# Agricultural Sciences Grade 10 P2 2018 QP (Afr)

> Grade 10 Agricultural Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2018 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr10-qp-nov2018-afrikaans/ce5c1034-4dce-4caa-b868-3d33b7d0028d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 10 P2 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr10-qp-nov2018-afrikaans/ce5c1034-4dce-4caa-b868-3d33b7d0028d)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 10 · Eastern Cape November · 2018 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [AGR SCIENCES P2 GR10 MEMO NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr10-memo-nov2018-afrikaans/f781edfd-29fc-411e-aec4-880948617232) — Memo · 2018 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 10

                       NOVEMBER 2018

                LANDBOUWETENSKAPPE V2

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                         LANDBOUWETENSKAPPE V2                           (EC/NOVEMBER 2018)

    INSTRUKSIES EN INLIGTING

    1.   Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
         AFDELING B.

    2.   Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

    3.   Lees AL die vrae korrek en antwoord wat gevra word.

    4.   Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik word.

    5.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

    6.   Wys ALLE bewerkings, insluitend formules, waar van toepassing.

    7.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                     LANDBOUWETENSKAPPE V2                                      3

  VRAAG 1

  1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
        Kies die korrek antwoord en skryf SLEG die letter (A–D) langs die
        vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld
        1.1.11 D.

        1.1.1        Een van die volgende is kenmerkend van primêre minerale.

                     A    Gevorm deur oksidasie
                     B    Gevorm deur die kristallisering van rots
                     C    Teenwoordig in kleipartikels
                     D    Gevorm met vrye suurstof

        1.1.2        Identifiseer die tipe voer wat onderaan getoon word.

                     A    Hooi
                     B    Kuilvoer
                     C    Weiding
                     D    Droë pille

        1.1.3        Die boustene van lewe is …

                     A    selle.
                     B    weefsels.
                     C    organe.
                     D    stelsels.

        1.1.4        Een van die volgende is nie ŉ kenmerk van topografie nie.

                     A    Hoogte
                     B    Hoek van die helling
                     C    Tyd
                     D    Aspek

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                            LANDBOUWETENSKAPPE V2                          (EC/NOVEMBER 2018)

        1.1.5    Ovaal of skyfvormige organel wat karetinoïede bevat.

                 A      Chloroplast
                 B      Chlorofil
                 C      Chromoplast
                 D      Leukoplast

        1.1.6    … is nie ŉ beheermaatreël vir gronddegredasie nie.

                 A      Toediening van kompos
                 B      Agterlaat van gewas(oes)oorblyfsels op die veld
                 C      Toediening van plaasmis
                 D      Verwydering van gewas(oes)oorblyfsels vanaf die veld

        1.1.7    Wortelgroente benodig die volgende grondtoestande:

                 (i)   Diep, ligte sanderige leemgrond
                 (ii)  Hoë watertafel, aangesien hulle nie droë toestande kan
                       hanteer nie
                 (iii) Goed gedreineerde grond
                 (iv) Donker kleigrond

                 Kies die korrekte kombinasie:

                 A      (i), (ii) en (iii)
                 B      (i), (iii) en (iv)
                 C      (i), (ii) en (iv)
                 D      (ii), (iii) en (iv)

        1.1.8    Een van die volgende is nie ŉ bewerkingseienskap van grond wat
                 vanaf metamorfiese gesteente gevorm het nie.

                 A      Taai en moeilik om te bewerk
                 B      Geskik om wintergrane te verbou
                 C      Grond is suur
                 D      Maklik kompakteerbaar

        1.1.9    Watter van die volgende is nie ŉ volhoubare manier om water te
                 gebruik nie?

                 A      Minimum hoeveelheid water word vir besproeiing gebruik
                 B      Vang reënwater op
                 C      Plant plante met breë blare wat evapotranspirasie versnel
                 D      Groei droogtebestande gewasse

        1.1.10   … is ŉ voorbeeld van ŉ tropiese vrug.

