# Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 QP

> Grade 12 Agricultural Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2025 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-qp-sept2025-afrikaans-watermark/a114a099-ad22-4d62-a593-c0c2b227fd5b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 QP](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-qp-sept2025-afrikaans-watermark/a114a099-ad22-4d62-a593-c0c2b227fd5b)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                              GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2025

                 LANDBOUWETENSKAPPE V2

PUNT:   150

TYD:    2½ uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 2

2                                 LANDBOUWETENSKAPPE V2                 (EC/SEPTEMBER 2025)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
     AFDELING B.

2.   Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK

3.   Begin elke vraag op ŉ NUWE bladsy.

4.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik word.

5.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.   Toon ALLE berekeninge, insluitend formules, waar van toepassing.

7.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2025)                         LANDBOUWETENSKAPPE V2                          3

AFDELING A

VRAAG 1

1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
    die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
     (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.

     1.1.1    Die proses waardeur rou produkte een of ander vorm van transformasie
              benodig voordat dit gebruik kan word.

              A       Gradering
              B       Verpakking
              C       Verwerking
              D       Vervoer

     1.1.2    ... is NIE ŉ voorbeeld van ŉ landboukoöperatiewe bemarkingstelsel NIE.

              A       Aankoopkoöperatief
              B       Produksiekoöperatief
              C       Plaashekkoöperatief
              D       Voorsieningskoöperatief

     1.1.3    Die doelwitte van die Wet op die Bemarking van Landbouprodukte 47
              van 1996 is soos volg:

              (i)   Optimalisering van doeltreffende bemarking van landbouprodukte.
              (ii)  Verhoog maksimum bemarkingsintervensie en die heffing van hoë
                    tariewe.
              (iii) Bevorder doeltreffende bemarking van landbouprodukte.
              (iv) Verhoog marktoegang vir alle deelnemers.

              Kies die KORREKTE kombinasie:

              A       (i), (ii) en (iii)
              B       (i), (iii) en (iv)
              C       (i), (ii) en (iv)
              D       (ii), (iii) en (iv)

     1.1.4    EEN van die volgende is NIE ŉ entrepreneuriese suksesfaktor NIE.

              A       Selfvertroue
              B       Vasbeslote
              C       Mededingend
              D       Passief

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 4

4                                    LANDBOUWETENSKAPPE V2                  (EC/SEPTEMBER 2025)

     1.1.5    ŉ Primêre natuurlike hulpbron wat belangrik vir landbouproduksie is:

              A       Kunsmis
              B       Bestuur
              C       Grond
              D       Kapitaal

     1.1.6    Die uitgawes van ŉ boerderyonderneming wat verander soos die
              produksievlak verander:

              A       Vaste koste
              B       Algemene koste
              C       Veranderlike koste
              D       Diverse koste

     1.1.7    Die bestuursvaardigheid wat die bestuurder in staat stel om inligting
              te verwerk en te analiseer, soos globale marktendense:

              A       Probleemoplossingsvaardighede
              B       Konseptuele vaardighede
              C       Beplanningsvaardighede
              D       Analitiese vaardighede

     1.1.8    ŉ Metode om arbeidsproduktiwiteit te verbeter:

              A       Voorsiening van beter vergoeding en aansporings
              B       Onvoldoende onderwys
              C       Lang werksure
              D       Vertraging in die oplossing van konflikte en griewe

     1.1.9    Die volgende stellings beskryf poligeniese oorerwing.

              (i)     Eienskappe word deur twee of meer gene beheer.
              (ii)    Die dominante additiewe allele dra tot die fenotipe by.
              (iii)   Poligene lei tot kwalitatiewe eienskappe.
              (iv)    Poligeniese oorerwingseienskappe sluit melkopbrengs en
                      groeitempo in.

              Kies die KORREKTE kombinasie:

              A       (i), (ii) en (iii)
              B       (ii), (iii) en (iv)
              C       (i), (ii) en (iv)
              D       (i), (iii) en (iv)

     1.1.10 Selle wat vreemde gene bevat wat doelbewus na die gasheer
            oorgedra is, is ...

              A       somatiese selle.
              B       transgeniese selle.
              C       mutageniese selle.
              D       osteoklastselle.                                       (10 x 2)    (20)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2025)                   LANDBOUWETENSKAPPE V2                                      5

1.2 Kies ŉ term/frase uit KOLOM B wat ooreenstem met ŉ beskrywing in KOLOM A.
    Skryf slegs die letter (A–J) langs vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
    ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 K.

