# Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

> Grade 12 Agricultural Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-qp-sept2023-afrikaans/51750641-1490-4c7b-92b0-3ccf08e8849b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-qp-sept2023-afrikaans/51750641-1490-4c7b-92b0-3ccf08e8849b)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                     SENIORSERTIFIKAAT

                               GRAAD 12

                        SEPTEMBER 2023

                  LANDBOUWETENSKAPPE V2

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                    Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

### Page 2

2                                  LANDBOUWETENSKAPPE V2             (EC/SEPTEMBER 2023)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
      AFDELING B.

2.    Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.    Begin elke vraag op ŉ NUWE bladsy.

4.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

5.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.    Toon ALLE berekeninge, insluitend formules, waar van toepassing.

7.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2023)                         LANDBOUWETENSKAPPE V2                           3

AFDELING A

VRAAG 1

1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
      die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
      (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.

      1.1.1 ŉ Bemarkingskanaal waar produsente hul produkte deur bemarkings-
            agentskappe by groot sentrale liggings verkoop:

              A       Voorraadverkope
              B       Varsproduktemarkte
              C       Plaashekbemarking
              D       Direkte bemarking

      1.1.2 … is die mees koste-effektiewe manier om die waardeketting van
            landbouprodukte te stroomlyn.

              A       Verbetering van padinfrastruktuur
              B       Bou stoorfasiliteite
              C       Gesamentlik bemark deur vragte met ander produsente te kombineer
              D       Gebruik van koelberging en verkoelde vervoer

      1.1.3 Identifiseer die korrekte volgorde van fases van die entrepreneursproses.

              A       Besigheidsvorming, idee generering, ontwikkel ŉ sakeplan,
                      mobiliseer hulpbronne
              B       Idee generering, mobiliseer hulpbronne, ontwikkel ŉ sakeplan,
                      besigheidsvorming
              C       Idee generering, ontwikkel ŉ sakeplan, mobiliseer hulpbronne,
                      besigheidsvorming
              D       Ontwikkel ŉ besigheidsplan, idee generering, besigheidsvorming,
                      mobiliseer hulpbronne

      1.1.4 Die volgende is voorbeelde van tegniese risiko’s in boerdery.

              (i)     Droogte en oorstromings
              (ii)    Insekbesmetting
              (iii)   Veranderinge in rentekoerse
              (iv)    Siekte-uitbrekings

              Kies die KORREKTE kombinasie:

              A       (i), (ii) en (iv)
              B       (i), (iii) en (iv)
              C       (i), (ii) en (iii)
              D       (ii), (iii) en (iv)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

4                                 LANDBOUWETENSKAPPE V2                    (EC/SEPTEMBER 2023)

      1.1.5     ŉ Hele plaasbegroting wys die ...

                A    bruto marge.
                B    netto plaasinkomste.
                C    winsgewendheid van ŉ enkele onderneming.
                D    effek van ŉ verandering aan plaasbedrywighede op
                     winsgewendheid.

      1.1.6     ŉ Besigheid se kontantvloeibegroting toon ŉ inkomste van R700 000,
                uitgawes van R400 000 en ŉ eindbalans van R500 000 vir ŉ
                bepaalde maand.
                Die openingsaldo van die volgende maand sal ... wees.

                A    R300 000
                B    R1 100 000
                C    R800 000
                D    R500 000

      1.1.7     As rooi pelskleur (R) dominant is oor wit pelskleur (r), watter van die
                volgende kruising sal 1 : 1, rooi : witkleurige nageslag tot gevolg hê?

                 A   RR X rr
                 B   Rr X Rr
                 C   Rr X rr
                 D   rr X rr

      1.1.8     Die F1-generasie word bepaal deur PP met pp te kruis. Daarna is die
                nageslag wat van hulle verkry is, gekruis. Wat sal die verhouding van
                suiwer broeiblomme tot nie-suiwer broeiblomme in F2 wees?

                A    3 suiwer : 1 nie-suiwer
                B    1 suiwer : 3 nie-suiwer
                C    1 suiwer : 2 nie-suiwer
                D    1 suiwer : 1 nie-suiwer

      1.1.9     … maak gebruik van biologiese vektore soos plasmiede om vreemde
                gene in selle in te dra.

                A    Lipofeksie
                B    Rekombinante DNA-tegniek
                C    Chemiese porasie
                D    Bioballistiek

      1.1.10    … is NIE ŉ voorbeeld van ŉ chromosomale mutasie NIE.

