# Agricultural Sciences Grade 12 P2 2024 QP (Afr)

> Grade 12 Agricultural Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-qp-sept2024-afrikaans/8e32cd2a-091a-453e-805b-a2206fd54cc0
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape Prelim Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 12 P2 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-qp-sept2024-afrikaans/8e32cd2a-091a-453e-805b-a2206fd54cc0)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIORSERTIFIKAAT

                               GRAAD 12

                       SEPTEMBER 2024

                  LANDBOUWETENSKAPPE V2

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                            LANDBOUWETENSKAPPE V2                       (EC/SEPTEMBER 2024)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
      AFDELING B.

2.    Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.    Begin elke vraag op ŉ NUWE bladsy.

4.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

5.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.    Toon ALLE berekeninge, insluitend formules, waar van toepassing.

7.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                           LANDBOUWETENSKAPPE V2                          3

AFDELING A

VRAAG 1

1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
       Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
       (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.

       1.1.1    ŉ Gratis bemarkingskanaal waar die produsent aan die verbruiker
                verkoop sonder ŉ middelman staan as ... bemarking bekend.

                A       voorraadverkope
                B       internet
                C       vars produkte
                D       direkte

       1.1.2    Die koper wat baie impulsief is en prys maak nie veel saak nie.

                A       Aannemer
                B       Tradisioneel
                C       Innoverend
                D       Vroeë meerderheid

       1.1.3    Die volgende is belangrike aspekte van entrepreneurskap:

                (i)     Identifisering van ŉ geleentheid
                (ii)    Nie vasbeslote om besigheidsrisikoʼs te neem nie
                (iii)   Om beloon te word
                (iv)    Innoverenheid en kreatiwiteit

                Kies die KORREKTE kombinasie:

                A       (i), (ii) en (iii)
                B       (i), (iii) en (iv)
                C       (i), (ii) en (iv)
                D       (ii), (iii) en (iv)

       1.1.4    ŉ Besigheidsplan bestaan uit die volgende komponente:

                (i)     Titelblad
                (ii)    Inhoudsopgawe
                (iii)   Bestuursopsomming
                (iv)    Uitvoerbaarheidstudie

                Kies die KORREKTE kombinasie:

                A       (i), (ii) en (iii)
                B       (i), (iii) en (iv)
                C       (i), (ii) en (iv)
                D       (ii), (iii) en (iv)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                                 Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                LANDBOUWETENSKAPPE V2                     (EC/SEPTEMBER 2024)

     1.1.5     Die Wet op Arbeidswetgewing het ten doel om gelyke geleenthede en
               billike behandeling in indiensneming te bevorder in die werkplek:

               A     Wet op Vaardigheidsontwikkeling
               B     Wet op Arbeidsverhoudinge
               C     Wet op Werkloosheidsversekering
               D     Wet op Gelyke Indiensneming

     1.1.6     Watter EEN van die volgende is NIE ŉ ekonomiese eienskap van grond
               NIE?

               A     Grond kan gekoop en verkoop word
               B     Grond is ŉ passiewe produksiefaktor
               C     Grond is vernietigbaar
               D     Grond wissel in produksiepotensiaal

     1.1.7     Die skepping van kapitaal deur by finansiële instellings te leen word ...
               genoem.

               A     kapitaal
               B     ŉ toelaag
               C     krediet
               D     skuld

     1.1.8     ... is NIE ŉ eksterne krag wat die besigheid kan beïnvloed NIE.

               A     Politiek
               B     Kompetisie
               C     Tegnologie
               D     Ekonomie

     1.1.9     Die tipe seleksie wat plaasvind wanneer selektiewe druk die
               voortplantingsukses van ŉ individu beïnvloed.

               A     Massa-seleksie
               B     Kunsmatige seleksie
               C     Stamboomseleksie
               D     Natuurlike seleksie

     1.1.10    Die volgende is tipes chromosoom-mutasie behalwe ...

               A     omkering.
               B     verplasing.
               C     verdubbeling.
               D     byvoeging.                                                  (10 x 2)   (20)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                  LANDBOUWETENSKAPPE V2                                       5

1.2    Kies ŉ term/frase uit KOLOM B wat by ŉ beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
       slegs die letter (A–H) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
       ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 J.

