk deur fisiese verwering gevorm                            (1)

4.2 Grondklassifikasie is ŉ sistematiese manier om grond in klasse te groepeer volgens
    sekere eienskappe. ŉ Prosedure word gevolg wanneer klassifikasie gedoen word.

      4.2.1   Herrangskik die stappe hieronder om grond te klassifiseer in die korrekte
              volgorde:

                   Bevestig grondvorm
                   Bepaal grondseries
                   Identifiseer diagnostiese horisonne
                   Series-eienskappe word geïdentifiseer
                   Merk meesterhorisonnte af                                (5 x 1)            (5)

      4.2.2   ‘In Suid-Afrika word ŉ binomiese klassifikasiestelsel gebruik wanneer grond
              geklassifiseer word’. Verduidelik hierdie stelling.                               (2)

 Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                  LANDBOUWETENSKAPPE V1                                13

 4.3    Die prente onderaan toon lewende organismes wat in grond aangetref word.

                       PRENT A                                   PRENT B

        4.3.1    Klassifiseer die organismes in prente A en B.                             (2)

        4.3.2    Die organismes in die prente hierbo het sekere toestande nodig om te
                 oorleef. Noem DRIE toestande benodig vir die oorlewing van hierdie
                 organismes.                                                               (3)

        4.3.3    Verduidelik hoe die organismes in die prente hierbo die volgende in
                 die grond verbeter:

                 (a)   Grondstruktuur                                                      (2)

                 (b)   Grondvrugbaarheid                                                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                            LANDBOUWETENSKAPPE V1                      (EC/NOVEMBER 2017)

 4.4    Die tabel hieronder toon twee plase met verskillende grondtoestande.

                    PLAAS A                                      PLAAS B
         Boonste laag grond is swart              Wit laag sout kom op die
                                                    oppervlak voor
         Grondpartikels dissosieer                Water neem lank om in die grond
                                                    in te filtreer
         Verminderde water infiltrasie            Gewasse kom verlep voor, selfs
                                                    na besproeiing
         Swak saadontkieming as gevolg            Op warm dae verdamp water en
          van verspreide partikels wat porieë       los sout op die grond
          blokkeer

        4.4.1   Voorspel die pH van die grond by Plaas A en Plaas B.                        (2)

        4.4.2   Gee die algemene terme om die pH-vlakke van Plaas A en Plaas B
                te beskryf.                                                                 (2)

        4.4.3   Noem die soute wat sal domineer in Plaas A se grond.                        (1)

        4.4.4   Stel TWEE maniere voor hoe die toestand van Plaas A se grond
                reggestel kan word.                                                         (2)

 4.5    Organiese en anorganiese grondkolloïede is klein partikels wat die
        vrugbaarheid van die grond bepaal.

        4.5.1   Gee ŉ voorbeeld van ŉ organiese kolloïed.                                   (1)

        4.5.2   Onderskei tussen organiese en anorganiese kolloïede met betrekking
                tot die vorm.                                                               (2)

        4.5.3   Verduidelik hoe organiese en anorganiese kolloïede
                grondvrugbaarheid verbeter.                                                  (2)
                                                                                            [35]

                                                             TOTAAL AFDELING B:             105
                                                                 GROOTTOTAAL:               150

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

## Related documents

- [AGRIC SCIENCES P1 QP GR11 NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-qp-gr11-nov2022-afrikaans/7d67640a-a476-4b70-b224-2729bdb5e9b3) — Agricultural Sciences · QP · 2022 · Afr
- [AGRIC SC P1 GR11 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sc-p1-gr11-qp-nov2018-afrikaans/27fdc685-d8fc-42a3-a4f1-ff4853368997) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-memo-gr11-nov-2022-afrikaans/bdd8ac33-295d-4be9-b283-81c87daf67de) — Agricultural Sciences · Memo · 2022 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P2 GR11 QP NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-gr11-qp-nov2022-afrikaans/b8dd97ec-b03d-49ef-8451-e8b468ef4353) — Agricultural Sciences · QP · 2022 · Afr
- [AGR SCIENCES P2 GR11 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr11-qp-nov2018-afrikaans/4312e17a-9e01-4eff-b53a-3b655c2440fe) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 GR11 QP NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-gr11-qp-nov2020-afrikaans/d2b9241c-0459-4529-894b-3311b2275b59) — Agricultural Sciences · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 11 Agricultural Sciences

- [Gr 11 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-agric-sci-atp-2023-24/06bad6ac-81c6-4c4f-95ed-6a17594131f0) — ATP
- [AGRICULTURAL SCIENCES P1 GR11 MEMO NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-gr11-memo-nov2025-afrikaans-watermark/623a22cf-1bf0-4df4-941a-637326574d24) — Memo · 2025 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV 2024 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-memo-gr11-nov-2024-afr-watermark/379d01ed-6e35-4c93-bbcc-3379030ea999) — Memo · 2024 · Afr
- [AGRICULTURAL SCIENCES P2 GR11 MEMO NOV2024 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-gr11-memo-nov2024-afrikaans-watermark/bb36c32d-5fc8-4668-ad2d-833efb6ee516) — Memo · 2024 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-memo-gr11-nov-2023-afrikaans/3bd6197a-e85a-4d50-9526-9949a2024065) — Memo · 2023 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P2 GR11 MEMO NOV2023 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-gr11-memo-nov2023-afrikaans-watermark/94c17983-eb26-4603-a12b-5c6f7b313f35) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
