# Agricultural Sciences Grade 10 P2 2019 QP (Afr)

> Grade 10 Agricultural Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr10-qp-nov2019-afr-d/9b8ce850-3c9b-4acf-98eb-cd43a5a6e0a5
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 10
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 10 P2 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr10-qp-nov2019-afr-d/9b8ce850-3c9b-4acf-98eb-cd43a5a6e0a5)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 10 · Eastern Cape November · 2019. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                              GRAAD 10

                        NOVEMBER 2019

                 LANDBOUWETENSKAPPE V2

PUNTE: 150

TYD:   2½ uur

                                 *XAGSA2*

                    Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                             LANDBOUWETENSKAPPE V2                     (EC/NOVEMBER 2019)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
     AFDELING B.

2.   Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.   Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

4.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die
     vraestel gebruik word.

5.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.   Toon ALLE bewerkings, insluitende formules, waar van toepassing.

7.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                            LANDBOUWETENSKAPPE V2                           3

AFDELING A

VRAAG 1

1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
       die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
       (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.1.11 D.

       1.1.1 … is nou verbonde aan gronddeeltjies en plante kan dit nie absorbeer
             nie.

               A       Kapillêre water
               B       Perkolasiewater
               C       Gravitasie-water
               D       Higroskopiese water

       1.1.2 Identifiseer die grondvormingsproses wat plaasvind wanneer oplosbare
             materiaal uit die grond in ŉ oplossing gehaal word.

               A       Humifikasie
               B       Loging
               C       Mineralisering
               D       Bioturbasie

       1.1.3 Sekondêre minerale het die volgende eienskappe:

                (i)   Hierdie is minerale wat in hul oorspronklike vorm is
                (ii)  Gevorm wanneer chemiese elemente chemiese veranderinge
                      ondergaan
                (iii) Hulle word in baie fyner grond soos silikate en aluminiumklei
                      gevind
                (iv) Voorbeelde is kaoliniet, vermikuliet, illiet en montmorilloniet

                Kies die korrekte kombinasie:

                A       (i), (ii) en (iii)
                B       (i), (iii) en (iv)
                C       (i), (ii) en (iv)
                D       (ii), (iii) en (iv)

       1.1.4 Die chemiese reaksie in rotse waar waterstof verlore gaan:

               A       Karbonasie
               B       Oksidasie
               C       Hidrolisasie
               D       Reduksie

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                   LANDBOUWETENSKAPPE V2                     (EC/NOVEMBER 2019)

      1.1.5     Die wet op die Bewaring van Landbouhulpbronne (1983), kategorie
                3, stel dat indringers …

                A      ŉ baie hoë risiko inhou en nie geplant mag word nie.
                B      oorneem, maar ook voordelig is.
                C      nuttig kan wees as skaduwee- en ornamentele bome.
                D      nie duur is nie en moeilik is om te verwyder.

      1.1.6     … word geplant om ŉ jaarlikse inkomste vir die boer te produseer.

                A      Jaarplante
                B      Kontantgewasse
                C      Graangewasse
                D      Tuinbougewasse

      1.1.7     Die volgende eienskappe beskryf subtropiese gewasse:

                (i)   Hulle groei goed in warm klimate
                (ii)  Hulle benodig ŉ koel periode in winter en kan ligte ryp
                      hanteer
                (iii) Voorbeelde sluit avokadopere en sitrusvrugte in
                (iv) Ander voorbeelde sluit appels en druiwe in

                Kies die korrekte kombinasie:

                A      (i), (ii) en (iii)
                B      (i), (iii) en (iv)
                C      (i), (ii) en (iv)
                D      (ii), (iii) en (iv)

      1.1.8     Watter EEN van die volgende is ŉ voorbeeld van ŉ peulplant-
                voergewas?

                A      Rooiklawer en lusern
                B      Lusern en kikoejoe
                C      Rooiklawer en raaigras
                D      Kikoejoe en raaigras

      1.1.9     Hierdie aktiwiteit is ŉ metode om die grond volhoubaar te gebruik:

                A      Pas wisselbou toe
                B      Vang reënwater op
                C      Monokultuur-boerdery
                D      Groei droogtebestande gewasse

      1.1.10    Die … bevat genetiese inligting van lewende organismes.

                A      selwand
                B      nukleus
                C      sitoplasma
                D      chloroplaste                                        (10 x 2)       (20)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                 LANDBOUWETENSKAPPE V2                                   5

1.2    Kies ŉ woord/term/konsep/frase vanuit KOLOM B wat die beste pas by ŉ
       beskrywing in KOLOM A. Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommer
       (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 K.

