# Agricultural Sciences Grade 11 P2 2018 QP (Afr)

> Grade 11 Agricultural Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr11-qp-nov2018-afrikaans/4312e17a-9e01-4eff-b53a-3b655c2440fe
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 11 P2 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr11-qp-nov2018-afrikaans/4312e17a-9e01-4eff-b53a-3b655c2440fe)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 11 · Eastern Cape November · 2018 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 11

                      NOVEMBER 2018

               LANDBOUWETENSKAPPE V2

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                              LANDBOUWETENSKAPPE V2                   (EC/NOVEMBER 2018)

    INSTRUKSIES EN INLINGTING

    1.   Beantwoord ALLE vrae in die ANTWOORDEBOEK.

    2.   Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

    3.   Lees AL die vrae korrek en beantwoord slegs wat gevra word.

    4.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die
         vraestel gebruik word.

    5.   Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.

    6.   Toon AL jou bewerkings, insluitend eenhede en formules, waar van
         toepassing.

    7.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                     LANDBOUWETENSKAPPE V2                                       3

  AFDELING A

  VRAAG 1

  1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde tot die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
         (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.1.11 A.

         1.1.1       ŉ Kataboliese proses waar koolhidrate afgebreek en energie vrygestel
                     word.

                     A       Mineralisasie
                     B       Fotosintese
                     C       Anabolisme
                     D       Respirasie                                                                (2)

         1.1.2       Die blaarpigment verantwoordelik vir die oranje kleur in plante is …

                     A       karetinoïede.
                     B       xantofiele.
                     C       karoteen.
                     D       chlorofil.                                                                (2)

         1.1.3       Die splitsing van watermolekule na waterstof en suurstof in die
                     teenwoordigheid van lig.

                     A       Fotofosforilasie
                     B       Respirasie
                     C       Fotosintese
                     D       Fotolise                                                                  (2)

         1.1.4       Eienskappe van geneties gemodifiseerde gewasse.

                     (i)     Verhoogde opbrengs en skade aan gewas
                     (ii)    Verhoogde opbrengs en beter geur
                     (iii)   Verhoogde opbrengs en beter raklewe
                     (iv)    Weerstandig vir peste en laer insetkostes

                     Kies die korrekte kombinasie:

                     A       (i), (iii), en (iv)
                     B       (i), (ii) en (iv)
                     C       (ii), (iii) en (iv)
                     D       (i), (ii) en (iii)                                                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                LANDBOUWETENSKAPPE V2                   (EC/NOVEMBER 2018)

         1.1.5   Die gebreksimptoom van hierdie element sal ŉ inwendige kurk in
                 appels en tamaties toon.

                 A     Boor
                 B     Yster
                 C     Sink
                 D     Kobalt                                                              (2)

         1.1.6   Die werklike hoeveelheid fosfor wat ŉ 50 kg kunsmis gemerk
                 2 : 3 : 2 (21) bevat.

                 A     3 kg
                 B     4,5 kg
                 C     9 kg
                 D     12 kg                                                               (2)

         1.1.7   Vrugte wat vanaf die ryp vrugbeginsel en ander dele van die blom
                 ontwikkel:

                 A     Saamgestelde vrug
                 B     Eenvoudige vrug
                 C     Byvrug
                 D     Veelvuldige vrug                                                    (2)

         1.1.8   ŉ Geswelde ondergrondse gemodifiseerde stingel met knope en litte:

                 A     Bol
                 B     Stolon
                 C     Kruiper
                 D     Knol                                                                (2)

         1.1.9   Die volgende is almal biologiese beheermetodes vir onkruid,
                 behalwe …

                 A     sistemiese onkruiddoders.
                 B     spesie spesifieke insekte.
                 C     ander ongewerweldes.
                 D     natuurlike vyande.                                                  (2)

         1.1.10 Kunsmatige voorsiening van water na areas waar reënval nie
                voldoende is nie:

                 A     Verdamping
                 B     Besproeiing
                 C     Dreinering
                 D     Transpirasie                                                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                 LANDBOUWETENSKAPPE V2                                            5

  1.2    Kies ŉ woord/term vanuit KOLOM B wat die beste by die beskrywing in
         KOLOM A pas. Skryf SLEGS die letter (A–H) langs die vraagnommer (1.2.1–
         1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.2.6 K.