                A    Vervanging
                B    Verwydering
                C    Duplisering
                D    Translokasie                                              (10 x 2) (20)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2023)                  LANDBOUWETENSKAPPE V2                                     5

1.2    Kies ŉ term/frase uit KOLOM B wat by ŉ beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
       slegs die letter (A–H) langs vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
       ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 J.

                       KOLOM A                                    KOLOM B
       1.2.1 Bemarkingstelsel met groter wisseling       A     Beheerde bemarking
             van pryse

       1.2.2 ŉ Produsentegedrewe benadering wat          B     Risiko-deling
             op die produk fokus

       1.2.3 Verspreiding van risiko deur in             C     Oorkapitalisering
             verskillende ondernemings op ŉ plaas
             te belê

       1.2.4 Opbrengs op belegging wat deur ŉ            D     Verkope
             plaas verdien word, is buitengewoon
             laer as ander plase

       1.2.5 Verskille tussen individue van dieselfde    E     Diversifikasie
             spesie

                                                         F     Variasie

                                                         G     Gratis bemarking

                                                         H     Onderkapitalisering
                                                                                (5 x 2)      (10)

1.3    Gee EEN woord/frase vir elk van die volgende beskrywings. Skryf SLEGS die
       term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

       1.3.1    Die gekoppelde entiteite wat ŉ spesifieke produk van produksie na
                verbruiker bring

       1.3.2    ŉ Maatstaf van die responsiwiteit van ŉ produk se hoeveelheid gevra
                of verskaf op ŉ verandering in sy prys

       1.3.3    Die fisiese en geestelike inspanning wat gebruik word om goedere en
                dienste te produseer

       1.3.4    Die proses van beplanning, besluitneming, organisering en beheer van
                die menslike, finansiële en fisiese hulpbronne van ŉ organisasie om sy
                doelwitte te bereik

       1.3.5    ŉ Maatstaf van hoe goed verskille in diere se gene vir verskille in hul
                kenmerke verantwoordelik is
                                                                                (5 x 2)      (10)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

6                                 LANDBOUWETENSKAPPE V2                   (EC/SEPTEMBER 2023)

1.4   Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in elk van die volgende stellings
      om dit WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommers
      (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

      1.4.1 ŉ Bestuurder is ŉ persoon wat ŉ besigheid stig, finansiële risiko’s
            aangaan in die hoop op wins.

      1.4.2 ŉ Kontantanalise is ŉ analise van die onderneming se sterkpunte,
            swakpunte, geleenthede en bedreigings.

      1.4.3 Die gebruik van statistieke in die analise van biologiese data word teling
            genoem.

      1.4.4 Poliploidie is ŉ tipe mutasie waarin daar ŉ verandering in die getal van
            een of meer van die chromosome in die chromosoomstel is.

      1.4.5 Seleksie is hoeveel beter of minder as gemiddeld die nageslag van ŉ
            individu vir ŉ bepaalde eienskap sal wees.
                                                                         (5 x 1)           (5)

                                                            TOTAAL AFDELING A:             45

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2023)                   LANDBOUWETENSKAPPE V2                                    7

AFDELING B

VRAAG 2: LANDBOUBESTUUR EN BEMARKING

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

2.1   Die prent hieronder toon ŉ voorbeeld van ŉ bemarkingsfunksie.

      2.1.1    Identifiseer die bemarkingsfunksie hierbo uitgebeeld.                          (1)

      2.1.2    Noem TWEE riglyne wat die bemarkingsfunksie in VRAAG 2.1.1
               beheer.                                                                        (2)

      2.1.3    Definieer die term bemarking.                                                  (2)

2.2   Die tabel hieronder toon die hoeveelhede van ŉ produk wat teen
      verskillende pryse verskaf en gevra word.

                 PRYS                  HOEVEELHEID                HOEVEELHEID
                                        AANGEBIED                   GEVRA
                      10                   20                         160
                      20                   40                         140
                      30                   60                         120
                      40                   80                         100
                      50                   100                         80
                      60                   120                         60
                      70                   140                         40

      2.2.1    Bied die inligting in die tabel hierbo in die vorm van ŉ lyngrafiek
               aan.                                                                           (6)

      2.2.2    Lei die ewewigsprys van die grafiek af.                                        (1)

      2.2.3    Beskryf die wet van aanbod.                                                    (2)

      2.2.4    Gee TWEE faktore behalwe die prys wat die aanbod van ŉ produk
               beïnvloed.                                                                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

8                                  LANDBOUWETENSKAPPE V2                    (EC/SEPTEMBER 2023)

2.3   Drie boere gebruik verskillende bemarkingsbenaderings soos hieronder
      verduidelik.

              BOER A                     BOER B                   BOER C
       Poog om aan die wydste      Het ŉ unieke produk.   Besluit om afsonderlike
       moontlike kliëntebasis te   Bevorder en verkoop    aanbiedinge aan elke
       adverteer, tot en met en    die produk aan ŉ       verskillende marksegment
       ingesluit die hele mark     gespesialiseerde       wat dit teiken te verskaf.
       beskikbaar.                 segment van ŉ mark.