                       KOLOM A                                KOLOM B
       1.2.1 Minerale nie chemies verander nie      A Eutrofikasie

       1.2.2                                        B Sekondêre minerale

               Tipe verwering

       1.2.3 Oliesaadgewasse                        C Koffie
       1.2.4 Klein bosse wat gekweek word om        D Sojabone
             tee te maak

       1.2.5 Voedingstof-besoedeling van            E Primêre minerale
             waterliggame wat algebloei
             veroorsaak
                                                    F Fisiese verwering

                                                    G Versouting

                                                    H Rooibos

                                                    I Katoen

                                                    J Chemiese verwering
                                                                                 (5 x 2) (10)

1.3    Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
       woord/term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK
       neer.

       1.3.1 Die vorming van humus of kompos vanaf plant en dierereste

       1.3.2 ŉ Reeks van ŉ spesifieke plantspesie wat sekere genetiese eienskappe
             het

       1.3.3 Die vrystelling van skadelike stowwe in die omgewing

       1.3.4 Die fase van mitose waar chromosome op die ewenaar rangskik

       1.3.5 Organismes wat uit meer as een sel bestaan                         (5 x 2) (10)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                              LANDBOUWETENSKAPPE V2                      (EC/NOVEMBER 2019)

1.4   Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in elk van die volgende stellings
      om dit WAAR te maak. Skryf slegs antwoord langs die vraagnommer
      (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

      1.4.1    Stratosfeer is die soliede dop van die Aarde.

      1.4.2    Subtropiese vrugte is vrugte wat aan bome groei wat hul blare in die
               winter afgooi.

      1.4.3    Gronderosie is die verharding van die grondoppervlak.

      1.4.4    Mitochondrion produseer suiker en stysel tydens fotosintese.

      1.4.5    Meiose is ŉ tipe seldeling waar die moedersel eenkeer verdeel om
               twee geneties identiese selle te vorm.                        (5 x 1)    (5)

                                                               TOTAAL AFDELING A:       45

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                   LANDBOUWETENSKAPPE V2                                   7

AFDELING B

VRAAG 2: GRONDKUNDE

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

2.1 Die sirkeldiagram hieronder verteenwoordig grondkomponente van ŉ
    1 kg-grondmonster.

      2.1.1     Dui die ideale persentasie van die volgende grondkomponente aan :

                (a) Organies                                                                (1)

                (b) Mineraal                                                                (1)

      2.1.2     Voorsien TWEE funksies van suurstof in die grondlug vir plantegroei.        (2)

      2.1.3     Bereken die hoeveelheid mineraal grondkomponent in ŉ
                1 kg-grondmonster. Laat jou antwoord in gram.                               (3)

      2.1.4     Onderskei tussen gravitasiewater en higroskopiese water.                    (2)

      2.1.5     Beskryf TWEE menslike aktiwiteite wat die vermindering van makro-
                en mikro-organismes in die grond teweegbring.                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                               LANDBOUWETENSKAPPE V2                        (EC/NOVEMBER 2019)

2.2   Geoloë gebruik hul vakkundige kennis vir die identifisering en klassifisering van
      verskeie minerale deur die verskillende eienskappe van minerale te bestudeer.

      2.2.1 Identifiseer die toepaslike eienskappe van minerale wat by ELK van die
            volgende beskrywings pas:

              (a)    Die patroon wat die mineraal toon wanneer dit in verskillende
                     vlakke gesplyt word                                                     (1)
              (b)    Die vermoë van ŉ mineraal om nie deur ŉ ander mineraal gekrap
                     te kan word nie                                                         (1)
              (c)    Die gewig van die mineraal                                              (1)
              (d)    Die vermoë van ŉ mineraal om lig deur te laat                           (1)
              (e)    Taaiheid en samehang van ŉ mineraal                                     (1)

      2.2.2 Met verwysing na formasie, onderskei tussen primêre minerale en
            sekondêre minerale.                                                              (2)