                            KOLOM A                                    KOLOM B
     1.2.1    Die pad wat ŉ produk volg vanaf die               A    verkoop
              boer tot die verbruiker

     1.2.2    Die proses van beplanning, produsering,      B         eksterne
              prysvaslegging, promosie en verspreiding van
              goedere en dienste

     1.2.3    Die rekords waar alle plaasbates neergeskryf      C    voorraad
              word

     1.2.4    Kragte in die mikro- en makro-ekonomiese          D    bemarkingsketting
              omgewing wat ŉ impak op die plaas het

     1.2.5    ŉ Alleel wat fenotipies in ŉ heterosigotiese      E    dominant
              organisme uitgedruk word

                                                                F    bemarking

                                                                G intern

                                                                H    resessief

                                                                I    balansstaat

                                                                J    markkanaal
                                                                                   (5 x 2)    (10)

1.3 Gee EEN woord/frase vir elk van die volgende beskrywings. Skryf SLEGS die
    term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

     1.3.1    Die praktyk om etikette op produkte te plaas om hulle as
              omgewingsvriendelik te bevorder.

     1.3.2    ŉ Bedrag geld wat ŉ finansiële instelling vir die uitleen van kapitaal hef.

     1.3.3    ŉ Heterosigotiese nageslag wat voortspruit uit twee geneties
              verskillende ouers.

     1.3.4    Die verskynsel waardeur een geen die fenotipiese uitdrukking van ŉ
              ander geen kan beïnvloed.

     1.3.5    Die vermoë van ŉ dier om hul volledige stel eienskappe aan ŉ
              nageslag oor te dra.                                                 (5 x 2)    (10)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 6

6                              LANDBOUWETENSKAPPE V2                       (EC/SEPTEMBER 2025)

1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in elk van die volgende stellings
    om hulle WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer in
    die ANTWOORDEBOEK neer.

     1.4.1   Massabemarking is ŉ benadering wat op die behoeftes van slegs ŉ
             klein gedeelte van die hoofstroomverbruiker fokus.

     1.4.2   ŉ Kontantvloeistaat is ŉ opsomming van die bates en laste van ŉ
             besigheid.

     1.4.3   Die proses om individue met gewenste eienskappe vir teeldoeleindes
             te kies, word variasie genoem.

     1.4.4   Poliploïdie is ŉ tipe mutasie waarin daar ŉ verandering in die aantal
             van een of meer van die chromosome in die chromosoomstel van ŉ
             individu is.

     1.4.5   Die invoeging van verlangde gene in die gene van ŉ tipe virus staan as
             mikro-inspuiting bekend.                                        (5 x 1)       (5)

                                                             TOTAAL AFDELING A:            45

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2025)                      LANDBOUWETENSKAPPE V2                                     7

AFDELING B

VRAAG 2: LANDBOUBESTUUR EN BEMARKING

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

2.1 Die tabel hieronder toon die verskil tussen ŉ bemarkings- en verkoopskonsep.

       KONSEP                FOKUS               DUUR VAN            EINDRESULTAAT
                                                BEPLANNING
             A         Bestaande produkte           D              Winste deur
                       en dienste                                  verkoopsvolume
             B                   C        Langtermyn               Wins deur
                                                                   kliëntetevredenheid

     2.1.1       Identifiseer die konsep uit die tabel hierbo wat deur elkeen van die
                 volgende letters verteenwoordig word:

                 (a)    A                                                                         (1)

                 (b)    B                                                                         (1)

     2.1.2       Voltooi die tabel deur die ontbrekende inligting vir die letters C en D te
                 verskaf.                                                                         (2)

2.2 Korrekte verpakking is noodsaaklik om te verhoed dat landbouprodukte tydens
    berging en vervoer seerkry of bederf. Boere word aangemoedig om al die
    riglyne vir die verpakking van vars produkte te volg om na-oesverliese te vermy.

