# Agricultural Sciences Grade 11 P2 2019 QP (Afr)

> Grade 11 Agricultural Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-qp-gr11-nov-2019-afr-d/131438a1-45ab-4104-8039-788908d845c5
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 11 P2 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-qp-gr11-nov-2019-afr-d/131438a1-45ab-4104-8039-788908d845c5)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 11 · Eastern Cape November · 2019. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                                GRAAD 11

                         NOVEMBER 2019

                   LANDBOUWETENSKAPPE V2

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                                 *IAGRSA2*

                      Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                 LANDBOUWETENSKAPPE V2                 (EC/NOVEMBER 2019)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
     AFDELING B.

2.   Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.   Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

4.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die
     vraestel gebruik word.

5.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.   Toon ALLE bewerkings, insluitende formules, waar van toepassing.

7.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                            LANDBOUWETENSKAPPE V2                         3

AFDELING A

VRAAG 1

1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde tot die volgende vrae gegee.
       Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
       (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.1.11 D.

       1.1.1 Watter EEN van die volgende meganismes is NIE betrokke by die
             beweging van water vanaf die wortels na die stingels en blare NIE?

               A       Worteldruk
               B       Guttasie
               C       Kapillêre aksie
               D       Trekkrag van transpirasie

       1.1.2 Die letter H in die onderstaande diagram verteenwoordig die …

                                                               D
                                               C               E       H
                                       B
                                                               F
                                               G

                              Kroonblaar
                                                                   A

                                             Blombodem     Saadknop

               A       meeldraad.
               B       stempel.
               C       stamper.
               D       andresium.

       1.1.3 Die volgende metode kan deur boere gebruik word om die tempo van
             fotosintese te verhoog.

               (i)     Groei gewasse in kweekhuise
               (ii)    Oplei van plante
               (iii)   Tussenverbouing
               (iv)    Gebruik optimale plantdigtheid

               Kies die korrekte kombinasie:

               A       (i), (ii) en (iii)
               B       (i), (iii) en (iv)
               C       (i), (ii) en (iv)
               D       (ii), (iii) en (iv)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                           LANDBOUWETENSKAPPE V2      (EC/NOVEMBER 2019)

      1.1.4 Watter EEN van die volgende is ŉ voorbeeld van ŉ pes by gestoorde
            graan?

              A       Nematode
              B       Spinnekopmyt
              C       Plantluis
              D       Kalander

      1.1.5 … is die eenvoudigste metode van plantverbetering.

              A       Seleksie
              B       Hibridisering
              C       Mutasie
              D       Genetiese modifikasie

      1.1.6 Boere maak gebruik van besproeiïngs-skedulering om …

              (i)     energie-kostes te verminder.
              (ii)    oormatige natmaak te verhoed.
              (iii)   te min natmaak te verhoed.
              (iv)    swamsiektes te verhoed.

              Kies die korrekte kombinasie:

              A       (i), (ii) en (iv)
              B       (i), (ii) en (iii)
              C       (i), (iii) en (iv)
              D       (ii), (iii) en (iv)

      1.1.7 … is NIE ŉ vereiste vir akwakultuurboere om hoë opbrengste te lewer
            NIE.

              A       Watertemperatuur
              B       Suurstofinhoud van water
              C       Markprys
              D       Voeding

      1.1.8 Watter EEN van die volgende bronne van besproeiïngswater sal heel
            waarskynlik sout wees?

              A       ŉ Akwifer
              B       ŉ Meer
              C       ŉ Rivier
              D       Reënwater

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                  LANDBOUWETENSKAPPE V2                                5

       1.1.9 Die diagram onderaan toon ŉ … dreineringstelsel.

               A     parallel
               B     natuurlike
               C     rooster
               D     visgraat

       1.1.10 … is NIE ŉ belangrike oorweging wanneer ŉ pypdreineringstelsel
              geïnstalleer word NIE.

               A     Diepte
               B     Grondvoedingstatus
               C     Helling
               D     Pypdeursnit                                         (10 x 2)      (20)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                LANDBOUWETENSKAPPE V2                  (EC/NOVEMBER 2019)

 1.2 Kies ŉ woord/term/konsep/frase vanuit KOLOM B wat die beste by ŉ beskrywing
     in KOLOM A pas. Skryf SLEGS die letter (A–H) langs die vraagnommer
     (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.2.6 I.