      2.2.3 Noem TWEE voorbeelde van sekondêre minerale.                                     (2)

2.3   Bestudeer die diagram van ŉ rotsformasie hieronder en beantwoord die vrae
      wat volg.

      2.3.1    Noem die tipe rots wat as A, B en C in die diagram hierbo aangedui is.        (3)

      2.3.2    Beskryf kortliks hoe rotse A en B gevorm is.                                  (2)

      2.3.3    Evalueer die geskiktheid van grond wat uit rots C gevorm het vir die
               verbouing van diepwortelgewasse.                                              (1)

      2.3.4    Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.3.3 deur TWEE redes te gee.                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                  LANDBOUWETENSKAPPE V2                                   9

2.4    Die prente hieronder toon die verwering van rots wat lei tot grondvorming.

       2.4.1   Noem die hooftipe verwering wat in die prente hierbo getoon word.          (1)

       2.4.2   Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.4.1.                                      (1)

       2.4.3   Gee enige ander tipe verwering van rotse wat nie hierbo genoem is
               nie.                                                                       (1)

       2.4.4   Beskryf hoe suurstof chemiese verwering van rotse bewerkstellig.           (2)

2.5    Grond word gevorm as gevolg van verskeie faktore wat ŉ invloed daarop het.
       Die illustrasie hieronder toon sommige van hierdie faktore.

       Identifiseer TWEE grondvormingsfaktore wat as A en B aangetoon word.               (2)
                                                                                         [35]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                               LANDBOUWETENSKAPPE V2                   (EC/NOVEMBER 2019)

VRAAG 3: PLANTSTUDIES

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

3.1 Die prente hieronder toon twee voorbeelde van graanveldgewasse wat deur
    boere in Suid-Afrika vir kommersiële doeleindes en vir familie gebruik, verbou
    word.

                       Mielies                             Koring

     3.1.1 Voorsien TWEE redes waarom die verbouing van mielies en koring
           belangrik is in Suid-Afrika.                                                  (2)

     3.1.2 Gee raad aan ŉ boer wat koringproduksie wil begin deur TWEE
           klimaatstoestande, wat gunstig is vir winterverbouing van koring, te
           verduidelik.                                                                  (2)

     3.1.3 Bespreek waarom diep, goed gedreineerde grond sonder harde lae goed
           is vir mielieproduksie.                                                       (2)

     3.1.4 Stel die mees geskikte klas veldgewasse voor wat by elk van die
           volgende beskrywings pas:

            (a)      Gewasse wat gewoonlik verwerk word voordat dit aan die mark
                     verkoop word                                                        (1)

            (b)      Grasplante wat groot sade produseer wat energiedraende
                     koolhidrate bevat                                                   (1)

     3.1.5 Voorsien EEN industriële funksie van houtvesel.                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                   LANDBOUWETENSKAPPE V2                                   11

3.2 Boere verbou tuinbougewasse landswyd in beide groot- en kleinskaalsektore.
    Grootskaal boere wend moderne wetenskaplike kennis aan, soos genetiese
    ingenieurswese, om meer siektebestande kultivars met hoë voedingswaarde
    te ontwikkel. Hierdie boere raadpleeg tuinbouers altyd om meer kennis oor
    verskeie kultivars van tuinbougewasse te verkry, voordat hulle dit kies vir
    verbouing.

      3.2.1 Beskryf kortliks wat tuinbou behels.                                            (1)

      3.2.2 Verwys na die scenario hierbo en gee TWEE voordele van genetiese
            ingenieurswese vir die verbouing van tuinbougewasse.                            (2)

      3.2.3 Bespreek DRIE faktore wat boere in ag moet neem wanneer hulle
            kultivars kies vir groenteproduksie.                                            (3)

      3.2.4 Die gebruik van siektebestande gewasse het ekonomiese en
            omgewingsvoordele. Regverdig hierdie stelling.                                  (2)

      3.2.5 Gee TWEE klasse groentegewasse.                                                 (2)

 3.3 Die tabel hieronder illustreer die totale hoeveelheid vrugtegewasse wat ŉ
     groep boere in 2015 en 2016 na die wêreldmark geproduseer en uitgevoer
     het.