      2.3.1   Identifiseer die bemarkingsbenaderings wat deur BOERE A, B en C
              gebruik word.                                                                  (3)

      2.3.2   Identifiseer ŉ bemarkingsbenadering wat ideaal vir klein besighede sal
              wees.                                                                          (1)

      2.3.3   Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.3.2 met TWEE redes.                           (2)

2.4   Ontleed die logo hieronder en reageer op die vrae wat volg.

      2.4.1   Noem die proses om logo’s soos die een hierbo getoon te plaas.                 (1)

      2.4.2   Die logo hierbo word in volhoubare bemarking gebruik. Definieer
              volhoubare bemarking.                                                          (1)

      2.4.3   Noem TWEE vereistes waaraan verpakking in volhoubare bemarking
              voldoen moet word.                                                             (2)

2.5   Een van die grootste frustrasies wat boere in landbouwaardekettings ondervind,
      is dat hulle gedwing word om markpryse te aanvaar. Hulle het beperkte
      bedingingsmag aan beide die inset- en aanbodkant. Egter deur saam te werk
      kan hulle groter invloed op die verspreiding van winste langs die waardeketting
      hê.

      2.5.1   Identifiseer die hoofprobleem wat boere in die gesig staar.                    (1)

      2.5.2   Lei die oplossing af wat in die leesstuk voorgestel word.                      (1)

      2.5.3   Identifiseer ŉ bemarkingstelsel wat ooreenstem met die oplossing wat
              in die leesstuk voorgestel word.                                               (1)

      2.5.4   Gee TWEE voordele van die bemarkingstelsel wat in VRAAG 2.5.3
              geïdentifiseer is.                                                             (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2023)              LANDBOUWETENSKAPPE V2                               9

2.6   ŉ Sakeplan is ŉ dokument wat die onderneming se toekomstige doelwitte en
      strategieë uiteensit om dit te bereik.

      2.6.1 Gee TWEE redes om die gebruik van besigheidsplanne/sakeplanne in
            plaasbesigheidsbestuur te regverdig.                                    (2)

      2.6.2 Stel TWEE maniere voor hoe elektroniese hulpbronne gebruik kan word
            wanneer besigheidsplanne/sakeplanne opgestel word.                     (2)
                                                                                  [35]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 10

10                               LANDBOUWETENSKAPPE V2                  (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 3: PRODUKSIEFAKTORE

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

3.1   Die opbrengsvermoë van ŉ stuk grond word hoofsaaklik deur die fisiese
      eienskappe van die grond bepaal. Dit kan verhoog word tot ŉ sekere limiet per
      eenheid deur middel van verbeterde tegnologie, maar ŉ punt sal bereik word
      waar produksie nie meer met verhoogde eenhede van inset toeneem nie.

      3.1.1   Identifiseer die ekonomiese eienskap van grond wat in hierdie scenario
              beskryf word.                                                              (1)

      3.1.2   Noem TWEE maniere waarop ŉ boer die produktiwiteit van grond kan
              verbeter.                                                                  (2)

      3.1.3   Gee TWEE funksies van grond as ŉ produksiefaktor.                          (2)

3.2   Die foto hieronder toon plaaswerkers wat staak.

      3.2.1   Noem die stuk wetgewing wat werkers bemagtig om stakings uit te
              voer.                                                                     (1)

      3.2.2   Noem TWEE ander kwessies wat deur die stuk wetgewing wat in
              VRAAG 3.2.1 hierbo genoem word, aangespreek word.                         (2)

      3.2.3   Gee TWEE moontlike oorsake van stakingsaksies deur werkers op ŉ
              plaas.                                                          (2)

      3.2.4   Stel TWEE strategieë voor wat deur boere gebruik kan word om
              arbeidsproduktiwiteit te verhoog.                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2023)                  LANDBOUWETENSKAPPE V2                              11

3.3   Die tabel hieronder toon ŉ opsomming van inkomste en uitgawes vir ŉ
      finansiële jaar.

      Inkomste                                                                 (R)
      Verkoop van gewasprodukte                                           470 000
      Verkoop van veeprodukte                                             220 000
      Staatsubsidie                                                        50 000
      Totale inkomste                                                    ………….