                 A      Piesang
                 B      Appel
                 C      Druiwe
                 D      Tamatie                                             (10 x 2)       (20)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                  LANDBOUWETENSKAPPE V2                                         5

  1.2 Kies ŉ woord/term/konsep/frase vanuit KOLOM B wat die beste by die
      verduideliking in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–J) langs die
      vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
      1.2.6 K

                            KOLOM A                               KOLOM B
        1.2.1    Kom oorspronklik van Kenia in Oos-Afrika    A   Metafase
                 en word as ŉ weidingsgras gebruik

        1.2.2    Die soliede dop van die aarde               B   Mineraal

        1.2.3                                                C   Roggras

                 Koning Protea

        1.2.4    Chromosome vasgeheg aan die spoel by D          Hidrosfeer
                 die sentromeer gaan lê langs die ewenaar

        1.2.5    Soliede anorganiese stof wat in rotse en    E   Kikoejoe-gras
                 grond gevind word

                                                             F   Fynbosblom

                                                             G   Magma

                                                             H   Anafase

                                                             I   Litosfeer

                                                             J   Bladwisselende
                                                                 vrug
                                                                            (5 x 2)        (10)

  1.3 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
      woord/term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK
      neer.

        1.3.1    Hoeveelheid vog in die atmosfeer

        1.3.2    Aanplant van dieselfde gewas op dieselfde stuk grond seisoen na
                 seisoen

        1.3.3    Gewasse wat gebruik word om vee te voer

        1.3.4    Beweging van lug in die grond

        1.3.5    Kapsules wat sade in boontjieplante bevat                      (5 x 2)    (10)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                          LANDBOUWETENSKAPPE V2                              (EC/NOVEMBER 2018)

    1.4   Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in elk van die volgende
          stellings om dit WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die
          vraagnommer (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

          1.4.1   Inheemse plante is nie oorspronklik van ŉ gegewe area nie.

          1.4.2   Humifikasie is ŉ grond met ŉ hoë anorganiese en lae organiese
                  inhoud.

          1.4.3   Die verharding van die grondoppervlakte word kompaksie
                  genoem.

          1.4.4   Weefsel is ŉ deel van die liggaam wat ŉ spesifieke funksie verrig.

          1.4.5   Suurheid is die teenwoordigheid van oortollige sout in die grond.
                                                                                (5 x 1)      (5)

                                                             TOTAAL AFDELING A:               45

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                     LANDBOUWETENSKAPPE V2                                        7

AFDELING B

VRAAG 2: GRONDKUNDE

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

2.1    Grond bestaan uit ŉ mengsel van rotsdeeltjies, organiese materiaal, minerale,
       lewende organismes, lug en water. Goeie landbougrond moet al hierdie
       komponente in die korrekte verhoudings bevat. Die grootte van gronddeeltjies
       en hul verhoudings sal op sy beurt die tekstuur van grond bepaal.

       2.1.1     Identifiseer die grondkomponent uit die bostaande leesstuk wat
                 verantwoordelik is vir elk van die volgende:

                 (a) Ontbind en meng dooie plantmateriaal met die grond                         (1)

                 (b) Beïnvloed die kleur van die grond                                          (1)

                 (c) Bewerkstellig respirasie van plantwortels en grondmikrobes                 (1)

                 (d) Bewerkstellig vervoer van voedingstowwe en is by chemiese
                     prosesse soos fotosintese betrokke                                         (1)

       2.1.2     Klassifiseer die bakterieë wat in die wortels van peuldraende gewasse
                 voorkom wat verantwoordelik is vir die omskakeling van stikstof na
                 anorganiese komponente wat deur plante opgeneem kan word.                      (1)

       2.1.3     Verduidelik die invloed wat grond met ŉ fyn tekstuur op die beweging
                 van grondlug sal hê.                                                           (2)

       2.1.4     Verduidelik DRIE funksies van grond in ŉ ekosisteem.                           (3)

2.2    ŉ Geoloog het ŉ navorsingstudie uitgevoer op TWEE verskillende plase, een
       wat in die Noorde en die ander een in die Suidelike deel van die distrik geleë
       is. Die volgende grondeienskappe was geïdentifiseer:

                          PLAAS A                                PLAAS B
              Lae grondtemperatuur                    Hoë grondtemperatuur
              Minerale gevind is sagter, fyner        Die chemiese samestelling van
               en het ŉ gelaagde struktuur              minerale wat in sand, slik en
              Illiet- en vermikulietminerale is in     ouergesteentes voorkom, is
               die grond teenwoordig                    soortgelyk
                                                       Velspar- en apatietminerale is in
                                                        die grond teenwoordig