                          KOLOM A                                   KOLOM B
       1.2.1    Verbeter verbruikersvertroue om            A      Kartel
                omgewingsvriendelike produkte te koop

       1.2.2    Samespanning deur verskaffers met ŉ        B      Monopolie
                doel om pryse hoër vas te stel en
                kompetisie te beperk

       1.2.3    Die lewe van grond is onbeperk             C      Risikodeling

       1.2.4    Maatreël om die risiko te verminder deur   D      Atavisme
                saam met ŉ ander party te werk

       1.2.5    Homosigotiese resessiewe geen wat E               Eko-etikettering
                skielik weer in ŉ bevolking verskyn

                                                           F      Diversifikasie

                                                           G      Duursaam

                                                           H      Voormag
                                                                                   (5 x 2)    (10)

1.3    Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf SLEGS
       die woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
       ANTWOORDEBOEK neer.

       1.3.1    ŉ Mark wat baie verkopers, maar slegs een koper van die produk het

       1.3.2    Die kuns om ander mense te kry om werk in ŉ gekoördineerde poging
                te doen

       1.3.3    Die proporsie van variasie in die bevolking wat deur genetiese
                invloede veroorsaak word

       1.3.4    Verskille tussen individue van dieselfde spesie

       1.3.5    Heterosigotiese nageslag toon ŉ fenotipe wat met die fenotipe van
                homosigotiese ouers meng                                      (5 x 2)         (10)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                            LANDBOUWETENSKAPPE V2                       (EC/SEPTEMBER 2024)

1.4   Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in elk van die volgende
      stellings om dit WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die
      vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

      1.4.1    Bestuur is ŉ daad van inisiëring en insameling van hulpbronne om ŉ
               besigheidsgeleentheid te ontgin en die besigheid uit te brei.

      1.4.2    Bedryfskapitaal is mediumtermynbates wat oor ŉ tydperk van meer
               as twee tot tien jaar gebruik word.

      1.4.3    ŉ Dihibriede kruising is ŉ genetiese kruising tussen ouers wat
               verskillende allele vir een spesifieke geen het.

      1.4.4    Verdubbeling-mutasie vind plaas wanneer genetiese materiaal van
               een chromosoom na ŉ ander oorgedra word.

      1.4.5    Om gene stil te maak is die proses om gene in ŉ gasheer se DNA in
               te voeg en aan te heg deur van ensieme gebruik te maak.     (5 x 1)       (5)

                                                          TOTAAL AFDELING A:             45

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                  LANDBOUWETENSKAPPE V2                                    7

AFDELING B

VRAAG 2: LANDBOUBESTUUR EN BEMARKING

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

2.1     Die illustrasie hieronder toon bemarkingsfunksies en die pad wat
        landbouprodukte loop vanaf die punt van produksie totdat dit die verbruiker
        bereik.

        2.1.1    Identifiseer uit die illustrasie hierbo die bemarkingsfunksie wat met
                 elk van die volgende beskrywings ooreenstem.

                 (a)   Om landbouprodukte in houers te plaas.                                (1)

                 (b)   Om die produk beskikbaar te stel deur verskillende roetes te
                       gebruik.                                                              (1)

        2.1.2    Gee TWEE voordele van die verwerking van landbouprodukte aan
                 die kliënte.                                                                (2)

        2.1.3    Noem waarom gradering van landbouprodukte belangrik is.                     (1)

        2.1.4    Beskryf TWEE omgewingskwessies om in ag te neem wanneer
                 verpakkingsmateriaal vir landbouprodukte ontwerp word.                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                               LANDBOUWETENSKAPPE V2                     (EC/SEPTEMBER 2024)

2.2   Die koste van oorskakeling na nuwe verskaffers en handelsmerklojaliteit het
      veroorsaak dat baie verbruikers voortgaan om dieselfde produk te koop, selfs
      al het die prys daarvan relatief gestyg.

      2.2.1    Identifiseer die ekonomiese konsep wat deur ŉ verbruiker se gedrag
               in die scenario hierbo verduidelik word.                                    (1)

      2.2.2    Noem TWEE ander faktore wat invloede op die responsiwiteit van
               kliënte oor prysverandering het, anders as die in die scenario op die
               vorige bladsy.                                                              (2)

      2.2.3    Gebruik die data uit die tabel hieronder om ŉ lyngrafiek te teken wat
               die verband tussen prys en hoeveelheid vleis aangebied toon.