                                    2015                           2016
       Vrugtegewasse       Hoeveelheid   Uitgevoer        Hoeveelheid Uitgevoer
                           geproduseer      (ton)         geproduseer    (ton)
                              (ton)                          (ton)
       Piesangs                600           350              640         400
       Appels                  700           400              880         550
       Druiwe                  800           450              820         450
       Lemoene                 700           500              920         550

       3.3.1    Analiseer die data in die tabel hierbo en trek ŉ staafgrafiek wat die
                hoeveelheid vrugtegewasse vergelyk wat die groep boere in 2015 en
                2016 uitgevoer het.                                                        (5)

       3.3.2    Lei van die tabel hierbo af watter vrug die grootse toename in uitvoer
                getoon het.                                                                (2)

       3.3.3    Voorspel TWEE uitdagings wat die groep boere moontlik mag ervaar
                met die uitvoer van piesangs na die wêreldmark.                            (2)

       3.3.4    Noem die belangrikheid van die uitvoer van vrugte vir Suid-Afrika se
                ekonomie.                                                                  (1)

       3.3.5    Bereken die toename in die persentasie lemoene geproduseer deur
                die groep boere vanaf 2015 tot 2016.                                       (3)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                             LANDBOUWETENSKAPPE V2                      (EC/NOVEMBER 2019)

 3.4 Lantana camara is as ŉ indringerplant verklaar wat uit die area uitgewis moet
     word omdat dit ŉ drastiese verlies aan inheemse plante veroorsaak het asook
     die uitputting van die ondergrondse water waar dit indring. Anders as
     inheemse plante, is daar min natuurlike peste en siektes wat hierdie plant
     aanval.

      3.4.1    Vanuit die gevallestudie hierbo, gee die rede waarom Lantana
               camara as ŉ indringerspesie verklaar is.                                  (1)

      3.4.2    Gee ŉ naam wat aan plantspesies gegee word wat vanaf ŉ ander land
               in ŉ area ingebring is.                                                   (1)

      3.4.3    Stel die hoofrede voor wat Lantana camara se bevolking meer sal laat
               groei as inheemse plant spesies.                                         (1)
                                                                                       [35]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                     LANDBOUWETENSKAPPE V2                                   13

 VRAAG 4:         VOLHOUBARE NATUURLIKE HULPBRONBENUTTING EN
                  BIOLOGIESE KONSEPTE

 Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

 4.1    Die prente hieronder toon twee boere wat verskillende
        grondbewerkingsmetodes toepas.

                Boer A: Geen bewerking              Boer B: Maksimum bewerking

        Hierdie    is    ŉ   konserwatiewe       Hierdie stelsel behels die maksimum
        bewerkingstelsel met minimum of          versteuring van die grond deur swaar
        geen bewerking van die grond nie,        en duur masjinerie te gebruik wat
        wat neig om die opbou van organiese      kompaksie op die grond veroorsaak
        afval aan te moedig en gronderosie       en         groot         hoeveelhede
        te verminder.                            koolstofmonoksied in die atmosfeer
                                                 vrystel.

        4.1.1     Identifiseer, vanuit die prente, die boer wat ŉ effektiewe, ekonomiese
                  en volhoubare bewerkingsmetode gebruik.                                      (1)

        4.1.2     Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.1.1 hierbo.                                 (2)

        4.1.3     Dui aan TWEE skadelike effekte op die omgewing van die
                  bewerkingsmetode wat deur boer B toegepas word.                              (2)

        4.1.4     Stel ŉ metode voor wat boer A kan gebruik om waterverlies te
                  verminder.                                                                   (1)

        4.1.5     Identifiseer ŉ moontlike manier wat gebruik kan word deur boere om
                  gronderosie in hul lande te verminder.                                       (1)

        4.1.6     Stel TWEE gevolge van gronddegradasie vir verbruikers.                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                            LANDBOUWETENSKAPPE V2                      (EC/NOVEMBER 2019)

 4.2    Analiseer die diagram hieronder wat makro-organismes in die grond toon,
        en beantwoord die vrae wat volg.

        4.2.1    Gee TWEE belangrike aspekte van organismes wat in die grond
                 woon.                                                                    (2)

        4.2.2    Intensiewe boerdery verhoog die grondorganisme-bevolking.

                 Analiseer die onderstreepte stelling krities en gee TWEE redes om
                 jou stelling te ondersteun.                                              (3)

        4.2.3    Stel TWEE afvalbestuurstegnieke voor wat afval op die plaas kan
                 verminder terwyl dit die boer se inkomste verhoog.                       (2)

        4.2.4    Verduidelik hoe die Nasionale Waterwet van Suid-Afrika die
                 regmatige en doeltreffende gebruik van water deur boere
                 aanspreek.                                                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                       LANDBOUWETENSKAPPE V2                                   15