       2.2.1 Klassifiseer die minerale wat op Plaas A gevind is as primêre of
             sekondêre minerale.                                                                (1)

       2.2.2 Gee enige TWEE voorbeelde van die tipe mineraal genoem in
             VRAAG 2.2.1, anders as dié wat in die tabel genoem is.                             (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                          LANDBOUWETENSKAPPE V2                             (EC/NOVEMBER 2018)

      2.2.3 Gee EEN fisiese eienskap van die mineraal by plaas B gevind.                    (1)

      2.2.4 Na aanleiding van die funksie, gee die verskil tussen kosbare minerale
            en grondvoedingstowwe.                                                          (2)

2.3   Klassifiseer die minerale se identifiseringseienskap wat met die volgende
      geassosieer word:

      2.3.1    Krap ŉ mineraal met ŉ glassnyer                                              (1)

      2.3.2    Kap en breek ŉ montmorilloniet-mineraal met ŉ hamer om die lyne te
               sien waarlangs die mineraal sal breek                                        (1)

2.4   Diagramme A en B wys voorbeelde van chemiese reaksies wat tot die
      chemiese verwering van gesteentes bydra.

      DIAGRAM A
      KAISI3O8  + H2O                   → HAISI3O8       +           KOH

      Muskoviet       + water       →     suursilikaat   +       kaoliniet

      (minder oplosbaar)                                     (hoogs oplosbaar)

      DIAGRAM B

      CO2                       +            H2O         →       H2CO3

      Koolstofdioksied              +          water         →    koolsuur

      2.4.1    Identifiseer die tipes chemiese verwering wat in diagram A en B elk
               gewys word.                                                                  (2)

      2.4.2    Verduidelik hoe die chemiese reaksie in diagram A die
               verweringsproses aanhelp.                                                    (2)

      2.4.3    Identifiseer die eindproduk van grondmikrobiese respirasie vanaf
               diagram B.                                                                   (1)

      2.4.4    Lys DRIE klasse van stollingsgesteentes.                                     (3)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                 LANDBOUWETENSKAPPE V2                                        9

 2.5 Die onderstaande diagram wys meesterhorisonne in grond.

       2.5.1    Identifiseer die bostaande diagram.                                         (1)

       2.5.2    Motiveer jou antwoord tot VRAAG 2.5.1.                                      (2)

       2.5.3    Identifiseer die horison vanaf die bostaande diagram waar illuviasie
                plaasvind.                                                                  (1)

       2.5.4    Regverdig jou antwoord vir VRAAG 2.5.3 met EEN rede vanaf die
                diagram.                                                                    (1)

       2.5.5    Gee TWEE agente wat biologiese verwering van gesteentes in die R
                en C horison veroorsaak.                                                    (2)

 2.6   Grondvorming kan voorgestel word deur die volgende vergelyking:
       S=f(P,R,CL,O,T)

       Voorsien LETTERS vanuit die vergelyking wat die volgende
       grondvormingsfaktore voorstel.

       (a)     Biologie                                                                     (1)

       (b)     Geologie en mineralogie                                                     (1)
                                                                                          [35]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
 10                           LANDBOUWETENSKAPPE V2                               (EC/NOVEMBER 2018)

VRAAG 3: PLANTSTUDIES

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

3.1 Die onderstaande tabel wys DRIE voorbeelde van oesgewasse.

                  Mielies                Sonneblomme                     Suikerriet

                      A                         B                             C

      3.1.1 Klassifiseer die gewasse uit die bostaande prente onder industriële-, olie- of
            graangewasse.                                                                              (3)

      3.1.2 Verduidelik hoekom die gewasse in die bostaande diagram as oesgewasse
            beskou word.                                                                               (2)

      3.1.3 Mielies is een van die belangrikste gewasse wat in Suid-Afrika verbou word.
            Regverdig hierdie stelling deur DRIE redes te gee.                                         (3)

      3.1.4 Beskryf enige DRIE faktore wat die sukses van ŉ gewasproduksie
            onderneming kan beïnvloed.                                                                 (3)

3.2 Limpopo is ŉ groot provinsie in Suid-Afrika. Dit is ŉ vrugbare streek met tropiese en
    subtropiese landbou wat in ŉ gebied van 20 000 km2 plaasvind.