                          KOLOM A                               KOLOM B
         1.2.1       Mikro-besproeiingstelsel       A    Vermikuliet

         1.2.2       ŉ Voorbeeld van ŉ bakteriële   B    Hersirkulasie-stelsel
                     siekte by plante

         1.2.3       Groeimedium in hidroponika     C    Geografiese inligtingstelsel

         1.2.4       Laat water toe om eenkeer      D    Drupsisteem
                     deur die sisteem te gaan
                     voor dit vrygestel word

         1.2.5       ŉ Toestel wat ŉ presiese       E    Aartappel-krulblaar
                     posisie op die aardbol kan
                     bepaal

                                                    F    Geografiese posisioneringstelsel

                                                    G    ŉ Oop deurvloei-stelsel

                                                    H    Blaarroes

                                                    I    Kweekhuis

                                                    J    Spilpunt
                                                                                       (5 x 2) (10)

  1.3    Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf SLEGS die
         term langs die vraagnommer neer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK.

         1.3.1       Manlike orgaan van ŉ blom

         1.3.2       Die praktyk beoefen deur boere om die maksimum blootstelling aan
                     sonlig vir effektiewe fotosintese te verseker

         1.3.3       Die organiese deel van grond wat deur die ontbinding van blare en
                     ander plantmateriaal deur mikro-organismes, gevorm word

         1.3.4       Aanwending van kunsmis aan een of beide kante van ŉ ry plante of
                     onder die saailinge

         1.3.5       Die proses waar die geskiktheid van grond vir landbou en nie-
                     landboudoeleindes bepaal word                                 (5 x 2)          (10)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                               LANDBOUWETENSKAPPE V2                      (EC/NOVEMBER 2018)

    1.4   Verander die onderstreepte woord(e) in elk van die volgende stellings. Skryf
          slegs die korrekte woord(e) langs die vraagnommer (1.4.1–1.4.5) in die
          ANTWOORDEBOEK.

          1.4.1   Meeste ione bereik die blare van plante vanaf die wortels deur die
                  floëem.

          1.4.2   ŉ Tensiometer is ŉ spesiale plat, watergevulde houer wat gebruik
                  word om die tempo van waterverlies te meet.

          1.4.3   Vars water wat in die porieruimtes van grond en rotse aangetref word,
                  is kapillêre water.

          1.4.4   Geen bewerking is die eerste bewerking van die grond in die nuwe
                  seisoen.

          1.4.5   Hidroponika is strukture wat met deursigtige materiaal bedek is om
                  sigbare lig deur te laat.                                      (5 x 1)     (5)

                                                                TOTAAL AFDELING A:           45

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                 LANDBOUWETENSKAPPE V2                                         7

  AFDELING B:

  VRAAG 2: PLANTVOEDING

  Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

  2.1    Die prent hieronder illustreer die proses wat tydens plantproduksie plaasvind.

         2.1.1       Identifiseer die prosesse wat as A en B onderskeidelik benoem is.               (2)

         2.1.2       Tabuleer die verskille tussen die TWEE prosesse rakende:

                     (a)   Koolhidrate                                                               (2)

                     (b)   Suurstof                                                                  (2)

         2.1.3       Stel enige TWEE hoofpigmente voor wat by die proses genommer B
                     betrokke is.                                                                    (2)

         2.1.4       Lei af wat die eindprodukte van die proses wat as B benoem is.                  (2)

         2.1.5       Dui TWEE fases van die proses in B aan.                                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                   LANDBOUWETENSKAPPE V2                  (EC/NOVEMBER 2018)

    2.2   Die volgende is voorbeelde van voedsel wat in verskillende plantorgane
          gestoor is.

                        Gemmer; Uie; Patat; Beet; Sonneblom; Mango

          2.2.1   Pas die voorbeelde van voedsel hierbo met hul bergingsorgane:

                  (a)     Sade                                                                  (1)

                  (b)     Wortel                                                                (1)

                  (c)     Stingel                                                               (1)

          2.2.2   Baie plante het aanpassingseienskappe om die tempo van
                  transpirasie te verlaag. Stel TWEE aanpassingseienskappe voor wat
                  plante gebruik om transpirasie te verminder.                                  (2)

    2.3   Plante benodig voedingstowwe vir normale groei. Hieronder is chemiese
          voorstellings van die vorms waarin elemente in die grond beskikbaar is vir
          plante om te absorbeer.