                         KOLOM A                               KOLOM B
      1.2.1 Ligafhanklike fase van fotosintese           A   Enting

      1.2.2 Bevat ŉ klein persentasie                    B   Akwakultuur
            magnesiumkarbonaat

      1.2.3 Fisiese of chemiese behandeling wat die      C   Dolomitiese kalk
            saadhuid verswak en sag maak

      1.2.4 ŉ Hele biesie met verskillende knoppe word D     Hill-reaksie
            gebruik om ŉ plant met gewenste
            eienskapppe te produseer

      1.2.5 ŉ Boerderystelsel wat van rekenaars,         E   Skraping
            globale satelliet posisioneringstelsels en
            afstand waarnemingstoestelle gebruik
            maak om omgewingstoestande te meet

                                                         F   Okkulering

                                                         G   Presisie-boerdery

                                                         H   Kalsitiese kalk
                                                                                (5 x 2)   (10)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                  LANDBOUWETENSKAPPE V2                                  7

1.3    Gee EEN woord/term/konsep/frase vir elk van die volgende beskrywings. Skryf
       slegs die term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK.

       1.3.1 Aanwending van kunsmis deur besproeiïngswater

       1.3.2 Die vermoë van ŉ vloeistof om in nou ruimtes teen gravitasie te vloei

       1.3.3 Chemiese stowwe wat gebruik word om peste te beheer

       1.3.4 ŉ Kombinasie van verskillende metodes om plaagbeheer te optimaliseer

       1.3.5 Die kunsmatige verwydering van oortollige water uit die grond      (5 x 2)    (10)

1.4    Verander die onderstreepte woorde in elk van die volgende stellings om dit WAAR
       te maak. Skryf die gepaste woord langs die vraagnommer (1.4.1–1.4.5) in die
       ANTWOORDEBOEK.

       1.4.1 Mikro-elemente is plantvoedingstowwe wat in groot hoeveelhede benodig
             word.

       1.4.2 Patogene versprei siekte veroorsakende organismes van een gasheer na
             die ander.

       1.4.3 Monokultuur is om met mariene en varswater akwatiese organismes te
             boer.

       1.4.4 ŉ Verdampingspan meet hoe hard ŉ plant moet werk om water uit die
             grond te onttrek.

       1.4.5 Groenbemesting is die bedekking van bewerkte grond met verskillende
             stowwe soos saagsels en strooi om waterverlies en erosie te keer.
                                                                             (5 x 1)           (5)

                                                             TOTAAL AFDELING A:                45

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                  LANDBOUWETENSKAPPE V2                (EC/NOVEMBER 2019)

AFDELING B

VRAAG 2: PLANTSTUDIES (VOEDING)

2.1   Die onderstaande diagram toon ŉ proses wat by plante plaasvind. Ontleed dit
      en beantwoord die vrae wat volg.

                       Sonlig                   Blaar

                                                    Koolstofdioksied

                 Blaarweefsel wat
                                                                A
                 chloroplaste bevat
                                                  Gebergde
                                                  koolhidrate
                                Stingel

                                                         B

      2.1.1    Noem die proses wat hierbo getoon word.                                   (1)

      2.1.2    Lei af wat stowwe A en B is.                                              (2)

      2.1.3    Plante word as outotrofies weens die bostaande proses beskryf.
               Regverdig hierdie stelling.                                               (2)

      2.1.4    Tabuleer TWEE verskille tussen die bostaande proses en
               selrespirasie.                                                            (5)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                      LANDBOUWETENSKAPPE V2                                   9

2.2    Die grond se voedingstofstatus is een van die belangrikste faktore wat die groei
       van gewasse beïnvloed. Gemeenskaplike boere ondervind gewoonlik lae
       opbrengs omdat hulle ŉ raak-en-mis benadering tot bemesting gebruik. Hierdie
       metode behels die blindelingse aanwending van kunsmis sonder om te bepaal
       hoeveel die plante regtig benodig.