                     PRYS (R)           HOEVEELHEID         HOEVEELHEID VLEIS
                                      VLEIS GEVRA (KG)       AANGEBIED (KG)
                      R40                    30                     5
                      R60                    25                    10
                      R80                    20                    15
                      R100                   15                    20
                      R120                   10                    25                      (6)

      2.2.4    Lei die verband tussen prys en hoeveelheid van ŉ produk aangebied
               af.                                                                         (2)

      2.2.5    Verduidelik      hoe    omgewingstoestande   aanbod   negatief   kan
               beïnvloed.                                                                  (2)

2.3   Die prent hieronder toon hoe massabemarking ŉ groot gehoor bereik.

      2.3.1    Gee TWEE metodes van advertering wat in massabemarking gebruik
               kan word om baie kliënte te bereik.                                         (2)

      2.3.2    Noem die bemarkingsbenadering waar die boer twee of meer goed
               gedefinieerde markgroepe kies en ŉ duidelike bemarkingsmengsel
               ontwikkel.                                                                  (1)

      2.3.3    Noem EEN faktor om in ag te neem wanneer die prys van goedere
               en dienste bepaal word.                                                     (1)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                  LANDBOUWETENSKAPPE V2                                  9

2.4    Die prent hieronder toon ŉ bemarkingskanaal waar ŉ boer komkommers direk
       vanaf sy produksiepunt verkoop.

       2.4.1    Noem die bemarkingskanaal wat hierbo uitgebeeld word.                      (1)

       2.4.2    Gee TWEE nadele van die bemarkingskanaal hierbo aan die boer.              (2)

       2.4.3    Stel TWEE maatreëls voor om die landboubesigheidsketting te
                stroomlyn en te verbeter.                                                  (2)

       2.4.4    Bespreek kortliks hoe die beginsel, oop-lidmaatskap, die vorming van
                landboukoöperasies moontlik maak.                                          (2)

2.5    ŉ Sakeplan is ŉ sleuteldokument wat ŉ boer deeglik moet voorberei om
       befondsing te bekom om ŉ besigheid te laat groei.

       2.5.1    Gee TWEE redes vir die opstel van ŉ sakeplan.                              (2)

       2.5.2    Stel ŉ vraag op wat gebruik kan word om die uitvoerbaarheid van die
                besigheidsidee te toets.                                                   (1)

       2.5.3    Verduidelik waarom entrepreneurskap belangrik vir die ekonomie van
                Suid-Afrika is.                                                           (1)
                                                                                         [35]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                            LANDBOUWETENSKAPPE V2                         (EC/SEPTEMBER 2024)

VRAAG 3: PRODUKSIEFAKTORE

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

3.1   Landbouproduktiwiteit in die 1950’s is verbeter deur die bewerkte grond uit te
      brei. Hoewel, in die vroeë 2000 het vinnige bevolkingsgroei en verstedeliking
      egter die bewerkbare grond verminder, daarom moet boere nuwe maniere
      probeer om grondproduktiwiteit te verhoog.

      3.1.1    Identifiseer die ekonomiese kenmerk van grond wat in die scenario
               hierbo weerspieël word.                                                       (1)

      3.1.2    Dui TWEE wetenskaplike metodes aan wat boere kan toepas om oes-
               opbrengs op landbougrond te verhoog.                                          (2)

      3.1.3    Verduidelik waarom landbougrond ŉ beperkte produksievermoë het.               (2)

      3.1.4    Noem TWEE ekonomiese funksies van grond.                                      (2)

3.2   Die foto hieronder wys plaaswerkers wat rys gedurende die reënseisoen
      plant.

      3.2.1    Lei, uit die prentjie hierbo af, die tipe plaaswerkers wat in diens is,
               gebaseer op die take wat uitgevoer word.                                      (1)

      3.2.2    Gee TWEE redes wat kan lei tot die beweging van plaaswerkers wat
               in VRAAG 3.2.1 geïdentifiseer is, na ander industrieë.                        (2)

      3.2.3    Noem die tipe geskoolde werkers wat nodig is om die volgende take
               uit te voer:

               (a)   Bespuiting met ŉ rugsakspuit                                            (1)

               (b)   Vertolking van plaasrekords                                             (1)
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                   LANDBOUWETENSKAPPE V2                                   11