          A.      Mn+-ione en Mo +- ione
          B.      NO3-ione of PO3 ,K+ione , Ca++- ione en Mg ++-ione, H2 en O2

          2.3.1   Klassifiseer ‘A’ en noem die TWEE elemente onderskeidelik.                    (3)

          2.3.2   Identifiseer TWEE primêre voedingstowwe en TWEE sekondêre
                  voedingstowwe.                                                                (4)

          2.3.3   Noem die TWEE nie-mineraal elemente.                                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                  LANDBOUWETENSKAPPE V2                                            9

  2.4    Organiese bemestingstowwe word van plant- en diermateriaal gemaak en
         kan dus nie die omgewing beskadig op die wyse wat chemiese en sintetiese
         stowwe doen nie. Die onderstaande grafiek wys die impak van organiese
         bemestingstowwe op plante se groei.

         2.4.1       Herskryf die inligting vanaf die grafiek in die vorm van ŉ tabel.                   (4)

         2.4.2       Identifiseer, vanaf die grafiek, die organiese bemestingstowwe wat die
                     meeste bydra tot die groei van plante. Motiveer jou antwoord.                       (2)

         2.4.3       Stel EEN faktor voor wanneer die gebruik van plaasmis oorweeg word.                 (1)

         2.4.4       Noem TWEE metodes vir die toediening van bemestingstowwe.                        (2)
                                                                                                     [35]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                              LANDBOUWETENSKAPPE V2                       (EC/NOVEMBER 2018)

     VRAAG 3: PLANTREPRODUKSIE

     Begin die vraag op ŉ nuwe bladsy.

     3.1 Die onderstaande diagram verteenwoordig ŉ blom. Beantwoord die vrae
         wat daarop gebaseer is.

          3.1.1   Identifiseer die nommer van die deel van die blom waar stuifmeel
                  geproduseer word.                                                        (1)

          3.1.2   Dui aan of die bostaande struktuur ŉ eenslagtige of tweeslagtige
                  blom is. Motiveer jou antwoord.                                          (2)

          3.1.3   Skryf die nommer van die struktuur wat vir die lok van insekte vir
                  bestuiwing verantwoordelik is.                                           (1)

          3.1.4   (a)   Twee manlike kerne word geproduseer tydens die
                        ontkieming van ŉ stuifmeelkorrel. Benoem die twee
                        manlike kerne.                                                     (2)

                  (b)   Verduidelik EEN funksie van elk van die twee kerne.                (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)             LANDBOUWETENSKAPPE V2                                      11

  3.2    Sekere kleinskaalse boere het die moontlikheid bestudeer om hul eie
         kwekery te begin. Hulle wou meer leer oor die verskillende ongeslagtelike
         voorplantingsmetodes wat hulle kan gebruik om verskillende gewasse te
         kweek. Die onderstaande diagram wys voortplantingsmetodes van A–D.

                          A                                      B

                          C                                      D

         3.2.1   Pas die bostaande diagramme by die volgende stellings:

                 (a)   ŉ Verdikte ondergrondse stingel wat min of meer parallel met
                       die grondoppervlakte groei                                         (1)

                 (b)   ŉ Kunsmatige metode van vegetatiewe kweking                        (1)

                 (c)   Kort, dik ronde ondergrondse stingels wat voedsel stoor            (1)

                 (d)   Ondergrondse stingels wat bedek is met vlesige skubblare
                       wat voedsel stoor                                                  (1)

         3.2.2   Stel TWEE nadele voor vir die vegetatiewe voorplantingsmetodes in
                 VRAAG 3.2.1.                                                             (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                LANDBOUWETENSKAPPE V2                      (EC/NOVEMBER 2018)

        3.2.3        Gee die name van die dele wat in die ongeslagtelike
                     voorplantingsmetode B saamgevoeg word.                                  (2)

        3.2.4        Mutasie kan kunsmatig geïnduseer word deur middels soos
                     straling en sekere chemikalieë te gebruik. Stel TWEE voordele
                     van geenmutasies voor.                                                  (2)

  3.3   Die onderstaande tabel wys die produksie van gewasse op ŉ plaas waar
        gelyke hoeveelhede gewone sade en GM sade geplant was.