      Uitgawes
      Saad                                                                23 500
      Kunsmis                                                             45 000
      Voer                                                                18 200
      Verwerking                                                          28 300
      Bemarking                                                           12 000
      Versekering                                                          7 000
      Waardevermindering                                                   4 500
      Totale uitgawes                                                   …………..

      Netto inkomste                                                       ..………

      3.3.1    Identifiseer die dokument hierbo getoon.                                  (1)

      3.3.2    Bereken die netto inkomste van die besigheid.                             (4)

      3.3.3    Lewer kommentaar oor die boerdery se winsgewendheid.                      (2)

      3.3.4    Identifiseer TWEE vaste koste wat in die dokument hierbo gelys word.      (2)

      3.3.5    Noem TWEE belangrike gebruike van finansiële rekords op plase.            (2)

3.4   Die diagram hieronder toon ŉ voorbeeld van ŉ plaasbate.

      3.4.1    Definieer die term bate.                                                  (2)

      3.4.2    Identifiseer die tipe kapitaal wat deur die plaasbate hierbo getoon,
               verteenwoordig word.                                                      (1)

      3.4.3    Bepaal die tipe krediet wat gebruik word om die kapitaal-item hierbo
               getoon te finansier.                                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

12                              LANDBOUWETENSKAPPE V2                  (EC/SEPTEMBER 2023)

      3.4.4 Stel TWEE bronne van finansiering voor wat gebruik kan word om die
            bate hierbo te koop.                                                        (2)

      3.4.5 Noem ŉ plaasrekord waar jy plaasbates soos die een hierbo gelys is
            vind.                                                                       (1)

3.5   Die paneel hieronder wys kragte wat besighede raak.

          eties; kontantvloei; wetgewing; arbeidsmagbevoegdheid; droogtes

      3.5.1 Identifiseer TWEE interne kragte wat besighede raak.                        (2)

      3.5.2 Watter van die kragte hierbo kan deur indiensopleiding verbeter word?       (1)

3.6   Identifiseer die bestuursvaardigheid wat geskik is in elk van die volgende
      omstandighede:

      3.6.1 Om effektief met verskillende belanghebbendes en werknemers te kan
            kommunikeer                                                                 (1)

      3.6.2 Hou plaasrekords                                                           (1)
                                                                                      [35]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/SEPTEMBER 2023)                  LANDBOUWETENSKAPPE V2                                     13

VRAAG 4: BASIESE LANDBOUGENETIKA

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

4.1    Ontleed die genetiese kruising hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

        P1                                 aaBB        x       AAbb
        Fenotipe            Gevlek en swart                     Solied en bruin
        F1-genotipe                                  A
        F1-fenotipe                        Almal solied en swart

        P2              AB               Ab                V            X
        AB              AABB             AABb
        Ab              AABb             AAbb
        Y
        Z

       4.1.1    Noem die tipe kruising wat hierbo gewys word.                                  (1)

       4.1.2    Identifiseer die dominante kenmerke.                                           (2)

       4.1.3    Bepaal die genotipe A.                                                         (1)

       4.1.4    Noem die Mendeliaanse wet wat slegs van toepassing is op die
                kruising hierbo.                                                               (1)

       4.1.5    Lei die gamete V, X, Y en Z af en gebruik dit om ŉ Punnett-vierkant
                met 4 nageslag te teken.                                                       (4)

       4.1.6    Bepaal die fenotipiese verhouding van die F2-generasie.                        (2)

4.2    By aartappels word planthoogte deur 3 gene beheer. Elke lokus het ŉ
       byvoegende en nie-byvoegende alleel. ŉ Boom met ŉ genotipe van AABBCC
       groei om 100 cm hoog te wees, terwyl een met ŉ genotipe van aabbcc tot
       40 cm hoog groei.

       4.2.1    Bepaal die bydra van elke byvoegende alleel tot die plant se hoogte.           (2)

       4.2.2    As jy ŉ 100 cm-plant en ŉ 40 cm-plant gekruis het om die F1-generasie
                te kry. Wat sal die genotipe van die F1-generasie wees?                        (1)

       4.2.3    Bereken die hoogte van ŉ plant met ŉ genotipe van AaBBCc.                      (3)

       4.2.4    Klassifiseer die kenmerke wat met poligeniese oorerwing geassosieer
                word.                                                                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 14