     2.2.1       Verskaf TWEE riglyne vir die verpakking van vars landbouprodukte.                (2)

     2.2.2       Identifiseer uit die paragraaf hierbo, TWEE ander funksies van
                 bemarking, benewens verpakking.                                                  (2)

     2.2.3       Noem DRIE maniere wat die boer kan gebruik om landbouprodukte te
                 bevorder.                                                                        (3)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 8

8                              LANDBOUWETENSKAPPE V2                     (EC/SEPTEMBER 2025)

2.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

     2.3.1   Identifiseer A en B vanaf die grafiek hierbo.                                (2)

     2.3.2   Noem TWEE kliëntverwante faktore wat A kan beïnvloed.                        (2)

     2.3.3   Gee die ekonomiese term wat deur C in die grafiek hierbo voorgestel
             word.                                                                        (1)

     2.3.4   Lei die verband tussen prys en B af.                                         (2)

     2.3.5   Onderskei tussen markewewigspunt en ewewigsprys.                             (2)

2.4 Die bemarkingskanale in die blokkie hieronder hou verband met ŉ gratis
    bemarkingstelsel.

        voorraadverkope; varsproduktemarkte; plaashek; direkte bemarking; internet

     Pas die bemarkingskanaal uit die blokkie hierbo by ELK van die volgende
     stellings. Skryf slegs die kanaal langs die vraagnommer neer.

     2.4.1   Die boer kan nie die maksimum prys vir die dier bepaal nie, maar die
             hoogste bieder wel.                                                          (1)

     2.4.2   Produsente verkoop hul produkte aan hul finale kontraktuele kliënt
             sonder tussengangers.                                                        (1)

     2.4.3   Produsente bekommer hulle nie oor hoë bemarkingskoste voordat die
             produk die kliënt bereik nie.                                                (1)

     2.4.4   Die mees mededingende bemarkingstrategieë in terme van die
             bereiking van ŉ globale gehoor.                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2025)                  LANDBOUWETENSKAPPE V2                                  9

2.5    Noem TWEE voordele van gratis bemarking vir die entrepreneur.                       (2)

2.6    Hieronder is die fases wat die entrepreneur neem in die proses om die
       landboubesigheid te vestig.

       A    Die entrepreneur besluit oor die onderneming se toekomstige groei en
            ontwikkeling.
       B    Bepaling van die benodigde hulpbronne.
       C    Ideegenerering, waar die entrepreneur sakegeleenthede evalueer.
       D    Ontwikkeling van ŉ omvattende sakeplan.

       2.6.1    Herrangskik die fases van entrepreneuriese prosesse in hul
                chronologiese volgorde, skryf slegs die letters langs VRAAG 2.6.1
                neer.                                                                      (4)

       2.6.2    Noem TWEE redes vir die ontwikkeling van ŉ dokument wat in D
                hierbo genoem word.                                                        (2)

       2.6.3    Identifiseer die komponent van die sakeplan wat ŉ opsomming van die
                sakeprofiel gee.                                                           (1)

       2.6.4    Gee TWEE voorbeelde van ŉ besigheidssterkpunt wat dit ŉ
                mededingende voordeel gee.                                                (2)
                                                                                         [35]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 10

10                             LANDBOUWETENSKAPPE V2                        (EC/SEPTEMBER 2025)

VRAAG 3: PRODUKSIEFAKTORE

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

3.1   Uit ŉ ekonomiese perspektief word grond gekenmerk deur sy skaarste, vaste
      aanbod en die vermoë om verbeter te word, wat alles die waarde en gebruik
      daarvan beïnvloed.

      Lei die ekonomiese eienskap van grond af soos verduidelik deur die stellings
      hieronder. Skryf slegs die vraagnommer en die antwoord neer.

      3.1.1    Grond kan beskadig word, maar kan nie vernietig word nie.                    (1)

      3.1.2    Grond kan niks vanself produseer nie; dit moet met ander faktore
               gekombineer word.                                                            (1)

      3.1.3    Grond het ŉ onbeperkte lewensduur.                                           (1)

3.2   Noem TWEE maniere waarop die produktiwiteit van grond verbeter kan word.              (2)

3.3   Plaaswerkers is oor die algemeen ongeskoold met relatief lae vlakke van
      tegniese vaardighede. Hierdie toestande beperk die omvang van
      arbeidsproduktiwiteit op plase en lei daartoe dat die meeste werkers deur
      meganiese hulpmiddels vervang word.

      3.3.1    Lei ŉ probleem af wat met plaaswerkers geassosieer word uit die
               paragraaf hierbo.                                                            (1)

      3.3.2    Beveel TWEE maatreëls aan wat boere kan neem om die probleem
               wat in VRAAG 3.3.1 genoem word, aan te spreek.                               (2)

      3.3.3    Identifiseer uit die paragraaf hierbo, die impak van die probleem wat in
               VRAAG 3.3.1 genoem word.                                                     (1)

      3.3.4    Gee die arbeidswetgewing wat die probleem in die gedeelte hierbo
               kan aanspreek.                                                               (1)

      3.3.5    Stel TWEE ekonomiese maniere voor wat geïmplementeer kan word
               om arbeidsproduktiwiteit te verbeter.                                        (2)

3.4   ŉ Boer het ŉ plaas van 10 ha met ŉ verband ter waarde van R2 000 000,00
      van Landbank gekry. Die boer het ook ŉ huis ter waarde van R1 200 000,00
      gekoop, asook masjinerie en vee ter waarde van R600 000,00 uit wins
      gegenereer uit produksie. Die boer het ook ŉ oortrokke rekening van
      R100 000,00 geneem om produksiekapitaal aan te koop.