       3.2.4    Gee EEN voordeel van meganisasie aan boere.                                   (1)

       3.2.5    Stel TWEE bestuursaspekte voor wat ŉ boer kan toepas om te
                verseker dat werkers hul take betyds voltooi.                                 (2)

3.3    Die prente hieronder, gemerk A–C, verteenwoordig kapitaalitems op ŉ plaas.

                  A                          B                         C
               TREKKER                    HEINING                  BRANDSTOF

       3.3.1    Klassifiseer die items hierbo volgens die tipe kapitaal wat elkeen
                verteenwoordig. Skryf slegs die tipe kapitaal langs die letter A, B en C
                neer.                                                                         (3)

       3.3.2    Identifiseer die tipe finansiering wat nodig is om kapitaal-items A en C
                te koop.                                                                      (2)

       3.3.3    Lei die probleem van kapitaal af wat met kapitaal-item A oor ŉ sekere
                tydperk verband hou.                                                          (1)

3.4    Die tabel hieronder toon die hele plaasbegroting wat vir ŉ plaas opgetrek is.

                 HELE PLAASBEGROTING VIR FINANSIËLE JAAR 2023
              BRUTO MARGE INKOMSTE             BOKOSTE UITGAWES
           ONDERNEMING        INKOMSTE          KOSTE       TOTAAL
        Veeverkopings         R34 500,00
                                            Algemene koste R4 500,00
        Mielieverkoping       R20 000,00
        TOTAAL                R54 500,00
        NETTO
        PLAASOPBRENGS       …

       3.4.1    Noem TWEE bokoste-uitgawes wat deur die plaas hierbo aangegaan
                word.                                                                         (2)

       3.4.2    Gebruik ŉ formule en bereken die moontlike netto plaasopbrengs vir
                hierdie plaas deur die data in die tabel hierbo te gebruik. Toon ALLE
                berekeninge.                                                                  (3)

       3.4.3    Lei af of die plaas lewensvatbaar is of nie. Motiveer jou antwoord.           (2)

       3.4.4    Onderskei tussen ŉ kontantvloeistaat en ŉ inkomstestaat.                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                            LANDBOUWETENSKAPPE V2                        (EC/SEPTEMBER 2024)

3.5   Strategiese bestuursvaardighede stel die plaasbestuurder in staat om
      besigheidsuitdagings te identifiseer en gebeurlikheidsplanne van tyd te
      ontwikkel om ongunstige toestande te hanteer en verminder die kanse dat dit
      gebeur.

      3.5.1    Noem uit die scenario hierbo, hoekom dit belangrik is vir die boer om
               strategiese bestuursvaardighede te hê.                                      (1)

      3.5.2    Noem TWEE komponente vir die suksesvolle strategiese bestuur van
               ŉ boerdery onderneming.                                                     (2)

      3.5.3    Verskaf TWEE ekonomiese kragte wat landbou-ondernemings kan
               beïnvloed.                                                                 (2)
                                                                                         [35]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                   LANDBOUWETENSKAPPE V2                                  13

VRAAG 4: BASIESE LANDBOU-GENETIKA

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

4.1    By korthoringbeeste word swart (B) pelskleur en wit (W) pelskleur albei in die
       heterosigotiese individue vertoon. Twee hibriede korthoring-ouers is gekruis.

       4.1.1    Teken ŉ Punnet-vierkant om die genotipe van die kruis hierbo te
                bepaal.                                                                      (4)

       4.1.2    Noem die fenotipiese verhouding van die kruis hierbo.                        (1)

       4.1.3    Bereken die persentasie van F1-nageslag wat hibried is.                      (2)

       4.1.4    Identifiseer die tipe dominansie uit die kruis hierbo. Motiveer jou
                antwoord.                                                                    (2)

       4.1.5    Noem Mendel se Wet van oorerwing wat op elk van die volgende
                stellings van toepassing is.

                (a)   Die plasing van allele vir verskillende eienskappe op die gamete
                      beïnvloed nie mekaar nie.                                              (1)

                (b)   Gamete bevat net een van hul ouers se allele.                          (1)

4.2    Die somatiese selle in beeste is diploïed en bestaan uit 29 pare outosome
       plus een paar geslagschromosoom.

       4.2.1    Bepaal waaruit die chromosome in die manlike gamete sal bestaan
                na meiotiese deling.                                                         (2)