       2.2.1   Verduidelik TWEE negatiewe effekte van die gebruik van die raak en              (2)
               mis benadering soos in die bostaande gedeelte verduidelik.

       2.2.2   Stel TWEE metodes voor wat boere kan gebruik om die hoeveelheid
               kunsmis wat toegedien moet word, te kan bepaal.                                 (2)

       2.2.3    Lys TWEE grondfaktore wat die beskikbaarheid van voedingstowwe vir
                plante kan bepaal.                                                             (2)

       2.2.4   Lae opbrengste kan ook veroorsaak word deur voedingstowwe wat
               onbereikbaar vir plante is, al dien die boere kunsmis toe. Beskryf hoe
               elk van die faktore genoem in VRAAG 2.2.3 die beskikbaarheid van
               voedingstowwe kan affekteer.                                                    (2)

2.3    Die prent hieronder illustreer die transpirasieproses.

                                                           Water verdamp van
                                                           blaaroppervlak

                                                   Water beweeg deur
                                                   die plant
                       Water deur
                       die wortels
                      geabsorbeer

       2.3.1   Stel die meganisme voor hoe wortels elk van die volgende absorbeer:

                (a)      Water                                                                 (1)

                (b)      Minerale saam met die konsentrasiegradiënt                            (1)

                (c)      Minerale teen die konsentrasiegradiënt                                (1)

       2.3.2   Voorsien TWEE aanpassings van plante om vogverlies deur
               transpirasie te verminder.                                                      (2)

       2.3.3   Die bostaande proses is noodsaaklik vir die groei van plante.
               Ondersteun hierdie stelling met TWEE redes.                                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                             LANDBOUWETENSKAPPE V2                    (EC/NOVEMBER 2019)

2.4   Organiese bemestingstowwe is plant- en dier-reste wat by die grond gevoeg
      word om een of meer plantvoedingstowwe te verkry.

      2.4.1 Voorsien EEN voorbeeld van ŉ organiese bemestingstof.                       (1)

      2.4.2 Een van die hoofredes waarom organiese bemestingstowwe so gewild
            word, is as gevolg van die omgewingsvoordele. Gee TWEE van hierdie
            voordele.                                                                   (2)

      2.4.3 Meeste kommersiële boere gebruik steeds chemiese bemesting-
            stowwe. Beskryf TWEE voordele wat hul bo organiese bemesting-
            stowwe het.                                                                 (2)

2.5   Ontleed die onderstaande tabel en voorsien die letters A–E met byskrifte om
      die tabel te voltooi.

            Mineraal     Vorm waarin dit     Tipe mineraal    Gebreksimptoom
                           deur plant
                          geabsorbeer
                             word
             Stikstof          A                   B               Chlorose
                C             PO3-           Makro-element             D
              Sink            Zn2+                 E            Kleinblaarsiekte
                                                                           (5 x 1)     (5)
                                                                                      [35]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                    LANDBOUWETENSKAPPE V2                                     11

VRAAG 3: PLANTREPRODUKSIE EN BESKERMING

3.1 Die onderstaande diagram illustreer bestuiwing in plante.

                                               C
                                 B
                             A

      3.1.1 Identifiseer die tipes bestuiwing B en C in die diagram hierbo.                    (2)

      3.1.2 Beskryf TWEE voordele van bestuiwing tipe A.                                       (2)

      3.1.3 Na bestuiwing vind dubbele bevrugting plaas. Beskryf hierdie proses.               (2)

      3.1.4 Klassifiseer die tipe reproduksie hierbo getoon as geslagtelik of
            ongeslagtelik.                                                                     (1)

      3.1.5 Lei af of die bostaande plant deur insekte of wind bestuif is. Regverdig jou
            keuse.                                                                             (2)

3.2 Die onderstaande prente toon drie verskillende tipes vrugte.

                     A                     B                            C

      3.2.1 Klassifiseer elk van die boostande vrugte A, B en C as eenvoudig,
            saamgestel of byvrug.                                                              (3)

      3.2.2 Verduidelik kortliks die rede vir jou klassifikasie van vrug B in                  (2)
            VRAAG 3.2.1.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                               LANDBOUWETENSKAPPE V2                      (EC/NOVEMBER 2019)

     3.2.3 Noem die deel van die blom waaruit die onderstaande vrugstrukture
           ontwikkel:

     (a)    Sade                                                                            (1)

     (b)    Vrugte                                                                          (1)

3.3 Een van die grootste uitdagings wat gewasboere voor te staan kom is
    onkruidbeheer. Onkruid kompeteer met verboude gewasse vir spasie, water en
    voedingstowwe wat tot laer opbrengste lei. Boere moet koste-effektiewe en
    ekologiese volhoubare metodes van onkruidbeheer kies.