      3.4.1    Identifiseer TWEE metodes om kapitaal te skep wat deur die boer
               gebruik word in die scenario hierbo.                                         (2)

      3.4.2    Gee EEN voorbeeld van elk van die volgende laste uit die scenario
               hierbo.

               (a)    Langtermynlaste                                                       (1)

               (b)   Bedryfslaste                                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2025)                    LANDBOUWETENSKAPPE V2                                   11

       3.4.3     Gebruik die inligting wat in die scenario in VRAAG 3.4 verskaf word
                 om die volgende te bereken.

                 (a)    Totale waarde van bates                                                (2)

                 (b)    Netto waarde van die plaas                                             (3)

       3.4.4     Noem die probleem van kapitaal wat met lenings geassosieer word.              (1)

3.5    Die tabel hieronder toon die projeksie van die inkomste en uitgawes van ŉ
       plaas vir die maand Januarie.

                  UITGAWES                                INKOMSTE
               Item       Koste (R)        Produkte verkoop         Prys per eenheid
        Voer            R10 500,00          200 Braaikuikens             R150,00
        Huur            R2 500,00

        Brandstof       R2 500,00         20 sakke hoendermis             R75,00

       3.5.1     Identifiseer die tipe begroting wat deur die tabel hierbo voorgestel word.    (1)

       3.5.2     Regverdig jou antwoord op VRAAG 3.5.1.                                        (1)

       3.5.3     Identifiseer EEN voorbeeld van ŉ vaste koste uit die tabel hierbo.            (1)

       3.5.4     Bereken die totale inkomste uit die braaikuikenonderneming in die
                 tabel hierbo. Toon ALLE berekeninge.                                          (3)

       3.5.5     Lei met ŉ rede af of hierdie onderneming lewensvatbaar is of nie,
                 gebaseer op die tabel hierbo.                                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 12

12                             LANDBOUWETENSKAPPE V2                         (EC/SEPTEMBER 2025)

3.6 Die foto hieronder toon die impak van slegte weerstoestande op mielie-
    ondernemings.

     3.6.1   Identifiseer die bron van risiko wat in die prentjie hierbo uitgebeeld
             word.                                                                            (1)

     3.6.2   Noem TWEE risikobestuurs strategieë wat die mielieboer kan toepas
             om die impak van slegte weerstoestande te verminder.                             (2)

     3.6.3   Noem TWEE hoofbestuursbeginsels vir die suksesvolle bestuur van ŉ
             boerderyonderneming.                                                            (2)
                                                                                            [35]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 13

(EC/SEPTEMBER 2025)                   LANDBOUWETENSKAPPE V2                                    13

VRAAG 4: BASIESE LANDBOUGENETIKA

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

4.1 Die verskille in die fenotipiese vorme van plante en diere van dieselfde spesie
    word deur beide die gene en die omgewing beïnvloed.

      4.1.1   Gee ŉ genetiese term vir die verskynsel in die stelling hierbo.                  (1)

      4.1.2   Noem TWEE omgewingsoorsake wat ŉ effek het op die verskynsel wat
              in VRAAG 4.1.1 genoem word.                                                      (2)

      4.1.3   Definieer die volgende genetiese konsepte:

              (a)     Fenotipe                                                                 (1)

              (b)     Oorerwing                                                                (1)

4.2    ŉ Teler het ŉ homosigotiese swart bul en ŉ homosigotiese wit koei gekruis
       en waargeneem dat al die F1-nageslag grys was.