      Die vallei van Limpopo lewer rooi appels en druiwe. Piesangs, avokadopere en
      sitrusvrugte is ook algemene gewasse in die omgewing. Die provinsie produseer die
      meerderheid van die land se mango’s, macadamia-neute, papajas, tee en koffie.

      Die omliggende berghange is swaar bebos met denne- en bloekomplantasies,
      gevolglik is daar naby aan 40 saagmeulens in die omgewing.

      3.2.1 Verwys na die bostaande scenario en identifiseer die gewas wat elk van die
            volgende beskrywings pas:

            (a)       Oorspronklik van ŉ tipe houtagtige wingerdstok van ŉ area genaamd
                      Turkye in Europa                                                                 (1)

            (b)       Wonderlike bron van mono-onversadigde vette, baie proteïene en
                      swaar kalium                                                                     (1)

            (c)       Het ŉ sponserige of leeragtige skil, sappige pulp en verdeel in afdelings        (1)

            (d)       Sagtehoutboom met immergroen en naaldvormige blare                               (1)

 Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                                    LANDBOUWETENSKAPPE V2                                    11

      3.2.2 Gee EEN klimaatsvereiste vir die groei van piesangs.                                               (1)

      3.2.3 Noem TWEE vitamiene wat piesangs bevat.                                                            (2)

 3.3 Die staaf(kolom)-grafiek hieronder illustreer die hoeveelheid hooi wat uit
     lusern geproduseer word, wat vanaf 2005 tot 2010 wat op 35 hektaar grond
     deur ŉ melkboer verbou was.

                                4000

        Lusern produksie (Kg)
                                3500
                                3000
                                2500
                                2000
                                1500
                                1000
                                 500
                                   0
                                        2005/6       2006/7    2007/8    2008/9           2009/10
                                                         Jare van produksie

       3.3.1                      Noem die voedingstof wat deur lusern aan melkbeeste verskaf
                                  word.                                                                       (1)

       3.3.2                      Bied die inligting in die grafiek hierbo in die vorm van ŉ tabel aan.       (5)

       3.3.3                      Lei die tendens af vir lusern-produksie vanaf 2005 tot 2010.                (2)

       3.3.4                      Voorspel, deur te bereken, die hoeveelheid lusern wat in 2006/7
                                  geproduseer sou word indien die boer 105 ha grond gehad het.                (3)

 3.4 Die bestuur van bome vorm deel van bewaring.

       3.4.1                      Noem die wetgewing wat handel oor indringerplantbestuur in Suid-
                                  Afrika.                                                                     (1)

       3.4.2                      Beskryf DRIE redes vir die bevordering vir die groei van beskermde
                                  bome.                                                                       (3)

       3.4.3                      Voorsien TWEE voorbeelde van beskermde woudbome in Suid-
                                  Afrika.                                                                    (2)
                                                                                                            [35]

Kopiereg voorbehou                                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                        LANDBOUWETENSKAPPE V2                             (EC/NOVEMBER 2018)

  VRAAG 4:      VOLHOUBARE NATUURLIKE HULPBRON BENUTTING EN
                BIOLOGIESE KONSEPTE

  Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

  4.1   Die onderstaande prent wys die gevolge van swak grondbestuur.

        4.1.1    Identifiseer die verskynsel voorgestel in die bostaande prent.             (1)

        4.1.2    Stel TWEE nadelige effekte voor wat die verskynsel in
                 VRAAG 4.1.1 vir die boer kan hê.                                           (2)

        4.1.3    Gee enige DRIE maatreëls wat deur die boer gebruik kan word om
                 die verskynsel te voorkom.                                                 (3)

        4.1.4    Beskryf DRIE moontlike oorsake van die probleem in die prent
                 voorgestel.                                                                (3)

        4.1.5    Gee enige DRIE negatiewe effekte van inkorrekte verwydering van
                 landbouafval op grondkwaliteit.                                            (3)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                       LANDBOUWETENSKAPPE V2                                  13

  4.2   Analiseer die diagram onderaan en beantwoord die vrae wat volg.

        4.2.1        Identifiseer die bron van water in die prent boaan.                         (1)

        4.2.2        Klassifiseer die energie wat gebruik word om water vanuit die grond
                     te onttrek as hernubaar of nie-hernubaar.                                   (1)