       4.2.2    Onderskei tussen outosome en gonosome (geslagschromosome).                   (2)

       4.2.3    Noem EEN kwantitatiewe eienskap in melkbeeste.                               (1)

4.3    Dieretelers soek eienskappe wat ekonomiese belangrikheid kan hê en teel
       selektief vir hierdie eienskappe.

       4.3.1    Gee TWEE seleksiemetodes wat deur dieretelers gebruik word.                  (2)

       4.3.2    Identifiseer TWEE gewenste eienskappe wat van ekonomiese belang
                is wat dieretelers moet selekteer.                                           (2)

       4.3.3    Verduidelik hoe meiose variasie kan veroorsaak.                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                             LANDBOUWETENSKAPPE V2                       (EC/SEPTEMBER 2024)

4.4
                            Teelstelsels vir verskillende boere

                    A                  B               C                 D
         Paring van nie-        Hierdie stelsel   Kruising van     Gemik daarop
         verwante Holstein-     produseer         nouverwante      om ŉ verhouding
         diere om ŉ             hibrieders met    verskillende     met ŉ uitstaande
         spesifieke eienskap    hoë heterose.     spesies.         voorouer te
         binne dieselfde ras                                       behou.
         te ontwikkel.

      4.4.1    Identifiseer die teelstelsels A‒D wat deur die verskillende boere
               hierbo gebruik word.                                                      (4)

      4.4.2    Gee TWEE voordele van teelstelsel A.                                      (2)

      4.4.3    Noem TWEE nadele van die intelingstelsel.                                 (2)

4.5   Gene kan na individuele selle oorgedra word deur ŉ proses wat mikro-
      projektielbombardement genoem word. Hierdie tegniek behels die versnelling
      van deeltjies tot snelhede waarteen hulle plantselwande deur ŉ
      vuurmeganisme kan binnedring.

      4.5.1    Identifiseer die toerusting wat in geenvuur gebruik word.                 (1)

      4.5.2    Noem die organisme met veranderde gene.                                   (1)

      4.5.3    Identifiseer die tegniek wat ŉ elektriese stroom gebruik om die
               deurlaatbaarheid van plasmalemma van die geen van belang te
               verhoog.                                                                  (1)

      4.5.4    Verduidelik hoe geneties gemodifiseerde gewasse boere kan help om
               produksiekoste te verminder.                                              (2)
                                                                                        [35]

                                                            TOTAAL AFDELING B:          105
                                                                GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [AGR SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans FINAL](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans-final/b75f9314-9f32-4779-954a-16f22a45a927) — Agricultural Sciences · QP · 2022 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P2 QP SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-qp-sept2020-afrikaans/16170aa6-b6e1-42ff-9242-12237b624dfc) — Agricultural Sciences · QP · 2020 · Afr
- [Gr 12 Agricultural Sciences (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agricultural-sciences-afrikaans-june-2024-possible-answers/5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e) — Agricultural Sciences · Memo · 2024 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P2 MEMO SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-memo-sept2021-afrikaans/c033da40-5f94-44e7-b4ed-d3ea6f5972f4) — Agricultural Sciences · Memo · 2021 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P2 MEMO JUNE2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-memo-june2021-afrikaans/f4f03339-dad4-4db8-be39-0b8b321e2c58) — Agricultural Sciences · Memo · 2021 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-gr12-qp-sept2022-afrikaans/f715d8c3-c3f1-44e2-9e65-b40dd2e98165) — Agricultural Sciences · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Agricultural Sciences

- [Gr 12 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-sci-atp-2023-24/f8eca465-7b8e-42d7-afd8-c86963794db8) — ATP
- [AGRIC SCIENCES GR12 MEMO JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-gr12-memo-june-2023-afrikaans/812ae3c6-0576-42d5-b2b2-d14505cc717b) — Memo · 2023 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2023-afr/8140b190-1bc1-4005-94af-a1c3a95b2fea) — QP · 2023 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2022-eng/95ab4dd6-0208-4493-83e0-1d2c2aceaa50) — QP · 2022 · Eng
- [Agric Sciences QP June 2021 Afrikaans.Docx](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-qp-june-2021-afrikaans-docx/0ffb3dc0-1fe3-468a-87be-304de137d11b) — QP · 2021 · Afr
- [Agricultural Sciences P1 May June 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-may-june-2021-afr/bc12d75d-34d2-4551-918e-fc3845baced8) — QP · 2021 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