     3.3.1 Vanuit die bostaande gedeelte, lei EEN manier af hoe onkruid
           opbrengste verlaag.                                                              (1)

     3.3.2 Gee die naam van die chemikalieë wat gebruik word om onkruid te
           beheer.                                                                          (1)

     3.3.3 Stel TWEE redes voor waarom onkruid makliker as verboude gewasse
           groei.                                                                           (2)

     3.3.4 Lys TWEE voorbeelde van agente wat onkruidsaad versprei.                         (2)

     3.3.5 Stel TWEE ekologies volhoubare onkruidbeheermetodes voor wat deur
           boere gebruik kan word.                                                          (2)

     3.3.6 Die staat speel ŉ belangrike rol met plantbeskerming. Noem TWEE
           maniere hoe die staat tot plantbeskerming bydra.                                 (2)

3.4 Die onderstaande tabel toon ŉ vergelyking van die prestasie van geneties
    gemodifiseerde en nie-geneties gemodifiseerde katoen-variëteite oor ŉ tydperk
    van 5 jaar.

                Jaar                             Opbrengs (t)
                                     Nie-GM Katoen            Bt Katoen
                2010                      70                      85
                2011                      120                    140
                2012                      80                      90
                2013                      60                      75
                2014                       90                    110

     3.4.1 Stel die inligting in die bostaande tabel in die vorm van ŉ staafgrafiek
           voor.                                                                            (6)

     3.4.2 Bepaal watter katoen-variëteit meer produktief is van die twee in die
           bostaande tabel.                                                                 (1)

     3.4.3 Stel ŉ moontlike rede vir die verskille in prestasie tussen die twee
           variëteite voor.                                                                (2)
                                                                                          [35]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                      LANDBOUWETENSKAPPE V2                                  13

 VRAAG 4: OPTIMALE HULPBRONBENUTTING

 4.1     Die skematiese diagram hieronder toon ŉ gebruik in landbou. Analiseer dit
         en beantwoord die vrae wat volg.

                         Kool                                        Ertjies

                       Aartappels                                      Uie

         4.1.1       Identifiseer die bostaande praktyk.                                       (1)

         4.1.2       Lei TWEE beginsels af wat gebruik is om die bostaande program
                     te ontwerp.                                                               (2)

         4.1.3       Stel TWEE redes voor waarom die bostaande praktyk vir gewas-
                     produksie aanbeveel word.                                                 (2)

         4.1.4       Gee EEN nadeel van die bostaande praktyk.                                 (1)

 4.2     Hidroponika is ŉ metode van plantteelt sonder grond deur van minerale-
         voeding opgelos in water gebruik te maak. Terrestriële plante kan gegroei
         word met slegs hul wortels wat blootgestel is aan die minerale oplossing, of
         die wortels kan met ŉ vaste medium soos perliet of gruis ondersteun word.

         4.2.1       Gee ŉ voorbeeld van ŉ groeimedium wat in die bostaande gedeelte
                     genoem word.                                                              (1)

         4.2.2       Lei TWEE voordele af van die stelsel wat hierbo beskryf word.             (2)

         4.2.3       Onderskei tussen oop en geslote hidroponiese produksiestelsels.           (2)

         4.2.4       Lewer kommentaar oor die geskiktheid van hidroponika vir
                     bestaansboerdery.                                                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                   LANDBOUWETENSKAPPE V2                   (EC/NOVEMBER 2019)

 4.3    Analiseer die prente onderaan en beantwoord die vrae wat volg.

                               A                               B

        4.3.1        Identifiseer implement B hierbo.                                        (1)

        4.3.2        Bepaal of elk van die bostaande implemente vir primêre of
                     sekondêre bewerking gebruik word.                                       (2)