        Gewas                   Hektaar        GM produksie/ha          Gewone
                                geplant             (ton)             produksie/ha
                                                                          (ton)
        Wit mielies                50                  4                    2
        Geel mielies               60                  5                    3
        Sojaboon                   20                  2                   0,5

        3.3.1        Lei vanaf die tabel af wat die impak van GM sade teenoor
                     gewone sade is.                                                         (1)

        3.3.2        Bereken die totale opbrengs van geel mielies in kilogram vir GM
                     gewasse.                                                                (3)

        3.3.3        Noem DRIE bekommernisse van die publiek ten opsigte van die
                     gebruik van GM-gewasse.                                                 (2)

  3.4   Baie onkruid het aangepas om in moeilike omstandighede te groei waar
        ander plante sukkel om te oorleef. Hierdie aanpassings laat onkruid vinniger
        en makliker groei as gewasse.

        3.4.1 Gee DRIE aanpassings van onkruid.                                              (3)

        3.4.2 Verduidelik die konsep geïntegreerde plaagbestuur (GPB).                       (2)

        3.4.3 Lei TWEE redes af waarop GPB verkies word as ŉ metode om
              onkruid te beheer.                                                             (2)

  3.5   Voltooi die volgende tabel van plantsiektes deur net die nommer
        (3.5.1–3.5.4) en ontbrekende woord neer te skryf.

        Siekte                Simptoom              Manier van             Gasheer
                                                     oordrag
        Bakteriese            Plante verwelk en    Water en grond
                                                                            3.5.1
        verwelksiekte         gaan dood
        Tabakkringvlek        Chlorose/                                Aartappels
                                                       3.5.2
                              mosaïek
                              Swamagtige               Wind
                3.5.3                                                       3.5.4
                              groeisels op blare                                             (4)
                                                                                            [35]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                 LANDBOUWETENSKAPPE V2                                             13

  VRAAG 4: OPTIMALE HULPBRONBENUTTING

  Begin die vraag op ŉ NUWE bladsy.

  4.1    Verskillende faktore moet in ag geneem word wanneer ŉ bodemopname
         gedoen word.

         4.1.1       Gee TWEE hoof-eienskappe wat tydens ŉ bodemopname in ag
                     geneem moet word.                                                               (2)

         4.1.2       Presisie-boerdery beskryf ŉ moderne metode van gewasverbouing.
                     Noem TWEE hoofdoelwitte van hierdie konsep.                                     (2)

  4.2    In droër dele van Suid-Afrika gebruik boere gewoonlik ’n vorm van
         besproeiing om reënval aan te vul sodat hulle gewasse kan verbou. Die
         gebruik van besproeiing om reënval aan te vul stel boere in staat om gewasse
         te plant wat ŉ hoë waterbehoefte het, wat hulle gewoonlik nie sou kon plant
         tydens die droë seisoen nie. Voor besproeiingswater gebruik word moet die
         watergehalte eers vasgestel word.

           [Vrylik vertaal en aangepas van http://www.daff.gov.za/doaDev/.pdf. Toegang op 20 Junie
                                                                                     2018 verkry.]

         4.2.1       Noem TWEE hoofbronne van water vir besproeiing.                                    (2)

         4.2.2       Verduidelik TWEE faktore wat watergehalte beïnvloed.                               (2)

         4.2.3       Sentrale sprinkelbesproeiing is ŉ meer gesofistikeerde manier om
                     oorhoofse besproeiing toe te pas en word deur baie boere gebruik.
                     Noem TWEE nadele van dié sisteem.                                                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                               LANDBOUWETENSKAPPE V2                     (EC/NOVEMBER 2018)

     4.3   Die onderstaande diagramme dui die verskillende uiteensettings wat
           gebruik kan word wanneer pype geïnstalleer word.