      4.2.1   Gebruik die Punnet-vierkant om die F2-genotipe te illustreer wanneer die
              F1-nageslag selfgekruis is.                                                      (4)

      4.2.2   Bepaal die fenotipiese verhouding van die F2-nageslag as ŉ persentasie.          (2)

4.3 Die tabel hieronder wys die effek van additiewe gene en melkopbrengs in
    melkkoeie.

       GENOTIPE VAN VERSKILLENDE KOEIE                MELKOPBRENGS (L/DAG)
                     aabbcc                                       10
                    Aabbcc                                   10 + 5 = 15
                    AAbbcc                                 10 + (5 x 2) = 20
                    AABbcc                                 10 + (5 x 3) = 25
                    AABBcc                                 10 + (5 x 4) = 30
                    AABBCc                                 10 + (5 x 5) = 35
                   AABBCC                                  10 + (5 x 6) = 40

      4.3.1   Omskep die inligting in die tabel hierbo in ŉ staafgrafiek.                      (6)

      4.3.2   Lei die verband tussen die aantal additiewe gene en melkopbrengs af
              vanaf die getekende grafiek.                                                     (2)

      4.3.3   Stel die genotipe van die koei voor wat die beste sou wees vir seleksie
              en teeldoeleindes. Motiveer jou antwoord.                                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 14

14                             LANDBOUWETENSKAPPE V2                       (EC/SEPTEMBER 2025)

4.4 Die foto’s hieronder toon die teelstelsel wat in bokproduksie gebruik word.

     4.4.1   Noem die teelstelsel wat in die prente hierbo geïllustreer word.                (1)

     4.4.2   Gee ŉ rede om die antwoord op VRAAG 4.4.1 te ondersteun.                        (1)

     4.4.3   Noem TWEE nadele van die teelstelsel wat hierbo geïllustreer word.              (2)

     4.4.4   Stel TWEE redes voor waarom dieretelers die teling van twee diere wat
             nie nou verwant aan mekaar is nie, aan boere aanbeveel.                         (2)

4.5 Die oorerflikheidswaarde van die slaggewig-eienskap in varke is 46%.

     4.5.1   Adviseer die varkboere of hulle die kenmerk in die stelling hierbo moet
             kies. Regverdig jou antwoord.                                                   (2)

     4.5.2   Gee enige TWEE seleksiemetodes wat dieretelers kan gebruik om
             diere met gewenste eienskappe te selekteer.                                     (2)

4.6 Een van die voordele van genetiese modifikasie is dat die oordrag van gene
    van verskillende spesies moontlik is, anders as tradisionele teelprogramme wat
    slegs verwante rasse kan kruis.

     4.6.1   Gee TWEE ander voordele van genetiese modifikasie bo tradisionele
             boerderymetodes wat nie in die paragraaf hierbo genoem word nie.                (2)

     4.6.2   Noem TWEE hoofdoelwitte van genetiese modifikasie in diere.                     (2)
                                                                                            [35]

                                                           TOTAAL AFDELING B:               105
                                                               GROOTTOTAAL:                 150

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [AGR SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans FINAL](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans-final/b75f9314-9f32-4779-954a-16f22a45a927) — Agricultural Sciences · QP · 2022 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P2 QP SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-qp-sept2020-afrikaans/16170aa6-b6e1-42ff-9242-12237b624dfc) — Agricultural Sciences · QP · 2020 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P2 MEMO SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-memo-sept2021-afrikaans/c033da40-5f94-44e7-b4ed-d3ea6f5972f4) — Agricultural Sciences · Memo · 2021 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-gr12-qp-sept2022-afrikaans/f715d8c3-c3f1-44e2-9e65-b40dd2e98165) — Agricultural Sciences · QP · 2022 · Afr
- [AGR SCIENCES P2 QP SEPT2018 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-qp-sept2018-eng-d/7ef3197c-6be9-4c5d-b95a-becce815ab56) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Eng
- [AGRIC SC P2 GR12 SEPT 2016 QP AFR](https://www.hlayiso.com/library/agric-sc-p2-gr12-sept-2016-qp-afr/13d79f00-3351-405f-9c30-bd0e6ded9e4f) — Agricultural Sciences · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Agricultural Sciences

- [Gr 12 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-sci-atp-2023-24/f8eca465-7b8e-42d7-afd8-c86963794db8) — ATP
- [Gr 12 Agricultural Sciences (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agricultural-sciences-afrikaans-june-2024-possible-answers/5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e) — Memo · 2024 · Afr
- [AGRIC SCIENCES GR12 MEMO JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-gr12-memo-june-2023-afrikaans/812ae3c6-0576-42d5-b2b2-d14505cc717b) — Memo · 2023 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2023-afr/c207c9a4-2f74-4e74-94e3-20d1e501d091) — QP · 2023 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2023-afr/8140b190-1bc1-4005-94af-a1c3a95b2fea) — QP · 2023 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2022-eng/95ab4dd6-0208-4493-83e0-1d2c2aceaa50) — QP · 2022 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