        4.3.3        Lei TWEE voordele af vir die gebruik van implement B eerder as
                     implement A.                                                            (2)

        4.3.4        Stel TWEE doelwitte vir primêre grondbewerking.                         (2)

        4.3.5        Boere word deesdae afgeraai om implemente soos hierbo getoon
                     vir bewerking te gebruik, maar om eerder bewaringsbewerking toe
                     te pas. Noem TWEE praktyke van bewaringsbewerking.                      (2)

 4.4    Die onderstaande prente toon voorbeelde van besproeiingsstelsels.

         A                                              B

        4.4.1        Identifiseer bostaande besproeiingstelsels A en B.                      (2)

        4.4.2        Gee die TWEE kriterias wat gebruik word om die waterkwaliteit vir
                     besproeiingstelsel B te bepaal.                                         (2)

        4.4.3        Noem TWEE voordele van besproeiingstelsel A.                            (2)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                    LANDBOUWETENSKAPPE V2                             15

 4.5     Die onderstaande struktuur is algemeen op plase.

         4.5.1       Noem die bostaande struktuur.                                      (1)

         4.5.2       Identifiseer TWEE materiale wat gebruik is om die bostaande
                     struktuur te maak.                                                 (2)

         4.5.3       Regverdig die gebruik van die bostaande struktuur met TWEE         (2)
                     redes.

         4.5.4       Gee TWEE omgewingsfaktore wat boere in ag moet neem voordat
                     hulle strukture soos die een hierbo oprig.                         (2)
                                                                                       [35]

                                                            TOTAAL AFDELING B:         105
                                                                GROOTTOTAAL:           150

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com



## Related documents

- [AGR SCIENCES P2 QP GR11 NOV 2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-qp-gr11-nov-2019-eng-d/7726626b-eab8-43bd-9e45-d55bebc871f7) — Agricultural Sciences · QP · 2019 · Eng
- [AGRIC SCIENCES P1 GR11 QP NOV2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-gr11-qp-nov2019-eng-d/3d464081-6c2a-4e3c-af40-d4b8ae8fdc5e) — Agricultural Sciences · QP · 2019 · Eng
- [AGRIC SCIENCES P2 GR11 QP NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-gr11-qp-nov2022-afrikaans/b8dd97ec-b03d-49ef-8451-e8b468ef4353) — Agricultural Sciences · QP · 2022 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P2 GR11 QP NOV2022 English](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-gr11-qp-nov2022-english/d1fde2f8-de36-45f8-b078-44db36531c0a) — Agricultural Sciences · QP · 2022 · Eng
- [AGRIC SC P2 QP GR11 NOV 2020 English](https://www.hlayiso.com/library/agric-sc-p2-qp-gr11-nov-2020-english/982a8aaf-898a-40cf-a2ae-5c5aac575c46) — Agricultural Sciences · QP · 2020 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR11 QP NOV2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr11-qp-nov2018-afr-d/9ca8a261-3516-47f6-8615-205af0810750) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 11 Agricultural Sciences

- [Gr 11 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-agric-sci-atp-2023-24/06bad6ac-81c6-4c4f-95ed-6a17594131f0) — ATP
- [AGRICULTURAL SCIENCES P1 GR11 MEMO NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-gr11-memo-nov2025-afrikaans-watermark/623a22cf-1bf0-4df4-941a-637326574d24) — Memo · 2025 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV 2024 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-memo-gr11-nov-2024-afr-watermark/379d01ed-6e35-4c93-bbcc-3379030ea999) — Memo · 2024 · Afr
- [AGRICULTURAL SCIENCES P2 GR11 MEMO NOV2024 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-gr11-memo-nov2024-afrikaans-watermark/bb36c32d-5fc8-4668-ad2d-833efb6ee516) — Memo · 2024 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-memo-gr11-nov-2023-afrikaans/3bd6197a-e85a-4d50-9526-9949a2024065) — Memo · 2023 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV 2023 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-memo-gr11-nov-2023-english-watermark/c86b6ee9-2023-4831-ab3f-f3d486e16fa3) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