                       A

                           B

                       C

           4.3.1 Identifiseer die DRIE verskillende uitlegte hierbo.                       (3)

           4.3.2 Stel DRIE tipes topografie of terrein voor waarvoor elk van die
                 stelsels in VRAAG 4.3.1 gebruik sal word.                                 (3)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                  LANDBOUWETENSKAPPE V2                                  15

  4.4    Die volgende struktuur word in intensiewe gewasproduksie ondernemings
         gebruik. Sommige plante groei in grond waar sommige in ŉ ander medium
         as grond gekweek word.

         4.4.1       Identifiseer hierdie struktuur.                                            (1)

         4.4.2       Noem TWEE voordele daarvan om hierdie struktuur te gebruik.                (2)

         4.4.3       Stel TWEE groeimediums voor anders as grond.                               (2)

  4.5    Boere wat bewaringsbewerking toepas probeer op ŉ volhoubare manier
         boer.

         4.5.1       Identifiseer TWEE tipes bewaringspraktyke.                                 (2)

         4.5.2       Tabuleer die verskil tussen monokultuur en wisselbou met
                     betrekking tot die volgende:

                     (a)   Gronderosie                                                          (2)

                     (b)   Implemente gebruik                                                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                              LANDBOUWETENSKAPPE V2                  (EC/NOVEMBER 2018)

         4.5.3       Benoem die implemente wat A–C genommer is.

                                  A                               B

                                  C                                                     (3)

         4.5.4 Identifiseer die implement wat vir primêre grondbewerking gebruik
               word.                                                                    (1)

  4.6    In Suid-Afrika word daar met beide varswatervis en mariene spesies in
         akwakultuur-sisteme geboer en baie eksotiese spesies word ook gebruik.

         4.6.1 Gee ŉ rede waarom daar met eksotiese spesies in Suid-Afrika
               geboer word.                                                             (2)

         4.6.2 Noem TWEE basiese vereistes vir akwakultuur om hoër opbrengs
               te verseker.                                                             (2)
                                                                                       [35]

                                                          TOTAAL AFDELING B:           105
                                                              GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

## Related documents

- [AGRIC SC P1 GR11 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sc-p1-gr11-qp-nov2018-afrikaans/27fdc685-d8fc-42a3-a4f1-ff4853368997) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P2 GR11 QP NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-gr11-qp-nov2022-afrikaans/b8dd97ec-b03d-49ef-8451-e8b468ef4353) — Agricultural Sciences · QP · 2022 · Afr
- [AGR SCIENCES P2 GR11 QP NOV2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr11-qp-nov2018-afr-d/9ca8a261-3516-47f6-8615-205af0810750) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Afr
- [AGR SCIENCES P2 GR11 QP NOV2018 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr11-qp-nov2018-eng-d/6fabd7cd-5571-447c-8f88-087ca07b6e28) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Eng
- [AGRIC SCIENCES P2 GR11 MEMO NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-gr11-memo-nov2022-afrikaans/68039810-2891-43d1-ba5d-cdc65482410d) — Agricultural Sciences · Memo · 2022 · Afr
- [AGRIC SC P2 MEMO GR11 NOV 2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sc-p2-memo-gr11-nov-2020-afrikaans/a2f3f5eb-8fc5-4ca9-8223-483d88405b34) — Agricultural Sciences · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 11 Agricultural Sciences

- [Gr 11 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-agric-sci-atp-2023-24/06bad6ac-81c6-4c4f-95ed-6a17594131f0) — ATP
- [AGRICULTURAL SCIENCES P1 GR11 MEMO NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-gr11-memo-nov2025-afrikaans-watermark/623a22cf-1bf0-4df4-941a-637326574d24) — Memo · 2025 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV 2024 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-memo-gr11-nov-2024-afr-watermark/379d01ed-6e35-4c93-bbcc-3379030ea999) — Memo · 2024 · Afr
- [AGRICULTURAL SCIENCES P2 GR11 MEMO NOV2024 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-gr11-memo-nov2024-afrikaans-watermark/bb36c32d-5fc8-4668-ad2d-833efb6ee516) — Memo · 2024 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-memo-gr11-nov-2023-afrikaans/3bd6197a-e85a-4d50-9526-9949a2024065) — Memo · 2023 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P2 GR11 MEMO NOV2023 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-gr11-memo-nov2023-afrikaans-watermark/94c17983-eb26-4603-a12b-5c6f7b313f35) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