 4.3    Die diagram hieronder toon die sel van ŉ lewende organisme.

        4.3.1        Meld of die sel in die diagram hierbo vanaf ŉ plant of ŉ dier onttrek
                     is.                                                                         (1)

        4.3.2        Regverdig jou antwoord op VRAAG 4.3.1 deur EEN sigbare rede
                     vanaf die diagram te gee.                                                   (1)

        4.3.3        Identifiseer die strukture aangedui as A, B en C op die diagram
                     hierbo.                                                                     (3)

        4.3.4        Beskryf die funksie van die organelle in plantselle wat chlorofil
                     bevat.                                                                      (2)

        4.3.5        Onderskei, met EEN voorbeeld elk, tussen plantweefsels en
                     plantorgane.                                                                (4)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                             LANDBOUWETENSKAPPE V2                         (EC/NOVEMBER 2019)

 4.4    Die diagram hieronder illustreer ŉ sekere tipe seldeling wat in plantselle
        plaasvind.

        4.4.1    Identifiseer die tipe seldeling wat in die diagram hierbo getoon word.      (1)

        4.4.2    Regverdig jou antwoord op VRAAG 4.4.1.                                      (1)

        4.4.3    Verduidelik kortliks TWEE belangrike aspekte van die proses wat in
                 VRAAG 4.4.1 geïdentifiseer is.                                              (2)

        4.4.4    Noem die fases A en B in die diagram hierbo.                               (2)
                                                                                           [35]

                                                              TOTAAL AFDELING B:           105
                                                                  GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

## Related documents

- [AGR SCIENCES P2 GR10 QP NOV2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr10-qp-nov2019-eng-d/c6a09fe6-3bc6-4a18-99c2-6da4249d7989) — Agricultural Sciences · QP · 2019 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR10 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr10-memo-nov2019-afrikaans/94edc054-2638-42f9-bf57-ceef7744699c) — Agricultural Sciences · Memo · 2019 · Afr
- [AGR SCIENCES P2 GR10 MEMO NOV2019 English](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr10-memo-nov2019-english/1a36e477-3dcb-4984-8539-69d57647fc68) — Agricultural Sciences · Memo · 2019 · Eng
- [AGR SCIENCES P1 GR10 QP NOV2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p1-gr10-qp-nov2019-eng-d/b5bbcdfe-ceae-4359-bd57-d13b76148e6a) — Agricultural Sciences · QP · 2019 · Eng
- [AGR SCIENCES P1 GR10 QP NOV2019 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p1-gr10-qp-nov2019-afr-d/c0ca572e-0c3f-46ff-9af4-8e299bb1e9a7) — Agricultural Sciences · QP · 2019 · Afr
- [AGR SCIENCES P2 GR10 QP NOV2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-agricultural-sciences-2019-national-november-exam-question-paper-paper-2/a8e46d46-49e0-41fb-b48b-1f8f46d21ed7) — Agricultural Sciences · QP · 2019 · Eng

## More from Grade 10 Agricultural Sciences

- [Gr10-Agricultural-Sciences-SG LR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-agricultural-sciences-sg-lr/35da6b9e-51f8-4383-bb6d-6ba8a092e2c8) — Guide
- [Gr 10 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-agric-sci-atp-2023-24/ce6113de-3032-4c3d-9c3f-cd321c0d906a) — ATP
- [AGR SCIENCES P1 GR10 MEMO NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p1-gr10-memo-nov2020-afrikaans/8a907289-485b-454c-9cc0-2afc0a4f1d23) — Memo · 2020 · Afr
- [AGRSC P2 GR10 MEMO NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agrsc-p2-gr10-memo-nov2020-afrikaans/45ac7592-4a18-441a-9655-3b4ebbd679f7) — Memo · 2020 · Afr
- [AGR SCIENCES P1 GR10 MEMO NOV2020 English](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p1-gr10-memo-nov2020-english/14b52847-d4a5-4720-92cc-414ddcccccb4) — Memo · 2020 · Eng
- [AGRSC P2 GR10 MEMO NOV2020 English](https://www.hlayiso.com/library/agrsc-p2-gr10-memo-nov2020-english/0cde408f-4576-4900-99d7-203253091309) — Memo · 2020 · Eng

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