        4.2.3        Beskryf DRIE bestuurs- en bewaringstrategieë van die Nasionale
                     Waterwet in Suid-Afrika.                                                    (3)

  4.3   Die diagramme onderaan illustreer TWEE tipes seldeling.

                        DIAGRAM A                              DIAGRAM B

                         P
                                                                     P

                        Seldeling
                                                                Seldeling

            D                        D
                                                        D        D          D       D

                                                        1
        SLUITEL: P – moedersel
                 D – dogtersel

        4.3.1        Identifiseer die tipes seldeling in diagramme A en B.                       (2)

        4.3.2        Regverdig jou antwoord tot VRAAG 4.3.1.                                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
14                        LANDBOUWETENSKAPPE V2                           (EC/NOVEMBER 2018)

        4.3.3    Wat is die naam wat aan selle gegee word wat deur die seldeling in
                 diagram B gevorm word?                                                    (1)

        4.3.4    Verwys na die diagramme en identifiseer die tipe seldeling wat
                 diploïede selle vorm.                                                     (1)

        4.3.5    Voorspel DRIE gevolge vir lewe indien daar geen meiose was nie.           (3)

  4.4   Die volgende is dele van ŉ plant- of diersel.

                nukleus; sitoplasma; selmembraan; mitochondria; ribosome

        4.4.1    Pas die seldele boaan by ELK van die volgende funksies:

                 A      Beheer die werking van die sel
                 B      Vervaardig proteïene vir die sel
                 C      Beheer die stowwe wat die sel inkom en verlaat
                 D      Gee die sel sy vorm
                 E      Breek glukose-molekules af gedurende respirasie                    (5)

        4.4.2    Onderskei met EEN voorbeeld elk, tussen meersellige en
                 eensellige organismes.                                                   (4)
                                                                                         [35]

                                                          TOTAAL AFDELING B:              105
                                                              GROOTTOTAAL:                150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [AGRIC SCIENCES P1 GR10 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-gr10-qp-nov2018-afrikaans/3b99ba39-6f8f-4fe0-9719-9833285bb118) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Afr
- [AGR SCIENCES P2 GR10 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-agricultural-sciences-2018-national-november-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/4087c7d9-6276-4ee2-91c3-084fc475d8e4) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 Grade 10 2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-grade-10-2017-afrikaans/5e537047-6b1d-46d1-aace-cecc78e7302e) — Agricultural Sciences · QP · 2017 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 GR10 MEMO NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-gr10-memo-nov2018-afrikaans/81632768-b2d0-4bcd-a1ed-2d06bcc3e125) — Agricultural Sciences · Memo · 2018 · Afr
- [AGR SCIENCES P2 GR10 MEMO NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-agricultural-sciences-2018-national-november-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/8a7a3eff-8380-45ea-9649-605901ec0893) — Agricultural Sciences · Memo · 2018 · Afr
- [AGRSC P2 GR10 MEMO NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agrsc-p2-gr10-memo-nov2020-afrikaans/45ac7592-4a18-441a-9655-3b4ebbd679f7) — Agricultural Sciences · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 10 Agricultural Sciences

- [Gr10-Agricultural-Sciences-SG LR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-agricultural-sciences-sg-lr/35da6b9e-51f8-4383-bb6d-6ba8a092e2c8) — Guide
- [Gr 10 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-agric-sci-atp-2023-24/ce6113de-3032-4c3d-9c3f-cd321c0d906a) — ATP
- [AGR SCIENCES P1 GR10 MEMO NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p1-gr10-memo-nov2020-afrikaans/8a907289-485b-454c-9cc0-2afc0a4f1d23) — Memo · 2020 · Afr
- [AGR SCIENCES P1 GR10 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p1-gr10-memo-nov2019-afrikaans/66f1e4d8-a249-4e80-9dfc-7d66ad4a5890) — Memo · 2019 · Afr
- [AGR SCIENCES P2 GR10 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr10-memo-nov2019-afrikaans/94edc054-2638-42f9-bf57-ceef7744699c) — Memo · 2019 · Afr
- [AGR SCIENCES P2 GR10 QP NOV2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr10-qp-nov2019-eng-d/c6a09fe6-3bc6-4a18-99c2-6da4249d7989) — QP · 2019 · Eng

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