14                                LANDBOUWETENSKAPPE V2                   (EC/SEPTEMBER 2023)

4.3   Identifiseer die meganisme van oorerwing van toepassing op elk van die
      stellings hieronder.

      4.3.1    Die uitdrukking van een geen word beïnvloed deur die uitdrukking van
               een of meer onafhanklik oorgeërfde gene.                                   (1)

      4.3.2    Twee allele van dieselfde geen word afsonderlik uitgedruk om
               verskillende kenmerke in ŉ individu te lewer.                              (1)

      4.3.3    ŉ Vorm van geen interaksie waarin beide allele van ŉ geen by ŉ lokus
               gedeeltelik uitgedruk word wat ŉ intermediêre fenotipe tot gevolg het.     (1)

      4.3.4    Drie of meer soorte gene wat dieselfde lokus beset.                        (1)

4.4   ŉ Bul en ŉ koei paar en produseer twee verse A en B. Alhoewel die nageslag
      grootgemaak en onder identiese toestande gehou word, groei vers A en word
      ŉ topmelkproduserende koei terwyl vers B groei en ŉ gemiddelde
      melkprodusent word. Die boer kies dus A om vir verdere teling te gebruik.

      4.4.1    Identifiseer die seleksiemetode wat in die leesstuk hierbo beskryf
               word.                                                                      (1)

      4.4.2    Noem TWEE moontlike oorsake van die verskille in prestasie van die
               verse.                                                                     (2)

      4.4.3    Noem TWEE gebruike van seleksie in diereverbetering.                       (2)

4.5   Identifiseer die teelstelsel wat met elk van die onderstaande stellings
      geassosieer word.

      4.5.1    Stel nuwe genetiese materiaal bekend, maar steeds binne die grense
               van die ras.                                                               (1)

      4.5.2    Word gebruik om gewenste eienskappe te versterk.                           (1)

      4.5.3    Ontwikkel nuwe rasse.                                                      (1)

      4.5.4    Nageslag bly so na as moontlik verwant aan ŉ uitstaande voorouer.          (1)

4.6   Hieronder is ŉ paar van die potensiële omgewingsrisiko’s verbonde aan die
      gebruik van geneties gemodifiseerde organismes. Verduidelik kortliks, hoe die
      gebruik van geneties gemodifiseerde organismes kan tot die risiko’s gegee in
      elk van die VRAE 4.6.1 tot 4.6.2 lei.

      4.6.1    Skep van onkruiddoderbestande onkruide.                                    (2)

      4.6.2    Besoedeling van grond en waterliggame.                                     (2)
                                                                                         [35]

                                                            TOTAAL AFDELING B:           105
                                                                GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

## Related documents

- [AGR SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans FINAL](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans-final/b75f9314-9f32-4779-954a-16f22a45a927) — Agricultural Sciences · QP · 2022 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P2 QP SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-qp-sept2020-afrikaans/16170aa6-b6e1-42ff-9242-12237b624dfc) — Agricultural Sciences · QP · 2020 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P2 MEMO SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-memo-sept2021-afrikaans/c033da40-5f94-44e7-b4ed-d3ea6f5972f4) — Agricultural Sciences · Memo · 2021 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-gr12-qp-sept2022-afrikaans/f715d8c3-c3f1-44e2-9e65-b40dd2e98165) — Agricultural Sciences · QP · 2022 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2023-afr/8140b190-1bc1-4005-94af-a1c3a95b2fea) — Agricultural Sciences · QP · 2023 · Afr
- [AGRIC SCIENCES GR12 MEMO JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-gr12-memo-june-2023-afrikaans/812ae3c6-0576-42d5-b2b2-d14505cc717b) — Agricultural Sciences · Memo · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Agricultural Sciences

- [Gr 12 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-sci-atp-2023-24/f8eca465-7b8e-42d7-afd8-c86963794db8) — ATP
- [Gr 12 Agricultural Sciences (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agricultural-sciences-afrikaans-june-2024-possible-answers/5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e) — Memo · 2024 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2022-eng/95ab4dd6-0208-4493-83e0-1d2c2aceaa50) — QP · 2022 · Eng
- [AGRIC SCIENCES P2 MEMO JUNE2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-memo-june2021-afrikaans/f4f03339-dad4-4db8-be39-0b8b321e2c58) — Memo · 2021 · Afr
- [Agric Sciences QP June 2021 Afrikaans.Docx](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-qp-june-2021-afrikaans-docx/0ffb3dc0-1fe3-468a-87be-304de137d11b) — QP · 2021 · Afr
- [Agricultural Sciences P1 May June 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-may-june-2021-afr/bc12d75d-34d2-4551-918e-fc3845baced8) — QP · 2021 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
